Die eerste en tweede Adam

Die Christianity Today tydskrif het op hul voorblad van hul Junie uitgawe, ‘n aapmens, met die hooftitel, The Search for the Historical Adam.

‘Wetenskap’ (lees: scientisme = die evolusionisties-ideologiese interpretasie van DNA in hierdie geval) het nou ook ‘bewys’ (lees ‘glo nou’) dat Adam en Eva nie die eerste mense op aarde was nie, en dat voor ‘Adam en Eva’ daar reeds 10 000 ‘primate’ was waaruit die ‘mens’ uiteindelik afgestam het.

Enige iets is moontlik, as God en Sy Woord verdwyn of ge-herinterpreteer word in die lig van die heersende 2 Tim.4:3,4 tydsgees.

Hier is twee aanhalings, wat wys dat wat op die spel is, is nie ‘wetenskap’ of ‘feite’ of ‘data’ of ‘DNA’ nie, maar die verklaring daarvan: of in die lig van God se onfeilbare Woord, of in die lig van die mens se geloof in sy eie onfeilbaarheid, dit is geloofswetenskap vs ongeloofswetenskap. In plaas van dat die mens sy verstand as instrument gebruik om agter God aan te dink, om deur sy Woord die wonderlike skepping te ondersoek en te geniet, word die mens se rede as norm en standaard verhef, om soos God self te probeer wees, om oor God en sy Woord god te probeer speel. 

Die gesag van God se Woord word ontken, aangepas, verdraai om plek te maak vir teorieë wat God se bestaan ontken of so verdraai dat God nie meer almagtig is in skepping en herskepping nie.

Teïstiese evolusie:

“(Francis) Collins’s 2006 bestseller, The Language of God: A Scientist Presents Evidence for Belief—which so vexed those secularist critics—reported scientific indications that anatomically modern humans emerged from primate ancestors perhaps 100,000 years ago—long before the apparent Genesis time frame—and originated with a population that numbered something like 10,000, not two individuals. Instead of the traditional belief in the specially created man and woman of Eden who were biologically different from all other creatures, Collins mused, might Genesis be presenting “a poetic and powerful allegory” about God endowing humanity with a spiritual and moral nature? “Both options are intellectually tenable,” he concluded.”

Skeppingsleer:

“South Carolina pastor Richard Phillips, a blogger with the Alliance of Confessing Evangelicals and chair of the Philadelphia Conference on Reformed Theology, sees serious doctrinal danger if the historical Adam disappears. ‘Can the Bible’s theology be true if the historical events on which the theology is based are false?’ he asks. If science trumps Scripture, what does this mean for the virgin birth of Jesus, or his miracles, or his resurrection? ‘The hermeneutics behind theistic evolution are a Trojan horse that, once inside our gates, must cause the entire fortress of Christian belief to fall.’”

In antwoord op BioLogos en Collins se evolusionistiese denke, sien dr. John Byl se blog:

http://bylogos.blogspot.com/

Prof. Bert Floor, het die vraag na die historisiteit van Adam in ‘n vroeër uitgawe van, In die Skriflig, beantwoord (Junie 1969). Die artikel kan hier gelees word:

Is Adam ‘n historiese figuur ?

“Wanneer ons egter glo dat die Bybel die onfeilbare Woord van God is en dat die wetenskap feilbaar is omdat dit deur sondige mense beoefen word, dan moet ons as gelowiges aan die Skrif prioriteit verleen ten opsigte van die wetenskap en in ieder geval die wetenskap in die lig van die Woord van God beoefen en nie omgekeerd die Bybel eksegetiseer in die lig van die wetenskap nie.” – prof. Floor

Sien ook:

The Quest for the Historical Adam, dr. David Murray.

“1. Adam-denial usually begins with literal-six-day-creation-denial. Not everyone who denies literal-six-day-creation ends up denying the literal Adam. However, from what I’ve read, everyone who ends up denying a literal historical Adam began by denying a literal-six-day-creation. That’s a real warning to us. If we crack our foundation, we don’t know how much will crumble away.

2.We should be very wary of any approach to Scripture that ends up with us having to depend on PhD scholars to interpret the Bible for us. We do not want to end up back in pre-Reformation days when “ordinary” people had to depend on the priest for a right understanding of Scripture. I’m afraid that we are creating a new “priesthood” of scholars who we need to tell us what parts of Scripture are poetry and which are historical.

3.We must assert both the individual reality of Adam and our corporate solidarity with Adam. … We are on only one train. We are either linked to Adam or to Christ.”

“The Search for the Historical Adam” and Population Genomics, dr. Elizabeth Mitchell

“So what is the upshot of all this? The magazine’s position upholds the fact that “the entire story of what is wrong with the world hinges on the disobedient exercise of the will of the first humans.” It further affirms that “the entire story of salvation hinges on the obedience of the Second Adam.”

But then it insists of finding a middle ground, not even acknowledging the fact that false assumptions could undermine the reliability of the science. Bottom line: the science cannot possibly be wrong, so we must re-interpret the Bible. Find some way to let Adam and Eve be real people but just leaders among the population, the magazine counsels. “That suggestion has the virtue of embracing both a prehistoric couple and a prehistoric population.” That suggestion also has the “virtue” of embracing the Serpent’s words to Eve, “Yea, hath God said?” Either we trust what God said, or we don’t.”

The Historicity of Adam, rev. Brian H. Schwertley  

The biblical evidence for the historicity of Adam is so clear, abundant and interwoven with the teaching of Paul and Christ that it is impossible to circumvent this teaching without also redefining and rejecting the doctrines of Christ and the gospel. The literal, historical understanding of the account of Adam and his fall is rejected today not because of the biblical or even the real scientific evidence, but because men are unwilling to believe the clear teaching of Scripture. Why are men so willing to abandon the word of God in favor of speculative theories that are founded only upon human opinion?

The answer lies in the fact that many people are unwilling to lay down the weapons of their warfare and submit to Christ. Men do not want to face the reality of sin and its consequences, death and hell. Men regard the early chapters of Genesis as myth, legend, saga and so forth in order to retain human autonomy. They want to define for themselves what is good and what is evil. Such men are on the broad path that leads to destruction. Bible-believing Christians are not taken in by such rubbish. They know that Adam was just as real as they are. They also know that Jesus Christ, the second Adam, the covenant head of redeemed humanity has conquered Satan, sin and death. “But the free gift is not like the offense. For if by the one man’s offense many died, much more the grace of God and the gift by the grace of the one Man, Jesus Christ, abounded to many. And the gift is not like that which came through the one who sinned. For the judgment which came from one offense resulted in condemnation, but the free gift which came from many offenses resulted in justification. For if by the one man’s offense death reigned through the one, much more those who receive abundance of grace and of the gift of righteousness will reign in life through the One, Jesus Christ.)” (Rom. 5:15-17).”

Was Adam Historical?, prof. Robert B. Strimple

“If we deny the historicity of Adam, “then the question will never allow itself to be finally suppressed: Is not Christ in his resurrection also a ‘teaching model’…?” If the historicity of the first Adam is considered irrelevant to us, why then should the historicity of the second Adam not also be irrelevant to us?

To conclude: Our understanding of the reality of Adam affects our understanding of sin, of redemption, and of the Redeemer. The one who rejects the Biblical teaching regarding the historical Adam and the historical Fall will find no firm basis for accepting the Biblical teaching regarding the historical, Incarnate Redeemer.”

Gelowige mense is nie skaam om wetenskap te beoefen nie, gee nie om watter terrein van lewe of denke dit is nie. Ons glo ons moet die feite volg, nie ons idees inlees in Skrif en natuur, wat daar nie staan nie. As ek ‘n boom wetenskaplik bestudeer, kan ek nie eienskappe aan die boom toeskryf, wat die boom nie self ‘openbaar’ nie.

Ja, die hele skepping, die natuur getuig van God – maar die sondige opstandige autonome mens se poging is om die natuur, die skepsele, insluitende die mens self te gebruik om God te ontken -soos ons bely in NGB artikel 2:

Ons ken Hom deur twee middele:

“Ten eerste deur middel van die skepping, onderhouding en regering van die hele wêreld. Dit is immers voor ons oë soos ‘n mooi boek waarin alle skepsels, groot en klein, die letters is wat ons die onsigbare dinge van God, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, duidelik laat sien, soos die apostel Paulus sê (Rom 1:20). Al die dinge is genoegsaam om die mense te oortuig en hulle alle verontskuldiging te ontneem.”

Ontken God, dan is daar geen meer rekenskap om te gee vir al ons denke, doen en late nie (2 Kor.5:10), dan kan ons lewe soos ons wil, sonder enige verantwoordelikheid. Ontken Adam, ontken die sondeval in die geskiedenis en die gevolge daarvan, dan is daar geen meer sin in verlossing in hierdie lewe nie.  Deur Adam te ontken, ontken ons ons skuld aan die sondeval en ons eie sonde, ontken ons dat ons ‘n Verlosser nodig het (Gen.3:15; HK Sondag 5,6), en dat daar ‘n ewige oordeel kom (NGB art.37). 

Nou probeer die mens die ‘natuur’, God se skepping teen Hom draai, die ‘mooi boek’ word nou gebruik om die ‘Mooi Boek’, die Bybel te weerspreek, aan te val, bespotlik te maak deur sogenaamde ‘wetenskaplikes en geleerdes’ van die eeu (1 Kor.1:20). En, nou weet ek nie wie is die mees bejammeringswaardigste in hierdie hele stryd nie, die dwaas wat in sy hart sê daar is geen God nie (Ps.14:1), of hulle, baie maal opregte Christene, wat ter wille van aansien in die sogenaamde intellektuele wêreld (Joh.7:47-49), vrees vir spot en hoon, om ‘akademies aanvaarbaar te wees’, hulle skaam vir die Woord (Mark.8:38), in die besonder die historiese gebeure van Genesis 1 tot 3 (en die Evangelies wat onlosmaaklik daaraan verbind is: eerste Adam, Gen.1-5, tweede Adam, Rom.5 en 1 Kor.15), en dit wil maak aanpas en akkomodeer met die ongelowige wetenskap en tydsgees.

Maar, die gelowige weet daar is geen teenstelling tussen Skriftuur en natuur nie, ja beide kan deur die sondige mens verkeerd ‘gelees’ word, en daarom moet hy biddend albei (nie net die Skrif nie, maar ook die natuur) ondersoek. In die woorde van Calvyn, is die Heilige Skrif die bril waardeur en waarvolgens ons na alles, ook na onsself en ons voorveronderstellings, asook die natuur kyk en dit reg wil lees en verstaan.  Die Skrif is die ‘inligting’, die ‘logika’ wat verduidelik waar alles vandaan kom, die sin van alles, en waar alles heen oppad is.

En, daarom, as ons die vraag vra na Adam, as ons dan waarlik ‘wetenskap’ wil beoefen, moet ons vra wat openbaar die Skrif oor die persoon Adam ?  Nie verdraai of aanpas om by evolusionisme aan te pas nie, maar wat sê die Skrif self.  Dit wat andersins ‘onduidelik’ is in die natuur, en nie deur natuurwetenskap ‘ontdek’ of ‘verklaar’ kan word nie, naamlik die ‘soeke na die historiese Adam’ (en daarby kan ons natuurlik voeg: die soeke na die sogenaamde ‘historiese Jesus’), word in die Heilige Skrif ge-openbaar, van die begin af.

In NGB artikel 2, bely ons daarom verder (en dit geld vir wanneer ons erediens hou én in die teologiese klas ‘wetenskap’ beoefen, of in die laboratorium besig is):

“Ten tweede maak Hy Hom deur sy heilige en Goddelike Woord nog duideliker en meer volkome aan ons bekend, en wel so veel as wat vir ons in hierdie lewe nodig is tot eer en tot die saligheid van hulle wat aan Hom behoort.”

Teenoor die Skrif kan ‘niks ingebring word nie’ (NGB artikel 4), en glo ons ‘alles wat God in sy Woord aan ons geopenbaar het’ (HK v/a 21).

En, wat openbaar die Heilige Skrif aangaande die ‘soeke na die historiese Adam’ ?

Wel, in die woorde van Andreas (Joh.1:42), sê die kerk nog altyd, deur al die eeue, en vandag nog:

“Ons het hom (lankal al) gevind!” … hou op soek.

‘Christianity Today’, met daardie naam, behoort dit te weet, en behoort baie sterker getuienis te gelewer het vir die ‘historiese Adam’ van die Heilige Skrifte. 

Kortliks, hier is ‘n samevatting van Adam in die Heilige Skrif, waar dit baie duidelik is dat hy as historiese persoon gesien word, nie een of ander mitologiese idee of figuurlike nie-historiese voorbeeld nie:

1. In Gen.1-3 word daar gepraat van die ‘man en vrou’, wie was hulle ?  Die antwoord kry ons in Gen.4:25- 5:5,

25 En Adam het sy vrou weer beken, en sy het ‘n seun gebaar en hom Set genoem. Want, het sy gesê, God het my ‘n ander kind geskenk in die plek van Abel, omdat Kain hom doodgeslaan het.  26 En ook vir Set is ‘n seun gebore, wat hy Enos genoem het. Toe het hulle die Naam van die HERE begin aanroep.  Dit is die stamboom van Adam. Die dag toe God Adam geskape het, het Hy hom gemaak na die gelykenis van God.  2 Man en vrou het Hy hulle geskape en hulle geseën en hulle mens genoem, die dag toe hulle geskape is.  3 Toe Adam honderd en dertig jaar oud was, het hy ‘n seun verwek na sy gelykenis, na sy ewebeeld, en hom Set genoem.  4 En die dae van Adam, ná die geboorte van Set, was agt honderd jaar. En hy het seuns en dogters gehad.  5 So was dan al die dae van Adam wat hy geleef het, nege honderd en dertig jaar, en hy het gesterwe.  

2. Maar, wat van die vrou, wie was sy ?  Gen.3:20-Gen.4:1 antwoord dit reeds:

20 En die mens het sy vrou Eva genoem, omdat sy moeder geword het van alles wat lewe.  21 En die HERE God het vir die mens en sy vrou rokke van vel gemaak en hulle dit aangetrek. …  En die mens het sy vrou Eva beken, en sy het swanger geword en Kain gebaar en gesê: Ek het ‘n man verkry met die hulp van die HERE.

3. Wat leer ons in die res van die Ou Testament?

–  1 Kronieke 1:1, nog ‘n historiese openbaringsdokument: “Adam, Set, Enos …. Noag, Abraham, Jakob …” (of is hul almal nou nie-historiese persone, ook bv Jakob) ?

Job 31:33 verwys na die historiese gebeure tydens die sondeval: “… as ek, soos Adam, my oortredinge bedek het deur my ongeregtigheid in my boesem weg te steek …”

– So ook Hosea (6:7), “Maar hulle het soos Adam die verbond oortree, daar het hulle troueloos teen My gehandel.”

(Ek vereenselwig my met Keil en Delitzsch se verklaring [ook Kroeze en Floor] van Job 31:33 en Hos.6:7, nl. dat hierdie verse verwys na die sondeval gebeure, waarin alle mense in Adam ook deel, d.w.s. ook Job en Israel.[1])

4. In die Nuwe Testament, lees ons van Adam en Eva as historiese persone van historiese gebeure:

Luk.3:38 “die seun van Anos, die seun van Set, die seun van Adam, die seun van God.” (lees Luk.3:38 in die lig van Luk.1:1-4, ‘n [openbarings]historiese dokument; weereens hoe bepaal die kritici dat sekere persone is histories en ander nie?)

Rom.5:14 “Tog het die dood geheers van Adam tot op Moses” (of is Moses ook nie-histories, gaan daar ook ‘n “The Search for the historical Moses” begin word?)

1 Kor.15:22 “Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word” (Is Christus ook nie-histories, die “Search for the historical Jesus” is al deur baie eeue deur ongelowiges aan die gang, niks nuuts nie, 2 Tim.3:7-geval?)

1 Kor.15:45 “So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees. (nota: let mooi op die sleutelwoord, ‘mens’ in hierdie vers, ‘eerste mens, Adam,’ en ‘laaste Adam’.  Die vergelyking is tussen die twee Adam’s as hoofde van twee menshede: die ou mensheid – eerste Adam as hoof van die hele mensheid, hoof vir hoof; – die nuwe mensheid, die laaste Adam as hoof van al die gelowiges.  Wat bygevoeg word, is ‘mens’, by Adam, wat ‘n historiese verwysing is na Adam as die ‘eerste mens’, waarin alle ander mense ingesluit is, sien 1 Kor.15:22 hierbo. In Hand.17:26 verwys Paulus ook na Adam as die ‘uit een bloed’ waaruit die Here al die nasies van die mensdom gemaak het, en staan dit in die konteks van twee ander belangrike historiese gebeurtenisse, die opstanding en die komende oordeel, v.31,32. Sien Schwertley se artikel hier bo vir verdere verklaring van hierdie Skrifgedeelte, waar hy daarop wys dat die een [eerste Adam] kan nie ‘mitologies’ verstaan word, en die ander een [laaste Adam]’letterlik’ nie, albei word deur Paulus as letterlik histories aangedui.)

1 Tim.2:13-14 “Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva. En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom.” (watter duideliker aanduiding wil ‘n mens en ‘n historikus hê oor wie die ‘man en vrou’ van Gen.1-3 was, as hier deur die apostel Paulus ?)

Judas 14: “En Henog, die sewende van Adam af …”

Konklusie: deur die Openbaring van die Heilige Skrif weet ons die eerste mensepaar, die historiese persone, Adam en Eva, as die eerste man en vrou op aarde, het in die tuin van Eden gesondig, en daardeur het die sondeval gekom, waardeur “ons natuur so verdorwe geraak (het) dat ons almal in sonde ontvang en gebore word.”

En, van hierdie erfsonde en eie sonde kan ons alleen gered word deur die tweede Adam, deur Jesus Christus, waarvan ons leer (HK v/a 19):

“Uit die heilige evangelie, wat God self aanvanklik in die paradys bekend gemaak het. Daarna het Hy dit deur die heilige aartsvaders en profete laat verkondig en deur die offers en ander seremonies van die wet laat uitbeeld. Eindelik het Hy dit deur sy eniggebore Seun vervul.”

En daarom, veral aan gelowiges wat speel met teïstiese evolusie, moenie probeer skei wat God saamgevoeg het nie.

Geen eerste historiese Adam nie, geen tweede historiese Adam nie.

Geen slegte nuus nie (sondeval), geen Goeie Nuus (verlossing van sonde) nie.

En, as ons dit teen God se natuur en Skriftuur nog steeds wil doen uit vrees vir mense en omdat ons die ‘eer van mense’ belangriker ag as eer vir God (Spr.29:25; Joh.5:39-46), dan skaam ons ons vir Christus en sy Woord, en dan raak dit ‘n saak van dodelike erns … letterlik

Want elkeen wat hom vir My en my woorde skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van sy Vader met die heilige engele. – Mark.8:38


[1] “This is apparent also from the antithesis in Hos 6:7, viz., the reproof of their transgression of the covenant. המּה (they) are Israel and Judah, not the priests, whose sins are first referred to in Hos 6:9. כּאדם, not “after the manner of men,” or “like ordinary men,” – for this explanation would only be admissible if המּה referred to the priests or prophets, or if a contrast were drawn between the rulers and others, as in Psa 82:7 – but “like Adam,” who transgressed the commandment of God, that he should not eat of the tree of knowledge. This command was actually a covenant, which God made with him, since the object of its was the preservation of Adam in vital fellowship with the Lord, as was the case with the covenant that God made with Israel (see Job 31:33, and Delitzsch’s Commentary). The local expression “there,” points to the place where the faithless apostasy had occurred, as in Psa 14:5. This is not more precisely defined, but refers no doubt to Bethel as the scene of the idolatrous worship. There is no foundation for the temporal rendering “then.”

5 thoughts on “Die eerste en tweede Adam

Add yours

  1. BAIE dankie weereens vir ‘n uiters sinvolle en relevante artikel vir ons tyd! Daar is wonderlike ooreenkomste met wat ons op ons webblad http://www.glodiebybel.co.za sê oor die implikasies van ‘n “geloof” in evolusie en ook in ons boek, die Trojaanse perd in die NG Kerk (ek sien een van die skrywers gebruik ook die term “Trojan horse”!) – ons noem evolusie sommer prontuit: die “vrot appel in die kis”. Soos so skitterend in hierdie plasing aangetoon, besmet evolusie alles wat daarmee verband hou.

  2. Okk vanaf my kant opregte dank vir die beredeneerde wyse waarop u hierdie twispunt aagespreek het. Ek bid elke dag dat die Groot Herder meer herders soos u sal stuur om die blinde skape na veiligheid te lei.

    Louis le Roux

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: