
Sondag 21
Vraag 54: Wat glo jy van die heilige, algemene, Christelike kerk?
Antwoord: Dat die Seun van God (a) uit die hele menslike geslag (b) vir Hom ‘n gemeente wat tot die ewige lewe uitverkies is (c), deur sy Gees en Woord (d) in die eenheid van die ware geloof (e) van die begin van die wêreld af tot die einde toe (f) vergader, beskerm en onderhou (g) en dat ek daarvan ‘n lewende lid is (h) en ewig sal bly (i).
(a) Eph 5:26; Joh 10:11; Act 20:28; Eph 4:11-13.
(c) Rom 8:29; Eph 1:10-13.
(d) Isa 59:21; Rom 1:16; Rom 10:14-l7; Eph 5:26.
(f) Psa 71:17-18; Isa 59:21; 1Co 11:26.
(g) Mat 16:18; Joh 10:28-30; Psa 129:1-5.
(h) 1Jo 3:14, 1Jo 3:19-21; 2Co 13:5; Rom 8:10.
(i) Psa 23:6; 1Co 1:8-9; Joh 10:28; 1Jo 2:19; 1Pe 1:5.
Vraag 55: Wat verstaan jy onder die gemeenskap van die heiliges?
Antwoord: Ten eerste dat die gelowiges, almal saam en elkeen afsonderlik, as lede met die Here Christus gemeenskap en aan al sy skatte en gawes deel het (a). Ten tweede dat elkeen verplig is om sy gawes gewillig en met vreugde tot nut en saligheid van die ander lede aan te wend (b).
(a) 1Jo 1:3; Rom 8:32; 1Co 12:12-13; 1Co 6:17.
(b) 1Co 12:21; 1Co 13:1, 1Co 13:5; Phi 2:4-8.
Vraag 56: Wat glo jy van die vergewing van die sondes?
Antwoord:. Dat God, op grond van die voldoening van Christus, aan al my sondes en ook my sondige aard waarteen ek my lewe lank moet stry nooit meer (a) wil dink nie. Uit genade wil Hy aan my die geregtigheid van Christus skenk (b) sodat ek nooit in die strafgerig van God sal kom nie (c).
(a) 1Jo 2:2; 1Jo 1:7; 2Co 5:19.
(b) Rom 7:23-25; Jer 31:34; Mic 7:19; Psa 103:3, Psa 103:10, Psa 103:12.
Die laaste tyd het ek maar min geskryf op my blog weens verskeie redes. Hier is wel ‘n preek oor ‘n paar aspekte wat ons glo aangaande die kerk van Jesus Christus volgens Efesiërs 1 en ander plekke in die boek Efesiërs, veral hoe dit my en u persoonlik raak. Soos enige kategismuspreek het ek nie probeer om alles te preek en te leer in een preek nie, maar het die volgende hoofpunte aangespreek:
Vraag: “Wat glo jy van die heilige algemene Christelike kerk” ?
In Sondag 21 kry ons die antwoord, en sien ons die kerk in verhouding tot:
1. Christus, die heilige oorsprong van die kerk (v/a 54).
2. die kerk as die gemeenskap van die heiliges (v/a 55).
3. die heilige posisie en roeping van die kerk (v/a 56).
Die preek kan hier afgelaai en geluister word:
“Dit is ’n heilige God wat ons gered en afgesonder (geheilig) het in Christus (die Heilige), om nou as deel van die heilige kerk, hoe langer hoe meer heilig te word vir Hom en tot sy eer te lewe.” (sien ook 1 Petrus 1:15,16)
Nie ‘n maklike pad nie, inteendeel!, die moeilikste pad wat daar kan wees (Luk.9:23-26), maar onthou Augustinus se woorde in my en u worsteling in die goeie stryd teen die eie sondige natuur, die wêreld en die Satan (HK v/a 127), deur sy Gees en Woord:
“Dit is beter om op die regte pad te strompel, as om op die verkeerde pad te hardloop.”
Ek hou veral van jou laaste frase: “Dit is beter om op die regte pad te strompel, as om op die verkeerde pad te hardloop.”
Vrede!