Posted by: proregno | April 2, 2014

Opmerkings oor “Die NT en Psalms: ‘n Direkte Vertaling” (deel 3: VIDA)

Product Details

Vorige opmerkings:

Deel 1: Die Messiaanse Psalms

Deel 2: Brontekste

_____________________________

“Die NT en Psalms: ‘n Direkte vertaling” (afkorting: BDV = Die Bybel: Direkte Vertaling) is beskikbaar by Amazon om afgelaai te word.Dit is ‘n proefvertaling en nog nie die finale vertaling nie.

Hierdie proefvertaling bestaan uit:

1. Die Voorwoord

2. Nuwe Testament

3. Die Psalms

4. Woordelys

Hier is my paar opmerkings oor die vertalingkeuses by 1 Tim.2:11-14 in die BDV, wat deel maak van die sentrale teksgedeeltes in die VIDA (vrou-in-die-amp) debat:

1. Eerstens die BDV se vertaling (kursief en onderstrepings bygevoeg):

11 ‘n Vrou moet haar stilweg laat onderrig in volle gehoorsaamheid. 12 Ek laat nie toe dat ‘n vrou onderrig gee of haar man domineer nie; sy moet haar stil gedra. 13 Adam is immers eerste geskep, daarna Eva. 14 En Adam is nie verlei nie, maar die vrou is verlei en het ‘n oortreder geword.

2. Hier is ‘n paar ander vertalings om die BDV mee te vergelyk:

OAV: Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid. 12 Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou. 13 Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva. 14 En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom.

NAV: 11’n Vrou moet in die erediens stil en onderdanig wees en haar laat leer. 12 Ek laat haar nie toe om daar onderrig te gee of oor die man gesag uit te oefen nie; sy moet stil wees. 13 Adam is immers eerste gemaak, Eva daarna. 14 Dit is ook nie Adam wat verlei is nie, dit is die vrou wat haar laat verlei het en die gebod oortree het.

KJV: 11 Let the woman learn in silence with all subjection. 12 But I suffer not a woman to teach, nor to usurp authority over the man, but to be in silence. 13 For Adam was first formed, then Eve. 14 And Adam was not deceived, but the woman being deceived was in the transgression.

NIV: 11 A woman should learn in quietness and full submission. 12 I do not permit a woman to teach or to have authority over a man; she must be silent. 13 For Adam was formed first, then Eve. 14 And Adam was not the one deceived; it was the woman who was deceived and became a sinner.

ESV: 11 Let a woman learn quietly with all submissiveness. 12 I do not permit a woman to teach or to exercise authority over a man; rather, she is to remain quiet. 13 For Adam was formed first, then Eve; 14 and Adam was not deceived, but the woman was deceived and became a transgressor.

3. Vier opmerkings oor die BDV vertaling:

1. Hoekom ‘onderdanigheid’ (Grieks: hupotage) in vers 11 vervang met ‘gehoorsaamheid’?

Ek kon nie een vertaling, oud of modern, kry wat dit al reeds so vertaal nie ? Daar is dalk iewers een, maar van die bekendes wat ek geraadpleeg het, het almal ‘submission’, nie ‘obedience’ nie (sien bv. KJV, NASB, NIV, NKJV, NAV). ‘Gehoorsaamheid’ is deel van ‘onderdanigheid’, maar behels nie alle aspekte daarvan nie. ‘Onderdanigheid’ in die konteks is juis wat sin maak, omdat Paulus in v.13 hom beroep op die skeppingsordening van God tussen man en vrou – manlike leierskap en vroulike onderdanigheid (Gen.1 en 2), asook die katastrofiese gevolge as hierdie skeppingsordening aangaande man en vrou omver gewerp word deur die sondeval (v.14).  Dit is juis daardie wesentlike aspekte (v.13 en 14) wat verlore gaan deur die BSAV se keuse vir die beperkende woord, ‘gehoorsaamheid’.

2. Waarom verkies die BDV om die unieke Griekse woord authentein in die NT met ‘domineer’ te vertaal in vers 12?

Die ander vertalings en baie ander verkies die woord ‘heers’, ‘om gesag uit te oefen’ (Engels: excercise authority), dus ‘n neutrale algemene woord wat impliseer dit geld vir alle tye en kerke.

Die Afrikaanse woord ‘domineer’, veral in ons tye, het definitief ‘n uitsluitlike negatiewe (sondige?) konnotasie, daarom die vraag: waarom verkies die BDV hierdie spesifieke woord ?

Die OAV verkies ‘heers’ wat nie inherent as negatief, sondig of verkeerd beskou word nie, maar saam met die KJV se vertaling nog nie die beste vertaling is nie.  Ek meen die NAV se vertaling van die woord, in aansluiting by sekere van die engelse vertalings hierbo genoem (NIV, ESV), die beste weergawes is: “om gesag uit te oefen”, wat nie wys op ‘n sondige daad nie.

Dr. George W. Knight, wat een van die beste eksegetiese verklarings op die Pastorale Briewe geskryf het,  wys daarop dat (beklemtonings bygevoeg):

“Contrary to the suggestion of KJV’s ‘usurp authority’ and BAGD’s alternative, ‘domineer’ (so also the NEB), the use of the word shows no inherent negative sense of grasping or usurping authority or of excercising it in a harsh or authoritative way, but simply means ‘to have or excercise authority’ … Paul refers, then, with authentein to excercise of a leadership role or function in the church (contextual setting), and thus by specific application the office of episkopos/presbuteros, since the names of these offices (especially episkopos) and the activities associated with them (cf., e.g., 3:4,5; 5:17; Tit.1:9ff.; Acts 20:17, 28ff.) indicate exercise of authority …

It is the activity that he prohibits, not just the office (cf. again 1 Cor.14:34,35). … Some have suggested that Paul is only ruling out teaching or excercise of authority apart from a man’s oversight, or just a certain type (‘dominerende’? – slc) type of authoritative teaching. The insistence here on silence seems to rule out all these situations (“maar sy moet haar stil hou/gedra”).” (p.141,142)

Ek haal ook graag vir Wayne Grudem aan oor authenteo waarin hy bevestig dat die woord oorwegend en primêr ‘n positiewe betekenis het (Evangelical Feminism: A New Path to Liberalism?, Illinois: Crossway, 2006: 202-204):

“The most complete study of this word shows that its meaning is primarily neutral, “to exercise authority over.” In 1995 H. Scott Baldwin published the most thorough study of the verb authenteo that had ever been done. Several earlier studies had looked at a number of occurrences of this verb, but no one had ever looked at all the examples that exist from ancient literature and ancient papyrus manuscripts (H. Scott Baldwin, “A Difficult Word: Authente6 in 1 Timothy 2:12,” in Women in the Church: A Fresh Analysis of 1 Timothy 2:9-15, ed. Andreas Kostenberger, Thomas Schreiner, and H. Scott Baldwin (Grand Rapids, Mich.: Baker, 1995), 65-80 and 269-305. Baldwin updated his analysis in light of more recent evidence in his 2005 essay, “An Important Word: Authente6 in 1Timothy 2:12,” in Women in the Church, 2nd ed., ed. Andreas K6stenberger and Thomas Schreiner (Grand Rapids, Mich.: Baker, 2005), 39-51. In that same volume, K6stenberger updated his study of the grammatical structure of 1Timothy 2:12, interacting with both sympathetic and critical reviews of his earlier study (see “A Complex Sentence: The Syntax of 1Timothy 2:12,” on pages 53-84).

In addition, several earlier studies were flawed by with the verb examples of two different nouns with the same spelling (authentes).

Baldwin correctly limited his examples to the verb that is found here in 1 Timothy 2. He found eighty-two occurrences of authenteo in ancient writings, and he listed them all with the Greek text and English translation in a long appendix. He found that in all uses of this verb, “the one unifying concept is that of authority.” He found only one example in which the verb seemed to take a negative sense, but because language changes and meanings of words change over time, even that one Chrysostom quotation from A.D. 390, coming more than three hundred years after Paul wrote 1 Timothy, is of limited value in understanding the meaning of what Paul wrote.

What is most striking about Baldwin’s exhaustive study is the complete absence of some of the other meanings that have been proposed for authenteo, meanings that are unrelated to the idea of using authority. These meanings turn out to be speculation without any demonstrated basis in actual examples of this verb.

Two additional reasons also support the positive meaning (“exercise authority”) of the verb authenteo.

First, the grammatical structure of 1Timothy 2:12 rules out any negative meaning (such as, “to misuse authority, to domineer, or to murder”) and shows that the verb must have a positive meaning (such as “to exercise authority”) [Note especially Andreas Kostenberger's study, A Complete Sentence Structure in 1 Timothy 2:12," in Kostenberger et al., Women in the Church: A Fresh Analysis of 1 Timothy 2:9-15, 1995: 81-103.]

Second, a recent extensive and remarkably erudite study of cognate words now confirms that the meaning of authenteo is primarily positive or neutral (Al Wolters, “A Semantic Study of authentes and Its Derivatives,” Journal of Greco-Roman Christianity and Judaism 1 (2000): 145-175).”

Dit lei tot die tweede opmerking.

3. Die woord ‘immers’ wat deur beide NAV en BDV gebruik word om voegwoord gar te vertaal in vers 13 is nie verkeerd nie, maar hoekom afwyk van die eenvoudige baie meer duidelike ‘want’ (OAV, in engels ‘for’, KJV, NIV, ESV) ? 

Gar is ‘n redegewende voegwoord hier, so dit verduidelik of gee redes vir wat vooraf gesê is in v.11-12, en bevestig ook hoekom ‘domineer’ nie ‘n goeie vertaling is van authentein nie, aangesien ‘domineer’ slegs ‘n bepaalde betekenisveld van die woord uitlig, en nog belangriker, nie die volle konteks van v.13 en 14 in ag neem nie.

In vers 13 word die positiewe rede gegee waarom vrou nie mag leer of gesag uitoefen/regeer oor die man nie, nl. God se skeppingsorde waarvan ons lees in Genesis 1 en 2 (spesifiek 1:26-28; 2:7,22), en

in vers 14 word die negatiewe rede gegee, nl, wat gebeur as die vrou nie haar besonderse rol vervul nie van om die leierskap van die man te volg nie, en dat sy dan oor die man begin domineer, wat dus in stryd is met God se wil.

God se skeppingsorde en wil vir man en vrou in hul onderskeie take en rolle word dus omver gewerp as die vrou oor die man leer en regeer/gesag uitoefen in die kerk van Christus.

Met die BDV se vertalingskeuse van ‘domineer’ blyk dit dus dat hul kies vir ‘n bepaalde interpretasie van  daardie Skrifgedeelte, en dit is dat die vrou mag nie sondig domineer oor die man in die kerk nie, maar sy kan wel op ‘n regte manier en/of gesindheid wel regeer en/of leer oor die man.

Ons vind hierdie lyn van interpretasie reeds in die Bybel in Praktyk se verklarende notas by hierdie Skrifgedeelte (beklemtonings bygevoeg):

“Daar is reeds genoem dat hierdie beperkende opdragte van Paulus slegs teen die agtergrond van die vrou se gediskrimineerde posisie in die samelewing reg verstaan kan word. Paulus het nie geleer dat ’n vrou glad nie in die kerk onderrig mag gee nie, so asof hy geglo het dat mans nooit by vroue kon leer nie. Die groot prediker Apollos is immers deur Priscilla, een van Paulus se medewerkers, onderrig (Hand 18:24–26). Paulus maak ook gereeld melding van vroue wat verantwoordelike posisies in die kerk beklee het. Febe was ’n diaken (Rom 16:1), Maria, Trifena en Trifosa was werkers vir die Here (Rom16:6,12), en so ook Euodia en Sintige (Fil 4:2). Daar was dus spesifieke omstandighede in Efese wat Paulus genoodsaak het om hierdie uiters beperkende opdrag aan die vroue te gee. So kan daar vandag ook samelewingsomstandighede wees waar dit onwys sal wees dat vroue onderrig-posisies en/of gesagsposisies in ’n gemeente beklee. (Prof. Fika Janse van Rensburg, in Vosloo, W., & van Rensburg, F. J. (1993). Die Bybel in Praktyk (Nuwe Vertaling) (1 Ti 2:12). Vereeniging: Christelike Uitgewersmaatskappy.)

Dus, volgens hierdie interpretasie is God se bevel deur Paulus teen die vrou in die besondere ampte nie begrond in die skeppingsorde nie en is nie geldig vir alle tye nie.  Dit is bloot ‘n tydelike reëling vir Paulus se tyd weens die ‘sosio-historiese’ omstandighede van daardie tyd.

Die BDV se vertaalkeuses blyk vir my om in hierdie rigting te wys.

Dit bring my by ‘n laaste opmerking.

4. Waarom vertaal die BDV andros (man) hier as “haar man?”

Die ander vertalings het almal gebly by die generiese vertaling van of ‘die man’ of ‘ ‘n man’, om daarmee aan te dui dit behels mans in die gemeente oor die algemeen, veral dan ook wat ons onderwerp betref, wat in die besondere ampte dien, soos wat ons ook lees van God se skeppingsorde in 1 Kor.11:3,

“Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus.”

Waarom dan ‘haar man’ by die BDV, wat dalk grammaties moontlik is, maar hoekom vir daardie vertaling kies in stryd met baie ander vertalings asook die teksgedeelte se spesifieke konteks?

Die hele konteks van die Timoteus briewe is primêr die gemeentelike lewe, die erediens sake wat natuurlik ook gevolge het vir die res van die lewe, onder andere die huwelik en gesin, sien 1 Tim.3:15.

Die BDV se opskrif by hoofstuk 2 bevestig dit dan ook self: “Voorskrifte aan die gemeente”.

God se skeppingsorde (1 Tim.2:13) het praktiese gevolge vir beide die gemeente en gesinslewe, die gesinslewe midde die gemeente.

Die BDV se vertalingskeuse van ‘haar man’ wil dus, blyk dit vir my, die moderne verklaring navolg wat min of meer leer:

“Die vrou mag wel oor die man regeer en leer by die kerk maar nie by die huis nie. In die gemeente waar sy wel regeer en leer moet dit dan nie op ‘n ‘dominerende wyse’ wees nie, maar op so ‘n wyse dat sy nie ‘haar man’ se gesag daardeur ondermyn nie.”

Sy kan dus wel in die besondere ampte dien, want Paulus se uitsprake in 1 Tim.2:11-14 was ‘tydsgebonde/kultuurgebonde’ en geld nie meer vir vandag nie, vandag het vrou ander rolle in die samelewing en daarom moet die kerk ook daarby aanpas.

Ons leer meer van hierdie feministiese sosio-historiese interpretasie in die Bybellenium (beklemtonings bygevoeg):

“Die voorskrifte in hierdie gedeelte is al tot verontregting van baie gelowige vroue ernstig misverstaan. Dit is glad nie Paulus se doel om hier wette neer te lê vir alle gelowige vroue in alle gemeentes deur al die eeue nie. Paulus wil eenvoudig aantoon hoe die vroue van Efese ’n bydrae kan lewer tot die rustige en stil lewe in Efese (2:2). Hierdie rustige en stil lewe is die getuienis van die herstelde verhouding met God wat in die Efese van ongeveer 63 nC vertoon moet word, sodat mense gered kan word. Dit gaan oor hoe die gelowige vroue van Efese, op ’n manier wat deur die mede-inwoners van Efese verstaan sal word, met hulle gedrag openlik kan bely dat hulle God dien (2:10). Die destydse persepsies oor die vrou speel dus die deurslaggewende rol in die verstaan van hierdie voorskrifte.   ….

Paulus leer die Christenvroue van Efese om nie teen hierdie beperkende voorskrifte in opstand te kom nie, maar om eerder uit te munt in die dinge wat in daardie tyd van hulle verwag is. Hulle moet vrywillig hulle menseregte prysgee, sodat God se doel (die redding van alle mense) gedien kan word.

Daarom moet die gelowige vroue van Efese volgens destydse norme uitblink as eggenote en moeders, en juis op hierdie manier hulle geloof, liefde en heilige lewe sigbaar maak (2:15). Vandag is die rolverwagting oor vroue anders. Hulle maak hulle geloof, liefde en heilige lewe sigbaar as medebroodwinners, as aktiewe en bekwame lede van die samelewing, en as gelyke vennote in die huwelik.”  (dr. Wim Vergeer, in: Vosloo, W., & van Rensburg, F. J. (1999). Die Bybellennium Eenvolumekommentaar die Bybel uitgele vir eietydse toepassing (1 Ti 2:9). Vereeniging: Christelike Uitgewersmaatskappy.)

Dit is jammer om te sien dat die BDV se vertaalkeuses ook deur die tydsgees bepaal word, en nie deur die Teks alleen nie.

Dr. George W. Knight, wat een van die beste eksegetiese verklarings op die Pastorale Briewe geskryf het,  wys daarop dat (beklemtonings bygevoeg):

“As in vv.9 and 11, so also here (v.12 – slc) gune refers generally to any ‘woman’, and this is probably highlighted by the use of anarthrous forms (sonder lidwoord – slc) for both gune and aner (man – slc). Just as it was womanhood that required silence and submission in v.11, so here it is womanhood (vis-a-vis men) that is view in the prohibition. … aner is used here, as in v.8, to refer to ‘man’ in distinction from woman, not in its more restricted sense of ‘husband.’ The singular refers to men in general, just as gune refers here and in v.11 to women in general. The genitive case of andros agrees with the nearer infinitive, which like other verbs of ruling and governing takes the genitive (BDF 177; Robertson, Grammar, 510), though the noun qualifies not only the second infinitive, authentein (gesag uitoefen/regeer – slc), but also the first, didaskein (om te leer – slc), in accordance with normal Greek usage.” (p.140, 142)

D.w.s. nie net ‘n sekere getroude vrou mag nie oor ‘haar man’ (BDV) regeer/gesag uitoefen nie, maar die vroulike geslag oor die algemeen mag nie in die kerk/eredienste oor die manlike geslag oor die algemeen regeer/gesag uitoefen nie, wat heeltemal in lyn is met die skeppingsordelike bepaling van die Here, soos Hy dit deur Paulus bevestig in 1 Kor.11:3,

“Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus.”

 


Responses

  1. Dankie Slabbert

    Ek dink ons weet al lankal dat die vertalers hulle eie motiewe het. Hierdie bevestig dit net weereens.

  2. […] Deel 3: VIDA […]


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Categories

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 417 other followers

%d bloggers like this: