Die WCRC, CRCNA en die GKSA

Die WCRC, CRCNA en die GKSA

Die 15 Oktober 2010 spesiale Reformasie-uitgawe van die PRCA se kerklike tydskrif, The Standard Bearer, gaan oor die belangrike onderwerp:

“The Ecumenical Spirit of the Reformation”

Die inhoudsopgawe:

– Calvin on Unity
– The Ecumenical Spirit of the Reformation:  Unity in the Truth
– More Wonderful Work in Jesus’ Name:  The WCRC
– John Calvin:  Lover of the Church Catholic
– Ecclesiastical Isolationism
– The Westminster Confession and Church Unity
– Unity in Diversity:  The Ecumenical Spirit of the Great Synod 

Die volledige uitgawe kan hier afgelaai word. Die afsonderlike artikels kan hier afgelaai word.

Van belang vir kerke in SA, veral ook die GKSA is die artikel: “More wonderful work in Jesus name: The World Communion of Reformed Churches (WCRC)“, geskryf deur ds. William Langerak

Die WCRC is ‘n samesmelting van die “World Alliance of Reformed Churches (WARC) and Reformed Ecumenical Council (REC)” wat in Junie 2010 by Calvin College in Grand Rapids, MI (VSA) vergader het en ‘n nuwe konstitusie opgestel het. 

Hulle verteenwoordig 80 miljoen mense, met 230 denominasies in 108 lande.

Die doelwitte van die WCRC:

“The WCRC is thoroughly ecumenical. Its constitution lists only two purposes for its existence, both ecumenical in nature. The first is to unify member churches by such things as “broadening understanding…transforming churches into interdependent missional communities,” and promoting “full participation and partnership” of all members, ages, and genders. The second purpose is “to contribute to the ecumenical movement and the transformation of the world.”² The former purpose is intended to serve the latter, and more important, purpose. “This communion is for the sake of the world’s transformation,” WCRC officials declared.”

Die WCRC “is officially committed to “ordination of women in all member churches,” and some are already clamoring for ordination of homosexuals.” 

In hul konstitusie is daar geen verwysing na enige ekumeniese belydenisskrifte soos die Dordtse of Westminster Standaarde nie.  Deel van die kerke en bewegings wat toegelaat word, is die ‘Remonstrant Brotherhood’ en die Protestantse Kerk in Nederland (PKN).

Ds. Langerak beskryf die WCRC as volg:

“The god WCRC serves bears no resemblance to Him confessed in the confessions either. He is sometimes she, a dysfunctional father-mother who loves all men as created [sic] image bearers, a son who died to save all men, and spirit that tries to unite them (especially through the WCRC). Like the golden calves of Jeroboam, who made Israel to sin, the WCRC is an idol manufactured solely to solidify political power and accomplish a common mission (I Kings 12:26-28).”

Ds. Langerak identifiseer ook die volgende probleme met die WCRC:

– “Not surprisingly section reports submitted to the General Council read more like special interest demands at a Democratic National Convention. The report on Gender Justice rails against patriarchy, systematic exclusion of women from office, and masculinity practices.”

–  “The Peace and Reconciliation report laments “the issue of lesbian and gay ordination tearing apart member churches” and calls for “reconciling relationships between the church and Indigenous people”—an issue highlighted by a pow-wow/church service in Ah- Nab-Awen Park with native drumming and dancing. “

– “The Policy Committee urged discussion on the Joint Declaration on the Doctrine of Justification. This document, adopted in 1999 by the Vatican and Lutheran World Federation, basically reduces the entire Reformation, with its resultant butchery of Protestants, to a big misunderstanding. Catholics and Lutherans “are now able to articulate a common understanding of our justification… and the remaining differences in its explication are no longer the occasion for doctrinal condemnations.” It appears WCRC wants in on the deal. When asked its most urgent tasks, one official responded the first was “go forward with inner-Christian dialogue…with the Lutheran World Federation and with the Roman Catholic Church.”

– “Not surprising, the Pope sent “warm greetings” and “prayerful good wishes” to WCRC delegates. In a letter read by his representative, Pope Benedict commended them for “ecumenical progress” and said it “served as a sign of hope and encouragement.”

Hier is ‘n paar foto’s wat sekere van die ‘ekumeniese’ werksaamhede van die WCRC uitwys, o.a. intergeloofshandelinge en kindernagmaal: http://www.reformedchurches.org/

En, wie meen die WCRC is hul geestelike voorvaders waarop hul sogenaamd voortbou ?

“As parishes throughout the world prepare to observe Reformation Sunday, it is a moment to give thanks for the creation of this new global expression of unity among many of the churches who trace their roots to the 16th century church Reformation movement,” says WCRC General Secretary, Setri Nyomi.”

“Its 230 member churches in 108 countries are Congregational, Presbyterian, Reformed and United churches with roots in the 16th-century Reformation led by John Calvin, John Knox and others. WCRC has its secretariat in Geneva, Switzerland.”

Ds. Langerak skryf daarom heeltemal tereg:

“Although Reformed in name, and claiming to “embody a Reformed identity as articulated in the historic Reformed confessions,” the WCRC is a traitor to the Reformed faith. Homage is paid to John Calvin, but only to garnish his tomb (Matt. 23:29)—he would neither recognize their theology, nor approve of their purpose. Commitment to the Reformed confessions is mere lip service. One looks in vain for specific references to them, especially the great ecumenical standard of Reformed identity, the Canons.”

Nou is die vraag: erken hedendaagse kerke, predikante en teoloë die valse ekumeniese intergeloofs tydsgees van die WCRC?

Die NGK en die NHK van Suid-Afrika is reeds lede van die WCRC. Vir die gelowiges in hierdie kerkverbande, kom die oproep van Op.18:4 in lyn met ons belydenis in NGB art.27-29,

“En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.”

Maar wat van die GKSA ?

Die GKSA en die WCRC

Wat is die amptelike standpunt van GKSA oor die WCRC ?

Die GKSA het waarnemerstatus by die REC (Reformed Ecumenical Council) wat nou saamgesmelt het met die WARC om die WCRC te vorm.  Volgens die Handelinge van die Nasionale Sinode 2009 het die sinode dit goedgekeur dat waarnemers na die volgende REC/WARC sou gaan (11.2.3.1, bl.187) wat beteken dat ons afgevaardiges by die volgende sinode (2012) sal terug rapporteer oor die nuutgestigde WCRC.  

Wat gaan die aanbevelings wees ?

Die gevaarligte is egter reeds baie duidelik daar vir die GKSA, in sy hernude bande met die CRCNA.

Die CRCNA en die WCRC

Nog ‘n lid en aktiewe deelnemer van die WCRC, is die Christian Reformed Church in North America (CRCNA).  Die samesmelting tussen die REC en die WARC om die WCRC te vorm, het juis plaasgevind in die bakermat van die CRCNA, in Grand Rapids, MI, tussen 16 en 26 Junie 2010, onder leiding, inspirasie, goedkeuring en gebed van die CRCNA:

“June 20, 2010 — Rev. Jerry Dykstra, executive director of the Christian Reformed Church, offered the intercessory prayer on Sunday afternoon before some 3,000 people attending “The Unity of the Spirit in the Bonds of Peace” worship service at Calvin College.

Dykstra was one of several church officials from a range of denominations who participated in the two-hour service held in Van Noord Arena at the college in Grand Rapids, Mich. The service marked the merger the Reformed Ecumenical Council (REC) and the World Alliance of Reformed Churches (WARC) into the World Communion of Reformed Churches.

… In the afternoon service, choirs sang, children reflected on the significance of unity in Christ, a drama team acted out the gospel reading, and Rev. Yvonne V. Delk, a United Church of Christ pastor, gave the sermon.”

Sien volledige inligting hier en hier.

Behalwe vir die ekumenies-humanistiese tydsgees waarin die CRCNA meegesleur is in hul samewerking en deelname aan die WCRC, is daar ook die volgende ernstige leerdwalinge:

– Die CRCNA het reeds vroue toegelaat in al die besondere ampte.

– Die CRCNA veroordeel nie onomwonde homoseksualisme nie.

– Die CRCNA aanvaar nie meer HK antw. 80 se woorde (‘wat afgodery is wat vervloek is’), as bindende uitspraak vir sy lidmate oor die aard van die Roomse mis nie. 

– Die CRCNA verwerp én aanvaar klaarblyk die doodstraf (wat wys op die teenstrydige Skrifbeskouings en standpunte wat geakommodeer word).

– Die CRCNA aanvaar ‘egskeiding en hertrou’ op enige gronde (soos deur omstandighede bepaal).

– Alhoewel die CRCNA beweer hul verwerp ‘ewolusie’, word teïstiese ewolusie geakkomodeer en bevorder.

– Alhoewel die CRCNA die onfeilbaarheid van die Skrif bely, het die Skrifkritiek al reeds deur baie dekades groot skade aangerig in die CRCNA, wat veral gesien kan word in die bevraagtekening van die historisiteit van die eerste hoofstukke van Genesis, en die akkomodering van die evolusiegedagtes.

Sien bv: Calvin Professors write on Origins

Soos met baie ander kerkverbande, word lippediens baiemaal bely oor die onfeilbaarheid van die Skrifte, maar daar kom nie veel daarvan in die praktyk nie.

Sien ook RP Swieringa se artikel Burn the Wooden Shoes: Modernity and Division in the Christian Reformed Church in North America

In die artikel wys Swieringa op die CRCNA se geleidelike deformasie en verval in Skrifkritiek, teïstiese evolusie, vroue in die besondere ampte, homoseksualisme, vrysinnige ekumeniese bewegings en konfessionele verval:

“The reinterpretation of the doctrine of biblical infallibility began in 1958, when first-year seminarian Marvin Hoogland, editor of the student periodical Stromata, published a think-piece that argued for limiting the doctrine to matters of faith and conduct, but not to statements of natural science, grammar, and history.”

          “In the early 1970s, the church wrestled anew with the issues of biblical authority and the new hermeneutic that Hoogland and Dekker had introduced a decade earlier. Both Synod 1972 and Synod 1973 adopted reports that sought to speak definitively on the matter. Coincidentally, both bore the number “Report 44.” But neither satisfied the conservatives. The first report, “On the Nature and Extent of Biblical Authority,” declared that the truthfulness of the Bible rested ultimately on its testimony to the redemptive work of God in Christ, and not on the accuracy of its statements in the domain of history and science.”

“In 1975 editor Kuyvenhoven called the Form “an ecclesiastical yoke by which orthodoxy is to be maintained.” Given such thinking, one wonders why this same editor would lament: “Even in our church the confessions are losing their hold. The three forms of unity fail to give us a common frame of reference for understanding both the Bible and our mission in the world.”

Watter verband het dit met die GKSA ?

Volgens die Handelinge van die GKSA se Nasionale Sinode van 2009, het konfesioneel gereformeerde kerkrverbande soos die Orthodox Prebyterian Church (OPC) en die United Reformed Churches in North America (URCNA) sterk kritiese standpunte ingeneem teen die CRCNA:

“Die kritiek handel hoofsaaklik oor die CRC se besluite oor die vroue in die kerk, oor homoseksualisme en inrigting van dienste, waaroor ons Deputate herhaalde kere met die CRC in gesprek was, en vantevore daaroor gerapporteer het.” (7.1.2.10, bl.178)

Maar, ongeag hierdie getuienis, asook die vele ander sake wat hierbo vermeld word en waarvan die Deputate sekerlik bewus was, is hul hoof aanbevelings goedgekeur deur die Sinode:

“Dat met dank kennis geneem word van die erns by die CRCNA om aan die Woord van God, die Belydenisskrifte en die Gereformeerde kerkregering vas te hou.”

“Dat die bande tussen die CRCNA en die GKSA gevolglik as genormaliseer beskou sal word, in ooreenstemming met die opdrag van die Sinode GKSA 2006.”

“Dat die eenheid met die CRCNA onderhou en verder uitgebou word deur kontak en besoeke waar moontlik.”  (7.1.3.1-3, bl.179)

Ja, u het reg gelees.

Ongeag dat die CRCNA:

– ‘n skrifkritiese skrifbeskouing handhaaf en akkomodeer,

– teïstiese evolusie aanvaar wat die historisiteit van Adam en die sondeval in gedrang bring,

– vroue in al die ampte bevestig,

– homoseksualisme nie veroordeel nie maar akkomodeer,

– die Roomse Mis akkomodeer in hul verandering van HK v/a 80,

– lid is van die vrysinnige WCRC, ens.

… beoordeel die GKSA dat die CRCNA vashou aan die Skrif, Belydenisskrifte en Gereformeerde kerkregering.

RP Swieringa in sy artikel waarna hierbo verwys is, skryf in sy slotparagraaf (beklemtoning bygevoeg):

“The changes in the CRCNA follow by about twenty years–one generation–those in the mother denomination in the Netherlands, the GKN, and in its sister church in North America, the RCA. The same forces of democratization and modernity are pressing Reformed bodies everywhere, and only the isolationist mentality that prevailed in the CRCNA until the post-World War II years retarded the pace of change by a generation. That mind of safety has disappeared and daughter is rapidly “catching up” with its mother and sister.”

In 1976 het die GKSA se Sinode besluit om met die GKN sustersbande te verbreek, juis oor sake soos Skrifgesag (Kuitert se verwerping van die historisiteit van die eerste hoofstukke in Genesis), leerstellige dwalinge (Wiersinga se algemene versoeningsleer), vroue in die besondere ampte, homoseksualisme, samewerking met vrysinnige bewegings soos die WRK, ens (sien die Sinode-Handelinge van 1970/73/76).

En, almal of heelwat van hierdie sake word huidiglik deur die WCRC en die CRCNA goedgekeur of met liefde en sorg geakkomodeer.

Dieselfde tendens sien ons oor die jare ook by die GKSA, “the daughter is rapidly ‘catching up’ with it’s mother and sister(s)’. Al hoe meer artikels in kerklike tydskrifte, hier en daar ‘n teoloog wat uit die kas begin klim teen die historiese betroubaarheid van Gen.1-3, evolusie wat al meer geakkomodeer word, vroue diakonesse wat toegelaat word, die soeke na lidmaatskap met die WRK-lid, die SARK (net-net afgestem tydens die 2009 Sinode).

Prof. GPL van der Linde was een van die afgevaardiges van die GKSA  om in ‘teregwysing en vermaning’ te gaan getuig voor die Sinode van die GKN, op 26 Maart 1974, in Lunteren.  Hy het hierdie profetiese woorde gespreek, wat nog net so en nog meer aktueel is vir vandag:

“Daarom het die GKSA hierdie diepe kommer: U (GKN) verklaar met die mond wel dat u by die geopenbaarde waarheid hou, maar metterdaad het u die mens met sy wetenskap oor die openbaring as wagter aangestel. Is ‘n valse eenheid onder mense vir u nie meer werd as die waarheid van God nie ? … Prof. Kuitert en dr. Wiersinga is – ten spyte van uitvlugte en onderskeidinge wat bedink is om die werklikheid beter te laat voorkom as wat dit is – besig om ‘n ander Evangelie te verkondig. En die bevel van Christus is duidelik in so ‘n geval uit 1 Tim.6:3-5: ‘Ontrek jou aan sulke mense.’ Daar is egter nie met hulle gehandel ooreenkomstig die bevel van Christus soos ook vervat in art.79 DKO (116 HKO) nie. Getuig so ‘n optrede van die wat as wagters oor die huis van die Here gestel is van waaragtige roepingserns in die handhawing van die leer ?  Veeleer word alles gedoen om diegene wat afwyk van die belydenis, ‘n wettige plek in die kerk te gee en te laat behou. …

Kan u nie sien nie, broeders, dat u ontrou is aan u amp as opsieners wat die wolwe uit die kudde moet weer nie? Kan u nie sien hoe onbarmhartig u optrede teenoor dr. Kuitert en sy volgelinge sowel as die kerk is as u nie die leertug toepas nie? U handhaaf nie die leer nie, maar het prakties leervryheid geproklameer. … Hoe smartelik dit ook al is om so met huisgenote van die geloof te spreek, roepingstrou eis dat u vermaan word om die waarheid weer in u optrede bo ‘n valse eenheid te stel. U moet weer die gesag van die Heilige Skrif en die belydenisskrifte onvoorwaardelik bely en onverswak sonder aansien van die persoon handhaaf deur die leertug op die wat in hul dwalinge volhard, toe te pas.”

Ja, “Veeleer word alles gedoen om diegene wat afwyk van die belydenis, ‘n wettige plek in die kerk te gee en te laat behou. …”, en so word al meer teenstrydige sieninge van die Skrif, ampte, erediens, Psalms, ens. geakkomodeer en toegelaat, en die plaaslike kerke en kerkverband skeur uitmekaar, lank nog voor daar ‘n ‘amptelike’ skeuringsdatum is. 

Die vorige geslag het die sake wat nou op die WCRC en die CRCNA se tafel is as ‘n ‘ander evangelie’ beskryf, as in stryd met die Skrif, belydenis en kerkregering.

Die huidige geslag beveel aan dat ongeag hierdie sake, die CRCNA vashou aan die Skrif, belydenis en kerkregering.

“Want van hul kleinste tot hul grootste maak hulle almal onregverdige wins, en van die profeet tot die priester pleeg hulle almal bedrog. En hulle genees die verbreking van die dogter van my volk op die maklikste manier deur te sê: Vrede, vrede! —terwyl daar geen vrede is nie.” – Jer.6:13,14

Een van hierdie geslagte verkondig ‘n valse eenheid, valse liefde en ‘n valse vrede.

“En toe ook daardie hele geslag by hulle vaders versamel is, staan daar ‘n ander geslag ná hulle op wat die HERE en ook die werk wat Hy vir Israel gedoen het, nie geken het nie.”  (Rig.2:10; sien ook Ps.78:9-11, ens.)

Wanneer gaan die GKSA verskoning vra vir die GKN (PKN?) dat hul sustersbande gebreek het, oor sake wat die vorige geslag as ‘wesentlike sake’ beskou het, maar die huidige geslag klaarblyklik as ‘middelmatige sake’ beskou ?

Die roepingsvraag word al hoe meer dringend vir elke gereformeerde lidmaat, predikant, kerkraad, gemeente, as hierdie tendens voortduur: nie meer ‘of’ nie, maar wanneer gaan die gelowiges die GKSA verlaat in gehoorsaamheid aan die Skrif soos bely in NGB artikel 27-32 (Op.18:4) ?

“So spreek die HERE: Staan op die weë, en kyk en vra na die ou paaie, waar tog die goeie weg is, en wandel daarin; en julle sal rus vind vir julle siel.” – Jer.6:16a

7 thoughts on “Die WCRC, CRCNA en die GKSA

Add yours

  1. Die laaste GKSA se sinode (2009) het gekies vir die deformerende afvallige ongereformeerde CRCNA, en by implikasie teen die reformerende gereformeerde URCNA

    ‘n Saak wat ek nie eers genoem het nie, is die kwessie van kindernagmaal in die CRCNA. Hier is ‘n uittreksel vanaf hul webblad:

    “The matter of children at the Lord’s Supper came to synod again by way of an overture in 2006, and synod proposed changes to the Church Order that would allow “admission of all baptized members to the Lord’s Supper on the basis of their full membership in the covenant community” (Acts of Synod 2006, p. 730); Synod 2007, however, did not adopt those proposed changes. Synod 2006 also called for a task force to be appointed to, among other things, evaluate the impact, implementation, challenges, and joys of the 1995 decision and propose ways in which professing and communicant children can be discipled toward greater spiritual growth. In 2007 that task force presented its work, and synod established a Faith Formation Committee to study various aspects of participation in the Lord’s Supper and public profession of faith, by means of discussion with and information gathering from Christian Reformed congregations and agencies involved in faith formation, and to report annually to synod for the subsequent five years.”

    Hier is verdere inligting: “Formulating a clear statement about the participation of baptized children at the Lord’s Supper and the practice of public profession of faith for use in the churches.”

    Sien: http://www.crcna.org/pages/positions_lordssupper.cfm

    Ek het ‘n sterk vermoede dat die CRCNA gaan eindig met ‘n besluit wat sê: “dit word aan vryheid van die plaaslike gemeentes oorgelaat om self te besluit om gedoopte kinders aan die nagmaal toe te laat of nie” (ek is nie bewus van enige nuwe verwikkelinge oor die saak nie).

    Ek het ook onlangs gehoor dat ‘n klassis in die ons kerkverband ‘n studiekommissie aangestel het om die kwessie van kindernagmaal verder te ondersoek. Verwag dus in die komende dekade(s) dat sogenaamde ‘behoudendes’ gaan saamstaan om te ‘veg’ teen die groter vyand (nadat die Vertaling, Omdigting en VIDA geveg nou verby is).

    Vir die wat daardie stryd gaan stry, sterkte, ek help graag met ammunisie vir die stryd, sien hierdie boek:

    Children at the Lord’s Table? – Assessing the Case for Paedocommunion, dr. CP Venema

    http://www.heritagebooks.org/products/Children-at-the-Lord's-Table%3F-Assessing-the-Case-for-Paedocommunion.html

    http://www.wtsbooks.com/product-exec/product_id/6197/nm/Children+at+the+Lord's+Table%3A+Assessing+the+Case+for+Paedocommunion+(Hardcover)_?utm_source=whill&utm_medium=blogpartners

    By hierdie webblad kan die artikels gelees word waaruit die boek later ontstaan het;

    http://www.reformedfellowship.net/articles/venema_paedocommunion_oct05_v55_n09.htm

Leave a Reply to Onenigheid en spanning oor VIDA in die CRCNA | Pro Regno Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: