Posted by: proregno | January 24, 2019

Pro Regno 9 jaar oud! Januarie 2019, en gesinsnuus

Pro Regno 9 jaar oud! Januarie 2019, en gesinsnuus

Geagte Pro Regno lesers,

Die Pro Regno blog is hierdie maand 9 jaar oud (ons het begin in Januarie 2010), waarvoor ons baie dankbaar is vir die Here se seëning in hierdie tyd.

Gesinsnuus

Soos jul hierbo in die ‘header’ foto kan sien, het die Here vir my en Dorothea verder geseën met nog ‘n verbondskindjie, Markus Jan Le Cornu. Vir eerste keer (na die vorige 8 geboortes) het ons hierdie keer ‘n watergeboorte gehad. Ons was so dankbaar vir die besluit, want alles het so goed verloop, dank die Here. Saterdagaand 12 Januarie, terwyl ek nog sit en preek afronding doen, sê Dorothea dit is tyd, en die mannetjie is 00:18 die Sondag oggend gebore. Markus is Sondag, 20 Januarie, gedoop. Ek hoop om in volgende week die preek by sy doop, uit Psalm 105, hier op my blog te plaas. Met my geliefde vrou, Dorothea, en al die ander kinders gaan dit ook goed, die Here is vir ons werklik goed, daarom ook opnuut die woorde van Ps. 126:3 (Kyk hier vir meer inligting oor ons gesinslede),

“Die HERE het groot dinge aan ons gedoen: ons was bly!”

Donasies

Met hierdie skrywe wil ek opnuut – soos ek eenmalig jaarliks doen – vra vir enige vrywillige donasies vir die onderhouding van hierdie webblad.

Ek is dankbaar teenoor die individue en instansies wat Pro Regno in die verlede al finansieël help ondersteun het, opnuut dankie. Enige donasies vir die jaar 2019 deur die lesers sal baie waardeer word (sien die inligting hier onder.)

Die doel van die blog word saamgevat in die naam, ‘Pro Regno’ (die Latynse woorde wat: ‘vir die Koninkryk’, beteken), en poog om artikels beskikbaar te stel oor verskillende onderwerpe ter bevordering van ons dienswerk in die Koninkryk van God in Christus.  Alle artikels word deur die uwe geskryf, tensy anders vermeld.

Tydens Pro Regno se verjaarsdag jaarliks in Januarie, vra ek daarom vir enige vrywillige donasies vir die opbou en bevordering van hierdie blog.  Dit is ‘n gratis blog om te lees, daar is egter wel eenmalige jaarlikse kostes om die blog in stand te hou en verder uit te bou, en daar gaan ook heelwat tyd en kragte in om die artikels beskikbaar te stel.

Enige donasies vir Pro Regno sal met groot dank baie verwelkom word en kan hier in betaal word:

Rekening naam: S. Le Cornu

Absa tjekrekening: 010 951 90673

Takkode: 632005

Merk u donasie-inbetaling asb. met: proregno

Baie dankie vir u ondersteuning.

Groete

Slabbert Le Cornu

proregno@gmail.com


Responses

  1. Baie baie geluk, julle is skynende ligte in ‘n donker wereld! Soos jong olyfboomplante, jou kinders om jou dis! Mag die Here julle hele gesin ryklik met Sy Vrede, shalom, in die ware omvangryke betekenis van die Woord, seen. Mooi dag en drukkkkk daardie ou babatjie namens hierdie ou tannie! xxx


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Categories

%d bloggers like this: