LESINGS BESKIKBAAR: ‘In U Lig’ Skrifbeskouing Konferensie, 3 Febr. 2024

LESINGS BESKIKBAAR

DIE GEREFORMEERDE KERK CARLETONVILLE BIED AAN

“IN U LIG” 2024 Konferensie

TEMA: SKRIFBESKOUING IN DIE GEREFORMEERDE KERKE

Datum: 3 Februarie DV 2024

Plek: h/v Topaz- en Pewter plek, Carletonville (Kaolinstraat 157)

Spreker: dr. Christiaan Jooste* (GK Waterberg)

Opening: Lukas 6:45-49, ds. Slabbert Le Cornu (GK Carletonville)

Lesing 1: Gereformeerde Skrifbeskouing – Beginselstelling & Bespreking

Lesing 2: Skrifbeskouing in die Gereformeerde Kerke – Historiese perspektief & Bespreking

Lesing 3: Een op grond van die Skrif – Die pad vorentoe & Bespreking

Want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig.” (Ps. 36:10)

*Dr Christiaan Jooste is ‘n boorling van die Wesrand en het in Krugersdorp groot geword. Na ‘n tydjie in die boerderybedryf het hy die roeping gevolg om predikant te word en bedien drie gemeentes in Pretoria (Innesdal/Eloffsdal en Wonderboompoort). Hy is tans predikant van GK Waterberg in Nylstroom. Hy is getroud met Irma en het vyf kinders (vier dogters en ‘n seun). Hy behaal sy Doktorsgraad in Ou Testament met spesifieke fokus op Deuteronomium se opdrag om die kinders te onderrig.

___________________________

Verdere artikels oor Skrifbeskouing, Skrifgesag en Skrifverklaring:

Dr. Christian Jooste se skripsie waarop bogenoemde lesings gebaseer is:

Sola Scriptura – Die Skrifbeskouing in die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika sedert 1959: ʼn Dogmaties-historiese ondersoek

Bybels-gereformeerde beginsels en metodes van Skrifverklaring én toepassing

https://proregno.com/category/skrifbeskouing/

https://proregno.com/category/skrifgesag/

3 thoughts on “LESINGS BESKIKBAAR: ‘In U Lig’ Skrifbeskouing Konferensie, 3 Febr. 2024

Add yours

  1. FW BUYTENDACH OOR KUITERT (BULTMANN, BARTH, ENS.) SE AFVALLIGE SKRIFBESKOUINGS

    In aansluiting by ons Skrifgesag en Skrifbeskouing konferensie, wil ek sterk aanbeveel dat enige artikels en werke van dr. Buytendach bestudeer word, om te sien hoe die dwalinge van ons tyd niks nuuts is nie. Hy wys in sy doktorsgraad hoe Kuitert Bultmann en Barth nagevolg het, en geen eksegese kon bied vir sy ‘tydsgees’ standpunte nie, wat natuurlik vandag nog lewendig is.

    Dr. Buytendach skryf o.a.:

    “H. Ridderbos het al verskeie kere tereg beklemtoon dat ten einde Skriftuurlik en daarom Gereformeerd te wees in die Skrifomgang, moet konsekwent vasgehou word aan die gesag van die Skrif as Skrif ( = formele Skrifgesag) én die gesag van die Skrifinhoud (= materiële Skrifgesag) as éénheid.

    Omdat Kuitert in werklikheid — in sy horisontale ontstaanskyk daarop — van die Skrif as Theópneuste Graphê afskeid geneem het, is dit vir hom — as empiriese gegewenheid — ’n menslike produk. Maar omdat dié menslike produk die harde kern van God se „Zelfopenbaring” as inhoud sou behels (sic!), het hy so ’n angskompleks teen die formele Skrifgesag ontwikkel dat hy dit summier verwerp. En hierdie harde kerninhoud moet by wyse van „actuele herinterpretatie” daarvan in die prediking „verder vertellen” word — en wel op so ’n wyse „dat de hoorder de woorden als relevant ervaart” „voor zijn concrete bestaan”, anders het dit misluk.

    M.a.w. hy huldig ’n soort moontlik-geskiedende gesagsopvatting m.b.t. die harde kerninhoud van die Skrif — in dié sin dat dit Gods gesagvolle Woord kan word mits die verkondiging daarvan die aanhoorder daarvan op relevante wyse in sy konkrete bestaan aanspreek. Geskied dit nie, dan behou dié inhoud sy bloot menslike karakter.

    Kuitert huldig dieselfde soort on-Skriftuurlike Skrifbeskouing as Barth en Bultmann — daarom moet dit as on-Gereformeerd verwerp word.

    Sy beskouing oor Adam, sondeval en dood: Kuitert is van oordeel dat Adam nie ’n historiese persoon sou wees nie, maar ’n blote leer- of onderwysmodel. Teenswoordig is trouens die geheel van Gen. 1— 3 vir hom ’n „leermodel” of „interpretatie-model” — wat vroeër, meen hy, vir werklikheid aangesien is.” Die sondeval sou nie fakties plaasgevind het nie en die menslike dood sou nie die gevolg dáárvan wees nie, maar sonde én dood sou skeppingsgegewenhede wees.

    Daarom moet die Gereformeerde opvatting insake die heilshistoriese orde: skepping-sondeval-verlossing — losgelaat word.

    Dit is in flagrante stryd m et Artt. XIV, XV, XVII—XXIII N.G.B., Sondae III—VII H. Kategismus én die Dordtse Leerreëls.

    Volgens eksegete van ontwyfelbare vakmanskap — soos G. Ch. Aalders, S. Greijdanus, W. H. Gispen en H. Ridderbos — was Adam wél as historiese persoon die eerste menslike aanvangsfiguur; is die sondeval ’n historiese gebeurtenis; is die dood van die mens die gevolg van die sondeval en moet ons bly vashou aan die heilshistoriese orde: skepping-sondeval-verlossing.

    J. Kamphuis het Kuitert se boek oor die uitleg van die Skrif ( = Verstaat gij wat gij leest?) aan skerp en regmatige kritiek onderwerp — m.n. ook dit wat hy oor Adam daarin spekuleer. Sy Adam-teorie het J. P. Versteeg grondig bestry en aangetoon dat hy nie verstaan het wat hy gelees het toe hy die Skrif daaroor geraadpleeg het nie.

    Kuitert se Adamkonsepsie is die konsekwensie van Lever se „mogelijkheid”-spekulasies oor die ontstaan van die mens. Sy sonde- en doodkonsepsie kry hy by Barth en Bultmann.

    Kuitert se bestryding van die bestaan van Adam as reële persoon en van die aktisiteit van die sondeval en die menslike dood wat dáárop gevolg het, beteken tegelykertyd ’n aanslag op die faktisiteit van Christus en Sy verlossingswerk, want dit staan — Skriftuurlik gesien — in onverbreekbare eenheidsverband met mekaar.

    Die konsekwensie van Kuitert se hierbo gereleveerde opvattings is onlangs deur H. Wiersinga in sy dissertasie voltrek, deurdat hy daarin versoening deur voldoening bestry. M.a.w. hy likwideer Art. XXI N.G.B. en Sondae IV—VI H. Kategismus as belydenistema. Geen wonder dat reeds H. R idderbos — maar veral A.D.R. Polman en J. Douma — op skerpe en gegronde wyse daarop gereageer het nie. Kuitert en die ondertekeningsformuliere …”

    Sien sy volledige artikel hier:

    https://indieskriflig.org.za/index.php/skriflig/article/view/944

  2. As mens nie dr. Buytendach* se deeglike maar lywige boek in die hande kan kry nie, sien wel die volgende artikels wat hyself of ander oor sy werk geskryf het:

    1 Buytendach, dr. F. W.: Aspekte van die vorm-inhoud proble¬matiek m.b.t. die organiese Skrifinspirasie in die Nuwere gereformeerde teologie in Nederland. 1972. T. Bolland, Nederland. (Boekbespreking deur prof. SJ van der Walt (Pretoria) – (In die Skriflig Jg.7 nr.27 September 1973: 56-62)

    “In hierdie proefskrif kry ons te doen met die sentrale en fundamentele begronding van alle teologiese arbeid, nl. die Skrif as die onfeilbare Woord van God, waarop ons Gereformeerde Belydenis rus. Dit is van heel besondere belang in hierdie tyd, waarin die belydenis van die kerk ondermyn word deur aanslae wat teen die Skrif gemaak word. Dit is asof die Here dit so beskik het dat die werk en die stryd van ons vaders in hierdie boek bekroon is met ‘n klinkende getuienis wat sekerlik sy weerklank oor die wêreld sal vind. As daar vandag ‘n saak is wat die Gereformeerde Kerke oor die aarde in beroering gebring het, dan is dit die Skrifkwessie.”

    Sien hier: https://proregno.com/2008/02/21/verandering-van-skrifbeskouing-n-boekbespreking/

    2 Die Skeppingsleer gehandhaaf teen die wetenskaplike fundamentalisme van J. Lever, deur dr. F.W. Buytendach

    “Dr. Buytendach se boek wys dat die hervertolking van Genesis in die “skepping vs evolusie” kwessie in Nederland, juis een van die doodsteke was waardeur die ‘nuwere teologie’ in Nederland houvas gekry het, en wat later deur totaal liberale ongelowige teoloë soos Kuitert oorstroom is. Psalm.11:3 geld ook vir Skrifbeskouing, Skrifverklaring, Skrifgeloof en christelike wetenskap, “As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen?”

    Die Skeppingsleer gehandhaaf teen die wetenskaplike fundamentalisme van J. Lever, deur dr. F.W. Buytendach

    3 Dr. Buytendach oor Inspirasie van die hele Skrif

    “Alhoewel Hy sy organe (nie megane nie) hierin die nodige speelruimte gelaat het ter beoefening van hul onderskeie Godgegewe gawes, het Hy hulle daarin foutloos beheers – want: ‘deur die Heilige Gees gedrewe’ (hupò Pneumatos Hagiou pherómenoi) ‘het die heilige mense van God gespreek’ (2 Petr.1:21). In die Skrif as Verbum Dei klink die vox Dei dus suiwer – in en deur die vox humana – tot ons deur. Daarom is die Skrif die eksklusief-outentieke gefikseerde Godsopenbaring; is dit as geheel en tot in alle onderdele daarvan toe – in organies-verbale Getheópneusteerde sin – die absoluut-outoritatiewe, betroubare, onfeilbare en foutlose Verbum Dei – dit wil sê na vorm én inhoud; formeel én materieel; histories én/óf normatief.”

    Kerskaartjie teologie teenoor die bybelse (gereformeerde) geloof

    *Dr. FW Buytendach (oorlede in 2001) het sy doktorale dissertasie, wat gepubliseer is onder die titel: Aspekte van die Vorm/Inhoud-problematiek met betrekking tot die organiese Skrifinspirasie in die Nuwere Gereformeerde Teologie in Nederland (Amsterdam: Ton Bolland, 1972), pp.95-105. Dr. FW Buytendach was in lewe predikant van die Gereformeerde Kerke Reddersburg (1949-1955) en Lichtenburg (1955-1989).

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑