Moordkultuur: van aborsiemoord, plaasmoord tot selfmoord

JY MAG NIE DOODSLAAN NIE

In tye waarin moord, van aborsiemoorde tot plaasmoorde tot selfmoorde al meer deel van ons alledaagse lewe word, en baie veral die eerste en laasgenoemde soort van moorde probeer goedpraat, is hierdie ‘n goeie artikel om te lees:

Selfmoord, kindermoord en plaasmoord, ds. JFK Mulder

Die Bybel leer ons inderdaad:

“Want hy wat my vind, het die lewe gevind en verkry ’n welbehae van die HERE. 36 Maar hy wat my mis, benadeel sy eie lewe; almal wat my haat, het die dood lief.” – Spr. 8:35-36.

En Jesus se koms, wat alles kom verander het, word in sy eie woorde as volg verwoord, ongeag hoe swaar dit na gees en liggaam ookal mag gaan in hierdie lewe:

10 Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê. 11 Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.” – Joh. 10:10,11.

Lees ook my eie artikel oor die tragiese saak van selfmoord, veral die storie wat ek daaroor geskryf het om mense wat daarmee worstel te help, as ‘n medestryder wat ook deur die dal van doodskaduwees gegaan het (sien die einde van die blog artikel):

In Christus is alles nié tevergeefs nie

6 Want toe ons nog swak was, het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterwe.  7 Want nouliks sal iemand vir ‘n regverdige sterwe vir ‘n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe  8 maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. – Romeine 5

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑