Die belangrikste vraag wat ooit gevra is

DIE BELANGRIKSTE VRAAG WAT OOIT GEVRA IS 

Die belangrikste vraag wat ooit gevra is, is deur Jesus Christus gevra, aan sy dissipels en aan elkeen van ons, ook jy wat nou hier lees:

“Maar julle, wie sê julle is Ek?” (Matteus 16:15)

Anders gestel: Jy wat nou hier lees, wie sê JY is Ek?

Hierdie vraag, is ‘n saak van die lewe … of die dood (Joh.3:36)

My en jou hele lewe hier en nou, maar bo-alles, in die ewigheid, word bepaal deur die antwoord op hierdie vraag, die belangrikste vraag (en antwoord) in die ganse geskiedenis aan die mens.

As jy die antwoord soek, dié enigste antwoord, die enigste antwoord wat reg is, gaan lees die Bybel, gaan lees die Evangelies (die Goeie Nuus) aangaande Jesus Christus en wat Hy vir ons kom doen het, en waarom dit so lewensnoodsaaklik nodig was en is vir ons.  Gaan lees die gedeelte waarin hierdie vraag gevra en geantwoord word: Matteus 16:13-23.

Om te help met die beantwoording van hierdie wesentlike vraag, wil ek elkeen verwys na ‘n kort pamflet of boekie, wat geskryf is deur oud-prof Paul de Bruyn, wat jou sal help om hierdie lewensnoodsaaklike vraag te beantwoord, om opnuut selfondersoek te doen of ek en jy die ware Jesus Christus persoonlik intiem ken, of dalk ‘n valse christus wat ek geskep het na my eie behoeftes en begeertes, ‘n valse christus van die valse kerk en heidendom wat Hom nie waarlik ken nie, maar ‘n afgod van Hom geskep het.

Die pamflet se naam is: Wat dink u van die Christus?

Die pamflet kan gratis hier gelees en afgelaai word:

Maar julle, wie sê julle is Ek ?

Hier is die inleidende woorde deur die skrywer:

“Wat dink u van die Christus?

Dit is ‘n baie belangrike vraag. Beter gestel: dit is die mees beslissende vraag in die lewe van enige mens, en dus ook in u lewe.

Dit is die vraag waardeur u gestel word op die punt waar u lewenspad vurk, waar twee weë uitmekaar gaan.

Een van die twee paaie moet u kies.

Watter een van die twee paaie u gaan kies, hang af van u antwoord op die vraag: Wat dink u van die Christus?

Voordat u antwoord gee op die allesbeslissende vraag, wil ek eers kortliks aan u vertel wie hierdie Christus is.”

Mag hierdie pamflet my en u ook help om hierdie ‘allesbeslissende vraag’ dalk vir die eerste maal of opnuut in ons lewens te kan antwoord.

Onthou Jesus se woorde aan ons, sy goeie nuus aan ons, ook aan u vandag as jy sy stem hoor (Hebr.3:7,15; 4:7):

Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig.” (Matt.11:28-30)

Ons moet leer van Hom, ons hele lewe lank, begin met hierdie pamflet saam met ‘n oop Bybel (Hand.17:11), u sal nooit spyt wees nie !

Kontak my gerus as u enige vrae het, ek help graag waar ek kan.

_________________________

EVANGELISASIE-PAMFLET

Ek het al dikwels met mense in verskillende omstandighede in gesprek gegaan oor hul ewige geluksaligheid, maar het dan niks by my om vir hul te gee om te lees (saam met die Bybel) nie. Ek sal graag hierdie pamflet in ‘n klein formaat (bv. A6 of A7) as evangelisasie pamflet wil laat druk as ‘n harde kopie pamflet of klein boekie om verder te versprei.

As daar iemand is wat dalk donasie wil maak vir so ‘n projek, kan jul my gerus kontak by: proregno@gmail.com (ook as iemand enige goeie drukkers kan aanbeveel, sal ek dit ook baie waardeer!)

Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen. Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.” (Die apostel Paulus, 55 nC, 2 Kor. 5:20,21)

2 thoughts on “Die belangrikste vraag wat ooit gevra is

Add yours

Leave a Reply to Angus Buchan: toe en nou ? | Pro Regno Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: