Die Bybelse ‘oerbeeld’ vervang deur ‘n pan(en)teistiese oerbeeld

“My hipotese is dat die kerk, soos die meeste van sy lidmate en die algemene samelewing, ten diepste vasgevang is in ’n oerbeeld van man en vrou, naamlik dat man en vrou die enigste eenheid van seksuele genieting, voortplanting van die mens en gesinsvorming is.” – Wilhelm Jordaan  

“Wee hulle wat sleg goed noem en goed sleg, wat die duisternis lig maak en die lig duisternis, wat bitter soet maak en soet bitter.  Wee hulle wat in eie oë wys en na eie oordeel verstandig is.” – Jes.5:20,21

“Die hoë frekwensie van die ‘Vader’-beeld in die Bybel sê bloot dat die Bybelskrywers in ‘n patriargale wêreld gewoon het. … En die proses gaan voort soos die misterie van God, gevoed deur astrofisiese kennis en gebeure, ontvou en verdiep. Daarom kan ‘n mens teenwoordig van God praat as die onsigbare, stil energie van ‘n kwantumoseaan wat alles wat is, ook die mens, omring en deurspoel; dat God in alles is en dat alles ook in God is ” – Wilhelm Jordaan se panteisme/panenteisme

“Warmed—over liberalism, which has lost its sense of the transcendent God of Scripture, has no ground on which to stand to oppose the church’s fall into paganism. Pansexuality brings in its wake pantheistic religious paganism for only pantheism offers religious justification for pansexism (wat Jordaan se oortuiging blyk te wees – slc). Spiritual orientation affects the sexual. The rendezvous of “god” and “sex” shows us what is on the horizon. If homosexuality gains global acceptance as part of the agenda to bring ”peace and understanding to the earth’, the future moral and spiritual arbiter of the planet will be pagan religion, and homosexuality will be its sexual sacrament.” – Peter Jones

“By baie mense bestaan die vrees dat manlikheid en vroulikheid soos dit patriargaal gestereotipeer word tot die mens se skade aan’t verander is. Vandaar hul venyn teenoor die kultuur van androgenie – die afwesigheid van duidelik onderskeibare “manlike” en “vroulike” kenmerke in kleredrag, algemene voorkoms en gedrag by mans en vroue wat onderskeidelik “in kontak” is met hul vroulikheid en manlikheid. Daaruit kom die argwaan: die androgene heteroseksuele man en vrou beduie dalk sluimerende homoseksualiteit.” – Wilhelm Jordaan se argwaan omdat mense nie androgenie wil aanvaar nie.

“Androgynous people, whether homosexual or bisexual, express within themselves both sexual identities. In the sex act they engage both as male and female, the “hard” and the ”soft” —  and thus taste both physical and spiritual androgyny. On the physical plane they become classic monists, joining the opposites, experiencing a world without distinctions. As we will see, distinctions in heterosexuality reflect the fundamental theistic notion of the Creator-creature distinction. Androgyny erases distinctions, including that between the human and the divine. … The elimination of sexual distinctions is not an incidental footnote of pagan religious history but represents one of its fundamental ideological commitments. That the pagan priesthood would so often and so universally blur sexual identity indicates the priority paganism has always given to undermining God ordained, monogamous heterosexuality, and explains paganism’s enthusiastic promotion of androgyny.” – Peter Jones

In die begin het God die hemel in die aarde geskape uit niks in ses dae (Gen.1; Ex.20:11; Op.4:11).  Na die eerste vyf skeppingsdae verklaar God dat wat Hy geskape het ‘goed’ was (v.4, 10, 12, 18, 21, 25).  En dan, nadat Hy die mens geskape het na sy beeld, as man én vrou, verklaar Hy man en vrou, saam met die res van sy skeppingsarbeid, ‘baie goed’ (1:31).  Dat man en vrou ‘baie goed’ is, sluit die huwelik van Gen.2:24 in, “Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.”

Jesus Christus, die Vader se Seun, bevestig dat die huwelik tussen ‘n man en ‘n vrou ‘goed’ is in Matt.19:4-6, en dus dat God se wil vir die mens heteroseksualisme is, vandag nog, ook in die NT bedeling.

In die res van die heilige Skrif, na die sondeval en die gevolge daarvan ook vir verhoudings en die huwelik, word enige seksuele verhoudings buite die skeppingordelike heteroseksuele verhouding tussen een man en vrou, ‘sleg’ genoem, of dit nou homoseksuele verhoudings, bestiale verhoudings of heteroseksuele buite-egtelike verhoudings is (sien Gen.19; Ex.20:14; Lev.18, 20; Matt.5:27-32; 1 Kor.6:10,11; 1 Thess.4:1-8; 1 Tim.1:10,11).

Die Satan, die inwoners van Sodom en Gomorra, Plato, Alexander die Grote, antieke Rome, Nero en baie ander deur die geskiedenis stem nie daarmee saam nie.

Ook nie Wilhelm Jordaan, ‘n ‘buitengewone professor van die Universiteit van Pretoria’ nie. Hy stem nie saam met die Skepper van hemel en aarde nie, hy stem nie saam met Hom wat die mens na sy beeld geskape het as man en vrou wat gelyk in waarde en wese is, maar verskillend in rol en taak is nie.

Inteendeel, Jordaan is verbitterd en kwaad teen die ‘oerbeeld van man en vrou’ wat nog in ‘behoudende konserwatiewe’ kerke geleer word … maar hy is blykbaar te bang en vreesagtig om die ‘oerbeeld’ asook die Skepper en Gewer daarvan by die naam te noem, nl. God Drie-enig en sy skeppingsgeskiedenis/ordening van Gen.1-3,  wat die ‘oerbeeld’ gegee het:

  26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.  27 En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.

So, omdat hy kwaad en verbitterd is teen die God van hemel en aarde, maar tog nog bang genoeg is vir Hom, val hy maar die kerk van Christus aan met haat en venyn (amper soos Paulus wat die gemeente eers vervolg het, maar daardeur eintlik Christus self vervolg het, Hand.9:4).  As hy egter eerlik is, sal hy erken sy eintlike probleem is met die Here self, en met sy Seun Jesus Christus wat sy Vader se skeppingsordening (Jordaan se ‘oerbeeld’) ondersteun en bevestig met sy verlossende werk 2000 jaar terug (Matt.19:4-6).

Verder is Jordaan se probleem ook met Paulus wat die Vader en Christus volg (1 Kor.11, 14; 1 Tim.2 en 3, ens.), en boonop nog die huwelik tussen man en vrou dié prent/beeld maak van die verhouding tussen Christus en sy bruid, die Kerk (Ef.5:21-33).

Jordaan se tirade kan met die komplimente van die Beeld, met die ‘bybelversie vir elke dag’ daaronder en al … hier gelees word:

Vasgevang in oerbeeld

As ‘n mens so die propagandistiese retoriek en opsweping van Jordaan lees oor sy pleitdooi vir die vervanging van die bybelse ‘oerbeeld’ vir sy (wat ek noem) paganistiese androgeniese homoseksuele oerbeeld, dan kan mens instem met die woorde van prof. O. Palmer Robertson (2002: 119), gelees in die lig van die verse hierbo – Jes.5:20,21 (beklemtonings bygevoeg):

” ‘Sodomy’ as a term has lost its significance in the modern scene. But the reality of the depravity continues to corrupt the core of society today. Massive efforts have been made, particularly by the media, to make evil appear as good and good appear as evil. Yet sodomy continues to bring down the moral standards of society.”

Dit is Jordaan en ander homoseksuele apologete se poging, om dit wat God ‘goed’ genoem het, dat ‘n huwelik en seksuele gemeenskap tussen man en vrou is, nie meer goed genoeg is nie, en eintlik ‘sleg’ is.  En, met die hulp van die media propaganda masjiene moet die homoseksuele en androgene agenda bevorder word in kerk en samelewing.

So skryf dr. Peter Jones (2006:67-69) ook:

“Homosexuality is not a marginal fad of Western culture. Like the Sodomites who pounded on Lot’s door millennia ago, the modern gay movement gathers at the doors of our churches and academies, demanding entrance and full recognition. In spite of the mere one or two percent of people involved, homosexuality is not a blip on the graph of sexual fashions,  here today, gone tomorrow! The power of this agenda cannot be ignored. It is strident, insistent, and backed by influential political and financial groups. …

Homosexual forces are on the attack, seeking to deconstruct the dominant heterosexual culture. The bully tactics of the pro-homosexual forces are ironic, since they gained a place in society by denouncing such tactics.”

Ja, so probeer Jordaan die ‘behoudende konserwatisme’ (lees: evangeliese of Bybelse Christene en kerke in die land) boelie tot oorgawe in sy propaganda dreigemente artikel ten gunste van ‘n sogenaamde homoseksuele androgeniese gemeenskap.

Maar, al wie hy beïndruk is die wat klaar met hom saamstem, en dalk die liberale papbroekerige Christene wat nog vir aansien en pensioenvoordele aan kerke en teologiese skole behoort en bloot die ‘politiese korrekte’ samelewing napraat.

En, wat ons die afgelope twee weke beleef het is maar net die begin, ek sal nie verbaas wees as die volgende woorde ook al meer waar gaan word in ons samelewing nie, as dit nie reeds begin plaasgevind het deur die liberale en homoseksuele propaganda media nie (Jones, 2006: 83):

It is important to see homosexuality in the context of its pagan worldview for two reasons. One, there is a movement a foot to make opposition to homosexuality a treatable illness. A number of mental health professionals now see those who are repulsed by homosexual  practice as suffering from a pathological neurosis—”homophobia.” In other words a person who views the legitimization of homosexuality as sinful, immoral, or destructive to society may well have a mental disorder! To show that this flows logically from a worldview as ancient as the Bible might be an important defense in the days to come. Two, in spite of the optimism the free practice of this sexuality does not bode well for future of the race. The “liberated” view of sex hardly promises a human utopia. Seeing the worldview implications clearly indicates that the breech in the levees of our biblical protection will mean the inundation of our culture by a pagan flood that will lead to personal, social, and sexual self-destruction.”

Jordaan en sy panseksistiese homoseksuele apogete is stadig maar seker besig om die ‘oerbeeld’, dit is die Bybelse model van man en vrou wees, te verdraai, verkleineer, en te demoniseer, sodat dit ‘n kwessie van tyd gaan wees dat bogenoemde woorde waar word in ons samelewing, natuurlik alles met die hulp van die afvallige liberale hoofstroomkerke en die vrysinnige media wat alles verdra … behalwe natuurlik die algemene ongetwyfelde Christelike kerk wat vashou dat die Bybel is die Woord van God, onfeilbaar en foutloos gegee vir die mens om te glo en daarvolgens te lewe, wat glo Christus is die enigste weg, waarheid en lewe.

En, as die kerk en samelewing God se Woord verwerp, dan sal ons weer soos diere word, lees die vers wat volg na Lev.18:22, in die woorde van een paganistiese gay (Jones, 2010: 174, 177, 180):

“It is simply easier to blend with nature spirit, or the spirit of a plant or an animal, if you are not concerned with a gender-specific role.”

En:

“The Interfaith atmosphere has softened our moral and religious taboos, making homosexual liberation and gay identity possible.”

” … lesbian prof Camilia Paglia believes society should ‘return to pagan worship, which includes tolerance of homosexuality and even of man-boy love.”

Ek plaas weer hier onder gedeeltes van Jordaan se artikel, en antwoord tussen-in met opmerkings, gemerk met my voorletters, slc.

________________________________

Wilhelm Jordaan skryf:

“Me. Lulani Vermeulen, ’n gay teologiestudent aan die Universiteit van Stellenbosch wat al vier jaar in ’n vaste verhouding is en nie ’n dokument wou onderteken dat sy selibaat sal bly nie, sal nie in die amp van predikant in die NG Kerk kan dien nie. Dit is die praktiese gevolg van bestaande besluite van dié kerk se algemene sinode. ’n “Huwelik” tussen haar en haar maat is ook buite die kwessie aangesien die sinode net die verbintenis tussen een man en een vrou as ’n huwelik beskou. Te oordeel na die reaksies in koerantbriewe en op Facebook en Twitter is daar oorwegend groot applous vir die kerk se standpunt. Tog wil sommige hê Vermeulen moet onvoorwaardelik tot die amp van predikant toegelaat word.”

slc: Soos die aanhalings hierbo van Jones uitwys, alhoewel die homoseksueles ‘n klein persentasie uitmaak, blyk dit dat die elite mense in die land, baie vooraanstaande ‘geestelike leiers’, die politieke en ekonomiese magte, bekende vermaaklikheidsterre, die rubiekskrywers wat so gewild is in die koerante, en dan veral die media self oor die algemeen hul saak met passie ondersteun en bevorder.  Die gewone kerkvolk wat nog hul Bybels lees kan nie en sal nie daarmee saamgaan en meegesleur word nie, dank God (Matt.24:24).

WJ skryf:

“Daar is weliswaar kritiese vrae oor die kerk se houding teenoor gay dominees en die hoop word uitgespreek dat ’n kerk wat die Belhar-belydenis (wat oor geregtigheid gaan!) aanvaar tog weer sal dink oor gay dominees.”

slc: Dankie vir daardie erkenning, die Belhar teologie van Boesak en Tutu, naamlik die mensgesentreerde aardse bevrydingsteologie is kop in een mus met die feministiese teologie en alle ander “Ek glo in God die Vader, Skepper van hemel en aarde”-ontkenende teologieë wat God se skeppingsordeninge op alle vlakke wil vernietig. Letterlik alles wat onderskeid maak word later gesien as sonde, selfs gesonde natuurlike verskille tussen volke of tussen man en vrou.  Ironies genoeg, hoe meer hierdie dwalende teologieë ‘natuurlike verskille en onderskeidings’ probeer vernietig, hoe minder gee hul aandag, of verwerp later selfs die bose skeiding wat sonde gebring het tussen God en mens, naamlik die verwerping en oortreding van God se gebod. Hulle verwerp ook later die historiese sondeval en erfsonde.  Daarom dat Christus se soenverdienste ook later heeltemal begin verdwyn in hierdie groepe, en alles nou net gaan oor ‘n fariseëragtige ‘sosiale geregtigheid’ messiaanse idee, ‘n hemelse utopia op aarde, uit die Mens, deur die Mens, tot die Mens (contra Rom.11:36).

WJ skryf:

“Die reaksiepatroon bevestig dat die NG Kerk – soos ander hoofstroomkerke – hom skaar by die meeste van sy lidmate se behoudende konserwatisme. Al is daar kerklike amps­draers en kerkgangers wat anders dink, is daar die vrees dat die behoudendes aanstoot sal neem en die kerk sal verlaat. Sonder om die ironie te besef dat gelowiges wat die konserwatisme verstikkend ervaar en elders ’n spirituele tuiste vind aanstoot gegee word. Terselfdertyd moet mens toegee kerke het al ver gevorder om gays tegemoet te kom – so tussendeur die abstrakte kerkspraak met sy kenmerkende versigtige bewoordings, ver­skansings en ontwykings.”

slc: En elke toegewing wat die ‘hoofstroom-kerke’ maak, van onskriftuurlike VIDA toegewing tot homoseksueles kan maar homoseksueel wees maar dit net nie uitleef nie, en tot latere homoseksueles is meer as welkom ook in die besondere ampte, lei daartoe dat die Bybelse eis vir die huwelik en verhoudings meer en meer vernietig sal word.  Dit is nie net die verwerping van die skeppingsordening nie, maar teneinde ook die omhelsing van ‘n neo-paganistiese seksualiteit, ‘n oeroue dwaling.

WJ skryf:

“Maar waarom bly die kerk huiwer om byvoorbeeld die grondwetlike beskerming van gays verder te voer en hulle onvoorwaardelik soos alle ander kinders van God te behandel? My hipotese is dat die kerk, soos die meeste van sy lidmate en die algemene samelewing, ten diepste vasgevang is in ’n oerbeeld van man en vrou, naamlik dat man en vrou die enigste eenheid van seksuele genieting, voortplanting van die mens en gesinsvorming is. Dié beeld sê die kragtige man het die swakker vrou gepenetreer, sy saad gestort en sy het dit ontvang. ’n Kind is verwek en word deur die vrou gesoog en versorg. En dit is die liefdesmanier wat vas en klaar deur die “natuur” gegee is. Dié beeld sê die kragtige man het die swakker vrou gepenetreer, sy saad gestort en sy het dit ontvang. ’n Kind is verwek en word deur die vrou gesoog en versorg. En dit is die liefdesmanier wat vas en klaar deur die “natuur” gegee is. In dié biologiese gebeure het pa­triargie sy eeue oue beslag gekry as die heerskappy en oorheersing van die man wat sê hoe dinge ís en sál wees; wat dit beteken om man of vrou te wees; en wat hul rolle is, seksueel en andersins, in die gesin en samelewing. Vuisgeweld teenoor vroue spruit dikwels uit dié ingesteldheid en so ook die taalgeweld van die tong.”

slc: Ja, hier moet ek aan die eenkant sê: as egbreek en pornografie en mense wat wil skei grondwetlike erkenning en beskerming kry deur die huidige grondwet, dan kan dit mos gegee word vir enige lewenswyse of verhoudings, onbybels of nie, o.g.v. die humanistiese grondwet se veronderstellings ?  In ‘n NGB art.36 samelewing sal dit natuurlik nie toegelaat word nie.

In bogenoemde woorde kom Jordaan dan ook by sy mees wesentlike dogmatiese geloofsbelydenis, met al die melodrama en oordrywings en veralgemenings om dit so sleg as moontlik te laat klink: hy verag in wese die feit dat die Skepper bepaal het dat die enigste plek vir ‘seksuele genieting, voortplanting van die mens en gesinsvorming’ tussen man en vrou in ‘n huwelik moet wees.  Hy bepleit daarom homoseksuele verhoudings en later – by implikasie – die koms van ‘n androgene samelewing, waarin elke mens in homself/haarself/ditself beide man en vrou is, nie net die een of die ander nie.  En sy vrese en frustrasie is dat hy en geen mens iets daaraan kan doen nie, want geen man en man, en vrou en vrou kan as dieselfde geslag voortplant nie, daar is die teenoorgestelde geslag nodig om voort te plant.  Daarom is die homoseksuele gemeenskap nie ‘gay’ (gelukkig) nie, en is dit nie ‘n lewenstyl nie, maar ‘n doodstyl, want hul kan nie hulself voortplant nie, hul het heteroseksueles nodig.  Hul lewenswyse lei tot die dood: 

“Maar hy wat my (skeppingsdoel en ordening?) mis, benadeel sy eie lewe; almal wat my haat, het die dood lief.” (Spr.8:36)

Soos reeds hierbo vermeld, noem Jordaan nie die Bybel self nie, maar dit is vanselfsprekend waarna hy verwys (nl. Gen.1 en 2, en die res van die Skrif), en, gesien in die lig van sy nuwe geloof, panteisme/panenteisme is dit ook vanselfsprekend dat hy die bestaan van ‘n ewige almagtige God verwerp, wat onderskeie is van sy skepping en alles geskape het en onderskei het met ‘n spesifieke doel. 

As deel van die Nuwe Hervorming beweging, bely hy sy geloof in sy nuwe god (Muller, 2002: 53): “dat God in alles is en dat alles ook in God is”, dus hetsy panteisme of panenteisme. Daardeur het Jordaan ‘dwaas geword in sy oorlegginge (Ps.14:1) … en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ‘n verganklike mens”, hy het die Skepper verruil vir die skepping/skepsele, die waarheid van God verruil om die skepsel te vereer (Rom.1:21-25)

Dit is dan g’n wonder dat omdat Hy die ware God en Skepper en ware kennis verwerp, hy gevolglik ook deur die Here oorgegee word om ‘n voorstaander van Rom.1:26,27 te wees nie.  Hy ontvang die ‘noodwendige vergelding … van sy dwalinge’, sien ook 1:32.  

WJ skryf:

“Die rubriekskrywer Cecile Cilliers beskryf dit in Beeld van 6 Desember as ’n “aaklige erfenis” en skryf: “…hoe anders moet ek die geweld wat Lulani Vermeulen deur die kurato­rium van die US aangedoen is, verduidelik? Eers slaan, dan mooi broodjies van begrip en simpatie bak. Sedert Bybelse tye ken elke mishandelde vrou daardie storie.”  Die bestaan van en breë ondersteuning vir veldtogte soos Mighty Men en Worthy Women bevestig dié basiese patriargale ingesteldheid; wat ook al die genuanseerde verduidelikings, vergoeilikings en rasionaliserings. Daarmee – en ondersteun deur die historiese en voortgaande patriargale (lees: Bybelse) diskoers – word homoseksualiteit deur baie kerkmense beleef as ’n afwyking van die oerbeeld. Om gay te wees, is vir hulle ’n weersinwekkende vergryp, selfs ’n erge sonde, al sou die kerk se amptelike taal anders klink.”

slc: Ongeag die kurutorium, ‘konserwatiewes’, Mighty Men, Worthy Women (en ons almal waaroor Jordaan verbitterd is) se gebrokenhede, is hul reg oor hierdie saak, dit is en bly ‘n lelike ding, volgens die Bybel ‘n ‘erge sonde’ (Rom.1:26,27), wat God se Naam onteer, wat in stryd is met die Evangelie (1 Tim.1:10,11), wat teen God se koninkryk is (1 Kor.6:9-11) en liefdeloos is (Joh.14:15). Dit kan alleen vergewe word en daarvan bevry word in Christus se bloed, soos enige ander seksuele sonde buite die eg (1 Kor.6:9-11, sien ook my vorige paar inskrywings oor die onderwerp).  Jordaan verwerp nie net die Skepper God nie, maar ook die Verlosser Jesus Christus.

WJ skryf:

“Hulle sluit gewoon die oë vir wetenskaplike kennis dat ’n homoseksuele oriëntering ’n sterk biologiese grondslag het, net so sterk soos die heteroseksuele impuls. En dat homoseksualiteit so oud soos die mensdom self is; dat die “biologie” daarvoor nog altyd bestaan het.”

slc: Verseker, reeds in Sodom en Gomorra, in die ‘oertye’ lees ons van manne wat teenoor manne in wellus en skandelike hartstogte ontbrand het, ons lees in bybelse tye van die skandseuns wat verbied is, ons weet van Alexander die Grote en Nero wat in hierdie walglike sonde vasgevang was. So, ja, gelowiges en kerke ontken dit nie, vanaf die sondeval ken ons seksuele sondes, homoseksualisme is niks nuuts nie, maar dit bly verkeerd. 

Oor die sogenaamde ‘wetenskaplike kennis’, lees Jordaan natuurlik net wat in sy geloofbeskouing, seksuele voorkeure en polities korrekte agenda inpas. Ja, ons is almal geneig om dit te doen. Maar hier is ‘n paar aanhalings om hom en ander weer te laat dink (Jones 2006: 68):

“In a private conversation one well—known psychiatrist told me that 95 percent of his large clientele is made up of homosexuals seeking reparative counseling! Such therapy is based upon the notion that homosexuality is a treatable, psychological disorder. Jeffrey Satinover, author of Homosexuality and the Politics of Truth, has practiced psychiatry since 1986. A graduate of MIT (humanities and science), Harvard (clinical psychology) and Yale (physics), Satinover received an MD from the University of  Medical School. He declares unambiguously that homosexuality is not a stable behavioral trait: “The notion that ’homosexuals’ are in effect a ‘different species’ (different genes) is ludicrous beyond belief. There is not the slightest evidence for that, as anyone who actually reads the studies (not reports on the studies) knows.” Even well-known gay researchers have repudiated their early findings. Dean Hamer was forced to admit that “the genetic markers [for homosexuality] were found to be nonsignificant.” Simorg LeVay in a study of the hypothalamic differences between the brains of homosexual and heterosexual men, offered the following analysis of his own research: ‘l did not prove that homosexuality is genetic, or find  genetic cause for being gay. I didn’t show that gay men are born that way – the most common mistake people make in interpreting my work. Nor did I locate a gay center in the brain.’ 

In spite of the lack of scientific proof, the American Psychiatric Association removed homosexuality from the list of psychological illnesses, and even from the list of subjects to research and debate. United States Supreme Court has decriminalized it, preparing the way for legal recognition of homosexual marriage. Our culture is making homosexuality perfectly normal (as it was in pagan Greece) or even the superior sexual choice.”

Dr. Hennie Mouton het ook op Facebook geskryf:

“Die nuutste wetenskaplike navorsing wys meer en meer dat dit nie so is nie — gaan kyk na www.mygenes.co.nz.  Homoseksualiteit is aangeleer (vrywilliglik of geforseerd), nie aangebore nie.  Ja, dit gaan gepaard met breinverskille, net soos wat enigiets wat mens aanleer, die sagteware in jou brein verander.” 

Jones skryf verder (2010: 182): “I have heard ex-homosexuals testify that there is no such things as a homosexual – only heterosexuals with problems”

WJ skryf:

“By baie mense bestaan die vrees dat manlikheid en vroulikheid soos dit patriargaal gestereotipeer word tot die mens se skade aan’t verander is. Vandaar hul venyn teenoor die kultuur van androgenie – die afwesigheid van duidelik onderskeibare “manlike” en “vroulike” kenmerke in kleredrag, algemene voorkoms en gedrag by mans en vroue wat onderskeidelik “in kontak” is met hul vroulikheid en manlikheid. Daaruit kom die argwaan: die androgene heteroseksuele man en vrou beduie dalk sluimerende homoseksualiteit.”

slc: Hier wil ek laastens redelik lank uit dr. Peter Jones se boek aanhaal (2006: 67-84, beklemtonings bygevoeg), veral oor androgenie en waarheen die homoseksuele agenda oppad is, sonder om verskoning te maak vir die lengte daarvan.  Enigeen wat die aanslag op die Christendom in die 21ste eeu wil verstaan, veral op seksuele terrein, moet dr. Jones se werke studeer (sien sy blog hier: http://truthxchange.com/):

“This issue hides not one train, but two. Even more hidden and more dangerous than the legalization of homosexual marriage is the more powerful agenda behind it. The new, liberated sexuality, including homosexuality, hides a thundering, high—speed twin: a potent, life—changing spirituality. 

According to Christian de la Huerta, a gay theorist, ”Queer people often function as catalysts, acting as agents of change, helping to bring about reform, inciting social movements, and supporting the advancement of society.” For him, making homosexuality and gay marriage legal will deconstruct the norms of heterosexuality and traditional marriage altogether and make all sexual expressions valid (including polyamory and polygamy). Traditional marriage is “a merely heterosexual, patriarchal construct, developed out of the need to establish paternity and property.’ Marriage is emptied of its original meaning and redefined as the state consecration of all and any sexual alliances.  Such legal recognition removes the language of ”husband and wife” from the law and eclipses the rights of children to be raised by a mother and a father. 

Those who oppose this agenda for motives of conscience or religion are considered antigay bigots and homophobes. In Canada and Sweden,  pastors have been threatened with jail for speaking about homosexuality in the pulpit, and some Pennsylvania pastors, after the state added  ”sexual orientation” to its hate crime laws, were considering liability insurance to protect themselves from prosecution. The train of civic fairness hides the second train that destroys heterosexual marriage, which hides the third train that brings religious transformation. If we  cross this track, this third, spiritual train may well be a killer for the future of civilization.” 

“Homosexuality is no longer a simple request for the right to sexual privacy  or for a little unchaperoned ”fun.” It has become a program for social engineering, an all—consuming ideology. Hear Paula Ettelbrick again: ”Being queer is more than setting up house, sleeping with a person of the same gender, and seeking state approval for doing so …. Being queer means pushing the parameters of sex, sexuality and family, and in the process transforming the very fabric of society.” T.E. Schmidt begins his book ‘Straight or Narrow’ describing homosexuality as “an issue so important that it increasingly appears to be the battleground for all the forces seeking to give shape to the world of the next century. ” Publicly accepted, state—recognized, socially normalized homosexuality sees itself as a necessary contribution to the spirituality of the culture. Chris Hinkle of Harvard University argues that “homosexuality must make its moral case, not merely its civil-social rights.  It must show the deep spirituality of homosexual love.”

“However, moderate liberals quickly disappear into the vortex of the pagan sexual and spiritual utopia, unaware that they are being torn away from their gospel roots by the logic of the radical, pagan religious agenda.  They do not understand that there is no halfway house, no compromise.  Warmed—over liberalism, which has lost its sense of the transcendent God of Scripture, has no ground on which to stand to oppose the church’s fall into paganism. Pansexuality brings in its wake pantheistic religious paganism for only pantheism offers religious justification for pansexism (wat Jordaan se oortuiging blyk te wees – slc). Spiritual orientation affects the sexual. The rendezvous of “god” and “sex” shows us what is on the horizon. If homosexuality gains global acceptance as part of the agenda to bring ”peace and understanding to the earth’, the future moral and spiritual arbiter of the planet will be pagan religion, and homosexuality will be its sexual sacrament.”

“Whatever conclusions we draw about biology and psychol0gy, the practice of homosexuality contains a profound spiritual component. This thesis  is not the invention of “hateful” right—wing bigots. While not every homosexual understands the connection between sexual practice and religious  assumptions, the elite do, and say so without ambiguity.” 

” ‘Sexual energy is a physical expression of spiritual power’ says Margo Anand in The Art of Sexual Ecstasy. Androgynous people, whether homosexual or bisexual, express within themselves both sexual identities. In the sex act they engage both as male and female, the “hard” and the ”soft” —  and thus taste both physical and spiritual androgyny. On the physical plane they become classic monists, joining the opposites, experiencing a world without distinctions. As we will see, distinctions in heterosexuality reflect the fundamental theistic notion of the Creator-creature distinction. Androgyny erases distinctions, including that between the human and the divine. According to Eliade the androgynous being reaches the goal of the mystical, monistic quest:  ‘In mystical love and at death, one completely integrates the spirit world: all contraries are collapsed. The distinctions between the sexes are erased: the two merge into an androgynous whole. In  short, at the center one knows oneself, is known, and knows the nature of reality.’

The elimination of sexual distinctions is not an incidental footnote of pagan religious history but represents one of its fundamental ideological commitments. That the pagan priesthood would so often and so universally blur sexual identity indicates the priority paganism has always given to undermining God ordained, monogamous heterosexuality, and explains paganism’s enthusiastic promotion of androgyny.” 

“The reality is that homosexuality is surely the final taboo of sexual transgression that must be celebrated if the pagan worldview is to be normalized.  The two rise or fall together. It is optimism for paganism but bad news for theism. For, as homosexuality rises the God of the Bible and the biblical worldview are banished to the margins. During times of Christian dominance, homosexuality was alluded to in hushed tones as “the love that has no name.” lf the Christian worldview is fully undermined then homosexuality as the sexual sacrament of the new spirituality must and will be publicly celebrated and socially supported.

As paganism begins to dominate the planet in the years to come homosexuality will be a no-compromise issue for the sexual utopia. If the tiny homosexual lobby of the late twentieth century managed to gain such influence over education and politics in a country where the vast majority still claimed to be Christian what will hold back its control if paganism dominates the globe ? … We have naively cross the bridge  into the third millenium to the tune of Lennon’s ‘Imagine’ full of hope for a new world order of unity and love, respect and democracy. At the front of the procession, leading the way across that bridge is the androgynous, sexually unfettered new human pagan spirituality.”

Laastens, wat dink die Here self van al die pogings om Hom te ontken en te verwerp, om sy waarheid vir leuens te verruil, om sy skeppingsordening en sy goeie wette te verwerp, wat die Bybelse wêreldbeeld verruil vir oeroue paganistiese panteistiese wêreldbeelde, wat sy Seun as enigste Verlosser en Koning verwerp ?

Die antwoord is reeds 3000 jaar gelede vir ons gegee, en dit geld vir alle tye, oertye, vandag se tye ook vir die toekomstige tye, goed of sleg, ongeag al die mens se tirades en futiele denkpogings om Hom te onttroon:

Waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge?

2 Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê:

3 Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!

4 Hy wat in die hemel woon, lag; die Here spot met hulle.

5 Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik:

6 Ek tog het my Koning gesalf oor Sion, my heilige berg.

7 Ek wil vertel van die besluit: Die HERE het aan My gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer.

8 Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting.

9 U sal hulle verpletter met ‘n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos ‘n erdepot.

10 Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde!

11 Dien die HERE met vrees, en juig met bewing.

12 Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam.

Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil! – Psalm 2

Amen.

Bronne

Peter Jones, One or Two – seeing a world of difference (Escondido, CA: Main Entry Editions, 2010).

Peter Jones, The God of Sex – How Spirituality defines your sexuality (Colorado Springs: Victor Books, 2006)

Piet Muller (red.), Die Nuwe Hervorming (Pretoria, Protea Boekhuis, 2002)

O Palmer Robertson, The Genesis of Sex – Sexual Relationships in the first book of the Bible (Philipsburg, NJ: P&R, 2002)

4 thoughts on “Die Bybelse ‘oerbeeld’ vervang deur ‘n pan(en)teistiese oerbeeld

Add yours

  1. Dankie Slabbert vir jou duidelike koers-aanduiding. Een van die mees sinvolle stukke wat ek nog gelees het rakende hierdie saak wat lyk my, besig is om te sneeubal in ons kerk.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: