Posted by: proregno | May 12, 2016

PRCA sprekerstoer (1-4 Junie): GK Bet-el program

PRCA sprekerstoer (1-4 Junie): GK Bet-el program

Tydens die eerste week in Junie gaan prof. Ron Cammenga en prof. Barry Gritters van die Protestant Reformed Churches in America en die Protestant Reformed Theological School ons besoek in Pretoria en vir ons die volgende lesings aanbied by GK Bet-el (ek sal later die inligting deurgee van die lesings wat hul aanbied op ander plekke, sodra dit gefinaliseer is):

Woensdag, 1 Junie

19h00: Opening

19h15: On the Definition of “Reformed.”  What makes a church “Reformed”?, prof. Barry Gritters

20h00: Bespreking

20h30: Afsluiting en koffie !

Donderdag, 2 Junie 

19h00: Opening

19h15: What is the Kingdom? Neo-Calvinism and the Mission of the Church, prof. Barry Gritters

20h00: Bespreking

20h30: Afsluiting en koffie !

Biography: “Barrett Gritters is Professor of New Testament and Practical Theology at the Protestant Reformed Theological School in Grandville, Michigan, USA.  He served for 20 years as pastor of 2 different Protestant Reformed congregations.  For the past 13 years he has been teaching at the seminary.  He serves as one of the editors of the Standard Bearer, the voice of the Protestant Reformed Churches for almost 92 years.  He and his wife Lorinda have 6 married children and many grandchildren.”

Saterdag, 4 Junie: Konferensie oor die Verbond 

Spreker: prof. Ron Cammenga

Program:

08h30-08h45: Opening en verwelkoming

08h45-09h30: ‘Let Us….’: A Covenant God in Himself

09h30-10h15: ‘Between Me and Thee’: Covenant and Election

10h15-10h45: Koffietyd

10h45-11h30: Thee and Thy Seed’: With Believers and their Children

11h30-12h15: Vrae, bespreking en afsluiting

Biography: “Professor Cammenga did his undergraduate work at Calvin College and graduated from the Protestant Reformed Seminary in 1979.  He served Protestant Reformed churches in Iowa, Colorado, and Michigan before accepting the appointment to teach in the Seminary in 2005.  He teaches Reformed Dogmatics and Old Testament studies.  He is married to his wife Rhonda, and together they have eleven children and thirty grandchildren.”

Adres van GK Bet-el

31ste Laan 415, Villieria, Pretoria

Aanwysings: https://gkbetel.wordpress.com/kontak/

GPS: http://bit.ly/1QZNWWl

* Alle lesings word gratis aangebied. Daar sal wel gevra word vir vrywillige donasies om onkostes te help dek. Inbetalings kan hier gedoen word:

Rekeningnaam: S. Le Cornu

Absa tjekreknr. 01095190673

Takkode: 632005

Verwysing: PRCA sprekerstoer

Verdere navrae

– Slabbert Le Cornu: proregno@gmail.com of 082 770 2669

– Joseph Oosthuizen: jeoosthuizen@googlemail.com of 074 338 5002

Posted by: proregno | May 10, 2016

Vadersdag, Moedersdag of die Here se dag ?

Vadersdag, Moedersdag of die Here se dag ?

Dit is ‘n mooi gedagte om sekere dae te gebruik om spesiaal vir vaders en moeders dankie te sê vir al hul liefde en opofferings vir ons.

Ons gesinne en families moet vir ons kosbaar wees.

Ek dink dit is wel ‘n probleem dat die Vader se dag, die rusdag in die week wat vir die Here afgesonder word, daarvoor gebruik word. Dit is die dag wat ons Hom moet gaan dank en aanbid vir sy liefde en opoffering vir ons deur sy Seun, Jesus Christus.

Hoekom nie op enige ander dag van die week ‘moedersdag en vadersdag’ hou nie ?

Is dit dalk omdat die Here se dag nie meer so belangrik is vir ons nie ? Dit het ons lekker inkopiedag geword, die ‘wat vir ons lekker is’ dag, ons ‘wegbreek’ dag ? Ons ander dae is te ‘besig’ vir mekaar, die ’tille moet geslaan word’ en Saterdag is sport(s)dag, so al wat oorbly in ons besige skedules …. is die Here se dag om moeder en vadersdag te hou, daardie dag wat ‘ons niks het om te doen’ nie ?

Ek wonder hoeveel moeders en vaders bly weg van die Vader se huis om dan moedersdag en vadersdag te vier ?

Is dit die wil van die Here ?

Ware moederskap en ware vaderskap is ook om getrou op te trek na die huis van die Here, veral dan op ‘moeders- en vadersdag’.

Verder, ons moet nie net een dag ‘n jaar ons vaders en moeders waardeer nie, maar elke dag van ons lewens.

En ons kan ons vaders en moeders eers waarlik waardeer, as ons ons Hemelse Vader en sy Seun deur die krag van die Heilige Gees aanbid en eer, ons hele lewe lank, maar ook in die besonder op die rusdag (sien die Heidelbergse Kategismus, Sondag 38, “Ook moet ek veral op die rusdag ywerig met die gemeente van God saamkom …”)

Die grootste guns wat ons vaders en moeders ons kinders kan bewys, is om ons Vader in die hemel lief te hê, met ‘n passie. Dan volg die liefde vir pa en ma en kinders vanselfsprekend.

Wat ons van Sondag tot Sondag doen, ons lewe lank, wie ons aanbid en eer veral op sy rusdag, Wie sentraal staan op die eerste dag van die week, bepaal die res van ons week en ons lewens, veral ons gesinslewens.

‘n Wonderlike getuienis is dit in die gemeente as ‘n vader en moeder getrou van rusdag tot rusdag optrek met vreugde na die huis van die Here, saam hul kinders en kleinkinders om ons hemelse’Vadersdag’ te hou:

1 Ek was bly toe hulle vir my gesê het: Laat ons na die huis van die HERE gaan!

2 Ons voete staan in jou poorte, o Jerusalem!

3 Jerusalem wat gebou is soos ‘n stad wat goed saamgevoeg is,

4 waarheen die stamme optrek, die stamme van die HERE — ‘n voorskrif vir Israel! — om die Naam van die HERE te loof.

5 Want daar staan die stoele vir die gereg, die stoele van die huis van Dawid.

6 Bid om die vrede van Jerusalem; mag hulle wat jou liefhet, rustig lewe!

7 Mag daar vrede wees in jou skanse, rus in jou paleise!

8 Ter wille van my broers en my vriende wil ek spreek: Vrede in jou!

9 Ter wille van die huis van die HERE onse God wil ek die goeie vir jou soek.

Psalm 122

‘n Paar artikels en bronne oor die belangrikheid van die rusdag:

DIE BELANGRIKHEID VAN DIE WEEKLIKSE RUSDAG

EN EREDIENSBYWONING

 Die onderhouding van die rusdag

Samevattend kan oor die onderhouding van die rusdag deur die Nuwe-Testamentiese gelowiges die volgende gesê word:

1   Die gelowiges moet dit onderhou om op die dag besonderlik daaraan te dink dat God hulle deur Christus verlos het van die sonde wat onrus in hulle lewens bring, en hulle deur sy Gees nuwe mense gemaak wat innerlik rus en vrede het omdat hulle met Hom versoen is (Rom_5:1).

2   Hulle moet dit onderhou uit dankbaarheid dat Hy hulle deur Christus verlos het (vgl. Deu_5:15; Op 11:8 [Rev_11:8]) uit die mag van die sonde, wat die mens se lewe so onrustig maak, en weer ware rus in hulle lewens gebring het.

3   Hulle moet dit onderhou om ook as Nuwe-Testamentiese gelowiges hulle te verheug en te verbly in die Here (Jes 58:13,14 [Isa_58:13-14]; Fil 4:4 [Phi_4:4]) omdat Hy deur Christus ware rus in hulle lewens gebring het.

4   Hulle moet dit onderhou om versterking van hulle geloof te soek in die eredienste, in Skrifstudie, ensovoorts omdat Christus daarin as die ware Rusbringer aan die kind van God voorgehou word. (Vgl. Mat_11:28; Fil 1:9,10 [Phi_1:9-10]; 1Pe_2:2; Heb_5:12-14Heb_6:1-3.)

5   Hulle moet dit onderhou om te toon dat hulle nie (afgodies) slawe van hulle werk is nie, maar baas of heer oor hulle werk. (Vgl. Gen_1:28; 1Pe_2:19.)

6   Hulle moet dit onderhou omdat dit ’n teken is van die verbond tussen God en sy volk (Exo_31:12-18; Eseg 20:12-20 [Eze_20:12-20]).

7   Hulle moet dit onderhou om deur matige, liggaamlike rus weer versterk te word. (Vgl. Heb_4:9-10; Mar_6:31.)

8   Om dit alles te kan doen, moet die gelowiges hulle beroepsarbeid en ander verpligtinge waaraan van Maandag tot Saterdag uitvoering gegee kan word, op Sondae nalaat.

DIE BYWONING VAN EREDIENSTE

Die eredienste moet gereeld bygewoon word en wel om die volgende redes:

1.1      Dit is die Woord van die ewige en heilige God wat daar ver­kondig word. Matt 4:4:”Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan“.

1.2      Die Heilige Gees gebruik die Woord wat verkondig word as middel om die wedergeboorte in die mens te bewerk en die mens tot geloof te bring (1Pe_1:23), maar ook om die bestaande geloof te versterk en te laat groei (1Pe_2:2).

1.3      Deur die verkondiging van die Woord word die koninkryk van die hemel oop- en toegesluit. Dit gebeur as aan die gelowige verkondig word dat sy sondes om Christus ontwil vergewe is en dat hy derhalwe ‘n erfgenaam van die ewige lewe is. Dit gebeur verder as aan die ongelowige verkondig word dat die toorn van God op hom rus en die ewige oordeel op hom wag (HK vr. en antw. 84).

1.4      God spreek tot die indiwiduele mens deur die amptelike ver­kondiging van die Woord aan die gemeente. Openbaring 3:6, 13 [Rev_3:6; Rev_3:13]: “Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê”. Daarom kan die indiwiduele lidmate nie los van die gemeente met sy gereelde samekomste lewe nie. In Handelinge 2:47 [Act_2:47] word ook verklaar: “En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is“. In Openbaring 1 – 3 lees ons ook dat Christus met die gemeentes spreek deur middel van die predikant of voorganger (engel).

1.5      Ons moet uit dankbaarheid vir God se genade in Christus aan ons die eredienste gereeld bywoon. By die Ou-Testamentiese gelowiges was daar reeds ‘n vurige verlange om in die huis van die Here te kan wees (Psa_23:6; Psa_27:4; Psa_84:2 [Psa_84:3 Nuwe Vert.], Psa_84:11). Hoeveel te meer geld dit nie vir ons wat leef in die nuwe en ryker bedeling van die Nuwe Testament om uit dankbaarheid die Here te soek en te dien in sy huis nie!

1.6      Hoe meer ons die eredienste bywoon, des te beter sal ons ook die Woord van God verstaan en groei in geloof en liefde tot God. Dan sal dit nie nodig wees dat ons soos kinders in die geloof met die Woord van God in die vorm van melk gevoed moet word nie, maar sal ons soos volwassenes in die geloof met die Woord van God in die vorm van vaste spyse gevoed word. Vergelyk Heb_5:13-14 en Heb_6:1 : “Want elkeen wat melk gebruik, is onervare in die woord van geregtigheid, omdat hy ‘n kind is.  Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei. Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God”.

1.7      Christus het, “… soos Hy gewoond was. . .”, op die Sabbatdag na die sinagoge gegaan (Luk_4:16). Ons moet Hom hierin navolg. Dit moet by ons ook ‘n vaste gewoonte wees om gereeld die eredienste by te woon. Vergelyk ook Heb_5:14 (aangehaal by 1.6) die woorde “deur die gewoonte geoefen”.

1.8      Die volgende uitsprake in die Bybel toon duidelik dat God self ons beveel en van ons eis om die verkondiging van sy Woord in die eredienste gereeld by te woon:

1.8.1 Johannes 8:47 [Joh_8:47]:

“Die wat uit God is, luister na die woorde van God. Daarom luister julle nie, omdat julle nie uit God is nie”. Wie nie ware kinders van God is nie, stel nie belang om na sy woorde te luister nie. As dit andersom gestel word, kom dit daarop neer dat wie nie na die woorde van God wil luister nie daardeur aandui dat hulle nie ware kinders van die Here is nie.

1.8.2 Romeine 10:14, 17 [Rom_10:14; Rom_10:17]:

“Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? . . . Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God”. Hier moet ons let op die nou verband tussen die geloof en die hoor van die Woord van God.

1.8.3 1 Korintiërs 1:21 [1Co_1:21]:

“Want aangesien in die wysheid van God die wêreld deur die wysheid God nie geken het nie, het dit God behaag om deur die dwaasheid van die prediking die wat glo, te red”

1.8.4 Hebreërs 10:25 [Heb_10:25]:

“en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie . . .”. Hier het ons ‘n uitdruklike bevel vir die bywoning van eredienste, aangesien die “onderlinge byeenkoms ” hier betrekking het op die eredienste. Hier word ook gewys op ‘n slegte gewoonte om die eredienste nie by te woon nie.

1.8.5 1 Petrus2:2 [1Pe_2:2]:

en verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei”. Dit beteken dat die gelowige so sterk na die Woord van God moet verlang soos kindertjies na moedersmelk. Die melk van die Woord laat hulle immers groei in die geloof.

Bron:  prof. Paul de Bruyn se Tien Gebooie en Die Gesonde Leer.

‘N DOSYN REDES OM WEL KERK TOE TE GAAN

Ds. Lammert H. Stavast

AAN DIE LESER

DAAR IS SEKER BAlE REDES HOEKOM MENSE NIE KERK TOE GAAN NIE!

  • DIE DOMINEE PREEK VERVELIG OF DIE KERKGANGERS IS SKYNHEILIG
  • EK HET GEEN TYD NIE EN EK HET GEEN LUS NIE
  • EK IS VROEER GEDWING OM KERK TOE TE GAAN EN DAAROM WIL EK VANDAG NIE MEER GAAN NIE
  • EK GAAN NET WANNEER EK SO VOEL EN DIS NOU NIE JUIS BAlE KERE NIE
  • EK MOES EINTLIK GAAN EN EK WIL EINTLIK OOK, MAAR JY WEET HOE DIT IS
  • SONDAE IS FEITLIK DIE ENIGSTE DAG WAAROP MENS KAN RUS OF KAN DOEN WAARVOOR JY REGTIG LUS HET

U KAN HIERDIE LYS SEKER NOG VERDUBBEL, NIE WAAR NIE?

EK WEET NIE WAT U AAN GOD VOORHOU AS U PERSOONLIKE REDE OM NIE (MEER) KERK TOE TE GAAN NIE, MAAR WIL U NIE ASSEBLIEF LUISTER NA TWAALF REDES HOEKOM U WEL KERK TOE MOET GAAN NIE?

EN HIERDIE KEER IS DIT NIE MENSLIKE REDES OM WEG TE BLY NIE, MAAR TWAALF GODDELIKE REDES OM WEL GEREELD SY HUIS TE BESOEK.

DIS TOG ‘N BILLIKE VERSOEK, OF HOE?

GOD LUISTER NOU AL LANKAL NA U: HY VRA U NOU MOOI OM NOG NET EEN KEER NA HOM TE LUISTER!

DIT KAN NOU NOG: MORE MAG DIT DALK TE LAAT WEES, VIR EWIG TE LAAT!

HIER VOLG GOD SE DOSYN REDES; DINK ERNSTIG DAAROOR NA, ASB !

U VRA WAAROM MOET EK GEREELD KERK TOE GAAN?

 GOD SE TWAALF ANTWOORDE 

  1. OMDAT DIT UITDRUKLIK IN DIE WOORD VAN GOD GEBIED WORD

Hebr. 10:25, “En laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom. Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie, maar ‘n verskriklike verwagting van oordeel en ‘n vuurgloed wat die teëstanders sal verteer.” 

  1. OMDAT CHRISTUS EN DIE APOSTELS ONS DIE VOORBEELD GEGEE HET

Lukas 4:16 “Toe kom Hy in Nasaret waar Hy opgevoed was; en soos Hy gewoond was, gaan Hy op die Sabbatdag in die sinagoge en staan op om te leer.”

Hand 3:1 “En Petrus en Johannes het saam na die tempel opgegaan op die uur van gebed, die negende uur.”

Hand. 20:7 “En op die eerste dag van die week, toe die dissipels vergader het om brood te breek, het Paulus hulle toegespreek, omdat hy die volgende dag sou vertrek, en hy het sy rede gerek tot middernag toe.”

Joh. 20:19 “En toe dit aand was op daardie eerste dag van die week en die deure waar die dissipels vergader het uit vrees vir die Jode, gesluit was, het Jesus gekom en in hulle midde gestaan en aan hulle gesê: Vrede vir julle!”

HIERDLE LAASTE TWEE TEKSTE DUI DUS OOK OP AANDDIENSTE

  1. OMDAT DAAR GROOT SEEN VERBONDE IS AAN DIE ONDERHOUDING VAN DIE RUSDAG

Jes. 56:1,2 “So sê die HERE: Bewaar die reg en doen geregtigheid; want my heil is naby om te kom en my geregtigheid om geopenbaar te word. Welgeluksalig is die mens wat dit doen en die mensekind wat daaraan vashou: wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie en sy hand terughou, dat dit geen kwaad doen nie.”

Jes. 58:13,14 “As jy jou voet terughou op die sabbat – om nie jou sake op my heilige dag te doen nie, en as jy die sabbat ‘n verlustiging noem en die heilige dag van die HERE hoog hou; en as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan, nie geleentheid vir jou sake soek of ydele taal spreek nie; dan sal jy jou verlustig in die HERE, en Ek sal jou laat ry oor die hoogtes van die aarde en jou laat geniet die erfdeel van jou vader Jakob; want die mond van die HERE het dit gespreek.”

  1. OMDAT DAAR ‘N VLOEK KOM OOR HULLE WAT DIE RUSDAG VERWAARLOOS

Esg.20:15,16 “So het Ek dan my hand opgehef vir hulle in die woestyn dat Ek hulle nie sou bring in die land wat Ek aan hulle gegee het nie, wat oorloop van melk en heuning – ‘n sieraad is dit van al die lande – omdat hulle my verordeninge verwerp het en in my insettinge nie gewandel het nie en my Sabbatte ontheilig het; want hulle hart het agter hul drekgode aangeloop.”

  1. OMDAT DAAR BY DIE WARE GELOWIGES ALTYD ‘N HARTLIKE BEGEERTE BESTAAN OM IN DIE VOORHOWE VAN DIE HERE TE VERKEER

Psalm 26:8 “HERE, ek het lief die woning van u huis en die woonpiek van u heerlikheid.”

Psalm 23:6 “Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae”.

Psalm 27:4 “Een ding het ek van die HERE begeer, dit sal ek soek dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die HERE, om die lieflikheid van die HERE te aanskou en te ondersoek in sy tempel.”

Psalm 84:3 “My siel verlang, ja smag na die voorhowe van die HERE; my hart en my vlees jubel uit tot die lewende God.”

Psalm 122:1 “Ek was bly toe hulle vir my gesê het: Laat ons na die huis van die HERE gaan.”

  1. OMDAT DIE GEWILLIGHEID OM NA DIE WOORD VAN GOD TE LUISTER ‘N BEWYS IS VAN WARE GELOOF EN DIE ONWILLIGHEID DAARTOE ‘N BEWYS VAN HARDE ONGELOOF

Joh. 8:47 “Die wat uit God is luister na die woord van God. Daarom luister julle nie, orndat julle nie uit God is nie.”

  1. OMDAT DIE SALIGHEID VERBONDE IS AAN DIE LUISTER NA GOD SE WOORD

Lukas 11:28 “En Hy sê: Ja, maar salig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar.”

2 Tim. 3:15 “En dat jy van kleins af die Heiige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus.”

Open. 1:3 “Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.”

  1. OMDAT DIE GELOOF GEWERK EN VERSTERK WORD DEUR DIE PREDIKING VAN DIE WOORD

Rom. 10:14-17 “Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie?

“En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goele verkondig !  Maar hulle was nie almal gehoorsaam aan die evangelie nie; want Jesaja sê: Here, wie het ons prediking geglo? Die geloof is dus uit die gehoor en die gehoor is deur die woord van God.”

1 Kor. 1:21 “Want aangesien in die wysheid van God die wêreld deur die wysheid God nie geken het nie, het dit God behaag ons deur die dwaasheid van die prediking die wat glo, te red.”

1 Petrus 2:2 “En verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei.”

  1. OMDAT OUERS BY ELKE MOONTLIKE GELEENTHEID HULLE KINDERS MOET ONDERRIG IN DIE WARE LEER

Deut. 6:6, 7 “En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.”

Psalm 48: 10,13-15 “0 God, ons dink aan u goedertierenheid binne in u tempel … Gaan rondom Sion, trek daaromheen, tel sy torings; let op sy skanse, wandel deur sy paleise, sodat julle dit aan die volgende geslag kan vertel, dat hierdie God onse God is, vir ewig en altyd: Hy sal ons lei tot die dood toe.”

  1. OMDAT IN DIE EREDIENSTE DIE GEMEENSKAP VAN DIE HEILIGES DIE STERKSTE NA VORE KOM, O.A. IN DIE LIEFDEGAWE VIR DIE ARMES

Deut. 12:5,6 “Maar die plek wat die HERE julle God uit al julle stamme sal uitkies om sy Naam daar te vestig om daar te woon, moet julle opsoek en daarheen moet jy kom. En daarheen moet julle jul brandoffers bring en julle slagoffers en julle tiendes en die offergawe van julle hand en julle geiofte – en julle vrywillige offers en die eersgeborene van julle beeste en van julle kleinvee.”

Hand. 4:34 “Want niemand onder hulle was behoeftig nie; want almal wat besitters van gronde of huise was, het dit verkoop en die prys van wat verkoop is, gebring en aan die voete van die apostels neergelê.”

1 Kor. 16:2 “Op elke eerste dag van die week moet elkeen van julle opsysit en opspaar namate sy voorspoed is, sodat die insameling nie eers plaasvind as ek kom nie.”

  1. OMDAT KERKGANG DIE GELEENTHEID BlED TOT OPENBARE BELYDENIS VAN CHRISTUS, WAARSONDER NIEMAND SALIG KAN WORD NIE

Matt. 10:32 “Elkeen dan, wat My sal bely voor die mense, hom sal die Seun van die mens ook bely voor die engele van God.”

1 Tim. 6:12-14 “Stry die goeie stryd van die geloof, gryp na die ewige lewe, waartoe jy ook geroep is en die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het. Ek gebied jou voor die aangesig van God wat aan alle dinge die lewe gee en van Jesus Christus wat voor Pontius Pilatus die goeie belydenis betuig het, dat jy die gebod onbevlek, onberispelik bewaar tot by die verskyning van onse Here Jesus Christus.”

  1. OMDAT ELKE BELYDENDE LIDMAAT HOM/HAAR MET ‘N EED VOOR GOD EN DIE GEMEENTE VERBIND HET OM YWERIG DIE DIENS VAN DIE WOORD EN DIE SAKRAMENTE TE SOEK. GOD EIS DAT ONS ONS EDE SAL HOU

Psalm 24:3,4 “Wie mag klim op die berg van die HERE? En wie mag staan in sy heilige plek? Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie.”  Psalm 50: 14 “Offer dank aan God en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste.” Psalm 116: 14,18,19 “My geloftes sal ek aan die HERE betaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk. Ek sal my geloftes aan die HERE betaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk, in die voorhowe van die huis van die HERE, binne in jou, o Jerusalem! Halleluja!”

Levitikus 19:12 “En julle mag nie vals sweer by my Naam en so die Naam van jou God ontheilig nie. Ek is die HERE.”

Sagaria 8:16,17 “Dit is die dinge wat julle moet doen: Spreek die waarheid met mekaar; beoefen die waarheid en ‘n regspraak van vrede in julle poorte! En julle moet nie mekaar se onheil in jul hart versin nie, en nie die valse eed liefhê nie. Want dit alles haat Ek, spreek die HERE.”

NOU HET U GOD SE REDES VIR TROUE KERKBESOEK GEHOOR !  Daar was, so moet u tog erken, geen enkele mensewoord by nie. Hier was nie eers die dominee of die ouderling aan die woord nie. NET GOD SELF WAT MET U GEPRAAT HET ! Het u die moed om teenoor GOD SE WOORD u eie mensewoord te plaas ?

DIT IS ELKE SONDAG WEER KERKDAG!  

GOD HET U KERK TOE GEROEP !  

WAT GAAN U DOEN ?

Sien ook die volgende artikels oor die rusdag: https://proregno.com/category/rusdag/

Posted by: proregno | May 5, 2016

Preek: Genesis 3:20 Die Kinderseën

Die kinderseën

Plek en datum: GK Matlabas 2016-01-24
Lees: Gen 2:19-25; 3:14-20
Teksvers: “En die mens het sy vrou Eva genoem, omdat sy moeder geword het van alles wat lewe.” (Gen.3:20)
Tema: Die kinderseën.
Psalms:89:1,2; 89:3,4; 89:12,14; 102:8,9;128:1,2,3

Prediker: ds. Gustav Opperman

Openingsgebed (getranskribeer na die erediens)
Kom ons bid saam!
Drie maal heilige God,
Op U woord word die woeste see getem.
Dit luister na U wil.

Op U woord
ontstaan die verskriklike sneeustorms
in Noord-Amerika
en die ewe verskriklike droogtes
in Suidelike Afrika.
Op U woord skeur die aarde
en aardbewings ontstaan
en op U woord ontplof die berge
wanneer U die lawa laat opstoot.

Op U woord
kom die hemelliggame in beweging,
daar U alles geskep het.
Niks hier op aarde is vas
en niks in die hemele is vas nie,
behalwe U en U ewige Woord.

En ons dank U, Hemelse Vader,
dat ons vanoggend onsself
weer aan U kan anker,
dat ons, in hierdie tye van onstuimigheid
waar volke ook in opstand kom en in beroering is,
dat ons na U kan kom en na U huis kan kom
en daar in U vaderhuis rus kan vind;
dat ons daar in U vaderhuis weer
vastigheid kan vind
ook in ons eie onsekere lewens
wat aan die verbygaan is.

Hemelse vader,
te weet dat U Woord standvastig is;
dat dit sal bly tot in ewigheid,
ook soos ons sopas in Psalm 89 gesing het:
U goedertierenheid …
dit wat oor geslagte heen kom
en wat oor geslagte heen
altyd daar sal wees …
goedertierenheid wat voortduur
tot in ewigheid
en dit was van ewigheid daar gewees.

Ons begrip en ons verstand
is te klein om dit te begryp;
te klein om dit te omvat
en die volheid van die genade
wat daarin spreek.

Ons bid, Hemelse Vader,
dat die Gees van onse HERE Jesus Christus
ons vandag sal lei ook
in die bediening van hierdie Woord
wat Hy duisende jare
voor die HERE Jesus Christus se geboorte
deur sy profete en deur sy apostels,
deur sy diensknegte,
laat opteken het.
Ons dank U daarvoor!

Ons dank U
dat dit vir ons ‘n perspektief gee
op die hemelse dinge
en dit wat U heilige wil is.

En waar ons sondige mense is,
bely ons, Hemelse Vader,
dat ons U hulp nodig het
om daardie Woord te verstaan
en om dit uit te lê.

Ons bid dat U u dienskneg
sal bystaan
in die bediening van hierdie Woord.

Ons bid, Hemelse Vader,
dat U u diensknegte wat
na hierdie Woord luister,
u kinders wat na hierdie Woord luister,
geduld sal gee
met die prediker,
nie omdat dit sy woord is nie,
maar omdat dit U ewige Woord is
en dit nog altyd daar was
en daar’t niks verander daaraan nie.

Ons bid dat hierdie Woord
ook mag voortgaan
in ons kerke …
die kerke van onse HERE Jesus Christus
wat ons sopas bely het …
die wêreld oor:
‘n heilige algemene Christelike kerk,
die bruid van onse HERE Jesus Christus.
Mag sy hierdie Woord hoor
en mag sy ook weer opgewek word
tot ‘n nuwe gehoorsaamheid
en ‘n nuwe vreugde
om diensbaar te wees
vir onse HERE Jesus Christus!
Ons vra dit in Sy heilige Naam!
Amen.

Read More…

Posted by: proregno | May 3, 2016

PRCA sprekerstoer: 1 tot 4 Junie 2016

PRCA sprekerstoer: 1 tot 4 Junie 2016

Tydens die eerste week in Junie gaan prof. Ron Cammenga en prof. Barry Gritters van die Protestant Reformed Churches in America en die Protestant Reformed Theological School ons besoek in Pretoria en vir ons die volgende lesings aanbied by verskillende plekke (sal later bekendgemaak word, ook die spesifieke tye):
RCammenga

Prof. Ron Cammenga

Woensdag: Lessons from Calvin’s Life
Donderdag: Distinctive Features of Calvin’s Theology
Saterdag oggend konferensie: Conference on the Covenant
Lecture 1: ‘Let Us….’: A Covenant God in Himself
Lecture 2: ‘Between Me and Thee’: Covenant and Election
Lecture 3: ‘Thee and Thy Seed’: With Believers and their Children
Biography: “Professor Cammenga did his undergraduate work at Calvin College and graduated from the Protestant Reformed Seminary in 1979.  He served Protestant Reformed churches in Iowa, Colorado, and Michigan before accepting the appointment to teach in the Seminary in 2005.  He teaches Reformed Dogmatics and Old Testament studies.  He is married to his wife Rhonda, and together they have eleven children and thirty grandchildren.”
ProfBGritters

Prof. Barry Gritters

Woensdag-middag: The Reformed Heritage of Heidelberg Catechism Preaching
Woensdag-aand: On the Definition of “Reformed.”  What makes a church “Reformed”?
Donderdag- middag: The Reformed Method and Blessing of Heidelberg Catechism Preaching
Donderdag-aand: What is the Kingdom? Neo-Calvinism and the Mission of the Church
Biography: “Barrett Gritters is Professor of New Testament and Practical Theology at the Protestant Reformed Theological School in Grandville, Michigan, USA.  He served for 20 years as pastor of 2 different Protestant Reformed congregations.  For the past 13 years he has been teaching at the seminary.  He serves as one of the editors of the Standard Bearer, the voice of the Protestant Reformed Churches for almost 92 years.  He and his wife Lorinda have 6 married children and many grandchildren.”
Kontakpersoon vir verdere inligting:
Slabbert Le Cornu
082 770 2669

Moenie vergeet van die Here se wonderdade 

in Christus vir ons nie !

Skriflesing: Josua 4 en Johannes 20:26-31

Preekteks: Josua 4 (v.24, “Kyk, die verbondsark van die HERE van die hele aarde trek voor julle uit die Jordaan in.”)

Preekopname (GK Carletonville, 2016-04-24):

Preeknotas:

Geliefdes in ons Here Jesus Christus,

“Ek het vergeet”

“Jammer, ek het weer vergeet”

Woorde, wat ons so baie in hierdie lewe gebruik.

Een van die hartseer gevolge van die sondeval en die sonde,

is dat ons so maklik kan vergeet.

Ons kan vergeet vir ’n sondige redes, kwaadwillig aan ons kant,

of bloot omdat ons gevalle sondaars is, in ons onvolkomenheid

wat so maklik kan vergeet.

Ons vergeet dinge soos my man of vrou se verjaarsdag,

of ’n huweliksherdenking, of ’n afspraak met my kind,

of ’n werksvergadering …. ‘n kerkraadsvergadering …

Maar dan is daar die belangrikste dinge wat ek kan vergeet:

Dit wat die Here vir my gedoen het, in Jesus Christus

Dit kan gebeur dat ek iewers in my lewe die groot dade van die Here begin vergeet.

Dat ek vergeet waarvan ek gered is, van my sonde en onreg,

dat ek my eerste liefde verlaat het,

dat ek begin het met Christus, maar nou in my eie krag en wysheid probeer lewe.

Of, veral as dit swaar begin gaan, dinge in my lewe nie werk soos ek wil nie,

tye van beproewing, dat ek begin vergeet van die Here se Woord, sy wet,

sy beloftes.

En dan ’n verkeerde weg begin inslaan, in die vlees begin lewe,

en dan op ’n donker afgrond afstap, omdat ek vergeet het van die Here se weë.

Nou geliefdes, die wonderlike vermaning en tog ook troos,

is dat die Here nie vergeet nie, soos ons gesing het in Ps.105 en 85,

en daarom ken Hy sy kinders se vergeetagtigheid en swakhede,

en gee Hy, behalwe sy Woord, ook vir ons tekens, om ons te herinner om nie van Hom te vergeet, en sy Woord en sy beloftes nie.

Daarvan wil ons leer vandag vanuit Josua 4, onder die tema:

Moenie vergeet van die Here

se wonderdade in Christus

vir ons nie !

In htst 3 het ons nou geleer van die Here se volk wat deur die Jordaan getrek het, agter die verbondsark van die Here.

’n Wonderwerk het gebeur !

Dit eindig met die woorde in 3:17 … en 4:1 wat dit herhaal (lees).

As mens hfst.4 lees, dan kom mens duidelik agter, die doel van hfst.4,

is nie om die gebeure by die Jordaan chronologies vir ons deur te gee nie.

Die fokus van hfst.4 is om te beskryf die belangrikheid van die gebeure by die Jordaan, deur te fokus op die tekens en die gedenktekens wat gegee word om die deurtog te onthou, om nie daarvan te vergeet nie.

Hoofstuk 3 – die wonderwerk van God het gebeur

Hoofstuk 4 – moet dit nie vergeet nie Israel !

En daarom kry Josua die beveel, soos ons reeds in 3:12 gelees het,

van die 12 manne, wat die 12 stamme, dus die hele volk verteenwoordig,

om 12 klippe te neem, van daar waar die priesters gestaan het,

om ’n gedenkteken op te rig.

Volgense verse 9 en 19 lyk dit of daar 2 gedenktekens opgerig is,

by of in die Jordaan self, en dan by Gilgal, aan die oostelike grens van Jerigo (v.19).

En die doel van daardie gedenktekens,

is dat die volk nie sal vergeet van die Here se wonderdaad by die Jordaan nie.

Vers 7 en weer in 22 (lees).

En belangrik, die tekens is nie net vir hulle bedoel wat die wonder gesien het nie, maar ook vir die verbondsnageslag, die kinders moet geleer word, herinner word aan die groot dade van die Here,

ons lees dit daar in vers 6 en weer in v.23 dat die Here se wonderdade is

vir gelowiges en hul nageslag (lees):

Moenie van die Here se groot dade vergeet nie !

Dink daaroor:

Dit kan so maklik gebeur geliefdes,

een geslag kan nog onthou, die volgende een vergeet …

In vers 23 word verwys na die eerste wonder deurtog by die Skelfsee,

Ex.14 beskryf dit:

die hele volk het daardie wonder beleef, die Here red, Hy sal sorg, Hy sal verlos, Hy sal vir hulle stry, Ex.14:14.

En na die verlossing hoor ons in Ex.15 die lied van Moses van die Here se roemryke dade, die een wat wonders doen, sy guns en verlossing ….

– maar, drie dae later …. murmureer die volk teen dieselfde Here by Mara …

toe hul nie water het nie …. vergeet hul sy groot dade !

– nie lank daarna toe twis die volk weer met Moses by Rafadim, hfst.17,

versoek die Here oor dit swaar gaan … vergeet sy groot dade

En elke keer sorg die Here weer …

Later nog erger,

– terwyl die Here sy wet vir Moses op die berg Sinai gee, lees ons in Ex.32, maak die volk ’n goue kalf, verval in afgodery …. omdat hul die groot dade van die Here vergeet het !

Daarom gee die Here tekens, regdeur die boek Josua gaan daar verder nog

6 tekens wees om die volk te herinner aan die groot dade van die Here.

Moenie vergeet om julle kinders van die Here te vertel nie,

anders kan hulle ook verval in afgodery en van my wegdwaal.

Ons sien dit regdeur die volk se geskiedenis, tekens wat gegee word:

– Ex.12:26 – 28 (lees) ongesuurde brode, lam wat geslag word, bloed aan die deurposte, om die pasga te vier  … die doel: moenie vergeet nie !

– In Deut.6 lees ons hoe die Here sy volk oproep om Hom lief te hê en alleen te dien, dan lees ons in v.6-10, en dan as die kinders vra … v.20 – 22

die doel: moenie vergeet van die Here se groot verlossingsdade nie !

 

Nou geliefdes,

Ook tot ons vandag kom hierdie oproep om nie te vergeet van die groot wonderdade van die Here nie.

Ons sien dit in die laaste vers, v.24, die groot doel van al die wonderdade:

dat al die volke van die aarde kan weet dat die hand van die HERE sterk is, sodat julle die HERE julle God altyd mag vrees.

Alles is opgeteken in die Skrifte sodat ons ook nie vergeet nie (1 Kor.10:11).

Die Here het die grootste en belangrikste wonderdaad verrig,

deur sy Seun te stuur om ons te kom verlos van Egipte,

uit die slawehuis van sonde.

Om ons te verlos van die Satan se mag deur die sonde.

Hy het ons wat oppad was hel toe, wat gespartel het in ons sondes,

kom red en ons weer die lewe, die ewige lewe geskenk.

Hy het in Christus sy guns aan ons kom bewys,

ons verlos van ons sonde en ellende.

En Hy sal vir ons sorg, Hy sal die werk wat Hy in ons begin het volbring.

Soos Hy beloof het aan die aartsvaders dat Hy hul in die beloofde land sal inbring, en dit gedoen het.

So sal Hy sorg dat elkeen vir wie Christus gesterf het,

in die hemel kom, in die ewige heerlikheid.

Moenie dit vergeet nie !

Maar terwyl ons oppad is, is dit nie maklik nie,

die hele boek Hebreërs is een lang preek vir die gelowiges om te volhard,

om nie te vergeet van Christus se volmaakte werke nie (sien bv.4:14-17; 10:19ev),

want ook vir ons is dit so maklik kan dit ook met ons gebeur dat ons vergeet,

veral as dit begin swaar gaan, as daar beproewinge op ons pad kom.

En die hele NT, saam met die OT, roep ons ook op op nie te vergeet nie,

om die groot wonderdaad, die reddende werk van God in Christus nie

te vergeet nie !

Onthou die groot verlossingsdade van die Here:

Ef. 2:11-13  Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word,  12 dat julle in die tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wereld.  13 Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeer ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.

En ja, die Here gee ook vir ons baie tekens.

Die Woord self met al sy beloftes en gebeure is ’n oproep en herinnering om nie die Here en sy groot dade te vergeet nie.

Maar toe Jesus op die aarde gewandel het, het Hy baie wonders en tekens gedoen, sodat ons sal glo en aanhou sal hoop,

dat Hy ons sal red, dat Hy ons sal versorg, dat Hy ons nooit sal verlaat nie:

Joh 2:11   11 Hierdie eerste een van sy tekens het Jesus te Kana in Galilea gedoen; en Hy het sy heerlikheid geopenbaar, en sy dissipels het in Hom geglo.

Joh 20:30 – 31   30 Nog baie ander tekens het Jesus voor sy dissipels gedoen wat in hierdie boek nie beskrywe is nie;  31 maar hierdie is beskrywe, dat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God; en dat julle deur te glo die lewe kan hê in sy Naam. 

En natuurlik het die Here Jesus ook vir ons die sakramente as tekens gegee, die heilige doop en nagmaal, sigbare tekens van die onsigbare werklikheid, dat Hy sy kinders red, hulle verlos, hulle sal versorg.

Daarom kan ons goeie moed hou, en in sy weë bly wandel.

Ja, behalwe die sakramente en die Woord self, het ons nou nie meer allerlei ekstra tekens nodig nie.

Die Skrif en sakramente as tekens is nou genoegsaam,

om ons aan te hou herinner aan die Here se groot verlossingsdade in Christus.

Maar dan laastens, ook ’n waarskuwing vir ons almal om nie te vergeet nie.

Ja, dalk was daar ’n tyd van ywer in my lewe

’n tyd van ywer in my gesinslewe vir die Here en sy Woord

maar ek het begin vergeet waarvan ek gered is,

van die basiese Evangelie, van waaroor die kerk eintlik gaan: Christus !

Dalk in my blinde ywer begin vergeet dit is die Here se kerk en koninkryk, nie myne nie.

Daarom moet ons ook eindig met die waarskuwing om nie te vergeet nie, maar te onthou:

Op. 2:4-5   4 Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het.  5 Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie.

Mag die Here ons elkeen help persoonlik,

in ons gesinslewens, as gemeente:

om nie die groot en wonderdade van God in Christus te vergeet nie,

en dit ook vir ons kinders en kleinkinders te vertel,

en saam deur die geloof te wandel tot die laaste dag,

om die Here in dankbare gehoorsaamheid sal dien !

Amen.

Die deurtog deur die Jordaan wys op die Here

van die hele aarde wat ons in Christus lei

Skriflesing: Josua 3 en Hebreërs 9:1-15

Preekteks: Josua 3 (v.11, “Kyk, die verbondsark van die HERE van die hele aarde trek voor julle uit die Jordaan in.”)

Preekopname (GK Carletonville, 2016-04-10):

Preeknotas:

Geliefdes in ons Here Jesus Christus,

Hoofstuk 3 en 4 van die boek Josua handel oor

die deurtog van die volk deur die Jordaan rivier.

Hoofstuk 3 beskryf al die voorbereidings vir die deurtog,

en dan die deurtog self.

Hoofstuk 4 beskryf dan dieselfde gebeure,

maar dan vanuit die fokuspunt van die twaalf klippe,

wat as gedenkteken sou dien van hierdie wonder gebeurtenis.

In vers 12 van hfst.3 word vermeld van die 12 manne wat die

twaalf klippe moes gaan optel,

en dan word die rede daarvoor in hfst.4 gegee.

Vandag staan ons stil by hoofstuk 3, en ons doen dit onder die tema van

Die deurtog deur die Jordaan

wys op die Here van die hele aarde

wat ons in Christus lei

In vers 11 is ons tema vers:

Kyk, die verbondsark van die HERE van die hele aarde

trek voor julle uit die Jordaan in

Ons let op 3 sake,

  1. die voorbereidings vir die deurtog, v.1-6
  1. die doel van die deurtog, v.7-13
  1. die vervulling van die deurtog, v.14-17

  Read More…

Discipleship in the Age of the Spectacle

We have one life to live, and there are many things that Christians should be doing and saying as disciples of the Lord Jesus Christ. The watchword for serious disciples is “get real,” not “get virtual.” – Kevin Vanhoozer

Die boek se naam waarna ek verwys is eintlik:

Pictures at a Theological Exhibition: Scenes of the Church’s Worship, Witness and Wisdom

geskryf deur dr. Kevin J. Vanhoozer.

Tydens my lesing by die KGKSA konferensie, het ek na hierdie boek verwys, spesifiek na die onderhoud wat met die skrywer gedoen is onder die treffende titel (wat ‘n uitdaging is vir die kerk van Christus):

Discipleship in the Age of the Spectacle: An Interview with Kevin Vanhoozer on Technology

My lesing se titel was “Kerkreformasie – wat is nodig?“, en een van die punte wat ek genoem het wat nodig is vir kerkreformasie, was die belangrikheid om ons tye te verstaan, veral die sosiale media en tegnologiese rewolusie van ons tyd:

As ons as kerk dan reg verstaan dat God se Woord bepaal wat ons moet verkondig en hoe ons dit moet doen, dan kan ons en moet ons met wysheid na ons tye en mense kyk aan wie ons die evangelie moet bedien.

Die Skrif roep ons op om die tye te onderskei, Filp.1:10

Totius het gesê (?), ons moet eksegese doen met die Skrif in een hand en koerant in ander hand, sodat ons met wysheid dus ou en nuwe dinge na vore kan bring vir die Here se kerk, sy kinders.

Maar ons moet net aanhou onthou, dit is een ding om die kultuur probeer verstaan, ‘n totaal ander ding om die Bybel deur die kultuur te lees, dit moet andersom wees.

Daarom moet predikante, ouderlinge, ouers, ens. boeke ook lees om die lidmate se lewens te verstaan, ons tydsgees.

Skrywers soos Neil Postman (Amusing ourselves to Death), AW Hunt (The Vanishing Word: the veneration of visual imagery in the postmodern world) en nou Kevin Vanhoozer help ons om ons tye te verstaan, sodat ons die Evangelie vir ons tye kan bring.”

Hier is ‘n paar aanhalings uit die onderhoud met Vanhoozer wat u dalk kan motiveer om die boek self aan te skaf as dit vrygestel word (beklemtonings is bygevoeg):

Read More…

KGKSA 9 April 2016

Foto Spreker MP3 PDF Beeld Titel Beskrywing Datum
Ferreira,F,Ds Christus se kerk of ons kerk Opening 20160409
Hefer,B,Ds Christus se kerk of ons kerk Wat is kerkverband 20160409
Le Cornu,S,Ds Christus se kerk of ons kerk Reformasie – wat is nodig 20160409
Momberg,H Christus se kerk of ons kerk Hoe word die kerk steriel 20160409
Rossouw,C,Ds Christus se kerk of ons kerk Hoe moet die kerk regeer word 20160409
Smit,B,Ds Christus se kerk of ons kerk Wie en wat is die gemeente 20160409

Sommige van die konferensiegangers

VERSLAG VAN DIE KGKSA KONFERENSIE: 9 APRIL 2016

deur Francois van Deventer

Saterdagoggend 08.00 was `n besonderse oggend, want ons het kerk toe gekom… Dit is besonders, want ons kom gewoonlik op `n Sondagoggend bymekaar. Hierdie was egter `n spesiale geleentheid, want ons het bymekaargekom om saam met ander kerke te besin oor wat die kerk is onder die titel `CHRISTUS se kerk of ONS kerk`.

Talle gelowiges van 11 kerke en 9 predikante het baie moeite gedoen om hierdie vergadering by te woon. Hulle het van alle rigtings aangekom

  • Twee gesinne al die pad vanaf Pietersburg
  • 6 lidmate van Carletonville
  • Ds Jack Lakalakala vanaf Makolokwe in Noord Wes
  • Blikkies en nog twee ander vanaf Middelburg
  • Die suide van Johannesburg was ook nie uitgesluit nie, want Ds Dirk Dykstra van Nigel het ook deurgekom.
  • Daar was ook ‘n hele paar broers al die pad van Pietersburg.
  • En dan was Pretoria ook heel goed verteenwoordig met tientalle lidmate vanaf verskeie kerke in en rondom Pretoria.

Ben Smit het klem daarop gelê dat eenheid voort moet kom uit `n gemeenskaplike belydenis en dat die klem moet val op die prediking. `Daar moet gevra word wat is jou belydenis en nie wie is jou gemeente nie. Die kerk/gemeente moet institusioneel onder Christus staan.`

Hennie Momberg het gepraat oor `Hoe dit gebeur dat die kerk steriel raak.` Hy het die volgende punte uitgelig:

  • Sodra sy haar afhanklike gehoorsaamheid aan Christus vervang met iets anders.
  • Sodra sy nie meer die basiese funksies van `n gemeente uitoefen nie.
  • Sodra haar lig onder die maat-emmer beland, haar sout laf geword het.
  • Sodra die lidmate hulle roeping tot gesinsvorming en gesinsverbreiding versaak het.
  • Sodra haar godsdiens in `n stuk drama verander het.

Cobus Rossouw het Markus 8 aan die vergadering voorgehou toe Christus gevra het: “Wie sê julle is Ek?” Petrus bely dat Jesus die Christus is, dat hy die Verlosser Koning is en Sy heerskappy in die wêreld inbring en dat Hy ons Koning is. Enige besinning oor “Hoe die kerk regeer moet word,”moet hier begin – Jesus is die Koning van die kerk. Die kerk word regeer deur die ouderlinge. Hierdie ouderlinge moet toegerus wees uit die Woord sodat hulle bekwaam sal wees om te onderrig sodat hulle kan regeer volgens God se Woord. Christus regeer ook deur dienskneg ouderlinge, want die kerk is die dienskneg van die Koning. (Mark 10:42-45)

Daar moet geregeer word deur te dien. Ware dissipels dien mekaar. Ons gee ons lewens vir mekaar, want ons Koning het sy lewe gegee vir ons. Hy het gedien soos `n slaaf wat in die proses dood gegaan het. Ons moet nie as heersers oor die erfdeel wees nie maar as voorbeeld vir die kudde van dienaar en slaaf wees aan mekaar soos Jesus vir ons was. Dien ons mekaar in selfopofferende liefde? Hierdie is die wese van kerkwees, van dissipel wees: As ons liefde onder mekaar het. Hier moet die ouderlinge leiding gee, anders is kerkwees totaal sinloos. Hoe moet die kerk regeer word? Direk deur Christus. Is hy ons Koning? Die kerk moet weergebore word deur die ouderlinge se verkondiging van die Woord. Hierdie ouderlinge moet diensknegte wees wat hul lewens gee.

Barend Hefer het klem daarop gelê dat kerkverband nie die wese is van kerkwees nie, dat kerkwees nie voortspruit uit kerkstrukture nie. Hy het ook daarop gewys dat `n gemeenskaplike Bybelse belydenis die beginpunt moet wees van samewerking tussen kerke. Hy het beklemtoon dat die gemeente in alle opsigte kerk is en dat kerkverband daarom die samekoms is van volwaardige kerke. Dit is daarom meer korrek om te verwys na die Gereformeerde KerkE in Suid Afrika of die Afrikaanse Protestantse KerkE wanneer na die kerkverband verwys word. Dit is nie korrek om te verwys in die enkelvoud nie.

Middagete het ons heerlik gesmul aan geregte wat die susters van GK Bet-el met groot liefde voorberei het. Almal het genoeg gehad en daar het amper niks oorgebly nie.

Ds le Cornu was laaste aan die woord toe hy gesels het oor “Kerklike Reformasie : Wat is nodig?”. Hy het verwys na Neil Postman se boek “Amusing ourselves to death” en hierdie postmoderne eeu waar dit gebeur dat plaaslike gemeenskap onderbeklemtoon word. Dit gebeur dan dat die kerkgemeenskap deur die tydsgees ingesluk word. Meeste mense word vasgevang deur die sosial emedia en die prentjiemediums. Op die einde gebeur dit dat mense nie meer met mekaar kan kommunikeer nie. Ons moet weer die ou waarhede van die Skrif ontdek. Reformasie is nie ’n nuwe boodskap nie… ons moet weer terugkeer na die ou waarhede van die Skrif. Ds le Cornu het ook die volgende punte voorgehou:

  • Ons moet die tye en mense verstaan vir wie ons die Evangelie moet bring.
  • Christene moet “radikaal” wees volgens die ou en nuwe dinge van die Skrif. Dit beteken om diensbaar te wees en kruis te dra agter Christus aan, terwyl ons radikaal teen die sonde is.
  • Die pastrorale briewe maak dit duidelik dat die fondamente vir reformasie vandag bestaan uit: Persoonlike reformasie (1 Tim 1:15, 2 Tim 2:11), Gesinsreformasie (1 Tim 2 en 3, 1 Tim5, Tit 1), ampsdraer reformasie (1 Tim 3) en Konkinkrykreformasie (1 Tim 4:9).

Aan die einde van die dag was dit opmerksaam hoe die tema dat God se Woord in die middel moet staan weer en weer na vore gekom het. Dit was ook opmerksaam hoe lidmate van verskillende kerke en kerkverbande eenstemmig kon wees.

Hierdie was die program vir die dag: KGKSA program

Bron: KGKSA Konferensie lesings 2016

Posted by: proregno | April 6, 2016

In die geskiedenis vandag: Stigtingsdag, 6 April 1652

Stigtingsdag, oftewel van Riebeeckdag, word deur gereformeerde Christene beskou as die volksplanting van die Afrikaner in Afrika.  Wat baie ‘Afrikaners’ egter vergeet het (partymaal doelbewus), is dat die ‘wortel van ons volksplanting’ en dus ‘volksbestaan’, die Calvinisme was.

Die Calvinisme wat hier geplant is, was gefundeer in Statebybel met sy Verklarende Aantekeninge, die Psalmboek, die gereformeerde teologie van Johannes Calvyn (sien sy Institusies van die Christelike Godsdiens), en die ‘ou skrywers’, o.a. a’Brakel, Smytegelt, ens.

Geen moderne Afrikaner wat heiden, liberalis, evolusionis of nazi-is wil wees, kan hom beroep op die volksplanting of die wortel van ons volksbestaan nie.

In  prof. Willie Snyman se artikel “Die Afrikaanse Volk se krag is in Calvinisme“, skryf hy onder meer:

“Is dit te veel om te sê dat die Afrikaner wat met die Calvinisme breek, met sy verlede breek en ontrou is aan sy afkoms? Ons het hier ‘n lyn wat deurloop tot aan die begin van sy geskiedenis. Die Calvinisme is die tradisie van die Afrikaner. Die tradisionele Afrikaner moet ‘n Calvinis wees.”

Daarom, ongeag hoe vervalle die nuwe SA is en nog meer gaan word, sien ek ongelukkig nie enige hoop in al die (politieke) stemme wat opgaan tot ‘volksreformasie’ binne Afrikanergeledere nie, omdat dit meestal ‘n postmoderne oproep is waarin ‘heiden, liberalis en evolusionis’ ook welkom is ter wille van die ‘volksaak’.

So word die kerklike verskeurdheid onder die Afrikaner maar bloot aanvaar, en word dit nie as ‘n probleem beskou dat ‘n Afrikaner aan nie-gereformeerde kerke of selfs liberale kerke behoort nie. Prof Snyman skryf:

“(Die vyand het die Calvinus) nie probeer loskry van sy Kerk nie, maar van sy Calvinistiese geloofsoortuiging, deur dit te ondermyn met ‘n oppervlakkige, metodistiese volksvroomheid. Daarmee moes die ,,harde” Calvinis week gemaak word. Nou nog. Ook deur die liberalisme. Reeds toe al. Die liberalisme is nie ‘n vyand wat eers in die twintigste eeu opgeduik het nie. Miskien het baie hom nou eers gewaar. In die vorige eeu het dit die Afrikaner al kerklik geskeur. Ons moet ons ook nie daarteen blind staar as die enigste gevaar wat ons bedreig nie. Die eintlike gevaar, die prysgewing van die Calvinisme, vir watter ,,isme” ook, of bloot die prysgewing daarvan. Dit is die prysgewing van ons eersgeboortereg. Dan word ons afgesny van ons wortel, en is ons oorwonne voordat die slag gelewer is, soos Simson.”

Die oplossing moet gesoek word in die lyne van dr. HG Stoker se artikel, “Die Calvinisme as wortel van ons volksbestaan“.

Sien in die besonder die volgende woorde van Stoker:

Nieteenstaande hierdie agteruitgang glo ek nog dat daar ‘n kern van ons volk is wat aan sy verlede ten volle trou bly en in die regte rigting voortbou.  Ek glo nog dat daar ‘n tyd sal kom waarin God ons volk sal wakker skud tot ‘n stryd wat die so nodige antitese sal skep en die toegedekte antitese, die dubbelslagtige en dubbelhartige karakter van die sinkretisme, sal ontbloot en daardeur vernietig – ‘n stryd wat noodwendig op kerklike en godsdienstige terrein sal moet begin omdat die Calvinisme die geestelike wortel van ons volksbestaan is.

Intussen, moet ons ons opnuut verootmoedig voor die Here, en onsself ondersoek in hoe ‘n mate ons afgedwaal het van ons roeping, soos verwoord in

VAN RIEBEECK SE GEBED (1652)

“Barmhartige, genadige God en hemelse Vader, volgens u goddelike wil is ons geroep om die sake van die Verenigde Nederlands Geoktrooieerde Oos- Indiese Kompanjie hier aan die Kaap die Goeie Hoop te bestuur. Met hierdie doel voor oë is ons met ons Raad in u heilige Naam vergader om met die Raad se advies sodanige besluite te neem waarmee ons die Kompanjie se belange die beste kan bevorder. Ons is hier om die wet te handhaaf en om, as dit moontlik is, onder hierdie wilde en onbeskaafde mense u ware gereformeerde Christelike leer voort te plant en bekend te maak tot lof van u heilige Naam en tot voordeel van die wat oor ons regeer. Hiertoe is ons sonder u genadige hulp allermins in staat. Daarom bid ons U, allerhoogste Vader , dat U met u vaderlike wysheid by ons sal bly. Ons bid dat U self leiding in ons vergadering sal gee en ons harte so verlig dat alle verkeerde hartstogte, tweedrag en ander dergelike gebreke van ons geweer sal word sodat ons harte van alle menslike hartstogte skoon sal wees. Laat ons gemoedere so ingestem wees dat ons in ons beraadslaging niks anders beplan of besluit nie as dit wat mag strek tot grootmaking en lof van u allerheiligste Naam en tot diens van die wat oor ons regeer. Laat ons nie in water mate ook al op eie voordeel of winsbejag let nie, maar net op die uitvoering van ons opdragte en dit wat vir ons saligheid nodig is. Ons bid en vra dit in die Naam van u geliefde Seun, ons Heiland en Saligmaker, Jesus Christus … wat ons leer bid het: Ons Vader wat in die hemel is, … Amen”

VAN RIEBEECK SE GELOFTE, 6 April 1654

“Aangesien dit vandag twee jaar gelede is dat ons met God’s hulp en leiding met die skepe Drommedaris, Reiger en Goede Hoop veilig hier geland het, om hierdie fort en kolonie in opdrag van ons here en meesters op te bou, en ons gemerk het dat God die Here al die sake tot vandag toe met baie seëninge, goed en na wens laat verloop het,  het ons besluit, en ook vanjaar daarmee begin, om hierdie dag, 6 April, tot God’s eer met danksegging te vier, en dit vir altyd as ’n dank- en biddag in te stel, sodat ons nakomelinge nooit die weldade wat God aan ons bewys het, vergeet nie, maar dit altyd in gedagte mag hou.”

Ragab se geloof getuig van

die Here se oordeel én genade

Skriflesing: Josua 2 en Jakobus 2:21-26

Preekteks: Josua 2

Preekopname (GK Bet-el, gaan na 2016-03-13): Josua 2

Preeknotas:

Geliefdes in ons Here Jesus Christus,

In die boek Josua, is die Here besig om sy beloftes aan die aartsvaders,

Abraham, Isak en Jakob, te vervul.

Die Here het aan hulle die land Kanaan belowe,

en gee dit nou aan die volk wat die land moet inneem, onder leiding van Josua.

So sien ons dat die Here alle volke en tye en mense in sy Hand het,

en dat sy raad- en reddingsplan sal geskied deur al die eeue.

In die bybelse tyd, deur alle eeue, vandag tot en met die wederkoms.

 

Maar wat nou so wonderlik is en ons spesifiek nou moet raaksien,

is dat in sy groot reddingsplan waar Hy met volke en in die geskiedenis besig is,

ontferm Hy Hom oor spesifieke individuele mense,

oor sy uitverkorenes in en onder al die volke,

ongeag hoe groot hul sondes was,

ongeag hoe verskriklik hul teen sy gebooie gesondig het.

ongeag dat hul binne of buite die sigbare kerk is.

Hy is genadig en barmhartig vir elkeen wat hul sondes ken én na Hom vlug,

wat hul verlossing en redding by Hom soek.

En dit sien ons treffend hier in ons teksgedeelte,

deur die lewe van Ragab …. die hoer.

Ons tema is daarom:

Ragab se geloof getuig van die Here

se regverdige oordele en sy onverdiende genade

Ons let op 3 sake:

  1. die werke van Ragab se geloof, v.1-7
  2. die inhoud van Ragab se geloof, v.8-13
  3. Die vrug van Ragab se geloof, v.14-24

Read More…

« Newer Posts - Older Posts »

Categories

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 514 other followers