Die Church of Scotland, waarmee die GKSA sustersbande het, beweeg al nader aan die Rooms Katolieke Kerk: http://heidelblog.wordpress.com/2010/05/26/john-knox-is-at-7500-rpm/ 'n Ander kerkverband met wie ons bande het, die CRCNA, het reeds besluit die volgende frase van vraag en antw. 80 van die Heidelbergse Kategismus is nie meer bindend nie: "Die mis is dus in wese niks anders nie as 'n... Continue Reading →
Buks: 21 Januarie 2002 – 26 Mei 2010
Die wat ons gesin al die afgelope 8 jaar ken, weet wie Buks is. Ou Buksie is ons gesin se worshond, wat ons in 2002 gekry het toe ons in Potch gebly het vir my teologiese studies. Buks het soos 'n 'ouboet' grootgeword saam met al die kinders, van Joanette tot my jongste seun, Berto, en... Continue Reading →
Vryheid van spraak: die Mohammed spotprent
Die politieke spotprent tekenaar, Zapiro, is weer in die moeilikheid. Sien die storie hier: http://www.mg.co.za/article/2010-05-21-uproar-over-mg-prophet-muhammad-cartoon Soos die berig vermeld, is daar sterk teenreaksie vanaf Moslems en Moslemleiers. Iemand het toe die ekonomiese voordele in die gebeure raakgesien, en toe droogweg opgemerk op ‘n blog: "If you lived in a Muslim country, you could make a... Continue Reading →
Apologetiek – watter metode ?
Apologetiek – watter metode ? Die afgelope 2 weke was hier ‘n paar christelike apologete van die VSA wat deur die land getoer het, verskillende lesings aangebied het, en aan verskillende debatte deelgeneem het, teen onder andere Pieter Craffert en Sakkie Spangenberg (http://www.antwoord.org.za/node/211). In vandag se Beeld (17.05.2010) was daar ‘n berig oor een van... Continue Reading →
Losheid in leer, losheid in lied
Totius en Cachet het in die begin van die 20ste eeu in hul boekie, Waarom sing die Gereformeerde Kerk alleen Psalms, geskryf: "Ja, die geskiedenis het meer om te bewys. Haar onwraakbare getuienis is dat geen kerk streng gereformeerd gebly het, wat die gesange gebruik het nie. Daar was steeds 'n wisselwerking. Die losheid in... Continue Reading →
Jackson baie gevaarliker as Malema
In vandag se Beeld (05.05.2010) word daar 'n paar aanhalings gegee vanaf die Facebook webblad wat opgerig is in medelye vir 'Lolly Jackson' wat vermoor is op 3 Mei. Hy was die bekende eienaar van die ontkleedansers klubs wat deel van ons land se kultuur geword het die afgelope dekade. As 'n mens die opmerkings... Continue Reading →