Laasjaar het ek begin om Herman Bavinck se ‘Het Christelijke Huisgesin’ te vertaal, met die doel om dit te gebruik by my belydenisklas. Hier is die inleiding en hoofstuk een: Bavinck. Maar ek het nie verder gekom nie, as daar iemand is wat wil verder gaan met die vertaling, kan jul my kontak by proregno@gmail.com (Hier is meer inligting oor die engelse vertaling wat onlangs verskyn het: Bavinck on Marriage and the Family).
Ek het wel toe afgekom op ‘n kosbare boek van ds. MJ Booyens (GKSA predikant, 1948-2002), ‘Huwelik en Gesin in die Skrif’ wat ek in ons gemeente se huisgodsdiens program en by my belydenisklas gebruik.
Totius het hierdie belangrike woorde geskryf in sy artikel, ‘Ons roeping en Toekoms’:
“Ons beste katkisante kry ons uit die huise waar vader en moeder in staat is om hulle kinders ‘n Gereformeerde opvoeding te gee. Ja, selfs die aanwesigheid van ‘n nie so slegte staatskool kan in hierdie opsig die gebrek van die ouers nie aanvul nie. Die getroues word egter min.
Baie ouers gee die aan hulle deur God toevertroude taak heeltemal aan die onderwysers oor, so selfs dat hulle nie eens meer die moeite doen om te vra wat daar in die skool geleer word nie. Asof die onderwyser (soms ‘n ongelowige of halfgelowige man) die belofte vir die kinders afgelê het en vir die belofte verantwoordelik is! Geen wonder dat ons, sedert die staatskool die septer oor ons kinders swaai, die kerk vol lidmate kry wat dikwels maar ‘n flou besef het van wat Gereformeerd is. Hierdie wantoestand moet opgehef word. Selfs al bestaan daar goeie skole, dan is die ouer nog verplig om sy kind by die huisgodsdiens te leer en te ondervra en in alle opsigte te sorg dat hy in die huis ‘n Gereformeerde opvoeding kry.
Die geskiedenis bewys dat as die huisgesin gesond is, beide kerk en staat bloei. Die huisgesin is die bron van die menslike samelewing. Gee ons dus Gereformeerde huisgesinne, en die Gereformeerde Kerk sal bloei. Anders gaan ons gewis ‘n donker toekoms tegemoet.”
Ek wil by elke huisgesin en gemeente dit aanbeveel om hierdie boek saam met hul kinders/belydeniskatkisante deur te werk. Dit bestaan uit 51 kort lesse van ongeveer 2/3 bladsye elk wat openbaringshistories die onderwerp van ‘die huwelik en gesin’ regdeur die Skrif behandel, van die skepping (Gen.1) tot die bruilof van die Lam (Openbaring).
Hier is die huisgodsdiensrooster (met verduideliking) wat ons as gesin/gemeente gebruik in 2013, as voorbeeld:
HUISGODSDIENS-ROOSTER VIR 2013
Les |
Datum |
Huwelik en Gesin in die Skrif , ds. MJ Booyens, hfst.1- 26 |
Belydenisdeel om te lees |
Psalm om te lees en leer |
Les 1 | Jan 14 – 20 | 1. Man en vrou | NGB artikel 1-4 | Ps.136:1 (19) |
Les 2 | Jan 21 – 27 | 2. Vrou vir die man | NGB 5-7 | Ps.137: 1 (4) |
Les 3 | Jan 28 – Feb 3 | 3. Man verlaat ouers | NGB 8-11 | Ps.138: 1 (4) |
Les 4 | Feb 4 – 10 | 4. Skaamtegevoel | NGB 12-15 | Ps.139:1 (12) |
Les 5 | Feb 11- 17 | 5. Gemengde huwelike | NGB 16-19 | Ps.140:1 (11) |
24 Februarie: Nagmaal – geen katkisasie nie | ||||
Les 6 | Feb 25 – Mrt 3 | 6. Kind, eer ouers | NGB 20-23 | Ps.144:1 (5) |
Les 7 | Mrt 4 – 10 | 7. Verbond | NGB 24-26 | Ps.145:1 (12) |
Les 8 | Mrt 11- 17 | 8. Bruid afgebid | NGB 27-32 | Ps.146:1 (8) |
Skoolvakansie (sluit: 20 Mrt – open: 9 April) die eredienste gaan voort, Hebr.10:25 | ||||
Les 9 | April 8 – 14 | 9. Josef se reinheid | NGB 33-35 | Ps.147:1 (2) |
Les 10 | April 15 – 21 | 10. Jogebed se kind | NGB 36-37 | Ps.148:1 (5) |
28 April: geen katkisasie nie | ||||
Les 11 | April 29 – Mei 5 | 11. Misdade van vaders | HK So 1 | Ps.149:1 (2) |
Les 12 | Mei 6 – 12 | 12. Jou kinders inskerp | HK So 2-4 | Ps.150:1 (3) |
19 Mei: Nagmaal – geen katkisasie nie | ||||
Les 13 | Mei 20 – 26 | 13. Die Here dien | HK So 5-8 | Ps.1:1 (4) |
Les 14 | Mei 27 – Jun 2 | 14. Simson | HK So 9-13 | Ps.2:1 (6) |
Les 15 | Jun 3 – 9 | 15. Rut | HK So 14-18 | Ps.3:1 (2) |
Skoolvakansie (sluit: Jun 21 – open: Jul 15) – die eredienste gaan voort, Hebr.10:25 | ||||
Les 16 | JuL 15 – 21 | 16. Samuel | HK So 19-24 | Ps.4:1 (4) |
Les 17 | Jul 22 – 28 | 17. Swak vader | HK So 25-30 | Ps.7:1 (6) |
4 en 11 Aug: geen katkisasie nie | ||||
Les 18 | Aug 12 – 18 | 18. Dawid | HK So 31-34 | Ps.8:1 (2) |
25 Augustus: Nagmaal – geen katkisasie nie | ||||
Les 19 | Aug 26-Sept 1 | 19. Huweliksliefde | HK So 35-38 | Ps.9:1 (7) |
Les 20 | Sept 2 – 8 | 20. As Here bou nie | HK So 39-42 | Ps.10:1 (10) |
Les 21 | Sept 9 – 15 | 21. Wingerdstok | HK So 43-44 | Ps.14:1 (7) |
Skoolvakansie (sluit: 20 Sept – open: 1 Okt) – die eredienste gaan voort, Hebr.10:25 | ||||
Les 22 | Sept 30 – Okt 6 | 22. Vrou van jou jeug | HK So 45-48 | Ps.18:1 (14) |
Les 23 | Okt 7- 13 | 23. Lipper soos heuningstroop | HK So 49-52 | Ps.19:1 (4) |
20 Oktober: Gemeentekamp – geen katkisasie nie | ||||
Les 24 | Okt 21 – 27 | 24. Rus of twis | DL hoofstuk 1&2 | Ps.23:1 (3) |
Les 25 | Okt 28 – Nov 3 | 25. Liefde en wyn | DL hoofstuk 3/4 | Ps.24:1 (2) |
Les 26 | Nov 4 – Nov 10 | Hersiening (OT) | DL hoofstuk 5 | Ps.25:1 (2) |
17 November: Nagmaal – geen katkisasie nie | ||||
24 November – katkisasie afsluiting | ||||
Skoolvakansie: vanaf 4 Desember (die eredienste gaan voort, Hebr.10:25) |
Hierdie jaar se huisgodsdiensrooster is gebaseer op ds. MJ Booyens se boek, “Huwelik en Gesin in die Skrif”. In 51 kort gedeeltes gaan hy deur die hele Skrif en wys ons wat die Bybel leer aangaande die huwelik en gesin.
Hoe om huisgodsdiens te hou:
1. U benodig u Bybel, Psalmboek en die boek ‘Huwelik en gesin in die Skrif’, van ds. MJ Booyens’ (bestel by predikant, R20 per boek), en die Psalm CD’s om die Psalms te leer (op aanvraag beskikbaar by die predikant, R10 per CD).
2. Elke gesin en lidmaat kan die rooster (sien hierbo) gebruik en aanpas soos hul omstandighede dit toelaat. Die rooster is so opgestel dat daar elke week die volgende godsdiensoefeninge gedoen kan word soos dit elkeen pas (bv):
a. gebed b. sing ‘n vers van die Psalm vir die week c. lees die hoofstuk uit die boek en bespreek.
d. lees die belydenisgedeelte van die week. e. sing nog ‘n vers van die Psalm f. gebed
3. Vra die volgende paar vrae met elke Skrifgedeelte en hoofstuk wat u lees: – wat leer dit ons aangaande God Drie-enig (sien HK, v/a 24)? – wat leer dit ons aangaande die mens ? (HK Sondag 2-4) – wat moet ons daaruit glo én doen (gehoorsaam, sien HK So.34-44), veral wat die huwelik en gesinslewe betref ?
4. Elke week moet daar gepoog word om die betrokke Psalm in die erediens te sing, ook by die katkisasie en by die huisgodsdiens. Dit is veral daarop gemik om die kinders die Psalms te leer, asook om die wysies goed te leer ken. Daarom is dit belangrik om ook die Psalm CD’s te gebruik om te help met begeleiding as u dit by die huis sing. By elke Psalm volgens die rooster is daar ‘n vers om te leer. Indien die kinders reeds die Psalm ken, kan die vers in hakies of enige ander vers bygeleer word. Dit sal goed wees om reg in die begin van die week (bv. die Sondag of Maandag), die Psalm uit die Bybel eers te lees, en dan die Psalm te begin leer en sing.
5. Daar is ook ‘n leesrooster beskikbaar in die kerksaal vir lidmate wat graag die Bybel in eenjaar wil deurlees.
6. U moet asb vir ds Slabbert (082 770 2669) kontak as daar enige vrae is oor die huisgodsdiensrooster. Meer inligting oor Bybellees en Bybelstudie: http://bit.ly/yjGtk5
Die boek van ds MJ Booyens kan hier volledig afgelaai word:
Of u kan elke week op ‘n Maandag die volgende hoofstuk hier op die blog kom aflaai. U is meer as welkom om ook hier onder in die ‘comments’ afdeling enige vrae of bespreking van die bepaalde hoofstuk te doen, sodoende kan ons mekaar opbou in die geloof oor hierdie belangrike sake.
Eerstens dan, plaas ek vandag die ‘Woord vooraf’, inhoudsopgawe en hoofstuk 1 van ds. MJ Booyens se boek hier:
Woord vooraf
In hierdie boek probeer ek met die leser gesels oor die huwelik en gesin soos ons dit in die Bybel teëkom – van die begin af. Die Bybel bly die bron en grondslag van ons hele lewe. Daarom is dit nodig om in alles – ook die huwelik en gesin – eers te luister na wat die Bybel te sê het, voordat ons na allerlei ander stemme luister. Dit gaan vir my ook om vermeerdering van Bybelkennis in die algemeen, daarom kan die boek ook diens doen vir persoonlike of groepbybelstudie oor hierdie onderwerp. My diepste begeerte is dat ons vandag die stem van die Skrif duidelik mag hoor en begryp, en vanselfsprekend ook daarna lewe.
M. J. Booyens
Heilbron 1981
INHOUDSOPGAWE
Woord vooraf
1. Man en vrou het Hy hulle geskape ….. 10
Na beeld van God
Man en vrou het Hy hulle geskape
2. Die Here God bring die vrou na haar man ….. 11
Geen hulp wat by hom pas
Nie goed dat mens alleen moet wees nie
Verlange na maat
Een Liggaam
Erfenis uit Paradys
3. Die man verlaat sy vader en moeder en kleef sy vrou aan ….. 13
Eenheid
Wonder van kinderseën
Band met ouers
Gevaarlike bande
4. Skaamtegevoel – skild van die Here ontvang ….. 14
Die dood tree in
Skaam vir mekaar
God sien en soek hulle
Rokke van vel
Mense breek skaamtegevoel af
Bewaar die skild van skaamtegevoel
5. Gemengde huwelike ….. 17
Twee geslagte
Gemengde huwelike
Dra bose vrugte
Moenie in dieselfde juk trek nie
6. Kind, eer jou vader ….. 18
‘n Dronk vader
Eer nogtans jou vader
Vaders moet hulle eerbiedwaardig gedra
7. Verbond met ouers en kinders ….. 20
Abraham en sy nageslag
Genadeverbond om Christus wil.
Verbond ook met ons en ons kinders.
En almal wat daar ver is.
8. ‘n Bruid afgebid …… 22
Land van die belofte.
Niemand wat by Isak pas nie.
Gebed om ‘n vrou vir Isak aan te wys
Die Here hoor
Isak ontmoet sy bruid
Hy het haar liefgehad
9. Josef glo in God en hou sy jong lewe rein ….. 24
Verbondskind as slaaf verkoop
Gedra soos kind van God
Lei my nie in versoeking nie.
Anders omdat hy in God glo
Vlug vir die Bose.
Versoeking word ‘n beproewing.
10. Jógebed se kindjie was vir haar kosbaar en mooi …… 26
Geen toekoms – geen kinders
Nee, my vrou!
Hulle glo in God se beloftes
Hy is mooi.
Glo die Here waak oor hom
Gawe uit die hand van die Here
11. “Die misdade van die vaders besoek aan die kinders …” ….. 29
Sonde is besmetlik.
Sonde dra vrugte.
Boosheid en bose gevolge
Huil te laat
12. “. . . jy moet dit jou kinders inskerp . . .” ….. 30
My kind is ‘n kind van die Here
Jy moet die Here jou God liefhê.
Leer dit aan jou kinders
Geen geleentheid mag verlore gaan nie
Ja Here, ek beloof
13. “. . . maar ek en my huis, ons sal die Here dien” ….. 33
Ek en my huis
Volksleier is vader van sy volk
Kies nou – moenie uitstel nie!
Ek en my huis
God eis rekenskap
14. Simson deur sy beminde verraai ….. 35
‘n Man met ‘n geheim
Leef as heilige
Maak ‘n grap van nasireërskap
Delila verraai hom.
Speletjie met sy geheim.
Die sterk “swak” man.
15. Rut, die deugsame vrou
U God, is my God.
Rut tel are op
Hy is ‘n losser.
Rut se eer beskerm deur Boas.
Christus uit Rut se nageslag gebore.
16. Samuel deur sy moeder van God afgebid ….. 39
Vrouenood by veelwywery.
Vrouewraak.
Sy bid en ween bitterlik.
Die Here verhoor.
17. Eli, die swak vader met tuglose kinders ….. 41
Ikabod!
Waak oor eie huis.
Sonde se bose vrugte
‘n Vader wat die roede spaar, het sy kind nie lief nie.
18. Dawid pleeg owerspel en moord ….. 43
Volwasse mens
Van nature geneig tot sonde.
Sien en begeer
Een sonde lei tot ‘n ander
Sonde dra vrugte
19. Huweliksliefde en Messiasflitse ….. 45
Messias-koning
Gee aan huwelik ‘n dieper betekenis
Beklee met ootmoed
Huwelik ‘n geheimenis
20. “As die Here die huis nie bou nie . . .” ….. 47
Troffel en swaard.
Tevergeefs bou ons.
Die Here bou en Hy waak
Ons kan nie – Hy alleen kan
21. Gelukkig is jy met jou wingerdstok en olyfboompies ….. 50
Jou vrou ‘n wingerdstok.
Kinders soos olyfboompies.
22. “Verheug jou oor die vrou van jou jeug” ….. 52
Liefde ‘n lopende fontein.
God gun dit aan ons.
Werk daarvoor
Soek nie jouself nie
Uit liefde kinders ontvang
Christen man-en-vrou kan waarlik liefhê.
Verloor hulleself in mekaar.
23. Lippe soos heuningstroop is op die end bitter soos wilde-als ….. 53
Ware liefde bly soet.
Uit die duiwel.
Heuningstroop.
Bitter soos wilde-als.
Die Here sien dit
Gewond en vermink
24. Armoede en rus of rykdom en twis ….. 55
Rykdom en offermaaltye.
Twis in die huis
Verloor die koninkryk van God.
Armoede en huweliksvreugde.
Liefde gee deurslag – nie besittings nie.
25. Jou liefde is kosteliker as wyn ….. 57
Bruilofslied
Liefkosings
Kosteliker as wyn.
Wees versigtig.
Bewaar liggame rein vir huweliksdag
Wees suinig met liefkosings.
Leer mekaar geestelik ken.
26. Josef wou Maria nie tot skande maak nie ….. 59
Ek is tot beskikking van die Here
Verloofdes
Josef se stryd
Liefde en plig
Die Here gehoorsaam en die meisie se eer beskerm
27. Jesus woon ‘n bruilofsfees by ….. 61
Dit gaan om die heerlikheid van Jesus.
Joodse bruilof.
Bevestiging.
Bruilofsmaal
Boodskap van Joodse bruilof.
Die huwelik ‘n heilige instelling van God.
Wees bly!
28. Jesus se eerste wonderteken: op ‘n bruilof! ….. 63
Nie toevallig nie
Verbond van die Here
Hoof van die Nuwe Verbond
Verbondsvader en moeder
Jy en jou huisgesin
Nie almal is werklik Israel nie
29. Jesus gebruik die ses klipkanne ….. 66
Kanne by reiniging gebruik
Afwassing van sondes
Jesus lê sy hand op die klipkanne
Huwelik onder die kruis
Altyd bereid om te vergewe
30. Jesus verskaf beter wyn as die bruidegom ….. 68
Die beste wyn
Fees dreig om te misluk
Vreugde van Bo af
Sy heerlikheid geopenbaar
31. Sy leef met die sesde man saam ….. 70
Jesus soek verlorenes
Eie lewe opgemors
“Vrye liefde”
Saamlewe as man en vrou
Sondebesef
32. Wie na ‘n vrou kyk om haar te begeer ….. 72
Jesus ontbloot die heilige erns van die wet van God
Pleeg egbreuk in jou hart
Vroue self gee aanleiding
Waak oor hoe en waar jy kyk
33. Die verloste “slegte” vrou ….. 73
‘n Veragte vrou
“Die slegte vrou” is onrein
Wat dryf die vrou na Jesus?
Jou geloof het jou gered
34. Johannes onthoof as gevolg van die huweliksontrou van Herodes ….. 75
U is die man!
Wyn en vroue
Johannes in die tronk
Sonde van die oog
Kap profeet se kop af
35. ‘n Moeder se nood ….. 77
Moeder se nood is ellende van haar kind
Jesus van Nasaret
Jesus sê niks en doen niks
Jesus antwoord negatief
Laat haar verneder
Groot is jou geloof
Gelukkige kind
36. Jesus – die Fariseërs – die owerspelige vrou ….. 79
Jesus van Nasaret, wat sê U?
Wie gooi die eerste klip?
Gewete geraak – gaan weg óf bly by Jesus
Gaan, en sondig nie meer nie!
Die pad van die lewe
Dankie Here, maar ek bly wat ek is
37. Wat God saamgevoeg het mag geen mens skei nie ….. 82
Fondament van die huwelik
Liefdesvlam sterf
Bekeer julle!
Bitter gevolge
Begin reg en hou so aan
38. Egskeiding en hertrou ….. 85
“Iets skandeliks”
Egskeiding nooit ter sprake
Behalwe oor hoerery
Van die begin af was dit nie so nie
Wie kan weer trou?
Nie onvergeeflike sonde nie
39. Aan moedershand na Jesus ….. 87
Moeders met kindertjies
Wat begryp kindertjies tog?
Laat die kindertjies na My toe kom
Hy lê sy hand op hulle
40. Jesus aan die kruis dink aan sy moeder ….. 89
Kind van Maria
Jesus skep afstand
Swaard deur jou siel
Hy dink aan haar
Dink aan jou moeder
41. Jou liggaam is ‘n tempel van die Heilige Gees ….. 90
Die vraag-sonder-antwoord
Die Bybel doen minder en tog ook meer
Wys ook weg van verlossing aan
Alles is my geoorloof
Mens sy eie afgod
Gees van God beheers ons liggame
Die Heilige Gees eis gehoorsaamheid
42. Paulus beantwoord vrae oor die huwelik ….. 93
Dit is goed om ongetroud te bly
Vermy onsedelikheid binne en buite die huwelik
Egskeiding oor geloofsverskille
Bly na egskeiding ongetroud
Ouers en kinders binne die verbond
Vry om weer te trou
43. “En die grootste hiervan is die liefde”! … 95
Christelike liefde en huweliksliefde
Liefde ‘n gawe van God
Pas 1 Korinte 13 toe in jou huwelik
Die liefde vergaan nooit nie
44. Die huwelik is ‘n geheimenis ….. 97
Twee word een
Twee in een geweef
Onbegryplik vir ongelowige
Openbaring van geheimenis
Verbondsgeheimenis
45. “Mans julle moet julle vrouens liefhê”…. 99
Soos Christus
Hoof maar geen tiran nie
Jy leef en werk vir haar
Die Heilige Gees leef en werk in jou
Die geheimenis vir jou
46. “Vrouens, wees aan julle mans onderdanig” ….. 101
Emansipasie
Geheimenis raak soek
Afvallig
Die oog op Christus en sy gemeente
Die gelukkige Christenvrou
Bewaar jou selfrespek as vrou
Ontdek skatte in jou huwelik
In alles wat reg en billik is
47. Die “geheimenis” tussen ouers en kinders ….. 103
Geheimenis van ouerliefde
Sien jouself eers in regte lig voor God
Stel jouself onder tug van die Here
Kind sien homself as ‘n groot mislukking
Opstandig of moedeloos
48. Die vrou vind haar redding in moederskap ….. 106
Waarom moet die vrou onderdanig wees
Moeite en smart verander deur die geloof
Kindergeboorte word ‘n seën
Moeder van ‘n nuwe menslike geslag
49. Die huwelik en gebedsverhoring ….. 108
Mede-erfgename
Erfgename van verbondsbelofte
Die Here saam dien en aanbid
Hoe is ‘n ware gebed?
Julleself reg ken en gelowig bid
Leef so dat God julle gebede verhoor
Wanneer twee saamstem in die gebed
50. Die “bruid” van die Antichris ….. 111
Eerlose saamlewe
Oorheers die nasies
Verbind en haat mekaar
51. “Die bruilof van die Lam het aangebreek” ….. 113
Halleluja!
Volkome heerlikheid vir die bruid
Maak self haar bruidskleed
Geheim van Christus se Bruid
Hoofstuk 1: Man en vrou het Hy hulle geskape
“En God het die mens geskape na sy beeld, na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape” (Gen. 1:27).
Na beeld van God
Die Bybel wil aan ons tuisbring, dat die mens anders as al die diere is. Hy is al anders by die skepping. God het toe Hy die mens maak anders te werk gegaan as by die diere.
Vooraf hoor ons ‘n gesprek in die hemel:
“En God het gesê: Laat ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor al die diere wat op die aarde kruip” (Gen.1:26).
Die mens moes die kroon van God se skepping wees. Hy is gemaak om ‘n koning te wees – die koning van die hele skepping. Hy is gemaak om te heers oor al die diere en later word nog bygevoeg:
“Toe het die Here God die mens geneem en hom in die tuin van Eden gestel om dit te bewerk en te bewaak” (Gen. 2:15).
Hy moes ook die tuin bewerk en daaroor waak. God het die mens nie gemaak om ledig te wees nie, maar om te werk. Sy taak en roeping is om te heers oor die skepping en om die aarde te bewerk. Daarmee sou hy God, sy Skepper dien.
Dat hy ook oor die skepping moes waak, is die bewys dat daar een of ander gevaar dreig – ‘n gevaar van buite. Dit sou later wel blyk dat die gevaar die duiwel is.
Redelik, sedelik en godsdienstig
Die mens moes toegerus wees vir die taak waartoe hy geskape is. Hy is nie ‘n dier nie, maar die heerser oor die diere. Daarom gaan die Here selfs met sy skepping anders te werk as by die van die diere:
“En die Here het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het die mens ‘n lewende siel geword” (2:7).
Die mens is nie alleen ‘n stoflike wese nie, daar is ook iets van die hemel in hom gelê. Ons kan dit die ewigheid of die ewige lewe noem. Hy is onsterflik gemaak . . . Die betekenis hiervan word omskrywe met die vroeëre uitspraak:
“En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.”
“Die beeld van God” word normaalweg só omskrywe:
Die mens is geskape as ‘n redelik, sedelik en godsdienstige wese.
Hy het ‘n verstand om te kan dink en redeneer, praat en kommunikeer. Hy kon aan God dink en met Hom in verbinding tree. Hy het God geken met sy verstand en kon met Hom omgaan deur Hom te dien en aanbid. Hy kon begryp wat God van Hom verwag en sou onbevange die opdrag van God, om oor die skepping te heers, dit te bewerk en te bewaak, kon uitoefen. Hy is geskape om God lief te hê met sy hart en Hom te dien met sy hande.
Hy is ook geskape om medemense te hê en hulle te ken en lief te hê. Die omgang tussen mens en mens sou vanself ‘n liefdesomgang wees – ‘n ware gemeenskap van die heiliges. Dit is in die volle sin van die woord, wat Jesus later van die gelowiges sê:
“strome van lewende water sal uit sy binneste vloei” (Joh. 6).
Die stroom van liefde, wat uit die hemel na die mens vloei, sou ongehinderd deurvloei na elke ander mens.
Man en vrou het Hy hulle geskape
En as heerser oor die diere van die aarde was ook al drie die eienskappe in werking. Ons lees:
“So het die mens dan name gegee aan al die vee en aan die voëls van die hemel en aan al die wilde diere van die veld.” (2:20).
Met sy verstand het hy die diere se wese deurskou. Hy het hulle geken en deurgrond en paslike name gegee. Hy sou oor die diere nie as tiran en moordenaar heers nie, want in sy hart leef daar begrip en liefde vir sy Skepper en die Skepper van die diere. Ook die diere is die maaksel van God se hande.
Ten slotte het God nie alleen een mens gemaak nie: “man en vrou het Hy hulle geskape.”
Dit word in Gen. 1 as ‘n feit genoem en in Gen. 2 word in besonderhede verhaal, hoe God hulle as man en vrou geskape het. Ons het hier nie twee weersprekende skeppingsverhale nie, maar die een is ‘n aanvulling van die ander.
In ons tyd is dit mode om van twee “skeppingsmites” te praat, maar ons glo dat God daarmee ook ‘n wyse doel gehad het. Hy wou duidelik laat uitkom dat die huwelik iets anders en iets meer is as die saamleef van twee mense soos diere. Daarom vertel die skrywer eers in Genesis 2 van die instelling van die huwelik.
Volgende week: hoofstuk 2 – Die Here God bring die vrou na haar man (Gen.2:22)