
Apologetiek – watter metode ?
Die afgelope 2 weke was hier ‘n paar christelike apologete van die VSA wat deur die land getoer het, verskillende lesings aangebied het, en aan verskillende debatte deelgeneem het, teen onder andere Pieter Craffert en Sakkie Spangenberg (http://www.antwoord.org.za/node/211).
In vandag se Beeld (17.05.2010) was daar ‘n berig oor een van die lesings, deur die apologeet, dr. William Lane Craig:
https://proregno.files.wordpress.com/2010/05/craig.pdf
Maar wat is apologetiek ?
Die woord apologetiek kom van twee Griekse woorde ‘apo’ (terug) en ‘logos’ (woord), wat dus beteken om ‘n (ant)woord terug te gee. Christelike Apologetiek is daarom die verdediging en bevestiging (d.w.s. die antwoord) van die Christelike geloof en lewensbeskouing teenoor ander gelowe, filosofieë en wêreldbeskouings.
Onder Christene is daar egter ‘n verskil oor die spesifieke apologetiese benadering (metode) wat gevolg moet word, wat volgens sommige ‘n groot verskil maak oor hoe ons die ongelowige (hetsy die liberale teoloog of ateïstiese wetenskaplike) gaan benader. Die een benadering is die ‘evidentiale ’ (bewysende) apologetiese benadering, en die ander die presuppositionale (voorveronderstellende, aksiomatiese, basiese aanname) apologetiese benadering, wat ek gerieflikheidshalwe afkort as die EAB en die PAB.
Die EAB probeer die ongelowige oortuig deur hom te wys op al die bewyse wat daar is ten gunste van die Christelike geloof, bv. oor God se bestaan of die letterlike historiese opstanding van Christus. Ten einde sal die EAB vir die ongelowige wil wys dat die mees sinvolle verduideliking vir die mens en die kosmos se bestaan, die Christelike geloof is, soos daarvan getuig word in die Skriftuur en natuur.
Bekende verteenwoordigers: Thomas Aquinas, BB Warfield, Charles Hodge, Edward Carnell, Josh McDowell, , Norman L. Geisler, RC Sproul, William Lane Craig, JP Moreland.
Sien die volgende kritiek van hierdie benadering: “The Resurrection of Thomism”, by http://www.reformed.org/
Die PAB wil die ongelowige daarop wys dat die lewe alleen sin het, omdat die Christelike geloof waar is. Daar word voorveronderstel dat God bestaan en die Bybel waar is, en dat dit die enigste ware verklaring is vir die mens se lewe en denke. Denke, logika, moraliteit kan nie sinvol verduidelik word sonder die bestaan van God en sy Openbaring nie.
Bekende verteenwoordigers: Abraham Kuyper, Herman Bavinck, Cornelius van Til, Gordon Clark, Greg Bahnsen, Robert L. Reymond, John Frame.
Die verskil tussen hierdie twee benaderings kan as volg saamgevat word:
“Evidentialism reasons for or to Christian truths; presuppositionalism reasons from Christian truths.” (HW House & JM Holden, Charts of Apologetics and Christian Evidences, Zondervan, 2006, chart 9)
Sien ook hierdie artikel wat ‘n balans tussen die twee benaderings probeer vind:
http://www.yutopian.com/religion/theology/Apologetic.html
Dit blyk dat daar by die evidentialiste ‘n onderliggende ‘voorveronderstelling’ is dat as hul genoegsaam en deeglik genoeg die bewyse aan die ongelowige voorhou, dit hom sal oortuig. Nou was ek self by ‘n lesing van ‘n evidentialis, prof Michael Licona, laas Maandag (http://www.antwoord.org.za/node/226) toe hy gesels het oor die bewyse vir die histories-letterlike opstanding van Christus, en daar het hy genoem dat al gee ons hoeveel bewyse vir die ongelowige, hy nie sal glo nie, as hy nie wil glo nie (die arminiaanse vrye wil lering?), en dat die Gees van God ook moet werk.
Die PAB is meer konfronterend en antiteties. Die benadering ontken nie die getuienis van God in die natuur en Skriftuur nie, inteendeel, dit begin met daardie voorveronderstelling dat God Hom in die mens, natuur en Skrif nie onbetuig gelaat het nie (Ps.19; Rom.1; sien ook NGB artikel 2). Maar, baie belangrik, as gevolg van die sondeval (totale verdorwenheid = al die mens se gereedskap is aangetas deur die sonde) onderdruk die gevalle mens hierdie waarhede, misbruik dit, of verdraai dit, en daarom moet die ongelowige daarop gewys word dat ook sy ‘redenasie gereedskap’ deur die sondeval aangetas is. Die sondige gevalle mens gebruik nie meer sy verstand om agter God aan te dink soos hy hoort nie (2 Kor.10:4-6), maar juis om God te ontken en te verwerp (Rom.1:18-32, veral vers 21), of die verstand as standaard of toetsteen te stel vir wat reg of verkeerd, moontlik is of nie, ens.
Die EAB respekteer en aanvaar die ongelowige se neutrale (?) denke, terwyl die PAB in sy benadering nie net fokus op die bewyse/getuienis nie, maar ook op die aard, karakter en geestelike toestand van die ongelowige wat gekonfronteer word met God se natuur en Skriftuur.
Die doel met my paar opmerkings, is om mede-gelowiges aan te spoor om hierdie baie belangrike terrein en taak van ons Christelike geloof te bestudeer.
Paulus skryf in Fil.1:7 van sy ‘verdediging en bevestiging van die evangelie’, dat ons die geeste moet onderskei (1:10), dat ons moet waak teen ‘wysbegeerte en nietige misleiding ‘ wat nie op Christus gebou is nie (Kol.2:8), dat ons elke gedagte wat teen God se waarheid ingebring gevange moet neem (2 Kor.10:4-6), en het dit ook konkreet gedoen (bv. Hand.17:15ev – die Areopagus konfrontasie). Petrus roep ons ook om ons geloof te verantwoord 1 Petr.3:15 terwyl Johannes ons oproep om die geeste te onderskei (1 Joh.4:1). Met ons SA samelewing wat veral sedert 1994 meer oop gegaan het wat ander godsdienste en lewensfilosofieë betref, lê daar ‘n groot verantwoordelikheid op gelowiges om hulself en ander gelowiges toe te rus “om kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is” (Judas 3), en dit op alle terreine van lewe en denke (1 Kor.10:31)
Daar is baie apologetiese bronne beskikbaar, maar ek beveel die volgende bronne (persone, blogs en boeke) aan, as vertrekpunt, vanuit beide apologetiese benaderings, alhoewel ek van mening is dat die PAB die beter metode is:
1. Oorsig oor Apologetiek en Christelike Apologetiek
http://en.wikipedia.org/wiki/Apologetics
http://en.wikipedia.org/wiki/Christian_apologetics
2. Always Ready: Directions for Defending the Faith, en, Pushing the Antithesis, Greg L Bahnsen
http://www.cmfnow.com/apologeticsGregL.Bahnsen.aspx
(Ek het al ‘n paar hoofstukke in Afrikaans vertaal uit Bahnsen se boek, Always Ready, en sal dit nog hier op die blog beskikbaar stel. Die plan is om verdere hoofstukke ook te vertaal, so as daar enige persone is wat kan help vertaal, sal dit baie waardeer word.)
3. ‘n Paar apologetiese bronne:
http://www.monergismbooks.com/home.php?cat=262
4. Gordon Clark
http://www.trinityfoundation.org/
5. William Lane Craig
http://www.reasonablefaith.org/site/PageServer
6. Debat
http://www.carm.org/apologetics-dialogues
7. Alpha and Omega Ministries
8. Gereformeerde Apologetiek
http://www.reformedfellowship.net/articles/vantil_apologetics_aprmay1951_v1_n01.htm
9. Sien ook die reeks van artikels wat wys die band wat daar is tussen Apologetiek en die Skepping vs Evolusie debat
http://www.answersingenesis.org/articles/2009/02/11/new-web-series-bahnsen-intro
Hierdie reeks is bemoedigend, aangesien ‘kreasioniste’ baiemaal aangekla word dat hul die skepping wil ‘bewys’, terwyl die teenoorgestelde waar is, ten minste wat reformatoriese kreasioniste betref.
10. Die verdediging van die Christelike geloof