Die Gesagskrisis, prof. L. Floor

DIE GESAGSKRISIS

deur prof. L. Floor*

Die gesagskrisis is met ons, reeds vanaf die sondeval, toe die Satan gevra het, en die mens tragies hartseer gevolg het… het God werklik gesê (Gen. 3:1-5), en sal daar wees tot die laaste dag (2 Tim. 3). Christus het egter gekom om alle gesag te herstel en terug te roep na sy Vader, in die krag van die Gees, en dit is wat ons moet verkondig ongeag of almal daarna gaan luister nie, of almal hul gaan onderwerp daaraan, of nie (Deut. 29:29; 2 Tim. 4:1-5): aan Christus behoort alle gesag in hemel … en …. op aarde, alle gesag en mag van die mens is beperk en verbind aan Christus, die Verlosserkoning: persoonlik, gesin, gemeente en ook gemeenskap, ook die burgerlike owerhede. Alle mense, alle volke moet Hom loof en prys, alle mense en volke word opgeroep deur Gees en Woord om te bekeer en Christus bely as hul Saligmaker en Koning (Ps. 2; 110; Filp. 2:9-11; 1 Tim. 6:15, ens.)

Ek plaas hier ‘n verwysing na prof. L. Floor se artikel oor die onderwerp, ‘Die gesagskrisis‘, gaan lees gerus die volledige teks. Hy verduidelik die onderskeid tussen ‘mag en gesag’, asook tussen ‘juridiese en etiese gesag’ (met verwysing na Bavinck) in die lig van die Skrif, wat baie belangrik is om reg te verstaan, ook vir ons gesagskrisis-tye. Hier is die verskillende onderwerpe wat hy aanraak in sy lesing:

Aardstorting

Wat is gesag (en mag)?

Gesag in die kerk

Gesag in die wêreld

Die bron van alle gesagkrisis

Gevolge van die gesagskrisis in die kerk

Gevolge van die gesagskrisis in die samelewing

Die taak van die Christen ten opsigte van gesag (wat ook regmatige verset insluit)

‘n Paar aanhalings (beklemtonings bygevoeg):

“Wat is die bedoeling van God met die verskillende gesagsstrukture in die wêreld? God wat die Skepper is, is ook die Verlosser. In verband met sy verlossingswerk wil God die orde in die wêreld handhaaf.” In 1 Tim. 2:1,2 wys Paulus op die voorbede vir konings en almal wat hooggeplaas is in verband met die verlossingsplan van God. Ek dink hier aan die beroemde uitdrukking van B. Holwerda:

“God is Zaligmaker; daarom wil Hij het overheidszwaard gehanteerd zien ter beveiliging der orde; daarom wil Hy dat de overheid met het zwaard de preekstoel veilig stelt”.

Almal wat geroep is om gesag te oefen, wat dus eksousia (gesag) ontvang het, mag ook reken op en ook staat maak op die dunamis (krag). God gee die gawe van wysheid, insig, bestuursbekwaamheid; Hy verleen ook magsmiddele om die gesag te kan uitoefen.

Gesagskrisis sowel in Kerk as maatskappy ontstaan daar waar nie meer erken word dat alle gesag deur God ingestel is nie. Waar die band tussen God of Christus en die gesag deurgesny word, kom onherroepelik ’n gesagskrisis.

J. J. Rousseau, die vader van die Franse Rewolusie, het in sy bekende werk Contrat Social geskryf dat gesag nie vertikaal gestruktureer is nie. Daar bestaan nie so lets as gesag bo die mens nie. Tog het selfs Rousseau behoefte gehad om die gesag wat nodig is om die samelewing in stand te hou êrens te fundeer.

Rousseau bou daarom die gesag op ’n verdrag van individue. Volgens Groen van Prinsterer is dit egter die begin van die rewolusie. Hierdie beskouing moet volgens Groen van Prinsterer ’n staats-vernietigende uitwerking hê. Die skrikbewind in die Franse Rewolusie was dan ook nie ’n uitwas van Rousseau se beskouinge nie,
maar ’n eerste konsekwensie van Rousseau se staatsleer.

Selfs die mens wat hom van God losgemaak het, besef dat daar op die een of ander manier gesag nodig is. Anders verval die wêreld in chaos en anargie. Daarom sê die leier van die Chinese Kommunistiese Party, Mao Tse-toeng: „Mag kom uit die loop van ’n geweer”. Hy wat die dunamis kan verower, het ook die eksousia.

Alle gesagskrisisse word veroorsaak wanneer die oorsprong van gesag verskuif word van God na die mens. Daar word nog wel erken dat gesag iets is wat gegee moet word, maar dit is nie God wat gesag gee nie. Dit kom uit die hand van mense. ….

Volgens die Skrif is gesag wat die kerk betref ministriële mag’ en wat die
owerheid betref gedelegeerde mag. … Wanneer God as die enigste bron van alle gesag ontken word dan ontstaan daar die behoefte om die gesag aan iets anders vas te maak, want anders verval die samelewing in anargie. Bron van gesag word dan die maatskappy, die voortreflike leier, die souwereine vors of die loop van ’n geweer. Groen van Prinsterer het egter tereg daarop gewys dat ontkenning van God as bron van gesag moet lei of tot rewolusie of tot diktatuur.

Ons sien sowel in die kerk as in die samelewing die katastrofale gevolge van hierdie gesagskrisis.

In die kerk trek die gesagskrisis  saam in ’n krisis rondom die gesag van die Bybel.
Met betrekking tot die gesag van die Heilige Skrif verkeer ons vandag in ’n tweevoudige krisis. Die eerste raak die aard van die Skrifgesag en die tweede die omvang van die gesag van die Bybel. …

Die vraag wat ons egter ten slotte nog wil bespreek, is of daar ook ’n grens is aan die gehoorsaamheid teenoor gesag? Daar staan tog in die Bybel: “Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense” (Hand. 5 : 29)? Verset is  gelegitimeer wanneer gehoorsaamheid aan aardse gesag ons in konflik bring met Gods gesag. Hierdie verset kan ons dan ook nie rewolusie noem nie. …In hierdie tyd van rewolusie en opstand en verset teen allerlei vorme van wettig gesag is dit dan ook goed om te luister na art. 36 van die Nederlandse Geloofsbelydenis:

“…Verder is elkeen van watter hoedanigheid, toestand of staat hy ook al mag wees, verplig om hom aan die owerhede te onderwerp, belasting te betaal, aan hulle eer en eerbied te betoon en hulle gehoorsaam te wees in alles wat nie stryd met die Woord van God nie”.”  

Lees die volledige artikel hier: Die gesagskrisis

_________________________

* Prof. Floor was professor in NT aan die Teologiese Skool Potchefstroom (1978-1988).  Meer van prof. Floor se boeke is hier beskikbaar (sien publikasie afdeling), en aanlyn hier: Enigste Troos.

Ander artikels van prof. Floor oor die onderwerp:

Die Koninkryk van God en die aardse ryke, prof. L. Floor

DIE KONINKRYK VAN GOD EN DIE VERNUWING VAN DIE SAMELEWING VOLGENS DIE HEBREËRBRIEF

“Saamvattend kan ten slotte vasgestel word dat die brief aan die Hebreërs in die beklemtoning van die algemene priesterskap van die gelowiges, baie sterk die nadruk lê op die totaliteit van  die Christelike godsdiens. Die priesterdiens waartoe elke gelowige geroep is, is nie alleen iets wat net die persoonlike verhouding tot God of die gemeenskaplike erediens raak nie. Vanuit die gemeenskap met God in Christus Jesus in die binneste heiligdom bestryk die priesterskap van die gelowige die hele lewe tot in sy verste uithoeke.
’n Christelike kerk of ’n gelowige wat nog nie op hierdie wyse die samelewing kon deurdring of sy naaste kon bereik nie, het nog nie die hoogte van priesterdiens bereik waartoe die brief aan die Hebreërs kerk en Christen oproep nie. Tot bemoediging van almal kan egter uit die brief aan die Hebreërs afgelei word: hoe dieper ons ingaan in die binneste heilig­ dom, hoe verder ons ook sal deurdring in die wêreld.”
Dit verdien aanbeveling om in plaas van kerstening van strukture te spreek van vernuwing van strukture. Daarby meet egter altyd onthou word dat elke vernuwing nie noodwendig ’n verbetering laat staan en ’n kerstening of ’n bekering is nie. Dit bly altyd die mens wat vir die funksionering van die struk­ture verantwoordelik bly. God het aan die mens heerskappy oor die skepping gegee. Hierdie heerskappy raak ook die strukture van die samelewing. Die mens kan dit gelowig gebruik of ongelowig mis- bruik. Strukturele verbetering sonder bekering van die mens wat in die strukture werksaam is kan nog rampsalig wees.
Die gevaar bestaan dat strukture so geobjektiveer word dat die verhouding van die mens ten opsigte van die strukture nie meer raak gesien word nie. Aan die ander kant is daar ook die gevaar van piëtisme en privatisme. Die kerk het die roeping om deur middel van sy lidmate vemuwend in die wêreld te werk. Die kerk is mos die goddelike struktuur wat vernuwend uitkring oor die wêreld.
Dit is nie die taak van die kerk om self as vernuwer op te tree nie. Wei het die kerk die roeping om in sy prediking die lig van die Woord van God te laat skyn oor die samelewing. Wanneer gevra word watter strukture verander moet word, dan moet die antwoord wees: alle strukture waarin die mens as die beeld van God nie tot voile ontplooiing van sy menswees kan kom nie.

Dit is dan ook noodsaaklik dat die verskillende strukture getoets en geweeg word en waar blyk dat hulle mensonwaardig is, daar het die gelowige die plig om by te dra tot herstrukturering. Dit geld sowel vir die terrein van die politiek as vir die van die ekonomie.

Liefde en geregtigheid moet die twee groot motiewe wees wat die onderlinge verhoudinge in die samelewing moet beheers. „Het beoefenen van gerechtigheid en liefde, en de erkenning van het feit dat God in de samenleving verbanden met hun eigen structuur veordend heeft, werkt bevrijdend. Daarin openbaart zich de verlossende heerschappij van Jezus Christus”.’
Selfs teenoor sondige strukture soos die slawerny wat tog ’n ernstige sosiale euwel was in Paulus se dae, verkondig die apostel nie die rewolusie nie. Paulus besef dat hervorming van bestaande verhouding nie van buite na binne nie, maar van binne na buite bewerk moet word. Die verkondiging van die koningskap van Christus het maatskappy vernuwende krag. Bestaande strukture sal geheilig word en sondige strukture sal van binne uit vernietig word.”
“Samevattend kan alles kortliks so gefonnuleer word: ons profetiese roeping as Gereformeerdes om die invloed van die sekularisisme in die kerk en buitekant die
kerk hok te slaan, is eenvoudig die ware belewing van wat in die Ou Testament genoem word die vrees van die Here, die Jerath Jahwe. God vra van ons in ’n tyd soos hierdie om in diep afhanklikheid van Christus en opregte aanhanklikheid aan Horn te leef in die besef van sy heiligheid en majesteit. Herman Bavinck het kort voor sy dood, toe daar in die Gereformeerde Kerken in Nederland spannng ontstaan het tussen konserwatiewes en verligtes en die vraag na die roeping van die kerk in die wêreld aktueel geword het, gewys op wat hy in die kerk met betrekking tot haar roeping in die wêreld die hoofsaak noem: “De persoonlijke band des geloofs aan de levende Christus” (Graafland, 1995:63).”
Sien ook prof Willie J. Snyman se artikels oor die Koninkryk van God hier:
Sien ook hierdie artikels oor sekere teokraties – teonomiese aspekte, denke en wortels van die 16de eeuse Reformasie in die gereformeerde belydenisskrifte, asook in die ZAR, by Dirk Postma en Totius.
Hier is my eie skrywe oor waarom ‘n Christelike party vandag nie sal ‘werk’ nie:
Die taak van die Kerk in die Koninkryk:
Sien ook die belangrike bydraes van die volgende teoloë oor die verhouding Christus en Kultuur: Totius, Schilder en RJ Rushdoony.

“Scripture is the Book of the Kingdom of God, not a book for this or that people, for the individual only, but for all nations, for all of humanity. It is not a book for one age, but for all times. It is a Kingdom book. Just as the Kingdom of God develops not alongside and above history, but in and through world history, so too Scripture must not be abstracted, nor viewed by itself, nor isolated from everything. Rather, Scripture must be brought into relationship with all our living and with the living of the entire human race. And Scripture must be employed to explain all of human living.” – H. Bavinck

“As Calviniste het julle ‘n roeping. … ‘n Adjudant wat deur sy generaal geroep word en van hom ‘n opdrag ontvang, is nie meer ‘n vryman nie. Hy moet gaan, al is dit dwarsdeur die koeëls heen….. Die woord roeping het dus ‘n skerp klank Maar ons vrees nie daarvoor nie. Inteendeel, dit is vir ons die skerp klank van krygsmusiek. Net soos krygsmusiek dien om die stryder in strydlustige stemming te bring of om hom, vermoeid en moedeloos, tot vernieude aanval aan te wakker, so dien die krygsmusiek van die roeping van God om ons uit ywerloosheid op te skrik en ons te besiel met ‘n blye gees, sodat ons met vrolike moed verder kan gaan.” – Totius

“Het in systeem gebracht streven naar het procesmatig te winnen arbeidstotaal van het God toebehorende, zich met en voor de kosmos tot God in die historie evoluerende, in elke historisch moment aanwezige mensheidstotaal, dat zich tot taak stelt, alle in de schepping aanwezige krachten, al naar gelang zij in het kader van het historische verloop van de wêreld successievelijk in zijn bereik zullen mogen te komen te liggen, te ontdekken, ze te ontplooien naar eigen aard, ze dienstbaar te stellen aan de naaste en verste omgeving, overeenkomstig de kosmische verbanden, en onder zelfbinding aan de normen van Gods geopenhaarde waarheid; dit alles teneinde de zo gewonnen effecten hanteerbaar te maken voor de mens als liturgisch kreatuur en daarna, met die zo al meer bewerktuigde mens zelf, ze te brengen voor God en voor zijn voeten neer te leggen, opdat God in allen alles zij, en alle werk zijn Meester love.” – K. Schilder

“Die sleutel tot die remediëring van die moderne situasie is nie revolusie of enige soort van verset wat lei tot die ondergang van wet en orde nie. Die NT is vol waarskuwings teen ongehoorsaamheid en roep ons op tot vrede. Die sleutel is wedergeboorte, verkondiging van die Evangelie en die bekering van mense en volke na God se wet-woord…. Duidelik is daar geen hoop vir die mens, behalwe alleen in wedergeboorte.” – RJ Rushdoony

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑