Ds. Hennie van Wyk het die volgende opsomming van die dag se gebeure op die gerefkerke poslys geplaas:
17h30: ek teken ook vir eers af, sal laat weet of ek volgende week sinode gaan bywoon.
Moet nouself probeer om al hierdie inligting te verwerk en iets daaroor probeer sê. Daar is heelwat vrae.
17h10: met oorweldigende meerderheid word daar gestem dat ‘n spesiale sinode gehou gaan word om al die VIDA beswaarskrifte te hanteer. ‘n Kommissie gaan aangewys word om die sinode oor die hoe en wanneer van die SS te adviseer.
(slc: dit het ek verwag die besluit gaan wees die oomblik toe ek die Agenda gelees en gehoor het van die idee van ‘n spesiale sinode)
17h05: met oorweldigende meerderheid word besluit VIDA is ‘n wesentlike saak wat verdere aandag nodig het.
17h00: nou is daar verwarring oor as daar oor 7.3.2 gestem word, wat die implikasies is ……
16h45: Prof. Jorrie Jordaan (laaste spreker) – daar is geen nuwe argumente nie, die 1988 Rapport het reeds die Skrifgronde hanteer teen VIDA. In laasgenoemde is daar meer as genoeg Skrifbewyse om te sê ‘geen VIDA nie’. Soos met doop, nie direk nie, maar wel duidelik en genoeg en daarom het die kerke deur die eeue nog nooit VIDA aanvaar nie, daarom ook geen spesifieke belydenis oor VIDA nie.
Waar kom VIDA dan vandaan ?
In die 20ste eeu het die Bybel vir sommiges ‘onduidelik’ geword, die rol van die emansipasie van die vrou in die politiek speel ‘n rol, verskuiwings in Skrifbeskouing.
Prof. Jorrie meen die eenheid van die kerke, ook ekumeniese bande met oorsese kerke is baie belangrik.
Hy is ten gunste van ‘n spesiale sinode.
16h30: ds. Arie Stavast wys uit Hand.1 en 2 dat die ampte van die begin in die kerk moes funksioneer, dus ‘n baie belangrike saak, wesentlike. Ds. Hans Grobler noem dat ‘n saak as wesentlik beskou moet word totdat teendeel bewys kan word, en dit het nog nie plaasgevind nie. Albei is voorstaanders van ‘n spesiale sinode.
Ds. Arie maak ‘n skitterende argument: as mens nie met sekerheid kan sê dat ons met sekerheid uit die Skrif kan sê VIDA is reg nie, dan kan die volgende woorde van NGB art.31 mos nie gehandhaaf word nie:
“Daarom moet elkeen terdeë daarteen waak om hom met onbehoorlike middele in te dring. Hy moet wag totdat hy deur God geroep word, sodat hy van sy roepingoortuig kan wees en sekerheid kan hê dat dit van God kom.“
Dus, eers spesiale sinode om daardie sekerheid (al dan nie), vas te stel.
(ns. ek stem saam met die redenasie, maar nie dat nog ‘n spesiale sinode nodig is nie).
LET WEL: ek lewer verslag soos ek die dinge sien en hoor, as u in die toekoms ‘n saak verder wil vat met een van die sprekers wat ek hier verwoord het, moet u asb. dit wat ek hier probeer saamvat (met groot spoed) eers met daardie spreker duidelik kontroleer. Die negende gebod vereis dit, soos ons ook bely in Sondag 43.
16h25: Oudl. Gert Erasmus getuig dat die kerkregering ook in die Skrif geopenbaar is waarvoor ons moet buig. Beide mans en vroue se rolle moet erken en gerespekteer word, die onderdanigheid van die vrou is ‘n bybelse gedagte, nie om haar te degradeer nie. Ons manne moet ons bekeer in gesin en kerk, nie die vroue al die werk laat doen nie.
16h20: Ds. Fanie van der Schyff is van mening dat die antwoord van die Here is dalk dat die vraag oor VIDA nie ‘n duidelike antwoord het nie. Ons moet daaraan werk om met verskille en al voort te gaan.
16h15: gesprek gaan voort, oudl. Louis Aucamp wys daarop dat die saak nie anders kan as wesentlik is nie, ook vir die pro-VIDA broeders, daarom dat hul beswaarskrifte indien.
15h15: die sinode hanteer nou eers Admin-Buro sake, gaan later voort met wesentlike saak besluit, sal jul op hoogte hou as die saak voortgaan.
14h45: Dr. Tony Curto (OPC) stel ‘n baie sterk saak dat ons een in Christus is, maar dat as VIDA aanvaar word, gaan dit die GKSA verdeel, want dit gaan baie se gewete bind om te doen wat hul oortuig is in stryd met die Skrif is. As daar vroue ouderlinge en predikante gaan wees gaan baie nie aan meerdere vergaderinge kan deelneem nie. Daarom sal dit beter wees om ‘n spesiale sinode dan te hou, omdat dit ‘n wesentlike saak is as iemand uitgesluit gaan word van die kerk deur ‘n besluit vir VIDA.
14h40: Rev. John Rogers (RCNZ) verwys na Rom.14:23 en sê dat as dit verkeerd sou wees om dinge te doen wat ‘nie-wesentlik’ is teen jou gewete, hoeveel te meer as dit oor ‘wesentlike sake’ gaan ?
14h30: Ds. Simon Jooste meen die 2de gebod is op die spel, hoe ons die Here dien ook in kerkregering. Die Evangelie is ook op die spel, want sommiges wat meen daar moet VIDA wees, argumenteer dat vroue is nie ‘waarlik vry’ is as hul nie in al die ampte kan dien nie, maar dit is natuurlik nie waar nie – elkeen wat glo in Christus – is waarlik reeds vry, het nie nog ‘n amp nodig om vry te wees nie. Hy waarsku ook oor een van die gevolge van VIDA, naamlik dat dit kan lei tot die homoseksualisme debat.
14h25: Ds Paul Modise meen dat vroue nie uitgesluit is uit besondere dienste/ampte nie. Hy meen daar is nie direkte bevel daarteen nie, sy argument is gebou op die volgende:
1. daar is nie direkte bevel dat vroue nagmaal vier nie
2. maar omdat die bevel tot nagmaal vir hele gemeente kom, sluit dit vroue in
3. so, as bevel gegee word vir ampsdraers, dan sluit dit vroue wat bekwaam is en geroep word in.
14h20: Ds. Danie Snyman verwerp die stelling wat gemaak word dat daar sogenaamd nie Skrifgronde is teen VIDA nie. Hy vermeld dat van 1988 was daar baie rapporte op baie sinodes wat op die Skrifgronde wys. Hy vermeld ook dat 2009 se besluit wat sê dat vroue as ouderling nie mag dien nie ‘ogv die rapport’ beteken ogv die Skrifgronde gegee in daardie rapport.
14h15: Dit lyk my ek het iewers ‘n paar inskrywings verloor, verskoning daarvoor. Middagete is verby en bespreking gaan voort.
CRCNA se afgevaardige (VIDA kerkverband) meen dit is nie ‘n belydenissaak nie, dus nie wesentlike nie.
11h40: Ds. Johan Nel wys daarop dat dit nie reg klink as ons sê “ons buig saam voor die Skrif maar verstaan dit verskillend vandag” nie, want dan impliseer ons die Here se ander dinge in die eerste eeu as vir vandag ?
11h35: ‘n Ouderling noem dat dit vir hom lyk dat hulle wat VIDA wil deurdruk se oë is op die wêreld en nie op Koning Jesus nie, ons moet laasgenoemde vrees, nie eersgenoemde.
11h25: Prof. Chris van der Walt – dit is nie wesentlik wie die gesag van Christus bedien nie, ons moet daarom nie praat van vrou in die amp nie, maar van vrou in die diens (besondere diens). Ds. Piet Venter meen as ons glo 1 Tim.2:11,12 net so geld en wesentlik is, maar wat van 1 Tim.2:8 en 1 Kor.11 oor die hoofbedekking, moet ons dit dan nie terugbring nie ?
11h15: Ds. Jan van der Walt – nou hoe nou, ons begin eenheidsbande met die NGK(SA) wat o.a. beteken hul vroue predikante kan nou voortgaan in ons kerke, dan kan dit mos nie ‘n wesentlike saak wees nie, of hoe ?
10h55: Ds. Ben Fourie – is ‘n wesentlike saak. Ons moet waak dat hierdie saak nie die kerkverband skeur nie. Hy herhaal die waarskuwing wat die ICRC gegee het teen VIDA. Hy meen ook VIDA gaan lei tot HIDA (homoseksuele in die amp). Ons moet die kerke ook in ag neem wat teen VIDA is en met wie ons kerklike eenheid.
10h30 – breek vir koffie/tee.
10h20: Dr. Wim Vergeer – nie ‘n wesentlike saak nie. Die 2009 besluit het dit vir GK Krugersdorp moeilik gemaak om nie vroue as ouderlinge te bevestig nie, hul kerkraad wil dit doen en so ook die gemeente. Hulle het toe lidmate verloor omdat hul nie vroue bevestig nie, glo ‘honderde duisende’. Hy meen die verwerping van VIDA lê op ‘n ‘onwetenskaplike’ vlak van Skrifomgang. Daar is nie tekste nie teen VIDA nie, ook nie ‘n belydenissaak nie. Erken dat elkeen nie in stryd met sy gewete moet optree, en dus sondig nie.
10h10: Rev. Patrick (buitelandse afgevaardige) – wesentlike saak. Dr. Braam Kruger – ‘n nie-wesentlike saak. “Ons buig almal voor die Skrif … maar ons verstaan dit verskillend” … deur die eeue was daar nie ‘n belydenis oor die saak in die kerk nie, want dit is ‘n middelmatige saak. Hy meen die ekumeniese bande is belangrik, maar nie so belangrik dat ons ons eie lidmate skade lei nie. Ons moet besluit dit is ‘n nie-wesentlike saak.
10h05: Ds. Danie Snyman – wesentlike saak. Ons moet aanhou gesels omdat ‘n klomp van ons glo dit is ‘n wesentlike saak, die besinning moet aanhou, moenie debat nou hier eindig nie. Die saak het die gevaar om skeuring te bewerk, en daarom moet ons mekaar nog vashou.
10h00: Dr. Johan Fleischmann – dit is ‘n nie-wesentlike saak. Hy verwys na Romeine 14, die kernpunt is om in liefde te verdra en nie te doen wat jy wil nie. Sy laaste opmerking, “as ek wet lees, spesifiek 5de gebod, eer jou vader en moeder”, dan wonder ek – geld dit orals … behalwe in die kerk?”
09h55: Prof. Henk Stoker – wesentlike saak. 1 Tim.3:13 is ‘n beroep op skeppingsorde, daarom wesentlik. Of jy VIDA aanvaar of nie, is die sjibolet onder gereformeerdes wêreldwyd. Ons moet die Here se opdragte ernstig opneem.
09h55: Ds. Ben Smit – wesentlike saak. Hy wys na NGB art.30, dat dit betroubare mans is wat moet verkies word in die lig van die Skrifgronde van 1 Timoteus, veral hfst.2 en 3 (die inhoud van GK Bet-el, Carletonville, Meintjeskop se beswaarskrif).
09h50: Ds. Malan van Ruyn – wesentlike saak. Ons het vir dekades lank oor hierdie sake gepraat, wat wys dit is juis ‘n wesentlike saak. Ons moet ook luister na buitelandse kerke se afgevaardiges wat sterk teen VIDA is.
09h45: Ds. Stefaans de Bruyn – dit is ‘n wesentlike saak. Met verwysing na Rom.14/15, noem hy dat Paulus ook 1 Kor.14 en 1 Tim.2 geskryf het, as VIDA nie wesentlik was nie, sou laasgenoemde 2 dele die eerste Bybelgedeelte weerspreek. Kinderdoop en Drie-eenheid, die spesifieke woorde staan nie daar nie, maar die saak daarvan is deur die hele Skrif, dus wesentlik deel van ons geloof.
09h40: Ds. Jan-Lion Cachet – dit is nie ‘n nie-wesentlike saak nie, volgens hom wys die beswaarskrif van GK Krugersdorp duidelik daarop. Twee ouderlinge wie se name ek nie kon kry nie – een vir en een daarteen. Vir: “ons mag nie ‘n vrou keer wat geroepe is as ouderling/predikant nie” Teen: “waar staan die bevel dat vroue ouderlinge mag wees.”
09h35: Ds. van Schaik se pleitdooi – kom ons vertrou mekaar, kom ons wees lief vir mekaar en hou mekaar vas en skeur nie, al moet ons nog verdere gesprekke oor die saak voer.
09h30: Ds. Petrus Janse van Nieuwenhuizen – dit is ‘n wesentlike saak. Mens moet ‘n ander hermeneutiek gebruik as die gereformeerde hermeneutiek om by VIDA uit te kom. Ons moet gehoorsaam wees aan die Here, wat ons Koning van ons vra en met daardie getuienis die wêreld ingaan.
09h20: Dr. Gerard Meijer – dit is ‘n wesentlike saak. Hy verwys na waaroor reeds besluit is in 20.5 punt 1 (377), wat wesentlike sake is, en een van die wesentlike sake is VIDA (met verwysing na 1 Kor.14 en 1 Tim.2).
09h15: Ds.Fanie Coetzee – dit is nie ‘n wesentlike saak nie. Hy meen dat vorige sinodes by implikasie eintlik al erken het dit is nie ‘n wesentlike saak nie. In 1988 se rapport word genoem ‘daar is nie ‘n teks nie’, en ander sinodes verander dit nie. Hy verwys na die GTV studie, boek en konferensie en meen daar is geen skrifgronde gegee vir teen VIDA nie. Sinode 2009 het bloot op grond van ‘die rapport’ besluit geneem teen vroue as ouderlinge, nie skrifgronde nie. Ordevoorstel van 2012 wys eintlik daarop dat dit nie wesentlike saak is nie. Hy meen die Skrif spreek hom nie uit oor vroue in die ampte nie.
09h10: Ds. Freek Dreyer – dit is nie ‘n wesentlike saak nie. Hy noem dat ons reeds eenheidsbande het met kerke wat VIDA het, en daarom mag VIDA nie ‘n saak te wees wat ons eenheid verbreek nie, dit is ‘n ‘middelmatige saak’.
09h00: Ds. Sarel Cilliers – dit is ‘n wesentlike saak (met verwysing na Matt.28:18-20 en Rom.12:1,2), Christus is beide ons Verlosser én Koning, nie net regverdiging nie maar ook heiligmaking (gehoorsaamheid) is belangrik. Hy verwys ook na:
– v/a 31, Christus ook ons Leraar en Koning, nie net Priester nie.
– 1 Tim.2:8-15, spesifiek v.11-13, dit is God se orde aan die Kerk waaronder ons moet buig. Dit raak die wese van ons godsdiens.
– die ICRC gaan nie met ons verder gaan as ons VIDA aanvaar nie.
08h50: onder gebed deur die voorsitter is daar besluit om voort te gaan met bespreking: gaan die VIDA beswaarskrifte oor ‘n wesentlike saak of nie ?
Daar gaan twee rondtes gesprek wees.
Eerste rondte gaan 26 afgevaardiges spreek …..
08h30: nou word daar eers gedebatteer oor ‘hoe’ 7.3.2 (AA, bl.154) hanteer moet word …. een afgevaardige noem dat ons nou sukkel om uit die modder te kom wat onsself geskep het (hy noem dit nie, maar ek vermoed hy verwys na 2012 se Ordevoorstel wat veroorsaak het dat beswaarskrifte nie hanteer is nie).
08h00: Ds. Koos Cloete open met Ps.57 en ons sing Ps.33:5,6,11. Gepaste woorde om te sing vir hierdie dag.
07h40: Goeie môre vanuit die sinodesaal. Vandag op die Agenda:
“Besluit of die saak van die vrou wesentlik of nie wesentlik is nie”, en dan daarna ‘n klomp rapporte oor admin sake.
Kyk na gister se verslaggewing hoe ons by vandag se belangrike saak uitgekom het.
Nie die man (chauvinisme) of die vrou (feminisme) is ‘king/queen of the Hill’ nie, maar Jesus Christus alleen, en as ons almal daarvoor saam buig, sou ons nie al hierdie probleme gehad het van ‘wesentlike vs nie-wesentlike sake’ nie:
Psalm 2 vir vandag
1 Waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge?
2 Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê:
3 Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!
(laat ons God se skeppingsorde vir man en vrou stukkend ruk, laat ons God se bevele afwerp?)
4 Hy wat in die hemel woon, lag; die Here spot met hulle.
5 Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik:
6 Ek tog het my Koning gesalf oor Sion, my heilige berg.
(Christus alleen is ‘King of the Hill’ en daarom is VIDA ‘n saak van buig voor Christus se kerkregering of nie)
7 Ek wil vertel van die besluit: Die HERE het aan My gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer.
8 Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting.
9 U sal hulle verpletter met ‘n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos ‘n erdepot.
10 Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde!
(ons bid vir ons broers in liefde: wees dan nou verstandig, broeders afgevaardiges, laat julle waarsku om nie Christus se regering teen te staan nie)
11 Dien die HERE met vrees, en juig met bewing.
12 Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!
(Mag die Here ons genadig wees en ons gewillig en bekwaam maak om as begenadigde verlostes voor sy Koningsheerskappy te buig)
For many centuries no man was considered to be ingenious, who
had not the skill and daring necessary for changing into a variety of
curious shapes the sacred word of God. This was undoubtedly a
contrivance of Satan to undermine the authority of Scripture, and to
take away from the reading of it the true advantage. God visited this
profanation by a just judgment, when he suffered the pure meaning of
the Scripture to be buried under false interpretations.
Scripture, they say, is fertile, and thus produces a variety of
meanings. [74] I acknowledge that Scripture is a most rich and
inexhaustible fountain of all wisdom; but I deny that its fertility
consists in the various meanings which any man, at his pleasure, may
assign. Let us know, then, that the true meaning of Scripture is the
natural and obvious meaning; and let us embrace and abide by it
resolutely. Let us not only neglect as doubtful, but boldly set aside
as deadly corruptions, those pretended expositions, which lead us away
from the natural meaning.
Uit Calvyn se kommentaar oor Galasi”ers.
A.D.R. Polman skryf oor NGB Artikel 30 in sy boek “Woord en Belijdenis” (vol 2, p208): “Daarom legt de apostel Paulus in 1 Tim 3 en Titus 1 volle nadruk op de vereisten, die aan de leden der gemeente gesteld moet worden, om tot ambtsdragers verkoren te kunnen worden. Ieder kan dit gemakkelijk nalezen”.
Volgens Dr. Vergeer kan die gewone lidmaat dit nie “gemakkelijk nalezen” nie. Is ons terug by die Roomse stelsel waar net die priesters die Skrif kon interpreteer?
Beste Slabbert
Ek wil jou opreg bedank vir die berigte âvanuit die Sinodesaalâ.
Baie dankie daarvoor.
Ek lees met groot aandag die ontwikkelinge rondom VIDA.
Mag die HERE ons genadig wees
Neels
Dankie van my kant af ook. Baie waardevolle beriggewing.
“11h15: Ds. Jan van der Walt – nou hoe nou, ons begin eenheidsbande met die NGK(SA) wat o.a. beteken hul vroue predikante kan nou voortgaan in ons kerke, dan kan dit mos nie ‘n wesentlike saak wees nie, of hoe ?”
Ek het gewonder hoe lank gaan dit neem voor hierdie stukkie voetwerk na vore kom.
Wesenlike sake is sake wat op grond van die Skrif besleg moet word. Nie-wesenlike sake is relatiewe sake wat bepaal word deur die subjektiewe voorkeure van individue of gemeenskappe. Oor wesenlike sake moet jy redeneer totdat daar eenstemmigheid is. Alle argumente moet getoets word teen die Skrif. Oor nie-wesenlike sake kan jy stem. Nou stem die sinode egter oor die vraag of VIDA ‘n wesenlike saak is. Dit impliseer eintlik dat VIDA nie ‘n wesenlike saak is nie. Alhoewel die optrede van die sinode impliseer dat VIDA nie wesenlik is nie, besluit die sinode dat dit wesenlik is.
Is daar ruimte binne die huidige kerkorde vir ‘n spesiale sinode om nie ‘n getrapte sinode te wees nie? D.w.s. is dit moontlik binne die huidige kerkorde om ‘n Spesiale Sinode so te ree”l dat elke kerkraad direkte verteenwoordiging op die spesiale sinode het? Indien wel, sou so ‘n ree”ling ten minste die voordeel he^ dat enige besluite van ‘n spesiale sinode wel ook in praktyk as eg verteenwoordigend gesien sal kan word.
Maar se^ nou ‘n Spesiale Sinode besluit teen VIDA, wat gebeur met die samewerking met die NGK(SA), veral nou dat die besluit om oor te gaan na ‘n Spesiale Sinode juis ook die bepaling behels het VIDA wesenlik is?
Terloops, geluk aan GKs Bet-El, Carletonville & Meintjeskop wie se onontvanklike beswaarskif toe in effek geslaag het, naamlik dat VIDA toe wel as wesenlik geag is.
Josef
By n Spesiale Sinode moet elke gemeente in die GKSA ten minste een afgevaardigde stuur. Juis omdat dit hier gaan om n wesenlike saak. Ons moet weg doen met die getrapte afvaardigings.
Ek sien die Christelike Gereformeerde Kerk in Noord-Amerika (CRCNA) waarmee die GKSA in elumeniese eenheid verkeer, het nie alleen vroulike ampsdraers soos die Nederlandse Gereformeerde Kerke nie (nog ‘n kerkverband waarmee die GKSA in ekumeniese eenheid staan), maar het ook al drie jaar terug die Belhar-belydenis aanvaar. Ek kan my daarom nie voorstel dat daar enige sake is waarin die NGK(SA) meer verloop as die CRCNA is nie.
Eintlik is die besluit tot samewerking met die NGK(SA) dus eintlik geen nuwe afwyking vir die GKSA nie.
Na aanleiding van Prof Jorrie Jordaan se opmerkings ontstaan by my die vraag of daar enige van die sinodes na die 1988 rapport aanvaar is, n besluit geneem is waar die besluit op grond van die 1988 rapport herroep is. Indien nie, dan staan daardie besluit nog steeds.