Hier is ‘n preek van ds. Daan Malan (emeritus-predikant van GK Lindley en Steynsrus), geplaas met sy toestemming, oor die man en vrou se take in die Here se gemeente, veral ook in die amp van gelowige:
Die belangrikste dienswerk in die Kerk van Christus
Hier is die inleiding tot die preek:
“Geliefdes in onse HERE, Jesus Christus, dit gaan nie in die kerk oor wie BAAS is en wie KLAAS is nie! Hierdie “hiërargie-stryd” is ‘n Roomse- en ‘n wêreldse stryd, en hoort nie tuis in die ware kerk nie! Ons is immers almal “Klase”, “diensknegte”, van ons enigste “Baas” en Koning: Jesus Christus! En ons is almal ewe klein voor God.
As ons tog net ontslae kan raak van die “Baas en Klaas – dwaalleer ” wat vanuit die wêreld kom en in die kerke ons denke kom deurmekaar krap het, sodat daar verskeurdheid onder ons gekom het. Die Satan is hieroor tog so bly… hy geniet dit om ons te sien stry en baklei oor die ampte / dienste in die kerk. Want dan mors ons ons energie op onderlinge stryd in plaas van om hom met alle mag te bestry! Hoe wil God elke dag gedien wees?
1. Kom ons luister vanoggend eerstens na hoe God dit in die Ou Testament bepaal het.
2. Kom ons luister daarna hoe God dit in die Nuwe Testament verder gereël het.
3. Kom ons toets dan of ons getroue en waardige dienswerkers van Christus is vandag.”
Leave a Reply