Wie sal ons die goeie laat sien? (Psalm 4)
“VIR die musiekleier; met snaarinstrumente. ’n Psalm van Dawid. As ek roep, verhoor my, o God van my geregtigheid! In benoudheid het U vir my ruimte gemaak; wees my genadig, en hoor my gebed! o Manne, hoe lank sal my eer tot skande wees? Hoe lank sal julle die nietigheid liefhê, die leuen soek? Sela. Weet tog dat die Here vir Hom ’n gunsgenoot afgesonder het; die Here hoor as ek Hom aanroep. Sidder, en moenie sondig nie; spreek in julle hart op julle bed, en wees stil. Sela. Offer offerandes van geregtigheid en vertrou op die Here. Baie sê: Wie sal ons die goeie laat sien? Verhef oor ons die lig van u aangesig, o Here! Groter vreugde het U in my hart gegee as wanneer hulle koring en hulle mos oorvloedig is. Ek wil in vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak; want U, o Here, alleen laat my in veiligheid woon” (Ps 4)
Leave a Reply