Verjaarsdag: 28 September 2011

Hier is ek, op my verjaarsdag, in Windhoek in ‘n restaurant besig om my verjaarsdag te vier.  Vir die wat nie weet nie, ek is vir 10 dae in Nam (nie Vietnam nie, maar Nam-ibia), om Woord- en sakramentsbediening te doen by twee gemeentes (GK Aranos en GK Khomas Hochland).  Ek beplan om DV as ek terug is in SA volgende week meer daaroor te skryf en meer foto’s te wys (hou hierdie spasie dop).

Soos julle hierbo kan sien, het my kop heeltemal uitgehak en het ek ‘n groot partytjie gehou.  Toe die horde mense om my sien ek bestel my tweede … Coke … toe lyk dit asof iemand geskree het: Brand ! Brand ! soos die mense uit die restaurant gevlug het om die ‘wilde partytjie’ vry te spring.

Wel, ek het baie lekker ge-eet aan my hoender en chips, en het die aand baie lekker saam gemeentelede verder ge-eet en gekuier. Ek word so vet gevoer hier in Nam, dat ek bekommerd is dat my gewig heeltemal te veel gaan wees om terug te vlieg SA toe (Maandag).  Ek sal maar my eie Boeing moet bespreek ! (Ou tante Koba sy is so vet, sy pas net mooi in ‘n Jumbo Jet … dalk is ons familie!)

Ook nog baie geluk aan my grootseun (Berto) wat mos saam my verjaar (in die foto saam sy jongste sussie, Hilke), hy is nou vier jaar oud.  Sien baie daarna uit om weer my vrou en kinders te sien. Partykeer is dit goed om so paar dae weg te gaan, om opnuut die genade, rykdom en seën van die Here in ‘n mens se lewe te besef, veral ‘n wonderlike gesin (sien Ps.126:3), asook die genade voorreg om ‘n gemeente van ons Here Jesus Christus te bedien (GK Carletonville).

Groete tot volgende keer, DV.

“Ons kan alleen die goeie stryd van die ware geloof stry (en voltooi) teen die eie sonde, die verleidende wêreld en die Satan (2 Tim.4:7), as ons in vrede met God lewe (en waar kom daardie vrede vandaan? Antwoord: Rom.5:1 ens.).  Die wesentlike vraag van elke mens se lewe is daarom: met wie maak jy vrede én met wie is jy in ‘n oorlog gewikkel (Jes.57:22; Jak.4:4) … tot die lewe of die dood toe (Joh.3:16 én 36) …?” (eie aanhaling, met erkenning aan J. Gresham Machen; sien ook Joh.16:33).

3 thoughts on “Verjaarsdag: 28 September 2011

Add yours

  1. Dankie dat jy ons laat deel in die vreugde, met die foto’s van jou en ook van deel van die gesin, alreeds ‘n geweldige seën! Mag die mooiste seëninge van die Here oor jul kom en jul lewe verryk (Deutr 28:2)

  2. As I said on Facebook yesterday: Happy “Bertday”!
    May you travel safely in the Lord’s care.

  3. Baie geluk met jou verjaardag. Mag daar nog vele meer wees, en mag die Goeie Vader die keur van sy seeninge op jou en jou gesin uitstort.
    Lekker feesgevier, soos dit hoort op ‘n verjaardag, en dan nogal TWEE cokes!
    Vrede!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: