FW DE KLERK (1936-2021): PYNLIKE MAAR BELANGRIKE LEWENSLESSE

FW DE KLERK (1936-2021)

PYNLIKE MAAR BELANGRIKE LEWENSLESSE

“Wat baat dit ‘n mens tog as hy die hele wêreld win, maar homself verloor of skade aandoen?” (Lukas 9:25)

Oud president FW de Klerk het gister gesterwe, die lofliedere maar ook veroordelings stroom in.  Hier onder is die artikels wat ek in die verlede oor sy presidentskap en besluite geskryf het, daar is niks wat ek verder gelees of weer gehoor het wat daardie artikels se menings verander nie.

Ek haal hier en daar aan uit die verskillende artikels (ek plaas dit chronologies, maar die laaste een – CKE OOR TWEE DOPPERS – is die belangrikste, omdat dit nie net die wesentlike probleme van FW de Klerk nie, maar ons volk en kerke, ons land en alle volke aanspreek, mag die Here ons en ons nageslag genadig wees in Christus alleen, terwyl ons ons Here Jesus se woorde van Lukas 9:25 ter harte neem):

2 Februarie 1990 – ‘n Helder of dowwe kol?

“Daarom is die gebeure van 2 Febr. 1990 en daarna, nie ‘n helder kol in die Afrikaner se geskiedenis nie. Ja, daar moes veranderinge en verdere reformasie kom, die bedoeling van die apartheidsargitekte was nog altyd dat elke volk sy eie land en regering sou hê, maar, om ‘n volk en sy land en sy grond, sy geskiedenis, sy kultuuraansprake (bv. Pretoria word Tswane?), heeltemal weg te gee, oor te gee, weg te smyt, is geen ‘noodsaaklikheid of reg’ of ‘n heldedaad nie, maar ‘n dowwe tragiese bloedige kol in ons geskiedenis, waarvan ons die gevolge reeds sien, en nog vir lank gaan sien.

Mag die Here ons genadig wees, vir al die Christene onder elke volk wat ly as gevolg van 2 Februarie 1990, maar dan ook vir ons eie volk, wat nie net a.g.v. sy eie sondes getugtig word nie, maar ook ly a.g.v. hierdie dag.

Ons kan ons kinders leer van die heldedade en mannemoed van ‘n Andries Pretorius, ‘n Koos de la Rey, ‘n Christiaan de Wet, ‘n Paul Kruger, maar, ongelukkig nie van ‘n FW de Klerk nie.”
“Ja, dit is wat jare gelede gebeur het toe die FW de Klerk bewind oorgegee het aan die ANC se meerderheidsregering (beklemtonings bygevoeg):

“Frederik van Zyl Slabbert skryf in Duskant die geskiedenis dat Cyril Ramaphosa hom vertel het dat, toe Roelf Meyer namens die regering die beginsel van meerderheidsregering op ‘n kritieke vergadering aanvaar het, hy ‘n verdaging vir vyftien minute gevra het “sodat ons opsy kon gaan na ons eie kamer en uitbars van die lag“. Joe Slovo, leier van die Kommunistiese Party, het gekraai: ‘Hulle het oor alles ingegee!‘ ” (JC Steyn, Afrikanerjoernaal: ‘n Vervolgverhaal in 365 episodes, FAK, 2016, bl. 386. Sien die volledige inskrywing hier onder.)”

“Ons troos is dat ongeag wie president is, Jesus Christus bly die enigste Koning (Psalm 2). Hy weet, sien alles raak, en sal regverdig oordeel oor alles wat gebeur (2 Kor. 5:10; Hebr. 4:13), ook waar mense baiemaal magteloos is oor magte wat hul mag misbruik en die Here se wil verag (sien Nabot se wingerd, 1 Kon. 21).”

FW, Max en weer: VAN APARTHEID SA NA ABORSIE OP AANVRAAG SA?

“Die aborsie-moord op aanvraag slagting wat al vir soveel dekades woed in die ‘nuwe SA’?

Van toepassing op die nuwe SA Aborsie op aanvraag slagting bedeling, kom ons vat Max se woorde en pas dit so bietjie aan vir die HUIDIGE oorlog wat woed in ons land, stede en dorpe, en waaroor meeste (alle?) liberale ‘social warriors’ nie ‘n woord teen sê nie:
“Abortion declares many citizens aliens in their own country; that it humiliated and thwarted the natural development of millions of babies over many generations; that it declared that being a baby in the womb were of less value than citizens who has already been born. Think forced removals out of a mothers wombs by deadly murderous painful force, restrictions to full participation of life (in the new SA).
Is THIS not an (much bigger?) offence grave enough to be called a crime against humanity?” … and most of all a hate crime against our fellow human beings, a God rejecting sin and crime against God?

One can add the irony: the death penalty is illegal for murderers and rapist, but applied to innocent (before the law) babies in the womb.”

Die Skrif leer,

“Wie sal vir my optree teen die kwaaddoeners? Wie sal my bystaan teen die werkers van ongeregtigheid?” – Ps. 94:16

“Red die wat na die dood gesleep word, en die wat na die slagbank wankel, hou hulle tog terug!” – Spr. 24:11

So, ja, laat ons as gelowiges, as gelowige Afrikaners rustig, verootmoedigend, biddend luister na medegelowiges wat wys waar aspekte van ‘apartheid’ nie goed was nie, dalk selfs teen God se Woord, en dan moet ons dit bely, bekeer en aangaan. Maar laat ons ook soos oom Paul gesê het, uit die verlede die goeie saamneem, ons moet nie die baba (Christelike geloof, ons Afrikaanse taal, kultuur, geskiedenis, ens.) saam die vuil badwater (rassisme, haat, ns.) uitgooi nie…”

UIT DIE GESKIEDENIS: CKE OOR TWEE DOPPERS: Oud-prof. VE d’Assonville (snr.) en oud-pres. FW de Klerk

“Insiggewend dat by oud. prof VE d’Assonville (se CKE inskrywing) daar vermeld word van die ‘probleme in sy persoonlike lewe’ wat hom ‘geskaad’ het. Ek ken nie die detail van die probleme nie, maar weet wel dat prof. d’Assonville het die 7de gebod oortree in ‘n verhouding met ‘n ander vrou, die saak is kerklik vertroulik hanteer en ter wille van die heiligheid van die amp is hy afgesit uit die amp. Hy het sy sonde erken en bely, sy vrou het hom vergewe, en hul huwelik gaan deur die genade van die Here voort, vandag nog. ‘n Psalm 51 geval van sonde én genade, vir ons almal tot waarskuwing én troos, 1 Kor. 10:11-13.

In oud-pres. FW de Klerk se geval, word die ‘probleme in sy persoonlike lewe’ nie vermeld nie, maar wel dat “De Klerk en Nelson Mandela gesamentlik die Nobelprys vir Vrede ontvang” het, en dat ‘n bekende pad na hom vernoem is. …”

“En ja, mag hierdie lewenslesse van hierdie twee doppers, ons almal tot waarskuwing wees (1 Kor. 10:11-13), dat ons opnuut besef die lewe gaan bo alles oor die eer van God en sy vrede, nie die wéreldse vrede nie (Rom. 5:1), want die Woord sê vir ons almal, watter amp en beroep ons ookal beklee in hierdie wêreld, hoe ‘groot of klein’:

“Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God.” (Jas. 4:4)

Om Luk. 9:25 hierbo te parafraseer vir ons almal:

“Wat baat dit ‘n mens tog as hy die hele wêreld win, maar homself, sy huwelik, sy gesin, sy gemeente verloor of skade aandoen?”

Daar is baie sake waarmee ons kerke en kerkverbande worstel, maar dalk is een van die grootstes, dalk die grootste krisis, juis die verval, deformasie, gebrokenheid van die  huwelik- en gesinslewe in ons kerke, dat daar opnuut gekyk moet word na onder andere, die verskriklike gevolge van onwettige onbybelse egskeidings en hertroues, wat so maklik en algemeen geword het, en so aanvaarbaar gemaak word … “want daar is mos ‘groter (volks)vyande’?”

One thought on “FW DE KLERK (1936-2021): PYNLIKE MAAR BELANGRIKE LEWENSLESSE

Add yours

Leave a Reply to 25 STELLINGS OOR WET EN EVANGELIE BY PROF. JA HEYNS | Pro Regno Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: