Posted by: proregno | March 20, 2013

Dr. Pipa sprekerstoer vir die res van die week

 114

Dr. Pipa in die PUK museum by die ou PUK logo

Dr. Pipa het Dinsdag 2 lesings gehou in Potchefstroom, en ook verskillende historiese plekke daar besoek.

115

Dr. Pipa, Totius en ds. Ronald Bain (GK Cachet)

Woensdag was ons by Mukanyo Theological College waar hy ‘n Skrif oordenking gehou het oor gebed, en daarna het hy, sy vrou en myself Nakekela Clinic besoek, waar dr. Sonja Miskin ons meer vertel het van hul dienswerk onder verskillende mense in nood, veral Vigs pasiënte.  Ons het ook die Thembalethu Christian Community Centre besoek.  Dankie ook vir dr. Brian de Vries wat ons rondgewys het vandag.

131

Mev. Pipa (Sissy), dr. Sonja Miskin, dr. Pipa

138

Hier is die res van dr. Pipa se program, u elkeen word hartelik uitgenooi om na sy lesings te kom luister, hom en sy vrou te ontmoet, asook met ander gelowiges te kom kuier:

Thursday, 21 – visiting Wycliffe Theological Seminary, Randburg

Lecture: “The Holy Spirit and the Unique Power of Preaching”

contact person: rev. Jim Wright

Friday, 22 – Special offices seminar in Pretoria (GK Bet-el)

16h15: Opening, ds. Le Cornu

16h30: What is good reformed preaching & good reformed theological training, dr. Pipa

18h00: Evening meal

19h00: Office of elder – calling and task (who are called to this task?), dr. Pipa

20h00: Question and answers

Saturday, 23 – Church seminar in Pretoria (GK Bet-el)

09h30: Opening, ds. S Le Cornu

09h45: The Calling of the Church (touches on issues of ‘missional strategies’)

10h45: Tea

11h15: The importance of church government and church denomination (Belgic Confession talks about true and false churches, Westminster about more or less pure churches; Where do we draw the line for church unity, can one have denominational unity if church’s church government differs radically, for instance on the issue of women offices, etc.)

12h15: Lunch

13h00: The Law of God for today (the relation between die OT and NT, does the law apply for today, specific application to the last day – first day Sabbath issue)

Contact person: Francois van Deventer and more info: GK Bet-el

Sunday morning, 24: preaching in Johannesburg

morning: Grace Family Church in Cosmo City

evening: English Reformed Church in Randburg

contact person: rev. Jim Wright

P1260457

Dr. Pipa het veilig ge-arriveer in Pretoria laas Saterdag, saam met sy vrou Carolyn (Sissie).

Sondag-oggend het hy gepreek by die Engelse diens by GK Rietvallei en in die aand na die erediens by GK Bet-el, het hy ’n lesing gehou oor ‘The Southerners and Slavery’.

Vanoggend het hy by die APK Akademie twee lesings gehou:

Lecture one: Our theological calling today – a southern (USA) perspective

Lecture two: A Christian life – our theological responsibility

Al die lesings tot dusver was baie leersaam.

Vanaand is hy die spreker by die Juventus groep in (Pretoria):

Datum: Maandag 18 Maart 2013

Plek: Ark-lokaal; Aros-kampus (Dickensonlaan 1174, Waverley, Pretoria)

Spreker: Dr. Joseph Pipa

Tema: Reformatoriese onderrig in die 21e Eeu.

Tyd: 18h30  Almal welkom!

DINSDAG, 19 MAART

Almal in Potchefstroom en omgewing word ook uitgenooi na dr. Pipa se twee lesings daar more (Dinsdag):

Lecture one: The New Covenant Sabbath – Sunday (13h00-14h00, by die teologiese skool in Potchefstroom)

Lecture two: The importance of Infant Baptism (18h00, Kontakpersoon vir meer inligting, ds Ronald Bain: 082 339 0933)

ns. onthou, dr. John Lennox gaan more ook tussen 09h00 – 10h30 ‘n lesing hou oor ‘New Atheism’

Posted by: proregno | March 13, 2013

My klerekas openbaar waarvoor ek my skaam

cartoon-west-vs-east

“Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie.” – Op.16:15

Hoe het die tye nie verander nie ?

Dit word veral gesien in ons kleredrag en in die dinge waarvoor ons ons skaam, of nie skaam nie.  Dinge wat ons nou oor lag, wat in die verlede ons oor besorg was.

Gister in die Beeld was daar ‘n baie insiggewende artikel oor die bestaan van die moderne ‘Bikini’ swemdrag, wat dit alles mooi illustreer.  Hier is ‘n uittreksel:

” ’n Franse ingenieur, Louis Réard, het die moderne bikini in 1946 ontwerp. Sy ontwerp moes ’n opskudding veroorsaak en daarom was ’n naam vir die skrapse kledingstuk van die uiterste belang. Toe, so word vertel, voorsien die Amerikaanse weermag hom van ’n naam nadat hulle kernbomme in die Bikini-atol, eilandjies in die Stille Oseaan, laat ontplof het.

Réard het dié naam gekies omdat hy gedink het dit sou ewe skokkend as die atoombom wees. En so het die piepklein bikini ’n reuse-ontploffing in die modewêreld veroorsaak. ’n Bikini-oorlog in die kleine het gevolg toe ’n ander Fransman, Jacques Heim, ’n tweestuk ontwerp het wat hy die “atome” en die “wêreld se kleinste swempak” genoem het. Réard het teruggekap dat sý bikini “kleiner as die wêreld se kleinste baaipak” is. ’n Mens kan nie van ’n behoorlike bikini praat as jy dit nie deur ’n trouring kan trek nie, het hy laat weet.

Réard het egter met ’n probleem gesit. Geen Paryse model was bereid om in sy opspraakwekkende nommertjie op die loopplank te paradeer nie. Toe huur hy maar ene Micheline Bernardini – ’n kaaldanseres van die Casino de Paris – om die deurtrekker-bikini met koerantdrukwerk daarop in 1946 op die loopplank te vertoon.”

Die treffende van hierdie artikel, is die laaste deel.  Toe die bikini bekendgestel is, was dit ‘n groot skok, selfs vir die ‘liberales en ongelowiges’ van daardie tyd, en, kon hul nie ‘n model vind om daarin te paradeer nie, en moes toe ‘n kaaldanseres kry as die skouponie.

En vandag ?

Vandag is jy snaaks as jy nie ‘n bikini wil dra nie, of enigsins enige vrae daaroor vra.

Vandag is daar allerlei ‘Christelike tydskrifte’ wat ‘Christelike vroue’ sal laat afneem in hul bikinis sonder enige skaamte.

Wat die wêreld nie wou doen 70 jaar terug nie, is die ‘in ding’ vandag, nie net in die wêreld nie, maar ook onder mense wat Christus bely.

Baie ‘Christelike dogters’ sal onder aanmoediging van hul ‘Christelike ouers’ en dalk selfs ‘Christelike predikante en gemeentes’ aangemoedig word om hul ‘gawes’ (bates?) ten toon te stel in die modelwêreld en skoonheidskompetisies, wat nie net die bikini insluit nie, maar ander kleredrag wat naaktheid in die openbaar bevorder.

Die afwesigheid van skaamte, openbaar ons tye en kultuur se verwerping van die sondeval en die gevolge daarvan.  Dit ontken ons skaamte oor sonde en ons ongeregtigheid.

Dit ontken in sy wese die Evangelie, wat juis gekom het om ons te beklee, te bedek met die bloed van Christus en ons lewens hoe langer hoe meer te verander (Tit.2:11-15).

Baie sal nou weer antwoord ‘dit gaan nie oor ons kleredrag nie, dit gaan oor my hartjie of ek in Jesus glo … ‘

Maar dit is ‘n valse evangelie wat jy dan aan glo, ‘n valse evangelie wat ‘n valse teenstelling maak tussen gees en liggaam, kontra 1 Kor.6:12-20.

Ja, ons word gered deur Christus alleen, Hy is die enigste grond van ons saligheid.

Ja, ons word nie gered deur wie ons is, hoe ons lyk of wat ons aantrek nie (dank God!), maar, ‘n baie belangrike ‘maar’ … Christus alleen behels dat my hele lewe nou hoe langer hoe meer geheilig word deur sy Gees en Woord.

Dit bely ons baie duidelik in NGB artikel 24 oor die goeie werke as vrug van ons verlossing in Christus alleen, en HK v/a 64 wat wys die gelowige kan nie anders as om werke van dankbaarheid te produseer nie.  Sien ook DL hoofstuk 5.

As Jesus waarlik in my lewe kom, dan verander dit alles in my lewe, my denke, woorde, dade … ook my kleredrag, alles tot eer van God.

So lyk iemand se lewe voor Christus in sy lewe kom:

“En toe Hy aan wal uitklim, kom ‘n sekere man uit die stad Hom tegemoet, wat vir ‘n geruime tyd van duiwels besete was en geen klere gedra het nie; hy het ook nie in ‘n huis gewoon nie, maar in die grafte.  …” Luk.8:27

En dan kom Jesus in sy lewe: ….

“En toe hy Jesus sien, skreeu hy uit en val voor Hom neer en sê met ‘n groot stem: Wat het ons met U te doen, Jesus, Seun van die allerhoogste God? ….” (v.28)

… en alles begin sommer dadelik te verander, dit verander nie net sy lewe vir die ewigheid nie, maar ook hier op aarde, ook sy kleredrag:

“En toe die wagters sien wat gebeur het, het hulle gevlug en dit in die stad en in die buitewyke gaan vertel.  Daarop het hulle uitgegaan om te sien wat gebeur het; en hulle het by Jesus gekom en die man gevind uit wie die duiwels uitgevaar het, terwyl hy aan die voete van Jesus sit, gekleed en by sy verstand. En hulle het gevrees.” (v.34,35)

By die voete van Jesus … gekleed

Uit verlossing volg/vloei verandering, bekering, dade, werke.

Christus is ons regverdiging én heiligmaking (1 Kor.1:30,31)

My kleredrag, my taal, my optrede openbaar my geloof …. of ongeloof.

Die tragedie is, dat ons ons nie meer skaam vir openbare naaktheid en perversiteit nie, vir sonde en ongeregtigheid nie … maar daardeur verdwyn ‘skaamte’ nie, dit word vervang deur ons vir iets ander te skaam:

- ons skaam ons vir die Evangelie,

- ons skaam ons vir sy Woord,

- ons skaam ons vir die Jesus Christus van die Bybel,

- ons skaam ons vir sy goeie wette.

- ons skaam ons vir ons kerke en belydenis.

Nee, ek gaan nie vir u voorskryf hoe u kleredrag moet lyk nie.

Laat die Isebels van hierdie wêreld nou maar weer kom met hul gespot en ligsinnigheid en valse aanklagtes van ‘wettiesheid’ en ‘bekromptheid’ deur ons ‘calviniste’, maar die ware gelowige, die ware kind van God vra biddend:

Here, hoe eer ek U in my kleredrag ?

Hoe versier ek myself tot lof van U Naam ?

Hoe is ek pragtig aantreklik sonder om uitlokkend en ‘n struikelblok te wees vir my naaste, veral mans ?

Hoe versier ek die Evangelie van Christus met my kleredrag ?

Hoe is ek dankbaar teenoor U as ek klere gaan koop ?

Die ware gelowige, ’n goeie vader en goeie moeder leer hulself en hul kinders:

“Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles (dus my klerekas) tot verheerliking van God.” – 1 Kor.10:31

Ek het reeds geskryf oor hierdie onderwerp, en gaan nie alles herhaal nie, sien asb hier:

Kleredrag (sien veral die boekie van prof. Paul de Bruyn oor kleredrag wat baie behulpsaam is)

Laat ek hier net kortliks noem:

1. Kleredrag is gegee vir beskerming (2 Tim.4:13)

2. Kleredrag is gegee vir versiering , ons mag dit geniet, dit kan gebruik of misbruik word (Esg.16:11-15; Jes.3:16-23; 1 Tim.2:9)

3. Kleredrag moet onderskeidend wees vir die geslagte (Deut.22:5)

4. Kleredrag moet kuis en behoorlik wees (Spr.5:16,17; 1 Tim.2:9; Tit.2:5)

5. Die belangrikste ‘kleredrag’ om aan te trek, waarsonder 1 – 4 nie gaan ‘pas’ nie: Romeine 13:14

Wat wys jou kleredrag, waarvoor skaam jy jou ?

Posted by: proregno | March 8, 2013

Neem en lees: 8 Maart 2013

Inhoud:

1. ‘n Brief-getuienis aan die Media deur ‘n ouderling

2. Bronne om te lees oor die gelowige en besigheid

3. Om die siekes te besoek

4. Verskonings om nie die Evangelie te verkondig nie

___________________

1. ‘n Brief getuienis aan die Media, oudl. Neels Malan

Ek plaas graag hierdie brief wat oudl. Neels Malan aan Die Burger koerant geskryf het. Toe ek die brief lees, dink ek opnuut aan Ps.119:136, en wonder of dit ook waar is in ons harte vandag, van die kerk van Christus in ons land:

“My oë loop af in strome van water, omdat hulle u wet nie onderhou nie.”

Huil ons nog oor ons sondes … of maar bloot omdat die land se ekonomie agteruit gaan en my besittings dalk verlore kan gaan ?

Huil ek nog oor my sondes … of bloot omdat my toekoms en plesiere bedreig word ?

Huil ek nog oor God se eer en sy Naam wat so vertrap, verag en bespot word …. of bloot omdat my menseregte en my eer vertrap word ?

Dalk is daar nie ‘n oplossing vir die toekoms van ons land nie, dalk wil die Here ons op ‘n punt bring waar ons niks meer slim menseplanne het om op die tafel te sit nie, en dan sal ons ore en oë oopgaan om die wonders in sy wet en evangelie raak te sien (Ps.119:18, 166, 174; Op.12:17).

Dat ons werklik stil raak, sal tyd maak om net te huil oor ons sondes en ellende, oor die verval van ons kerke, die verval van ons land en ons mense, my familie, vriende, gemeenskap.

En wie weet, dalk dan kom die redding en genade …. in Christus alleen ….

Here, red ons, van ons grootste vyand: onsself, asb.

Hier is die profetiese brief getuienis:

Die Redakteur

Die Burger

Per epos red@dieburger.com

7 Maart 2013

Geagte Meneer,

Besef u wat Die Burger doen? (Laat staan maar vir Zuma)

Ek gee nie om of u hierdie brief publiseer of nie.

Ek hoop wel dat u dit sal lees.

U sal immers nie voor my staan eendag nie, maar voor Koning Jesus Christus. (Hou nou maar op met lees).

Meneer, ek verwys u na bladsy dertien van vandag se Burger van 7 Maart 2013.

My vrou het die koerant gekoop hier op Bredasdorp, waar ons met vakansie is vanaf Kriel, Oos-Transvaal, waar ek woon en werk. (Skryf my af as ‘n regse radikale omdat ek van Oos-Tvl praat).

Ek is kwaad. Ek is ontsteld. Maar ek weet: Die Bybel is die waarheid.

Kom ons neem nou u vier berigte op bladsy dertien.

1. De Jager kry nie borgtog

Dis m.i. ‘n goeie berig wat meld hoedat die landdros steekhoudende redes verskaf waarom Johan de Jager nie borgtog mag kry nie. Hy staan op aanklag van ‘n gruwelike seksmoord, en die staat het ‘n prima facie saak. (Terloops: Ek ken Julius Maré, ‘n motor-sekuriteitswag in Kriel, persoonlik, en sal hom, stukkend soos hy vandag is van binne, al lankal as ‘n vriend van my beskryf. Hy vertel my die oggend toe hy wakker word, het die Here vir hom in ‘n wonderlike gesig gesê sy kind is dood. Sodra ek kan, gaan ek nog by Julie, soos ons hom ken, aan, om vir hom ‘n gebed te gaan doen). Ek wonder of jy kinders het, meneer die Redakteur.

2. Ster van seksflieks gee raad by Sexpo

Hier berig Die Burger ‘neutraal’ (die koerant is mos bloot ‘n spieël wat maar net sy spieëlwerk doen vir die samelewing en verder sy hande in reine onskuld was) dat die betrokke vrou dit haar uitgeknip gevoel het om ‘n porno-werker te word, en dit ook as ‘n eerbare beroep beskou … daar is volgens haar ook nie enige oorsaaklike verband tussen pornografie en seksmisdade nie.

Meneer die Redakteur, ek wonder of Johan de Jager van flussies dalk ook so dink, of liewer, so gedink het toe hy (wie weet) dalk ook in pornografie begin belangstel het? Of is ek nou heeltemal die kluts kwyt?

Gestel ‘n veertienjarige (soos Bibi Jones was) het vandag hierdie berig van u koerant gelees, en besluit ja nee, Bibi het ‘n punt peet. Sou u gerus gevoel het as daardie veertienjarige dalk u eie dogter (seun) was?

Vertel my net een ding: Neem seksmisdade toe onder ons mense van Suid-Afrika? Neem pornografie toe? Ek vra maar, want u dis Bibi se siening op aan almal wat dit wil lees sonder enige kommentaar hoegenaamd … miskien glo u self mens kan straffeloos jou vervuil in pornografie …

3. Man (54) in hof ná baba glo verkrag is 

Meneer die Redakteur, u sien blykbaar geen verband tussen berig 1 (Johan de Jager word aangekla as gruwelike, arms- en bene-afsnydende seksmoordenaar) en berig 2 (Bibi sê porno-werk kan ‘n eerbare beroep wees) en berig 3 nie: Nog eens ‘n gruwelike seksmisdaad.

Watter soort mens (54 jaar oud) verkrag ‘n baba? In die Ou Suid-Afrika sou dit as ‘n halsmisdaad gegeld het. Watter soort mens doen so iets? Nie dalk iemand wat homself in pornografie verdiep en verlekker (het) nie? Of praat ek snert?

  • Weet u, Meneer die Redakteur, die Bybel (die Ou Vertaling  …  skiet my maar af) sê in die laaste dae sal die mense bandeloos en wreed wees, sonder natuurlike liefde (dws vol onnatuurlike drange). Lees maar 2 Timotheus 3:1-5) in u Bybel (?).

Ek sê weer: U sal nie voor my staan nie. Gooi my brief maar gerus diep in u snippermandjie. Koerante maak mos geld. Give the public what the public wants. Wees gemaklik met die beleid van Media 24. Maar u sal voor Koning Jesus Christus staan met u koerant, en met die mate van verantwoordelikheid wat u met u koerant gedra het.

4. Babaseun gevind in vullisdrom in Delft

Verstaan my goed — seksmisdade is so oud soos Sodom en Gomorra (lees gerus Genesis 18 en 19). Dit het nie met die elektroniese media begin nie … of met Die Burger of Media 24 nie. Dit sal ook nie ophou nie, al sou Die Burger ophou, en ook alle vorme van pornografie …

Watter ma, Meneer die Redakteur, sal haar kindjie in ‘n vullisdrom los? Ek aanvaar u sien geen verband tussen seksuele losbandigheid (vgl die pornografie van Bibi op bladsy dertien) en die los van ‘n kindjie in ‘n vullisdrom nie. Tussen ‘n jongmeisie (dalk u dogter?) wat wil rondslaap, maar nie die gevolge daarvan wil dra nie. Of die verband tussen ‘n arme verkragte meisie wat nie herwaarts of derwaarts weet nie … (dalk u dogter?)

  • U vind waarskynlik ook nie fout met aborsie op aanvraag nie. As die mamma haar kindjie op 8 maande geaborteer het, sou dit wettig wees in hierdie land, maar as sy hom/haar skaars twee maande later in ‘n vullisdrom los, is dit skielik onwettig, of is dit ook maar ok daar op bladsy dertien?

Ek sien u kry ‘n paar houe in teen president Zuma en die ANC in u hoofberig op bl 16 (So ondermyn regering stryd teen korrupsie).

Maar hoe ondermyn u, geagte Meneer die Redakteur, ons, die mense van Suid-Afrika, se verloorstryd teen sedeloosheid op bladsy dertien van u koerant … ?

Neels Malan

Ouderling, Kriel.

082 815 1809

2. Bronne om te lees oor die gelowige en besigheid

“I would simply tell any Christian entrepreneur to go for all providence will afford with two major texts bolstering your front and rear: Mark 4:19 (“. . . and the cares of this world, the deceitfulness of riches, and the desires for other things entering in choke the word, and it becomes unfruitful”) and Proverbs 23:4-5 (“Do not overwork to be rich; because of your own understanding, cease! Will you set your eyes on that which is not? For riches certainly make themselves wings; they fly away like an eagle toward heaven”).

Hier is die boeklys: Books and business

3. Om die siekes te besoek: Calvyn

“The greatest need which a man ever has of the spiritual doctrine of our Lord is when His hand visits him with afflictions, whether of disease or other evils, and especially at the hour of death, for then he feels more strongly than ever in his life before pressed in conscience, both by the judgment of God, to which he sees himself born to be called, and the assaults of the devil, who then uses all his efforts to beat down the poor person, and overwhelm him in confusion.”

Lees hier verder: What Should We Do When We Visit the Sick?

4. Verskonings om nie die Evangelie te verkondig nie

If “he who wins souls is wise” (Prov. 11:30), why are we so good at thinking up excuses for not evangelizing?

  • The Calvinism Excuse: ”If God’s going to convert the heathen, he doesn’t need us to do it.”
  • The Pragmatism Excuse: ”It hasn’t worked in the past so why should it work this time.”
  • The Ecclesiology Excuse: ”Our church is such a mess, there’s no point in asking people to come.”
  • The Revivalism Excuse: ”We must wait for the Holy Spirit to bless.”
  • The Pluralism Excuse: ”Surely not everyone without Christ is without hope.”
  • The Pietism Excuse: ”I’ll pray. Evangelism is for the activists.”
  • The Humility Excuse: ”Who am I to tell others what they should or shouldn’t do or believe.”

Lees oor die rede vir die verskonings: Excuses Excuses

Reblogged from Pro Regno:

Click to visit the original post
  • Click to visit the original post
  • Click to visit the original post
  • Click to visit the original post

1. Dr. Pipa sprekerstoer

Hier is 'n meer volledige program van dr. Pipa se sprekerstoer wat binnekort plaasvind:

Saturday, 16

Arrival and rest

Sunday, 17 - preaching and meeting in Pretoria

morning - preaching at Rietvallei Reformed church (contact person: Shaun Green)

evening - discussion on 'The Confederates and the slavery issue' after the evening service (Contact person: …

Read more… 743 more words

gelukkige gesin

Ek lees die volgende boodskap op die gksaforum:

“Die burgerregte-organisasie AfriForum oorweeg dit om die Gelykheidshof te nader met ʼn klag van diskriminasie teen die minister van vroue, kinders en gestremdes, Lulu Xingwana,  nadat sy gister op ʼn Australiese nuusprogram gesê het dat jong Afrikaners en hul Calvinistiese geloof blameer moet word vir geweld teen vroue en kinders in Suid-Afrika. Xingwana het haar uitspraak gister op die Australiese nuuskanaal ABC News gemaak: “Young Afrikaner men are brought up in the Calvinist religion believing that they own a woman, they own a child, they own everything and therefor they can take that life because they own it….”

Sien die volledige onderhoud hier: Pistorius case highlights South Africa’s gun violence

Voor ek my spesifieke bydrae tot hierdie onderwerp maak, net ‘n vinnige paar opmerkings:

1. Me. Lulu behoort aan ‘n party wat die humanistiese godsdiens aanhang, wat leer “mothers own a baby, they own a child, they own everything and therefore they can take that life because they own it” via ‘abortion-murder’ natuurlik.  Nou hoekom is een ‘n misdaad  en boos (moord en verkragting gevalle), maar nie die ander een nie (aborsie) ?  Albei is natuurlik boos en verkeerd.

2. Die ware calvinistiese geloof leer dat alles behoort aan God (Ps.24:1), nie aan enige mens nie, ook nie die humanistiese verlossingsstaat (die ANC) nie, en daarom moet almal en alles volgens sy goeie wet en Woord ingerig word, in liefde en waarheid. Daarom moet liefde en geregtigheid volgens die Woord geskied tussen mense onderling, ongeag hul geslag (man en vrou) of ouderdom (ouers en kinders).

3. Deur die wettige owerhede wat God daar stel (Rom.13), mag ‘n lewe geneem word na ‘n billike regverdige verhoor.  Die individu mag nie die reg in eie hande neem nie, behalwe in gevalle van nood en selfverdediging.

Met daardie voorlopige paar gedagtes, hier is my perspektief:

Baie is geskok en baie kwaad oor bogenoemde uitspraak van me. Lulu.

Maar, laat ons bietjie verder dink daaroor.

Dalk is sy reg ?

Dit is nou ‘reg’ volgens sekere teologiese professore van ‘calvinistiese’ kerke in ons land.

Die lede van AfriForum wat in die NGK, NHK en sekere feministiese plaaslike kerke van die GKSA sit, moet daarom versigtig wees voordat hulle haar aanvat.

Sonder om die naam ‘calvinisties’ spesifiek te gebruik, impliseer dr. Riaan Rheeder [tydens die skryf van die artikel in 2009, predikant van die GK Randfontein (Wesrand), huidiglik professor in etiek aan die Teologiese Skool Potchefstroom van die GKSA], dat die bybels-calvinistiese oortuiging volgens die Skrif aangaande die man en vrou se verskillende rolle en take, lei tot:

a. ’geinstitusionaliseerde, psigiese en emosionele geweld’, en

b. dat die ‘patriargale denke’ (waarmee Rheeder dan die huidige ‘calvinistiese’ standpunt van die GKSA verbind), ”een van die belangrikste redes (is) vir die hoë voorkoms van geweld teen vroue in Suid-Afrika”

Dr. Rheeder, wat toekomstige predikante in etiek oplei, skryf hieroor in sy artikel, ”Die implikasie van die GKSA se 2009-besluit rakende die vrou in die regeeramp”.

Rheeder skryf daar onder andere:

“Ons leef in ‘n land van baie geweld teen vroue en kinders en daarom, “Wanneer jy as man vir ‘n dogter wat die roeping ervaar, sê dat sy nie predikant mag wees nie, is dit nie ook ‘n vorm van geweld nie ? Geïnstitusionaliseerde geweld; psigiese en emosionele geweld.”

Rheeder beroep hom ook in die artikel op prof. Rachel Jewkes, direkteur van die Mediese Navorsingsraad (MNR) se geslags- en gesondheidsnavorsinggroep, wat “oortuig (is) dat een van die belangrikste redes vir die hoë voorkoms van geweld teen vrou in Suid-Afrika, ‘n patriargale opvatting van manlikheid is,” om dan die volgende te skryf:

“In patriargale denke word man en vrou as ongelykes gesien.  Dit beteken dat die man as sterk, taai, dominant en as baas oor vroue gesien word. Volgens die sinode besluit word man en vrou nie as gelykes gesien nie. Ek weet in my hart dit word nie so deur die kerk bedoel nie, maar dra hierdie sinodebesluit nie by tot geweld teen vroue nie ? Waarskynlik nie direk nie, maar indirek. Gaan hierdie besluit nie sekere onaanvaarbare gedrag van sommige mans onbewustelik in stand hou nie?”

Nog ‘n professor aan die TSP in Potchefstroom van die GKSA, prof Koos Vorster, skryf iets soortgelyks in sy artikel, “Christian Attitude and the Dignity of Women“:

“But it is evident that religions have also contributed to women’s predicament. Christianity did not change patriarchal structures; if anything, it rather entrenched them. Christianity can therefore also be blamed – at least as far as certain traditions within Christianity are concerned.”

En dan blameer hy o.a. vir Calvyn direk, die persoon wat die meeste verantwoordelik was vir die vorming van wat genoem kan word die ‘Calvinistiese tradisie’ en die huidige standpunt van die GKSA oor vroue in die besondere ampte (nl. dat vroue nie mag predikante en ouderlinge wees nie, weens God se skeppingsordening soos bevestig en vervul in Christus):

“Virtually all prominent exponents of the different traditions in Christianity in the past more or less regarded women as inferior and were satisfied that social relations should demonstrate this inferiority. This is true of the Church Fathers, Thomas Aquinas, Luther and Calvin. Christian traditions were thus part of the entrenchment of the inferior and subordinate position of women in church and society throughout the centuries.”

So, volgens professore Rheeder en Vorster, het me. Lulu se uitspraak sterk gronde om op te staan.

Dus, as jy as Calvinus nié met Lulu, Rheeder en Vorster saamstem nie, maar jy en jou gesin bevind jul nog in ‘n gemeente en kerkverband wat wel vroue in die ampte van ouderling en predikant het, wel, dan het jy nie rede om kwaad te wees nie, of geskok te wees nie.  Dan moet jy eintlik sulke uitsprake verwelkom, want dit is mos die ‘calvinistiese’ siening wat al die verkeerde dinge teen vroue en kinders veroorsaak het, of hoe ?

Dit is vir my tragies en hartseer, hoe andersins goeie calviniste op soveel ander terreine (bv. die verlossingsleer, skeppingsleer, Christusleer, huweliksleer, ens) so regsinnig kan wees, maar as dit kom by die bybels-calvinistiese leer oor die man en vrou se verskillende rolle, dan beskryf hul dit bloot as ‘net vir daardie tyd en kultuur’ of ‘n ‘patriargale denke wat nie vir vandag geld nie’.

Tragies, hoe die skeppingsleer vir altyd geldig en waar gesien word, en nie net vir die ‘antieke bybelse tyd’ nie (soos die teistiese evolusioniste sal redeneer) …. maar wat die vrou se rol en take betref, is dit nou skielik ‘net vir Paulus se tyd’ gewees ?

Hoekom is homoseksualisme altyd sonde, maar vroue wat hul vergryp aan die besondere wat hul volgens die skeppingsorde en wet van God nie toegelaat word nie, is nou skielik ‘net vir daardie tyd’ ?

Hoekom is die verlossingsleer in Christus, dat Jesus mens en God is, dat Christus plaasvervangend vir ons gesterwe het, ‘n ewige waarheid vir altyd, en dus nie net ‘n tydelike waarheid volgens die destydse griekse mitologie (soos die Nuwe Hervormers sal beweer) nie, maar die begronding van geen vroue in die leer en regeerampte, wat Paulus juis in die skeppingsorde en wet begrond, is nou skielik ‘tydelik en van verbygaande aard’ in die NT ?

Natuurlik lê alle waarheid nie op dieselfde vlak nie, maar dit bly alles waarheid en God se wil, soos die Skrif dit self openbaar.

Laat ons heeltemal en aanhou reformeer, hoe langer hoe meer.  Die gesegde is waar: skeur iewers blaaie (leringe) uit die Bybel, dan begin ander blaaie (leringe) ook uit te val.  Die Skrif kan nie gebreek word nie (Joh.10:35).

Onderliggend aan die VIDA saak is Skrifbeskouing, Skrifgesag, Skrifverklaring en hermeneutiek, soos dr. Mark Dever skryf:

It is my best and most sober judgment that this position [egalitarianism] is effectively an undermining of—a breach in—the authority of Scripture. . . . it seems to me and others (many who are younger than myself) that this issue of egalitarianism and complementarianism is increasingly acting as the watershed distinguishing those who will accommodate Scripture to culture, and those who will attempt to shape culture by Scripture. You may disagree, but this is our honest concern before God. It is no lack of charity, nor honesty. It is no desire for power or tradition for tradition’s sake. It is our sober conclusion from observing the last 50 years. . . .

Of course there are issues more central to the gospel than gender issues. However, there may be no way the authority of Scripture is being undermined more quickly or more thoroughly in our day than through the hermeneutics of egalitarian readings of the Bible. And when the authority of Scripture is undermined, the gospel will not long be acknowledged. 

Dr. Rheeder se volledige artikel, asook my antwoord daarop waar ek wys op sy

a) verdraaiings en strooipop-argumente teen die bybels calvinistiese geloof aangaande die man en vrou se rolle en take, asook

b) die geweldige implikasies wat sy redenasies het vir die gay-debat, kan hier gelees word:

Slaan jy jou vrou nog ? – van VIDA tot homoseksuele predikante

(let wel: as u die artikel van Rheeder oopmaak, is die bladsy volgorde waarin dit oopmaak 36-34, u moet dus van agter na voor lees, dus 34-36)

So, nou bly die vraag: hoekom iemand buite ons ‘calvinistiese’ kerkverbande hof toe wil sleep, as ons toelaat dat ons professors, teologiese skole, predikante, ens. dan eintlik – by implikasie – ook sê wat sy sê: naamlik die valse aanklag/verdraaiing dat die ware bybelse calvinistiese geloof (ware bybelse patriargie) lei tot geweld teen vroue en kinders ?

Ek gaan nie nou hier weer alles herhaal wat ek oor die kwessies deur die jare geskryf het nie, u kan dit self gaan oplees om opnuut my standpunt aan te hoor:

Vida

Vrou se rol

Wat ek wel kan sê, is: ons weet dit is juis omdat ons nié die bybels calvinistiese geloof najaag in ons verhoudings, huwelike, gesinne, gemeentes en gemeenskappe nie, wat lei tot onbybelse geweld onder mekaar en teen almal.

En, as ons wat ons assosieer met ’die calvinistiese geloof’ in naam en/of kerklik, dan enigsins skuldig is aan enige vorm van geweld teenoor ons naaste wat die Bybel veroordeel, dan is dit omdat ons juis afgewyk het van wat die Bybel self leer oor hierdie sake, ja, afgewyk het van die hoë waarde wat die Reformatore en hulle wat gevolg het, oor die vrou, kinders en ons naaste het.

Dan is ons die naam bybelse calviniste nie meer waardig nie.

Laat ons almal opnuut ag gee op ons liefdevolle regverdige Patriarg se Woord deur Petrus, waar hy beide liefdevolle leierskap deur die man, en gehoorsame onderdanigheid, albei in die Here, bevestig:

1 Petrus 3:1-7  Net so moet julle, vroue, aan jul eie mans onderdanig wees, sodat, as sommige aan die woord ongehoorsaam is, hulle ook deur die wandel van die vroue sonder woorde gewin kan word  2 as hulle jul reine, godvresende wandel aanskou het.  3 Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie,  4 maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ‘n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God.  5 Want so het vroeër ook die heilige vroue wat op God gehoop het, hulleself versier, en hulle was aan hul eie mans onderdanig6 soos Sara gehoorsaam was aan Abraham en hom heer genoem het; wie se kinders julle geword het as julle goed doen en geen enkele verskrikking vrees nie.  7 Net so moet julle, manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is — sodat julle gebede nie verhinder mag word nie.

 nota: so terloops, volgens my kennis is al die gevalle sporthelde van die laaste paar dekades, juis nié calviniste gewees, of deel van calvinistiese kerke nie, en dan bedoel ek calvinisties volgens die gereformeerde belydenisskrifte, nie die ‘Calvin Light’ en ‘Calvin Zero’ weergawes van die postmoderne kerke nie.  Nie OJ Simpson, Tiger Woods, Lance Amstrong, Hansie Cronje, Joost van der Westhuizen of Oscar Pistorius kom uit of is gereformeerd in die historiese sin van die woord nie. Hulle was of is – as hul enigsins kerklik betrokke was/is - meer deel van pinkster-charismatiese kerke, maar ek staan onder korreksie.  Ek ken nie almal se spesifieke geloofsoortuigings en kerklike agtergrond nie, weet net Woods is ‘n Budhis, en dalk het die bogenoemde Afrikaanse sportsterre uit ‘n NG Kerk agtergrond grootgeword, maar later charismaties geword ?

Posted by: proregno | February 26, 2013

‘n Bybelse perspektief op die ‘Church Growth Movement’

2 tim 4.3,4

Ons hoor dit al meer: sewe slim stappe om die kerk te laat groei, of hoe om jou kerk ‘vriendelik’ te maak vir ongelowiges, of hoe om almal te laat tuisvoel in jou kerk sodat ons baie kan word.

Maar wie is dit wat die kerk laat groei ?

Die Skrif, en dan spesifiek die boek Handelinge gee vir ons die antwoord:

“… terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is.” – Hand.2:47

Dit is ook wat ons bely in v/a 54 van die Heidelbergse Kategismus:

Vraag 54: Wat glo jy van die heilige, algemene, Christelike kerk?

Antwoord: Dat die Seun van God (a) uit die hele menslike geslag (b) vir Hom ‘n gemeente wat tot die ewige lewe uitverkies is (c), deur sy Gees en Woord (d) in die eenheid van die ware geloof (e) van die begin van die wêreld af tot die einde toe (f) vergader, beskerm en onderhou (g) en dat ek daarvan ‘n lewende lid is (h) en ewig sal bly (i).

(a) Eph 5:26; Joh 10:11; Act 20:28; Eph 4:11-13. (b) Gen 26:4; Rev 5:9. (c) Rom 8:29; Eph 1:10-13. (d) Isa 59:21; Rom 1:16; Rom 10:14-l7; Eph 5:26. (e) Act 2:42, Eph 4:3-5. (f) Psa 71:17-18; Isa 59:21; 1Co 11:26. (g) Mat 16:18; Joh 10:28-30; Psa 129:1-5. (h) 1Jo 3:14, 1Jo 3:19-21; 2Co 13:5; Rom 8:10. (i) Psa 23:6; 1Co 1:8-9; Joh 10:28; 1Jo 2:19; 1Pe 1:5.

Dit is die Here deur sy Woord en Gees wat die kerk laat groei, en nie ons as mense met ons omkeerstrategieë en menslike planne nie.

Luister na of lees gerus die volgende boodskap van dr. John MacArthur, wat die nodige bybelse kritiek gee op die ‘church growth’ bewegings en idees, asook wat die Skrif leer spesifiek in die boek Handelinge, hoe die Here sy kerk laat groei:

A Biblical Response to the Church-Growth Movement

Hier is ‘n paar aanhalings:

“That leads then to the necessary conclusion that I want you to think about today in our opening session, that since the Lord has determined His church, draws His church, regenerates His church, justifies His church and brings His church through sanctification to eternal glory, this is all a supernatural work. It is also true and revealed in Scripture that this supernatural work is not apart from means through which God does His work and in which we all participate. It is nevertheless the Lord building, regenerating, giving life, granting repentance, giving saving faith to His church and it will not fall short by one soul.”

“Now I will acknowledge that there are many, many ways to build the first church of the tares…many ways. Behind which Satan is the real power. And it can be done very effectively. The church of the tares can be very effective, it can be big and it can be enduring. The Gnostics did it and it’s still around. The Roman Catholics have done it and its still around. The liberals have done it and its still around. The cults have done it and its still around. The church of the tares is actually bigger than the church of the wheat. And today those who call themselves evangelicals are busy doing it.”

“So, the Apostles went out with absolute disdain for…here comes the buzz word….any contextualization at all. The modern cry for contextualization is a curse…it’s a curse because people are spending all their time fussing around with trying to figure out whether they should have holes in their Levis and a skull and crossbones on their Tshirt as if that’s a means to drawing in the elect. Are you kidding me? This is a curse, instead of spending all their time trying to understand the biblical context. The Apostles and the prophets of the early church took their transcendent message from Jerusalem to Rome, from the biblical literate to the biblically illiterate, from slaves to slave owners, from bond to free, from Jew to Greek, they crossed hard national, social, cultural lines and the message never ever, ever, changed. It was the Word of the Lord.”

“There’s a trend today in reading about it to eliminate the Law from evangelism. I don’t know if you’ve been listening to this going on a lot now. Let’s not talk about the Law because absolutes offend people. Proverbs 16:6 says, “By the fear of the Lord, one keeps away from evil.” And you only know why you should fear God if you know what God demands. I don’t think you can take the Law out of evangelism. I know that’s the new idea, but I don’t think you can do that. One, because you’re going against the work of the Holy Spirit. John 16, the Holy Spirit convicts the world of sin, righteousness, judgment. Those are all legal issues. That’s the Law. You also have an ally in the human heart if you’re talking about the Law because according to Romans 2:15, the Law is written on every heart. There’s even an ally in the unregenerate man with regard to the Law. And in addition, he has a conscience that excuses or accuses him based upon how he responds to that Law. There’s much more about that in the epistle of Paul to the Romans.”

“The Lord builds His church around a transcendent message, a regenerate congregation committed to purity. You know, you have to be so careful in the church. The first instruction in the church is Matthew 18 and it says, “You would be better off drowned with a millstone around your neck than ever to lead another believer into sin.” That’s what Jesus said. The first instruction to the church is don’t cause one of these little ones who believe in Me to stumble. You as a pastor, you as a church member never want to be responsible, directly or indirectly, for leading another believer into sin. Even the holy angels watch the face of the Father who shows His concern for His little ones and they’re dispatched to their aid because He doesn’t want any of His little ones to be devastated. As a pastor, I want to have joy with my people. But church is not about being a jokester, it’s not about funny, clever pop jargon, it’s certainly not about coarse, gross dirty talk.”

Posted by: proregno | February 20, 2013

Die HERE gee ons en ons samelewing oor aan ons dwalinge

(Onder leiding van dr. Frits Gaum, vra 26 NG lidmate opnuut dat homoseksualisme amptelik goedgekeur word in die NG Kerk)

24 Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer  25 hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen.  26 Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is;  27 en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang28 En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ‘n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie:  29 hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid;  30 nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers;  31 onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig,  32 mense wat al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen. – Romeine 1 (beklemtonings bygevoeg)

(Moet asb. nie die Skrifgedeelte hierbo ‘skip’ en dadelik my artikel lees nie, lees die verse hierbo, en begin dan die artikel lees)

‘n Paar tragiese gebeure het ons land geskud die laaste paar weke, en dit is moeilik om dit alles te verwerk, om die Here se wil deur dit alles raak te sien, en ook te vra wat ons reaksie moet wees, veral as gelowiges.

Daar is spesifiek drie gebeure wat ek wil uitlig, en dan wil ek verder daarop wys dat die gebeure nie los van mekaar staan nie. Hopelik is ons nie al so blind en verhard in ons sonde en opstand teen God en sy gebod, dat ons dit nie raaksien nie …. of dalk nie wil raaksien nie.

Laat ek dit daarom reguit stel van die begin af, dat daar nie misverstand is nie, bekering en hoop vir ons kerke en land begin by elkeen van ons, om in die lig van hierdie drie tragiese gruwel gebeure, opnuut te vra:

Here, waar moet ek my bekeer in my lewe, ek en my gesin, ek en my gemeente ? 

Hier is die drie gebeure, drie tragiese gruweldade wat plaasgevind het, met die derde gebeurtenis die heel ergste:

1. Die grusame bose verkragting van Anene Booysen, deur ‘n klomp dieragtige wellustige ’manne’ in Bredasdorp, tussen 03h00 en 04h00 in die oggendure.  Lees meer daaroor hier:

Verkragting skok dogter

“Grusame besonderhede van hoe ’n verkragtingslagoffer se liggaam oopgekloof en haar ingewande uitgeruk is, het gister aan die lig gekom.”

2de man vas na gru-verkragting

2. Die tragiese skietongeluk/moontlike moord tussen twee ‘lovers’, Oscar Pistorius en Reeva Steenkamp:

Alles oor Oscar

3. Die hernude poging van sommiges in die NG Kerk om homoseksualisme goed te keur:

Versoek dat NGK gays sal aanvaar

“Die NG Kerk se algemene sinode gaan gevra word om die groen lig vir permanente gay verhoudings en vir gay predikante te gee.”

Gaygesprek weer op NG Kerk se agenda

Wat is die ooreenkoms in al drie hierdie gevalle ?

Dit wat plaasgevind het – of besig is om plaas te vind – is alles die tragiese gevolge waar die waarheid van God vir die leuen van die mens verruil word (v.25).

Die waarheid van God is sy Woord, die Bybel wat ons leer oor die Here en sy werke, die sin van die lewe, die oorsprong van alles, hoe ons gered word in Christus, maar dan baie belangrik, ook hoe ons moet lewe, wat reg en verkeerd is, wat seksueel aanvaarbaar is en wat nie (2 Tim.3:15-17).

Wat veral laasgenoemde betref, die HK vat dit as volg saam in v/a 108 (Sondag 41):

Vraag: Wat leer die sewende gebod ons ?

Antwoord: Alle onkuisheid is deur God vervloek (Lev.18:28), en daarom moet ons dit hartgrondig haat (Jud.23). Daarenteen moet ons kuis en ingetoë lewe (1 Thess.4:3-5) sowel binne as buite die huwelik (Hebr.13:4; 1 Kor.7:7).

Maar, ons as mense dink dat ons sondige harte, denke en begeertes van beter weet (v. 24,26,28), ons dink ons kan God se goeie wette en verordeninge vir die mens, binne en buite die huwelik verwerp en daar sal geen gevolge wees nie. Die lewe sal bloot aangaan soos altyd.

Maar, bogenoemde drie gebeure roep dit uit: Dit sal nie ! Kyk ! Let op ! Bekeer julle ! Die tyd loop uit !

Want, God laat nie met Hom spot nie (dit is die God van die Bybel, nie die liberalis, New Age, Nuwe Hervorming se ‘jesus’ nie), as mense en samelewings Hom aanhou verwerp dan gee Hy hul oor aan hul dwalinge wat hul oor hulself gebring het, en die gevolge sien ons in ons samelewing.

Dit is net bloed, haat, dood en hartseer waar jy kyk …. en, dit kan nog erger raak (ek het reeds in ‘n vorige skrywe gewys op die aborsie-moord slagting wat besig is om plaas te vind in ons land).

Die mens dink hy is nou vry en het ’menseregte’ om enigiets te kyk en te geniet via die media, ongeag hoe pervers en in stryd dit met God se eise vir kuisheid en reinheid is – die gevolg: manne word met boosheid gevoer, brand in hul wellustigheid en gaan dan oor tot gruweldade soos die verkragting wat ons hierbo genoem het.

En, laat jou nie mislei nie, die feit dat baie blootgestel word aan perversie en moord en doodslag via die internet en bloeddorstige ‘tv/video games’ en losbandige immorele ‘soapies’ wat die huwelik verag en bespot – en hul dan nie oorgaan tot daardie dade nie – is nié ‘n teken dat God dit nie haat en nie sal vergeld nie. Ons moet nie God se lankmoedigheid misbruik nie, dit is nog genade tyd om te bekeer, maar die tyd loop uit.

In die Bybel het die Here baie gruweldade opgeteken en sy oordele daaroor vir ons ge-openbaar, juis sodat ons daaruit kan leer en bekeer (sien bv. 1 Kor.10:1-13), sodat ons sal bekeer om die oordele vry te spring. Ons moenie in ‘n valse slaap gesus word om te dink dat omdat God nie elke sonde onmiddelik straf nie, daarom straf Hy glad nie meer nie, of gaan nie eendag straf nie, en daarom kan ons nou lewe soos ons wil nie.

Nee, Hy sal vergeld, of dit in hierdie of die ewige lewe is (Matt.25; Hand.17:30,31; 2 Kor.10:5; Op.21,22).   Gaan ons die waarskuwings aanneem ?

Ons samelewing se verharding word verder daarin gesien dat ons nie God se regverdige strawwe toepas in ons samelewing teen moord, verkragting en egbreek nie – en die gevolge is ‘n samelewing wat goddeloosheid beskerm en mense toelaat en eintlik aanmoedig om te leef uit haat, moord en geweld sonder enige vrees vir die doodstraf of gevolge van hul dade.

Ons is oorgelewer aan die tirannie van liberale mense se wrede wetgewing wat die goddelose beskerm, en die regverdige vervolg.

En, selfs daar waar ons dalk nog in ons gesinne en gemeentes ‘n invloed het, gaan dit nie veel beter nie:

Ons laat ons jongdogters en seuns maar ‘romanties’ saamwoon buite die eg, die gevolge is hartseer tragedies wat hom afspeel soos met die Oscar geval.

Baie soek oplossings wat dalk bogenoemde tragedies kon gekeer het:

- hoekom was so jongmeisie so laat (vroeg die oggend) by so ‘n plek gewees ?

Natuurlik regverdig dit nie die gruwelike verkragting nie, maar dit is ‘n vraag om te vra.

Hoekom het iemand nie vroeër gewerk aan Oscar se woedebuie nie, of hoekom het die sekuriteitswagte nie vroeër opgetree toe hul hoor van die rusie in Oscar se huis nie, dalk kon die moord dan gekeer gewees het ?

Maar niemand of min vra: wat soek twee ongetroude mense saam in ‘n bed ? (sien vers 31; Hebr.13:4), veral as een van hulle beweer hy is ‘n toegewyde Christen ?

Sy moes glad nie daar gewees het nie, in die eerste plek.

Ja, dit is verkeerd en ‘n gruwel as iemand vermoor word, koelbloedig geskiet word (sou dit blyk die geval wees), maar so ook is ons samelewing, en veral ons kerke wat losbandigheid, hoerery, buite-egtelike verhoudings, immoraliteit in die media of verdra of op subtiele wyses goedkeur, dit wat Paulus juis teen skryf deur die Gees van God in Romeine 1:

 28 En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ‘n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie:  29 hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid;  30 nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers;  31 onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig,  32 mense wat al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.

Dit is nie genoeg om bloot koelbloedige moord en ‘n gruwelike verkragting af te keur nie, ons moet ook die oorsaak daarvan aanspreek:

ons sondige harte en gedagtes wat dalk nie hierdie verskriklike dinge self sal ‘doen’ nie, maar ons het geen probleem om dit op die kassie te kyk en in die binnekamer daarin te verlustig nie.

Hoeveel ouers is daar, hoeveel ampsdraers is daar wat toelaat dat hul jongdogters se kleredag nie behoorlik is nie, wat nie omgee waar hul dogters rondloop laat in die aande nie ?

Hoeveel ouers laat toe dat hul dogters of seuns buite die eg saamwoon, alleen saamverkeer laat in die aande en hul onnodig in versoeking plaas?

Hoeveel onwettige egskeidings en hertroues word bloot maar aanvaar en goedgepraat deur kerke ?

Hoeveel ouers laat toe dat hul dogters saam jong seuns op vakansies alleen gaan ?

Hoeveel van ons ouers laat hul kinders vrye toegang hê op selfone en op die internet, om te kyk wat hul wil ongeag die seksuele inhoud en al die verleidings wat daarmee saamgaan ?

Kyk wat sê antwoord 109 wat 108 hierbo opvolg van die HK:

Vraag 109: Verbied God in hierdie gebod niks meer as net egbreuk en sulke skandes nie?

Antwoord: Omdat beide, ons liggaam en siel, ‘n tempel van die Heilige Gees is, wil God dat ons altwee rein en heilig bewaar. Daarom verbied hy alle onkuise dade, gebare, woorde (Ef.5:3,4; 1 Kor.6:18,19), gedagtes, luste (Matt.5:27,28) en alles wat ‘n mens daartoe kan verlei (Ef.5:18; 1 Kor.15:33).

Ek wonder as ons as gelowiges hierdie woorde regtig ernstig opneem, hoeveel films ons nog sal kan kyk, hoeveel webblaaie ons dan sal moet vermy ?

Maar, omdat ons dink ons weet van beter, ons wil nie sogenaamd ‘wetties’ wees nie, ons is nou kamstig ‘vry’ in Jesus, ons is nou ‘super Christene’, ons hoef nie meer presies te hou by sy gebooie nie, daarom gee die Here ons en ons samelewing en veral kerke oor aan ons dwalinge.

Ons verwerp in die praktyk die Bybelse wysheid van Gen.39:9,10; Spr.5:8; Matt.5:27-30; Rom.13:13,14; Ef.5:3-5; 1 Thess.4:3-8; ens. … en die gevolge sien ons orals om ons, ook in ons eie lewens.

En daarom is die heel ergste gebeurtenis die laaste tyd, nie die tragedies om die Booysen, Steenkamp en Pistorius families nie, maar die goddelose optrede van wat besig is om in die NG Kerk te gebeur, dat daar ‘n groep is wat weer druk om dit wat God ‘n gruwel noem, goed te keur as ‘n aanvaarbare lewenstyl.

Christus was genadig aan prostitute en tollenaars en mense wat hul sondes ken, dit bely en laat staan het (Joh.8:1-11), maar Hy het die valse profete ten sterkste verwerp en aangespreek (Matt.23), hulle wat God se Woord verdraai om sonde goed te praat en ander so te leer.

Ek het reeds verskeie kere oor die gay agenda geskryf en gaan nie weer alles herhaal nie, belangstellendes kan daaroor hier lees om te weet wat my standpunt is:

Homosekualisme

Hier wil ek net noem dat van hierdie 3 gebeure, die gay drukgroep in die NG Kerk se optrede die grootste gruwel in God se oë is, omdat hul, soos Rom.1:32 dit duidelik stel hierbo, nie net mense liefdeloos toelaat om in ‘n lewenswyse te volhard wat tot die ewige dood lei nie, maar dat hul dit selfs probeer goedkeur deur God se Woord te verdraai.

As sondaars kan ons almal struikel en val, kan ons soos Dawid ook val, maar dit is een ding om te val, selfs baiemaal te val maar aanhou jou sondes te bely en daarteen te stry jou hele lewe lank deur die genade in Christus (Psalm 51); dit is ‘n totaal ander bose goddelose gruwelike ding om die sondes waarmee jy worstel goed te praat en te maak asof dit nie sonde is nie, en dan die heel ergste, om dan ander te leer, te mislei: dit is reg om te sondig en daarin te volhard.

Christus vergewe die owerspelige vrou en sê dan vir haar en vir ons genadiglik: gaan heen en sondig nie meer nie (Joh.8:11).  In die woorde van die HK antw.127:

En lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Dit is: Ons is in onsself so swak dat ons nie een oomblik staande kan bly nie. Daarby hou ons doodsvyande, die duiwel, die wêreld en ons eie sondige natuur, nie op om ons aan te val nie. Wil U ons tog deur die krag van u Heilige Gees staande hou en versterk, sodat ons teen hulle sterk teenstand kan bied en in hierdie geestelik stryd nie beswyk nie, totdat ons eindelik die oorwinning volkome behaal.” (sien ook antw.114)

Die gay valse profete (asook die losbandige immorele profete wat onkuisheid goedpraat) sê: jy hoef nie eers vergewe te word nie, jy het niks verkeerd gedoen nie, volhard in jou sonde, dit is goed so, die Here seën dit …. tot in die hel (contra die Evangelie en die Woord, sien 1 Kor.6:9-11).

Behalwe Paulus wat sulke liefdelose valse profete verwerp hierbo in v.32, het Jesaja ook reeds daarteen gewaarsku:

20 Wee hulle wat sleg goed noem en goed sleg, wat die duisternis lig maak en die lig duisternis, wat bitter soet maak en soet bitter.”

En hierdie sleg goed noem en goed sleg, het nie met die gay debat begin nie, dit het al begin:

- wanneer jong seuns begin eksperimenteer met die seksuele, dan noem ons dit ‘ag, seuns bly nou maar seuns, ons is net eenmaal jonk’, in plaas van dat ons dit noem wat dit is ‘onreinheid’

- wanneer jong meisies uitlokkend begin aantrek, dan noem ons dit ‘sexy of oulik’, nie wat dit is nie, naamlik ‘onkuisheid’

- wanneer twee jongmense begin saamwoon buite die eg, dan noem ons dit ‘romanties en finansieël voordelig’, en nie wat dit is, ‘hoerery’ nie.

- wanneer ons na soapies en films kyk wat van die huwelik en egbreek grappies maak, en ‘Friends’ wat oor en weer bymekaar slaap, en ons noem dit ‘onskuldige vermaak’, terwyl dit eintlik losbandigheid en onreinheid en onsedelikheid is wat God straf.

- wanneer ‘n man sy vrou verlaat vir ‘n ander vrou, dan noem ons dit ‘hulle pas nie meer bymekaar nie, of is nie meer lief vir mekaar nie, of het onoorbrugbare verskille’, maar God noem dit egbreek wat Hy haat (Mal.2:14-16).

Dus, die huidige poging en misleiding om iets wat God ‘n gruwel noem, naamlik ‘n man wat by ‘n man slaap, ‘goed’ te noem, het reeds lankal begin deurdat alles wat God onkuis verklaar het, vandag as ‘kuis’ verklaar word (sien bv. Lev.18).

Jesus verwerp daarom sulke valse profete ten sterkste, wat ander leer om sy gebooie te breek en te dink hulle doen dit onder die seënende hand van die Here:

“9 Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele.” – Matt.5:19

Ons enigste hoop teen die totale aanslag op ons siele deur die immorele verval van ons tye, is die Evangelie van ons Here Jesus Christus, dat ons ons weer sal beklee met ons Here Jesus Christus, sodat ons weer soos Hy alle onkuisheid sal haat, binne én buite die huwelik, en dan geen voorsorg vir ons sondige begeertes sal tref nie (Rom.13:13,14).

Dit is alleen die Evangelie wat ons kan bevry van ons eie sondige harte en welluste en begeertes, sodat ons sal ophou om onsself en die skepsele te dien en te vertrou, en ons genadiglik sal terugkeer om ons Verlosser en Koning te dien, ons ”Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid.” (Rom.1:25)

Ons moet terugkeer na die waarheid van God se Woord, die Bybel wat aan ons geskenk is, nie net om te weet hoe ons gered word in Christus nie, maar ook hoe ons moet lewe, kuis binne en buite die huwelik, die Woord wat ‘n lig op ons pad is, vir ons hele lewe na gees én liggaam (1 Kor.6:9-20; 2 Tim.2 en 3).

Mag die Here ons genadig wees om weer die waarheid te ontdek van Tit.2:11-14,

11 Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn  12 en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe,  13 terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus,  14 wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself ‘n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke.

Gebed: Bekeer ons tot U, HERE, dan sal ons ons bekeer, vernuwe ons dae soos in die voortyd, of het U ons heeltemal verwerp, is u toorn teen ons alte groot ? (Klaagl.5:22).

Posted by: proregno | February 19, 2013

Preek: Moenie vrees nie (Joh.6:1-21)

Photo: My werkplek: Die Gereformeerde Kerk Matlabas

Moenie vrees nie

ds Gustav Opperman (GK Matlabas)

Lees Joh 6:1-21

Teks Joh. 6:20: Maar Hy sê vir hulle: Dit is Ek, moenie vrees nie.

Tema: Hy is die Besweerder van elke vrees

Psalms: 107:1,2; 107:3,4; 107:5,6; 107:9,10; 107:12,14.

Broeders en Susters,

Lig en duisternis … duisternis en lig …

Dit is nie sonder rede

dat die stryd tussen lig en duisternis Johannes se Evangelie beheers nie …

want alhoewel ons heerlike sonskyn in hierdie land geniet …

voel ons nogtans net duisternis om ons …

ervaar ons

‘n mensdom wat in die donker rondom ons half blind rondtas …

‘n mensdom wat nie herwaarts of derwaarts weet nie …

Reisigers na Nêrens was die titel van ‘n boek

wat hierdie tema jare gelede behandel het …

Maar ook meer onlangs skryf die Afrikaanse sanger, Koos du Plessis,

skryf hy van die weerlose mense …

weerlose mense … op reis van peron na peron

Hulle reis deur ‘n middernagland sonder grense

of tyd …

en hulle is ‘n ewigheid ver van die son ..

Ja, by die aanhoor van hierdie lied

wil ‘n mens die sanger gelyk gee …

Kyk jy na die gesigsknope

van diegene wat in die verkeer vassit …

van diegene wat vasgevleg is in die banktoue, en die supermarktoue,

en die toue van die lisensiekantore …

van diegene wat wag en wag op uitslae in die dokterskamers …

Weerlose, weerlose mense.

En wat het ons ook anders vir mekaar te sê, as:

Dis nag?

Dis was nog altyd so …

want hierdie ou wêreld, hierdie middernagland sit sonder grense …

sit sonder grense of tyd …

Nes soos dit ook nog altyd so was …

en is dat daar Een is …

Een is wat soos ‘n Lig in hierdie duisternis geskyn het …

die waaragtige Lig wat elke mens verlig

(Dis hoe ons Hom aan die begin van die Johannes-evangelie leer ken.)

En Hy sê vir ons vandag …

Hy sê weer vir ons vandag:

Dit is Ek,

moenie vrees nie

want dis die ander eienskap van hierdie middernagmense:

Vrees …

Hulle is hul hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe … (Heb. 2:15)

(lees ons in die brief aan die Hebreërs)

vrees vir die siekte …

vrees vir die honger ..

vrees vir die storms in die donker nag …

En daarom verskans ons onsself teen elke onheil

so goed as wat ons kan …

Daarom stapel ons op in spense en vrieskaste

en daarom word ons slawe van ons mediese fondse

en spandeer fortuine aan doktors …

Of ons sit ons dae om in hospitaalgange …

net soos die siek man (waarvan ons in hoofstuk 5 lees)

daar by bad van Betesda gelê het …

jaar in en jaar uit gelê het ….

op hoop van genesing.

Die groot menigtes wat die Here Jesus na die oorkant van die see van Galilea volg,

hulle het dieselfde probleem …

hulle kwale en siektes dryf hulle …

hulle het genesing nodig …

In die ander Evangelies lees ons hoe hulle mekaar verdruk het …

Hoe sommige desperaat was,

om net aan die soom van sy kleed te kan raak …

Hoe ander die dakteëls uitgebreek het,

om ‘n draagbaar van bo af voor die Wondergeneser te laat neersak …

Hier ons Skrifgedeelte is dit steeds die skuifelende massas

in hulle skemerwêreld tussen lewe en dood …

die menigtes wat Hom soek en volg …

van hawe tot hawe …

van oewer tot oewer …

Mense wat polities onderdruk was …

mense wat swaar onder die Romeinse juk geleef het …

uitgelewer aan die uitbuitery van tollenaar en soldaat …

Dit was net voor die Pasga,

die fees van die Jode

(so het ons gelees).

Tydens die Pasga het die volk hulle wonderbaarlike verlossing uit Egipteland herdenk …

hulle bevryding van die onderdrukker gevier …

Vroeg in hulle woestyntog oor die Rooi see destyds,

daar by Mara se bitter waters ..

(ons lees daarvan in Eksodus 15),

daar het die HERE Homself ook as Israel se Geneesheer openbaar …

Ek is die HERE wat jou gesond maak,

het die HERE toe gesê …

Wie weet, so het die volk nou hier weer in Johannes 6 met die Pasga gehoop:

Wie weet, miskien is Israel se Geneesheer nou weer hier met ons?

Volgens die ander Evangelies, volgens Matteus,

het die Jesus Christus hierdie menigte weerlose mense gesien

en Hy het innig jammer vir hulle gevoel

en Hy het Homself inderdaad as Israel se Geneesheer geopenbaar …

Nie lank nie, volgens Johannes, kom die skare se volgende probleem na vore …

Die volgende vrees openbaar homself:

Waar sal ons kos vandaan kom?

Nog een van die mens se basiese behoeftes,

so leer ons by die sielkundiges en sosioloë …

voedselsekerheid …

Voedselonsekerheid verwek vrees.

Onsekerheid oor ons volgende bord kos,

maak ons bang …

Jesus verwoord hierdie bekommernis namens almal.

Hy vra vir Filippus:

Waar gaan ons vir al hierdie mense kos kry?

Waarvandaan sal ons brood koop

Daar is geen supermarkte in die omgewing nie …

Ons het buitendien te min geld,

antwoord Filippus

tweehonderd pennings sal nie genoeg wees nie …

So weeg ons weerlose, weerlose mense ons pennies en ons sjielings af …

En so lees ons in Eksodus 16,

direk nadat die HERE Homself as Israel se Geneesheer geopenbaar het,

lees ons:

En die hele vergadering van die kinders van Israel het in die woestyn gemurmureer.

En die kinders van Israel het gesê:

Het ons maar in Egipteland gesterwe

toe ons by die vleispotte gesit

en volop brood geëet het!

Toe sê die HERE vir Moses:

Kyk, Ek sal vir julle brood uit die hemel laat reën ….

En so moes dit vir die pasgavierende skare die dag gewees het …

die dag toe die Here Jesus vyfduisend mense gevoed het met vyf brode en twee vissies …

soveel as wat hulle wil hê …

totdat hulle versadig was …

totdat hulle met die oorskiet twaalf mandjies volgemaak het …

‘n Wonder van luukse oorvloed …

Loof die Heer wat ewig leef,

mens en dier hul spyse geef,

want sy goedertierenheid sal bestaan in ewigheid

Hy het inderdaad gekom,

dat ons lewe en oorvloed kan hê (Joh. 10:10).

En toe, skielik, is alles glashelder vir hierdie skare …

hierdie Jesus moet inderdaad die een wees waarvan Moses geprofeteer het …

die Profeet van Deuteronomium 18 …

die groot Profeet wat nog sou kom

Toe die mense die teken sien …

was hulle absoluut oortuig,

dat Jesus van Nasaret die Profeet was …

die groot profeet,

wat met absolute gesag sou optree …

die groot profeet,

wat ‘n wonderlike nuwe tyd sou inlei …

‘n Groot leier … groter as wat Moses self was …

was nou hier met die pasgafees tussen hulle …

Dit is toe dat Jesus merk dat die menigte Hom met geweld wou neem …

dat die menigte Hom met geweld tot koning wou verhef

Is dit nie tipies van ons middernagmense nie, Geliefdes,

ook in ons tyd …

ons wat daagliks met vrees saamleef …

ons wat nie altyd weet herwaarts of derwaarts nie …

ons wat ‘n onsekere toekoms binnegaan …

Is dit nie tipies van ons mense nie, Geliefdes,

dat ons versugtinge na ‘n leier …

telkens ook vervleg is met allerhande drome van geweld en vergelding …

Ons wat daagliks met vrees saamleef …

wil so graag … al is dit net vir een dag … nie meer so weerloos wees nie …

Die Here Jesus onttrek hom van sulke mense …

Dis wat ons in ons Skrifgedeelte gelees het.

Hy wil Homself nie laat intrek in ons verlange na ‘n broodparadys nie,

sonder dat ons die Brood van die lewe waarlik ken nie,

hoe jammer Hy ons ookal het …

Hy wil Homself nie laat intrek

na ‘n versugting na ewigdurende gesondheid sonder sorge,

maar helaas, sonder versoening met God nie …

En as ons grootste enkele behoefte daaruit bestaan,

dat al wat onderdrukker en misdadiger is,

hier en nou uitgesort moet word …

Wel, jammer …

Jesus van Nasaret is nie met ons nie …

Ons lees: Hy het weer weggegaan na die berg, …

Hy alleen.

Hy alleen met geen deel aan ‘n populêre volksbeweging nie …

met geen deel aan die roem en eer van mense nie …

Hy alleen …

En skielik is die grote skare ook nie meer daar nie

en die twaalf dissipels staan ook alleen en verlate aan wal.

Waarheen nou vir hierdie klein groepie …

die twaalf verteenwoordigers van die kerk van alle eeue?

Hulle was aanvanklik ook oortuig

hulle het die Messias gevind …

Filippus het mos destyds aan Natánael vertel:

Ons het Hom gevind …

Hom van wie Moses in die wet en ook die profete geskrywe het:

Jesus, die seun van Josef van Násaret (Joh 1:46).

En Nataniël het self tot die gevoltrekking gekom:

Rabbi, U is die Seun van God,

U is die Koning van Israel! (Joh. 1:50).

So het hulle ook geglo …

En nou is al wat oorbly

om maar weer in die skuit te klim …

en maar weer van oewer na oewer te vaar …

en dit was al donker

en Jesus het nog nie by hulle gekom nie

En … en die see was onstuimig

daar het ‘n sterk wind gewaai

Die wind het teen hulle gesigte gedruk …

en die golwe het oor die skuit gespoel …

Roei en roei … tot roei nie meer help nie …

Dis nag … nag op die see …

Hawe en son was ‘n ewigheid ver …

En weereens was die harte oorweldig deur vrees …

vrees vir die golwe,

vrees vir die dood van ‘n drenkeling …

vrees vir die donker stormnag daarbuite …

en die spoke wat daar wandel …

al die rustelose skimme van die dood …

al die middernaggeeste nog steeds op soek na hawens en oewers…

Hier in Johannes ses, Geliefdes, lees ons van ons kerkskippie op see …

Dis nag …

hier lees ons:

toe hulle omtrent drie of vier myl geroei het,

sien hulle Jesus op die see loop

en naby die skuit kom;

en hulle het bang geword.

En tog, kan ons vra, Geliefdes …

ons kan dit vra

rondom hierdie vrees van die disspels

en ook al ons ander vrese …

As ons in Hom glo,

hoekom sal ons vrees?

Is dit nie Hy wat spreek nie …

Hy, onse Here Jesus Christus …

Hy, in Wie alle dinge geskape is nie …

Hy, wat volgens Johannes die Ontstaan van alle dinge is.

En as Hy die Ontstaan van alle dinge is,

as Hy die Geneesheer is,

as Hy die Gewer is van mens en dier se spyse,

as Hy die Bewaarder van Israel is …

wat nie sluimer of slaap nie …

as Hy die Seun van God is,

dan kan Hy mos op die water loop …

en dan sal Hy ook ten behoewe van sy volk,

ten behoewe van sy kerkskippie op die stormsee,

dan sal Hy mos op die water loop …

soos Hy wel op die water geloop het …

En daarom sê Hy:

Dit is Ek, moenie vrees nie

Hy is die God van die verbond.

Hy is die God wat sy volk bewaar …

En soos Hy in Jesaja se tyd gesê het,

so sê Hy nou ook:

Wees nie bevrees nie,

want Ek is met jou;

kyk nie angstig rond nie,

want Ek is jou God.

Ek versterk jou,

ook help Ek jou,

ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand (Jes. 41:10).

Is dit nie wat ons saam gelees het

oor hierdie bondeltjie dissipels op die skuit nie …

dat die Here met hulle op die skuit geklim het,

en dadelik het die skuit by die land aangekom waar hulle na toe gegaan het?

En of dit nou die klein skippie op see is …

en of dit nou die ganse volk Israel is

op pad na die beloofde land …

en of dit nou hierdie klein gemeentetjie van ons is,

Ek is wat Ek is, is met ons …

Hy is aan boord …

Ons is nie uitgelewer aan die duisternis nie …

Ons is nie doellose swerwers in ‘n middernagland nie.

Ons het die Geneesheer aan boord …

Hy is ook ons Leidsman en Verlosser deur die woestyn …

Hy sal ons by ons bestemming uitbring …

En wanneer ons volgende week met die nagmaal die brood in die hand neem,

dan weet ons, dat ons deel het aan die brood van die ewige lewe;

dan weet ons, dat Hy sy lewe en sy liggaam op die altaar geplaas het,

sodat ons nooit meer deur God verlaat sou word nie …

Amen.

Posted by: proregno | February 11, 2013

Teen omkeerstrategieë, die Rots Evangelie !

gksa-logo

Dit is gister/vandag 154 jaar gelede dat die Gereformeerde Kerke herstig is (10-12 Februarie 1859) onder die seringboom in Rustenburg.  Die gevaar van die Here se volk, ook vandag, is dat ons so maklik die kerkstryd van die verlede vergeet of nie wil onthou nie, en bloot aanpas by ons tye, omstandighede en verval in ons kerke en samelewing, contra die hele Bybel en veral 2 Tim.3, 4 en Judas 3 se oproep.

Ek plaas ‘n preek hier wat ek so paar jaar gelede gepreek het (2009) oor Matt.16:13-23, met die fokus op vers 18 wat deel is van die logo/kerkseël van die GKSA:

Geliefdes in Christus,

Die seël van ons gereformeerde kerke, is ‘n kerkie wat op ‘n rots gebou is, met die volgende woorde daaronder:

… en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.  – Matt.16:18b van ons teks.

Maar dit is belangrik om daarop te let, dat die kerk op die rots, die eerste deel van ons teks vanoggend verteenwoordig, nl. die woorde:

En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou – Matt.16:18a

Dus, die hele vers is ons kerke se logo, leuse of wapen.

En, omdat ons hierdie week ons 150-jarige herdenking van die herstigting van die GKSA beleef het, 10-12 Febr 1859, gaan ons kyk wat hierdie kerkseël:

1. beteken volgens hierdie Skrifgedeelte

2. en wat dit vir ons vandag beteken

1. Wat dit beteken volgens die Skrifgedeelte

Christus is saam met sy dissipels.

Hy vra hul eerstens wie die mense sê Hy is, en nadat ‘n paar menings gegee is,

wat daarop dui dat die mense nie mooi weet nie,

Vra Hy hulle, sy dissipels:

Wie sê julle is Ek ?

Ja, die wêreld het baie menings oor Christus, vandag nog …

Maar Christus wil weet wat sy Kerk van Hom bely, hulle wat sy Naam op hul lippe neem …

In die oorspronklike taal, is die woorde ‘julle’ sterk beklemtoon,

Dus, wie sê JULLE is Ek ?

En dan by monde van Petrus, kom die belydenis:

U is die Christus, die Seun van die lewende God, v.16

 Waarop Christus antwoord,

a. dat Petrus hierdie antwoord nie uit homself gekry het nie, maar dit is aan aan hom geopenbaar deur die Vader wat in die hemel is, en

b. dan volg Christus se woorde wat die kerkseël uitmaak van ons kerke:

En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. v.18

Dit is wat basies met gebeure hier plaasgevind het.

Nou is die eerste vraag wat ons wil beantwoord:

1. wie is ‘hierdie rots’ waarop Christus sy gemeente gaan bou ?

- Is dit Petrus ?

- Is dit Christus ?

- Is dit die apostels wat daar saam met Christus en Petrus is ?

Nou, geliefdes, sonder om in detail te gaan, is die regte antwoord: dit is al hierdie sake, reg verstaan, elkeen in sy eie plek.

- dit is Petrus in sy amp as apostel, die eerste onder gelykes (1 Pe.5:1), wat verteenwoordigend is van al die apostels, maar nie as die eerste Pous nie !

- dit is Christus, omdat Hy die rots is, waaruit die volk in die OT reeds gedrink het, die “geestelike drank”, want sê 1 Kor.10:4, “hulle het gedrink uit ‘n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus.”

- dit is al die apostels, saam met die profete, want. Ef.2:20, die kerk is

gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is

En, daarom is “hierdie rots” verwysend na die woorde en inhoud van vers 16, wat Petrus bely het:

Christus, die Seun van die lewende God … wat die hoeksteen is, (Hy hou alles aan mekaar),

soos bely deur Petrus, as verteenwoordiger van al die apostels saam het Hom, wat die fondament is.

Die rots is dus geen mens nie, en dank God, dit kan ook nie wees nie:

Vraag 30: Glo die mense wat hulle saligheid en heil by die heiliges, by hulleself of iewers anders soek, ook in die enigste Verlosser, Jesus?

Antwoord: Nee, maar hulle verloën met die daad die enigste Verlosser as Heiland, Jesus, alhoewel hulle met die mond in Hom roem (a). Slegs een van twee dinge is immers moontlik: of Jesus is nie ‘n volkome Verlosser nie, of die wat hierdie Verlosser met ‘n ware geloof aanneem, het in Hom alles wat vir hulle saligheid nodig is (b).

(a) 1Co 1:13, 1Co 1:30-31; Gal 5:4. (b) Heb 12:2; Isa 9:7 (Ou Vert. Vers 6); Col 1:19-20; Col 2:10; 1Jo 1:7.

Die rots is nie Petrus as mens wat feilbaar is nie, hy was en is geen Pous wat onfeilbaar spreek nie, want kyk, net na hierdie woorde, skaars ‘n paar minute later, sondig Petrus alweer, deur Christus te wil verhoed om op die lydensweg te gaan, v.22

… in so mate dat Christus baie sterk vermanende woorde moet gebruik, v.23:

“Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My ‘n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense.”

 Daarom die belangrike woorde van v.17 aan Petrus:  die waarheid, die ‘hierdie rots’, kom nie uit jouself of enige mens nie, dit is Godsopenbaring, deur sy Gees aan die mens.

Dit is nie aards nie, maar uit die hemele, geen teologie-ontdekking nie, maar Godsopenbaring uit genade alleen !

Die rots is Christus wat gegee is en sy Woord wat deur die profete en apostels aan die kerk van alle eeue en tye gegee is.

Maar, wat is die detail-inhoud van ‘hierdie rots’, ons volgende vraag.

- Jesus is die Christus, die Griekse woord vir Gesalfde (in Hebreeus Messias), en dit betkeen eenvoudig: Jesus Christus is die gesalfde Koning, Priester en Profeet van die OT, wat alles vervul (sien HK Sondag 12).

- Wat Hy kom vervul lees ons in vers 21,

Van toe af het Jesus begin om sy dissipels te toon dat Hy na Jerusalem moes gaan en veel van die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes moes ly, en gedood en op die derde dag opgewek word.

 Hoor u dit geliefde, die kerk is gebou op ‘hierdie rots’,

Volmaakte offer vir ons sondes en oortredinge, soos heengewys in die OT, vanaf Gen.3:15 en verder (sien HK v/a 19).

Christus het alles kom betaal, eens en vir altyd (Hebr.9:24-28)

Daardeur het Hy sy kerk gekoop met sy kosbare bloed, vir ewig ! (sien HK v/a 54).

En, JUIS DAAROM, die tweede deel van ons teks/kerkseël,

…. En die poorte van doderyk/poorte van die hel sal die kerk nie oorweldig nie.

Hoekom nie ?

Want die krag van Jesus se volmaakte offer, die krag van sy opstanding is die krag van God wat Hy geopenbaar het met die skepping (Ef.1).

Dit is die krag van God vir redding vir elkeen wat glo (Rom.1:16)

Dit is die krag van God se almag en heerlikheid.

Niks kan dit keer of stuit nie.

Hy doen wat Hom behaag, in liefde vir sy kinders.

En nou, geliefdes, is hier ‘n baie belangrikse saak om op te let:

- ons lees in ons teksvers van die “poorte” van die hel/doderyk

- poorte val nie aan nie, dit verdedig.

-dit beteken juis die hel, sonde, dood, satan is aan die verdedig, is op die agtervoet !

- die ‘rots’ is besig om te oorwin !

- Nog beter gestel: die Rots het oorwin en is besig om te oorwin !

- die hel kan nie stand hou nie, Christus die Rots het oorwin

- Die allesbepalende veldslag in die oorlog (Gen.3:15) het reeds plaasgevind, die kerk van Christus is nou besig met die uitwerking van daardie veldslag, deur die verkondiging van ‘hierdie rots’, dit is Christus (Op.12; Matt.28:16-20) !

- Hierdie Rots is besig om die vyande ‘n voetbank van sy voete te maak

Al lyk dit vir ons nie so nie, a.g.v. ‘n verkeerde Godsbeeld en verdraaide evangelie ….

Maar Hy is besig om al sy vyande die voetbank van sy voete te maak, sy uitverkorenes in die Koninkryk in te bring (Ps.110; 1 Kor.15).

2. Geliefdes, dit bring ons by die vraag: hoe spreek hierdie Skrifgedeelte tot ons vandag ?

Ons staan in verband met hierdie Rots net op een van twee maniere:

a. of ons staan deur die geloof op hierdie Rots, of

b. ons lê onder hierdie Rots, verpletter deur ons liefde vir die sonde en die wêreld.

Dit is wat ons lees in 1 Petrus 2:7, wat dieselfde Petrus skryf:

6 Daarom staan dit ook in die Skrif: Kyk, Ek lê in Sion ‘n uitverkore en kosbare hoeksteen, en die wat in Hom glo, sal nooit beskaam word nie.

 7 Vir julle dan wat glo, is Hy kosbaar; maar vir die ongelowiges geld die woord: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword; en: ‘n Steen des aanstoots en ‘n rots van struikeling

Die rots, Christus, vra ons elke dag, ook vanoggend, hier en nou:

Wie sê jy/julle is Ek ?

En op wie of wat bou jy jou lewe, die ewige lewe maar ook elke dag hier en nou ?

- Is Jesus maar net nog ‘n goeie profeet, ‘n goeie mens, iemand wat ek so nou en dan oor praat

- of is Christus my Rots en my Verlosser, my Koning ?

U sien, broer en suster, Christus het klaar die kruis gedra, v.21

Maar u, waar is ek en u met ons kruisdra ?

Kyk wat sê die Rots vir sy dissipels, ook ons vandag in vers 24 ev:

24 Toe sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg.  25 Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind.  26 Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel?  27 Want die Seun van die mens staan gereed om met sy engele in die heerlikheid van sy Vader te kom, en dan sal Hy elkeen vergeld volgens sy dade.

Waar is u ?

Wie volg u ?

Vader van die huis, wie volg u, agter wie loop u en u vrou en kinders aan ?

Die ROTS ?

- Bou ons nog op ‘hierdie rots’, daadwerlik ?

- Bou ons kerkverband nog op die Woord van God alleen, deur sy Gees ?

- Of het ons dalk op sand begin bou, op wat die mens wil hê, of die tydsgees ?

Ons teksvers sê uitdruklik, dat dit Christus is wat sy gemeente bou

Dit is geen menslike vereniging of instelling nie, maar Goddelik in oorsprong en voortbestaan.

Dit is Christus wat sy kerk laat onstaan, bou, groei, vermeerder, soos ons bely in HK v/a 54:

Vraag 54: Wat glo jy van die heilige, algemene, Christelike kerk?

Antwoord: Dat die Seun van God (a) uit die hele menslike geslag (b) vir Hom ‘n gemeente wat tot die ewige lewe uitverkies is (c), deur sy Gees en Woord (d) in die eenheid van die ware geloof (e) van die begin van die wêreld af tot die einde toe (f) vergader, beskerm en onderhou (g) en dat ek daarvan ‘n lewende lid is (h) en ewig sal bly (i).

(a) Eph 5:26; Joh 10:11; Act 20:28; Eph 4:11-13. (b) Gen 26:4; Rev 5:9. (c) Rom 8:29; Eph 1:10-13.

(d) Isa 59:21; Rom 1:16; Rom 10:14-l7; Eph 5:26. (e) Act 2:42, Eph 4:3-5. (f) Psa 71:17-18; Isa 59:21; 1Co 11:26. (g) Mat 16:18; Joh 10:28-30; Psa 129:1-5. (h) 1Jo 3:14, 1Jo 3:19-21; 2Co 13:5; Rom 8:10. (i) Psa 23:6; 1Co 1:8-9; Joh 10:28; 1Jo 2:19; 1Pe 1:5.

Maar vandag is die groter vraag dalk: HOE bou Christus sy kerk ?

- deur allerleie slim menslike uitvinsels en vindingrykheid ?

- deur allerlei wêreldse metodes om sogenaamde ongelowiges te trek en baie geld te maak ?

- deur wêreldse planne en strategieë te leen om ons te help ?

Ons bedoelinge kan baiemaal baie goed wees, want ons wil tog almal hê ‘my kerk moet voortbestaan’,

Maar kyk in vers 23 wat Jesus gedink het van Petrus se ‘goeie bedoelings’, wat nie volgens God se Woord en wil was nie, vers 23:

“Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My ‘n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense.”

… satanswerk !

Pynigend, harde woorde … maar waar.

Nee, geliefdes, in vers 17 het die Skrif ons gewys hoe Hy sy kerk bou:

Petrus, my Vader het aan jou geopenbaar wat waar is, waarop en hoe die kerk gebou word.

Dit is dieselfde Vader wat ons die 66 boeke geopenbaar het, wat ons nou het, dit is hoe en waardeur die Here sy kerk bou en bewaar.

Deur Woord en Gees bou Christus sy kerk

Niks meer nie, niks minder nie:

HK Vraag 54: Wat glo jy van die heilige, algemene, Christelike kerk?

Antwoord: Dat die Seun van God uit die hele menslike geslag vir Hom ‘n gemeente wat tot die ewige lewe uitverkies is, deur sy Gees en Woord, in die eenheid van die ware geloof van die begin van die wêreld af tot die einde toe vergader, beskerm en onderhou en dat ek daarvan ‘n lewende lid is en ewig sal bly.

Die HERE bou sy kerk:

- een wedergeboorte op ‘n slag

- deur sondebelydenis en ‘n lewe van bekering

- van gebed tot gebed

- preek tot preek

- bybelstudie tot bybelstudie

- bediening van die sakramente van die heilige doop en nagmaal

- huisbesoek op huisbesoek

- tuggeval op tuggeval

- katkisasie op katkisasie

- erediens op erediens

- lofpsalm op lofpsalm

En dit is genoeg.

En ja, as ons eerlik is, dinge lyk nie goed nie.

Nie net is daar die bedreiging van die eie sonde en die wêreld met sy onchristelike staatsmag en vervalende ekonomie nie,

Maar daar is ook al meer valse verleidende predikers, valse kerke, wat mense mislei.

En tog, tog het ons die troos as kerk, en hopelik kerke: … die poorte van die hel sal nie die kerk van Christus oorweldig nie !

Satan se mag kon dit nie doen in die verlede nie

Nie in die hede nie

En sal dit ook nie in die toekoms regkry nie.

Hy, en al sy valse magte, sal ook eendag finaal deur die Rots verpletter word !

As ek en u

As ons en ons gesinne

Alleen op hierdie rots bou

Op Christus en sy Woord alleen

Deur die krag van die Gees

Dan sal ons bly voortbestaan,

Al moet ons baiemaal geestelik en fisies ly in hierdie lewe …

Al word ons minder, want ons bely dan ook (NGB artikl 27):

“Hierdie kerk was daar van die begin van die wêreld af en sal tot die einde daar wees, want Christus is ‘n ewige Koning, wat nooit sonder onderdane kan wees nie.  En hierdie heilige kerk word deur God teen die woede van die hele wêreld bewaar,  alhoewel dit soms ‘n tyd lank baie klein is en dit in die oë van die mense lyk asof dit tot niet gegaan het – soos die Here vir Hom gedurende die gevaarlike tyd onder Agab sewe duisend mense bewaar het wat die voor Baäl gekniel het nie.”

As ons kerkverband terugkeer na hierdie Rots, en hierdie Rots alleen, dan sal daar nie ‘n skeuring wees  in die toekoms nie … dan sal ware eenheid, ware liefde en ware vrede terugkeer.

Maar, geliefdes, dank God, Christus en sy kinders self kan nooit oorweldig word, vernietig word nie, maar deur ongehoorsaamheid, kan Hy wel besluit om ‘n gemeente se kandelaar weg te neem, sien Openbaring 2 en 3 !

En daarom:

Hou vas aan die inhoud, betekenis en toepassing van ons kerkseël volgens die Skrif,

En maak erns in u eie, gesin en ons gemeentelewe,

met die woorde van die Rots, Christus in Matt.7:24 en verder,

 24 Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.

 25 En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots.

 26 En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met ‘n dwase man wat sy huis op die sand gebou het.

 27 En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot.

 Amen

ns. Sien hier meer artikels oor die ontstaan en huidige strydpunte in die GKSA: Doppers

« Newer Posts - Older Posts »

Categories

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 328 other followers