GLO EN BELY: SKRIFGELOOF EN SONDEBESEF (2 THESS. 2)* [Die volgende preek is uitgespreek as openingsrede by die aanvang van die Sinode op Donderdagaand, 5 Maart 1936, in die Gereformeerde kerk van Bethulie oor 2 Thess. 2.] Enkele jare gelede het tot my 'n versoek gekom om in die diens van die oord in 'n gemeente op... Continue Reading →
PRO REGNO BOEKE: Nuwe en ou voorraad 26 Januarie 2023
PRO REGNO BOEKE Nuwe en ou voorraad, Januarie 2023 ADMIN REëLINGS (vir aanlyn aankope) 1 Enige navrae moet per e-pos of whatsapp gedoen word, verkieslik nie telefonies nie, asb. 2 Boeke word nie uitgehou nie, behalwe wanneer inbetaling reeds gedoen is. 3 Daar moet gepoog word om boeke af te haal in Carletonville, Potchefstroom of Pretoria soos prakties... Continue Reading →
Die saligprekinge (5): Salig is die barmhartiges, deur Totius
DIE SALIGSPREKINGE (5): SALIG IS DIE BARMHARTIGES (Inleiding op bergpredikasie hier beskikbaar, ander saligsprekinge-oordenkings hier beskikbaar.) Lees: Jak. 2. Sing: Ps. 138:1; 103:4; 37:11; 146:5. Teks: Matth. 5:7: Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word. Ons het nou by die vyfde saligspreking gekom, die punt waar die geloofswerksaamheid so duidelik geopenbaar... Continue Reading →
Totius oor die ‘mees Godsverheerlikende opvatting van die Christendom’
In aansluiting by dr. S. Greijdanus, se Wezen van het Calvinisme, plaas ek ook hierdie opmerking van Totius:"Met dr. B. Wielenga (in sy boek, Het wezen van het Christendom) sou ek enkele hoofpunte insake die lewensbeskouing van die Calvinisme aldus wil weergee:(1) Die Heilige Skrif is die onfeilbare uitdrukking van die besondere openbaring (letterlike en... Continue Reading →
Die HERE beskik (nog steeds) oor alles
In 2010 het ek 'n artikel geskryf in antwoord op prof. Adrio König se artikel destyds in die Beeld van 2010-12-14, waar hy na aanleiding van wrede moorde beweer het dat God nie oor alles (d.w.s ook oor die kwade) beskik nie, u kan die artikel hier lees. In die Netwerk 24 artikel, “Dis hoe... Continue Reading →
S. GREIJDANUS OOR DIE WESE VAN DIE CALVINISME
“Calvinisme het in die eerste plek betrekking op die mens se verhouding tot God. In sy diepste wese is dit Godsdiens. Dit is die Christelike geloof in sy suiwerste wese en rykste ontwikkeling. En om daardie rede kan gesê word dat Calvinisme eintlik voor Calvyn bestaan het. Waar die Christelike waarheid, die Evangelie, werk en... Continue Reading →
KENNISGEWING: GKSA Algemene sinode 2023 whatsapp groep
KENNISGEWING: GKSA Algemene sinode 2023 whatsapp groep Ek gaan 'n whatsapp groep begin waarin ek gebeure, besluite en inligting oor die GKSA se algemene sinode (DV, 31 Januarie en verder) gaan deurgee, asook my eie menings en opmerkings. LET WEL: ek is nie 'n amptelike woordvoerder vir die amptelike besluite nie, hou die amptelike terugvoer... Continue Reading →
Preek: 1 Petrus 5:1-5, Ons Opperherder versorg sy kudde deur onderherders
Preek: 1 Petrus 5:1-5 Ons Opperherder versorg sy kudde deur onderherders, in waarheid en liefde, waaraan ons, in die Here, onderdanig moet wees Lees: 1 Petrus 4:12-5:9 Teks: "EK vermaan die ouderlinge onder julle, ek wat ’n mede-ouderling en getuie van die lyde van Christus is, wat ook ’n deelgenoot is van die heerlikheid wat... Continue Reading →
Preek: Psalm 4 – Wie sal ons die goeie laat sien?
https://www.youtube.com/watch?v=Ih5VwcNzpmc&ab_channel=BetElGereformeerdeKerk Wie sal ons die goeie laat sien? (Psalm 4) “VIR die musiekleier; met snaarinstrumente. ’n Psalm van Dawid. As ek roep, verhoor my, o God van my geregtigheid! In benoudheid het U vir my ruimte gemaak; wees my genadig, en hoor my gebed! o Manne, hoe lank sal my eer tot skande wees? Hoe... Continue Reading →
Die ‘christelik-sosiaal feministiese’ rebellie in die GKSA
Die 'christelik-sosiaal feministiese' rebellie in die GKSA “Die gesagsorde in die ampswerk wat God gestel het deur die subordinasie van die vrou, is geen minderwaardigstelling nie: ‘Dit is nie vernederende knegverhoudings nie, nie ’n afgeforseerde diens nie; maar dit is egte liefde met die totale vryheid en saligheid, ware oorgawe van die eie lewe aan... Continue Reading →