Gesinsnuus: 15 Desember 2011

Die kinders op pappa se preekstoel ... toemaar, dit is al wanneer my dogters op 'n preekstoel sal kom, net Berto sal dalk in pa se voetspore volg, as die Here wil.

 Gister-oggend kom my vrou, Dorothea, my studeerkamer in.

Haar oë blink, sy lyk baie opgewonde en glimlag van oor tot oor …

Ek wonder dadelik, wat het gebeur dat my pragtige vroutjie so opgewonde is ?

En toe die goeie nuus: ons is weer verwagtend !

As alles goed gaan kom ons volgende kindjie iewers in Augustus 2012, DV.

Hoe wonderlik was dit nie vir my om te sien daar is nog vrouens wat bly is, opgewonde is om nog kinders vir die Here te kry nie (1 Tim.2:15).

In Dorothea se eie woorde: “ek is weer so opgewonde as toe ons ons eerste een verwag het!”

En dit is genade, alles genade.

Dorothea en Joanette ... noudat ons so 'baie kinders' het, sal ons maar goedkoper vervoer moet gebruik ...

Ons gaan nou weer ‘n tyd in waar baie gelowiges weer ‘n Baba se geboorte gaan vier, en nee, ek gaan nie saam met daardie spesfieke feesdag nie en onderhou ook nie daardie mensgemaakte dag nie, tog is ek ook saam bly dat ons Verlosser gebore is, maar ek vier dit elke Sondag, nie net een keer ‘n jaar nie.

Maar wat juis so tragies is, is dat terwyl mense bly is dat ‘n Baba gebore is, wat Verlosser is van die wêreld, wat sin gee aan ons lewe … is daar so baie mense, selfs gelowige mans en vroue wat nie meer met gejubel uitsien en bly is as hul verwagtend word en ‘n babatjie oppad is nie.

Moeder en Vader wees word baiemaal as ‘n ‘las’ beskou, iets wat ons nie kan ‘bekostig’ nie, iets waarvan ek nou ‘genoeg’ gehad het en ‘my deel’ gedoen het.

Daar het iets iewers radikaal verkeerd gegaan met ons geslag, ook die geslag in die kerk wat nie meer die kinderseën omhels en doebewus soek in Christus nie, wat nie verlang om ‘n groot nageslag van God daar te stel tot sy eer nie (Ps.127; 128; Mal.2:15; Mark.10:13-16).  En dalk is dit die probleem: ons soek dit nie meer nie, omdat ons dit nie meer as ‘n goddelike roeping beskou nie, omdat ons ons hele lewe, ook kinders kry nie waarlik ‘in Christus’ soek nie ?

Die kinders kamp saam 'n maatjie uit in ons sitkamer.

Ons Here Jesus Christus is juis gebore, het die sonde en dood kom oorwin, sodat daar vir Hom ‘n nakroos sou wees om Hom te dien (Jes.53:10).  Al ons goeie ywer vir sending en evangelisasie moet gepaardgaan om ook self ‘n nageslag vir die Here daar te stel. Mag daar weer vaders en moeders wees wat die kinderseën omhels, deur die geloof, wat dit sien as deel van ons roeping en soeke na sy koninkryk (Matt.6:33). Deur Hom, deur sy genade, kan ons midde hierdie wêreld, hoe moeilik dit ook baiemaal is, nog steeds kinders kry tot sy eer en hul in sy vrese opvoed, soveel as wat Hy ons wil skenk, en nie wat die wêreld of ons eie gemaksug voorskryf nie.

Berto het die katjie gekry maar Hilke soek nog diamante.

Dankie vir almal wat hierdie jaar hier kom lees en saamgesels het, dit word baie waardeer.  Ek gaan probeer om nou bietjie minder te skryf tot volgende jaar … maar ek wil niks belowe nie !

Seën in Christus vir u en u gesinne toegebid.

Slabbert

ns. op ‘n ligter noot:

2 thoughts on “Gesinsnuus: 15 Desember 2011

Add yours

  1. “net Berto sal dalk in pa se voetspore volg”
    It might still be too early to say that 😉
    Congratulations!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: