Die Christianity Today tydskrif het op hul voorblad van hul Junie uitgawe, 'n aapmens, met die hooftitel, The Search for the Historical Adam. 'Wetenskap' (lees: scientisme = die evolusionisties-ideologiese interpretasie van DNA in hierdie geval) het nou ook 'bewys' (lees 'glo nou') dat Adam en Eva nie die eerste mense op aarde was nie, en... Continue Reading →
Woordoordenking: Die Evangelie en nietige dinge
"En daar het hul die evangelie verkondig" - Hand.14:7 ‘n Mens staan baiemaal beskaamd as ‘n mens die lewe van die apostel Paulus bestudeer, of eerder die getuienis van die lewe van Christus deur Paulus (Gal.4:14). Nog meer word ek tans daarvan bewus terwyl ek deur die boek Handelinge preek. Die afgelope Sondag het ek... Continue Reading →
Nog apologetiese bronne
Hier en hier het ek reeds gewys op 'n paar Christelike apologetiese bronne en metodes. Hier is twee verdere bronne wat gebruik kan word, vanuit beide die evidentiële en presupposisionele christelike apologetiese benaderings. Veral die eerste bron het 'n magdom inligting en bronne om te gebruik: Apologetics 315 Bethinking
Die Nuwe Hervorming: wetenskaplike- of evangelisasie terrein?
"In die groot debat wat plaasgevind het tussen die ‘evangelical’ dr. W.L. Craig en die ‘Jesus Seminar’ liberalis, J.D. Crossan (Copan, 1998), het eersgenoemde tot vervelens Crossan probeer oortuig deur elke keer te verwys na die “vast majority of New Testament scholars”, “majority of biblical critics”, “the consensus of scholarship”, “no other serious NT critic... Continue Reading →
Is Sakkie Spangenberg ‘n antichris ?
Na aanleiding van 'n vorige bloginskrywing, Wie is die Antichris?, het ek die volgende vraag ontvang van 'n leser: "Beweer julle dus dat prof. Sakkie Spangenberg die Antichris of ten minste “‘n antichris” is??" My antwoord is 'n 'nee' en 'n 'ja'. 1. Nee, as met 'antichris' bedoel word al die populêre buite-bybelse hollywoodagtige 'doomsday prophets' soort van fabelagtige en mitologiese... Continue Reading →
Gedenk julle voorgangers reeks: nommer 1-4
Hebr.13:7 Gedenk julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uiteinde van hulle lewenswandel en volg hulle geloof na. Die 'Gedenk julle voorgangers' - reeks (Hebr.13:7), se doel is om preke, artikels, lesings van die verlede te plaas wat ons oproep om vas te bly staan in die geloof wat aan ons... Continue Reading →
Die belangrikste dienswerk in die Kerk van Christus
Hier is 'n preek van ds. Daan Malan (emeritus-predikant van GK Lindley en Steynsrus), geplaas met sy toestemming, oor die man en vrou se take in die Here se gemeente, veral ook in die amp van gelowige: Die belangrikste dienswerk in die Kerk van Christus Hier is die inleiding tot die preek: "Geliefdes in onse HERE, Jesus... Continue Reading →
Slaan jy jou vrou nog ? – van VIDA tot homoseksuele predikante
Ek het onlangs die volgende artikel van dr. A.L. Rheeder gelees, wat reeds in 2009 geskryf is: Die implikasie van die GKSA se 2009-sinodebesluit rakende die vrou in die regeeramp Voordat iemand nou weer op die 'volg die Matt.18 kerklike weg' waentjie wil spring, lees eers hierdie bloginskrywing: Die Matteus 18 weg en die negende gebod... Continue Reading →
Maar JULLE, wie se JULLE is Ek ? – Jesus Christus
"Maar op hierdie een sal Ek let: op hom wat arm is en verslae van gees, en wat bewe vir my woord." (Jes.66:2) Dit is niks nuuts nie, deur al die eeue word Jesus Christus bevraagteken, hetsy dat Hy bestaan het, of dat Hy bloot net 'n goeie mens was, dat Hy nooit werklik in die... Continue Reading →
Geslags-‘neutrale’ Bybelvertaling ?
In 2011 gee Zondervan a 'gender-neutral' NIV vertaling uit. Die NIV (1984) is die Engelse vertaling wat tans die meeste verkoop regoor die wêreld, maar daar is baie ongelukkigheid oor die nuutste uitgawe (2011). Sien die volgende deeglike evaluering deur die CBMW: An Evaluation of Gender Language in the 2011 Edition of the NIV Bible Hier is 'n paar... Continue Reading →