TSV Gereformeerde Denkers Konferensie: Die TOTIUS lesing

GTV KONFERENSIE 2022

TOTIUS LESING

“Daarom hou ons vas aan die beginsel wat in die bloeitydperk van die Gereformeerde kerke neergelê is: in die huis van God die Woord van God. Die gemeente van God moet met niks anders as met die kennis van die wil van God gevoed word nie, en hierdie beginsel kom eers tot sy reg as alle eiewillige godsdiens uitgeban en die Skrif self weer die inhoud van alle prediking is.” – Totius

Ek het ‘n lesing oor Totius se lewe en betekenis aangebied by die Gereformeerde Denkers deur die eeue Konferensie, op Saterdag 27 Augustus 2022, by die GK Potchefstroom-Suid, aangebied deur die Teologiese Studentevereniging.

Hier is die video lesing aanlyn beskikbaar:

Dit is ook hier beskikbaar: Pro Regno You Tube

Die lesing is verwerk uit hierdie boekie wat ek opgestel het:

Genade, alles genade: die lewe, werke en betekenis van Totius, deur S. Le Cornu

Die ringbind A5 gedrukte boekie (84 bl.) is by Pro Regno Boeke beskikbaar, teen R50-00 per boekie [posgeld uitgesluit], kontak my gerus by proregno@gmail.com of 082 770 2669.

Die boekie bevat heelwat meer inligting as die oorsigtelike lesing wat ek aangebied het.  Hier is aan wie ek die boekie opgedra het en die inhoudsopgawe:


Hierdie klein bydrae om Totius te herontdek vir ons tye, dra ek op aan:

1) my geliefde kosbare vrou, Dorothea,
en al my kinders, aangetroude kinders, kleinkinders, en – as dit die Here behaag – die geslagte na ons, met een doel voor oë: dat ons HERE se Naam verheerlik sal word, ook in ons eie Afrikaanse gereformeerde kerke, taal en kultuur.

2) My kosbare gemeente, Gereformeerde Kerk Carletonville, wat ons deur al die jare liefdevol versorg en bystaan, deur ‘vrugbare en onvrugbare jare’ in diens van ons liefdevolle Here en Saligmaker, Jesus Christus.

3) “Om ’n prediker van die Evangelie te kon wees – dit was Totius se lewe.” – Prof. VE d’Assonville, snr. (1927-2022), wat deur sy geskrifte my weer geleer het om Totius en sy nalatenskap lief te kry en te waardeer, Gereformeerd en Afrikaans vir vandag en môre.

4) Die Teologiese Studentevereniging van 2022 van die TSP, wat die ‘Gereformeerde Denkers’ konferensie gereël en aangebied het, mag dit ons en ons nageslag opnuut leer om Hebr. 13:7,8 na te volg, ook vir ons tye.

5) Willem Swanepoel, vir baie jare se dienswerk om die die ‘ou kosbare goud’ van ons ‘voorgangers’ vir die komende geslagte digitaal beskikbaar te stel.

INHOUDSOPGAWE

1. Inleiding en oorsig … 7

2. Die lewe en betekenis van Totius … 11
2.1 Agtergrond, grootword en skooljare (1877-1896) … 11
(sy vader en moeder, sy taal, na Pretoria, SJ Du Toit en Paul Kruger, sy godsvresende ouma, Hugenote Gedenkskool, roeping!)

2.2 Student- en oorlogsjare (1896-1903) … 23
(teologiese student en digter, skrywer, prediker, sy verloofde, oorlogsbeproewinge, doktorsgraad in Nederland)

2.3 Bedieningsjare in en vanuit Potchefstroom, die laaste jare (1911-1953) … 33 (huwelik en gemeente, preek! preek! preek!, gereformeerde onderwys, TSP & PU vir CHO, politiek, professor in teologie, die Woord vir die hele lewe, unie en rebellie, o, die pyngedagte – my kind is dood!, Afrikaanse Bybelvertaling, Afrikaanse Psalmberyming, Psalms alleen?, digter van die ou paaie, buitelandse reis en erkennings, bloedspoor van die Afrikaner, skemering en einde)

3. Die ‘Versamelde Werke’ van Totius … p. 75
(twee uitgawes, hoe lees mens die Versamelde Werke?, aanbevelings, 2 voorstelle: jaarlikse Totius gedenklesings & Totius Publikasies, inhoud oorsig)

4. Waardering en slotwoorde … 81

5. Belangrike datums van Totius se lewe … 83

Bronnelys … 84
_______________________________

Sien hier meer artikels van en oor Totius: Totius artikels

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑