Die Nuwe Hervorming: wetenskaplike- of evangelisasie terrein?

“In die groot debat wat plaasgevind het tussen die ‘evangelical’ dr. W.L. Craig en die ‘Jesus Seminar’ liberalis, J.D. Crossan (Copan, 1998), het eersgenoemde tot vervelens Crossan probeer oortuig deur elke keer te verwys na die “vast majority of New Testament scholars”, “majority of biblical critics”, “the consensus  of scholarship”, “no other serious NT critic accepts”, ens.

Nou dit kan waar wees, maar dit is nie die sentrale pleitdooi wat gedoen moet word teenoor hierdie ongelowige geleerdes nie. Was dit dan nie juis die ‘vast majority of OT scholars’ in Jesus se dag wat Hom verwerp het, en Hom laat kruisig het nie?  Die Bybel waarsku juis dat ons nie die meerderheid (of minderheid) moet volg wat in verkeerd is nie (Ex.23:1-3).

Ten einde is die debat tussen die Kerk van Christus met die historiese Jesus aanhangers, die Jesus Seminar, die Nuwe Hervormers, nie ‘n debat tussen ‘geloof vs. wetenskap’ of tussen ‘geloof vs. rede’ nie, maar ‘n debat tussen geloof vs. ongeloof, tussen gelowige Skrifwetenskap en ongelowige antropologiese wetenskap.

Die Heilige Skrif leer:

– dat ons God nie kan behaag sonder geloof nie (Hebr.11:6a);

– dat geloof nie ‘n werk van ‘n mens is nie maar die werk van God (Joh.6:29); en

– dat geloof is ‘n gawe van God, ‘n geskenk van God (Ef.2:8).

Die rede waarom die Nuwe Hervormers nie kan glo aan die Jesus van die Bybel nie, is nie omdat daar nie genoeg ‘bewyse’ is nie of omdat die ‘wetenskap’ so sê nie, of omdat die Skrif ‘onduidelik’ is nie, maar omdat hul nie die geloof het om dit te kan doen nie.  Die skuld daarvoor lê by hulself omdat hul die duidelike getuienis van die Skrif verwerp (Matt.22:29; 2 Kor.3:18).

Daarom is dit die konklusie van hierdie werkstuk dat aanhangers van die Nuwe Hervormers beskou moet word as ongelowige mense, wel geleerde ongelowige mense, wat opnuut die Evangelie van verlossing moet hoor, wat opnuut moet hoor dat Jesus ook die sleutel is om die Skrif self reg te verstaan (Luk.24:26-27, 44,45): 20 En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die Waaragtige te ken; en ons is in die Waaragtige, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die waaragtige God en die ewige lewe. – 1 Joh.5″

In aansluiting by my vorige artikel oor, Is Sakkie Spangenberg ‘n antichris?, plaas ek hier ‘n werkstuk wat ek gedoen het toe ek nog op teologiese skool was (2002-2006, Teologiese Skool Potchefstroom).  Die werkstuk was in 2004 opgestel, met die Nuwe Hervorming wat nog heel ‘nuut’ was, alhoewel hul baie ‘oud’ is in oorsprong (Gen.3:1).  In die afgelope paar jaar kon daar seker hier en daar nog ‘n slim dwaling en ‘nuutste navorsing’ (tot in ‘ad finitum and beyond’) bygekom het, maar die basiese geloofsbelydenis van die postmodernistiese ongeloofswetenskap bly dieselfde, en daarom plaas ek my werkstuk ook onveranderd:

Die ‘historiese jesus/nuwe hervorming’ – wetenskaplike of evangelisasie terrein

Vanuit die probleemstelling in die werkstuk:

“In die postmoderne eeu is dit aanvaarbaar dat elkeen glo soos hy wil en nogsteeds aanspraak daarop kan maak dat hy ‘n ‘Christen’ is maar dit verskaf ‘n idenditeitsprobleem, ‘n geloofskrisis, want wie is dan nou werklik ‘die Christene’ en wat moet ‘n mens glo om ‘n Christen te wees?  Is dit hulle wat vashou aan die belydenis van die Kerk deur die eeue, o.a. die ekumeniese en gereformeerde belydenisskrifte, of is dit die Nuwe Hervorming wat met ‘n totaal ‘nuwe’ inhoud (vir ons tyd) kom? In die woorde Paul Coplan (1998: 17), is die volgende wesentlike vrae op die spel:

Who is the real Jesus?  Is the Jesus that Christians have been worshiping through the ages a legendary or mythhological figure massively blown out of proportion by well-meaning followers?  Or is he “the Christ, the Son of the living God”?

Wanneer bepaal is wie Christus reg bely, sal dit ook help om ‘n strategie te ontwikkel hoe daar teenoor die historiese Jesus aanhangers opgetree moet word.  Moet hul beskou word as ‘mede christelike geleerdes’ met wie ons in ‘n wetenskaplik-teologiese gesprek kan gaan en o.g.v. die ‘bewyse’ hul probeer oortuig dat die Jesus van die geskiedenis ook die Jesus is wat verkondig is; of moet hul beskou word as ongelowiges aan wie die Evangelie verkondig moet word met die oproep tot geloof en bekering (Mark.1:14,15)?

Is die Jesus Seminar en die Nuwe Hervorming beweging dus onkundige gelowiges of geleerde ongelowiges?”

Hier is die inhoudsopgawe:

1. Inleiding

2. Probleemstelling
3. Doelstellings

4. Metodologie

5. Die ‘historiese’ vs die ‘verkondigde’ Jesus probleem

5.1. Die oorsprong en ontstaan van die probleem

5.2. Die ontwikkeling van die probleem

5.3. Wie Jesus is volgens die probleem

6. Jesus volgens die Nuwe Testament

7. Die belydenis van die Kerk deur die eeue

8. Evaluering en konklusie

Bronnelys

“Hier (Jesus Seminar/Nuwe Hervorming) word na die wortel van die Christendom gegaan, naamlik die waarhede van die Skrif soos dit geformuleer is deur bloed en stryd in die eerste 500 jaar van die kerkgeskiedenis. Gerald Bray se woorde is tekenend van ons tye, as hy skryf (1997: 7):

‘At a time when Christian commitment is lower than ever before, and when all branches of the Church have admitted the need for clear, incisive evangelism, it seems that the leading theologians of our colleges and universities are engaged in a kind of competion to see which of them can deny the greatest number of central Christian doctrines without being disciplined.’

12 thoughts on “Die Nuwe Hervorming: wetenskaplike- of evangelisasie terrein?

Add yours

  1. In sy boek, “How should we then live?” skryf Francis Schaeffer oor die “Historiese Jesus”. In sy boek beskryf hy dat Albert Schweitzer reeds in 1906 die “Historiese Jesus” probeer beskryf het deur die nuwe testament te neem en alle bo natuurlike dinge daaruit te verwyder.

    Die beweging om die Skrif te probeer interpreteer vanuit die voorveronderstelling dat daar geen bo natuurlike dinge bestaan nie is dus al meer as honderd jaar oud. Dit wat die Jesus Seminar probeer leer is dus niks nuuts nie.

    Die gedagte dat die wereld slegs bestaan uit die natuurlike dinge en dat daar geen bo natuurlike dinge bestaan nie, is egter nog veel ouer. Dit is ook die leer van die Saduseers gewees.

  2. Is dit moontlik dat “geleerde gelowiges” die betekenis van “Christus” nie ken nie (“Gesalfde, Messias”) – deur mensself ‘n “Christen” te noem , erken mens dus dat Jesus die Gesalfde, die Messias, is en dan maak dit mos nie sin as mens Hom juis daarvan stroop nie? (Hulle roem hul mos daarin dat hul die Jesus-verhaal ontmitologiseer/van sy mitiese karakter (of die bo-natuurlike, soos Bouwe sê) stroop.

  3. Wat my nogal verbaas is hoe nuwe hervormers hulle self glo/mislei deur voor te hou dat hul bloot historiese wetenskap ‘objektief en onpartydig’ beoefen sonder enige vooroordele, a la John Locke se tabula rasa idee = “ons kom met ‘n ‘skoon/leë verstand” na die debat. Hulle het bloot die Bybelse geloof en lewensbeskouing verruil vir die mitologiese (post)moderne geloof en lewensbeskouing in homo sapiens homo mensura, dit is die menslike dier is die norm van alle dinge.

    Oor Bultmann, een van die vaders van Jesus Seminar/Nuwe Hervorming:

    “Of course, we may ask: Since Bultmann found the idea of a physical resurrection unbelievable, how did he maintain that he was still a Christian? Through the process of existential demythologizing and re-personalizing the event, making a new myth out of it.

    Having renounced physical resurrection as impossible, the Resurrection now became, for Bultmann, “something here and now…entering into a new dimension of existence, a being set free from the past and from guilt and from care and being made open to one’s fellow-man in love.” [Hen.RB, 35]

    Needless to say, this is a far cry from Paul’s insistence that if Christ is not raised, our faith is in vain. Bultmann’s Christ is a myth for our age, and his purpose was to make Christian faith “meaningful” to modern, skeptical man: he openly admits that his hermeneutic “takes the modern world-view as a criterion.” [Bult.JM, 35] …

    In conclusion…one may ask, why on earth would anyone want a Jesus without a Resurrection, or miraculous power, or godhood; one who never claimed to be Messiah, never predicted his passion? An admirer of Bultmann excuses this by saying that “such a portrait of Jesus may be inadequate but it is at least relevant.” [Hen.RB, 43]

    To which I say: It serves us no good purpose to remake God in our image and likeness. The theology of Rudolf Bultmann was based upon Bultmann’s inability to come to terms with the truth and with a Jesus that strongly conflicted with his own worldview. The world does not decide what Jesus should be like, and our own personal issues do not dictate history and what is real.

    Bultmann, who was so intent upon dismissing the NT records as offering an imputed myth, did no more than impose his own modern, soon-to-be-irrelevant myths upon the text. How much different is the Jesus Seminar?

    Sien: http://www.tektonics.org/af/bultmann01.html

  4. @Henriëtta. Dit wil voorkom asof die woord “Christen” ook verskillende betekenisse vir verskillende mense het – soortgelyk aan die woorde “Apartheid” en “rassisme”. Baie tradisionele Christene verstaan die woord “Christen” as verwysend na iemand wat glo dat Jesus as Seun van God, dié Verlosser en Saligmaker is en dat Hy vir almal se sondes gesterf het. Prof. Sakkie beskou homself nog steeds as ‘n Christen omdat hy homself nie heeltemal kan “losmaak” van die Christelike tradisie waarbinne hy grootgeword het nie, en omdat hy nog reken dat daar baie wyshede in die Bybel is wat wel van nut kan wees indien dit nié te letterlik verstaan word nie.

    @proregno. Dit is wel so dat ons uiteenlopende voorveronderstellings het wat ons denke beïnvloed. Nie een van ons voorveronderstellings aangaande die aard van die Goddelike of die (on)geloof in die Bybel as Woord van God, kan tans deur empiriese, wetenskaplike metodes reg of verkeerd bewys word nie. Wat vir my egter van belang is, is tot watter mate sekere geloofsbeginsels voordelig of nadelig was/is vir die mensdom en tot watter mate dit bygedra het tot ‘n sinryke bestaan en die spirituele vooruitgang van mense. Ongelukkig is daar oorgenoeg getuienis vir die skade wat deur die georganiseerde Christendom aangerig is aan beide die oorwegend blanke westerse beskawings, én die oorwegend nie-blanke dêrdewêreldse bevolkings.

  5. Jaco, oor die “skade”: ‘n mens sal intensiewe navorsing van “epidermiese proporsies” moet doen wat waarskynlik ‘n leeftyd sal duur , om werklik te bepaal watter “skade” deur wie deur die eeue aangerig is. Ek het onlangs ‘n DVD “What if Jesus had never been born?” van Dr. James Kennedy gekyk, oor die geweldige positiewe impak wat die geboorte van Jesus (en dus die Christelike boodskap) op Europa , Indië. Suid-Amerika maar veral Noord Amerika (dus die VSA) gehad het. Daar is kommentaar van wetenskaplikes, historici, filosowe”, teoloë en nog ander mense.

    Oor die naam “Christen”: Dis nie hoe “baie mense” die woord verstaan nie, maar hoe dit in die Bybel staan wat van belang is, is dit nie? Ek is seker Sakkie is slim genoeg om met ‘n ander woord /uitdrukking te voorskyn te kom wat meer paslik is, maar ek dink om homself “Christen” te noem, bluf hy nie net ander onskuldige mense wat nie van beter weet nie, maar ook homself.

  6. Hi Henriëtta,

    Die woord “Christen” verskyn slegs 3 keer in die Nuwe Testament (Handelinge 11:23, Handelinge 26:28 en 1 Petrus 4:16) en verwys na die volgelinge van Christus. Die oorspronklike Griekse woord “Christos” is gebruik as vertaling van die Hebreeuse woord “Mashiach”, wat verwys na ‘n menslike Messias of gesalfde en beslis nié noodwendig na Jesus as die Seun van God nie. Daar is dus nêrens ‘n klinkklare definisie van die woord “Christen” in die Bybel, wat dieselfde betekenis het as die hedendaagse verstaan van ‘n (tradisionele) Christen as iemand wat glo dat Jesus as Seun van God (en gevolglik Jesus as “deel” van God Drie-Enig), vir alle mense se sondes aan die kruis gesterf het nie.

    Ek is bereid om na die DVD te kyk en die beweerde “geweldige positiewe impak” van die Christelike boodskap te vergelyk met wandade wat in die naam van die Christendom gepleeg is. Die donker eeue het veral die wêreld skade berokken en die horlosie as’t ware teruggedraai a.g.v. die Rooms-Katolieke Kerk se houvas op die westerlinge se denke. As gevolg van die dertigjarige oorlog (1618-1648) het bykans ‘n derde van die Duitse bevolking gesterf. Albei kante van die strydende magte tydens die twee Wêreldoorloë het beweer dat die Christelike God slegs aan húlle kant is. Ons is bewus van die stryd tussen die Katolieke en Protestante in Noord-Ierland. Lees gerus ook hierdie artikel van my (http://www.spiritualiteit.co.za/artikel-wandade-in-naam-van-christendom.php) wat handel oor wandade wat in die naam van die Christendom gepleeg is. Dan is daar nog boonop die geweldige skade wat aangerig is aan nie-blanke beskawings soos o.a. die vernietiging van die Inkas en Asteke se beskawings; samewerking tussen die koloniale magte, sendelinge en die georganiseerde kerke in veral Afrika, ens.

    Ek het onlangs ook kortliks verwys na die misleiding deur Afrikaanse kerkleiers en die skadelike gevolge daarvan vir die hele Suid-Afrika, n.a.v. ‘n artikel oor die morele agteruitgang van Afrikaners en die mitologiese aard van hul geloof op “Beeld” se webblad (http://www.beeld.com/MyBeeld/Briewe/Afrikaners-beoefen-n-mitologiese-godsdiens-20110617). Ek het persoonlik beleef hoe van my familielede in ‘n toenemende mate van mekaar vervreem raak a.g.v. hul verskillende interpretasies van die Bybel. Sommige van hulle bly nog steeds lidmate van die NG Kerk, sommiges is lidmate van die APK, andere is Israelvisie-ondersteuners en ek het selfs nou die dag in ‘n aaklige eposgesprek (anders as die ordentlike en respekvolle debat tussen ons) betrokke geraak met ‘n aangetroude familielid wat ‘n Andrew Murray-ondersteuner is en wat nogal beweer dat NG Kerklidmate eintlik net “mond Christene” is!

  7. Lees vanoggend die volgende aanhaling raak wat relevant is vir ons gesprek:

    “Some writers may toy with the fancy of a ‘Christ-myth,’ but they do not do so on the ground of historical evidence. The historicity of Christ is as axiomatic for an unbiased historian as the historicity of Julius Caesar. It is not historians who propagate the ‘Christ-myth’ theories.” – F.F. Bruce (The New Testament Documents, p. 123)

  8. “People have presuppositions, and they will live more consistently on the basis of these presuppositions than even they themselves may realize. By presuppositions we mean the basic way an individual looks at life, his basic world-view, the grid through which he sees the world. Presuppositions rest upon that which a person considers to be the truth of what exists. People’s presuppositions lay a grid for all they bring forth into the external world. Their presuppositions also provide the basis for their values and therefore the basis for their decisions.” – Francis Schaeffer

  9. Francis Schaeffer se verwysing na mense se voorveronderstellings (Engels: presuppositions), is óók van toepassing op fundamentalistiese Christene wat glo in God Drie-Enig en die Bybel as “Woord van God”. Hierdie voorveronderstellings beïnvloed gevolglik hul optrede teenoor andere, hul besluite en lewenswaardes.

  10. “Any position in which claims about Jesus or the resurrection are removed from the realm of historical reality and placed in a subjective realm of personal belief or some realm that is immune to human scrutiny does Jesus and the resurrection no service and no justice. It is a ploy of desperation to suggest that the Christian faith would be little affected if Jesus was not actually raised from the dead in space and time.

    A person who gives up on the historical foundations of our faith has in fact given up on the possibility of any real continuity between his or her own faith and that of a Peter, Paul, James, John, Mary Magdalene, or Priscilla. The first Christian community had a strong interest in historical reality, especially the historical reality of Jesus and his resurrection, because they believed their faith, for better or for worse, was grounded in it.” – Ben Witherington

    New Testament History, pg 167

    http://bit.ly/olX4Ta

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: