Posted by: proregno | January 16, 2010

Betroubare “mans” – artikel 30 van die Nederlandse Geloofsbelydenis


Problematiek
In die debat oor vrou-in-die-(besondere)amp (VIDA) in die GKSA word daar dikwels gehoor dat dit nie ‘n saak is wat in die gereformeerde belydenis aangespreek word nie, m.a.w. die belydenis maak nie ‘n uitspraak oor geslagtelikheid en die besondere ampte nie. En nou, aangesien dit nie daar eksplisiet aangespreek of genoem word nie, daarom kan verskillende (en teenoorgestelde) standpunte verdra en ge-akkomodeer word.

Historiese konteks
DIt is waar dat geen artikel van ons geloof spesifiek afgestaan word aan die saak nie, maar dit is maklik om te verklaar. In die tye van die opstel van die belydenis (16/17de eeu) was VIDA nie ‘n brandende kwessie in die kerke soos vandag nie, en is daar vanselfsprekend aanvaar dat betroubare ‘manne’ die besondere ampte moet vul, volgens die Skrif se leer, soos vasgehou en bely deur 2000 jaar se kerkgeskiedenis.
Verder moet ons in ag neem dat die doel van die belydenis nie is om ‘n detail allesomvattende weergawe te gee van letterlik alles wat ons moet glo nie, en ook nie presies wat oor dit wat wel vermeld word, presies alles geglo moet word nie. Verder kan daar nogsteeds veranderinge en byvoegings plaasvind, in die lig van die Skrif wat dit vereis (semper reformanda, sien ook NGB artikel 7), ook a.g.v. die tye waarin ons lewe wat dit kan noodsaak (sien bv. die voorwoord tot die Dordtse Leerreëls; so kan daar bv. ‘n nuwe belydenis ontstaan oor die skeppingsleer of Skrifgesag).

Geslagtelikheid in NGB artikel 30 ?
Dit alles gesê, is daar tog ‘n aspek in ons belydenis oor die saak van geslagtelikheid wat ‘n mens maklik kan mislees, en wat daarop wys dat dit betroubare ‘manne’ moet wees, nie betroubare ‘vroue’ nie, vir al die besondere ampte: herders, ouderlinge én diakens.

Ek is hierop gewys deur ‘n “United Reformed Churches of North America” (URCNA) predikant, Daniel R. Hyde, waar hy skryf in sy kommentaar op Artikel 30 van die NGB, wat handel oor “Die regering van die Kerk”.

Eers artikel 30 self (kursief bygevoeg):

Ons glo dat hierdie ware kerk ooreenkomstig die geestelike bestuurswyse wat ons in die Here ons in sy Woord geleer het, geregeer moet word. Daar is naamlik dienaars of herders wees om die Woord van God te verkondig en die sakramente te bedien; ook ouderlinge en diakens om saam met die herders die kerkraad te vorm. Deur hierdie middel moet hulle sorg dra dat die ware godsdiens onderhou, die ware leer oral versprei, die oortreders op geestelike wyse vermaan en in toom hou en die armes en bedroefdes ook volgens hulle nood gehelp en getroos word. Op hierdie wyse sal alles in die kerk behoorlik en ordelik geskied wanneer betroubare persone gekies word ooreenkomstig die voorskrif wat die apostel Paulus in die brief aan Timoteus gee (1Ti 3).
1Kor 4:1-2; 2Kor 5:19; Joh 20:23; Hand 26:18; 1Kor 15:10; Mat 5:14; Luk 10:16; Gal 2:8; Tit 1:5; 1Ti 3.

Dit gaan spesifiek oor die frase “betroubare persone”, wat volgens die oorspronklike tekste spesifiek dui op “betroubare manne”. Hier is ds. Hyde se verklaring by artikel 30:

“Before moving on in our exposition, it should be noted well that the Confession speaks of the offices of pastor, elder, and deacon as being filled by “faithful men.” Not only is the noun in the French text, personnage, masculine, but also the noun in the Latin text is even more explicit, viri, which is the word for a man.

This is the confessional position, which the Form for the Ordination of Elders and Deacons clearly states in the exposition of the office of deacon. The Form says because the apostles were overburdened, “certain men were chosen,” as the text of Acts 6 makes clear. The Confession and the Form follow the basic biblical texts. In Acts 6:3 the word that is used for the men who were chosen to serve focuses on the idea of male, rather than the generic man. Paul says in 1 Timothy 3:12 that the deacon “must be the husband of but one wife” and also refers to “their wives” in verse 11. Further, 1 Timothy 2:12 teaches that a woman cannot be an office bearer since she cannot teach or have authority over a man.

There were, of course, many women in the New Testament churches that served the Lord in the setting of the church. Phoebe is one of these. She is called “our sister . . . a servant (diakonos) of the church in Cenchrea” (Romans 16:1). Tabitha, also called Dorcas, is called “a disciple . . . who was always doing good and helping the poor” (Acts 9:36). In Ephesus, and perhaps in other churches, there was a “list of widows” of those who were over sixty years old and devoted themselves “to all kind of good deeds” (I Timothy 5:9–10).” (With Heart and Mouth: An Exposition of the Belgic Confession, Grandville MI: Reformed Fellowship, pp.409,410)

Verklaring
‘n Mens moet wel noem dat die oorspronklike Franse woord 1) ‘personnage’ (personnages [manlik]… fideles) fokus nie op die ‘geslagtelikheid’ noodwendig nie, maar op die ‘karakter’ van die ampsdraers (soos artikel 30 ook uitwys met die woord ‘betroubare’). Die geslag van die naamwoord is dus nie alleen deurslaggewend opsigself nie en daarom moet ‘n mens waak om nie te veel daarvan te maak nie.2)

Tog is dit belangrik om te sien, eerstens, dat die begronding in die Skrif (“… ooreenkomstig die voorskrif wat die apostel Paulus in die brief aan Timoteus gee”, 1 Tim.3), duidelik daarop dui dat hierdie ‘personnages’ van NGB art.30 ‘mans’ moet wees (Grieks: anér = ‘man’, sien 1 Tim.3:2,12), en, tweedens, dat die oorspronklike Latyn (viri fideles = betroubare mans) baie eksplisiet dui op ‘mans’ (viri). Die Latynse woord ‘vir’ (man) word eksplisiet gekies (en nie ‘femina’, vrou, nie).

Bevinding
Die skriftuurlike, teologiese en historiese konteks van ons belydenis wys dus daarop dat dit betroubare ‘mans’ moet wees, nie ‘vrouens’ nie.

Konklusie
Die GKSA se sinode (2009) se onlangse besluit om vrouens tot diakens toe te laat (Sinode 2010) is in stryd met die Skrif (1 Tim.3), die belydenis (NGB art.30) asook die weg wat artikel 31 van ons Kerkorde aandui, aangesien die belydenis nie vanuit die Skrif weerlê en verander is nie.

1) Sien die volgende twee bronne oor die oorspronklike uitgawes van die Nederlandse Geloofsbelydenis: Philip Schaff (ed.), The Creeds of Christendom, vol.1 (Grand Rapids, MI: Baker, 1998), p.502-507; J.H. Bakhuizen van den Brink (samesteller), De Nederlandsche Belijdenisgeschriften (Amsterdam: Uitgeversmaatschappij Nederland, 1940), p.11-24.
2) Dankie vir ds. Eric Kayayan (GK Rietvallei) vir sy hulp met die Franse en Latynse grammatika.


Responses

  1. […] Antwoord: Hier […]


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Categories

%d bloggers like this: