Posted by: proregno | May 29, 2014

Preek: Psalm 23 (Die Here lei met genade)

skape1.jpg

Psalm 23 Die Here lei met genade (Voorbereiding)   GK Matlabas 2014 05 18

Lees: Ps. 23; Joh. 10: 1-21

Teks: Ps. 23:1  Die HERE is my herder

Tema: Die HERE lei met genade

Psalms:100:1-4; 95:1,4; 119:63; 23:1,2; 105:1 en 5.

Prediker: ds. Gustav Opperman

 

Geliefde Broeders en Susters,

Psalm 23 is een van die bekendste Psalms in die Bybel.

In my jong dae moes elke katkisasiekind dit naas die “Onse Vader” uit die kop uit kon opsê.

‘n Psalm van kinderlike geloofsvertroue,

van blydskap en genot,

van stille berusting.

Alles in ‘n paar woorde saamgevat.

 

Hierdie Psalm het al ontelbare moedeloses opgetel.

Hierdie Psalm was die salf

wat al ontelbare stukkende harte gesond gemaak het;

wat ontelbare weduwees in hulle eensaamheid vertroos het.

Deur hierdie Psalm het die hemel vir Christus se sterwende sodate geopen.

Dis sekerlik dié Psalm

wat tot met die wederkoms sal weerklink;

tot ons en ons kinders en hulle kinders veilig by die HERE is.

 

Psalm 23 is die hele Evangelie in ‘n neutedop.

Dank die HERE daarvoor!

Dank die goeie Herder daarvoor.

Hy’s onse God en Herder, Hy,

en ons die skape van sy wei.

 

En dis belangrik dat ons dit besef.

Hy is die Herder;

ons is die skape …

Want ek moet tog erken, Broeders en Susters,

Psalm 23 mag ‘n baie mooi Psalm wees,

maar dis nie in my natuur

om ‘n skaap te wil wees nie.

 

As ek aan skape dink,

dan dink ek aan dom diere.

‘n Domkop is ‘n skaapkop …

en ek wil nie graag ‘n domme wees nie!

En ons .. ons wil nie graag ‘n trop redelose skape wees nie.

Ek voel net skaapagtig

as ek iets onnosel aangevang het.

 

Ek kan mos vir myself dink …

en u ook.

U kan ook vir uself dink.

 

Nee, gee my ‘n halwe kans

en ek is eerder ‘n wolf!

Ek sal eerder skaapvleis eet

as om skaapvleis te wees.

 

Gee my ‘n halwe kans

en ek is eerder ‘n leeu!

Gee my ‘n halwe kans

en ek sal vir myself sorg,

ek sal my eie planne uitwerk!

 

Gee my ‘n halwe kans

en ek draf saam met die trop,

Koning Leeu se trop …

brullend op soek na iets om te verslind.

 

Die wêreld is ‘n plek vir wenners

en ‘n skaap het nog nooit iets gewen nie.

Elke hond vir homself

en die Duiwel agterhaal die een wat laaste is!

 

Nee … nee … dis belangrik dat ons dit besef:

Hy is die Herder;

ons is die skape.

 

Al wil ons nie sy skape wees nie,

bly ons nogtans skape.

Psalm 49 sê:

Dit is die weg van die

wat op hulleself vertrou.

Soos skape word hulle bestem vir die doderyk;

die dood is hulle herder (Ps. 49:15).

 

Óf die HERE is my herder

óf die dood is my herder …

maar skaap sal ek bly.

 

Daar’s is geen genade sonder hierdie besef nie.

Ook geen hoop nie.

 

Die HEER is God,

erken dat Hy

‘n eie volk vir Hom berei,

n volk om Hom te dien en vrees

‘n volk om skape van sy wei te wees.

 

Erken dit …

Elke keer as u die woord sagmoedig in die Bybel lees,

erken dit.

Of die woord eenvoudige.

Dit is ek, skaap!

 

Die skape is ootmoedig.

Hulle is lankmoedig.

Die skape is arm van gees.

Hulle honger en dors na die geregtigheid.

Die skape sal die koninkryk van God beërwe.

 

Net hulle sal aanlê in groen weivelde,

by waters waar rus is.

 

Die HERE is my herder is ‘n belydenis,

‘n belydenis van my persoonlike status:

Ek is ‘n skaap.

Ek is die HERE se skaap!

 

En elke persoon

wat hier in die gemeente belydenis van geloof aflê,

erken dit:

Ek is die HERE se skaap.

Ons erken dit met elke doop

en ons erken dit met elke Nagmaal.

 

HEER, ek is ‘n skaap verlore,

in die wildernis verdwaal.

U, my HEER en Herder, bid ek

dat U my tog wil kom haal.

 

Dit bring ons by die Herder van Psalm 23.

 

Hierdie Herder is nie ‘n skaapwagter nie.

Israel was nog altyd vol skaapwagters.

Huurlinge noem die Here Jesus hulle in Johannes 10:

Die huurling hy,

wat nie ‘n herder is nie,

van wie die skape nie die eiendom is nie.

Die huurling sien die wolf kom

en laat die skape staan en vlug.

Die huurling vlug,

omdat hy ‘n huurling is

en niks vir die kape omgee nie (Joh. 10:12,13).

 

Ons vind die skaapwagters en die huurlinge in Esegiël 34.

Hulle word genoem:

… die herders van Israel wat aan hulleself weiding verskaf!

Moet die herders nie die skape laat wei nie?

Julle eet die vet

en beklee julle met die wol;

julle slag die vettes,

maar die skape laat julle nie wei nie.

 

Valse profete en fariseërs!

Ja, ook slaperige ouderlinge en gemaklike predikante!

 

Die geskiedenis van Israel was nog altyd vol skaapwagters en huurlinge.

Die geskiedenis van die kerk het ook ervaring van die valse profete,

die valse profete wat in skaapsklere na hulle kom

en van binne roofsugtige wolwe is (Mat. 7:15).

So noem die Here Jesus hulle in Mat 7.

 

Die charismatiese predikers met hulle massa saamtrekke …

Hulle wat die mensdom hemel op aarde beloof,

maar hulle net met leë beursies agterlaat.

 

Maar gelukkig ken ons ook die Goeie Herder.

In Esegiël 34 lees ons ook van die Goeie Herder.

Hy bring sy klag teen die valse profete:

My skape dwaal rond, sê Hy,

oor die hele oppervlakte van die aarde is my skape verstrooi,

sonder dat iemand na hulle vra of hulle soek.

Hy bring sy klag teen die valse profete,

maar Hy aanvaar ook persoonlike verantwoordelikheid:

So sê die Here HERE:

Kyk, hier is Ek,

en Ek sal na my skape vra

en Ek sal vir hulle sorg.

Ek sal hulle red uit al die plekke waarheen hulle verstrooi is,

op die dag van wolke en donkerheid.

Ek sal hulle laat wei op die berge van Israel.

Op ‘n goeie weiveld sal Ek hulle laat wei.

Ek self sal my skape oppas

en Ek self sal hulle laat lê en rus.

Die wat verlore is,

sal Ek soek,

en wat weggedryf is,

sal Ek terugbring,

en wat gewond is,

sal Ek verbind,

en die siekes sal Ek versterk (Eseg. 34:6 ev.).

 

In die Evangelie van Matteus lees verder van die Herder

wat na Israel toe gekom het

juis om die verlore skape van Israel te soek.

Ons lees in Mat 9:36

hoe Hy die skare gesien het,

en Hy het Hy innig jammer vir hulle gevoel.

Hoekom het Hy innig jammer vir hulle gevoel?

Omdat hulle moeg en uitgeput was,

soos skape wat geen herder het nie.

 

Niks ontbreek die Herder van Psalm 23 se skape nie.

Hy lei hulle.

Hy is altyd op soek na die beste weivelde.

Die waters moet waarlik rus gee.

Ja, selfs hulle siele moet verkwik word.

By hierdie herder word die skape geestelik versterk …

weer en weer.

 

Die skape luister na sy stem

en Hy roep sy skape by die naam.

Hulle hoor … hulle hoor wanneer Hy sê:

Kom … Kom almal wat vermoeid en belas is

en sal vir julle rus gee.

 

In Johannes 10 sê die Goeie Herder:

Ek het gekom

dat hulle lewe en oorvloed kan hê (Joh. 10:10).

Nie net hierdie lewe nie,

maar ook die ewige lewe.

 

Hy is daar tussen sy skape.

Hy is met hulle selfs in die dal van doodskaduwee,

in donker dieptes en doodsgevare.

Hulle hoef geen onheil te vrees nie,

want Hy is met hulle.

Sy Gees, sy Heilige Gees is daar … altyd daar by hulle.

Wees nie bevrees nie !

Hy het jou by jou naam geroep;

jy is syne!

As jy deur die water gaan,

is Hy by jou;

en deur die riviere …

hulle sal jou nie oorstroom nie;

as jy deur vuur gaan,

sal jy jou nie skroei nie,

en die vlam sal jou nie brand nie.

 

Sy stok en sy staf is ‘n vertroosting vir die trop.

 

Sy stok en sy staf weer die roofdiere af.

Dawid was self so ‘n herder

wat die roofdiere verjaag het.

Hy het dit so aan koning Saul meegedeel:

U dienaar het vir sy vader die kleinvee opgepas,

en as daar ‘n leeu of ‘n beer kom

en ‘n stuk kleinvee uit die trop wegdra,

dan gaan ek uit agter hom aan

en verslaan hom

en ruk dit uit sy bek uit;

en as hy my aanval,

gryp ek hom aan sy baard

en verslaan hom

en maak hom dood (1 Sam. 17:34 ev.).

 

Dawid se Herder is nie ‘n gewone herder nie.

Hierdie herder veg vir sy skape.

In Psalm 78 word hy as die “herder-vors” beskryf … ‘n koninklike herder!

O goedheid Gods wat altyd dieper daal:

uit herderstent word Dawid weggehaal,

uit agterveld waar skape rustig wei,

om nou Gods volk as herder-vors te lei.

Hy ‘t hul gehoed in sy opregtigheid

en hul beskerm deur dapper krygsbeleid (Ps. 78:25).

 

Koning Dawid was nie bereid

om een van sy skape af te staan nie.

Die Seun van Dawid se kudde is oneindig groter …

en elkeen, siel vir siel, is vir Hom kosbaar.

Ook Hy sal nie een van sy kudde afstaan nie.

 

Jesaja veertig stel dit so pragtig:

Kyk, die Here HERE sal kom as ‘n Sterke,

en sy arm sal heers.

 

Hy sal sy kudde laat wei soos ‘n herder;

Hy sal die lammers in sy arm vergader

en aan sy bors dra;

die lammerooie sal Hy saggies lei (Jes. 40:10 ev.).

 

Sy stok en sy staf is nie net daar om die roofdiere af te weer nie,

maar ook om sy skape te lei …

op die spore van geregtigheid,

soos ons gelees het.

 

Sy stok en sy staf hou sy skape op die regte pad,

op die regte spoor.

Daarom span Hy ons toe met sy Gebooie …

nie om ons vryheid in te perk nie

(dis die leuen van die duiwel);

nie om ons vryheid in te perk nie,

maar om ons te bewaar

en te beskerm.

 

Die skape dwaal immers so maklik af,

maar Hy laat dit nie daar staan nie.

Hy laat hulle nie aan hulle lot oor nie.

As daar ‘n honderd is,

en een raak verlore,

dan laat Hy die nege-en-negentig staan

om die een verlore skaap te soek.

 

So offer die Herder-Koning Homself op vir sy skape.

 

Die professie van Jesaja beskryf die grootste opoffering

wat hierdie Herder-Koning vir ons gebring het:

Ons het almal gedwaal soos skape,

skryf Jesaja,

ons het elkeen sy eie pad geloop,

maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.

 

Die Herder-Koning het self soos ‘n skaap geword!

Die Seun van Dawid het self ‘n slagdier geword …

ter wille van die kudde.

 

Hy is mishandel,

hoewel Hy onderworpe was,

en Hy het sy mond nie oopgemaak nie;

soos ‘n lam wat na die slagplek gelei word

soos ‘n skaap wat stom is voor sy skeerders

ja, Hy het sy mond nie oopgemaak nie (Jes. 53:7).

 

Twee keer in Johannes 10 bevestig Hy dit:

Ek is die goeie herder.

Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape (Joh. 10:11).

 

As ons in Psalm 23 bely:

Die HERE is my herder,

dan mag ons nooit vergeet

dat Psalm 23 na Psalm 22 kom.

Ons moet eers Psalm 22 hoor.

Ons moet eers hoor:

My God, my God, waarom het U my verlaat

voor ons werklik kan sê:

Die HERE is my herder.

 

Broeders en Susters,

vier maal in die jaar kom tel hierdie Goeie Herder sy skape.

Vier maal per jaar ‘n jaar

bring Hy al sy skape van die Gereformeerde Matlabas in sy skaapstal saam.

Dan moet elkeen van hulle hier wees …

skaap vir skaap.

 

Dan berei Hy ‘n Nagmaaltafel

voor elkeen hier se aangesig.

Hy maak ons hoof vet met olie

en ons beker sal seker oorloop.

Ons siele sal verkwik word.

 

Kom, almal van u!

Kom, laat u tel!

Kom, en wees geseënd!

Amen. 

 

think tank 2014 v2 small

“Geslag maak nie saak nie” …..

Dit is dié aanbiddingsmantra van die postmodernistiese godsdienstige samelewing, hetsy in die kerk (waar ons heeltyd aanhoor waarom vroue in die besondere ampte bevestig mag en moet word … want geslag maak nie saak nie …), of in die wêreld daarbuite (God het my gay gemaak, Hy het my netso lief en wil my nie verander nie … want geslag maak nie saak nie …)

Baie mense, ook ongelukkig gelowiges, word mislei om te dink dat die gay agenda soos dit gestalte begin kry het die einde vanaf die einde van die 20ste eeu tot nou, is bloot net nog ‘n ‘minderheidsgroep’ wie se regte beskerm moet word deur ‘n neutrale onpartydige staat.

Verder sal daar dan geen probleme wees nie, “ons kan mos steeds die Evangelie verkondig en staan op ons eie (heteroseksuele) regte.”

As dit maar so eenvoudig was.

Die waarheid is egter, die gay agenda is nie bloot ‘n geveggie vir minderheidsregte nie, dit gaan oor die vernietiging van die Christelike beskawingsorde soos gefundeer in die Heilige Skrif, in die besonder die skeppingsordeninge (huwelik, arbeid, rusdag) waarvan ons lees in Genesis 1 en 2 en in die res van die Skrif ontwikkel word, en gered en geheilig word in Christus.

Dr. Peter Jones, van TruthXchange, het ‘n skitterende artikel geskryf op grond van ‘n boek wat hy gelees het wat die Gay agenda duidelik uitspel (die boek is nie deur ‘n gelowige geskryf nie), en ek wil by elkeen dit sterk aanbeveel om hierdie artikel te lees (asook enige ander werke van dr. Jones) om ons tydsgees reg te verstaan (postmoderne paganisme) en wat die antwoord daarop moet wees (die Evangelie deur Woord en Gees alleen).

Hier is die artikel beskikbaar:

A Response to Rod Dreher’s “Sex After Christianity: Gay marriage is not just a social revolution but a cosmological one.”

Hier is ‘n paar aanhalings uit die artikel:

“[M]any…think that same-sex marriage is merely a question of sexual ethics. They fail to see that gay marriage, and the concomitant collapse of marriage among poor and working-class heterosexuals, makes perfect sense given the autonomous individualism sacralized by modernity and embraced by contemporary culture–indeed, by many who call themselves Christians. They don’t grasp that Christianity, properly understood, is not a moralistic therapeutic adjunct to bourgeois individualism–but is radically opposed to the cultural order (or disorder) that reigns today.”

“The homosexual agenda is silencing every memory of behavior, speech, religious conviction, and public policy that reminds people that heterosexuality is the God-created norm for human sexuality. Anyone who adheres to such a heterosexual norm dares say so only at the risk of being arrested for discriminatory bullying.”

“This old Western “Christian” world is indeed “coming apart” and in its place rises a “new world” of multi-sexual liberation, systematically promoted by both an ideological pagan Oneism and a determined elimination of the binary structure of theistic Twoism, which Scripture teaches is the way the world was made. Many in evangelicalism fail to see or refuse to see what is going on. Their superficial solutions only compound the problems.”

“Kinnamon and Lyons, though they make this rising generation the authoritative judge of modern Christianity, do grant that “[t]his generation’s world, like none other, is coming unglued.” (13) They note that theirs is a more violent culture, bereft of fathers (14) and stable family structures, unfazed by profanity or sex before marriage, and often enslaved by debt and by drug or pornography addiction. One in four is divorced. Suicide is the third leading cause of death. In addition, “81% believe Christianity is the same as other religions.” (15) Vying for “understatement of the year,” the authors conclude: Millennials “perceive the world in very different terms than people ever have before.”

“In 1996, when Christianity was still socially popular, only 28 percent supported same sex marriage. In 2013, the figure was 52 percent–nearly twice as high. Karlyn Bowman, a senior fellow at the American Enterprise Institute notes that “in 1988, only 12 percent agreed that gay couples should be allowed to marry and 73 percent disagreed.”(27) This change is especially notable among the Millennials of whom 74 percent now approve of the homosexual life style and homosexual marriage.”

“With incredible prescience and consistency of vision, the (Gay Liberation Front) Manifesto says:
equality is never going to be enough; what is needed is a total social revolution, a complete reordering of civilization. Reform,…cannot change the deep-down attitude of straight people that homosexuality is at best inferior to their own way of life, at worst a sickening perversion. It will take more than reforms to change this attitude, because it is rooted in our society’s most basic institution–the Patriarchal Family.”
“In classical Christian teaching, the divinely sanctioned union of male and female is an icon of the relationship of Christ to His church and ultimately of God to His creation. This is why gay marriage negates Christian cosmology, from which we derive our modern concept of human rights and other fundamental goods of modernity. Whether we can keep them in the post-Christian epoch remains to be seen.”
Vir die wat nog dink die staat moenie die huwelik (wat begrond is in die skepping) erken en beskerm nie, luister gerus na die RC Sproul en Albert Mohler se antwoord op die volgende vraag (vanaf die 16de minuut op die video of audio):

“I have many Christian friends who are libertarians and say the state should not be involved in marriage at all. Is this a correct position?”

Sien ook die volgende boekresensie van ‘n skrywer wat ook die tydsgees goed ontleed vanuit ‘n gereformeerde perspektief:

David F. Wells, God in the Whirlwind: How the Holy-love of God Reorients Our World

“This is a book all Christians should read. And, while generally positive in its proposals, it has sufficient pessimism (though David, as a good fellow pessimist, will no doubt tell me he is not such a one) that this Englishman still enjoyed it. Christianity in the West is shifting to the status of an annoying, perhaps even unwelcome, sect. The future is, humanly speaking, bleak. David’s books in general are a good argument for seeing ourselves as a large part of our current problem and this book in particular offers helpful thoughts on what must now be done.” – Carl Trueman

Hier is meer inligting oor die boek beskikbaar: God in the Whirlwind

A timely and necessary antidote to the spirit of the age which is manifested in the prevailing man- centeredness of contemporary evangelicalism. Wells calls for the recalibration of our lives by a clear understanding of and a devout musing on the holy love of God. This book provides a fitting finale to the story line that began with No Place for Truth. Stott taught us how to preach between two worlds, and Wells teaches us to live there, at the intersection of faith (Christ) and culture.”
– Alistair Begg, Senior Pastor, Parkside Church, Cleveland, Ohio

This is a beautiful book. The gospel is presented in all its power and significance for this and any generation. David Wells has the unique ability to make deep and rich truths accessible to any reader. Utterly biblical, thoroughly orthodox, yet fresh and alive, God in the Whirlwind takes us to the very heart of God’s character and makes us want, not to study him, but to worship him. I know of no better introduction to the deep, deep love of Jesus, ‘and it lifts me up to glory, for it lifts me up to Thee.’”
– William Edgar, Professor of Apologetics, Westminster Theological Seminary, Philadelphia

David Wells has long been one of our most penetrating analysts of the cultural confusions that Christians today must contend with and that sometimes distort the Christian message. This book, as he says, emphasizes the ‘Christianity’ part of ‘Christianity and Culture.’ Here Dr. Wells models how to communicate the holiness and love of God—as manifested in the gospel, worship, and the Christian life—to a culture that has forgotten what they mean.”
– Gene Edward Veith Jr., Provost and Professor of Literature, Patrick Henry College; Director, Cranach Institute, Concordia Theological Seminary

Posted by: proregno | May 26, 2014

Kelkiewyn – Jaargang 7 nr.1 – Ondersoek jouself !

Kelkiewyn April 14 Front

Kelkiewyn – Ontwikkel ‘n volwasse, Bybelse perspektief

Tema: Ondersoek jouself 

Om te groei en vooruit te gaan in die geloof moet jy gereeld voorraadopname van jou eie lewe maak. Dit neem tyd. Jy weet mos hoe laat jou wederhelfte van die werk af kom wanneer hulle “stock take” het. Jou ‘selfondersoek opname’ behoort ook tyd te neem, maar dis makliker as jy dit meer gereeld doen. Wanneer jy hierdie ‘opname’ maak is die belangrikste ding waaroor jy moet nadink, jou eie persoon. Jy moet jouself ondersoek en dit is seker een van die moeilikste dinge in die lewe. Om werklik eerlik met jouself te wees verg mos inspanning. Min van ons kry dit maklik reg.

Om jouself egter te ken moet jy ook die mensdom ken. Wat het al met die mensdom gebeur? Wat is ons geneigdheid? Wat wil God hê moet ek en jy dan hier doen? Jy moet jou eie geaardheid ken. Jy moet jou eie swakhede ken en hoe om daarteen te veg. Dan moet jy weet waar jou verlossing vandaan kom. Christene weet mos – oplossings en redding kom nie van die wêreld af nie. Uitkoms word deur God gegee deur geloof in Jesus Christus. Wanneer jy die verlossing smaak, sal jy vooruitgaan en groei in die geloof en jy sal dankbaar lewe.

Die Kelkiewyn wil jou toerus om anders te dink. Om ‘n volwasse en Bybelse perspektief op sake te ontwikkel, om meer oor en meer, soos God te dink (Kol. 3:1-2). Nadat jy gedink het moet jy egter oorgaan tot aksie. Dis wat ons wil hê jy moet doen. Leef uit die Bybelse instruksie wat ons hierin wil weergee.

In hierdie uitgawe word jy opgeroep om jouself te ondersoek. Verskeie tematiese artikels sal die oproep ook op jou doen.

Ons nooi jou uit om nie net die artikels te lees nie, maar ook diep na te dink oor die skrywers se gedagtes. Ondersoek jouself!

Ds. Neil Prinsloo

Skryf in deur ‘n e-pos met ‘n versoek te stuur aan: redakteur@kelkiewyn.za.net

Laai hier af:  Ondersoek jouself

Posted by: proregno | May 19, 2014

Wellhausen: Aftakeling van Bybelse waarhede

Bron: Wellhausen se Dokumentêre Hipotese (Wikipedia)

Wellhausen: Aftakeling van Bybelse waarhede

Julius Wellhausen (1844-1918)

deur dr. Willem van Heerden

(willem@diemoot.net Kontaknommers: 0123334020/0828243190.

Sien ook vir meer inligting: http://tydlyn.blogspot.com)

Samevatting

Wellhausen sê dat:

  • Die Bybel nie God se openbaring is nie, maar mense se gedagtes oor God, waaruit volg dat:
  • Dele van die Bybel afgemaak word as mites.
  • Dele geskuif word na later tydperke, veral om die voorspel gedeeltes van profesieë dan te laat lyk asof dit nie voor die voorspelde gebeure geskryf is nie.
  • Hierdie tipe benadering is aftakelend maar tog “hoër kritiek” deur die kritici genoem—(hoog in watter opsig? Of dalk die “hoog” van ’n hooghartige arrogante benadering?)

Meer besonderhede

Julius Wellhausen, ’n student van Hegel, het Christene se eeu-oue aanvaarding van die waarheid van die Bybel bevraagteken. Hy het ‘n nuwe manier om die Bybel te verstaan voorgestel wat, volgens hom, beter sou wees [7M bl. 91, m]. Dis om te verstaan dat die Bybel nie God se openbaring is nie, maar mense se gedagtes oor God –’n produk van evolusionêre denke, van groeiende persepsies van God binne menslike kultuur.

As dit dan nou nie God se openbaring is nie, kan krities daarna gekyk word. Gedeeltes kan afgemaak word as onwaar en ander gedeeltes kan na later tydperke geskuif word om die voorspel waarde van profesieë te vernietig. Dis dan ook wat gebeur het. Die Bybel word dus as’t ware versnipper. Dele word rondgeskuif om by nuwe beskouings van chronologiese volgorde van gebeure uit te kom. Ander dele word as onbetroubaar of as foute gebrandmerk of afgemaak as mites—alles om aan te pas by vooraf opgesette idees. Die metode is ‘hoër kritiek’ genoem, wat ook bekend gestaan het as die Graf-Wellhausen hipotese. Mens wonder hoe iemand hom kon aanmatig om hierdie aftakeling van die Christendom ‘hoër kritiek’ te noem, tensy dit doelbewuste aftakeling is. Dit lyk wel doelbewus, ten minste by sommige, waar hierdie arrogante houding deurslaan in medewerkers wat ongeërg nuwe stellings maak, of wat ander mede kritici na-aap, sonder die nodige erns om deeglike navorsing daaroor te doen.

Skrywers van die Pentateug

Reeds voor Wellhausen se tyd was daar persone, wat in hul “Dokumentêre Hipotese”, beweer het dat die Pentateug deur vier persone geskryf is, die persone E, J, P en D [SL bl. 197, o]. Nog ‘n skrywer, in dié verband, was die Roomse Kerk priester, Richard Simon (1678), wat beweer het die die Pentateug deur minstens twee persone geskryf is: ‘n Yahwist en ‘n Elohist. Dit was volgens hom só omdat die twee skrywers die twee name vir God, Jehovah en Elohim in hul onderskeie geskrewe gedeeltes gebruik het [7M bl. 94, o].

Wellhausen het hierdie gedagtes verder gevoer om aan te pas by sy basiese uitgangspunt van ontwikkeling van godsdienste. Hiervolgens moes die gesofistikeerde gedeeltes waar spesifiek van een God sprake is, op ‘n later stadium geskryf gewees het, insluitend die hele Deuteronomium. Eksodus het hy as geskiedkundig gestel en voor dit alles as mites [7M bl 95].

Liberale teologie

Met hierdie aftakelende kritiek teenoor die Bybel is liberale teologie gebore, aan die gang gesit deur Wellhausen, as die belangrikste bydraer, saam met ander Duitse geleerdes. Vir hulle het openbaring van God verdwyn. Aangehelp deur intellektuele hoogmoed, sekulêre media, en openbare druk, het hierdie “hoër” kritiek deurgewerk na inrigtings, universiteite en uiteindelik na kerke. Die Christelike geloof het ‘n komplekse stel van humanistiese rasionaliserings geword eerder as die geopenbaarde wil van God. Hoofstroom kerke het doppe geword waar rituele nog uitgevoer word, maar waar die siel nie meer teenwoordig is nie. Die krag van ware Christenskap het verdwyn.

‘n Kenmerk van die liberaliste is dat hulle steeds hulself Christene noem. Hulle aanvaar nie die waarheid van die Bybel nie—nie die godheid van Christus nie, nie die maagdelike geboorte nie, nie die ware aard van die geloof nie, en nie baie ander kardinale Christelike leerstellings nie. Tog wil hulle hê dat konserwatiewe Christene hulle as “een van ons” aanvaar. As gevolg hiervan is dit amper ‘n reël dat hulle nie die kerkverbande verlaat nie. Dis soos om parasiete te hê wat op die gesonde liggaam van die Kerk leef. Dit werk ondergrawend totdat hulle ’n meerderheid het. Daarna, met meerderheid steun word beweeg na openlike beheer—en nog ’n kerk, nog ’n kollege, nog ’n kerkverband is verlore na die vyande van Christus [7M bl. 103, 104].

Kommentaar

Liberaliste kry maklik steun van baie mense deurdat hulle naby die mode van die dag beweeg. Hulle kry ook maklik hul idees gepubliseer in die sekulêre media wat graag Bybelse waarhede aftakel.

Ontwikkeling van godsdienste

Die stelling dat mens se godsbeskouing ontwikkel het deur allerhande gode tot uiteindelik een God, is nie waar nie. Dit sou van animisme (aanbidding van geeste wat hul in natuurlike verskynsels bevind) deur panteïsme (alles goddelik) tot ‘n verskeidenheid gode en daarna tot een god gevorder het. Die teendeel is waar, volgens Robert Brow wat baie jare in Indië was en ‘n uitgebreide studie van oud-gelowe gedoen het. Die stamme daar het nog ‘n gedagte van ‘n enkele hoë God, maar Hy word nie meer gevrees nie. Hulle offer nie meer aan hom nie want hulle het te doen met die dringende taak om die geeste in die bos tevrede te stel. [BA bl. 25, o]. ‘n Ander deskundige sê dat die animisme van vandag dui op ‘n degenerasie van mense se ware kennis van God. Ook die Sjinese het aanvanklik die skepper God aanbid en het later gedegenereer tot aanbidding/verering van die draak en ander [FF].

Die liberaliste se foutiewe beskouing oor die ontwikkeling van godsdienste kan dus glad nie gebruik word om stukke in die Bybel te daarvolgens te dateer nie. So ’n poging dui eerder op ’n oppervlakkige, nie nagevorste aanslag op Bybelse waarhede.

Skryfkuns in die oudheid

Vandag weet ons dat die skryfkuns reeds lank voor Moses se tyd bestaan het . Die kode van Hammurabi, in Babilon, 1790 voor Christus, bewys dit. Daar is ook ander tablette gevind wat toon dat die Ou Testament skrywers in ‘n hoog ontwikkelde tyd gelewe het waaruit vele geskrewe stukke bewaar gebly het [SL bl. 197, o]. In Babilon het hulle ook al wiskunde toegepas. In die tyd van Abraham het hulle al ’n plek gebonde getallestelsel gehad met 60 as basis, wat anders was as die ander volke s’n. Die plekgebonde getallestelsel wat ons vandag gebruik (met 10 as basis) is eers 600 NC gebruik en is in die Weste eers in die 12de eeu aanvaar!

Moses wat in die Egiptiese koningshuis groot geword het, het toegang tot al die kennis van daardie tyd gehad. Hy was dus bekend met al die wyshede van daardie tyd en kon beslis die Pentateug geskryf het.

Bybel is waar

Argeologiese opgrawings het nog altyd steeds die historiese akkuraatheid van die Bybel gesteun. Alan Millard, professor in Hebreeus en oud Semitiese tale aan die universiteit van Liverpool het tot die volgende gevolgtrekking gekom: “Ons bevestig dat niks gevind is wat bewys dat enige stelling in die Ou Testament onwaar is nie. Argeologiese navorsing is ‘n welkome hulpmiddel tot ‘n ryker kennis van die Bybel se boodskap” [BA, bl. 400, m].

In 1926 verskyn daar ‘n deeglike wetenskaplike werk wat dui op die akkuraatheid van die feitelike geskiedkundige inligting deur vergelyking met buite-Bybelse bronne. Dit was die artikel “Scientific investigation of the Old Testament” van Professor Robert Dick Wilson. Deur kontrolering met omringende volke, het hy in 184 raakpunte die presiesheid van die opskrywe van persone, veral konings, bevestig. Die name van sulke persone het geklop met wat oor omringende volke te lese is.

Bronne

Die letters, aan die einde van ’n skrywer se naam bv. (XY), word in die geskrewe stuk as verwysing gebruik. Partymaal is die inligting so vervleg tussen skrywers dat net ’n algemene verwysing gegee word.

Blanchard, John. “Does God believe in Atheists” [ble 636, 2de uitgawe, 2011], (BA)

Breese, Dave. “7 Men who rule the world from the grave,” 1990, (7M)

Pearcey, Nancy. “Saving Leonardo,” 2001/2007, (SL)

Thong, CK. “Faith of our Fathers,” 2006, (FF)

HOE OM JOU GEMEENTE TE BESKERM IN EEN EENVOUDIGE STAP

deur Tim Challies

[Met dank aan Jaco de Beer wat dit vertaal het. Die oorspronklike skrywe is hier beskikbaar en word hier geplaas met die toestemming van die skrywer.]

‘n Paar dae gelede het ek probeer aantoon hoe ‘n gemeente hulself vernietig.

Daar is ‘n hartseer agteruitgang wat begin met ‘n groeiende ongeïnteresseerdheid en skaamte vir die waarheid. Nie langer in staat of bereid om gesonde leer te verduur nie, raak mense ontslae van leraars van die waarheid en versamel vir hulself leraars wat hul eie luste pas.

Onvermydelik, het hulle uiteindelik weg gedraai van die waarheid en afgedwaal na mites en fabels. Al hierdie is uitgelê in hoofstuk vier van 2 Timoteus.

In die lig van hierdie soort aanslag op die waarheid, gee Paulus die eenvoudigste oplossing: “verkondig die Woord.”

Dit is die eenvoudige enkele opdrag waaraan ‘n leraar en gemeente hulself moet toe wei. Die gemeente wat getrou aan God bly, is die gemeente wat getrou aan die Woord van God bly. ‘n Gesonde gemeente, is ‘n gemeente wat tydig en ontydig die Woord van God verkondig. Soos ek dit sien in 2 Timoteus 4:2, gee Paulus spesifieke instruksies van die soort prediking wat God verheerlik en die gemeente beskerm.

Verkondig die Woord in uitleggende en verklarende styl.

“Verkondig die woord.”

Dit is nie genoeg om net te preek nie, ons moet die Woord verkondig. Prediking is net so sterk as die getrouheid daarvan aan die Bybel. Daar is geen ingebore krag in prediking nie; die krag in prediking kom uit die bron van die prediking. Ek glo dat die mees getroue manier om die Woord te verkondig, is om dit uitleggend en verklarend te leer (‘expository preaching’).

Dit verseker dat die kern van die teks word die kern van die preek. Buiten enige ander vorm van prediking, beperk die vorm van prediking die leraar onder die gesag van God se Woord. Dit verseker ook die gemeente dat elke tema, idee en woord word getrou uit die Woord van God geneem. Verklarende prediking beteken dat ‘n leraar met ‘n oop Bybel onderrig gee vir ‘n gemeente met ‘n oop Bybel.

Verkondig die Woord volhardend.

“Hou aan tydig en ontydig.”

Daar is ‘n oproep vir volharding in prediking van die Woord. Prediking kom en gaan in die kerk. Daar is tye wanneer lering van die Woord verwelkom word en dan is daar tye wat dit nie verdra kan word nie. Verklarende prediking kom en gaan ook, en die sogenaamde kenners vertel ons dat hierdie vorm van prediking ‘n kerk sal vernietig. “Mense wil nie weet wat Filippense sê nie, hulle wil weet hoe om die lewe se probleme op te los!” Maar getroue, Woord-gebaseerde prediking moet tydig en ontydig, wanneer dit welkom of ongewild is, geleer word.

Ek wil hier vir ‘n kort oomblik stilstaan om met die ‘nuwe Calviniste’ te praat.

Ons is lief vir prediking. Ons sal niks minder as verklarende prediking (expository preaching) op ons kansels of in ons konferensies verdra nie. Die vraag is: Hou ons daarvan omdat ons verstaan God verkies dit, of omdat ander sê dis goed. Wanneer die gety draai en verklarende prediking sy glans verloor, sal dit nog steeds vir ons die voorkeur metode van prediking wees?

Verkondig die Woord prakties.

“Weerlê, Bestraf, Vermaan.”

Prediking moet ‘n praktiese dimensie hê. Alhoewel prediking ons van God leer, is dit ook meer as dit. Dit leer ons ook hoe om God te eer en te leef tot Sy verheerliking. Om van God te weet is goed, maar nie voldoende nie. Prediking is bedoel om siele te red, lewens te verander, en ons aan te spoor tot ’n heilige lewe. Prediking is bedoel om te weerlê, te konfronteer en valse leer te korrigeer. Dit is bedoel om te berispe, sondige patrone in ons lewens aan te spreek, op te lei en verheerliking van God aan te moedig. Prediking is nie om heilige-handgranate in mense se lewens te los nie, maar om vir hulle om te gee en aan te moedig.

Verkondig die Woord geduldig

“…in alle lankmoedigheid.”

Daar is ‘n element van geduld met prediking en ‘n element van geduld in prediking. Die prediker moet geduldig met die vorm van prediking wees en nooit sy vertroue in die effektiwiteit en doeltreffendheid van verklarende prediking ) verloor nie. Hy moet voortdurend geduld met die gemeente behou.

Die beste leermeester is die een wat vriendelikheid en verdraagsaamheid behou, wat sy studente leer ken het, en wat vir ‘n lang tyd met geduld en begrip sal aanhou lering gee. Die beste leraar kom langs sy mede Christene, lei hulle op, moedig hulle aan om te groei, week na week en jaar na jaar. Die beste leraar modelleer die geduld wat God het met ons wat stadig groei in kennis en heiligmaking.

Verkondig Leerstellings

“…hou aan…in alle…lering.”

Ons prediking moet gevul wees met Christelike waarhede en leerstellings. Paulus dring daarop aan dat mense wat weg draai van God af die gesonde leer nie sal verdra nie. Dit is juis die tipe prediking wat Paulus hier bepleit. Die beste prediking is juis in ooreenstemming met die gesonde leer en die onderrig daarvan. Hierdie soort prediking is nie motiverings praatjies vir marionette nie, maar die hele raad van God wat uit die Woord van God onttrek word.

Terwyl Paulus na die toekoms kyk, vertel hy vir Timotheus dat mense die waarheid nie gaan verdra nie, maar dat hy getrou moet bly aan sy sentrale roeping. Hy moet die gemeente lei met en deur die Woord van God.

Dit was Paulus se opdrag aan Timoteus 2000 jaar gelede en vandag dieselfde aan ons.

Terwyl ons in ‘n era leef waar mense geprikkel wil word deur wat hul wil hoor, moet ons met vertroue en in getrouheid, week na week, niks minder as die volle Woord van God verklaar en uitlê nie.

The Heroic Boldness of Martin Luther

Sien die volgende lesing van dr. Steven Lawson waarin hy sy boek bekendstel.  Laat ons bid dat die Here weer vir ons sulke getroue predikers skenk vir ons tye, tot sy eer en die heil van sy kerk:

No Compromise: 2013 National Conference

“In this session on The Heroic Boldness of Martin Luther, Dr. Steven J. Lawson shows the convictions and practices that fed Luther’s pulpit boldness, providing an example for all preachers in a day when truth once more is in decline.”

Die boek is hier beskikbaar in verskillende formate: Luther

“Unless I am convinced by Scripture or by clear reasoning that I am in error – for popes and councils have often erred and contradicted themselves – I cannot recant, for I am subject to the Scriptures I have quoted; my conscience is captive to the Word of God. It is unsafe and dangerous to do anything against ones conscience. Here I stand. I cannot do otherwise. So help me God. Amen.” (sien: Here I Stand)

Posted by: proregno | May 12, 2014

Vernietig ‘n kerk in vier eenvoudige stappe

wolf en skape

VERNIETIG ‘N KERK IN VIER EENVOUDIGE STAPPE

deur Tim Challies

[Met dank aan Jaco de Beer wat dit vertaal het. Die oorspronklike skrywe is hier beskikbaar en word hier geplaas met die toestemming van die skrywer.]

Vernietig ‘n kerk in 4 eenvoudige stappe.

‘n Kort tyd gelede het ek gehoor van ‘n kerkgebou in ons buurt wat te koop was. Vir jare was ons kerk, “Grace Fellowship”, op soek na ‘n gebou van ons eie en ons het gedink ons moet dit gaan ondersoek. Dit was op ‘n tyd ‘n florerende gemeente. Getroue Christene het bygedra sodat die gebou opgerig kon word. Hulle het dit toegewy aan die Here en het vir jare daar aanbid. Tog is die gebou nou verlate, vervalle en te koop.

Wat het gebeur?

Hoe het die florerende gemeente geestelik gesterf? Hoe het dit gedaal van ‘n gesonde gemeente, tot siek en uiteindelik ‘n dooie gemeente. Ek dink ek weet. Paulus sê vir ons in sy tweede brief aan Timoteus, die brief wat hy geskryf het dae of weke voor sy dood. In hoofstuk 4 kyk Paulus na die toekoms en hy sien ‘n kerk wat vernietig word en hy waarsku ons hoe dit gebeur.

Dit is so eenvoudig as vier stappe.

Voordat ons na die vier stappe kyk, is daar een kritieke komponent waarna ons moet kyk. Hierdie kerk het hulself vernietig. Die kerk is nie gesluit deur vervolging van die regering, kulturele druk of aanvalle van ‘n ander godsdiens nie. Hierdie kerk is vernietig van die binnekant af deur van sy eie lidmate. Hierdie kerk is vernietig deur mense wat beweer hulle tree op in die naam van Jesus Christus.

Hier is die vier eenvoudige stappe wat lei tot ‘n kerk se self-vernietiging.

Stap 1: VERWERP waarheid.

Paulus waarsku Timoteus dat “hulle sal die oor afkeer van die waarheid en hulle sal [hulle] wend tot fabels.” Die eerste stap in ‘n kerk se vernietig is om weg te draai van wat waar is, ‘n toenemende ongeïnteresseerdheid in dit wat God openbaar, en ‘n groeiende apatie van wat God sê is waar en mooi.

Daar waar eens ‘n liefde vir die waarheid was, is nou ‘n hekel en afgryse na die waarheid; waar eens ‘n haat vir die leuen was, is nou ‘n belangstelling in die leuen. Harte begin nou verhard.

Stap 2: VERWERP leraars van waarheid.

As mense wegdraai van die waarheid, sal hulle ook draai teen die leraars van waarheid. So vertel Paulus vir Timoteus wat in daardie dag te wagte is: “daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie.” Dit is nie dat mense nie sal weet wat die waarheid is nie, maar dat hulle dit nie sal verdra nie. Omdat hulle die waarheid begin haat, sal hulle nou ook diegene haat wat die waarheid verkondig. Die leraars deur wie hulle voorheen aangetrek is, sal hulle nou afstootlik vind.

Stap 3: OMHELS vals leraars.

Hierdie kerk het die waarheid verwerp en diegene wat die waarheid leer. Wat nou? Dit is voor die hand liggend en onvermydelik: Hulle sal valse leraars omhels. “Omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, [sal hulle] vir hulle ‘n menigte leraars versamel volgens hulle eie begeerlikhede.”

Soos hierdie mense verhard in sonde en groei in hul rebellie, sal hulle gelei wil word deur mense wat die dinge vertel wat hulle graag wil hoor. Paulus gebruik ‘n baie interessante beeld om dit te beskryf: “gehoor gestreel.”

Die sulkes se gehoor word geprikkel deur nuwighede, deur iets wat aanvaarbaar vir die samelewing en goddelose wêreld is. Die afvalliges vind gou uit die soort leraars versterk hulle in hul kwaad en regverdig hul rebellie en afvalligheid.

Stap 4: OMHELS valse lering.

Sodra hulle die waarheid verwerp het, en leraars gevind het wat hul gehoor streel, “wend hulle [hul] tot fabels” en mites. Hulle omhels nou die leuen en dwaling voluit. Hulle word so verhard in hul sonde dat hulle nou glo die leuen is goed en waar. Hulle sal so mislei en opstandig word dat hulle dit wat God haat begin vier, en dit alles in die naam van Jesus Christus. Hulle dwaal soos stomme skape, weg van die Goeie Herder af. Die smal pad van verlossing het geen ruimte vir dwaling nie, maar die breë weg na vernietiging het al die ruimte wat hulle nodig het om te dwaal.

En hulle sal geestelik sterf.

Die uiteinde is dat die wat beweer hulle het in die Naam van Jesus Christus opgetree, word ontbloot as mens wat Christus haat. So gemeente sterf uiteindelik.

Wat het gebeur met die kerk wat eens in die gebou aanbid het, wat ons nou wil koop?

Hulle het ore ontwikkel wat gestreel wou word. Hulle wou nie meer in die gesonde leer onderrig word nie. Hulle het leraars bymekaar gemaak wat hulle luste bevredig het. Hulle het gedwaal en hul ore gewend na mites en fabels en weggedraai vanaf die gesonde leer van die waarheid. Hulle gehoor is geprikkel deur die valse leer van die wêreld.

Die getuienis van daardie mites was duidelik sigbaar:

- Hul liedboek het liedjies bevat wat die moeder van Jesus aanbid en besing saam met Jesus Christus.

- Op hul webwerf het ‘n video verskyn aangaande ‘n pastoor wat ‘n geslag verandering ondergaan het met die volle ondersteuning van sy kerk.

- Hul literatuur het uitdruklik ontken dat Christus die enigste weg na God is.

- Hulle het bely dat God deur ‘n misterieuse Gees in ons wêreld werk wat geen onderskeid tref by die ingang van ‘n Christelike kerk, Boeddhis, Hindoe of Sikh tempel, Moslem moskee of Joodse sinagoge nie.

Ons kon toe nie die gebou bekom nie. Die gebou is verkoop, en as ek reg verstaan, sal dit binnekort gesloop word. Die leiers van die kerk wou nie toelaat dat die evangelie in die kerk verkondig word nie, maar wou eerder geld uit die gebou verkry. Hulle het die geld nodig gehad om twee van hul spartelende gemeentes te ondersteun wat onvermydelik ook onder sal gaan.

Twee duisend jaar gelede het Paulus aan die jong Timoteus geskryf presies hoe hierdie kerk, en baie soortgelyke sou sterf.

Hy het ook ‘n opdrag aan Timotheus gegee wat sy eie kerk sou beskerm teen soortgelyke vernietigende dwaling van mense wat gestreel wou word ooreenkomstige hul vleeslike luste.

In die hierop volgende artikel gaan ons kyk na die opdrag wat Paulus aan Timotheus gerig het.

Posted by: proregno | May 9, 2014

Waar is jy Adam … op Moedersdag ?

Peanuts Cartoon for May/09/2014

WAAR IS JY ADAM ?

Hierdie komiese prent is baie snaaks en tog pynlik treffend van die wesentlike probleem van Adam (ons as mans): ons wil nie verantwoordelikheid omhels waartoe ons geroep word in Christus nie. Wil nie die diensbare leiding neem in gesin en veral gemeente nie. So het dit begin met die sondeval in die tuin van Eden (Gen.3), duur dit deur die eeue voort, ook in ons dag, waar daar al minder mans is wat hulle gesinne in liefde en waarheid lei, saam met die groter wordende tekort aan manlike ampsdraers in die gemeentes, want ons is sogenaamd ‘te besig’ of ‘te oud’, want:

Luk.9:59-62 En Hy sê aan ‘n ander een: Volg My. Maar hy antwoord: Here, laat my toe om eers my vader te gaan begrawe. 60 En Jesus sê vir hom: Laat die dooies hul eie dooies begrawe; maar gaan jy en verkondig die koninkryk van God. 61 En ‘n ander een het ook gesê: Here, ek sal U volg, maar laat my eers toe om afskeid te neem van die wat in my huis is. 62 En Jesus antwoord hom: Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en agtertoe kyk, is geskik vir die koninkryk van God nie.

Waar is jy Adam roep die Here jou hele lewe lank, waar is jy Adam, roep Christus elke dag en veral Sondae deur sy Woord en Gees … meestal vir vroue en kinders, want waar is Adam ?

Die komiese prent laat my ook dink aan die titel van ‘n boek: The Silence of Adam – Becoming Men of Courage in a World of Chaos.

Hoe kry ek dit reg om manmoedig te wees ?

Nee, nié een van ons mans word daarmee gebore nie, ook nie ek nie (in my eerste jaar het ek Engels op Tuks met vlieënde vaandels gedop omdat ek nie voor ‘n klas kon praat nie … en ek moet bieg, ek is nogal trots daarop, belangrike deel van my CV ….).

Die antwoord lees ons in Hand.4:13,

“En toe hulle die vrymoedigheid van Petrus en Johannes sien en verstaan dat hulle ongeleerde en eenvoudige manne was, was hulle verwonderd en het hulle as metgeselle van Jesus herken.”

Daar is die antwoord: metgeselle van Jesus !

Deur tyd te spandeer met Jesus, kan enige mens, maar veral enige man weer ‘n ware man word, kan jy as ‘ongeleerde eenvoudige’ mens die vrymoedigheid ontvang om soos ware mans, Petrus en Johannes te getuig van Christus en sy Woord.

Ware mans is nie hulle wat ons die naweek gaan vermaak met wie die hardste kan ‘tackle’ of die bal die hoogste kan skop nie (en ek sê dit as een wat ook sport geniet, sien gerus die film Chariots of Fire wat ‘n Christen doen wat aan sport deelneem) … maar hulle wat ook waarlik ‘metgeselle van Jesus’ is, wie se lewe oor Christus gaan, met en vir Hom lewe, elke deel van jou lewe. Hy is waarlik jou Verlosser en Koning, nie geld nie, nie sport nie, nie jou beroep nie, nie eers jou vrou of gesin nie (sien Luk.14:26,27):

En hoe word en is ek metgesel/volgeling/dissipel van Jesus ?

Deur sy Gees én Woord:

- deur sy Woord daagliks te lees (Ps.1:2), soos Christus ons geleer het:

Matt.4:4 Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.

- deur saam my gesin huisgodsdiens te hou (Ps.128), soos Christus ons leer:

Matt.12:49-50 49 En Hy steek sy hand oor sy dissipels uit en sê: Dáár is my moeder en my broers. 50 Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder.

- deur van Sondag tot Sondag (al is dit ‘n ‘vader- of moedersdag’*) op te trek na die huis van die Here (Hebr.10:25), soos Jesus ons geleer het:

Luk.4:16 16 Toe kom Hy in Násaret waar Hy opgevoed was; en soos Hy gewoond was, gaan Hy op die sabbatdag in die sinagoge en staan op om te lees.

Ag, mag ons hemelse Vader weer ‘n geslag Adam’s gee wat saam hul vrouens, gesinne en gemeentes uitroep:

Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe. En ons het geglo en erken dat U die Christus is, die Seun van die lewende God.” – Joh.6:68,69

Na wie gaan jy Adam ?

Waarheen gaan jy vanaand Adam ?

Waar gaan jy wees Sondag Adam ?

* Dit is ‘n groot probleem dat die dag van die HERE, die rusdag van ons opgestane Here gebruik word vir menslike feesdae. Waarom nie enige van die ander 6 dae daarvoor kies nie ?

 sgp

Sien: http://www.sgp.nl/

Nou ja, mens hoef nie ‘n doktorsgraad in wiskunde te hê om te weet wie die verkiesing gaan wen nie. Met ‘n een-man (of is dit nou een mens?)- een-stem bedeling is dit vanselfsprekend wie gaan wen, die afgelope 2 dekades se verkiesings, en so gaan dit bly vir nog ‘n paar dekades.

Vanuit die Christelike oogpunt gesien, daar is gelowiges wat glo aan ‘n politieke bedeling gebaseer op:

1) individualistiese vryheid een man-een stem (bv. die ACDP) met min of geen inagneming van die vryheid van volke nie, en

2) dan is daar gelowiges wat glo in ‘n republikeinse vryheid, dus een volk-een stem, elke volk stem vir sy eie leiers (ek is nie seker of die VF hul nog hier bevind nie ?; dalk wel die Front Nasionaal ?).

Eersgenoemde het vrede gemaak met die nuwe bedeling gebaseer op die een nuwe nasie gedagte, wil geen vorm van volkskap hê nie, maar beywer hul wel vir ‘n nuwe SA gebaseer op Bybelse beginsels volgens God se wet vir die hele nasie.

Laasgenoemde groep wil die goeie van die vorige bedeling behou, die Christelike beskawingsidee, maar dan nie net individualisties en in gesin en kerk nie, maar ook op die volksterrein. Daarom die ideaal van ‘n volkstaat, ‘n vrye Calvinistiese republiek waar vir eie leiers volgens die Christelike geloof en beginsels gestem kan word.

So beide groepe stem saam oor die basis van ‘n land, nasie of/en volk, dit moet die Christelike geloof en lewensbeskouing wees, maar verskil oor die kwessie van nasieskap vs volkskap.  Nou sal ek natuurlik eersgenoemde verkies bo beide die huidige humanistiese nie-Christelike bedeling, maar ook bo ‘n ‘rassistiese’ blanke volkstaat wat God en sy gebod nie erken en respekteer nie.  Die 2de opsie glo ek is deel van die calvinistiese geskiedenis en lewensbeskouing van die Afrikaner gelowige deur die eeue, sien die artikel Die Calvinistiese wortel van ons volksbestaan, deur prof. dr. HG Stoker.

3) Daar is ook ‘n derde groep wat die Christelike geloof bely, maar meen die sosio-politiese terrein van die lewe is ‘n sogenaamde ‘neutrale’ terrein waar die gelowige nie volgens God se wet nie, maar volgens pragmatiese oorwegings aan die politiek deelneem. Op die politieke terrein geld die Koningskap van Christus nie, ook nie die oproep van Mark.8:38 nie. Daar word dan gewoonlik geredeneer mens stem vir die party wat die ‘sterktste is om teen die ANC’ te staan, of wat ‘ons regte’ die beste kan beskerm, stem sommer vir enige party solank dit net anti-ANC is, al is so ‘n anti(es)-party in stryd met die Bybelse beginsels en lewensbeskouing, solank jy net ‘teen’ die ANC stem. Iets van ‘n gogga maak vir baba bang politieke ‘anti’ pragmatiese strategie (soos sommiges sal sê: die DA het die ou negatiewe KP of NP geword)

Nou, ongeag waar mens as gelowige staan in enige van hierdie groepe, die feit is dat ‘n toekomstige Christelike staat of Christelike partye wat verkiesings wen, nie ‘n werklikheid sal word in ons land nie, ten minste nie vir die volgende paar dekades nie, soos dinge nou staan en lyk.

Hoekom nie ?

Wel, mens hoef nie deel van die Broederbond te wees om dit te besef nie …..

Hier is my 5 redes waarom Christelike politiek nie kan slaag nie, en die redes is ons as gelowiges se eie skuld (u kan in die ‘comments’ afdeling hier onder enige ander redes byvoeg):

1. Die Afrikaanse kerke het die huidige liberaal-demokratiese humanistiese bedeling heilig verklaar, pens en pootjies ingesluk, gedoop van kop tot tone, bo en onder, links en regs, in die middele, orals …. ironies, net soos met die vorige bedeling (daarom geen geloofs-antitese en sterk oproep tot bekering terug na Christus en sy goeie wet nie, Ps.2 …. ‘want die staat is mos neutrale menseregte terrein’ word daar geredeneer).  Daarom meen gelowiges daar is niks fout met die fondament en wese van ons nuwe samelewing nie, wat beweeg het van apartheidsdiskriminasie, na aborsie diskriminasie.

Ek wonder of die meeste gelowiges besef ons het die enigste ware God vir die mens se nuwe hoofgod verruil, want ons land se grondwet begin nou met … WE, the people … en nie meer met die Here se Naam en ons afhanklikheid aan Hom wat al ons lotgevalle bepaal nie.  En voor iemand begin met “ja, maar ons vorige bedeling was ook sondig … onthou dit gaan nie meer oor die verlede nie, dit gaan nou oor hier en nou en die toekoms …. gaan ons die sondes en foute van die verlede herhaal ?

2. Gelowiges stem daarom oor die algemeen glad nie volgens Bybelse beginsels nie maar volgens politieke pragmatisme.  Daarom dat – tot op hede – 85 persent van die stemme vir nie-Christelike partye gegaan het (ANC en DA) … dit alles terwyl 72 persent burgers beweer hulle is Christene ? As Christene gestem het volgens Bybelse beginsels, dan beteken dit die ANC en DA sou saam nou maksimum 28 persent stemme gehad het en was daar geen meer noodsaaklikheid vir enige Anti(e) partye nie ?

Sien die volgende artikel wat dit treffend uiteensit hoe Christene die hoofoorsaak is vir die oorwinnings van liberale nie-Christelike partye in ons land: Elections 2014 – A Christian perspective.

3. Gelowiges wat nie oorweldigend Christelike oueronderwys (tuisskole en privaatskole) ondersteun nie, maar staatskole wat die staat se nuwe godsdiens – liberale humanistiese demokrasie – bevorder en die kinders mee indoktrineer .  Dit is die toekomstige stemmers wat opgelei word om volgens pragmatisme en eie voorkeur te stem, nie volgens wat God se Woord vra en Koning Jesus van ons eis nie:

Luk.6:46 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?

4. Gelowiges wat hul vreugde soek in Mammon, besittings, selfgemak,  en eintlik net leef vir die aardse koninkryk, die oog glad nie gevestig op Christus en die hiernamaals nie. Daarom dat daar gestem word nie vir die Christelike partye nie, maar vir die ‘sterkste’ party wat MY besittings, MY veiligheid, MY beroep, MY gemak kan verseker hier op aarde.  Sodoende stel ons nie meer ons vertroue op ons hemelse Vader wat in Christus alles na gees en liggaam sal voorsien nie. Sien die volgende artikel:

Op Wie vertrou ons ? Die eerste gebod en die komende verkiesing

5. Hoe kan mens met ‘n leë pylkoker (Ps.127)  by die poorte (stembus) wil opdaag, dit is politieke selfmoord (Die GKSA het reeds in 1945 uitgewys dat die Afrikaner besig is met selfmoord, in die publikasie “Selfmoord van ‘n Nasie”). ?  As mens dan glo aan een man een stem, dan het jy getalle nodig, veral as jy die demokrasie omhels.  En tog, is die Afrikanervolk seker een van die volke wat hulself die meeste uitroei deur die kinderseën van die Here te verwerp, meestal weens rede 4 hierbo genoem ?  Mens kan amper sê die Christen Afrikaner is sy eie grootste vyand, nie die sogenaamde ‘bose’ ANC nie.  Ons sal aanhou skaam kry by die poorte (stembus) met ons minderheidsgroepies en doelbewuste eiewillige verwerping van die kinderseën van die Here.  Dit is pure ongeloof wat nie die Here op sy Woord wil vat nie, Ps.107:38. Sien die volgende artikels: Kinderseën

Dit alles gesê, onthou die ANC, gestig in 1912, het buite-parlementêr nog steeds gegroei vir dekades ….. en vandag regeer hul die land. Israel het vir eeue nie ‘n eie land gehad nie, maar nou het hulle.

So ja, wie weet ?

Maar menslik gesproke, in die huidige omstandighede lyk enige gedagte van ‘n sterk Christelike party (en/of Christelike volkstaat) onmoontlik weens bogenoemde redes, wel dalk as die Here gendadiglik wil, dalk in die toekoms, oor so 2 of 3 geslagte ?

Wat moet die gelowige Afrikaner dan nou doen ?

Ek plaas drie Skrifgedeeltes vir ons elkeen om oor te bid, te verootmoedig voor die Here en te besin:

1. Psalm 37:3-9 3 Bet. Vertrou op die HERE, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid, 4 en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart. 5 Gimel. Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hy sal dit uitvoer; 6 en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig en jou reg soos die middag. 7 Dalet. Swyg voor die HERE en verwag Hom; wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie, op die man wat listige planne uitvoer nie. 8 He. Laat staan die toorn en verlaat die grimmigheid; wees nie toornig nie: dit is net om kwaad te stig. 9 Want die kwaaddoeners sal uitgeroei word; maar die wat die HERE verwag, hulle sal die aarde besit.

2. Jer.29:4-7 4 So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel, aan al die ballinge wat Ek uit Jerusalem na Babel in ballingskap weggevoer het: 5 Bou huise en woon, en plant tuine aan en eet die vrugte daarvan; 6 neem vroue en verwek seuns en dogters, en neem vroue vir julle seuns en gee julle dogters aan mans, dat hulle seuns en dogters baar; en vermenigvuldig daar, en moenie verminder nie; 7 en soek die vrede van die stad waarheen Ek julle in ballingskap weggevoer het, en bid daarvoor tot die HERE; want in die vrede daarvan sal julle vrede hê.

3. Matt.6:33 33 Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.

‘n Paar gedagtes uit bogenoemde verse:

i. gelowiges moet voortgaan om op die Here te vertrou, in verootmoediging en belydenis van sondes voor die Here, die land te bewoon, huise bou en bewoon en getrouheid te beoefen, daar waar ons elkeen geroep en geplaas is. Die goddelose sal voortgaan van kwaad na erger, maar die regverdige sal eendag die land be-erwe, as dit nie in hierdie lewe is nie, wel definitief in die toekomstige in Christus (Matt.5:5; Rom.4:13; Op.11:15).

ii. gelowiges moet aanhou trou, die huwelik en gesinslewe eerbiedig en ‘n ryk en grote nageslag kry, soveel soos die Here skenk en wil. Ons moet vermenigvuldig en nie verminder nie (Jer.29:6; sien ook Ps.127 en 128).

iii. gelowiges moet wetgetroue burgers van die land wees wat waarlik die vrede van die land soek (ook met alle ander volke en kulture wat hier woon), bid vir enige owerheid wat oor ons geplaas is, maar altyd met die voorbehoud dat as iets wat van ons ge-eis word wat teen God se gebod ingaan, ons antwoord soos Petrus en Johannes: “Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan mense.” (Hand.5:29)

iv. Soek bo alles die Koninkryk van God, soek Christus in alles in u lewe. Bid en beywer u daarvoor dat elkeen van u kinders en gesin, familie, gemeentelede, ens Christus as Koning en Verlosser mag ken (1 Kor.2:1,2), wees ywerig in sending en evangelisasie … dan sal die ander dinge van die hier en die nou (dalk ‘n volkstaat in die toekoms, dalk ‘n goeie bybelse regering in die nuwe SA?) vir ons bygevoeg word, DV ?

v. die kerk van Christus, gelowiges, is nié afhanklik van enige politieke bestel of regering om te kan funksioneer en bestaan nie. Ons lewe onder ons Koning Jesus Christus deur alle tye en plekke en omstandighede, en voer sy opdragte uit deur sy Gees en Woord (NGB art.27; HK v/a 54). Daar is sekerlik tog wel sekere sosio-politieke bedelings wat beter vir die kerk is as andere, maar ons is nie afhanklik in ons geloof van ‘n spesifieke staatsbestel nie, ons dien ons Koning en Verlosser deur dit alles, lees en besin opnuut oor Hab.3:17-19.

vi. ekself glo dat ‘n goeie Christelike staat, hetsy in die huidige bedeling of ‘n toekomstige volkstaat, moet die vrug wees van dekades lange vrugdraende Evangelie verkondiging, waarin individue, gesinne, gemeentes, gemeenskappe, volkere tot bekering kom en dan in dankbaarheid uitroep: Here, dankie vir die verlossing in Christus, gee dat ons nou hoe langer hoe meer ons hele lewens, ook ons politieke lewens en instansies reformeer volgens u Woord en goeie wette, deur die krag van die Heilige Gees, tot u eer (sien v/a 91 HK)

vii. en ja, natuurlik enige Christelike staat of volkstaat sal gebroke wees (soos die geskiedenis uitwys), onvolmaak, nog vol sonde en swakhede …… soos my eie lewe is, soos my gesinslewe is, soos my kerklike lewe is, ens ens ens., aan hierdie kant van die lewe. Daarom altyd semper reformanda (aanhou reformeer). Ons moet nie die baba saam met die vuil badwater uitgooi nie.

viii. daarom sal enige huidige poging tot ‘n Christelike staat nie baie goed gaan in die nuwe SA bedeling nie (baie sterkte aan die ACDP, maar as gelowiges ongelukkig klaar in hul hordes die DA ondersteun, is daar tragies nie veel hoop vir die huidige tye nie), want ons kerke word al meer afvallig, en as daar vanuit die kerk al meer vyandigheid en afkeur is teenoor ‘n Christelike staat/party, gaan dit nog minder help (sien punt 2 hierbo).

ix. laat die mense maar hul heil en hoop in die interfaith/godsdiensgelyke/neutrale humanistiese staatsidee aanhou soek en die hartseer gevolge dra, wat geen maar geen teenstand teen ‘n Islam staat gaan kan bied nie, want jy beveg nie ‘n bose godsdiens met sulke humanistiese foefies soos ‘skei staat en godsdiens nie’ of ‘daar is neutrale terreine in hierdie lewe waar God en sy wet en sy Evangelie nie regeer nie’, hulle gaan die humanistiese staatsidees een vir een vernietig.

x. jy beveg ‘n absolute totalitêre opeisende af-godsdienste soos Islam en die Humanisme alleen met ‘n godsdiens wat alles totalitêr van jou opeis (lees gerus HG Stoker se werke hieroor), naamlik die gereformeerd protestantse calvinistiese bybelse geloof en lewensbeskouing, gegrond in die volle Woord, met die wese die Evangelie wat dan vrug dra in ‘n dankbaarheidslewe op alle lewensterreine en denke, nie volgens net sommige nie maar al sy gebooie (sien HK v/a 114)… dus ook daardie wette wat geld vir die staat en samelewing).

Mag die Here ons help om sy Koninkryk, sy eer, sy Seun in alles in ons lewens te soek, wat ookal die toekoms inhou vir ons gesinne, gemeentes, volkere en land.

Mag die woorde van prof. HG Stoker, ook waar word in ons tye (beklemtonings bygevoeg):

Nieteenstaande hierdie agteruitgang glo ek nog dat daar ‘n kern van ons volk is wat aan sy verlede ten volle trou bly en in die regte rigting voortbou.  Ek glo nog dat daar ‘n tyd sal kom waarin God ons volk sal wakker skud tot ‘n stryd wat die so nodige antitese sal skep en die toegedekte antitese, die dubbelslagtige en dubbelhartige karakter van die sinkretisme, sal ontbloot en daardeur vernietig – ‘n stryd wat noodwendig op kerklike en godsdienstige terrein sal moet begin omdat die Calvinisme die geestelike wortel van ons volksbestaan is.  Ek glo dit omdat die taak wat God aan ons volk hier in Suid-Afrika en ten bate van die hele Afrika gestel het, nog lank nie afgehandel is nie, ‘n taak waarin die stryd tussen Oos en Wes ‘n sentrale rol gaan speel. Dat God ons volk roep, blyk duidelik uit die roeping van ons volk in die huidige wêreldverwarring.”

Sien die volledige artikel waaruit hierdie aanhaling kom, hier:

Calvinisme as wortel van ons volksbestaan 

Nota: Prof. Stoker noem dat die wese van alle reformasie begin by die kerklike en godsdienstige terrein. In ‘n volgende skrywe gaan ek daarop wys waar die deformasie van ons kerke begin, en waar die reformasie in ons kerke moet begin, wat dan ook die res van ons lewens moet raak.

Posted by: proregno | May 6, 2014

Die Christelike geloof vs die Demokratiese geloof

Die Christelike geloof vs Demokrasie

[Nota: ek plaas weer hierdie artikel op my blog, wat ek in 2010 reeds hier geplaas het. Dit is aktueel vir ons tye en omrede die sondige aard van die hedendaagse demokrasie, as ek uit my artikel kan aanhaal: "Die wesentlike probleem met hedendaagse demokrasie is juis dit: die mens word self die wetgewer, is self die bron van wet, probeer God self wees deur te bepaal wat is reg en verkeerd (Gen.3:1-5), in plaas van dat dit bloot ‘n middel/wyse is waarop mense verkies word om die volk te verteenwoordig.]

Dr. Norman de Jong, in sy boek ‘Christianity and Democracy’[1], skryf: ‘democracy represents a subtle, deadly, and formidable alternative to orthodox Christianity …’[2]

De Jong wys daarop dat elkeen omtrent sy eie definisie het van ‘demokrasie’, en haal o.a. die volgende twee skrywers aan in sy beskrywing van demokrasie:[3]

Sidney Mead: “ the idea that sovereignty … lies in ‘the people’ and is delegated by them to rulers responsible to them.”

Thomas Jefferson: “democracy was to be found ‘not in our constitution certainly, but merely in the spirit of our people.’ ”

Wat die eerste aanhaling betref, meen De Jong dat demokrasie nie verwar moet word met die republikeinse vorm van regering deur verteenwoordiging nie (wat goed is),[4] want demokrasie is baie meer as ‘n blote wyse van regering (een mens-een stem gedagte vandag). In wese is demokrasie ‘n geloof, ‘n ideologie, ‘n sekere lewens- en wêreldbeskouing, soos hy aantoon deur verskillende aanhalings deur sy boek:[5]

“At the heart of democracy there must be faith, the same kind of which attributed to Abraham when he went forth …” (Benjamin S. Winchester)

“In this context one can understand why it is that the religion of many Americans is democracy – why their real faith is the ‘democratic faith – the religion of the public school.’ ” (Sidney Mead)

“You … are the final, ultimate judges of what is best for you. You are the ones to establish policy – no minority, no super-authority, no special-interest group –only you. Thus you must have faith not only in yourself but in your fellow citizens. If you possess this faith, you believe in democracy; if you do not possess it, you do not believe in democracy regardless of the words you use.” (Theodore Brameld)

“Real democracy is the resultant of forces which are within the life of the individual, forces which are spiritual and religious in nature.” (Benjamin Winchester)

In die volksmond beteken demokrasie iets soos ‘almal mag maar stem’, wat eintlik ook nie waar is nie, want (bv) kinders onder 18 mag nie stem nie, so ook nie misdadigers nie, ook nie almal wat in ‘n land woon nie. Diskriminasie sal daar altyd wees, die vraag is natuurlik of dit bybels regverdige diskriminasie is ? 

Die ‘demokratiese evangelie’ volgens de Jong, is in stryd met die tradisionele Christendom, ‘simply a secularized version of the kingdom of God’[6], en behalwe vir ‘n paar uitsonderings (dit is nou voor die 1980’s), was dit altyd die liberale vleuel van Protestantisme wat die Christelike geloof en demokrasie gelyk gestel het.[7] 

In die volgende tabel wys de Jong op die kontras tussen die Christelike geloof en demokrasie (p.159):

Christelike geloof Demokrasie
1. God alleen is soewerein Die Mens is soewerein
2. Geloof in God Geloof in die Mens
3. Wetsgehoorsaamheid gaan wetgewing vooraf Wetgewing gaan wetsgehoorsaamheid vooraf
4. God is die oorsprong van die wet Die Mens is die oorsprong van wet
5. Die mens se doel is gehoorsaamheid en vryheid in Christus Die Mens se doel is vryheid en geluk
6. Die owerhede is verordineer deur God. Regeerders en presidente is ‘dienaars van God’. Regering is van, deur en vir die mense.  Verkose leiers is dienaars van die meerderheid.
7. Die stem van God word verkondig of verdraai deur die volk Die stem van die volk is die stem van God
8. Jesus is God se Seun en Koning van die heelal Jesus was ‘n groot demokraat wat die broederskap van alle mense verkondig het
9. Die mens behoort aan sy getroue Verlosser, Jesus Christus Die Mens behoort aan homself
10. Die mens se einde is deur die Here verordineer. Die Mens bepaal sy eie lot
11. Die mens buig in onderwerping aan Christus as Here Die Mens buig voor niemand nie
12. Die hemel word belowe aan hulle wat glo Die hemel word geskep hier op aarde deur die Mens

 

As ‘n mens die nuwe SA Grondwet neem, asook die voorgestelde SA Handves van Godsdiensregte en Vryhede, is dit  mooi in lyn met die demokrasie kolom hierbo … ‘soos by al die nasies’ (1 Sam.8:5) om ons in die afvallige humanistiese intergeloof westerse wêreld waarin ons woon.  Die SA grondwet se ‘toring van Babel’ (Gen.11:4) aanhef bevestig hierdie ‘demokratiese geloof’,

“ONS DIE MENSE VAN SUID-AFRIKA … Die grondslag te lê vir ’n demokratiese en oop samelewing waarin regering gegrondves is op die wil van die bevolking en elke burger gelyk deur die reg beskerm word; Die lewensgehalte van alle burgers te verhoog en die potensiaal van elke mens te ontsluit; en ’n Verenigde en demokratiese Suid-Afrika te bou wat sy regmatige plek as ’n soewereine staat in die gemeenskap van nasies kan inneem.”[8]

Dieselfde gedagtes vind ons in die Handves vir Godsdiensregte en Vryhede, bv.

“AANGESIEN mense die inherente waardigheid, vermoë en behoefte het om te glo en hulle oortuigings in ooreenstemming met hulle basiese geloofstekste, -leerstellings of -tradisies te organiseer; en AANGESIEN hierdie vermoë en behoefte mense se lewens bepaal en waardig is om beskerm te word …”[9]

Baie duidelik praat hierdie Handves nie van die ware Christelike geloof nie, want geen mens het die ‘behoefte’ om in die enigste ware Drie-enige God te glo nie.  Wel om sy eie afgode te skep wat Homself sal dien (waarvan die grootse afgod ‘Ekself’ is) (Rom.1:18-32), maar “daar is niemand wat verstandig is nie, daar is niemand wat God soek nie” (Rom.3:11), ja, daar is niemand wat ‘waardig’ is, of die ‘vermoë’ besit om waarlik te glo nie.  Geen mens kan glo as dit nie vir hom as genadegawe, as ‘n geskenk van God, gegee is nie (Ef.2:8; Filp.1:26)

Die demokratiese geloofsbelydenis, soos weerspieël in die Grondwet en Handves, is:

Uit die Mens, deur die Mens, en tot die Mens is alle dinge. Aan hom/haar/dit(?) al die lof en die eer tot in ewigheid”.

Daarteenoor ontvang die gelowige die geskenk van God om te glo en te leef: 

“Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Rom.11:36)

Let op die ‘alle dinge’, soos in Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.  19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.  20 En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.” (Matt.28:18-20)

Almal, insluitende ‘konings en regters’ moet buig voor die HERE en sy Gesalfde,

10 Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde!  11 Dien die HERE met vrees, en juig met bewing.  12 Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil! (Ps.2)

Die grootste krisis van die tyd is egter nie die samelewing, die ‘konings en regters’ wat nie buig voor Christus nie, maar kerke wat deur ‘demokrasie’ regeer word, en nie meer Christokraties dienend van aard is nie (Matt.16:18; 17:5; 28:19; Ef.1:22).   

RP Swierenga skryf:

“In 1999 James Bratt observed that the CRCNA has a “new way of doing business.” In the sixties the professionals debated the theological issues while the laity stood by confused and apathetic. But by the nineties “the issues were not even noticeably Reformed in origin or argument.” The denomination and its administrative arms had become politicized, just like society at large, and it took stands on gender roles, cultural diversity, and individual rights, on similar grounds as society at large. The conservative remnant stood on Scripture, plain and simple, while the progressive majority insisted on living in the “world.” This new way of doing business in the church was really the adoption of the ideals of democracy that had been enshrined in the previous two hundred years.” (Sien ook ‘Demokrasie in die kerk?’: http://proregno.wordpress.com/2010/02/05/demokrasie-in-die-kerk/)

Vandag is dit algemene gebruik dat leersake op kerklike vergaderings deur demokrasie bepaal word, en nie konsensus op grond van Skrif en belydenis nie.

In die GKSA word daar by implikasie gesê na ‘n (demokratiese) besluit geneem is op ‘n vergadering van die kerke op nasionale vlak teen die vrou in die besondere ampte van predikant en ouderling, dat ‘n volgende keer kan die demokrasie (god?) dalk weer anders bepaal wat is reg en verkeerd oor wie in die besondere ampte mag dien of nie. 

Die kern van de Jong se kritiek teen demokrasie is as volg:[10]

“Those “forces” come to clearest expression in the principle of “governing by consent,” which translates successively into “self government” or human “autonomy.” This natural human desire to be self-directing rather than other-directed is nothing new to the Christian. He finds that autonomous attitude written large on the pages of Holy Writ ever since Adam and Eve first declared their presumed independence from God. That same rebellious inclination was expressed in print recently by R. S. Peters. In his book, Ethics and Education, he asserts, “The very notion of government itself, implying the placing of some man in authority over others, is prima fade an affront to a rational man.”

Democracy, said Bode and Dewey, was an “ideal” to be worked toward. It, for some unexplained reason, always seemed just beyond their grasp and incapable of attainment. For those who believe in the truth of Romans 13, though, the answer is obvious: God has instituted government in which He places some persons in authority over others. The authority which comes to expression, then, is not derived from the consent of the governed but is delegated by the God who is omnipotent. From Him comes all power and authority. Man’s re quired response is obedience and submission, both of which are prerequisite to lawmaking.

Judged from a Christian perspective, democracy is that ideal or urge of sinful man whereby he seeks to become a lawmaker rather than law-abider. It is the attempt to claim authority and power for oneself while rejecting the power and authority of others. It is the spirit or religious attitude which claims sovereignty for man while denying the sovereignty of God.

Jefferson, Dewey, Bode, and Brameld all breathed that spirit. For them democracy was not compatible with orthodox Christianity, but the antithesis of it.”

Die wesentlike probleem met hedendaagse demokrasie is juis dit (Gen.3:1-5): die mens word self die wetgewer, is self die bron van wet, probeer God self wees deur te bepaal wat is reg en verkeerd, in plaas van dat dit bloot ‘n middel/wyse is waarop mense verkies word om die volk te verteenwoordig.

Daar is net een Wetgewer, en sy Woord is reg, en sy wette is regverdig vir alle mense. Die mens moet sy verstand gebruik om sy Woord reg te verstaan en goed toe te pas, en nie om self die wetgewer of standaard te probeer wees nie.  Die mens moenie soos God probeer wees nie (Gen.3:22).

Een is Wetgewer, Hy wat mag het om te red en te verderf.” (Jak.4:12)

De Jong se konklusie van sy studie:

“For the committed Christian, however, joint allegiance to the democratic faith and the faith demanded by the God of Scriptures is an impossibility. To hold jointly to such contrasting positions is to embrace an antithesis which can only tear us apart.”[11]

En laasgenoemde, is presies wat ons in die Westerse samelewing en kerke, ook in die nuwe SA en sy kerke vind: veelgodery = vele wette = vele moraliteit = chaos in beide kerk en staat. 

As die HERE die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou; as die HERE die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter. – Ps.127

Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie! – Matt.6:24

 

[1] Craig Press, 1978.

[2] Preface, vii.

[3] Ibid., p.15.

[4] Ibid.,p.10.

[5] Ibid., p.157-162.

[6] Sien hoe dit gestalte gekry het in SA: Christianity and Democracy: A Theology for a Just World Order, John W. de Gruchy – http://findarticles.com/p/articles/mi_hb3244/is_n1_39/ai_n28687113/

[7] Ibid., p.157.

[8] Beklemtonings bygevoeg. SA grondwet kan hier verkry word:  http://www.constitutionalcourt.org.za/site/theconstitution/thetext.htm

[11] Ibid., p.159.

SA Voters Guide

In die besonder opgedra aan my broers in die geloof, Neels Malan en Gert Kruger:

In die Heidelbergse Kategismus bely ons volgens die Skrif as volg (beklemtonings bygevoeg):

94. Vr. Wat gebied God in die eerste gebod?

Antw. Ek moet, ter wille van my sieleheil,

- alle afgodery, towery, waarsêery, bygeloof, aanroeping van die heiliges of van ander skepsele vermy en daarvan wegvlug, en

- die enige ware God reg leer ken, Hom alleen vertrou,

- in alle ootmoedigheid en lydsaamheid my aan Hom alleen onderwerp,

- van Hom alleen alles wat goed is verwag,

- Hom van ganser harte moet liefhê, vrees en eer,

sodat ek eerder van alle skepsels sal afsien en dié laat vaar as dat ek in die allerminste teen sy wil sal handel.

Ons is almal besorg oor die situasie in ons land, en tog is hierdie belydenis vir ons ‘n belangrike vermaning maar ook troos (sien HK Sondag 1 waar ons werklike Troos lê in liggaam en siel, lewe en sterwe).

Ons onderwerp ons in ‘ootmoedigheid en lydsaamheid’ aan ‘Hom alleen’, Hy wat ook alle owerhede en tye in sy Hand dra, soos ons bely volgens die Skrif in HK Sondag 9 en 10:

Sondag 9

26. Vr. Wat glo jy met hierdie woorde: Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde?

Antw. Dat die ewige Vader van ons Here Jesus Christus wat hemel en aarde, met alles wat daarin is, uit niks geskape het, wat ook deur sy ewige raad en voorsienigheid dit nog onderhou en regeer ter wille van sy Seun Christus my God en my Vader is; op wie ek so vertrou dat ek nie twyfel nieof Hy sal my met alles wat nodig is vir liggaam en siel versorg en ook al die kwaad wat Hy oor my in hierdie jammerdal beskik, my ten beste bestuur, omdat Hy dit kan doen as ‘n almagtige God en ook wil doen as ‘n getroue Vader.

Sondag 10

27. Vr. Wat verstaan jy onder die voorsienigheid van God?

Antw. Die almagtige en alomteenwoordige krag van God, waardeur Hy hemel en aarde en al die skepsele as met sy hand nog onderhou en so regeer dat lower en gras, reën en droogte, vrugbare en onvrugbare jare, spys en drank, gesondheid en krankheid, rykdom en armoede en alle dinge nie by toeval nie, maar uit sy vaderlike hand ons toekom.

Ons moet nie vergeet nie, dat in watter bedeling ons ookal leef, dat ons ‘van Hom alleen alles wat is moet verwag’, ook wat ons toekoms betref. Ons lewe deur die geloof, deur en volgens sy Woord en Gees en nie wat pragmaties ´haalbaar of nie haalbaar is nie.´ En, dit is geen ‘droomwêreld’ idee nie, geen ‘blinde geloof wat nie met die sogenaamde ‘politieke werklikheid tred hou nie’, dit is die ware geloof wat konkreet elke dag beleef moet word, sien die getuienis van Hebr.11, ons wandel waarlik ‘deur die geloof’ en nie aanskouing nie.

Die groot werklikheid wat ons lewe bepaal en moet bepaal – is nie die ANC of DA of watter party ookal se korrupsie, wanorde en chaos nie – die groot werklikheid is dat ons ‘Hom van ganser harte moet liefhê, vrees en eer’, en dit in ons dade wys, ook ons politieke dade dat ons Hom werklik vertrou vir alles in ons lewe:

 “…. sodat ek eerder van alle skepsels sal afsien en dié laat vaar as dat ek in die allerminste teen sy wil sal handel

So orals waar ek teen sy gebod ingaan ter wille van die ´praktyk´, waar ek sy Woord opsy skuif, is ek besig om teen sy wil te handel, en vertrou Hom nie.

Nou moet elkeen homself deeglik ondersoek en afvra, as ek partye/aksies/bewegings ondersteun of voor stem wat uitdruklik teen God se Woord, in die besonder teen sy wet ingaan, die goeie bande van sy goeie wet stukkend ruk in hul beleidsdokumente (so die saak is duidelik, nie onduidelik nie, of ‘n dilemma nie), is ek dan nie besig om moedswillig ‘teen sy wil (te) handel’ nie ?

Wandel ek dan nog waarlik deur die geloof en nie deur aanskouing nie ?

Bepaal sola Scriptura (die Skrif alleen) of sola Practica (die Praktyk alleen) my lewe en keuses ?

Wys my optrede, ‘my praktiese stem’ vir die party wat die ‘ANC die seerste kan maak’ (maar wat die liefde tot God en ons naaste nie eerbiedig nie, bv. toelaat dat die Here se Naam gelaster word, aborsie-moord goedkeur, doodstraf verwerp, gay huwelike goedpraat, ens.), dalk nie dat ek verval het in politieke afgodery nie …. ongeag my mooi belydenis ?

Ja, dat ek wel met die mond bely dat ek my aan ‘Hom alleen onderwerp’, van Hom ‘alleen alles wat goed is moet verwag’, ek afsien van alle skepsels ….. maar met my dade, ‘my stem’ wys ek dat ek:

- tog maar op prinse vertrou (Ps.146:3),

- tog maar vertrou op die ‘’krag van die perd … (en) die bene van ‘n man” (die sogenaamde ‘sterktste party?’ teen die ‘bose ANC’, Ps.147:10), en

- daarom eintlik moedswillig en eiewillig ‘teen sy wil’ soos geopenbaar in sy Woord optree ?

Is die sogenaamde groot ‘praktiese politieke werklikheid’ groter as die Almagtige God en hemelse Vader waarvan ons lees in Psalm 2, dat Hy lag en spot met elkeen – ook die ‘magtige’ politieke leiers en politieke partye – wat sy Seun verwerp en sy goeie gebooie verag ?

Die Spreukeboek wil ons wysmaak:

“Die wat die wet verlaat prys die goddelose, maar die wat die wet onderhou, word vererg oor hulle.” – Spr.28:4

“Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie, selfs sy gebed is ‘n gruwel.” – Spr.28:9

Dit is ons almal se gevaar, dat ons bang en bevrees raak vir die tye waarin ons lewe, die magte wat saampak teen die Here en sy Gesalfde, en dan ons ons vertroue op mensemagte begin stel, op politieke verlossers, en nie op Christus alleen nie.

Laat ons eerder bid om, met die oog gevestig op Christus, die regte pad te bewandel, en te stem volgens die Here se Woord, as iemand dan besluit om wel te gaan stem, soos ons ook bely in HK v/a 91:

Wat is goeie werke?

Antw. Net die wat uit ‘n ware geloof (a), volgens die Wet van God (b), alleen tot sy eer gedoen word (c) en nie die wat op ons goeddunke of op insettinge van mense gegrond is nie (d).

Dus, ‘n ‘goeie stem’ is nie net uit ‘n ware geloof en tot sy eer nie, maar om God te behaag moet dit ‘volgens die Wet van God’ wees, en nie ons eie pragmatiese politieke goeddunke of planne nie.

So leer die Skrif ons ook:

Psalm 1:1-2 Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie; 2 maar sy behae is in die wet van die HERE, en hy oordink sy wet dag en nag.

Psalm 2:10-12 10 Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde! 11 Dien die HERE met vrees, en juig met bewing. 12 Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!

En as ons dit begin doen, dan het ons die troos van Matt.6:33, dat as ons Christus en sy wet (geregtigheid) soek, ‘al die dinge’ wat ons nodig het, vir die ewige maar ook tydelike lewe, vir ons genadiglik bygevoeg sal word, deur Hom op wie ons alleen vertrou, terwyl ons van “alle skepsels sal afsien en dié laat vaar as dat ek in die allerminste teen sy wil sal handel.”

“Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.”

Sien die volgende dokumente om u daarmee te help:

The 2014 Voters’ Guide is downloadable from www.SAvotersguide.org in English, Afrikaans, Xhosa and Zulu. Contact us for quantities to distribute to your congregation, friends, family, or colleagues.

Biblical Principles for the Elections Biblical Principles Which God Would Bless In Any Country

Listen to the Biblical Principles for the Elections presentation by Dr. Peter Hammond on sermonaudio.com here.

« Newer Posts - Older Posts »

Categories

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 421 other followers