Preek: 1 Petrus 5:1-5, Ons Opperherder versorg sy kudde deur onderherders

Preek: 1 Petrus 5:1-5

Ons Opperherder versorg sy kudde deur onderherders, in waarheid en liefde, waaraan ons, in die Here, onderdanig moet wees

Lees: 1 Petrus 4:12-5:9

Teks: “EK vermaan die ouderlinge onder julle, ek wat ’n mede-ouderling en getuie van die lyde van Christus is, wat ook ’n deelgenoot is van die heerlikheid wat geopenbaar sal word:
2 Hou as herders toesig oor die kudde van God wat onder julle is, nie uit dwang nie, maar gewilliglik; nie om vuil gewin nie, maar met bereidwilligheid; 3 ook nie as heersers oor die erfdeel nie, maar as voorbeelde vir die kudde. 4 En wanneer die Opperherder verskyn, sal julle die onverwelklike kroon van heerlikheid ontvang. 5 Net so moet julle, jongeres, aan die oueres onderdanig wees; en wees almal met ootmoed bekleed in onderdanigheid aan mekaar, want God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.” (1 Petrus 5:1-5)

Preekopname: GK Carletonville, 2023-01-08:

Opsomming en inleiding:

Vanoggend, word ‘n broeder van die gemeente bevestig as ouderling van die gemeente.

Hierdie – in die wêreld se oë – is ‘n klein gebeurtenis in ‘n klein gemeente, maar vir die Here en sy kerk is dit wesentlik belangrik.

Die groot belangrikheid van vandag se gebeure, wat ons in ons teksgedeelte hoor, moet gesien word in die lig van twee belangrike sake wat ons gelees het in hfst. 4:

– v. 12, die werklikheid van die vervolging van die Here se kerk deur die eeue, dat ons pelgrims is wat oppad na die heerlikheid, asook

– v. 17 dat die oordeel begin by die huis van God.

Wat bedoel ons daarmee?

In ‘n wêreld wat God en sy gebod verwerp, waar weens die sondeval en die sonde, daar al meer wanorde en opstand is, dat mense weier om onderdanig te wees, aan mekaar, maar bo-alles onderdanig aan God … wil die Here hê dat sy kinders, sy kerk, sy kudde deur ouderlinge versorg en dus regeer sal word, alles moet ordelik geskied (1 Kor. 14:33-40).

Dit is God se wil, orals deur die Skrifte, maar dan ook hier in 1 Petrus 5.

En, dan baie belangrik, as nie net die wêreld opstandig, rebels, gesag verwerp nie, maar erger, as die Here se kerk dit doen, as lidmate, as sy kudde die kerkregering wat die Here daar plaas,  die pastorale briewe, maar hier veral die besondere diens of amp van ouderlinge, dan kom die waarskuwende woorde van v. 17 (lees)

Ja, ons is geneig om gou die wanorde en opstande en gesagsverwerping in die wêreld te veroordeel, maar hoe lyk dit in die huis van God, is daar nie ook opstand teen God se wil nie?

Hoe gaan dit lyk met ons komende algemene sinode (31 Januarie en verder), waar die Here ons deur sy Gees en Woord gelei het om te besluit dat volgens die Skrif, slegs bekwame manne die  ouderlinge mag wees, dat dit ‘n wesentlike saak is, gaan ons liefdevolle tug toepas (3de kenmerk van ware kerkwees, NGB artikel 29), op hulle wat nie God se skeppingsordelike kerkregering wil aanvaar nie, wat teen die Here en sy Gesalfde se kerkregering rebelleer?

Ons wil let op drie sake:
– die Here is die enigste Opperherder van sy kerk wat ons deur onder-herders (ouderlinge, herders, opsieners) volgens sy Woord, in die krag van die Gees wil versorg en regeer,

– hoe die ouderlinge moet sorg en nie sorg nie, en die beloning (v.2-4), en

– die kudde of gemeente moet hul onderwerp aan die Here se kerkregering deur die ouderlinge, want die Here weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade (v. 5)
________________________________
Sien die preke by NGB artikels 30-32 vir meer oor wat die Skrif leer oor die bybels-gereformeerde kerkregering.

One thought on “Preek: 1 Petrus 5:1-5, Ons Opperherder versorg sy kudde deur onderherders

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: