Ek plaas graag hier onder 'n baie relevante artikel van Christian Action, met erkenning aan die bron. Sien ook, a. die volgende onderhoud wat gevoer is oor p*rnografie, om te sien hoe ver ons samelewing geval het om immoraliteit te probeer 'normaliseer' (ons is dankbaar vir ds. Hannes Noeth se getuienis midde die moeilike situasie),... Continue Reading →
Boekresensie: Geloof sonder sekerhede
"Geloof sonder sekerhede" deur Anton van Niekerk (Resent: Bouwe van der Eems) Pro Regno versprei dikwels resensies van "goeie" boeke. Dit is boeke wat die ware Christelike leer oor 'n sekere onderwerp duidelik uiteensit. Dit is nuttig om sulke boeke te lees, aangesien dit Christene help om beter te verstaan hoe om te dink oor... Continue Reading →
VIDA in kerk en wêreld
Uit die wêreld Oor die wêreld kan ons kort wees, hier is hul mening by monde van Christina Landman, Die 2 wêrelde van godsdiens Haar argument is eenvoudig - die sentrale teksgedeeltes wat oor VIDA handel is nie deel van haar Bybel nie, want 'ons weet mos' dat "die omies hulle blind (staar) teen", "1... Continue Reading →
Pro Regno is 5 jaar oud ! – Januarie 2015
Geagte Pro Regno lesers, Die Pro Regno blog is hierdie maand 5 jaar oud (ons het begin in Januarie 2010), waarvoor ons baie dankbaar is vir die Here se seëning in hierdie tyd: - 93 artikels/inskrywings is gepubliseer van verskillende skrywers en onderwerpe in 2014 (504 in totaal vanaf 2010). - daar was van Januarie 2014 tot... Continue Reading →
GKSA algemene sinode 2015 – my indrukke
Inhoudsopgawe 1. Inleidend 2. Belangrikste besluite 3. My indrukke 4. Slotwoorde 1. Inleidend Die algemene sinode van die GKSA in 2015 het plaasgevind in Potchefstroom, vanaf 6 tot 14 Januarie 2015. Die Agenda wat behandel is, is hier beskikbaar: Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika - Sinode 2015 Die amptelike Handelinge van Sinode 2015 sal in... Continue Reading →
Boekbespreking: “Logic : A God-Centered Approach to the Foundation of Western Thought”
CHRISTENE EN LOGIKA deur Bouwe van der Eems Onder Christene is daar ‘n toenemende ongemak oor argumentasie, en in besonder logiese argumentasie. Daar word gevoel dat die kerk ‘n plek van vrede behoort te wees, en omdat argumentasie kan lei tot onvrede, behoort argumentasie vermy te word. As daar verskillende opinies is oor ‘n saak... Continue Reading →
GKSA sinode 2015: 14 Januarie 2015 (dag 8)
Prof. Jorrie Jordaan (TSP) se eksegese van Johannes 1:9-13, soos deur ds. Peet Coetzee (GK Potchefstroom) belig tydens bespreking van hul beswaarskrif teen Lied 353, wat ook gehelp het dat hierdie lied nie meer deel is van die GKSA se liedere nie (sien 13h30 hier onder): "Johannes 1:9-13 Veral verse 12-13 is hier ter sake.... Continue Reading →
GKSA sinode 2015: 13 Januarie 2015 (dag 7)
21h10: die sinode verdaag tot môre-oggend 08h00, DV. Na aanleiding van die saak wat tans op die tafel is, of Lied 353 ernstige dwalinge bevat, sien die verhouding tussen Gesange en dwaling vanuit ons kerkgeskiedenis, BYLAAG 1: Die Gesange as draer van die valse leer tydens die kerkstryd in die 19de eeu[1] - prof. GCP van... Continue Reading →
GKSA sinode 2015: 12 Januarie (dag 6)
19h00: Kommissie word aangewys, met al die kerkregtelikes, om te adviseer oor hantering/prosedure van die rapporte van die appéldeputate (daar is 3 appélle wat hanteer moet word). Die saak sal dus môre voortgaan. Almal verdaag vir ete, klaar vir die dag. Ek groet tot môre, DV. 18h45: Hennie Momberg se appél saak is op tafel.... Continue Reading →
GKSA sinode 2015: 9 Januarie (dag 4)
Ds. Hennie van Wyk het die volgende opsomming van die dag se gebeure op die gerefkerke poslys geplaas: Ons het vandag 'n baie lang debat gevoer oor die Wesenlike sake. Uiteindelik is met groot meerderheid besluit dat die saak oor die vrou in die besondere dienste wel 'n wesenlike saak is. Daarna is ook besluit dat... Continue Reading →