Die Protestantse pad terug na Rome ?

Die Church of Scotland, waarmee die GKSA sustersbande het, beweeg al nader aan die Rooms Katolieke Kerk:

 http://heidelblog.wordpress.com/2010/05/26/john-knox-is-at-7500-rpm/

 ‘n Ander kerkverband met wie ons bande het, die CRCNA, het reeds besluit die volgende frase van vraag en antw. 80 van die Heidelbergse Kategismus is nie meer bindend nie: “Die mis is dus in wese niks anders nie as ‘n verloëning van die enige offer en lyding van Jesus Christus en ‘n afgodery, wat vervloek is”

http://www.crcna.org/pages/positions_lordssupper.cfm

 Sien die volgende relevante skrywe oor hoe protestantse kerkleiers al meer ekumenies met Rome saamwerk: http://www.trinityfoundation.org/latest.php

 Sien ook: https://proregno.wordpress.com/2010/02/18/moenie-laat-die-pous-jou-flous/

 Watter pad loop huidige protestantse kerke en watter pad gaan hul vir die toekoms kies:  die pad terug na Rome of terug na die Reformasie ?

 ‘n Leidraad om u eie gemeente se rigting te help beoordeel: lees weer HK Sondag 35, en dan kyk jy Sondag wat staan sentraal in die erediens:

 – ‘n Woord-en-Gees (ere)diens [deur die lewende verkondiging van sy heilige Woord, die bediening van die heilige sakramente, en die liefdevolle toepassing van die tug (NGB artikel 29)], of

 – ‘n Beeld(e)diens waarin die mens en sy godsdienstige behoeftes en ervarings sentraal staan (hier is ‘n paar tendense: jesus films, media beheptheid, jesus prente, opvoerings, getuienisse van sport en vermaaklikheidsterre, mensebelewenisse oor hoe hulle jesus in hul harte ‘voel en ervaar’,  kerse, wierook, spesiale dienste op spesiale tye, orals kruise, poppekas, kinderdienste, cool films, opvoerings, geen meer preekstoel nie maar ‘n groot podium vir al die ‘shows’, ‘no creed but Christ’, baie bewondering vir ons ‘cool’ predikant wat nie meer preek nie maar net lekker met ons ‘chat’, lekker ligte ‘lawwe’ liedjies wat net uit 3 reëls bestaan en net oor ‘liefde’ gaan, en jesus se naam heeltyd herhaal en herhaal en herhaal word, ens; jeugleiers wat ‘cool’ is terwyl pa en ma outyds is; die jeugprogram bestaan meestal net uit uitstappies en lekker ‘socials’, en nie ‘vervelige bybelstudies’ nie, ens.  Om saam te vat: as iemand gevra word waarom is jy in hierdie kerk en nie ‘n ander een nie, en die standaard antwoord is, veral onder die jeug: “want dit is cool en lekker hier, en al my pêlle is ook hier”, dan is dit tyd om te begin bekommerd raak, baie bekommerd.  Die reformatoriese bybelse antwoord op die vraag kan hier gevind word: NGB artikel 27-29). 

Hoe meer daar wegbeweeg word van die Woord, hoe meer gaan die Beeld oorneem.  Hoe minder Woord daar is, hoe meer gaan die onkunde toeneem (Hos.4:6). Hoe meer die onkunde toeneem, hoe meer gaan mense oop wees vir die nuutste dwaling wat hul gaan meesleur, alles in die naam van die godsdienstige ervaring.

“The twentieth century is not the Age of Anxiety but the Age of Hollywood. The pagan cult of personality has reawakened and dominates all art, all thought. It is morally empty but ritually profound … Movie screen and television screen are its sacred precincts.” – Camille Paglia 

“So idolatry has triumphed. I think Luther would join Moses in saying that the cult of the word is defenseless in the face of the image.” – Neil Postman

“A generation that cannot read is open to the most subtle forms of propaganda.” – Gary de Mar

Bestudeer gerus die volgende boek, om u en u gesin te help om woordgesentreerd, en nie beeldgesentreerd te leef nie, d.w.s. deur die Woord na die beeld te kyk en te kan beoordeel tussen goeie en slegte beelde: The Vanishing Word – The Veneration of Visual Imagery in the Postmodern World, Arthur W. Hunt III (Crossway, 2003).

2 thoughts on “Die Protestantse pad terug na Rome ?

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: