Gesinsnuus: 15 Desember 2011

 Gister-oggend kom my vrou, Dorothea, my studeerkamer in. Haar oë blink, sy lyk baie opgewonde en glimlag van oor tot oor ... Ek wonder dadelik, wat het gebeur dat my pragtige vroutjie so opgewonde is ? En toe die goeie nuus: ons is weer verwagtend ! As alles goed gaan kom ons volgende kindjie iewers in... Continue Reading →

Preek: Romeine 1:16-32

Die afgelope rusdag het ek oor hierdie gedeelte gepreek, met 'n besondere fokus op v.26,27 en die huidige debat oor homoseksualisme.  Ek het in die toepassings ook verwys na die onderliggende hermeneutiese vertrekpunt van beide homoseksuele apologete en VIDA apologete, nl. "geslag maak nie saak nie, of is nie bepalend vir ons onderskeie roeping en... Continue Reading →

Beeld briewekolom: 12 Desember 2011

Hier is my brief wat ek aan die Beeld briewekolom gestuur het (wat ek vermoed nie geplaas gaan word nie), na aanleiding van die reaksies wat Neels Jackson se pro-homoseksualisme artikel die afgelope week ontvang het: Die hoofrede waarom die sonde van homoseksualisme nou deur die kerke ook goedgekeur moet word, is omdat baie teoloë... Continue Reading →

The Confessional Presbyterian

  Aangesien daar nie meer veel teologiese joernale is om oor opgewonde te raak nie, veral nie in Suid-Afrika nie, wil ek graag die volgende een by julle aanbeveel: The Confessional Presbyterian Daar is reeds sewe volumes beskikbaar, en die laaste fokus op die Hervormer, John Knox en die Reformasie in Skotland.  Hier is die inhoudsopgawe: Holy Communion... Continue Reading →

Dit ís boos, Jackson

Neels Jackson in die Beeld oor die bosoorlog (19 Oktober 2011): "Dit wàs boos, generaal" Neels Jackson in die Beeld oor gays (8 November 2011): "Die kerke moet weer dink: 'Dit het my ook oortuig dat dit nie ’n keuse is om gay te wees nie en dit het my gehelp om by die punt... Continue Reading →

Die rol van vroue in die kerk

Die rol van vroue in die kerk - Mag vroue leer en regeer oor mans in die kerk van Christus? - deur dr. George W. Knight, III [Met die toestemming van die skrywer vertaal vanuit die oorspronklike artikel, The Role of Women in the Church, deur Shaun en Marita Green (met dank) en verder verwerk... Continue Reading →

Quo Vadis, Gereformeerde Afrikaner ? – deel 3

  Ds. LS (Louis) Kruger se boek is hier volledig beskikbaar: Waarom is u lid van die Gereformeerde Kerk ? Hier volg nou 'n paar aanhalings uit ds. Kruger se boek onder verskillende temas ingedeel. Die bladsynommers in hakies na die aanhalings is van die derde gedrukte uitgawe wat ek het (die oorspronklike bladsynommers kan u in die... Continue Reading →

Sal die regte seuns van Luther opstaan ?

Dit is deesdae 'n groot gier in kerklike kringe om soos 'n Martin Luther 'n brief teen 'die kerk' se deur te wil gaan vasspyker. Die nuutste is van Nico Geldenhuys, lees meer daaroor hier: My brief teen die kerkdeur Ferdie Mulder, skrywer van die topverkoper, Opgestaan, wou in dieselfde koerant bylae reageer op die... Continue Reading →

Blog at WordPress.com.

Up ↑