Angus Buchan op (gereformeerde) steroids

So paar skrywes terug het ek hier geskryf oor Angus Buchan, en veral hierdie aspek van sy boodskap beklemtoon, naamlik dat die gesin herstel moet word, beginnende by mans wat weer liefdevolle diensbare leiding in die gesin verskaf. Onlangs het ek na twee boodskappe oor die soortgelyke onderwerp geluister, wat ek by u elkeen wil... Continue Reading →

Aan Julian Müller – ek twyfel ook !

AAN JULIAN MULLER - EK TWYFEL OOK !  “In Om te Mag Twyfel beskryf ek my geloofsreis vanaf klein seuntjie deur die strikke op die geloofspad – soos evangeliese geloofsekerheid, Christelike nasionalisme en kerklike sekuriteit – en hoe ek Goddank daarin geslaag het om nie by een van dié strikke vas te haak nie, tot... Continue Reading →

Pro Regno boekrak: 27 April 2011

1. Internasionale Teologiese Week 2011 in Bloemfontein & prof. Erik de Boer se intreerede Internasionale Teologiese week, 3-5 Mei Intreerede, 4 Mei 2. Skepping konferensie spesifiek vir kerke, 21 Mei 2011 The Creation-Flood-Babel Model of Origins Conference Bekendstelling Meer inligting 3. Nuwe kommentaar op Galasiërs Justified unto Liberty, Herman Hanko Sien gerus die spesiale aanbieding... Continue Reading →

Psalms alleen

In ons moderne tyd in SA se kerklike gemeenskap klink die 'Psalms alleen' (Exclusive Psalmody) standpunt heel vreemd op mense se ore.  In die geskiedenis en deur die res van die wêreld is dit nie vreemd of onbekend nie. Gaan besoek gerus die volgende webblad: Exclusive Psalmody Churches - promoting biblical worship facilitating fellowship across... Continue Reading →

Afbeeldings van Christus

  In die nuutste uitgawe van die Kompas (April 2011), kerklike tydskrif van die Vrygemaakte Gereformeerde Kerke in SA, word in 'n artikel 'n afbeelding van Jesus Christus gepubliseer, uit die werk van Rembrandt, die 'Honderdguldenprent'. In 'n voetnota (bl.16) word die volgende regverdiging daarvoor gegee: "In die Gereformeerde tradisie is daar verskillende opvattings oor... Continue Reading →

Pro Regno boekrak: 2011-04-11

1. Kelkiewyn Goeiedag Almal, Die Kelkiewyn is ʼn blad wat gesamentlik uitgegee word deur 'n paar Gereformeerde gemeentes in Namibië om hulle eie lidmate, maar ook ander gelowiges in Namibië toe te rus om in hulle daaglikse vlug en vlerksleep Gereformeerde gelowiges te wees, wat aktief die Here dien. Tematiese uitgawes konsentreer positief op Gereformeerde... Continue Reading →

Van Riebeeckdag, 6 April 1652

Ter herdenking van 'Stigtingsdag' plaas ek dr. WJ Snyman se artikel, "Die Afrikaanse volk se krag is in Calvinisme' (Woord en Daad, jg.IX, April 1966m p.1-3) hier:  "Van Riebeeckdag vestig die aandag op die tradisie van die Afrikaner: die Calvinisme. Dit is die kraglyn wat van die volksplanting af deur sy geskiedenis loop." Van Riebeeckdag... Continue Reading →

Angus Buchan en VIDA

Die wêreld begin al meer (vyandig) kennis neem van die bediening van Angus Buchan. Vanoggend op RSG (Radio sonder Grense) is daar tussen 08h00-09h00 'n onderhoud met hom gevoer, op die geselsprogram 'Praat Saam'. Die RSG aanbiedster het haar bes probeer doen, met die hulp van enkele paar inbellers, om Buchan se bediening in 'n... Continue Reading →

Blog at WordPress.com.

Up ↑