Posted by: proregno | May 15, 2019

God se wet vir vandag: ‘n Paar opmerkings

God se wet vir vandag: ‘n Paar opmerkings


Hoe lief het ek u wet; dit is my bepeinsing die hele dag. (Ps. 119:97)

As julle My liefhet, bewaar my gebooie. (Joh. 14:15)

Luister gerus na hierdie behulpsame potgooi audio program oor die verstaan van die Bybelse wette vir vandag, aangebied deur Jaco de Beer en Marnix Boersema (luister gerus na van die ander sake wat ook daar bespreek word):

Verstaan die Bybelse wette

Mens kan hoor die broeders is lief vir die Here, en daarom lief vir sy wet, in die konteks van die hele Skrif, soos Jesus ons ook geleer het (Matt. 5:17-19; Joh. 14:15), en ook bevestig is deur Paulus (Rom. 3:31; 13:8-10).

Die program het veral gefokus op drie sake:

1. Die indeling van die wet en hoe ons dit onderskei (2:30):

-Seremoniële-, Morele en Siviele-wette

2.Die wet as koninkrykbeginsel vir die kerk (17:20):

-Tot watter mate moet ons nog die wet gehoorsaam? Watter wette geld nog vir ons as gelowiges?

3. Hoe werk die wet en die Evangelie saam (29:00):

-Hoe pas die wet in by die verkondiging van die Evangelie – indien enigsins?

Ek wil ‘n paar gedagtes byvoeg by hierdie bespreking, hopelik om die gesprek verder te neem:

A.  Die drie-erlei indeling van die wet

Die indeling word afgelei uit die geheel van die Heilige Skrif, veral ook soos belig in die NT uit verskeie gedeeltes, nie noodwendig eksplisiet nie, maar wel implisiet.

Insiggewend dat die Statevertaling verklaarders, wel die indeling vanuit die Skrif hier begrond in Deut 5:31, in ‘n frase wat in heelwat plekke in die Skrif voorkom, in verskillende vorme (kursief bygevoeg):

Deut 5:31, ” Maar jy, bly hier by My staan, dat Ek jou kan meedeel al die gebooie 24) en die insettinge en die verordeninge wat jy hulle moet leer, dat hulle dit kan doen in die land wat Ek hulle sal gee om dit in besit te neem.”

Kanttekening 24: “Van hierdie drie agtereenvolgende woorde, beteken die eerste (na die meeste se mening), die sedewet, die tweede, die seremoniële wet, en die derde, die politieke of burgerlike wette of regte.

Die mees onlangse boek, waarvan ek bewus is, wat seker die beste hierdie drie-erlei indeling bybels en teologies begrond, is die volgende werk:

From the Finger of God: The Biblical and Theological Basis for the Threefold Division of the Law, by Philip S. Ross

“A book of great relevance with an immensely important message for the contemporary church, From the Finger of God is to be welcomed with open arms. It is a fine example of careful, readable biblical, theological, and historical scholarship that leads to deeply satisfying conclusions.” Sinclair B. Ferguson, Associate Preacher, St. Peter’s Free Church, Dundee

Sien hierdie onderhoud met die skrywer van die boek: Philip S. Ross

Soos blyk uit die bespreking van Jaco en Marnix, is die onderskeid tussen die morele oftewel sedewet aan die eenkant (10 gebooie), en die seremoniële wet baie duidelik, eersgenoemde is blywend en bindend ook in die NT bedeling, terwyl die seremoniële wette vervul is in die sin dat die waarheid nog geleer word (sien bv. die boek Hebreërs), maar dit nie meer gedoen moet word nie, die gebruik daarvan is afgeskaf.

Die gereformeerde belydenisskrifte deur die eeue dui dit baie duidelik aan, onder andere artikel 25 van die NGB:

ARTIKEL 25: DIE SEREMONIËLE WET IN CHRISTUS VERVUL

Ons glo dat die seremonies en heenwysings na die wet met die koms van Christus opgehou het en dat alle voorafskaduwing tot ‘n einde gekom het1.

Die gebruik daarvan moet derhalwe onder die Christene afgeskaf word. Die waarheid en inhoud daarvan bly nogtans vir ons in Christus Jesus bestaan: in Hom het hierdie seremonies en heenwysings juis hulle vervulling2.

Ons gaan ook nog voort om die getuienisse van die wet en die profete te gebruik om ons in die evangelie te bevestig en ook om ons lewe in alle eerbaarheid tot eer van God en volgens sy wil in te rig3.

    1. Matteus 27:51; Romeine 10:4; Hebreërs 9:9-10
    2. Matteus 5:17; Galasiërs 3:24; Galasiërs 5:2-4; Kolossense 2:17
    3. Romeine 13:8-10; Romeine 15:4; 2 Petrus 1:19; 2 Petrus 3:2; 2 Petrus 3:18

En dan die Westminster Confession, chapter 19:2,3

2. This law, after his fall, continued to be a perfect rule of righteousness; and, as such, was delivered by God upon Mount Sinai, in ten commandments, and written in two tables: the first four commandments containing our duty towards God; and the other six, our duty to man.

3. Beside this law, commonly called moral, God was pleased to give to the people of Israel, as a church under age, ceremonial laws, containing several typical ordinances, partly of worship, prefiguring Christ, his graces, actions, sufferings, and benefits; and partly, holding forth divers instructions of moral duties. All which ceremonial laws are now abrogated, under the new testament.

Die onderskeid egter tussen al die wette is egter nie altyd maklik nie, veral nie tussen die morele wet en die siviele oftwel gevalle/burgerlike/juridiese wette nie. Uit sekere kringe is die eenvoudige, maar tog oorvereenvoudigde siening dat die burgerlike wette in sy geheel verval het met die einde van die ‘teokrasie van Israel’ en glad nie meer enigsins vir vandag van toepassing is in die NT bedeling nie.

Jaco en Marnix se opmerkings wys daarop dat die onderskeid tussen morele en siviele wette nie so eenvoudig is nie, en dat daar beginsels onderliggend is aan die burgerlike wette, wat nog van toepassing kan wees, terwyl die spesifieke vorm en sekere spesifieke toepassings van die burgerlike wette nie presies vandag dieselfde gaan wees nie, bloot omdat ons nie meer in Israel se tye lewe nie, maar in vandag se tye.

So, dit blyk, soos met enige gesprekke oor verhouding OT – NT, ook wat die burgerike wette betref, daar beide kontinuiteit en diskontinuiteit gaan wees, wat in ag geneem moet word, natuurlik in die konteks van die hele Skrif, die heilshistoriese en openbaringshistoriese verloop en vervulling in Christus, alles in ag geneem.

Ons gereformeerde belydenis wys in daardie rigting, hierbo met NGB artikel 25 se woorde:

“Ons gaan ook nog voort om die getuienisse van die wet en die profete te gebruik om ons in die evangelie te bevestig en ook om ons lewe in alle eerbaarheid tot eer van God en volgens sy wil in te rig.”

Die Westminster Confession of Faith, chapter 19:4,5:

4. To them also, as a body politic, he gave sundry judicial laws, which expired together with the State of that people; not obliging any other now, further than the general equity thereof may require.

5. The moral law doth forever bind all, as well justified persons as others, to the obedience thereof; and that, not only in regard of the matter contained in it, but also in respect of the authority of God the Creator, who gave it. Neither doth Christ, in the gospel, any way dissolve, but much strengthen this obligation.

So die onderlinge beginsels van die wette geld nog, maar nie die spesifieke vorm soos in Israel se tyd nie (sien die verskeie aanhalings hier onder aan die einde van my artikel).

Ek dink een van die redes waarom mense verward raak oor die verhouding tussen die morele en juridiese/siviele wette, is juis omdat die ‘onderskeid’ tussen die wette nie reg en goed verstaan word nie.

Hier is iemand soos Rushdoony se verduideliking van die verhouding tussen die morele en siviele wette, behulpsaam (kyk asb. verby die Amerikaanse bendegevegte van ek is vir of teen Rushdoony, vir of teen teonomie, ens., soos Paulus ons reeds teen waarsku in 1 Kor. 1:10-16, om die waarde te sien in Rushdoony se werk oor die wet), om ook die wysheid van God se siviele wette vir alle tye raak te sien (vrylik verwerk):

“Om Bybelse Reg te verstaan, is dit belangrik om sekere basiese karaktertrekke van die wet van God te verstaan:

A. Sekere breë beginsels word verklaar
Hierdie verklarings vorm die basis van die reg. Die Tien Gebooie gee hierdie verklarings. Die Tien Gebooie is dus nie ‘n paar wette tussen ‘n ander klomp wette nie, maar is die basis waaruit ander meer spesifieke wette vloei. ‘n Voorbeeld van so ‘n basiese wet is: ‘Jy mag nie steel nie’. As die wet ontleed word, dan moet daar op die volgende implikasies gelet word:

– Dit is die positiewe bevestiging van private eiendom en dit straf enige
oortredings teen eiendom. Die Tien Gebooie bevestig en beskerm dus elkeen ‘n basiese terrein van die lewe.

– Nog belangriker is dit dat hierdie bevestiging plaasvind deur God en nie deur die mens of die staat nie. Al die gebooie vind sy oorsprong in God, wat as die soewereine Koning deur die wette orde handhaaf in sy skepping en daaroor regeer.

– Aangesien God al die wette verordineer, is ‘n oortreding van die wet ‘n
oortreding teen God. Elke wet, of dit gaan oor eiendom, die persoon, familie, arbeid, kapitaal, kerk, staat of enigiets anders, se verwysingsraamwerk is altyd eerstens na God. Alles is deel van Sy Skepping en daarom is dit vanselfsprekend dat enige oortreding teen God is (Ps. 51:4)

– Dus is alle wetteloosheid ook sonde. Enige burgerlike, familie, kerklike of enige ander oortreding is ook ‘n godsdienstige oortreding, behalwe as die ongehoorsaamheid gehoorsaamheid aan God is.

B. Uit die Tien Gebooie vloei die gevalle of siviele wette.
Dit is die illustrasie van die Tien Gebooie – of die algemene beginsel- in terme van spesifieke sake. Hierdie spesifieke sake dui dus die toepassing van die Tien Gebooie aan. Om te verhoed dat dit misbruik word, gee die Skrif self aanwysings hoe om daarmee te werk te gaan.

Die Apostel Paulus wys vir ons duidelik dat die Nuwe Testament die wet van God onderskryf. Hieronder volg eerstens die basiese beginsel, tweedens die gevallewet, en derdens Paulus se verklaring van die toepassing van die wet,

‘Jy mag nie steel nie‘ (Ex.20:15) – basiese wet of beginsel.

‘Jy mag ‘n os nie muilband as hy graan dors nie.’ (Deut.25:4) –illustrasie/toepassing van die basiese wet, wat ook genoem word ‘n gevalle of burgerlike wet.

‘Want in die wet van Moses is geskrywe: ‘n Os wat graan dors, mag jy nie
muilband nie.’ Is dit miskien oor die osse dat God Hom bekommer?
Of spreek Hy inderdaad om ons ontwil? Ja, want om ons ontwil is dit
geskrywe, omdat hy wat ploeg, op hoop moet ploeg; en hy wat dors, op hoop om wat hy hoop, deelagtig te word…. So het die Here ook vir die wat die evangelie verkondig, bepaal dat hulle van die evangelie moet lewe.’ (1
Kor.9:9, 10:14) = Paulus se interpretasie van die basiese wet, gevalle wet.

– ‘Want die Skrif sê: Jy mag ‘n os wat graan dors, nie muilband nie, en: Die
arbeider is sy loon werd.‘ (1 Tim.5:18) = wys op die eer aan die ouderlinge
wat die kerk regeer.

Albei hierdie versgedeeltes illustreer die vereistes van ‘Jy mag nie steel nie’ in terme van ‘n spesifieke saak, en wys so op die implikasies van die wet op die praktyk. ‘Die arbeider is sy loon werd’ (1 Tim.5:18) verwys ook na die beginsels wat uit spesifieke sake kom: Luk. 10:7, Lev.l9:13; Deut.24:14,15.

As dit dus ‘n sonde is om ‘n os te beroof van sy voedsel, dan is dit ook ‘n sonde om ‘n mens te beroof van sy lone: in albei gevalle is dit diefstal.  As God dit as ‘n oortreding beskou dan beteken dit dat diefstal ‘n oortreding teen Hom is en dat mense dan eintlik direk of indirek van God steel (Mal.3:8-12).

Hierdie voorbeeld van gevallereg/uitspraakreg illustreer nie net die betekenis van elke spesifieke saak in die Skrif nie, maar dit dui ook op die belangrikheid daarvan. So word die definisie van diefstal ook meer verstaanbaar en omvattend gesien.”

Tot hier die verwerkte verduideliking van Rushdoony, raadpleeg gerus sy klassieke 3 volume werk: The Institutes of Biblical Law.

Sien prof. John Frame se resensie hier: The Institutes of Biblical Law: A Review Article

Wat die siviele strawwe betref, sien maar ook al die Skrifverwysings in Sondag 34-44, waar die Tien Gebooie behandel word, wat net weereens daarop wys dat ons kan nie die ‘Tien Gebooie’ buite of in stryd met die hele konteks van al sy wette lees nie, natuurlike alles in die lig van die geheel van die Openbaring.

Regdeur die eeue het gereformeerde gelowiges groot erns gemaak met die bestudering van God se hele Woord, ook sy hele wet, om daaruit nie net Christus en ons verlossing raak te sien nie, die wet wat ons daarheen tug (Gal. 3:24), maar ook om nou as dankbare verlostes ons hele lewe volgens sy wet in te rig, want die wet het meer funksies as net die tugmeester funkies (sien hier onder meer). Dit bring my by die kwessie van die verhouding evangelie en wet.

B. Wet en Evangelie

Ek kan my vereenselwig met Jaco en Marnix se verduideliking in die laaste deel van hul program. Hier kan mens ook byvoeg, dat die drieledige gebruik of funksie van die wet, soos deur die kerk bely deur die eeue, ook hier handig te pas kom, nl.

Die siviele gebruik (usus politicus sive civilis).
Die pedagogiese gebruik (usus elenchticus sive paedagogicus).
Die normatiewe gebruik (usus didacticus sive normativus).

Christus het hierdie wet vervul en vir ons die geregtigheid verwerf. Tog het die Wet nog betekenis behou vir die gelowige. Dr. A Duvenhage verduidelik die drie funksies of gebruike van die wet as volg (Geloofsleer, bl. 59, 60):

a. As kenbron van ons ellende. “Want deur die wet is die kennis van die sonde.” Rom. 3:20b: (vgl. Rom. 7:7).  Die gelowige moet die wet van God voor oë hou soos n spieël, en dan word aan hom sy tekortkominge en doemwaardigheid ontdek. Die wet van God ontmasker die verwaande mens wat meen dat hy nie sonde het nie.

b. As tugmeester na Christus. “Die wet was dus ons tugmeester na Christus . . .” (Gal. 3:24a.) Hoe beter ons ons sonde ken, des te begeriger word ons om die vergewing van die sonde en die geregtigheid in Christus te soek.

c. As reël vir ons dankbaarheidslewe. Die gelowige moet trag om in sy daaglikse bekering (heiligmaking) volgens die wet van God te lewe. “Want ek verlustig my in die wet van God na die innerlike mens”. (Rom. 7:22).

Hoewel ons die wet van God in hierdie lewe nie ten volle kan hou nie, moet daar ‘n ernstige voorneme wees om na al die gebooie te begin lewe (Ps. 1:2: “maar sy behae is in die wet van die Here, en hy oordink sy wet dag en nag”). Die gelowige kan hom verlustig in die wet. Die juk van Christus is sag, en sy las is lig (Matth. 11:29); sy gebooie is nie swaar nie (I Joh. 5:3). Die ongelowige kan hom nie aan die wet onderwerp nie, omdat hy in vyandskap met God lewe (Rom. 8:7).”

Dr. Richard A. Muller sit dit as volg meer in detail uiteen:

“usus legis: use of the law. As distinguished by the Protestant scholastics, both Lutheran and Reformed, there are three basic uses of the lex moralis (q.v.).

(1)The usus politicus sive civilis, the political or civil use, according to which the law serves the commonwealth, or body politic, as a force for the restraint of sin, as indicated in 1 Timothy 1:9. This first usus stands completely apart from any relation to the work of salvation and functions much as revelatio generalis (q.v.) in bringing some knowledge of God’s will to all human beings.

(2) The usus elenchticus sive paedagogicus, the elenctical or pedagogical use; i.e., the use of the law for the confrontation and refutation of sin and for the purpose of pointing the way to Christ, often with reference to Romans 4:7; 7:8; and Galatians 3:21–22, 24. Some of the Lutheran orthodox (e.g., Hollaz) divide this second use into two parts, distinguishing (2a) the purely elenctical use of the law, which merely serves for the peccati manifestatio et redargutio, the manifestation and refutation of sin, from (2b) the usus paedagogicus, according to which the law becomes a guide to Christ in and through the work of the Spirit, a compulsus indirectus ad Christum, an indirect compulsion toward Christ. This division of the second use yields four uses, in which case

(3) the usus didacticus sive normativus would become the fourth use. Most frequently, however, the division is threefold, and this latter didactic or normative use is referred to simply as the tertius usus legis (q.v.), the third use of the law. This final use of the law pertains to believers in Christ who have been saved through faith apart from works. In the regenerate life, the law no longer functions to condemn, since it no longer stands elenctically over against humanity as the unreachable basis for salvation, but acts as a norm of conduct, freely accepted by those in whom the grace of God works the good. This normative use is also didactic, inasmuch as the law now teaches, without condemnation, the way of righteousness (cf. Ps. 119:105; Jer. 31:33).

In this model, Christ appears as the finis legis, or end of the law, both in the sense that the usus paedagogicus leads to Christ as to a goal and in the sense that the usus normativus has become a possibility for human beings only because Christ has fulfilled the law in himself. There is one major distinction between the Lutherans and the Reformed in the discussion and application of the usus legis: the Reformed lay heavy stress on the tertius usus legis, assuming that faith must spring forth and bear the fruit of good works, as defined by the law in its normative function. (Muller, Richard A. Dictionary of Latin and Greek Theological Terms: Drawn Principally from Protestant Scholastic Theology (p. 385). Baker Publishing Group)

Christus vervul die hele wet, elke jota en titteltjie, die hele drie-deling, soos die Vader vereis het (Matt. 3:15; hfst. 5-7; ens.), en in die vervulling bevestig en handhaaf Hy die wet vir alle tye in sy volle regmatige betekenis en doel. Dit beteken sekere aspekte bly voortbestaan ook in die NT tyd (10 gebooie soos dit ook deur die siviele wette in beginsel voortduur), terwyl ander aspekte vervul is in die sin dat dit nou afgeskaf is, ons ‘doen’ dit nie meer nie, maar leer nog daaruit (Hebreër boek, sien NGB art. 25 hierbo).

J. Van Genderen en WH Velema skryf: “dat Jezus de wet handhaaft door haar te vervullen.” (Beknopte Gereformeerde Dogmatiek, 1992: 597)

Dit sal daarom baie goed wees, as gelowiges oor die algemeen, predikante, teoloë, en ook veral christen regsgeleerdes en politici opnuut die rykdom van God se wet, sy hele wet ontdek, ook vir ons tye, vir alle lewensterreine en denke, binne en buite die kerk, in die woorde van Ps. 119:

Open my oë, dat ek kan sien die wonders uit u wet. (Ps. 119:18)

Hier is ‘n paar aanhalings van hoe gereformeerde gelowiges (en let wel, dit is ‘nié eers ‘n klomp moderne Amerikaanse teonomiste’ nie!), nie net vir of in die kerk of gesin nie, maar ook vir die samelewing, politiek, regspraak, volkere, ens., gedink het aan die rol van God se wet:

Calvyn by Joh. 8:1-11:

“As ons die amp in ag neem wat die Vader aan Sy Seun gedelegeer het – dan sal ons nie verbaas wees dat Jesus genoegsaam was met die beperkings van Sy roeping nie, en daarom het Hy nie die take van die Regter opgehef nie. Hulle wat egter die swaard ontvang het om misdade te korrigeer, maar die strawwe verslap het, het daarom verkeerdelik Jesus se voorbeeld gevolg, wat vloei uit hul growwe onkunde. … Maar laat ons onthou, dat alhoewel Christus die mens se sonde vergewe, hy nie die burgerlike verhouding vertrap nog die vonnisse en strawwe wat deur die wet bepaal is nie. “

Dr. James Jordan se opmerking oor Calvyn se preke by Deuteronomium: dit “openbaar dat hy die Mosaïese wette, insluitende die siviele aspekte gebruik het as die fondament van sosiale, politieke en regsprekende wysheid, en daardeur oor die algemeen gunstig daarteenoor gestaan het om die Mosaïese wette in die moderne wêreld toe te pas… Calvyn het nie twee honderd lesings gelewer oor algemene genade en natuurreg nie, maar hy het twee-honderd preke gelewer op die boek van Deuteronomium. Hy het volledige en direkte toepassings gemaak vanuit Deuteronomium na sy eie moderne situasie. Hy het Bybelse reg beskou as die fondament en die vertrekpunt vir juridiese en sosio-politieke oordenking.”Gary North [ed.], The Covenant Enforced: Sermons on Deuteronomy 27 and 28 by John Calvin (Tyler, Texas: ICE, 1990), p. xxxii.)

Ds. Joh Francke oor Calvyn: “Calvyn, volgens sy Institusies IV, 20:8,13-16, het wel deeglik oog gehad vir die onderskeid tussen Israel en die hedendaagse volke en owerhede. Calvyn wil die grondgedagte van die wet vashou en dit dan konkreet toegepas sien in die hedendaagse wetgewing. Hy wil van geen nabootsing weet nie… Wel gee die mosaïese wetgewing ‘n model vir navolging maar die aangewese weg is om die gebod aan te pas aan die plaaslike (moderne) omstandighede.” Congres van Gereformeerden, 30 Maart 1 April 1948, Referatenbundel (Secretariaat: Broederweg 15, Kampen), p.122.

Dirk Postma oor die burgerlike wette, vanuit Mijne Handleiding voor De Godgeleerdheid:

“Vr. 21. Wat verstaan wij door de burgerlijke wetten van God aan Israel gegeven? Ant. Die inzettingen, geboden en rechten, die Israel als een bijzonder volk in het land Kanaan betreffen, naar dewelke zij zich moesten gedragen in hun huiselijk en openbaar samenleven, in vrede en oorlog beide.

Vr. 22. Zijn wij onder het N. Testament ook nog aan die wetten verbonden?  Ant. Voor zooverre zij Israel als een bijzonder volk betroffen, hebben zij nooit andere volken eene directe verplichting opgelegd; doch voor zooverre zij eene algemeen zedelijke strekking hebben, zijn zij zeker voor alle volken, dus ook — en vooral voor ons Christenen — de allerbeste wetten en voorschriften van recht en billijkheid.

Bijgevolg dienen Christenvolken zich naar dezelve te gedragen, en hunne staatsmannen en wetgeleerden dienden wel zorg te dragen, dat hunne wetten daartegen niet strijden, al is in vele opzichten het spreekwoord mutatis mutandis(andere omstandigheden vereischen andere wetten) hier ook in acht te nemen, echter voor zooverre zij eene algemeen zedelijke strekken hebben, staan zij met de Tien geboden gelijk, zijn zij daarvan, als ware het, eene nadere verklaring en toepassing; zij behelzen alzoo de verklaring van Gods eeuwigen wil.

En wee een land en volk, dat hiertegen zondigt, vooral wanneer dit geschiedt door een Christennatie, die door het woord Gods is voorgelicht !

Moses se siviele wette in die Zuid- Afrikaanse Republiek:

“Die feit dat kerk en staat in die ZAR so naby mekaar gestaan het, het geen geringe invloed op die regswese gehad nie. Alle regterlike amptenare se protestantse kerkverbondenheid was byvoorbeeld ‘n belangrike kwalifiserende faktor. Regters moes mense wees wat ‘met alleen in Moses wetten geoefend is, maar wat Moseswet en Evangelie met een kostelijke aandag beproef en dagelijks ondersoek’. Wat wetgewing betref, wou die volk dat die wet “… die God en onse Schepper aan Moses gegeven heeft as basis van alle wette moes dien. … By die uitspraak het ‘n mens in die meeste gevalle kon merk dat die landdros goed bekend was met die burgerlike wette wat deur tussenkoms van Moses aan die Joodse volk gegee is, en dat die landdros van opinie was, dat hy nie ver uit die pad sou wees as hy ooreenkomstig die wette uitspraak sou gee nie.”

Dr. Klaas Schilder se notas by NGB art. 25 (oor die seremoniële wet):

Ons protesteer teen die poging om die OT toe te los, teen die Antinomianiste, wat sê: ons het niks daarmee te doen nie. Die OT mag nie toebly nie, want ons haal getuienis daaruit. ‘n Mens mag spreek oor die siviele en seremoniële wette, mits dit geskied in Nuwe-Testamentiese lig. Dit wil sê: die wette moet ons nie almal vandag wil toepas nie. Aan Israel is ‘n bepaalde nasionale en maatskaplike vorm gegee. By ons is dit ‘n ander vorm. Die grondgedagte moet egter wel gehandhaaf word. Ook die profete ja, die hele Ou Testament moet gehandhaaf word” (Christelijke Religie: over de Nederlandse Geloofsbelijdenis (Kopiëerinrichting v.d. Berg, Broederweg 6, Kampen), p.83)

Totius oor die OT wetgewing:

“Met die bewering dat ‘n gebod, (wat) in die Ou Testament gegee, afgeskaf is, moet ons versigtig wees. Vir so ‘n afdoende bewering moet goeie gronde aangevoer word. En as dit ontbreek, sal ons bewering nader gekwalifiseer of geheel prysgegee moet word. In die algemeen moet ons in verband met die burgerlike en seremoniële wette deur die Here aan Israel gegee, dit vasstel dat onderskei moet word tussen die bepaald Israelitiese vorm waarin die wetgewing tot stand gekom het en die algemeen geldende wese of kern wat daar ten grondslag lê.” (Versamelde Werkedeel 1, p.438. Beklemtoning bygevoeg)

Ds. Joh. Francke aangaande NGB art. 36 en God se Wet, en hier haal ek hom aan en my eie verduideliking van sy skrywe daarmee saam:

Joh Francke, skryf in die reeds genoemde referaat (sien hierbo), “dat dit te betreur is dat die Rapport van 1905 [wat hoofsaaklik onder die invloed van die Kuyperiaanse ‘algemene genade’ teorie, gepleit het vir die skrapping van die 21 woorde uit NGB artikel 36] geen erns gemaak het met hul eie uitspraak, naamlik dat daar in Israel se wetgewing beginsels is vir alle tye en alle volke … Hierdie manne gee toe dat daar in Israel se wetgewing beginsels is vir alle tye en volke, maar sê dan rustig dat die NT geen lig verder verskaf nie. Daar word geen enkele poging aangewend om uit die OT na te speur wat die roeping van die owerheid vir alle tye en by alle volke moet wees nie. Prakties word die OT opsy geskuif en die NT word op hierdie punt onbruikbaar verklaar omdat dit niks daaroor sê nie. Met ander woorde: hier is die Skrif geen lig vir die owerheidspad nie.”

Ds. Francke kom dan ook by die moontlike hart van die debat, naamlik die verhouding tussen OT en NT, wat ook die ‘heilshistoriese benadering’ insluit. Volgens Francke as God in die OT Sy openbaring aangaande ‘n bepaalde saak gegee het, hoef ons nie noodwendig ‘n herhaling daarvan in die NT te verwag om dit geldig te maak nie. Indien die OT iets nie genoegsaam geopenbaar het nie sal die NT dit wel aanvul of tot verduideliking bring. Iemand wat dan beginsels vir die owerheid alleen in die NT wil soek, en “so die OT en die NT skei, breek die eenheid van die Woord van God”.

Slot

Prof. John Murray sê tereg: “sonder die verstaan van die heiligheid van God se wet, is die evangelie van genade betekenisloos.”[1]

‘n Hoë siening van die Wet, bring ‘n hoë siening van die Evangelie!

Of soos J. Gresham Machen dit ook gestel het: “A new and more powerful proclamation of the law is perhaps the most pressing need of the hour… A low view of law always brings legalism into religion; a high view of law makes man a seeker after grace. Pray that the high view may prevail.” (What is Faith?)

Ds. J. van Bruggen, het baie jare gelede ook geskryf: “Ook het Israel se wel vir die burgerlike en sedelike lewe bepaald nie sy krag verloor nie.  Die mosaïese’ wet het heeltemal te min aandag van die kerk gehad. Die teoloë los dit omdat dit ‘wet’ is en die juriste gaan dit verby omdat dit in die Bybel staan.  Die herleefde belangstelling onder ons vir die verstaan van die wet is ‘n goeie ding.[2]

Mag ons kerke daarin gehoorsaam antwoord in ons skriftuurlike en konfessionele dankbaarheidslewe, en die goeie Wet en goeie Evangelie op elke terrein van lewe en denke soek:

“En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou” (Op. 12:17)
______________________________________

[1] Op stof omslag van Patrick Fairbairn se Revelation of Law in Scripture (Phillipsburg, New Jersey: Presbyterian and Reformed, 1996).

[2] Het Amen der Kerk: De Nederlandse Geloofsbelijdenis Toegelicht (Goes: Oosterbaan & Lê Cointre N.V., 1965), p.124, 125.

__________________________________________

Sien ook die volgende bronne oor die wet van God vir vandag:

J. Piscator, Disputations on the Judicial Laws of Moses

P. Viret, The Christian and the Magistrate

HB Clark, Biblical Law: A Text of the Statutes, Ordinances, and Judgments of the Bible

GL Bahnsen, Theonomy in Christian Ethics

V. Poythress, The Shadow of Christ in the Law of Moses

Hier is my eie of ander se artikel oor die wet van God op my blog:

Die wet van God

God se wet in die kerk- en volksgeskiedenis

Posted by: proregno | May 7, 2019

Die gay agenda en vir wie moet ek stem?

DIE GAY AGENDA EN VIR WIE MOET EK STEM?

Ek moet bieg, sedert die geestelike en politieke oorgawe van 1990 en daarna (spesifiek na die referendum van 1992), vir beide geestelike en praktiese oorwegings, is ek nogal baie a-polities, en dit alles terwyl ek glo aan die Koningsheerskappy van Jesus Christus oor alle lewensterreine (1 Kor. 10:31, lees of luister ook na my huwelikspreek hier, afgelope Saterdag). Ek glo gelowiges moet orals die lig van die Evangelie versprei, en orals God se wet bekendstel as norm en standaard van ‘n goeie samelewing, vir alle mense en volke, gelowig en ongelowig, maar ons moet dit antiteties doen volgens God se Woord, en dit lyk my in die politiek van pragmatisme, gaan dit net nie ‘werk’ nie, ons moet maar aanpas, akkommodeer, kompromeer, ens, sodat ons nog ‘brood en spele’ kan behou.

Natuurlik roep baie dan uit, ‘geen party is perfek nie, die vorige bedeling was ook nie volmaak nie, ens.’, waarmee ek saamstem, maar waarom word ‘n Christokratiese republikeinse visie dan verwerp en nie ook geakkomodeer en bevorder nie, as ook ‘n onvolmaakte moontlike oplossing, … maar die huidige humanistiese demokratiese bedeling word omhels en geheilig?

Nou het ek tydens die vorige verkiesing geskryf waarom ek pessimisties is dat enige ‘Christelike politiek’, hetsy of dit die ACDP of die VF weergawe is, suksesvol gaan wees, en dit lyk nie of veel verander het nie, ongelukkig.

Dalk is heelwat van die sake wat ek daar genoem het, verouderd of nou irrelevant, maar ek verwys my lesers weer daarna, dalk is daar ‘n paar gedagtes wat u kan help om te gaan stem … of nie te gaan stem nie:

Vyf redes waarom daar geen toekoms is vir ‘n Christelike party of staat in die nuwe SA bedeling nie

Die grootste krisis nie net van ons Afrikanervolk nie, maar ook vir Christene oor die algemeen, is dat ons dink die oplossing van ons land se krisis, lê in die politiek self, dat mense en partye ons kan red. Ja, daar is plek vir die politiek, soos alle lewensterreine in ons roeping as gelowiges, maar ons wesentlike krisis is ‘n geestelike krisis, nie ‘n opvoedkunde, politieke, ekonomiese, ens. krisis nie. En totdat ons dit nie besef nie, sal mense ongelukkig aanhou hoop dat een of ander ‘prins’ ons kom red en help, kontra Psalm 146.

In bogenoemde artikel, die tweede deel, wys ek juis op watter diepgaande deurgaande reformasie van ons eie persoonlike lewens, gesinne en gemeentes nodig is, sodat dit, deur die genade van die Here, weer ons gemeenskappe ten goede sal beinvloed, ook die politiek van die dag. Lees gerus dit oor en oor en bespreek dit met mekaar as mede-gelowiges, moet asb. nie vaskyk in my ‘politieke opmerkings’ nie, wat dalk te ‘links of te regs’ kan wees, soek die bybelse beginsels uit.

MAAR HOE MOET EK DAN NOU STEM MORE?

Onthou bo alles: daar is in wese slegs een verkiesing, wat die ganse mensebestaan bepaal, en dit is die uitverkiesing, lees weer Efesiërs 1 voor môre.  Jesus bly Koning in alle tye en omstandighede, wie ookal regeer.

As u gaan stem, stem volgens christelike beginsels, en nie pragmatisme nie, nie vir ‘lesser of two evils’ of ‘die party wat die bose … party die beste kan teenstaan nie’, want laasgenoemde kan dan beteken, dat u oor 4 jaar weer vir die huidige ‘bose party’ sal moet stem, teen die nuutste bose party in 2023, ens. ens. …

So vir watter party moet ek voor stem?

Hier is ‘n goeie rigtingwyser wat ek hoop u sal help, Luther se woorde (moontlik ‘n samestelling oor wat hy en ander gesê het, maar dit gaan oor die inhoud):

“If I profess with the loudest voice and clearest exposition every portion of the truth of God except precisely that little point which the world and the devil are at the moment attacking, I am not confessing Christ, however boldly I may be professing Christ.”

Vat die mees kontroversiële saak wat tans in ons wêreld, ook in ons land, op die tafel is, in beide die kerk en samelewing, en kyk wat is elke party se standpunt daaroor, en baie belangrik, nie net in die mooi woorde van hul beleidsdokumente en manifeste nie, maar in die praktyk van elke dag.

Myns insiens is daar geen groter onderwerp op die tafel, as wat is die huwelik, en tussen wie mag ‘n huwelik gesluit word nie, volgens God se Woord.

Nou het ek nog altyd as mense my vra, vir wie ek moet stem, gesê, dit lyk vir my ‘n mens se enigste twee keuses is, of die VF of die ACDP, want dit lyk vir my dat hulle, elkeen met sy eie bagasie, soos ons almal maar het, tog die mees uitgesproke Christelik is en wil wees.

Waar staan hierdie twee partye dan met die gay agenda, wat die huwelik, die skeppingsordening, die wil van God wil vernietig vir ons tye?

Is hul konsekwent Bybels daaroor, in standpunt inname en praktyk?

Nou sien ek daar is nou ‘n groot gesprek daaroor op Facebook, na aanleiding van ‘n verklaring wat deur VF uitgereik is oor hul standpunt oor gay regte. Ek wil die lesers aanbeveel om daaroor te gaan lees op Frikkie Mulder se Facebook, al die argumente vir en teen die VF se standpunt oor gay regte, en dan te doen wat die Bereane gedoen het, in Hand. 17:11.

Lees al die besprekinge en standpunte daar, ook in die lig van hierdie baie belangrike woorde van Paulus, nadat hy gewys het op die erge sonde van homoseksualisme, wat wesentlik is vir daardie debat:

“…. mense wat — al ken hulle die verordening van God goed (slc: dat homoseksualisme, sien verse 26, 27, en dit wat daaruit vloei, homoseksuele ‘regte om te trou’ en hul ‘seksuele oriëntasie’ as goed te verkondig en te akkomodeer), dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien — dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen. (Rom. 1:32 A53)

Oor die onderwerp van homoseksualisme self is daar al so baie geskryf die afgelope dekades, vir en teen, gelowig en ongelowig, mens weet nie later nie meer wat om alles te lees en te bestudeer nie. Sien die paar bronne wat ek hier onder aanbeveel, as studie materiaal, maar ook om mense te help wat worstel met die sonde van homoseksualisme, soos ons ook met ander sondes worstel en dit haat.

Ek wil egter as vertrekpunt, drie bronne aanbeveel, een wat reeds einde van die vorige eeu geskryf is, een in die huidige eeu, en een onlangs:

Greg L. Bahnsen, Homosexuality: A Biblical View

Kevin DeYoung, What Does the Bible Really Teach about Homosexuality?

Don Fortson and Rollin Grams, Unchanging Witness: The Consistent Christian Teaching on Homosexuality in Scripture and Tradition

Watter artikel kan ek lees as goeie inleiding en oorsig oor die Bybelse perspektief op homoseksualisme, en wat gelowiges se standpunt daaroor moet wees?

Hierdie artikel van dr. Bahnsen:

In the Shadow of Sodom: Does the Bible Really Say What We Thought About Homosexuality?

‘n Paar aanhalings:

“Those who condone homosexuality would rather not be seen in the harsh light of criticizing and rejecting Biblical revelation. They do not want it said that, by the standard of divine revelation, their opinion of homosexuality stands condemned by God, just as surely as homosexuality itself stands condemned in the word of God.

Therefore, they are compelled to argue that Scripture does not, after all, denounce homosexuality as so many Christians through history have thought. They argue that Christians who detract from the moral acceptability of homosexuality have actually misunderstood the Biblical witness — indeed, that the Biblical exhortations about love and forbearance actually condemn the Bible-thumpers who reproach homosexuals! The conflict, they would have us believe, is not over the proper standard of ethics at all. They suggest that we can readily accept the Bible as our moral standard and not come to the conclusion that God finds homosexuality morally abominable.[4]

This will seem surprising to the ordinary student of Scripture, to be sure. But perhaps it should not be thought of as too surprising. Notice that the Apostle Paul, in excoriating Roman civilization, pronounced divine disapprobation against not only those who practice such inappropriate behavior as homosexuality, but also against those who “consent with them” that practice it (Romans 1:32). Individuals can not only be caught in the sin of sexual perversion, they can just as much be caught in the sin of perverse thinking about this sexual perversion. Paul describes them as people who “refused to retain God in their knowledge”; and accordingly, “God gave them up to a reprobate mind” (v. 28). Suppressing the truth in unrighteousness (v. 18), they became utterly “futile in their reasoning, and their senseless heart was darkened” (v. 21).

In this paper we will find that we must humbly draw the same conclusion as did Paul himself when people take the alarming position that God’s revelation does not really condemn homosexuality.”

“Therefore, our reading of the Biblical testimony in Romans 1 would certainly not incline us in the direction of thinking that God takes a tolerant attitude toward homosexuality. We have seen that Paul there presents homosexuality, both in outward practice and inward desire, as the leading illustration of the reprobate condition of unbelieving culture. Paul reiterates the Old Testament perspective, finding the condemnation of homosexuality in the testimony of man’s creation (cf. “nature”), in the testimony of history (e.g., Sodom), and in the testimony of the moral law (“God’s ordinance”).

Paul confirms the vile character of this sexual perversion and pronounces God’s judgment of death upon it. As I put it in my book, Homosexuality: A Biblical View: “We should soberly conclude that modern society as well as the modern church are both dangerously close to divine retribution as they continue to tolerate and approve homosexuality. ‘Gay liberation’ is symptomatic of a culture abandoned by God to destruction and a church provoking the Lord with abomination.[8]

“We see in conclusion, therefore, that Boswell’s mental gymnastics with the Old and New Testament witness have been ineffective in dimming the Biblical censure and condemnation of homosexuality. Boswell wishes to say that “the New Testament takes no demonstrable position on homosexuality,” in which case “the source of antigay feelings among Christians must be sought elsewhere.[30]

In point of fact, however, Christians can properly adduce, and through the years have rightly appealed to, the text of the Scriptures as the moral standard which warrants strong and principled disapproval of homosexual practices and feelings. Does the Bible really say what we had previously thought it did about homosexuality? Upon re-examination and interaction with contrary thinking, we are justified in answering that indeed it does. It is one thing for those who encourage or tolerate homosexuality to take their own personal stand against Biblical teaching; it altogether another thing for them to suppress or pervert what the Biblical text actually teaches. To say that Moses and Paul condemn homosexuality and you choose to disagree with them is a precarious thing to do, of course. But at least it demonstrates greater scholarly integrity than to pretend or rationalize that you are not impugning the witness of divine revelation.”
________________________________

Bronne oor homoseksualisme, apologeties en pastoraal:

Die skrywer wat dit skriftuurlik, teologies, sosio-histories, kultureel die beste aanspreek, volgens my kennis, is dr. Robert AJ Gagnon, enige van sy artikels of boeke. Vreemd genoeg is hy VIDA, maar baie sterk teen die gay agenda, hier is sy webblad, lees maar alles onderskeidend:

http://www.robgagnon.net/

Sy standaardwerk: The Bible and Homosexual Practice: Texts and Hermeneutics

Sien hier ‘n opsomming: http://www.theologymatters.com/NovDec01.PDF

Iemand wat dit goed aanspreek vanuit gereformeerde oogpunt, is Kevin de Young, sien sy boek daaroor, asook hierdie artikels van hom, baie oor die gay saak:

https://www.crossway.org/articles/author/kevin-deyoung/

https://www.goodneighbours.org.za/shop/uncategorized/what-does-bible-teach-about-homosexualit-2/

https://www.crossway.org/books/what-does-the-bible-really-teach-about-tpb/

Die beste apologeet in SA wat gesaghebbend daaroor praat as ‘n bekeerde homoseksueel, is Andre Bekker, hy het ook ‘n bediening begin om bekeerde homoseksueles te help, New Living Ministry:

http://www.glodiebybel.co.za/andre-bekker/

Kyk na die konferensie materiaal wat Andre al aangebied het.

My eie klein beradingsmodel om mede-sondaars te help: https://proregno.files.wordpress.com/2012/03/bybelstudie-program-vir-homoseksuele-lidmate.pdf

Sien ook: https://proregno.com/2015/10/13/hulp-vir-die-homoseksuele-sondaar/

https://www.michaeljkruger.com/one-of-the-most-original-books-on-homosexuality-in-years/

https://www.thegospelcoalition.org/article/bible-same-sex-marriage-6-wrong-trajectories/

Troupreek:

Alle dinge moet die HERE eer, ook ons huwelike

(Nota: dit was vir my ‘n besonderse voorreg om my oudste dogter, Joanette, en haar man, Gideon Smith, die afgelope Saterdag in die huwelik te bevestig. Hier onder volg my preek by daardie geleentheid. Mag dit nie net vir hulle nie, maar ook vir al ons almal in huwelike, tans en in die toekoms, ‘n bemoediging en ‘n liefdevolle vermaning wees waaroor die huwelik werklik gaan: soli Deo gloria)

Lees: Romeine 8:31-39 en Romeine 11:25-36

Teksvers: “Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” – Romeine 11:36

Tema: Alle dinge moet die HERE eer en loof, ook ons huwelike!

Preekopname (Plaas Elandsfontein, Saterdag, 2019-05-04) kan hier geluister en afgelaai word:

Huwelikspreek: Romeine 11:36

Preek:
Geliefde bruid en bruidegom, bruilofsgaste,

Rom. 11:33-36 is lof uitroep,

‘n uitroep van verwondering en aanbidding,

van die Here se wonderbaarlike reddingsplan,

met hierdie wêreld deur al die eeue,

in en deur sy Seun, Jesus Christus.

Paulus, kan nie genoeg woorde uitspreek of vind,

om die lof van die Here te besing nie.

Die rykdom, wysheid en kennis van God,

sy ondeurgrondelike oordele en onnaspeurlike weë,

bring hom in ekstase,

daarom ook die vrae van vers 34 en 35…

Die doel van die vrae is juis sodat die mens sal uitroep:

Nee, ons kan nie uit onsself die Here se planne ken nie,

Ons kan dit nie menslik navors en bepaal nie,

en hoe Hy alles in die lewe, veral die verlossingwerk in Christus,

ten goede meewerk vir sy geliefde nie,

God se planne, moet aan ons geopenbaar word deur sy Gees en Woord.

Geen mense kan vir die Here bepaal of voorskryf,

wat Hy moet doen of nie doen nie,

hoe en wanneer sy reddingsplan moet geskied,

en met wie nie!

Die Here se reddingsplan in Jesus Christus het geskied, plaasgevind

en dit sal geskied tot die laaste dag,

in die woorde van v. 26, wat ons gelees het,

en so sal die hele Israel gered word …

menende, al die Here se kinders, al sy uitverkorenes,

klein en groot, sal gered word,

deur die genadige barmhartige ontfermende God,

wat sy kinders liefhet.

Nie net onder die volk Israel nie,

want, dit verduidelik Paulus in Rom. 9-11,

maar ook onder elke volk, stam, taal en nasie,

dit was van die begin af sy raadsplan, reddingsplan,

om sy kinders te red onder al die volke,

soos Hy dit ook in Gen. 12 en ander plekke reeds in die OT geopenbaar het.

En daardie misterie, dat sy redding ook na ander volke gaan,

skryf Paulus later in hfst. 16: 25, 26 is die misterie,

wat NOU in Christus vervul is, en plaasvind in die NT bedeling.

Ja, Paulus is verwonderd in die Here se ondeurgrondelike weë,

en sy raadsplan om sy kinders, al sy kinders, sy kerk te red.

En daarom eindig Paulus hier in ons teks,

met daardie bekende woorde van lof uitroeping en aanbidding,

Want uit Hom,  en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

Ja, uit Hom, uit die Vader se genade, liefde, sy ewige raadsplan…

en deur Hom, deur Christus wat sy lewe kom aflê het, en weer opgestaan het,

en, tot Hom, alles, ook die redding se doel is om sy Naam te verheerlik,

sodat sy kinders gered, geheilig, herstel word … om weer ons skeppingsdoel,

na te kom: die eer en verheerliking van God Drie-enig!

Soli Deo Gloria!

Van ewigheid tot ewigheid…

 

NOU, mag u dalk vra, wat het dit te doen,

met die huwelik, met die bruilof van twee geliefdes vandag….

met Gideon en Joanette? ….

 

En dan is die antwoord: Alles!

Ja, alles, vir hul persoonlik, vir hul huwelik, wat vandag

begin … tot die dood hul skei.

Omdat die Here voor die grondlegging van die wêreld,

hul nie net gered het in sy Seun nie,

maar ook bepaal het dat hul vandag in die huwelik vir mekaar gegee word…

Maar ook vir ons almal wat hier teenwoordig is,

as getuies, mede feesgangers van die bruilof vandag, ons lewens,

ons huwelike, ons bestaan.

Want, ek weet, en ek is dankbaar teenoor hierdie grote en wonderbaarlike God, dat hierdie twee mense voor my,

soek bo alles, die eer van God in alles wat hul doen.

En ek glo, vertrou en hoop, dat hul dit ook gaan soek in die heilige huwelik, wat God daar vir die mens gestel het,

tussen man en vrou, en as Hy wil, vir hul nageslag,

tot verheerliking van sy grote Naam.

……

Die krisis van ons tye, ja wêreldwyd, maar ook in ons eie land,

onder ons eie mense, ons eie volk, ook binne die kerke,

is juis hierdie krisis, hierdie lewenskrisis, dat ons vergeet het,

dat die doel van ons ganse bestaan,

waarvoor ons geskape is, waarvoor ons gered word,

ons verhoudings, werk, huwelike, waarom ons nog grond het,

kos en klere, is die eer en verheerliking van God.

En, as Paulus hierdie lofwoorde uitroep van die Here se reddingsplan,

dan doen hy dit nadat hy in hoofstukke 1-11, hier waar hy nou is,

juis geleer het, hoe ook die Here se kinders as sy bruid,

saam alle mense in Adam,

afvallig geword het, in sonde geval het, met die sondeval,

daar in die tuin van Eden,

en die gevolg is dat daar ’n skeiding, egskeiding gekom het,

tussen God en ons.

Dink maar aan die eerste bruidspaar, Adam en Eva, in tuin van Eden

wat gesondig het, huwelik verbreek het, die eer van God vergeet het,

en hul eie begeertes en wil, bo God se wil geplaas het.

En die gevolge is die sonde wat in die wêreld gekom het,

wat God nie eer nie, wat ons verhoudings vernietig,

wat huwelike en gesinne verbrokkel,

waar liefde en ontferming moet wees,

is daar ongelukkig haat en bitterheid…

En Paulus draai nie doekies om nie,

hy skryf daarvan in Rom.1-3, in hfst. 1,

21 omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister. …
24Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer
25hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen.
26Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is;
27en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang.
28En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ‘n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie:
29hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid;
30nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers;
31onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig,
32mense wat al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.

Ja, omdat God nie ge-eer word nie, sy wil nie sentraal staan nie,

daarom die verbrokkeling van die lewe, huwelike, gesinne..

En ons het almal gesondig, afgewyk, verlore gegaan,

soos Rom. 3:9-20 dit saamvat, ons was in onsself

doemwaardig voor God, soek nie sy eer, maar ons eie eer,

en daarom het die Here se oordeel oor die mens gekom.

 

MAAR, geliefde bruidspaar, bruilofgangers…

dank God vir sy genade, in die woorde van ons Teks:

dank God vir sy rykdom, wysheid en kennis,

dank God vir sy onnaspeurlike weë,

WANT, ons hoor in Rom. hfst. 3 tot 8,

van die redding en verlossing van sonde, van die ewige oordeel en dood,

deur Jesus Christus, die Volmaakte Bruidegom, die Tweede Adam.

wat gekom het, om sy Bruid, sy kinders, wat in sonde geval het,

te kom red en heilig, volkome voor die Vader te kom maak,

nie ogv van ons werke nie, maar sy werk alleen,

sy Geregtigheid, sy Seun wat volkome sy wil vir ons kom vervul het

Hoor hoe treffend stel Paulus dit deur die Gees, Rom. 5:6-8 .

6 Want toe ons nog swak was, het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterwe. 7 Want nouliks sal iemand vir ‘n regverdige sterwe vir ‘n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe 8 maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. – Rom. 5:6-8 

En, wat ons gelees het daar in Rom. 8: 31Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees? 32Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie? 

Ja, ons goeie Vader, het sy Seun nie gespaar nie,

maar vir ons oorgegee, om vir ons sondes te betaal,

vir ons sonde dat ons dink die lewe gaan oor my en my begeertes,

die huwelik bloot vir my doelwitte, en begeertes.

Hy het juis vir die sonde kom sterwe

van dat ek nie my goeie hemelse Vader in alles,

ook die huwelik, gesin, werk, alles wil eer volgens sy wil nie.

En Hy gee alles wat nodig is, in Christus,

deur sy Gees en Woord,

sodat ek tot eer van sy Naam kan lewe,

in alle tye en omstandighede….

 

Gideon en Joanette,

Hy het alles vir julle genadiglik geskenk,

Gideon, vir jou as kind van God, man van God….

Joanette, vir jou as kind van God, as vrou van God …

om hom in julle hele lewe en toekoms te verheerlik.

Daarvoor is julle geskape, daarvoor is julle gered,

WANT, uit Hom, en deur Hom, en tot Hom is alle dinge,

ook vir julle lewe,

maar ook vir elkeen van ons wat vandag sy stem hoor.

Gideon en Joanette, julle weet dit, en het dit gehoor,

van julle ouers, medegelowiges, in die kerk,

dat ons huwelike op aarde, is ‘n beeld, prent, getuienis,

al is dit nog nie of altyd volmaak in hierdie lewe nie,

van die huwelik tussen Christus, as die Bruidegom,

met sy Bruid, die kerk, die gelowiges deur alle eeue.

Ons huwelike moet getuig van die ewige trou van die Here,

om elkeen van sy kinders te red en te bewaar tot in ewigheid,

In die huweliksformulier gaan ons netnou meer daarvan hoor,

ogv wat Paulus leer in Ef. 5:22-33,

dat die huwelik ‘n groot verborgenheid is,

met die oog op Christus en sy gemeente.

EN, as jul daaraan vashou, om God te verheerlik,

om hierdie beeld, prent te versier, dan sal dit met julle goed gaan,

in tye van voorspoed, reën, vrugbare jare, gesondheid, rykdom …

maar dan ook in tye van teëspoed, droogte, onvrugbare jare, siekte en armoede, soos dit alles die Here behaag, sy eer.

Dan, is dit juis wat die Here ons vashou,

dat ons kan weet en glo, niks sal ons van sy liefde in Christus ooit skei nie,

en daarom skei ons as geliefdes nooit van mekaar nie,

daarom kan ons deur die geloof, kinders kry … baie kinders kry …

ook in en midde hierdie tye wat ons vandag lewe.

 

Ons het hierdie belofte en troos dat die Here alles genadiglik skenk,

wat nodig is vir ons redding, en Godsverheerlikende huwelike en gesinne,

om oorwinningslewens in alles te lei,

ons het dit daar gelees in Rom. 8, spesifiek vanaf vers 34 en verder,

Kom ons luister weer:

37 Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het. 38Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge 39of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.

Daarom, ja daarom, kom ons roep en jubel dit almal uit,

vandag met hierdie bruilof, saam met Gideon en Joanette,

ook die res van ons lewens, ook môre oggend as ons na sy huis toe gaan,

in dankbaarheid vir die Here se ewige liefde in Christus vir ons,

Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid.

Amen.

Preek: Ps. 117 Alle volke, ook die Afrikanervolk word opgeroep om die HERE te loof en te prys!

jan-van-riebeeck-painting-900x315

 (6 April 1652 – 6 April 2019)

Lees: Ps. 117 en Matteus 28:16-20

Teksverse: “Loof die HERE, alle nasies! Prys Hom, alle volke! Want sy goedertierenheid is geweldig oor ons, en die trou van die HERE is tot in ewigheid. Halleluja!” – Ps. 117:1,2

Tema: Alle volke, ook die Afrikanervolk, word opgeroep om die HERE te loof en te prys!

Preekopname (GK Carletonville, 2019-04-07. nota: let wel, die opname en die teks hier onder stem nie heeltemal ooreen nie. Klankopname nie te goed nie, verskoning daarvoor):

Aflaai: Psalm 117 (regs kliek en ‘save [link] as’; of kliek op 3 kolletjies om af te laai)

Geliefdes in ons Here Jesus Christus,

Gister was dit 6 April,

’n datum wat deur meeste Afrikaners, ook Christen Afrikaners al vergeet is.

Op hierdie dag, 367 jaar gelede, in 1652,

het Jan van Riebeeck hier aan die suidpunt van Afrika aangekom,

om ’n nederlandse verversingstasie te vestig,

vir die skepe wat tussen ooste en weste gevaar het, om handel te dryf.

Daar het ’n nedersetting begin, later het ander mense ook bygekom,

die Franse, Duitsers, Engelse, ens.

Sodat baie jare later, uit hierdie verskillende volke,

die Afrikanervolk gebore sou word.

Wat die Afrikaner so uniek maak, is dat ons as ’n Christelike

volk as’t ware gebore is.

Maar, laat ons dadelik ’n misverstand uit die weg ruim wat met

Christelike volk bedoel word … en nie bedoel word nie:

‘n ‘Christelike volk’ of ‘Christelike land’ of ‘Christelike staat’ moet verstaan word as dat die Bybel die basiese lewens- en wêreldbeskouing, die basiese ‘instellings’ (gesin, gemeente, gemeenskap, ens.) beïnvloed en bepaal.  Die werklikheid en bestaan van God Drie-enig word erken, Sy Woord, veral die Tien Gebooie as norm vir reg en verkeerd, word erken, en Christus word as enigste Verlosser en Koning bely van die mens.

Ja, taal, kultuur, gewoontes, geskiedenis, alles word deur Bybel bepaal, of poog om daardeur bepaal word, hoe goed dit reggekry word of nie.

Die term beskryf nie  God se werk van uitverkiesing, wedergeboorte, ens. nie,  maar die mens se antwoord op sy Openbaring, ook in volksverband, hoe gebroke en sondig laasgenoemde ook nog altyd was en sal wees tot die laaste dag hier op aarde.

Nog nooit het ek dit verstaan (en ek vermoed ook nie my calvinistiese gereformeerde voorvaders soos o.a. Calvyn, Knox, Kuyper, Bavinck, Totius, ens.) dat terme soos ” ‘n Christelike volk, land, staat” sou beteken dat elke Afrikaner/burger kop-vir-kop ‘n Christen sou wees nie.  Inteendeel.  Die Evangelie, die Woord sny deur alle terreine van lewe en denke, deur gesinne, deur gemeentes, deur volke, wie vir en teen Hom is (Ps.2; Matt.10:34-36; 1 Kor.5:11; Matt.25:32; Op.21:24).

Net so min as wat die term ‘Christelike kerk’ beteken elke lidmaat van die sigbare plaaslike kerk is ‘n gelowige (sien NGB art.27-29, veral die eerste 2 sinne van art. 29), net so min beteken die term ‘Christelike volk’ elke volksgenoot is ‘n gelowige oftewel Christen.   Wanneer ‘n volk (‘geel, bruin, swart, wit, pienk of pers’) oor die algemeen (nie elkeen kop-vir-kop nie) die Christelike geloof aanneem, wanneer so ‘n volk se instellings, hetsy gesinne, kerke, tradisies, kultuur, taal, gewoontes, politiek, maatskappy, ens., hoofsaaklik (nie alleenlik) deur die Bybel beïnvloed word, dan kan dit beskou word as ‘n ‘Christelike volk’.

En so was, ja was dit met die Afrikaner, ten minste tot dalk die 1970/80’s van die vorige eeu, nou het daar baie deformasie en verval ingetree.

Maar, die feit is, in die gebed van Jan van Riebeeck in 1652, vind ons wat ons behoort te wees. Hy het onder andere gebid:

“Ons is hier om die wet te handhaaf en om, as dit moontlik is, onder hierdie wilde en onbeskaafde mense u ware gereformeerde Christelike leer voort te plant en bekend te maak tot lof van u heilige Naam en tot voordeel van die wat oor ons regeer. Hiertoe is ons sonder u genadige hulp allermins in staat.”

En in 1654, 2 jaar later,

“… , 6 April, tot God’s eer met danksegging te vier, en dit vir altyd as ’n dank- en biddag in te stel, sodat ons nakomelinge nooit die weldade wat God aan ons bewys het, vergeet nie, maar dit altyd in gedagte mag hou.”

Hoeveel van ons gelowige Afrikaners onthou nog hierdie gelofte, belofte, waar ons vandaan kom?

Ja, terwyl SA geestelik en baiemaal fisies brand,

vra ons opnuut die groot vraag sekerlik:

Wat is ons roeping hier aan die suidpunt van Afrika?

As iemand nou vir u vra wat is die sin van die lewe,

waaroor gaan alles?

wat moet ons as mense doen?

Wel, ons antwoord sal seker wees, of ek hoop dit sal wees:

Die doel van die mens is om God in alles te eer en te verheerlik.

Ek moet hom eer in my persoonlike lewe

In my gesinslewe

In my gemeentelewe

En, ja orals waar ek leef en beweeg

Maar, is dit al geliefdes ?

Glo ons nog dat ons Hom moet verheerlik in ons volkslewe ook?

Dat ons hele land met al sy volke en mense God moet verheerlik in al hul doen en late?

Nou, dit is presies die boodskap wat ons lees in Ps.117:1!

Waartoe die Here ons vandag, en elke dag, vir altyd toeroep:

Psalm 117:1  Loof die HERE, alle nasies! Prys Hom, alle volke!

Ja, nie net die mens as individu, gesin en gemeente nie,

maar alle nasies en alle volke word opgeroep om God te loof en te prys.

Dit is allesomvattend, alles word deur die Here gevra, nie net sekere dele van my lewe nie.

En wat beteken dit om God te loof en te prys?

Dit beteken o.a.

  1. Te erken Hy is die enigste ware God
  2. Dat Hy ons Skepper is
  3. Dat sy Woord en wet die waarheid is

En ek kan Hom nie eer as ek leef soos ek wil nie,

Ek moet volgens sy gebooie lewe vir so groot verlossing in Christus,,

in dankbaarheid,

Dit is die geloof waarmee ons voorvaders hier aangekom het,

waarmee die Voortrekkers die binneland in is.

Die mens is geskape om God in alles te verheerlik

In al sy denke, al sy dade, op elke lewensterrein moet ek vra na die wil en eer van God.

Die twee grootste vrae wat die gelowige vra, heeltyd moet aanhou vra,

en waarmee ons moet worstel, saam ons gesinne, gemeentes,

volksgenote, is:

  1. Hoe word ek gered, hoe staan ek regverdig voor God?, en dan:
  2. Hoe word God ge-eer?

Daardie 2 vrae bevat ons roeping en taak hier op aarde.

Dit was die wese van die Reformasie van die 1500 en 1600’s,

waaruit ons volk ook gebore is.

Ook vir ons volksbestaan wat vandag so verbrokkel het, verval het,

moet ons weer hierdie vrae herontdek.

Ps.117 wys daarop dat alle volke en alle nasies is geskape en daar gestel om God te eer.

Dit is die eis of oproep, of hul dit wil erken of nie, of almal gaan luister of nie.

En let daarop nasies = goyim, d.w.s. nie net Israel nie, maar elke volk op aarde word geroep om God te dien.

Nie net wittes nie, nie net swartes, of geles nie, almal!

Toe sing hulle ‘n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie, en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers. – Op. 5:9,10

Nou weet ons dat die mens afgedwaal het van hierdie roeping

Gen 3 met die sondeval, en al die gevolge daarna …

In Gen.10 lees ons van die mens se pogings om ‘n ryk te bou los van God, mense pogings om homself te verlos, sy eie wet daar te stel.

Ps.2 vertel vir ons die geskiedenis: Waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge?  2 Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê:  3 Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!

Dit is die mense se poging regdeur die geskiedenis.

Vandag nog – deur ‘n nuwe wêreldorde los van God te probeer skep,

ook in die nuwe goddelose SA.

Die valse kerk en die valse staat probeer God op aarde wees, mens wat hulself probeer red, sy eie geregtigheid daarstel, in die plek van God se geregtigheid in Christus.

En die slegte vrugte daarvan word ook in ons land gesien:

  1. oor die miljoen aborsie-moorde vanaf 1996
  2. 20 000 moorde per jaar
  3. Verkragtings, diefstal
  4. Onreg, magmisbruik, wanbesteding

En, onthou, dit is nie net swartmense nie, maar ook witmense wat deel in hierdie statistiek.

Ook ons eie mense wat heidene word in die nuwe SA, self-geregverdig.

Ook mense met wit vanne maak die koerante vir verkeerde redes,

mense met afrikaanse vanne, afstammelinge van die volksplanting

Kyk maar na tv programme, tydskrifte, media, ens…

Die volke oor die algemeen,

maar ook ons volk dien nie meer die Here volgens sy Woord nie.

Ook ons volk het afgedwaal, toe dit te goed begin gaan het in die 2de helfte van die 20ste eeu.

Ook mense van ons volk aanbid gode, ontheilig die sabbat, moor en steel en lieg,

Dit lyk of daar geen hoop is nie …

Maar DANK God, dat Hy ook redding en uitkoms gee, v.2

Dit sien ons in die tweede plek:

Die volke moet die Here juis loof,

“Want sy goedertierenheid is geweldig oor ons, en die trou van die HERE is tot in ewigheid. Halleluja!”

Die Here is ook genadig en goed, en sy trou bly in ewigheid.

Hy het sy kinders onder elke volk wat Hy wil en sal red.

Dit was dan ook van die begin af God se reddingsplan met die wêreld

In Gen.12:3 lees ons van die belofte aan Abraham:

In jou sal al die nasies/geslagte/volke (ethnos) gered word.

Dit was ook die doel van Jesus se koms:

Luke 2:29-32   29 Nou laat U, Here, u dienskneg gaan in vrede volgens u woord,  30 omdat my oë u heil gesien het,  31 wat U berei het voor die oë van al die volke —  32 ‘n lig tot verligting van die nasies en tot heerlikheid van u volk Israel.

En daarom, as Christus opgestaan het en opvaar, die groot Opdrag:

Matthew 28:18-20  18 En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.  19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.  20 En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.

En dit was onderliggend aan die gebed van Jan van Riebeeck in 1652, waarmee hy hier aan die suidpunt van Afrika aangekom het.

Om die evangelie hier onder die volke te bring,

om die Christelike beskawing hier te vestig onder alle volke.

Dit was sy gebed op 6 April 1652 waaruit ons volk gebore is:

Om die Here te loof en te prys onder al die volke

Die gelofte by Bloedrivier het dit bevestig: 1838,

om sy kerk in stand te hou, onder alle volke.

Om God te eer as ‘n volk, sy kerk te bou in Afrika.

Deur baie sending en evangelisasie is hierdie boodskap deur die eeue verkondig.

Sommige het dit aangeneem, baie verwerp dit, vandag nog.

Maar sien ons dit vandag nog as ons roeping, geliefdes ?

Of bestaan ek nou maar net vir my aftrede, om dood te gaan, alles is verby?

Dink ek nog aan die nageslag ?

Dat die erwe van ons vaders vir ons kinders erwe bly,

met die groot doel: die verheerlik van God se Naam in Christus?

Ja, ons land is van ons weggeneem …. maar agter dit sit die tugtende hand van God.

Ons het afgedwaal van sy gebooie

Ons lewe in afvalligheid.

Die belydenis van geloof,

huweliksbeloftes,

doopbeloftes word vertrap … in die kerke, deur ‘ons mense’!

Omdat Afrikaner sy roeping vergeet het,

die Evangelie vergeet het, daarom het ons ons vryheid verloor.

Die antwoord is eenvoudig: terug na v.2!

Verootmoediging voor God, dat Christus ons sal red en bevry,

bo alles van die sonde, wereld en die Satan se aanslae

Opnuut moet ek vra wat my doel en roeping is in die lewe.

My lewe toewy aan God in Christus … persoonlike bekering

My gesin toewy aan die Here … gesinsreformasie (vader, moeder, kinders)

“Die geskiedenis bewys dat as die huisgesin gesond is, beide kerk en staat bloei. Die huisgesin is die bron van die menslike samelewing. Gee ons dus Gereformeerde huisgesinne, en die Gereformeerde Kerk sal bloei. Anders gaan ons gewis ‘n donker toekoms tegemoet.” – Totius

My gemeente, bydraes, kerkbewoning, omgee vir mekaar!

Maar dan ook, ons kinders moet nie net die geskiedenis vd Bybel geleer word nie,

Maar ook van ons land se geskiedenis en veral ons volk se geskiedenis,

die goeie en slegte dinge, sodat ons opnuut nie ons heil by mense en volke sal soek nie, maar by die Here van Ps. 117.

Terug na ons roeping volgens Ps.117:1,2

Dit is die enigste weg

Om nie net as individue nie, maar ook as ‘n volk weer ons roeping te volbring.

Mag die Here ons help om sy Koninkryk, sy eer, sy Seun in alles in ons lewens te soek, wat ookal die toekoms inhou vir ons gesinne, gemeentes, volkere en land.

Mag die woorde van prof. HG Stoker, ook waar word in ons tye (beklemtonings bygevoeg):

Nieteenstaande hierdie agteruitgang glo ek nog dat daar ‘n kern van ons volk is wat aan sy verlede ten volle trou bly en in die regte rigting voortbou.  Ek glo nog dat daar ‘n tyd sal kom waarin God ons volk sal wakker skud tot ‘n stryd wat die so nodige antitese sal skep en die toegedekte antitese, die dubbelslagtige en dubbelhartige karakter van die sinkretisme, sal ontbloot en daardeur vernietig – ‘n stryd wat noodwendig op kerklike en godsdienstige terrein sal moet begin omdat die Calvinisme die geestelike wortel van ons volksbestaan is.  Ek glo dit omdat die taak wat God aan ons volk hier in Suid-Afrika en ten bate van die hele Afrika gestel het, nog lank nie afgehandel is nie, ‘n taak waarin die stryd tussen Oos en Wes ‘n sentrale rol gaan speel. Dat God ons volk roep, blyk duidelik uit die roeping van ons volk in die huidige wêreldverwarring.”

Amen.

___________________________________

Sien ook die volgende artikels oor Stigtingsdag, oftewel Jan van Riebeeckdag:

Stigtingsdag

Jan van Riebeeck kom aan in die Kaap

Gereformeerde volksplanting

Troospreek: Christus troos ons met sy besoek, sodat ons mekaar sal besoek met die troos van die Evangelie (Joh. 1:14)

(‘n Preek opgedra aan my vader en familie, met die afsterwe van my moeder op 27 Maart 2019, asook ‘n geliefde lidmaat van my gemeente, Fred Carr, wat oorlede is op 30 Maart 2019).

Lees: Johannes 1:1-18

Teksverse: “En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid.” – Joh. 1:14

Tema: Christus troos ons met sy besoek, sodat ons mekaar sal besoek met die troos van die Evangelie.

Preekopname (GK Carletonville, 2019-03-31. nota: die opname is meer volledig as die teks hier onder):

Aflaai: Johannes 1:14 (regs kliek en ‘save [link] as’; of kliek op 3 kolletjies om af te laai)

Geliefdes in ons Here Jesus Christus,

In hierdie woorde van Joh. 1:14, hierdie een vers,

vind ons die goeie nuus,

die evangelie van God in Jesus Christus,

vir ons as verlore sondaarmense.

Dit is ons groot troos, ons enigste troos, in lewe en in sterwe …

Dit wat ons hierdie week baie intens belewe het:

– my moeder, ons ouma wat gesterf het, afgelope Woensdag.

– Fred, wat gesterf het, gister.

Ja, net in daardie paar woorde va Joh. 1:14:

en die Woord het vlees geword, en onder ons kom woon …

word ons lewens, ons ganse bestaan bepaal.

Sodat ons altyd, of dit nou in swaarkry tye of goeie tye is,

ons nooit hopeloos of verlore sal wees nie,

WANT DIE WOORD, HET VLEES GEWORD, EN ONDER ONS KOM

WOON.

Kom ons luister na hierdie troos opnuut vanoggend,

elkeen met ons vrae, kruisdra, worstelinge, hartseer….

 

1 Eerstens, wie het onder ons kom woon?

Die antwoord is die Woord, die Seun van God, God self,

ons het dit daar gelees in daar die eerste 2 verse (lees) …

En Hy wat ons ons kom woon het, is ons Skepper, vers 3 … (lees)

Die Seun van God, was van ewigheid tot ewigheid by die Vader,

dit hoor ons ook daar in vers 18 (lees) …

Die nuwe Direkte Vertaling het dit as volg: “… die enigste Seun, self God,

wat teen die bors van die Vader is, Hy het Hom bekend gemaak.”

 

God self kom besoek ons, geliefdes!

Besef ek en u dit nog?

Is daar ‘n belangriker besoek ooit wat ons kon ontvang het?

As dat God vlees geword het, mens geword het in Christus,

en ons kom besoek het?

 

2 Tweedens, vers 14 sê Hy het onder ons kom woon.

Die woord beteken letterlik: om te tabernakel.

Die Here het kom tent opslaan in ons midde.

Onder ons, u en ek!

Want, Hy is ‘n God wat besoek doen!

En hoekom kom besoek Hy ons?

Dit het verse 5-11 vir ons geopenbaar:

weens die duisternis wat in die wêreld gekom het,

deur die sonde, die sondeval van Adam en Eva,

maar dan ook die sonde wat deur die nageslag gevolg het.

My …. ons sonde!

En die sonde is die oorteding van God se gebooie,

en die dood is die ergste gevolg daarop,

Nee, eintlik die tweede ergste, want deur die sonde volg ook die tweede dood,

dat ons as mense verlore gegaan het in die hel, weens die sonde.

En nou kom ons Here in Christus,

en kom woon midde sondaarsmense,

Hy kom besoek ons, Hy soek ons op,

om ons red van die sonde en dood,

en onder ons te kom woon!

Ons sien dit regdeur die Heilige Skrif:

i. Na die sondeval, Gen. 3, probeer die mens wegvlug van God

se teenwoordigheid, dat Hy nie onder hul woon nie.

Maar God roep hulle terug, Hy soek hulle op,

en skenk redding, die moederbelofte van Ge. 3:15,

dat Christus sal kom, die Saad, sal onder ons kom woon,

om ons te kom red van sonde, dood, die hel.

ii. Die Here se volk wat vasgevang was in Egipte

en dan gaan besoek Hy hulle, om hul te red,

uit die slawehuis van die sonde …

iii. As sy volk in die woestyn is,

dan bewaar Hy hulle, en beveel dat ‘n tabernakel opgerig word,

sodat Hy onder hul kan woon…

iv. En dan as die volk later in Kanaan woon,

maar afvallig raak en verdruk word,

weggevoer word in ballingskap,

dan kom die Here weer, besoek hulle, kom red hulle

Hy red sy volk keer op keer.

 

En al hierdie besoeke, regdeur die OT,

was ‘n skadu en heenwysing na die volmaakte besoek

wat sou kom, in Jesus Christus, om ons te red, te heilig

Sodat Hy nou deur sy Gees en Woord onder ons woon,

maar eendag volkome dit na gees en liggaam vir ons doen,

met die wederkoms, met die opstanding uit die dood.

 

Daarom die oproep van vers 12,

as ons werklik getroos wil wees, midde die aanslae,

midde die hartseer wat ons nou beleef oor geliefdes,

die afgelope week wat gesterwe het.

Dan moet ons luister na die woorde daar in verse 12, 13.

Ook as ons hierdie en/of volgende week by oop grafte gaan staan:

(lees vers 12, 13).

 

3) En wat behels, derdens, God se besoek dan aan ons, om by ons te kom woon?

Ons het dit gelees daar in vers 16 (lees)

Genade en waarheid, waarheid en genade!

Hoor u dit geliefdes,

Christus se besoek en woon onder ons behels beide!

Die waarheid van God se Woord, sy wil vir ons,

maar ook genade, dat daar vergifnis is,

vir hulle wat hul sonde bely, aflê en daarteen stry!

Dit beteken ook,

dat soos Jesus ons kom besoek het, onder ons woon.

Ons ook so mekaar sal besoek, en sal dien.

 

Die gedagte van besoek en woon,

het te doen met omgee vir mekaar,

verbond, gemeenskap, liefde, saamwees, intiem, ken…

Ek gee om vir jou lewe, en jou geluk hier op aarde,

maar bo alles vir jou ewige geluksaligheid.

Waar staan jy met die Here,

waar staan jy met Christus?

Dit is die groot vraag en troos van ons hele lewe!

Ook en veral by die oop graf…

Die Seun het vlees geword, onder ons kom woon,

sodat ons vir ewig kan lewe, in die woorde van Joh. 17:3,

“En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.”

Ons as mense kan alles doen om die lewe hier bietjie beter te maak,

te help met medies, kos, klere, ens.,

maar geliefdes, ek het dit nou opnuut beleef, hoe nietig ons as mense is,

met al ons mediese vooruitgang, kan ons nie die dood keer nie.

Daarom het ons die Here so nodig, om ons fisies en geestelik te red!

sodat ons ewig by Hom, van nou en vir altyd sal lewe.

Op. 21 roep dit uit aan die einde, mag dit waar wees van ons lewens:

3 En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God. 4 En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan. 5 En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut.

Daarom, elke dag, elke Bybellees, huisgodsdiens, elke preek en erediens,

besef opnuut dit kan die laaste wees, die lewe gaan so gou verby.

Maak seker, dat u, en u gesin, almal opnuut besef wat Joh. 1:14 beteken,

goeie nuus vir elkeen wat glo, maar die ewige dood wat in ongeloof sterwe:

En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid. 

Amen.

Posted by: proregno | March 21, 2019

Die Kenmerke van die Valse Kerk – NGB artikel 20

Die Kenmerke van die Valse Kerk – NGB artikel 29

Met erkenning aan die bron, RFPA, plaas ek hierdie artikel oor die kenmerke van die valse kerk:

The Marks of the False Church part 1

This article was written by Rev. David J. Engelsma and published in the March 1, 1982 issue of the Standard Bearer.

“. . .As for the false Church, she ascribes more power and authority to herself and her ordinances than to the Word of God, and will not submit herself to the yoke of Christ. Neither does she administer the sacraments as appointed by Christ in His Word, but adds to and takes from them, as she thinks proper; she relieth more upon men than upon Christ; and persecutes those, who live holily according to the Word of God, and rebuke her for her errors, covetousness, and idolatry. These two Churches are easily known and distinguished from each other.”—Belgic Confession, Article 29

The “problem” of the article of our Confession of Faith quoted above is its absolute distinction between the true church and the false church. It does not speak of purer and less pure churches, of manifestations of Jesus’ body that vary in degree of faithfulness and doctrinal purity; but of “two Churches,” the true and the false.

Applied to the present situation of many, separated churches (denominations), the article might seem to teach that one particular institute is the only true church, while all the others are the false church. Such an interpretation of the article has been given by certain Reformed in the Netherlands; and, now and again, voices have been heard in the Protestant Reformed Churches expressing this position.

It is helpful for understanding the Confession’s teaching concerning the false church to have clearly in mind the reference of “true Church-false Church.” By the true church is not meant the invisible body of Jesus Christ. If this were the reference, the article would be distinguishing between the one, invisible, true church of Christ and the one, invisible, false church of the devil. Some have tried to escape the difficulty of the article’s “true Church-false Church” distinction by resorting to this explanation. That this is not meant is plain from the Confession’s admission that the true church has hypocrites mixed in with the good, which cannot be said of the invisible church of Christ. Also, the article makes plain that it refers to a church that has marks which we can see: preaching, sacraments, and discipline—a visible church, therefore.

Neither is this article primarily concerned with our duty to distinguish between believers and unbelievers. It is the case that true members of the church have a certain mark that sooner or later also distinguishes them from hypocrites, namely, a living faith. It is not, however, the point of this article to speak of the distinction between true and false members of the church, i.e., believers and unbelievers (“we speak not here of hypocrites, who are mixed in the Church with the good. . .”).

The article refers to the true institute of the church and the false institute of the church. The purpose of this article is the practical one of calling believers to membership in a true congregation and denomination and warning believers against membership in a false congregation and denomination. In order that believers may discern the true and the false, the marks of both are set forth. That this is, in fact, the subject is evident, first, from the mention of “the body and communion of the true Church”; second, from the fact that it is the institute that preaches, administers sacraments, and exercises discipline; and, third, from the fact that it is the institute that always has hypocrites mixed in with the good.

In any discussion of the false church, it is important to note the clear teaching of our Confession that the true church is never pure in the sense that all members are true believers. In the New Testament church, as among the Old Testament congregation, “they are not all Israel, which are of Israel” (Romans 9:6). It is also important to remember that the living members of the true church are not perfectly, or even nearly perfectly, holy. On the contrary, there “remain in them great infirmities.” (Cf. also the Heidelberg Catechism, Q. 114) This is important to keep in mind because there always are sects which wickedly break with the true church, as though she were the false church, because they see hypocrites in the church and because they do not find the lives of the members of the church as holy as they would like them to be.

Calvin warns against this: “Thinking there is no church where there is not complete purity and integrity of conduct, they, through hatred of wickedness, withdraw from a genuine church, while they think they are shunning the company of the ungodly” (Institutes, IV, I, 13). No one may despise, or leave, the church because wicked men appear in it; nor may anyone reject a church as false church because the members, including the officebearers, are sinful men. Calvin is correct when he analyzes this separatistic spirit and action as “excessive moroseness (which) is more the result of pride and a false idea of sanctity, than genuine sanctity itself, and true zeal for it. Accordingly, those who are the most forward, and, as it were, leaders in producing revolt from the Church, have, for the most part, no other motive than to display their own superiority by despising all other men” (Institutes, IV, I, 16).

The false church is an assembly that has the name and appearance of the church of Jesus Christ, but which has so apostatized from the word of God, or corrupted it, that Christ is not present in her preaching, sacraments, and discipline as head and Savior, so that his Spirit does not work faith, or give salvation, through these activities of the church. There may be children of God scattered among false churches, but this is in spite of the work of these churches; and these children of God must leave.

Mohammedanism is not a false church, but a pagan religion. The Jehovah’s Witnesses, Mormons, and the Unification Church of Moon are not false churches, but cults. But a Protestant church with an orthodox tradition; a smiling preacher with Christ always on his lips; and a congregation that bends over backward to show warmth and friendliness for Jesus’ sake (especially to new members) which denies the Godhead of Jesus and atonement of sin in the blood of the cross and which teaches social salvation by human works is a false church.

It is exactly the name and semblance of a Christian church that pose a threat to God’s people and that make the warning against the false church necessary.

Holy scripture sounds this warning. Matthew 7:15 tells us to “beware of false prophets, which come to you in sheep’s clothing, but inwardly they are ravening wolves.” Where there is false prophecy, there is a false church. John 10:1 speaks of a pretender-shepherd of the flock of Christ “that entereth not by the door into the sheepfold, but climbeth up some other way.” Commenting on this text, Calvin explains: “For if they who are called shepherds attempt to lead us away from Christ, we ought to flee from them, at the command of Christ, as we would flee from wolves or thieves; and we ought not to form or maintain intercourse with any society but that which is agreed in the pure faith of the Gospel.” Before the second coming of Christ, Antichrist will sit as God “in the temple of God, showing himself that he is God” (2 Thess. 2:4). This takes place through the diligent, seemingly Christian labor on his behalf of the “false prophet” (Rev. 13:11ff.; Rev. 19:20).

The Marks of the False Church part two

The identifying mark of the false church is that she lacks the marks of the true church, i.e., the pure doctrine of holy scripture, a pure administration of the sacraments; and the exercise of church discipline in the correcting of sin. Rich in the incidentals of size, ecclesiastical reputation, earthly influence, religious ritual and busyness, and pomp (which, alas, fascinate many professing Christians in every age); she is destitute of the essentials of the body of Jesus Christ in the world. 

Still, she makes something of preaching, sacraments, and discipline. What she makes of them gives her away. She preaches another gospel than the gospel of salvation from sin by grace alone. She corrupts the administration of the sacraments by adding to the sacraments ordained by Christ, both as regards number and ritual; by taking away from the administration elements prescribed by Christ; by administering them to persons whom Christ judges unworthy; and, not least, by corrupting the meaning and truth of the sacraments in her teaching. She perverts the key power of discipline, for not only does she refuse to excommunicate those who live impenitently in grossest disobedience to the Law of God, but she also turns in fury upon those who, in their zeal for holiness, rebuke her for her wicked doctrines and evil practices. In short, she is not founded on, subject to, or upholding the truth of God’s word, sacred scripture. Not submitting, thus, to the yoke of Christ, she is not Christ’s bride, but a whore. 

Since every believer knows the word of God, it is easy for him to know and distinguish the false church from the true church. 

It is a mistake to identify one particular institute as the true church in distinction from all others which are then regarded as false. This is the position of Rome. Rome is the true church; all other churches are false. There might seem to be a softening of this hard line today. Rome calls the Protestants “separated brothers.” The Second Vatican Council went so far as to refer to Protestant congregations as “Churches or ecclesial communities” and to say that “in some real way they are joined with us in the Holy Spirit” (“Dogmatic Constitution on the Church,” Chapter II, 15). But Vatican II also insisted that Rome is “the Church,” “Mother Church,” and made clear that the “separated brothers” (read: “prodigal sons”!) must return to Rome. 

With the exception of Luther in his most fiery, and least attractive, moments, the Reformers did not take the position that all churches except one were false. At the time of our Confession, Protestantism had divided into Lutheran churches and Reformed churches. Calvin, Farel, Beza, De Bres, and other Reformed leaders recognized the Lutheran churches as true churches, as well as the Reformed churches (cf. A. D. R. Polman,Onze Nederlandsche Geloofsbelijdenis, III, pp. 351ff.). 

Herman Hoeksema warns against a fanatical application of the “true Church-false Church” distinction: “This does not mean that the believer who takes this calling seriously (the calling to join himself to the purest manifestation of the church in the world—D.E.) imagines that no one is saved outside of the particular church in which he has his membership” (Abundant Mercy, p. 78). 

The Roman Catholic Church is the false church. This was the intent of the description of the false church in Article 29 of the Belgic Confession, along with the Anabaptist sects. In a corresponding article, Article 28, the French Confession of Faith of 1559 expressly names “the papal assemblies,” condemning them as “properly speaking. . .no Church,” since the pure word of God is banished from them, their sacraments are corrupted, or falsified, or destroyed, and all superstitions and idolatries are in them.” It does, however, see “some trace of the Church. . .left in the papacy,” so that Roman Baptism is recognized as valid Baptism. (Cf. Calvin, Institutes, IV, II, 11.) The Reformed agree with Luther’s judgment of Rome: 

. . .it is evident that as the arch-whore of the devil they have abandoned the ancient church and its ancient bridegroom and have not only become apostate and heretical (for that word is too light and too honorable for such a hussy), but Antichrist and ‘antigod,’ indeed, the last and most shameless bride of the devil, setting herself up even above God (just as her bridegroom in heaven wanted to do)” (“Against Hanswurst,” Luther’s Works, Vol. 41, p. 205).  

Rome preaches another gospel of righteousness by works, wreaks havoc with the sacraments, and is stained red with the blood of countless thousands of Waldensian, Huguenot, Dutch Reformed, and other saints. Although some treacherous Reformed congregations may pray for Rome as was done when the Roman idol came to Chicago not long ago, the souls of the martyred saints under the altar pray against Rome, saying, “How long, O Lord, holy and true, dost Thou not judge and avenge our blood on them that dwell on the earth?” (Rev. 6:10); and we do still pray, with heartfelt sincerity, the petition once found in the Anglican liturgy: “From the tyranny of the Bishop of Rome, and all his detestable enormities, good Lord deliver us.” 

Apostate, modernist Protestant churches are the false church. These are the churches that deny the Godhead of Jesus and the blood-theology of the cross; proclaim humanism and social improvement for a gospel; and, while nourishing in their bosom (and at the holy table of the Lord) every kind of heretic, revolutionary, and scoundrel, bar from their ministry those men who cannot but submit to the commandment of God prohibiting the ordination of women, and harass, persecute, and drive out the godly. 

Like the Anabaptist sects at the Reformation, the churches of our day which are founded on spiritual experiences rather than the word of God and which proclaim their “baptism with the Holy Spirit” rather than the cross of Jesus Christ and the forgiveness of sins are the false church. 

The marks of the false church become horrifyingly visible in Reformed churches in Europe and in our land. There is the basic denial of the authority of the word of God, holy scripture, not only in practice, but also in official declaration. By virtue of this fact, Jesus Christ is renounced as head of the church and his yoke cast off. Instead of the pure doctrine of the gospel is preached worldly liberation (of females, blacks, the poor, homosexuals, and what not), or universalism, or salvation dependent on man’s works and will. Instead of the things which Jesus has commanded are preached the commandments of men, as the rule of a Christian life. Churches profane the sacraments by admitting to them members who maintain doctrines and practices inconsistent with the name of Christians. The powers in the church, an arrogant hierarchy, puffed up by and jealous of their own authority, if unable to excommunicate the pastors and people who rebuke the church for her errors, persecute them with ridicule and various pressures; and govern the church, not according to the word, but by pulling strings and shameful political maneuverings, so that their will is done. 

This is not to say that they have become the false church, much less that there are not true churches among them; but it is to say that the apostasy from the word of God in Reformed churches is the deadly serious matter of losing the marks of the true church and becoming the false church. 

No one may join the false church for any reason. All those who are in a false church must leave, regardless of the consequences. And for one to leave the true church for a church which apostatizes is not only inexcusable carelessness and folly, but is also contrary to the ordinance of God. From the true church, “no man has a right to separate himself.”

____________________________

Sien ook hier die reeks oor die kerk: Die kerk by dr. WJ Snyman

 

DR. WILLIE JONKER OOR HOMOSEKSUALISME IN SY ROMEINE KOMMENTAAR: DIE VERANDERINGS VAN 1969 NA 1998?

26 Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is; 27 en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang. (Rom. 1:26-27 A53)

26 Daarom gee God hulle oor aan skandelike drifte. Hulle vroue verander die natuurlike omgang in ‘n teen-natuurlike omgang.  27 Net so laat vaar die mans ook die natuurlike omgang met die vrou en brand van begeerte vir mekaar. Mans pleeg skandelikhede met mans en bring oor hulleself die verdiende straf vir hulle perversiteit. (Rom. 1:26-27 A92)

26 Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike drange: Hulle vroue het die natuurlike seksuele omgang verruil vir omgang wat teen die natuur is. 27 *Net so het ook die mans, terwyl hulle die natuurlike seksuele omgang met die vrou laat vaar het, vurig begin brand van begeerte na mekaar; mans het met mans skandelikheid bedryf en in hulleself die verdiende loon vir hulle afwyking ontvang. (Rom. 1:26, 27 Direkte Vertaling)

Dr. Willie se verklaring in 1969 weergawe van sy Romeine kommentaar (beklemtonings bygevoeg):

“26, 27 Terwyl al wat ’n wysgeer was in die tyd van Paulus geleer het dat die goeie geleë is in ’n lewe volgens die natuur. was dit juis die ellende van die heidene dat hulle deur hulle sonde teen die natuur in gegaan het. Waar die liefde tot God nie bestaan nie, verword ook die onderlinge liefde tussen die mense. Die seksuele perversiteite is veral ’n openbaring van die vervanging van die natuurlike liefde deur die teen-natuurlike. Paulus noem hier die homoseksualiteit by vroue en mans as uiterste voorbeeld van die verwording van die natuurlike medemenslikheid.

In die oorgegewenheid aan hulle skandelike luste wat tog geen bevrediging kan vind nie en die morele en geestelike gevolge daarvan, ontvang die heidene in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling. Die dwaling waarvan hier sprake is, is die godsdienstige dwaling waarvan v. 18 e.v. spreek.” [W.D. Jonker, Die Brief aan die Romeine, NGK Uitgewers, Pta, 1969)

My opmerkings:

1 Dr. Willie Jonker noem hier die sonde van homoseksualisme baie duidelik, deur die woord ‘homoseksualiteit’ te gebruik.

2 Homoseksualisme is die ‘uiterste voorbeeld van die verwording van die natuurlike medemenslikeheid’.

3 Om homoseksualisme te bedryf, en/of goed te praat en te akkomodeer (sien Rom. 1:32), is heidense gedagtes en geloofsoortuigings, nie Christelik oftewel Bybels nie.

4 Homoseksualisme is ‘n teken nie van dat God nog gaan oordeel nie, maar is deel van God se oordeel self, die “noodwendige vergelding van hulle dwaling.”

5 Die wesentlike dwaling is nie die homoseksuele seksuele wanpraktyke self nie, laasgenoemde is slegs die vrug/gevolg van die groter erger dwaling van verse 18-25, soos dr. Wille skryf: “Die dwaling waarvan hier sprake is, is die godsdienstige dwaling waarvan v. 18 e.v. spreek.”

6 Die godsdienstige dwalinge van v. 18-25 is:

6.1 Die waarheid van God word onderdruk (v. 18)

6.2 God word nie verheerlik of gedank nie (v. 21)

6.3 Dwase en onverstandige duister harte  bepaal wat is reg en verkeerd (v. 21, 22)

6.4 Afgodery, die waarheid van God, die Skepper word verruil vir die skepsel (v. 23, 25)

7 En die gevolge is dat die Here hul oorgee (let wel: God gee oor, aktief), aan hulle afgode:

7.1 aan hul sondige harte en denke (v.24) … wat hul glo

7.2 onreine dade onder mekaar (v. 24) … wat hul doen

8 Die gevolg is die sondes van vers 26-31, en dat die mens homself regverdig, sy sondes – veral vandag van homoseksualisme – dit probeer goedpraat, akkomodeer, asof dit nie sonde is soos alle ander sondes wat in verse 29-31 genoem word nie.

9 Ironies, wat die Skrif as een van die ergste sondes noem, word vandag geregverdig, nl. homoseksualisme, maar nie die ander sondes in vers 29-31 nie?

10 Implikasie vir vandag: elkeen wat die sonde van homoseksualisme goedpraat, regverdig, is in denke en dade skuldig aan die godsdienstige dwalinge wat hierbo genoem word by nr. 6 (Rom. 1:18-25), dus is valse profete, is in wese heidens, nie meer gelowiges nie, is evangelisasie en sending terrein, nie gespreksterrein nie.  Ware gelowiges moet nie onder sulke valse leraars sit of leiding verwag nie, gaan weg van hulle, leer die Koning en Herder van die Kerk:

“Laat hulle staan; hulle is blinde leiers van blindes. En as ’n blinde ’n ander blinde lei, sal altwee in die sloot val. (Matt. 15:14 A53)

Die basiese evangelie, soos deur Paulus uiteengesit word in die res van die boek Romeine, moet aan hulle wat homoseksualisme beoefen en/of ‘goedkeur’ (v. 32), verkondig word, met liefde, krag en waarheid, WANT,

“Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? 2 Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin (voort)lewe? 3 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? 4 Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ’n nuwe lewe kan wandel. (Rom. 6:1-4 A53)”

Glo hierdie woorde van God, bid die Here dat hy dit op my en jou hart en lewe mag skryf deur sy Gees, en bly dan genadig lewe.

Verwerp dit, en sterwe dan in jou sonde, omdat jy “in ongeregtigheid die waarheid onderdruk” (Rom. 1:18):

“Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.” (Rom. 6:23 A53)

Dr. Willie se verklaring in 1998 weergawe van sy Romeine kommentaar: 

“26–27 Terwyl al wat ’n wysgeer in die tyd van Paulus was geleer het dat die goeie geleë is in ’n lewe volgens die natuur, was die ellende van die heidene juis dat hulle deur hulle sonde teen die natuur ingegaan het. As gehoorsaamheid aan Gods gebod nie bestaan nie, verword ook die onderlinge liefde tussen die mense. Seksuele perversiteit is volgens Paulus ’n vervanging van die natuurlike liefde deur teen-natuurlike wellus wat van ’n skandelike aard is en tog geen bevrediging kan bied nie. Hy teken ’n prent van die seksuele bandeloosheid in die wêreld van sy tyd en sê dat diegene wat daarby betrokke is oor hulleself die verdiende straf vir hulle perversiteit bring.” [Jonker, W. D. (1998). Die brief aan die Romeine (Ro 1:26). Kaapstad: N G Kerk-Uitgewers.]

“My opmerking of vraag: hoekom is die woord ‘homoseksualisme’ in die 1969 uitgawe verwyder uit die 1998 uitgawe, asook die koppeling tussen homoseksualisme en die bron van hierdie sonde, die dwalings van verse 18-25?

Is dit dr. Willie Jonker wat dit self verander het, of ‘n latere redaksie, en hoekom?”

Posted by: proregno | February 20, 2019

Leer Op. 22:14 (OAV) redding deur werke/wetsonderhouding?

Leer Op. 22:14 (OAV) redding deur werke/wetsonderhouding?

“Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.” – OAV, 1933/53 vertaling

“Geseënd is dié wat hulle klere was, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en deur die poorte in die stad kan ingaan. – NAV, 1983/92 vertaling

   “Geseënd is diegene wat hulle stolass was sodat hulle reg kan hê op die boom van        die lewe, en die stad deur die poorte kan binnegaan. – Direkte Vertaling

Ek dink almal (behoort saam te) stem saam oor die wesentlike belangrikheid en kosbaarheid van die leerstuk van die redding uit genade alleen, deur die geloof in Christus alleen, sonder enige werke (Ef. 2:8-10). Dit is ons groot troos, in lewe en sterwe, na liggaam en siel (HK v/a 1). Daaroor stem ons saam, en ons moet sorg dat ons vertalings ook getrou die Skrif navolg in hierdie waarheid wat dit openbaar.

Herman Grobler, het ’n artikel geskryf oor die vertaling van Op. 22:14, soos dit verskillend weergegee word deur die OAV en die NAV op grond van verskillende grondtekste wat gebruik word. Die volledige artikel kan hier gelees word, en die leser hier moet dit asb lees voor u my opmerkings hier onder lees:

Die voorwaarde om gered te word. Openbaring 22:14

Ek meen die skrywer, alhoewel hy dit seker sal ontken, het ’n onderliggende anti-OAV agenda, wat baie meer probeer sê as wat daar in die oorspronklike taal self staan, ongeag watter grondtekste gebruik word, en dit is jammer.

Ek verduidelik as volg:

1. Die voegwoord ‘sodat’ (Grieks: ἵνα [hina])
Die Griekse voegwoord ‘hina’ (+ subj) word gebruik, wat dui op “doel, gevolg, vrug”, nie ‘voorwaarde’ nie. Die algemene voegwoorde wat ‘voorwaarde’ aandui (as/indien) van die Grieks (ei), word nie hier gebruik nie, so mens moet klaar net daaroor versigtig wees. ‘Doel/gevolg’ (vrug) is heeltemal iets anders as ‘voorwaarde’. (“hina, that, in order that. The word is used to introduce a purpose clause”, The New Linguistic and Exegetical Key to the Greek NT)

2. Die voegwoord wys in Op. 22:14 op die genadeloon vir sy salige regverdiges (om te eet van die boom van die lewe, ens.), hulle wat gewas is en as vrug, aanhou gewas word in Christus se bloed, en dit openbaar deur volgens sy gebooie/woord te lewe

Op. 22:14, in beide vertalings, se fokus gaan nié oor regverdiging nie, maar die vrug van regverdiging, nl. heiligmaking, waaraan die kinders van die Here gekenmerk word, want geen onregverdige kan bestaan voor die Here, in sy heilige stad nie.

Die voegwoord dui nie ‘voorwaarde’ aan nie, maar ‘doel en gevolg’. Op. 2:14 se hina wil juis, reg verstaan in die konteks van Openbaring en die res van die Skrif,  ‘die resultaat aanwys of die gevolg van ons kindskap’. Dit ‘identifiseer’, dit stel nie ‘n ‘voorwaarde’ vir om nog eers gered te word nie, en dan eers reg te hê op die boom van die lewe nie. Dit beskryf die burgers van die koninkryk, en die loon wat hul uit genade ontvang (v. 12).

Die konteks dui dit reeds aan, sien vers 11, “laat die regverdige, nog regverdiger word”, en hulle wat dus reeds regverdig is (deur die bloed van Christus, Op. 7:14; 12:11)), word geopenbaar, word gekenmerk dat ‘hulle sy gebooie doen’ (v. 14), in kontras met die wat “buite is … hoereerders … moordenaars .. afgodedienaars” (vers 15), wat met hul lewens wys dat hul die  onregwerkers, onregdoeners, wetsverbrekers is waarvan Jesus praat in Matt. 7:21ev., en daaraan volhard.  Hulle is die waarvan gepraat word in vers 11, ‘die wat onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word.”

Hierdie kindskap van God se regverdiges, soos geopenbaar en gesien in wat hul ‘doen’, kan deur beide ‘hulle wat hul klere was’ (NAV) as ‘vrug’ daarvan dat hul deur Christus se bloed gewas is (7:14), asook ‘wat sy gebooie doen’ (OAV,God se gebooie doen as vrug van deur Christus se bloed gewas, daarom vers 7 se ‘die woorde van die profesie bewaar’). ) beskryf word, dus voortdurende of deurgaande heiligmaking, daarom vers 11 se ‘nog regverdiger word’.

Die ‘saliges’  is dus hulle wat vanuit die redding in dankbaarheid volgens God se gebooie lewe, en die doel/gevolg/vrug (nie voorwaarde tot nie) is dat diesulkes deel aan die boom van die lewe deel. Ons bely hierdie genadeloon in HK Sondag 24 v/a 63 “hierdie beloning word nie uit verdienste nie maar uit genade gegee”, sien weereens die konteks van vers 12.

Op. 22:14 wys dus op kenmerk van gelowig wees, of die identifisering van hulle wat in die stad van God gaan lewe, dit is nie poging om nog gelowig te word nie. Ons lees ook in 1Kor. 1:30 dat Christus ons “geregtigheid en heiligmaking en verlossing” is, nie die een of die ander nie, en die een vloei oor na die ander. Dit is ‘n pakket, jy het alles in Christus, of niks van Hom nie (Rom. 8:28-32).

3. Die regte verstaan van beide OAV en NAV se ‘sodat’
Verder, as mens die redenasie van Herman volg, moet mens dan konsekwent wees, want, sou die ‘redding deur wet/werke- aanklag’ teen die frase ‘wat sy gebooie doen’ (OAV) waar wees, dan geld dit netso sterk vir die vertaling: ‘dié wat hulle klere was” (NAV).

In laasgenoemde, soos dit daar vertaal is, gaan dit, soos met die OAV oor die mens wat iets ‘doen’, wat handel, deur te was. In die oorspronklike het ons te doen met deelwoorde in Op. 22;14 (wetsdoeners [OAV]; klerewassers [NAV]), wat beide in die aktief is, dus die mens wat handel, nie passief ontvang nie. Daardie deelwoorde dui op ‘n voortdurende proses (praesens, teenwoordige tyd), wat wys dit gaan hier oor ‘heiligmaking’ wat voortgaan, en nie die regverdiging nie, wat wel afgehandel is in die verlede deur Christus (Op. 7:14, daar is die ‘gewas’ in die verlede tyd, afgehandelde saak).

Dus, in die lyn van Herman se aanklag, kan dit dan so gestel word teen albei vertalings, as mens konsekwent is en Op. 22:14 as ‘voorwaarde’ verstaan:

1. Teen OAV: mense doen gebooie, sodat hul gered word.
2. Teen NAV: mense was hul klere, sodat hul gered word.

Die regte verstaan van Op. 22:14, is om dit egter te sien as kenmerk, gevolg, vrug. En die konteks gee ons weer aanleiding daartoe, as ons Op. 19:8 lees, in beide vertalings:

“En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges.” (OAV)

“God het haar dit vergun om fyn, helder blink klere aan te trek.” Hierdie fyn klere is die regverdige dade van die gelowiges.” (NAV)

Beide vertalings wys daarop dat die ‘regverdige dade van die gelowiges’, dus, ook Op. 22:14 se ‘die wat sy gebooie doen’ en ‘wat hul klere was’ (NAV), is die vrug, gevolg, doel, ens., van wat aan die regverdiges, die saliges, wat aan ‘haar gegee is’ of ‘God het haar dit vergun’ (19:8).

Ja, die regverdige dade van die gelowiges is die vrug, doel, gevolg van die Lam se werk, sodat die ‘bruilof van die Lam’ kan plaasvind (19:7,9), ‘sodat’  die gelowiges, ‘sodat’ die regverdiges, ‘sodat die wat sy gebooie doen’, ‘sodat dié wat hul klere was’ saam vir ewig kan feesvier, God aanbid tot in ewigheid, dus hulle het reg op die boom van die lewe en sal ingaan deur die poorte in die stad, Op. 22:14.

Dat Op. 22:14 oor heiligmaking gaan as vrug van regverdiging, die gevolg van ons regverdiging, word as volg verduidelik deur prof. EP Groenewald,

22:14 Die woord bring seën en vervloeking. Die sewende “Geseënd” uitspraak (vgl. 1:3) bring ’n toesegging aan dié wat hulle klere was. Voorheen is gepraat van hulle wat hulle klere in die bloed van die Lam wit “gewas het”, eenmaal in die verlede (3:14; 7:14; 1 Kor 6:11). Maar nou word daardie mense, dit wil sê die gelowiges, aangedui as mense wat nog elke dag hulle klere was, deur reiniging van sonde by die Lam te soek vir die sonde van die dag. Wie dit doen, het reg op die boom van die lewe (22:2) en hulle kan deur die poorte van die nuwe Jerusalem ingaan (21:27).

Bron: Groenewald, E. P. (1986). Die Openbaring van Johannes (Re 22:14). Kaapstad: N G Kerk-Uitgewers.

4. Skrif met Skrif vergelyking van Op. 22:14

Herman het reeds met Skrifvergelyking gewys dat die NAV se gewas in Op. 22:14 die ‘vrug’ is wat op Christus se bloed wat ons rein was volg. Ek stem 100 persent daarmee saam. Maar hoekom nie dieselfde bybelse reformatoriese beginsel gebruik by die OAV se lesing van Op. 22:14 nie?  Dus ons moet mos ook Op. 22:14 in die verdere konteks van  Openbaring (soos hierbo gedoen reeds) en die res van die Bybel lees, om dit reg te verstaan, of hoe?

As mens dit doen, dan sal gesien word dat Op. 22:14 in die OAV beskryf die saliges as mense wat gered is, en nou God se gebooie doen as kenmerk/gevolg/doel, en nie as ‘voorwaarde’ om gered te word of gered te bly nie. Saliges is nou na hul redding, weer ‘doeners of daders van die wet’, nooit volmaak in hierdie lewe nie, maar uit genade, hoe langer hoe meer is heiligmaking kenmerk van hul lewe, as vrug van wat God vir hul in Christus gedoen het.

Net ’n paar voorbeelde wat wys dat die ‘doen van God se gebooie’ noodwendig vloei uit redding in Christus, oftewel die gevolg is van regverdiging, en dat sulkes wat daaraan gekenmerk word, deel aan die koninkryk van God, die boom van die lewe, ens.:

Matt. 7:21 “Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.”

Matt. 12:50 “Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder.”

Hebr. 12:14 “Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie.”

Op. 14:12 “Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar.”

Nie een van ons sal beweer, of so hoop ek, dat hierdie verse redding deur ‘Christus plus werke’ leer nie, maar reg verstaan, beteken dit dat Jesus sê: die wat waarlik deur Hom gered word, deur Sy werke alleen (sien NGB art. 22,23), niks van ons s’n nie, sal die wil doen van die Vader, al is dit nie volmaak in hierdie lewe nie. Sy kinders se lewens word gekenmerk aan die nakoming van sy gebooie, dit is die gevolg van Christus se werk.

5. Openbaring 3:11 en 22:14
As mens verder die gebruik van die voegwoord ‘sodat’ (hina) gaan opsoek in Openbaring self, dan kry mens ook die volgende:

OAV: Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat (hina) niemand jou kroon kan neem nie. (Op. 3:11)

NAV: Ek kom gou. Hou vas wat julle het, sodat (hina) niemand julle kroon wegvat nie.

Direkte Vertaling: Ek kom gou; hou vas aan wat jy het, sodat (hina) niemand jou oorwinnaarskrans wegneem nie.

So, as Herman nou konsekwent is, beteken dit dat Op. 3:11 leer hier ook wat hy beweer teen die OAV se Op. 22:14, maar dan moet hy die NAV hier byvoeg (asook die nuwe beoogde Direkte Vertaling van Op. 3:11; 22:14) naamlik:

“Let wel: “SODAT” dui ‘n voorwaarde aan!

Ons het nie hier te doen met ‘n resultaat of gevolg van ons kindskap nie. Natuurlik moet ons as bewys van ons erns om Jesus te volg, sy gebooie doen. Maar dit is nie die voorwaarde vir ons redding nie, en dit is presies wat die 1933/53-vertaling sê [slc – en dit is presies wat die NAV en DV hierbo sê in Op 3:11?]. Die doen van die gebooie moet ‘n uitvloeisel of getuienis van ons redding wees, nie die voorwaarde nie.”

Op. 3:11 leer nie – so ook nie Op. 22:14 – dat ons redding is Christus (die bloed van die Lam) plus ons werke, ons ‘hou vas’ nie, dus redding deur geloof plus werke nie. Nee, dit is ‘n waarskuwing vir almal, dus ook die gelowige, om te volhard in die ware geloof, en die ‘hou vas’ openbaar, wys, kenmerk die gelowiges se lewe. Die ware gelowige, die regverdige sal volhard, ‘omdat’ hy gered is, nie ‘sodat’ hy dalk nog gered kan word en gered kan bly nie. Soortgelyke woorde hoor ons by Jesus in Matt. 10:22 (sien ook Matt. 24:13),

“Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.” (Matt. 10:22 A53)

Die volharding openbaar wie die ware kinders van God is.

So wie is dit wat reg het op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad?

Op. 12:17 stel dit ook duidelik wie deel aan die boom van die lewe, waaraan hul gekenmerk word,

“En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.”

Ons regverdiging en gevolglike heiligmaking is beide ’n geskenk in Christus alleen, en deur God se genade sal al sy saliges daarom gevolglik deel in die boom van die lewe en deur die poorte se stad gaan.  Christus se bloed alleen is die grond van ons redding, van begin tot einde, terwyl die nakoming van die wet die vrug en gevolg is.

6. ‘n Paar kommentare oor Op. 22:14

Geneva Study Bible

22:14 Blessed [are] they that do his commandments, 7 that they may have right to the tree of life, and may enter in through the gates into the city.

(7) The blessedness of the godly set down by their title and interest there: and their fruit in the same.

It is the word of him who is the author, finisher, and rewarder of the faith and holiness of his people, v. 13, 14 – Matthew Henry

“By faith they have been sanctified and cleansed from all unrighteousness and from all filth, even as by faith they have been justified and freed from all the guilt of sin. This implies too, of course, as far as the reward of the righteous is concerned, that the reward of their works is ever a reward of grace. For fundamentally the work of Christ their Lord in their behalf is the righteousness of the saints; and its imputation to them is the guarantee that they can never be condemned. It is in His blood that they wash their robes by faith! And they are blessed! They have a right to come to the tree of life. And they shall enter into the city through the gates. The meaning is not that there is a possibility of entering in any other way. But this expression is added in order to emphasize the fact that they enter into the city as those who are its rightful citizens.” (Herman Hoeksema, Behold He Cometh)

“Gedring deur dankbaarheid doen ‘n salige mens die gebooie van die Here. Dat sy wil vir ons heilige erns is, vloei daaruit voort dat Hy ons eers salig gemaak het. En dan is die poorte van die nuwe Jerusalem vir ons oop – ons is
trouens al klaar binne-in die stad. En die vrugte van die boom van die lewe het ons alreeds gesmaak. Ons sonde is immer vergewe en ons leef in en deur Jesus Christus – vir ons is Hy die boom van die lewe. Daarom het ons alreeds die lewe – die ware en ewige lewe. Salig is die wat sy gebooie doen.” – ds. MJ Booyens (Kom Here Jesus)

sodat hulle … die lewe: vgl. v.2; d.w.s. hulle het nie aanspraak op die vrug nie (slc – dus, die ‘sodat’ dui op vrug, gevolg, doel, nie ‘voorwaarde’ nie), maar deur die genade van Here en die reiniging van hul klere in Sy bloed wel die bevoegdheid om daarvan te geniet.” (Bybel met Verklarende Aantekeninge)

7. Romeine 1:17 in die NAV en Direkte Vertaling

Laaste opmerking, ek dink ons moet baie meer besorg wees oor die vertaling van tekste soos Romeine 1:17 (sien ook Rom. 4:16; 5:1; 9:32; Gal. 3:7,8,11), waar die NAV en ook die nuwe Direkte Vertaling so vertaal is, dat al Herman Grobler se waarskuwings teen redding op grond van werke, mensehandelinge, ens., netso geld vir hierdie nuwer vertalings. Let op die beklemtoonde woorde en frases:

“Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.” (OAV, 1933/53)

“In die evangelie kom juis tot openbaring dat God mense van hulle sonde vryspreek enkel en alleen omdat hulle glo. Dit is soos daar geskrywe staan: “Elkeen wat deur God vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe.” (NAV, 1983/92)

“Want daarin word geopenbaar dat God se geregtigheid geheel en al op geloof berus, soos daar geskryf staan: “Wie op grond van geloof geregverdig word, sal leef.” (Direkte Vertaling, ?)

Sien die volgende artikel (asook die artikels wat daarin verwys word) waar die besorgdheid oor die nuwe vertalings, ivm redding uit genade alleen, deur die geloof alleen, sonder enige werke, aangespreek word, soos dit in nuwe vertalings na vore kom:

Prof. Willie Jonker het reeds in sy bekende Romeine kommentaar (ouer weergawe) dekades terug sy besorgdheid uitgespreek, en ongelukkig lyk dit my die Direkte Vertaling het nie daaruit geleer nie:

“Geloof is vir Paulus die vertroue op Gods genade alleen, die vertroue waardeur die mens hom- of haarself volledig verlaat op Gods evangelie dat Christus vir al ons sondes betaal het. Geloof is nie ’n prestasie van die mens nie. Dis vertroue op Christus alleen. Die wyse waarop hierdie vers in die NAV vertaal word, laat hierdie karakter van die geloof nie genoegsaam na vore kom nie. Die formulering dat God mense van hulle sonde vryspreek “enkel en alleen omdathulle glo” asook die woorde “elkeen wat vrygespreek is omdat hy glo” kan die indruk wek dat die geloof die grond vir God se vryspraak isterwyl Paulus bedoel dat die versoening in Christus en nie die geloof nie, die grond van die vryspraak is. Die geloof is die weg waarlangs die vryspraak ontvang word. Dit sou beter gewees het as die vertaling hier ook soos elders die woord deurdat gebruik het: enkel en alleen deurdat hy glo (vgl. 4:9, 11, 22–23 en 5:1). Jonker, W. D. (1998). Die brief aan die Romeine (Ro 1:16–17). Kaapstad: N G Kerk-Uitgewers.

My konklusie uit verwysde artikels, teenoor NAV en Direkte Vertaling:

“Ongelukkig, veroorsaak die Direkte Vertaling se ‘op grond van’ geloof net soveel en dalk nog meer misverstand as die NAV se ‘omdat hul glo’.  Ons moet daarom bly by die klassieke vertaling van ‘uit/deur’ die geloof, soos ons dit ook bely (sien die verduideliking daarvan in bovermelde artikel):

NGB atikel 22 – Ons regverdiging deur die geloof 

Ons sê daarom tereg saam met Paulus dat ons deur die geloof alleen of deur die geloof sonder die werke geregverdig is (Rom 3:28). Om presies te wees: Ons bedoel nie dat die geloof self ons regverdig maak nie, want die geloof is slegs die middel waardeur ons Christus, ons Geregtigheid, omhels, maar wel dat Jesus Christus ons Geregtigheid is. Hy reken ons sy hele verdienste toe en ook al die heilige werke wat Hy vir ons en in ons plek gedoen het, terwyl die geloof die middel is wat ons in die gemeenskap aan al sy weldade aan Hom verbind. En as die weldade ons eiendom geword het, is hulle meer as genoeg om vryspraak vir ons sondes te verkry. Ps. 51:8; Ef. 1:17,18; 1 Tess. 1:6; 1 Kor. 2:12; Gal. 2:21; Jer. 23:6; 1 Kor. 1:20; Jer. 51:10; 1 Kor. 15:3; Matt. 1:21; Rom. 8:1; 3:20,28; Gal. 2:16; Heb. 7:19; Rom. 8:29,33; Hand. 13:28; 1 Pet. 1:4; Rom. 10:3,5,9; Luk. 1:77; Tit. 3:5; Ps. 32:1; Rom. 4:5; 3:24,27; Filip. 3:9; 2 Tim. 1:9; Ps. 115:1; 1 Kor. 4:7; Rom. 4:2.

HK 60.  Vraag: Hoe is jy regverdig voor God?

AntwoordSlegs deur ‘n ware geloof in Jesus Christus (a); so dat al kla my gewete my aan dat ek teen al die gebooie van God swaar gesondig het en nie een daarvan gehou het nie (b) en dat ek nog gedurigdeur tot alle kwaad geneig is (c), God nogtans (d) aan my sonder enige verdienste van my kant (e), uit louter genade (f) die volkome genoegdoening (g), geregtigheid en heiligheid van Christus skenk (h). Dit reken Hy my toe asof ek nooit sonde gehad of gedoen het nie, asof ek self al die gehoorsaamheid volbring het wat Christus vir my volbring het (i). Aan hierdie weldaad het ek deel vir sover ek dit met ‘n gelowige hart (j) aanneem.

    (a)Rom 3:21, 22, 24; 5:1, 2; Gal 2:16; Ef 2:8, 9; Fil 3:9. (b) Rom 3:9. (c) Rom 7:23. (d) Rom 4:4; 2 Kor 5:19. (e) Tit 3:5; Deut 9:6; Eseg 36:22. (f) Rom 3:24; Ef 2:8. (g) 1 Joh 2:2. (h) 1 Joh 2:1. (i) 2 Kor 5:21. (j) Rom 3:22; Joh 3:18. 

HK 61.  Vraag: Waarom sê jy dat jy slegs deur die geloof regverdig is?

AntwoordNie dat ek op grond van die waarde van my geloof vir God aanneemlik is nie, maar omdat slegs die genoegdoening, geregtigheid en heiligheid van Christus my geregtigheid voor God is (a). En dit kan ek nie anders as slegs deur die geloof aanneem en my eie maak nie (b).

    (a)1 Kor 1:30; 2:2. (b) 1 Joh 5:10.

________________________________________
Sien my vertalingsopmerkings oor die Direkte Vertaling, hier.

Posted by: proregno | February 11, 2019

Preek: Ons gee nie moed op nie! (2 Kor. 4:1-6)

Preek: Ons gee nie moed op nie! (2 Kor. 4:1-6)

Lees: 2 Kor 4:1-6

Teks: 2 Kor 4:1, “Aangesien ons hierdie bediening het volgens die  barmhartigheid wat ons ontvang het, gee ons nie moed op nie.

Psalms: 146:1,2; 146:3,4; 103:6,7; 103:8,9; 138:1,4

Video-opname: 2 Kor. 4:1-6 – Ons gee nie moed op nie

Broeders en susters, toehoorders,

Daar is diegene onder u

wat al lank besig is

om vir u geliefdes te bid …

te bid dat hulle tot bekering sal kom.

 

‘n Familielid, ‘n gesinslid,

miskien selfs ‘n huweliksmaat?

Dalk is dit ‘n vriend of vriendin daar buite

dalk ons volksgenote?

Dalk is u hart ruim genoeg

om ook te bid vir ‘n verloregaande wêreld?

 

Hoe dit ook al sy:

ons bid

en ons getuig.

 

Ons as ouderlinge en predikante

bid ons vir onbekeerde gemeentelede.

Ons getuig en verkondig,

ons praat en lees die Bybel voor

en haal die Bybel aan …

maar niks verander nie.

 

Alles bly skynbaar soos dit was

en dit kan ‘n mens moedeloos maak.

 

En dan wil ek soms vra:

wie kan die gewig van ander mense

se siele probeer dra

en nie onder daardie gewig later swik nie?

Jy het gebid en gepraat en gepreek,

maar al wat jy sien

hoe die mense wat jy met die woord bedien,

net al hoe verder wegdryf,

net al hoe dieper in die modder wegsink,

net al hoe verder weg in die donker verdwaal.

 

Ek sal nie eerste een wees

wat dit ervaar nie.

Paulus het dit ook in sy bediening beleef.

Daardie kwelling was gedurig daar.

Saam met al die ander probleme,

waarmee hy te kampe gehad het,

het die apostel dit ook nog gehad.

 

Slapelose nagte

en die daaglikse bekommernis

oor mensesiele.

 

So stel hy dit aan die einde van hierdie brief:

Daar was sy daaglikse bekommernis,

sy sorg vir al die gemeentes (2 Kor 11:28).

 

Deur die genade van die Here

het hy nie moed opgegee nie.

Deur daardie selfde genade

gaan ons ook nie tou opgooi nie.

Nè, geliefde broeder en suster

medestryder in die geloof?

 

Aangesien ons self hierdie bediening

volgens God se barmhartigheid ontvang het,

gooi ons nie die handdoek in nie,

gee ons nie op nie.

Dis wat die Heilige Gees vir ons sê.

 

Ek kan kan preek,

ek kan getuig,

ek kan bid

omdat ek genade van die Here ontvang het.

Mag ek dit nooit vergeet nie.

Die refrein weerklink telkens deur die apostel se briewe.

Jesus Christus het aarde toe gekom

om sondaars te red,

van wie ek die vernaamste is.

So skryf hy aan Timoteus

Aan my is barmhartigheid bewys

om n voorbeeld te wees

vir die wat in Hom sal glo (1 Tim 1:15,16).

 

As dit is hoe ons in die bediening gekom het,

sal ons mos nie moed opgee nie.

 

Maar, so gaan Paulus voort in ons Skrifgedeelte

ja, die apostel het ‘n maar:

Maar , skryf hy

ons het van die heimlike dinge

wat skandelik is,

afstand gedoen.

Met ander woorde:

ons is nie agterbaks in ons optrede nie

Ons vertroetel nie boesemsondes

in ons eie lewens nie.

Skandelike heimlike dinge.

Ek weet in wie se oog die splinter is

en ek weet ook waar die balk lê.

Ons het afstand gedoen van geheime dinge,

dinge wat ‘n mens skaam maak.

Ons is bedienaars van die lig.

Daarom vermy ons die praktyke

wat nie die lig van verdra nie.

 

Ja, die apostel het homself geken

en die Heilige Gees ken ons.

Hy weet en ek weet:

donkerwerk is konkelwerk.

Hoeveel donkerwerk en konkelwerk

sal ons nie partykeer self doen nie?

Is dit nie so nie broeders en susters.

 

Ons weet wat die regte uitkoms moet wees.

Ons bedoelings is goed.

Ons wil die voortgang van die evangelie verseker.

Ons wil hê

ons gebede moet verhoor word

maar dan sal ons soms dinge bietjie probeer aanhelp:

‘n woordjie hier laat val,

agteraf iemand beskinder

‘n broeder of suster vir ons mening probeer werf

toutjies trek in familieverband,

kerkpolitiek bedryf.

Dit sonde, dis vleeslike, menslike taktieke,

maar wat wou,

sal baie sê,

dis vir ‘n goeie saak.

Die doel heilige mos die middele,

of hoe?

 

Nee, ons wandel nie in listigheid nie.

Listigheid, dis die apostel se presiese woord

en hy gebruik dit weer in hoofstuk 11 van die brief

waar hy die Satan se werk beskryf:

die slang het Eva deur sy listigheid bedrieg.

 

Donkerwerk is duiwelswerk.

 

Ons wandel nie in listigheid

of vervals die woord van God nie.

Om die Here se woord te verdraai

is ewe eens kenmerkend van die duiwel.

Om God se duidelike woord

te vervals of te verdraai of af te water,

is duiwelswerk.

 

Ag en hoe dikwels val ons as predikers

nie in daardie slaggat nie!

Sondag na Sondag verkondig ons die God van liefde,

want ek weet

dis wat julle graag wil hoor,

maar ons laat dit na

om te noem

dat God ook ‘n verterende vuur is.

Mense wil so graag hoor

dat daar vir hulle genade is,

maar dat die onbekeerde sondaar

onder God se oordeel staan …

dis nie sulke goeie nuus nie.

Ons wil so graag die kerk

vol kruike van voorspoed sien,

maar die lydensbeker word verswyg.

 

Dis wanneer die mens die woord bepaal,

dat dit so gaan

dat hulle later ‘n menigte leraars

rondom hulle sal versamel …

leraars wat hulle in hulle oor sal streel.

 

Maar ons doen dit ook, as gelowiges

in ons getuienis taak onder ons geliefdes …

Ons bedien aan hulle ‘n vervalste, afgewaterde woord,

want ons wil hulle nie ontstel nie.

Ons bedien aan hulle ‘n vervalste, afgewaterde woord,

want ons wil hulle goeie gesindheid behou.

Dalk bly ons eenvoudig net stil

en bedien geen woord nie.

 

In sy eerste brief het Paulus alreeds

so ‘n woord aan die Korintiërs gebring:

‘n ontstellende woord:

Moenie dwaal nie,

het hy by nadruk geskrywe,

geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers

of wellustelinge of sodomiete

sal die koninkryk van God beërwe nie (1 Kor 6:10).

‘n Ontstellende woord,

want sê nou maar net

dis my dogter wat daardie saamblyer is

en daarmee volhard …

sê nou maar net

dis my seun wat daardie homoseksueel is …

sê nou maar net

dis my broer wat egbreker is …

 

Sal ek dan nie maar liefs

hierdie Skrif verswyg nie?

Sal ek dan nie maar liefs

die liberale teoloë begin napraat nie,

die manne en vroue wat sê:

daar staan nie wat daar staan nie,

daar staan iets anders?

 

Dit raak so maklik

om daardie weg te volg.

Die weg van vervalsing en afwatering.

 

Daarmee behou ek dalk goeie gesindhede,

maar daardie man of vrou

kind of vriend se siel

sal eendag van my afgeëis word.

 

Ja, dit is baie moeiliker wees

om die waarheid aan die lig te bring,

soos dit in ons Skrifgedeelte staan.

Die waarheid aan die lig te bring,

soos die Paulus en sy navolgers moes doen.

 

Dis wat die apostel jare later aan Timoteus opdra:

Lê jou daarop toe

skryf hy in sy tweede brief

om jou as ’n werker beproef voor God te stel

‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie,

’n werker wat die woord van die waarheid reg sny (2Tim 2:15).

 

Maar wees gewaarsku,

medestryder in die geloof,

die toehoorders gaan nie daarvan hou nie.

 

Daar is net een Toehoorder,

wat werklik tevrede gaan wees.

Dis God.

Met elke preek wat die dominee lewer,

met elke stukkie evangelieverkondiging van ons ouderlinge

elke keer wanneer ons die woord deel met ons geliefdes

of wie die Here ook al oor ons pad gebring het,

is daar een Toehoorder,

wat ons nie mag teleurstel nie …

Dis God.

Die Here hoor elke woord wat ons lees,

Hy hoor ek woord,

wat ek preek

elke woord wat u deel

of nie deel nie

of weglaat …

of verdraai …

 

Deur die waarheid aan die lig te bring,

beveel ons ons by elke menslike gewete aan

voor God .

 

‘n Godvresende teoloog het een keer opgemerk.

Indien die woord van God reg gesny word,

kan daar maar net een van twee dinge gebeur:

Die toehoorders gaan of hulleself haat

of hulle gaan die prediker haat.

 

Bring die waarheid aan die lig:

as ons evangelie dan nog bedek is,

is dit bedek in die wat verlore gaan.

Ons kan dit ook soos volg vertaal:

as die waarheid dan nog versluierd is,

dan is dit versluierd in die wat verlore gaan.

 

Daar is niks verkeerd met die waarheid nie.

Sommige mense, baie mense, die meeste mense

is eenvoudig nie ontvanklik daarvoor nie.

Daar hang ‘n sluier oor hulle harte.

Dis nie dat die evangelie bedek is nie,

die hart van die toehoorder is bedek.

 

Soos Paulus self skille op sy oë gehad het,

so strompel die blindes in hulle onkunde voort.

 

Net soos die oë van die blinde

nie die son kan sien nie.

Die blindheid van die ongelowige

doen geensins afbreek

aan die helderheid van die evangelie nie.

Net omdat mense blind is,

beteken dit nog nie

dat die waarheid onduidelik is nie.

 

Sommige mense, baie mense, die meeste mense

is en bly ongelowig.

Die god van hierdie wêreld het hulle sinne verblind,

sodat die verligting van die evangelie

van die heerlikheid van Christus,

nie op hulle sou skyn nie.

 

Die god van hierdie wêreld verblind ons sinne.

Hy verskuif ons aandag weg van die boodskap

weg van die boodskap na die boodskapper.

 

Dan ervaar die boodskapper

dit wat die apostel Paulus

onder die Korintiërs ervaar het:

Dis hier te kort,

daar te lank.

Ds Paulus het nie so oulik

gepreek soos Ds Apollos nie.

Ds Paulus is nie so oortuigend

soos die Griekse redenaars nie.

Ons verlang na die tyd

toe Ds Petrus nog hier was.

 

Wêreldse gedagtes,

Wêreldse oorweginge.

 

Die god van hierdie wêreld verblind ons sinne.

Hy verskuif ons aandag weg van die boodskap,

weg van die boodskap na die boodskapper

en wat ons dan sien,

is ‘n gewone mens …

vol swakhede en tekortkominge.

 

Is dit ook hoekom u soms huiwer

om die waarheid aan die lig te bring,

medestryder?

Wie is ek

om iets te sê?

 

Hierop het die apostel onmiddellik ‘n regstelling:

ons verkondig nie onsself nie,

skryf hy vir die Korintiërs.

Dit gaan nie oor my nie,

maar dit gaan om Christus Jesus …

Christus Jesus as Here.

Dis wat in ons Skrifgedeelte staan.

Dit gaan oor die Gesalfde, die Seun van God.

Dit gaan oor Jesus die Verlosser

wat aarde toe gekom het

om sondaars te red.

Om my te red …

 

Ons verkondig nie onsself nie,

maar Christus Jesus …

Christus Jesus as Here.

 

Hy is die Een met al die heerlikheid.

Dis na Hom waarna my siel smag

soos ‘n hert in dorre streke smag

na die helder waterbeke.

 

Hy is my Here.

Hy is die baas

Hy is die Meester.

Hy is die Beskikker.

Ek behoort aan Hom …

in lewe en in sterwe, behoort ek aan Hom.

Ek behoort aan Hom

voor Wie elke knie eendag gaan buig.

Maak nie saak

hoe stram daardie knie nou mag wees nie.

 

Geagte toehoorder, geagte familielid, vriend, kind

glo jy ook werklik in die Christus Jesus

glo jy werklik die Gesalfde, die Verlosser.

Is hy jou Here?

 

Ons is julle diensknegte,

skryf Paulus aan Korintiërs.

Ons bedien aan julle die evangelie.

Daarom is ons julle bediendes.

ons verkondig onsself as julle diensknegte.

Dis wat ons gelees het.

 

Ons is slawe vir julle,

maar weet een ding, Korintiërs,

ons behoort nie aan julle nie.

Ons behoort aan ons Here, Jesus Christus.

Ons bedien julle,

maar ons doen dit om Jesus ontwil.

 

In hierdie donker wêreld dra ons die lig aan

soos die getroue bediendes in God se huis

dit nog maar altyd gedoen het.

Ek dra dit uit

na die wêreld daarbuite

en laat dit skyn

onder hierdie krom en verdraaide geslag

laat dit skyn onder die

wat in die verdwaasdheid van hulle gemoed

in die donker rondploeter.

 

God is immers die Een

wat gesê het

dat daar uit duisternis lig moet skyn.

 

Sien u broeders en susters,

hoe die apostel ons weer terugvoer na die God van die skepping?

Dis God wat gesê het

dat daar uit duisternis lig moet skyn ….

dit is ook Hy

wat in ons harte geskyn het

om die verligting te bring.

 

Daarom gee ons nie moed op nie.

 

Daarom staan ek vandag weer hier voor u

gereed met God se woord

ongeag wie ‘n oor het om hoor,

ongeag hoe dik die skillekors voor u oë is.

Daarom sal my gebede steeds opwaarts strewe,

elke dag opwaarts strewe

na die bronwel van my lewe.

 

Rondom my is daar ‘n wolk van getuies.

Dis die onsterflike siele van medegelowiges.

Die Verlosser self is met my

tot aan die voleinding van die wêreld.

Dis my Baas se belofte.

Sy Gees immer aktief

in al sy gemeentes,

in almal wat aan Hom behoort.

Amen.

Preek: Die Doop wys ons daarop dat ons toekoms is in die Here se hande, nie ons hande nie (Ps. 105:5-10)

Lees: Psalm 105

Teksverse: “Dink aan sy wonders wat Hy gedoen het, aan sy wondertekens en die oordele van sy mond, o nageslag van Abraham, sy kneg, o kinders van Jakob, sy uitverkorenes! Hy, die Here, is onse God; oor die hele aarde is sy oordele. Hy dink vir ewig aan sy verbond, aan die woord wat Hy ingestel het vir duisend geslagte — die verbond wat Hy met Abraham gesluit het, en sy eed aan Isak; wat Hy ook vir Jakob as insetting bekragtig het, vir Israel as ’n ewige verbond,” (Ps. 105:5–10)

Tema: Hy dink vir ewig aan sy verbond (Preek tydens die doopgeleentheid van Markus Jan Le Cornu).

Preekopname (GK Carletonville, 2019-01-20):

Aflaai:  Psalm 105:5-10 (regs kliek en ‘save [link] as’; of kliek op 3 kolletjies om af te laai)

Geliefde gemeente van die Here Jesus Christus, 

Ons wil dit uitjubel in die erediens,

om die doopfont wil ons bly wees,

oor die God van die genadeverbond,

wat wonders doen,

en aanhou doen deur die geskiedenis.

Die wonder van geboorte, dat Hy lewe skenk en onderhou,

Markus wat die afgelope week gebore is, en mag lewe…

Maar dan ook, die wonder van die wedergeboorte,

dat Hy sy kinders, sy uitverkorenes verlos en red,

nou en tot in ewigheid.

 

In Ps. 104, wat Ps. 105 voorafgaan,

word die wonder van God se skepping spesifiek besing,

in Ps. 105 hoor ons van die God wat die wonder van wedergeboorte,

redding, verlossing bewerk vir sy kinders, sy uitverkorenes deur die eeue,

en dit alles, op grond van Jesus Christus se volkome werk,

deur die krag van die Heilige Gees.

 

Ps. 105:1-3 roep vir Israel, roep gelowiges, roep die kerk deur alle eeue op:

Om die Here te loof, sy Naam aan te roep

Om te psalmsing tot sy eer,

Om ons te beroem op sy heilige Naam.

Hierdie is ’n Psalm van Dawid, toe hul die verbondsark van die Here

na Jerusalem gebring het, het hy die volk opgeroep om die Here te loof en te

prys met die inhoud van hierdie Psalm, sien 1 Kron. 16:8-22.

Maar, belangrik, kyk daar in vers 1, die inhoud van Ps. 105, is nie net bedoel vir Israel nie, maar “maak (sy dade) onder die volke [meervoud] bekend”,

ja dus vandag nog, ook ons hier wat bymekaaris, vir alle volke!

Ons wil vandag daarvan ook leer,

as ons vanoggend die doop aan ’n verbondskind bedien in die gemeente.

Ja, ons mag nie sy wonders en wondertekens, v.5, vergeet nie.

Die nageslag van Abraham, almal wat glo in Christus,

mag nie sy groot dade vergeet nie!

Vers 12 tot 44 is dan ’n uiteensetting van 4 groot tydperke in die

geskiedenis van Israel,

waarin Hy getrou bly aan sy verbondsbeloftes gemaak

aan Abraham, Isak en Jakob:

1 Hy het die aartsvaders gered en bewaar, verse 12-16

2 Hy het Josef gestuur en bewaar om sy volk te red, v. 17-23

3 Hy het sy volk bewaar in Egipte, en hul daaruit verlos met ’n sterke hand,

deur groot wondertekens, die plae in Egipte, verse 24-36

4 Hy het sy volk wat Hy uit Egipte gered het,

bewaar en onderhou in die woestyn, 40 jaar lank,

bewaar teen alle vyande, vir hul gesorg met manna,

vir hul watter uit die rots gegee,

en hul in die land van melk en heuning gebring, sien v.37-44.

En Israel, en ons, moet nie hierdie groot verlossingsdade, sy sorg

en wondertekens ooit vergeet nie,

daarom roep die Psalm ons op, ook vanoggend, vers 5,

DINK aan sy wonders en wondertekens.

Die woord ‘dink’ is nie bloot net ‘weet of neem kennis daarvan nie’,

Jy moet dit waarlik onthou, bepeins dit, laat dit jou hele lewe bepaal.

Onthou dat as die Here sy volk deur die eeue verlos en bewaar,

dan sal Hy dit ook vandag nog en nog in die toekoms doen.

 

Maar nou baie belangrik, veral as ons vanoggend doop,

wat is die fokus van God se wonders en wondertekens in die Skrif.

En dan kan ons al sy tekens insluit ook, veral:

in die OT die besnydenis en die pasga,

in die NT die doop en die nagmaal.

Wys dit sentraal op die volk wat so gehoorsaam, heilig en goed is, al die goeie dinge wat hul gedoen het en kon doen?

Wys dit vanoggend op ons, op Markus, hoe oulik hy lyk,

op ons goeie dade en werke, wat ons kan doen ….?

 

Nee, geliefdes, nogmaals nee!,

want dan het ons en sal nooit enige troos hê nie,

Want in onsself, selfs as kinders, uitverkorenes is ons in hierdie lewe

nog nie volmaak nie, dink ons nie altyd aan Hom nie,

inteendeel, die hele Bybel, kerkgeskiedenis,

getuig van ons onvolkomenheid, selfs – tot ons skaamte – ongehoorsaamheid, baiemaal.

 

Wat is die groot troos van hierdie Psalm?,

vir Israel, vir sy kerk vandag, vir ons by die doopvont vanoggend?

Die groot Troos, lees ons daar spesifiek in verse 8-10, 42.

Kom ons luister weer aandagtig na hierdie verse:

“Hy dink vir ewig aan sy verbond, aan die woord wat Hy ingestel het vir duisend geslagte — die verbond wat Hy met Abraham gesluit het, en sy eed aan Isak; wat Hy ook vir Jakob as insetting bekragtig het, vir Israel as ’n ewige verbond …Want Hy het gedink aan sy heilige woord, aan Abraham, sy kneg.” (Ps 105:8-10; 42)

Ons troos, in lewe en in sterwe, waarvan die doop, klein en groot, getuig,

is in hierdie eenvoudige woorde: HY dink vir ewig aan sy verbond…

Dit is die genadeverbond met Abraham en sy nageslag, Gen. 17

vir Israel as ‘n ewige verbond,

wat heengewys het en vervul is in Jesus Christus,

daarom dat ons lees in bv. Gal. 3, “En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.” (Gal 3:29)

Ons groot troos, die groot troos van die Here se verbondelinge,

sy uitverkorenes daar in die OT,

vir sy uitverkorenes nou orals in die NT onder al die volke,

is nie dat ons aan God dink nie … JA, natuurlik moet ons aan Hom dink, vers 5 !

Maar die troos is juis dat Hy aan ons GEDINK HET, en aanhou dink,

tot in ewigheid, vanuit sy ewige liefde vir ons in Christus (Jer. 31:3; Ef. 1:3ev; 2 Tim. 1:9; Tit. 1:2).

En onthou geliefdes, God se ‘dink aan ons’,

is nie ons sondige gebroke, swakke dink en vergeet al weer nie.

Die Here se dink, sy genadeverbond in Christus vir elkeen van sy kinders,

klein en groot,

is VOLMAAK soos Hy, Sy dink aan ons, beteken Hy sal hulle wat Hy liefhet,

nooit vergeet nie, Hy sal ons red, het ons gered deur die bloed van Christus,

en sal vir ons sorg in hierdie en die ewige lewe.

Ons tye, ons toekoms is genadiglik in Sy hande (Ps. 31:16).

Die Here wat sy volk gered het uit Egipte, deur woestyn gedra het, beloofde

land gegee het … dit was ‘n beeld van God wat elkeen van sy

kinders red van die sonde en dood uit Egipte,

in hierdie woestynlewe sal versorg,

en sal dra tot in die ewige Kanaan, sien die Hebr. boek, veral hfst. 12.

In die NT lees ons ook, wat ons groot troos is, waarvan die doop getuig,

maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.” (Rom. 5:8)

Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.” (1 Jn 4:19)

Dit is nie omdat ons aan God dink in die verbond, dat Hy aan ons dink nie.

Dit is nie omdat ons doop, dat God aan ons dink nie.

Nee!

Dit is omdat God aan ons en ons kinders DINK in Christus, v. 8-10

dat ons deur die Gees wat ons wederbaar, en geloof skenk,

dat ons kan en moet dink aan Hom en sy wonders, sy Woord, sy beloftes,

hoe langer hoe meer in ons lewens, v. 5

 

Beteken dit alles nou, met die doop van al ons kinders,

dat ons daarmee sê hulle is elkeen outomaties gered,

kinders van God, Jesus se bloed het hul almal kop vir kop afgewas,

omdat ons met water doop vanoggend?

Nee, 100 maal nee, geliefdes,

Want, ons lees baie duidelik in hierdie verbondspsalm,

ook van die Here se waarskuwings, sy regverdige oordele,

oor hulle wat Hom verwerp en verag.

Vers 5 en 7 praat van die oordele van sy mond,

ons weet uit die OT geskiedenis van so baie wat wel die tekens

en bediening van die verbond ontvang het,

maar nie die wese en inhoud van die genadeverbond ontvang

nie, nl. Christus, die Heilige Gees, die ewige lewe.

Sien 1 Kor. 10:1-14; Rom. 9:1-23.

Baie het die fisiese land Kanaan bereik, maar nie die ewige Kanaan nie.

In baie het die Here nie ‘n welbehae gehad nie,

en hul ongeloof en ongehoorsaamheid het dit geopenbaar.

Ons sien dit vandag nog,

hoe baie – klein en groot – die doopbediening ontvang,

maar hul wys later met hul leer en lewe,

dat hulle nie die ware bondelinge is en was nie,

soos Paulus dit stel daar in Rom. 9,

eintlik kinders van die vlees, wêreld,

en nie kinders van die belofte, van die genadeverbond,

die ware nageslag van Abraham nie.

Dus nie wesentlik in die genadeverbond in Christus was nie.

Daarom hoor ons ook in hierdie Psalm van die Here,

die duidelik aanduiding,

dat Hy aan sy genadeverbond DINK ter wille van sy ‘uitverkorenes’

Vers 6 beskryf WIE die nageslag van Abraham is,

sy kinders, en dit is die uitverkorenes deur die geslagte.

Ons lees dit ook in v. 23 dat Moses uitverkore was,

vers 43 van sy uitverkorenes, aan wie Hy dink v. 42.

Ja, die hele Israel, was uitverkore in dié sin

dat God hulle en hul nageslag verkies het om sy Woord deur hulle te gee,

aan die res van die wêreld (Rom. 3:1,2)

sy belofte, vir Christus, AAN HUL BEDIEN IS (Rom. 9:1-5),

maar alleen hulle wat in Christus is, Ef. 1:4,

uitverkies is voor die grondlegging van die wêreld,

wat geloof het of tot geloof sal kom soos Hy bepaal het,

is sy kinders wat gered is vir die ewigheid.

 

En daardie uitverkorenes, – en hier verskil ons sterk met ons baptiste broers –

vind ons nie net onder ouer kinders, of net volwassenes nie,

maar ook onder babas, klein kinders, kragtens sy vrye welbehae,

kragtens sy belofte dat Hy ‘n Vader vir ons en ons kinders is,

en dit vandag onder alle volke (sien HK v/a 74; NGB art. 34).

DAAROM die opdrag om hierdie Psalm, en ook die hele Skrif,

aan die hele wêreld te vertel, te verkondig sonder onderskeid,

sodat deur die Evangelie sy kinders van die belofte,

gered mag word!

 

Juis daarom, is daar ook die oproep, eis en plig in die verbondslewe,

hier waar die verbond bedien word aan alle gelowiges en hul kinders.

Elkeen, moet volgens God se beveel, die Woord hoor, die beloftes hoor,

die Evangelie hoor, die doop bediening ontvang,

wat ons oproep om te glo, te bekeer, in gehoorsaamheid te lewe,

ons hele lewe lank.

 

WANT, kyk wat sê die laaste vers,

hoekom moet ons aan God en sy groot dade dink,

hoekom moet ons sy wondertekens onthou en nie vergeet nie

Waartoe red en roep die genadeverbond ons op?

Alles wat voorafgegaan het, verse 1-44, eindig dan:

dat hulle sy insettinge kan onderhou en sy wette bewaar. Halleluja” (Ps 105:45)

Die doel van ons redding, deur God se beloftes in Christus,

is sodat ons herstel kan word om Hom te loof en te prys: Halleluja!

deur die krag van die Heilige Gees,

VOLGENS SY INSETTINGE (AANBIDDING)

VOLGENS SY WETTE, SY WOORD.

Dit is wat Jesus ons ook leer, vandag nog, Ek red julle,

uit genade deur die geloof alleen,

en as julle nou lief is vir my in ons verbondsgemeenskap,

bewaar My gebooie (Joh. 14:15)

As ons netnou na die Doopsformulier gaan luister, dan gaan u dit hoor.

wat Psalm 105 ons hier leer:

  1. Ons is in sonde ontvang en gebore, en het God se redding in Christus nodig,
  2. Christus alleen red ons van ons sonde en ellende,
  3. die verbond bestaan uit twee dele, nl. ons word geroep en verplig in die doop tot ‘n nuwe gehoorsaamheid.

En nou, mag ons vanoggend weer getuies wees, deur die doop,

dat die Here se genaderbond opgerig is met Abraham en sy nageslag,

vervul en bevestig in Christus,

en is dit vir ons wat glo, ook vir ons nageslag,

vers 7: Hy het dit ingestel vir duisende geslagte,

DUS, vir tot die laaste dag, tot die laaste uitverkorene,

GROOT OF KLEIN INGEBRING WORD IN SY KONINKRYK.

Ja, ons mag nie optree en ons lewens laat bepaal deur God se verborge wil nie,

wie Hy spesifiek uitverkies het of nie, dit is sy goeie reg en welbehae.

As ons ons kinders daarom laat doop,

is die pleitgrond die Here self, sy genade, sy liefde, sy belofte.

Ons eis nie van Hom redding van ons en ons kinders,

bloot omdat ons ‘n doophandelinge verrig nie.

Hy kan as Hy wil ons red … daarom geen verbondsoutomatisme nie!

Ons gaan met gebroke harte, leë hande van geloof,

en ons vra, o Here onse Here,

WEES ONS EN ONS KINDERS GENADIG,

DINK nie meer aan ons sondes nie,

DINK nie meer aan Markus se sondes nie,

DINK aan Jesus en sy volmaakte werk,

DINK aan U eer, U belofte aan Abraham.

Here, u wat die wonder van die geboorte deur die skepping bewerk,

skenk ook genadiglik, in Christus, deur die krag van die Gees,

die wonder van die wedergeboorte, aan ons en ons kinders….

sodat ons ons skeppingsdoel kan nakom:

die eer en verheerliking van U grote Naam.

DIT GAAN DAAROM IN DIE WOORD, VERBOND, EVANGELIE, ALLES

Oor Sy Naam, sy eer, sy wil, sy wonder en wondertekens.

En dan bid ons vandag ook, help ons Here, om dankbaar getrou,

vir ons en ons kinders te leer om aan U te dink,

om U met ons hele hart, siel en verstande lief te hê.

Ons naaste lief te hê, volgens u woord te lewe.

 

Mag die Here ons almal help,

die verbondsouers, familie, gemeente,

om mekaar, om Markus te wys en te leer:

Dink aan die Here se wonders en wondertekens,

Hy is jou Skepper wat die wonder van geboorte gegee het.

Hy is jou Verlosser in Christus, ja, vir elkeen wat Hy wederbaar om in Hom te glo, sodat ons ‘n dankbare lewe kan lewe,

van nou af tot in ewigheid: Halleluja!

Amen.

« Newer Posts - Older Posts »

Categories