In die nuutste uitgawe van die Kompas (April 2011), kerklike tydskrif van die Vrygemaakte Gereformeerde Kerke in SA, word in ‘n artikel ‘n afbeelding van Jesus Christus gepubliseer, uit die werk van Rembrandt, die ‘Honderdguldenprent’.
In ‘n voetnota (bl.16) word die volgende regverdiging daarvoor gegee:
“In die Gereformeerde tradisie is daar verskillende opvattings oor of Christus afgebeeld mag word na aanleiding van die tweede gebod. Die algemene siening is dat Christus wel afgebeeld mag word in die tyd toe Hy op aarde was en ‘n menslike liggaam aangeneem het.”
Eerstens, leef ons nie meer in daardie tyd nie, en tweedens het nie een van die eerste eeuse gelowiges, nog die apostels, enige afbeeldings van Christus gemaak nie. Waarom meen ons dat ons dit wel kan doen ?
Maar belangriker, die Heilige Skrif leer ons dat ons God nie mag afbeeld nie, soos ons dit lees in die tweede gebod en bely word in Heidelbergse Kategismus v/a 96:
Vraag 96: Wat eis God in die tweede gebod?
Antwoord: Ons mag God op geen enkele manier afbeeld nie (a) en Hom op geen ander manier vereer as wat Hy in sy Woord beveel het nie (b).
(a) Jes. 40:18-19, Jes.40:25; Deut 4:15-16; Rom 1:23; Hand. 17:29.
(b) 1Sam 15:23; Deut 12:30; Matt 15:9.
Jesus is volkome Mens en volkome God, en alhoewel sy nature onderskei word, mag sy nature nie geskei word van mekaar nie. En, dit geld ook vir die tweede gebod en afbeeldinge van Christus, soos ons bely in die Geloofsbelydenis van Atanasius (#31-37):
31 “Hy is God uit die Wese van die Vader, voor alle tye gegenereer, en mens uit die wese van sy moeder, in die tyd gebore;
32 volkome God, volkome mens met ‘n redelike siel en menslike vlees;
33 na die Godheid aan die Vader gelyk, na die mensheid minder as die Vader.
34 En alhoewel Hy God en mens is, is Hy nogtans nie twee nie maar een Christus.
35 Hy is een, nie deur verandering van die Godheid in die vlees nie, maar deur die aanneming van die mensheid in God.
36 Hy is in alle opsigte een, nie deur vermenging van die wese nie maar deur die eenheid van die Persoon.
37 Want soos die redelike siel en die vlees een mens is, so is God en mens een Christus”
In die Nederlandse Geloofsbelydenis artikel 10 oor die ‘Godheid van Jesus Christus’ bely ons in navolging van die Skrif:
“Ons glo dat Jesus Christus ten opsigte van sy Goddelike natuur die eniggebore Seun van God is. Hy is van ewigheid af gebore; Hy is nie gemaak nie en nie geskep nie, want dan sou Hy ‘n skepsel wees; Hy is een wese met die Vader, ewig saam met Hom, die ewebeeld van die Persoon van die Vader, en die afskynsel van sy heerlikheid (Heb 1:3) en in alles aan Hom gelyk (Phi 2:6). Hy is van ewigheid die Seun van God en nie slegs sedert Hy ons natuur aangeneem het nie … Hy is dus ware, ewige God, die Almagtige, wat ons aanroep, aanbid en dien.”
Jesus Christus is van ewigheid Seun van God, Hy is een wese met die Vader, die ewebeeld van die Persoon van die Vader en die afskynsel van sy heerlikheid, Hy is die ware, ewige God, die Allerhoogste wat ‘ons aanroep, aanbid en dien’, voor, tydens én na sy aardse wandelinge en lewe.
As jy Jesus wil afbeeld, moet jy God afbeeld, en dit mag nie, kragtens die Skrif soos bely in v/a 96.
‘n Bloot ‘menslike kant tydens sy tyd hier op aarde’ afbeelding van Jesus is ‘n eensydige/halwe beeld, ‘n half-god of half-mens, dit is ‘n verwronge verdraaiing van sy ware Beeld, heerlikheid en ‘ewebeeld van die Persoon van die Vader’.
In NGB artikel 19 bely ons ook oor die twee nature van Christus:
“Hierdie twee nature is so ‘saam in een persoon verenig dat hulle selfs deur sy dood nie van mekaar geskei was nie.”
Wat God saamgevoeg het, mag geen mens skei nie, ook nie deur ‘kuns’ wat sogenaamd ‘net sy menslikheid’ probeer afbeeld nie.
‘n Verdere probleem met afbeeldings: ons het inderdaad geen ‘openbaringsprent of tekening’ wat wys hoe Jesus werklik gelyk het nie. Hoe gaan hy dus afgebeeld word vandag: Joods, Europiaans (blond en blou oë?), Afrikaan, Asiër … of soos die ‘hippie met die lang hare’ in die meeste verromantiseerde prente vanaf die 17de eeu en daarna, soos ook in die Rembrandt afbeelding ?
Watter jesus prentjie gaan almal gelukkig maak, die jesus prente van Rembrandt, of die ‘rainbow’ jesus prente van Desmond Tutu se ‘Children of God’ Storybook Bible ?
Nee, ons moet die Drie-enige God ken soos Hy Hom geopenbaar het, deur Woord en Gees (Joh.4:24). Christus het opgevaar, ons ken Hom nie na die vlees nie (2 Kor.5:16), maar deur die Woord en sakramente word Hy vir ons ‘afgebeeld’, ‘geskilder’:
“… julle voor wie se oë Jesus Christus afgeskilder is as onder julle gekruisig” (Gal.3:1).
Eendag gaan ons ons Koning en Verlosser weer van aangesig tot aangesig sien, soos Hy werklik is, maar tot dan is ons tevrede met die Woord en sakramente wat deur die Gees werk.
En dit is vir ons genoeg (NGB artikel 7), ons is dankbaar daarvoor:
1 Joh 1:1-4 “Wat van die begin af was, wat ons gehoor het, wat ons met ons oë gesien het, wat ons aanskou het en ons hande getas het aangaande die Woord van die lewe — 2 en die lewe is geopenbaar, en ons het dit gesien, en ons getuig en verkondig aan julle die ewige lewe wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is — 3 wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan julle, sodat julle ook gemeenskap met ons kan hê; en ons gemeenskap is met die Vader en met sy Seun, Jesus Christus. 4 En ons skrywe hierdie dinge aan julle, sodat julle blydskap volkome kan wees.”
Nie deur stomme beelde nie (ook nie jesus beelde en prentjies nie), maar deur die lewende verkondiging van sy Woord wil die HERE sy volk onderrig, vandag nog.
Laat ons nie wyser as God probeer wees nie (HK v/a 98)
Wat die geskiedenis betref, ja, die meerderheid deur die eeue, onder leiding van die Rooms Katolieke kerk, Ortodokse kerke, Anglikaanse en Lutherse kerke het nog altyd afbeeldings van Christus goedgekeur, maar dit was nie die gebruik van die gereformeerd-presbiteriaanse kerke nie, veral nie die Reformatore nie, tot en met die afvallige 20ste en 21ste eeu.
Dr. Paul N. Archbald van die ‘Reformed Churches in New Zealand’ skryf as volg in sy artikel “Pictures of Jesus“:
“I want to begin with a little historical information, from the time of the Reformation. Perhaps the best indication we have of the attitude of the Reformers to pictures of Jesus, comes from the Second Helvetic Confession. The Second Helvetic Confession was written by Zwingli’s successor, Heinrich Bullinger, and published in 1566. It was ratified by all the Swiss Reformed churches and used by Frederick III of the Palatinate. John Leith refers to it as “the most universal of Reformed creeds.” It was, in fact, adopted or highly approved by nearly all Reformed Churches in Europe, England and Scotland.
Chapter 4 of the Second Helvetic Confession is entitled, “Concerning Idols or Images of God, Christ and the Saints.” Bullinger writes, “We reject not only the idols of the Gentiles, but also the images of Christians. Although, in fact, Christ assumed human nature, He did not, assume it for this reason, that he might display a figure for the making of statues or even for the making of pictures…”
The teaching of the Second Helvetic Confession is noted by leading church historian, Jaroslav Pelikan, where he comments that this chapter was directed against the Byzantine (“Eastern Orthodox”) defenders of such images, and also against the Lutherans. The Lutherans had a tolerant attitude towards images, but the Reformed, in general, did not.
Charles Hodge is another who cites this chapter of the Second Helvetic Confession as typical of the Reformed position, over against the Lutherans. He also quotes Luther, who writes against the Reformed view-point, “When one reads of the passion of Christ, whether he will or not, an image of a man suspended on a cross is formed in his mind, just as certainly as his face is reflected when he looks into the water. There is no sin in having such an image in the mind; why then should it be sinful to have it before the eyes?” Luther was not opposed to images of Christ, but the Reformed were. The Reformed, observes Hodge, went further than Luther.
Calvin’s successor in Geneva, Theodore Beza, is another opponent of images cited by Pelikan. Beza spent much of his career interacting with the Lutherans, so it is not surprising that the issue comes up in his writings. Against the Lutherans, Beza argues: “Our hope reposes in the true cross of our Lord Jesus Christ, not in that image. Therefore I must admit that I thoroughly detest the image of the crucifix…[and] cannot endure it”. Beza, it should be noted, exercised a very strong influence upon the Puritans.
John Calvin also took a strong position against images (Institutes, Book 1, chap. 11, sections 2-13 especially). Calvin also wrote against the Eastern Orthodox, who favoured pictures of Jesus. He stressed that the second commandment is not just against the worship of images: it also forbids “making” or “having” them (Inst. 1.11.13). It forbids using them as educational tools to help the unlearned (Inst. 1.11.5). Nothing must replace or supplement the Word of God for teaching us about God. Calvin approves of books about the Bible, but not pictures of God. He says that Christ must be depicted by true preaching of the Gospel; the cross is to be depicted by preaching the cross – not by pictures (Inst. 1.11.7, citing Gal. 3:1).
Calvin is also aware that people will argue that God Himself gave His people visible manifestations of Himself: cloud, flame and smoke on Sinai; the Holy Spirit as a dove. But this does not justify our making of images from such appearances (Inst. 1.11.3).
The views of Calvin and Beza found their way into English Puritanism. Modern writers who have accepted this view include such well-known figures as John Murray and Loraine Boettner. …
It must be admitted that the Reformed were particularly concerned about superstitious abuses in the Roman and Eastern Churches. But in opposing the abuses, they opposed all images of Christ.”
Dr. Archbald wys ook daarop dat die vroeë kerk afbeeldings van Christus verwerp het:
“It appears that it was some time before pictures of Jesus came into use in the Ancient Church, perhaps as long as four centuries. When they were introduced, they were at first opposed. The Church Father Irenaeus, writing towards the end of the second century, comments on pictures of Jesus as being a peculiarity of the Gnostics at that time (Against Heresies 1.25.6). Bishop Epiphanius of Salamis (c. 315-403) describes how he came across a curtain with an image of Christ or one of the saints, hanging on the doors of a certain church. Epiphanius tore the curtain assunder, lest an image of man be hung up in the church, “contrary to the teaching of the Scriptures.” Eusebius, the fourth century historian, likewise, opposed pictures of Jesus.”
Dus, die ‘algemene siening’ wat vandag in kerke van gereformeerde belydenis heers, is daar omdat hul afgewyk het van hul gereformeerde belydenis en tradisie vanuit die Reformasie, en nou die sienings volg van die Roomse, Ortodokse, Lutherse en Anglikaanse kerke.
Die konklusie van dr. Archbald se artikel:
“Pictures of Jesus are vanity and lies because they teach and signify what is not true about God, what is not true about Christ – they conceal most, if not all, of the truth about the personal nature and character of the divine Being. As with Israel’s golden calf, the problem with pictures of Jesus is partly a matter of what they fail to display; and partly a matter of the false ideas they do convey – the danger that such pictures will evoke respectful thoughts or feelings in those who view them, which may come dangerously close to a worshipful feeling. Their removal from places of worship, following Ursinus’ counsel about images in general, therefore avoids offence, prevents superstition and idolatry, and gives the enemies of Christ no excuse to reject Him. Advice that I trust we will continue to uphold by allowing such pictures no place in our churches.”
Behalwe dr. Archbald se artikel, sien ook die volgende bronne oor die onderwerp:
http://www.fpcr.org/blue_banner_articles/articles.htm#2nd Commandment
Jesus on a pizza ?
http://heidelblog.wordpress.com/2011/04/02/the-heidelcast-is-back-jesus-on-a-pizza/
Are pictures of Christ unbiblical ?
Dit is hartseer dat die VGK so ‘n standpunt die wêreld instuur. Sjoe dis erg! Dankie vir die goeie teen artikel en veral die aanhalings uit die geskiedeis. Dit weerlê Kompas se voetnoot. Groete
Dit is verder nog meer hartseer dat ons tydens nkersdiens in n gereformeerde kerk moes vaskyk in n uitbeelding van Jesus!Toe ek die kerkraad en predikant daaroor vermaan was die respons:”ons neem kennis van u opinie”