Deur die Here se voorsienigheid, is die gereformeerde geloof en kerk met die Nederlandse verversingstasie in 1652 aan die suidpunt van Afrika geplant. Met die Statenvertaling, Psalmboek en a'Brakel se Redelijke Godsdienst is die Afrikanervolk gevoed en gevorm, een volk en een kerk. In die woorde van prof.dr. HG Stoker, "Die Calvinisme is die wortel... Continue Reading →
Preek: Efesiërs 1 Tema: Heidelbergse Kategismus Sondag 21
Sondag 21 Vraag 54: Wat glo jy van die heilige, algemene, Christelike kerk? Antwoord: Dat die Seun van God (a) uit die hele menslike geslag (b) vir Hom 'n gemeente wat tot die ewige lewe uitverkies is (c), deur sy Gees en Woord (d) in die eenheid van die ware geloof (e) van die begin... Continue Reading →
Skeppingsleer seminaar: 5 November 2011
Nota: dubbel-klik op die prent om die besonderhede te vergroot.
Kelkiewyn Jaargang 3 nr.4 – Arbeid, ons manier van werk
Kelkiewyn jaargang 4 nr. 3 Arbeid – Ons manier van werk. Elkeen van ons het sekere basiese middele, soos huisvesting, klere en kos nodig om te kan lewe. Die Here gee aan ons die vermoë om te kan werk, sodat ons ook kan voorsien in hierdie middele. Deur jou arbeid verdien jy ʼn inkomste om... Continue Reading →
Pro Regno boekrak: 25 Oktober 2011
1. Tydlyn "Geskiedenis oor ses duisend jaar vanaf die skepping. Toon beskawing tussen Tigris en Eufraat riviere, asook Grieke, Romeine, Konings en profete van Israel en Juda asook die Christendom daarna." 2. Enigste Troos Sien die magdom goeie werke beskikbaar op dr. Attie Bogaards se webblad. Hier is 'n paar nuwe titels wat nou beskikbaar... Continue Reading →
Die see van oranje, blou spatseltjies en ‘n uitnodiging tot gereformeerd ekumeniese gesprek
Onder die opskrif, 'Reuse-ja vir Belhar' word daar in die Beeld van 14 Oktober 2011 berig dat die NGK se algemene sinode met 'n 'oorweldigende meerderheid' die Belhar belydenis aanvaar het, teenoor die 'enkele blou spatseltjies' wat daarteen gestem het (die 'blou spatseltjies' is die kaartjies/stemme teen die aanvaarding van die Belhar belydenis, terwyl die... Continue Reading →
Pro Regno nuus: 10 Oktober 2011
1. Namibië besoek Ek wou hier op my blog 'n klomp foto's plaas van my besoek in Namibië, maar dit vat te lank en is te moeilik om hier op te laai. Vir die wat belangstel, gaan kyk na die klompie foto's van my besoek op my facebook. 2. Steve Jobs, the Allure of Technology, and... Continue Reading →
Verjaarsdag: 28 September 2011
Hier is ek, op my verjaarsdag, in Windhoek in 'n restaurant besig om my verjaarsdag te vier. Vir die wat nie weet nie, ek is vir 10 dae in Nam (nie Vietnam nie, maar Nam-ibia), om Woord- en sakramentsbediening te doen by twee gemeentes (GK Aranos en GK Khomas Hochland). Ek beplan om DV as... Continue Reading →
Geloof en rede
Ons hoor dit baiemaal: 21ste eeuse gelowiges kan nie meer die 'antieke wêreldbeeld' van die Bybelse tye aanvaar nie, en daarom moet die geloof meer 'rasioneel aanvaarbaar' gemaak word vir die 21ste eeuse (postmoderne?) 'gelowige'. Die twee beste voorbeelde wat vandag onder die spervuur is, is: a. ons kan nie meer aan 'n letterlik-historiese ses dae... Continue Reading →