Angus Buchan op (gereformeerde) steroids

So paar skrywes terug het ek hier geskryf oor Angus Buchan, en veral hierdie aspek van sy boodskap beklemtoon, naamlik dat die gesin herstel moet word, beginnende by mans wat weer liefdevolle diensbare leiding in die gesin verskaf.

Onlangs het ek na twee boodskappe oor die soortgelyke onderwerp geluister, wat ek by u elkeen wil sterk aanbeveel om saam u kinders, veral seuns te luister.  Maak gerus kopieë daarvan en stuur dit vir ouers en jongmanne aan, maar ook vir jong meisies wat eendag met godsvresende mans wil trou. 

As dit moontlik is, laai ook die videos af sodat u dit vir kerkgroepe, veral die ‘jeug’ kan wys, hulle sal baie daarby baat vind.  Dit is sterk medisyne wat nie altyd verwelkom word nie, maar wat broodnodig is vir ons sterwende kultuur, ook ons sterwende kerklike kultuur. 

Die spreker, Paul Washer, wys in die eerste lesing op die probleem: ons kinders, veral ons seuns word ‘vaderloos’ groot.  Pa’s voorsien dalk vir die geld, maar nie vir die geestelike vorming van sy kinders en veral seuns nie.  Die vaderfiguur ontbreek al meer, selfs in kerke identifiseer seuns nie met vaders en ouderlinge nie, maar met die sogenaamde ‘cool jeugleiers’. Kinders identifiseer meer met die ‘coach’, as met sy vader en broers. 

Ons kan hoeveel goeie tuisskole en goeie privaat ouerskole hê, maar as die gesin, die rol van vader en moeder nie volgens die Heilige Skrif herstel en weer waardeer word nie, help al hierdie ‘strukure en metodes’ op sig self nie.   So ook met die kerklike opset, as die kerk aksies nie gesins-georiënteerd is nie (1 Tim.3:2,4,5,15), as die gemeente ‘gered’ moet word deur jeugaksies en programme om die ‘jeug te lok’, dan is die skrif aan die muur, en is dit net ‘n kwessie van tyd dat ongelowiges en dwalinge die gemeente gaan oorneem (Kyk of luister na hierdie uittreksel).

In die tweede lesing wys die spreker daarop wat jongmanne moet doen om voor te berei vir die huwelik, en wat ‘n man eers moet wees voordat hy daaraan kan begin dink om ‘n jongvrou te nader in ‘n verhouding. Hy is nie ten gunste van die humanistiese ‘dating club’ kultuur nie. 

Hier is die lesings om te luister of te kyk:

What a Man is not

Are you ready for a relationship ? 

Mal. 4:5-6 5 Kyk, Ek stuur julle die profeet Elía voordat die groot en vreeslike dag van die HERE aanbreek. 6 En hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders, sodat Ek nie hoef te kom en die land met die banvloek tref nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: