Beeld briewekolom: 12 Desember 2011

Hier is my brief wat ek aan die Beeld briewekolom gestuur het (wat ek vermoed nie geplaas gaan word nie), na aanleiding van die reaksies wat Neels Jackson se pro-homoseksualisme artikel die afgelope week ontvang het:

Die hoofrede waarom die sonde van homoseksualisme nou deur die kerke ook goedgekeur moet word, is omdat baie teoloë en kerke nie meer die ware Evangelie van Jesus Christus glo nie. Hulle glo nie meer dat Jesus Christus volkome mens én volkome God is nie. In die ‘ ’n Woord onderweg’ gedeelte in die Beeld van 10 Desember 2011 word Christus as slegs ‘n mens bely wat net saam ons kom ly het, maar nie ook plaasvervangend vir ons sondes kom ly het om ons daarvan te bevry nie (2 Kor.5:21). As Jesus net ‘n mens was en nie ook God nie, sou Hy nie die toorn van die Vader oor ons sondes kon dra nie.

Sodoende moet die werklikheid van sonde ontken word, deur Genesis 1 tot 3 af te maak as ‘n mite en nie te erken as werklike historiese gebeure nie. Homoseksualisme en ander sondes moet aanvaar word as reg en nie verkeerd nie. Die ‘sonde en sondaars’ in die nuwe SA kerklike bedeling is nou hulle wat nog glo dat die Bybel leer dat ons enigste troos in lewe én sterwe, in liggaam én siel, Jesus Christus is wat ons van ons sonde en ellende bevry en vergewe, sodat ons nou hoe langer hoe meer in dankbaarheid volgens sy goeie wette kan lewe. Jesus sê dan ook: as julle My liefhet, bewaar My gebooie (Joh.14:15).

Die wesentlike krisis in ons kerke en samelewing is dus nie ‘n morele of intellektuele krisis nie, maar ‘n geloofskrisis, of beter gestel, ‘n ongeloofskrisis. Teenoor hierdie ongeloofskrisis bely die ware gelowiges en die ware kerke nog steeds die ewige waarheid: “Want ek skaam my nie vir die evangelie van Christus nie, want dit is die krag van God tot redding vir elkeen wat glo” (Rom.1:16) … ook vir die homoseksueles en ons almal wat ons daagliks moet bekeer van alle sondes.

Tot hier my brief aan die Beeld briewekolom.

[Nota: ek is aangenaam verras, my artikel is toe geplaas in die briewekolom van 2011-12-13, onder hul opskrif: ‘n Vals evangelie aanvaar gays nou ]

Wie is die liefdelose godsdienstige leiers ?

Wat heel ironies is in homoseksuele apologete soos Neels Jackson en prof. Gerrit Brand se skrywes, is dat hul die ‘anti-homoseksuele’ gelowiges wil probeer gelyk stel aan die ‘liefdelose’ godsdienstige leiers van Jesus se tyd.  En tog, is dit eintlik juis die homoseksuele apologete wat eerder in die kamp van die liefdelose godsdienstige leiers van Jesus se tyd gevind word, as ‘n mens dan so ‘n vergelyking wil maak.

Die godsdienstige leiers van Jesus se tyd het geleer dat hul nie Christus se geregtigheid nodig het nie, hulle is nie sondaars wat bekering nodig het vir hul sonde van liefdeloosheid teenoor ander volke en hul sonde van self-geregtigheid (self-redding deur werke) nie (Matt.9:9-13).

So verkondig homoseksuele apologete dan aan homoseksueles dat hul sonde van homoseksualisme (soos egbrekers, hoereerders, dronkaards, ens. 1 Kor.6:10) nie eintlik sonde is wat bely moet word en van bekeer moet word nie.  Daar word aan verlore homoseksueles ‘n valse evangelie van liefdeloosheid verkondig wat sê, kontra Jesus se woorde in Matt.9:13, julle is nie mede-sondaars wat bekering nodig het nie, julle is regverdig in julleself en in julle sonde … soos die godsdienstige leiers in hulle dag was.

Die pyn, angs, skuldgevoelens, kwellinge, ens wat homoseksueles belewe is nog ‘n aanduiding dat God met hul (en ons almal wat dit beleef oor ons eie sondes!) besig is, dit is ‘n getuienis, in Augustinus se woorde, dat ons siele onrustig is totdat dit rus vind in God (se wil).

Nou wil homoseksuele-apologete daardie erkenning van skuld en sonde wat nog oor is ook wegneem, hulle wil hê dat homoseksueles volhard in hul sondes en skandelike hartstogte, hul wil die homoseksuele sondige lewenswyse aanvaarbaar maak, ook binne die kerk, sodat hul harte finaal verhard en hul – in die woorde van Paulus – ‘die noodwendige vergelding van hul dwaling ontvang.’ (Rom.1:27)

Jammer, Neels en Gerrit, dit is definitief nie die liefde van Christus nie, nog minder die barmhartigheid van ons Vader.

As jul werklik mense liefhet wat vasgevang is in homoseksualisme, dan geld die woorde:

“Openlike teregwysing is beter as verborge liefde. Die wonde deur een wat liefhet, is opreg bedoel, maar die soene deur ‘n vyand is oorvloedig.” (Spr.27:5,6)

Ons kan almal struikel en in sonde val, die vraag is wat doen ons daarmee: regverdig ons dit in onsself of bely ons dit en stry daarteen in die bloed van Christus (Spr.24:16; 1 Joh.1:5-2:6).

Aan die homoseksuele apologete (en ons almal wat enige seksuele sonde of seksuele verhoudings buite die skeppingsordelike huwelik probeer regverdig) kom die waarskuwende woorde van Christus in Matt.5:19 en van Paulus in Rom.1:32: dit verdien die dood en daar is nie plek daarvoor in die koninkryk van God nie (1 Kor.6:9-11).

Daarteenoor leer die ware Evangelie, dat die waarheid jou vrymaak (Joh.8:32-36) om al jou sondes te ken, dit te bely, jou lewe lank te bely en daarteen te stry.  Dit geld vir enige homoseksuele of heteroseksuele sondes (1 Kor.6:10,11).

Mag hierdie ware Evangelie en ware liefde herontdek word, ook deur hulle wat mislei word deur homoseksuele apologete, sodat ons die ewige liefdevolle woorde van Jesus kan hoor:

“Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie.” (Joh.8:11)

Artikels

Daar is baie artikels wat die homoseksuele apologete se revisionistiese omgang met die Skrif weerlê, ek wil die volgende twee aanbeveel:

In the Shadow of Sodom: Does the Bible Really Say What We Thought About Homosexuality?, by Dr. Greg Bahnsen

The Condemnation of Homosexuality in Romans 1:26-27, by prof. David E. Malick

One thought on “Beeld briewekolom: 12 Desember 2011

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: