Kelkiewyn Jaargang 3 nr.4 – Arbeid, ons manier van werk

Kelkiewyn jaargang 4 nr. 3 Arbeid – Ons manier van werk.

Elkeen van ons het sekere basiese middele, soos huisvesting, klere en kos nodig om te kan lewe. Die Here gee aan ons die vermoë om te kan werk, sodat ons ook kan voorsien in hierdie middele. Deur jou arbeid verdien jy ʼn inkomste om die lewensmiddele aan te koop, jou gesin te onderhou en ʼn sekere lewensstyl te bekostig.

Gelowiges werk uit dankbaarheid vir God se reddende genade. In elke beroep moet almal ook saamwerk in die uitbouing van God se koninkryk. Ons hoor egter deesdae baie mense kla oor swak dienslewering, dat niemand meer trots is op hulle werk nie, dat jongmense nie meer uitsien om deel te word van die land se werkersmag nie. Die etiek van arbeid het ʼn geweldige knou gekry. Mense verstaan die rede waarom hulle werk al meer verkeerd en selfs gelowiges is verward. Ons gee oudergewoonte, positiewe Bybelse riglyne, spesifiek oor ons arbeid.

Prof. Paul de Bruyn raak Relevant deur Ons Manier van Werk te bespreek en daarna gee hy vir ons met Ywer praktiese handvatsels oor ons verantwoordelikheid as Rentmeesters van God. Ds. Sarel Cilliers stel ʼn Bybelse Mikpunt oor hoe jy jou arbeid moet sien in die artikel, Pligsgetrou en Roepingsbewus. Ds. Lou Erasmus skryf vir ons oor Stakings. Henriëtte vertel die Kuikens van Die Skepping van die Mens, Ds. Hannes leer ons Leef met Die vreugde van man-wees in Christus, en Cynthia het ʼn Cadbury Sjokolade sous vir roomys Opgedis. Ons Leeslus word aangewakker deur te kyk na ʼn webtuiste wat in onderskeie onderwys en opvoedings behoeftes wil voorsien en hulp toeganklik maak vir Afrikaanssprekendes. Verder word daar ook ʼn audio uitgawe van die 33/53 ‘ Vertaling van die Bybel bekend gestel. Maatstok meet die film van Winnie the Pooh, Dok Erich kyk na Serviks kanker en die voorkoming daarvan en Ds. Innes Nagel oordink Kolossense 3:23 en die Adel van Ons Arbeid.

Ons almal kan gerus die jonges se rubriek, Verbonde lees. Ons het ʼn Engelse artikel van Leslie Schwartz vertaal en aangepas, sodat ons kan leer om op te hou sê: ‘ek het nie tyd nie!’, veral as dit kom by Geestelike roetines, soos Bybelstudie, gebed en oordenking. Kyk uit vir ons Bybel Blokraai drie en Wie is in beheer 4.

Harde kopieë word op strategiese plekke in Namibië geplaas en gratis uitgedeel. Indien jy daarvan wil ontvang, maak gerus kontak, sodat ons jou in verbinding kan bring met een van ons verspreiders. Die Kelkiewyn is ook in pdf formaat beskikbaar. Indien jy dit gereeld wil ontvang, kontak ons gerus (redakteur@kelkiewyn.za.net indien u die Kelkiewyn per e-pos wil ontvang).

Dit is ons bede dat die Kelkiewyn jou in jou geloofslewe sal toerus. Geniet elke eier hierin gelê en mag die roep van die Kelkiewyn in jou hart broeiplek kry en in jou lewe opvlieg!

ds. Neil Prinsloo

Kelkiewyn jaargang 4 nr. 3 Arbeid – Ons manier van werk.

Vorige uitgawes

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: