Totius en Cachet het in die begin van die 20ste eeu in hul boekie, Waarom sing die Gereformeerde Kerk alleen Psalms, geskryf:
“Ja, die geskiedenis het meer om te bewys. Haar onwraakbare getuienis is dat geen kerk streng gereformeerd gebly het, wat die gesange gebruik het nie. Daar was steeds ‘n wisselwerking. Die losheid in de leer roep om die gesange, en die gesange roep om die losheid van die leer.”
Hierdie tendens word opnuut gesien in die onlangse gebeure in die Free Church of Scotland (FCS). So klompie jare gelede het ‘n hele paar gemeentes afgestig om ‘n nuwe kerkverband te begin, onder die naam Free Church of Scotland Continuing (FCSC).
Een van die hoofredes vir die afstigting was die losheid in die leer van ‘n spesifieke teologiese professor van die FCS:
http://en.wikipedia.org/wiki/Free_Church_of_Scotland_(Continuing)
http://www.freekirkcontinuing.co.uk/FCC/About_Us.html
In ‘n onlangse berig word daar vermeld dat die FCS dit nou ook oorweeg om Gesange toe te laat in hul eredienste:
http://www.pressandjournal.co.uk/Article.aspx/1721446?UserKey=
Die FCSC wil egter by die Psalms alleen bly:
http://www.westminsterconfession.org/identity/restoring-the-psalms-in-worship.php
“Maar diegene wat die waarheid liefhet en die geskiedenis ken, sal met my saamstem, dat daar waar die Reformasie die suiwerste deurgebreek het, die gesange volkome afgeskaf is.”– ds. Hendrik De Cock
Oor die lied in die GKSA, sien: https://proregno.wordpress.com/2010/01/19/pro-regno-nr-11-die-kerklied/
Leave a Reply