Posted by: proregno | January 29, 2015

VIDA in kerk en wêreld

Illustrasie: Hanlie Malan

Uit die wêreld

Oor die wêreld kan ons kort wees, hier is hul mening by monde van Christina Landman,

Die 2 wêrelde van godsdiens

Haar argument is eenvoudig – die sentrale teksgedeeltes wat oor VIDA handel is nie deel van haar Bybel nie, want ‘ons weet mos’ dat “die omies hulle blind (staar) teen”,

“1 Korin­tiërs 14:34,35 en 1 Timoteus 2. En ons weet almal dat die verse in 1 Korintiërs ’n glos (kantaantekening) is. In die oudste manuskripte wat ons het, is hierdie verse wat vroue laat swyg op verskillende plekke ingevoeg. En dit bewys mos dit was nie deel van die oorspronklike teks nie. En 1 Timoteus, ag menere, ons weet mos die briewe aan Timoteus kan nie van Paulus af kom nie omdat die kerk­like strukture wat daar beskryf word nog nie in Paulus se tyd bestaan het nie.”

Ja, die ‘omies’ van die algemene Christelike kerk het vir meer as 2000 jaar hul blind gestaar oor die duidelike Woord van God oor hierdie saak … terwyl dit toe al die tyd nie eintlik God se Woord was nie.

En toe word ons uiteindelik gered deur die Landmans van hierdie wêreld vanaf die einde 19de/begin twintigste eeu, die ‘ons weet mos’ (gnostiese?) generasie, wat toe skielik ‘nuwe inligting’ ontvang het om die kerk te red vandag van die ‘omies’.

Ja, dit klink meer na die Da Vinci Code films as die Woord van God, maar dit is mos wat die wêreld (buite én binne die kerk) wil hoor, en daarom versamel hulle vir hul godsdienstige filosowe om hul gehoor te streel (2 Tim.4:3,4).

In antwoord op die ‘ons weet mos’ geslag, wat nie wil lewe uit ‘elke woord wat deur die mond van God’ uitgaan (Matt.4:4; sien ook 2 Tim.3:16,17) deur Jesus Christus nie (Hebr.1:1), wil ek twee antwoorde gee, van die ‘ons glo’ geslag,

1. Uit die eerste brief aan Timoteus (waarvan Landman willekeurig net sekere dele aanvaar), hoor ons, 1 Tim.6:3-5,

“3 As iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leer wat volgens die godsaligheid is nie, 4 dié is verwaand en verstaan niks nie, maar het ‘n sieklike sug na twisvrae en woordestryd waaruit ontstaan afguns, twis, lasteringe, bose agterdog, 5 nuttelose stryery van mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense.”

Hierdie ‘gesonde woorde’ behels nie net Christus se direkte woorde nie, maar ook wat Hy deur sy profete en apostels gespreek het (Ef.2:20-22; Hebr.12:1), ook deur Paulus (1 Tim.1:1; 1 Kor.14:37; sien ook 1 Kor.7:12,40).

En deel van die Here se Woord deur Paulus is nie net die genadige redding nie, die Evangelie van ons Here Jesus Christus nie (ons regverdiging),

Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is (1 Tim.1:15),

maar ook, kerkregering, die Here se wil oor hoe ons ons moet ‘gedra in die huis van God’ (1 Tim.3:15), in dankbare gehoorsaamheid (ons heiligmaking),

“11 Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid. 12 Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou. 13 Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva. 14 En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom. 15 Maar sy sal gered word deur kinders te baar, as hulle bly in geloof en liefde en heiligmaking, met ingetoënheid.  1 Dit is ‘n betroubare woord: as iemand na ‘n opsienersamp verlang, begeer hy ‘n voortreflike werk. 2 ‘n Opsiener dan moet onberispelik wees, die man van een vrou, nugter, ingetoë, fatsoenlik, gasvry, bekwaam om te onderrig.” (1 Tim.2:11-3:2)

Deel van die gesprek met die wêreld, ‘n evangelisasie gesprek is dat hulle en ons saam onvoorwaardelik sal buig voor die Verlosser en Koning van die Kerk, Jesus Christus, en sy hele Woord, elke Woord (sola et tota Scriptura), in leer en lewe.

Hoe kan 2 Tim.3:16,17 enigsins funksioneer, ook wat kerkregering betref, as daar nie gebuig word voor elke Woord van God wat tot ons kom nie ?

Die weg wat Landman en die ander ‘ons weet mos’ mense verkies eindig meestal ongelukkig in wat Paulus beskryf daar in 2 Tim.3:8, “wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kom nie.”

Ek dink dit is beter dat die kerk van Christus, teenoor die wêreld se stemme, bly by wat ‘n ander ‘omie’ geskryf het in die eerste helfte van die 20ste eeu, in ‘n artikel waar hy tekste soos o.a. 1 Kor.11 en 14 asook 1 Tim.2 vermeld:

“Ons glo nie dat enige Gereformeerde vrou teen die duidelike uitsprake van die Woord van God in verset wil kom nie. Selfs deur die feministiese praktyke van ons dae sal sy haar nie uit haar koers laat dryf nie.” (Versamelde Werke, deel 3, 1977: 197; kursief bygevoeg).”

Uit die kerk 

Uit die kerk, waar ten minste nog met die Woord omgegaan word, was daar ook die stemme van dr. Gerard Meijer en ds. Kurpershoek, hier is hulle artikels:

Man en Mannin in die Kerk, dr. Gerard Meijer

Daarom is die vrou vry om te dien, ds. Pieter Kurpershoek

Ek is dit eens met dr. Meijer se goeie openbaringshistoriese uiteensetting in so kort artikel van die gereformeerde standpunt oor hierdie saak. Dit sluit pragtig aan by die sinoderapport van 1988, waarvan die res van die gesprek deur die dekades net verdere voetnotas is. Mens besef dit met die lees van ds. Kurpershoek se artikel, wat eintlik geen nuwe argumente op die tafel plaas wat nie al reeds beantwoord is nie.

Ek wil net so een of twee opmerkings wel maak:

1. Die vertaling van 1 Tim.2:12 (BDV = Bybel Direkte Vertaling)

Dit is jammer dat dr. Meijer gekies het vir die BDV se weergawe van 1 Tim.2:11,12. Hier is my artikel oor hierdie vers wat verskillende probleme uitwys:

Opmerkings oor “Die NT en Psalms: ‘n Direkte Vertaling” (deel 3: VIDA)

Een van die punte wat ek aangeraak het in hierdie artikel is (die ander punte is, 1. Hoekom ‘onderdanigheid’ (Grieks: hupotage) in vers 11 vervang met ‘gehoorsaamheid’?; 3. Die woord ‘immers’ wat deur beide NAV en BDV gebruik word om voegwoord gar te vertaal in vers 13 is nie verkeerd nie, maar hoekom afwyk van die eenvoudige baie meer duidelike ‘want’ (OAV, in engels ‘for’, KJV, NIV, ESV) ?; 4. Waarom vertaal die BDV andros (man) hier as “haar man?”):

Waarom verkies die BDV om die unieke Griekse woord authentein in die NT met ‘domineer’ te vertaal in vers 12?

Die ander vertalings en baie ander verkies die woord ‘heers’, ‘om gesag uit te oefen’ (Engels: excercise authority), dus ‘n neutrale algemene woord wat impliseer dit geld vir alle tye en kerke.

Die Afrikaanse woord ‘domineer’, veral in ons tye, het definitief ‘n uitsluitlike negatiewe (sondige?) konnotasie, daarom die vraag: waarom verkies die BDV hierdie spesifieke woord?

Die OAV verkies ‘heers’ wat nie inherent as negatief, sondig of verkeerd beskou word nie, maar saam met die KJV se vertaling nog nie die beste vertaling is nie.  Ek meen die NAV se vertaling van die woord, in aansluiting by sekere van die engelse vertalings hierbo genoem (NIV, ESV), die beste weergawes is: “om gesag uit te oefen”, wat nie wys op ‘n sondige daad nie.

Dr. George W. Knight, wat een van die beste eksegetiese verklarings op die Pastorale Briewe geskryf het,  wys daarop dat (beklemtonings bygevoeg):

“Contrary to the suggestion of KJV’s ‘usurp authority’ and BAGD’s alternative, ‘domineer’ (so also the NEB), the use of the word shows no inherent negative sense of grasping or usurping authority or of excercising it in a harsh or authoritative way, but simply means ‘to have or excercise authority’ … Paul refers, then, with authentein to excercise of a leadership role or function in the church (contextual setting), and thus by specific application the office ofepiskopos/presbuteros, since the names of these offices (especially episkopos) and the activities associated with them (cf., e.g., 3:4,5; 5:17; Tit.1:9ff.; Acts 20:17, 28ff.) indicate exercise of authority …

It is the activity that he prohibits, not just the office (cf. again 1 Cor.14:34,35). … Some have suggested that Paul is only ruling out teaching or excercise of authority apart from a man’s oversight, or just a certain type (‘dominerende’? – slc) type of authoritative teaching. The insistence here on silence seems to rule out all these situations (“maar sy moet haar stil hou/gedra”).” (p.141,142)

Ek haal ook graag vir Wayne Grudem aan oor authenteo waarin hy bevestig dat die woord oorwegend en primêr ‘n positiewe betekenis het (Evangelical Feminism: A New Path to Liberalism?, Illinois: Crossway, 2006: 202-204):

“The most complete study of this word shows that its meaning is primarily neutral, “to exercise authority over.” In 1995 H. Scott Baldwin published the most thorough study of the verb authenteo that had ever been done. Several earlier studies had looked at a number of occurrences of this verb, but no one had ever looked at all the examples that exist from ancient literature and ancient papyrus manuscripts (H. Scott Baldwin, “A Difficult Word: Authente6 in 1 Timothy 2:12,” in Women in the Church: A Fresh Analysis of 1 Timothy 2:9-15, ed. Andreas Kostenberger, Thomas Schreiner, and H. Scott Baldwin (Grand Rapids, Mich.: Baker, 1995), 65-80 and 269-305. Baldwin updated his analysis in light of more recent evidence in his 2005 essay, “An Important Word: Authente6 in 1Timothy 2:12,” in Women in the Church, 2nd ed., ed. Andreas K6stenberger and Thomas Schreiner (Grand Rapids, Mich.: Baker, 2005), 39-51. In that same volume, K6stenberger updated his study of the grammatical structure of 1Timothy 2:12, interacting with both sympathetic and critical reviews of his earlier study (see “A Complex Sentence: The Syntax of 1Timothy 2:12,” on pages 53-84).

In addition, several earlier studies were flawed by with the verb examples of two different nouns with the same spelling(authentes).

Baldwin correctly limited his examples to the verb that is found here in 1 Timothy 2. He found eighty-two occurrences of authenteo in ancient writings, and he listed them all with the Greek text and English translation in a long appendix. He found that in all uses of this verb, “the one unifying concept is that of authority.” He found only one example in which the verb seemed to take a negative sense, but because language changes and meanings of words change over time, even that one Chrysostom quotation from A.D. 390, coming more than three hundred years after Paul wrote 1 Timothy, is of limited value in understanding the meaning of what Paul wrote.

What is most striking about Baldwin’s exhaustive study is the complete absence of some of the other meanings that have been proposed for authenteo, meanings that are unrelated to the idea of using authority. These meanings turn out to be speculation without any demonstrated basis in actual examples of this verb.

Two additional reasons also support the positive meaning (“exercise authority”) of the verb authenteo.

First, the grammatical structure of 1Timothy 2:12 rules out any negative meaning (such as, “to misuse authority, to domineer, or to murder”) and shows that the verb must have a positive meaning (such as “to exercise authority”) [Note especially Andreas Kostenberger’s study, A Complete Sentence Structure in 1 Timothy 2:12,” in Kostenberger et al., Women in the Church: A Fresh Analysis of 1 Timothy 2:9-15, 1995: 81-103.]

Second, a recent extensive and remarkably erudite study of cognate words now confirms that the meaning of authenteo is primarily positive or neutral (Al Wolters, “A Semantic Study of authentes and Its Derivatives,” Journal of Greco-Roman Christianity and Judaism 1 (2000): 145-175).”

2. Voorbeelde en gebeure moet in die lig van wette/bevele/opdragte gelees word en latere Openbaring gelees word, en nie andersom nie 

Die wesentlike probleem met ds. Kurpershoek se artikel is dat hy een van die sentrale vertrekpunte van die gereformeerde Skrifverklaring nie in berekening bring nie.

Dit behels dat enige tema (dus ook oor die kerkregering, en in die besonder of vroue in die besondere ampte/dienste mag dien) openbaringshistories ondersoek moet word, met die wete dat latere openbaring die finale woord spreek, omdat dit deur die Heilige Gees gegee is as die voltrekking van sy openbaring aangaande ‘n bepaalde saak.

Sodoende kan ons nie bv. die verhale van profetesse in die OT en in Handelinge lees sonder die Pastorale Briewe, wat Paulus se laaste briewe en Godsopenbaring oor hierdie saak was nie (dus die ‘finale kerkregering’ vind ons in die Pastorale Briewe).  Hierdeur word aangesluit by die gereformeerde hermeneutiek (Coetzee, J.C., De Klerk, B.J., Floor, L. 1980. Die hermeneuse van die Skrif met die oog op hedendaagse kerklik-etiese vraagstukke. In die Skriflig, Jg.12, nr.54: 12-26):

’n Besonder belangrike faset hiervan is die feit dat die eksegeet/hermeneut baie deeglik rekening moet hou met die openbaringshistoriese situasie van enige betrokke Skrifwoord. Ons móét rekening hou met die feit dat dit God behaag het om Hom en sy wil in die loop van die geskiedenis algaande al duideliker te openbaar. ‘n Teks in, sê Eksodus, en ‘n teks in Romeine mag dus nie sommer so gelykskakelend langs mekaar gestel word nie. Die LATERE woord in die Godsopenbaring oor DIESELFDE SAAK is altyd deurslaggewend teenoor die voorafgaande !

Wat die onderwerp van die vrou in die amp betref, moet alle gedeeltes wel gelees word in die lig van die laaste uitsprake daaroor, d.w.s in die besonder 1 Tim.2:11-15, gesien in die lig van 1Tim.3:15.  Dus: die uitsonderings moet die reël bevestig, en dit nie verander nie.

‘n Verdere probleem met ds. Kurpershoek se uiteensetting is dat hy juis nie erns maak met die bepaalde verse in 1 Kor.14 en 1 Tim.2 se begronding vir die opdragte dat die vrou nie mag leer en regeer in die gemeente nie,

34Julle vroue moet in die gemeentes swyg; want dit is hulle nie toegelaat om te spreek nie, maar om onderdanig te wees, soos die wet ook sê. 35 Maar as hulle iets wil leer, laat hulle tuis hul eie mans vra, want dit is lelik vir vroue om in die gemeente te spreek. 36 Of het die woord van God van julle uitgegaan, of het dit tot julle alleen gekom? 37 As iemand meen dat hy ‘n profeet of ‘n geestelike mens is, moet hy erken dat wat ek aan julle skrywe, bevele van die Here is.

11 Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid. 12 Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou. 13 Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva. 14 En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom. – 1 Timoteus 2

Paulus, wat deur die Gees skryf, begrond die verbod in die skeppingsorde, ‘die wet’ (Gen.1-2), in die waarskuwende vermaning wat wel gebeur as jy die Here se skeppingsorde verby gaan (Gen.3), in die bevele van die Here en nié in die ‘sosio-historiese omstandighede‘ van sy tyd nie.

En, of daar vrouens was in Efese en Korinthe of enige plek of tyd op aarde was of nie, wat met ‘n sekere ‘dominerende’ of ‘lelike’ wyse geleer het en so ‘met hul optrede die opbou en groei van die gemeente benadeel’, dan geld die verbod van die Here nog steeds.  Die verbod is dat ‘die vrou’ nie oor ‘die man’ sal leer of regeer nie, ongeag of sy dit op ‘n waardige wyse doen of nie. Bloot deur oor die man te leer en te regeer in die gemeentelewe se samekomste is wat Paulus verbied. En, as ons nie die Here dien soos Hy beveel nie, is ons beide onordelik en wanordelik (1 Kor.14:34,40) en is dit nie tot “opbou en groei van die gemeente” nie (sien HK Sondag 35).

Ons lees nie in die Teks van vroue wat op dominerende wyse geleer het nie, asof Paulus net daarmee ‘n probleem gehad het nie. Beteken dit dan dat mans wel ‘dominerend en lelik’ kan leer en regeer ? Om weer vir dr. George Knight hier aan te haal,

It is the activity that he prohibits, not just the office (cf. again 1 Cor.14:34,35). … Some have suggested that Paul is only ruling out teaching or excercise of authority apart from a man’s oversight, or just a certain type (‘dominerende’? – slc) type of authoritative teaching. The insistence here on silence seems to rule out all these situations (“maar sy moet haar stil hou/gedra”).”

Laat ons bly by wat ons bely in NGB art.30,

“Op hierdie wyse sal alles in die kerk behoorlik en ordelik geskied wanneer betroubare persone gekies word ooreenkomstig die voorskrif wat die apostel Paulus in die brief aan Timoteus gee.”

Ds. Kurpershoek skryf ten slotte,

“Nou dink ek aan die twee skoolmeisies wat in my bediening as predikant al aan my kom sê het dat hulle geroepe voel om as predikante te dien. Kan hulle dien?

As die Here duidelik in sy Woord gesê het dit kan nie, dan kan hulle nie; die Here se Woord bly immers die maatstaf vir ons lewe – in elke situasie, elke dag!

Maar nou hoor ek nie dat die Here sê dat vroue nie as ouderlinge of predikante mag dien nie. Dan mag ek tog nie dié meisies se gewete bind nie!”

Hierop wil ek graag drie opmerkings maak,

1. Ek stem saam met ‘omie’ Totius (sien hierbo), die saak is duidelik, maar dalk wil ons nie dit raaksien nie, want dit sal dan beteken ek moet reformeer, en my gesin en gemeente en gemeenskap, en ek wil nie daardie kostes bereken nie, wil nie daardie kruis dra nie, en daarom ‘moet’ die Skrif iets ‘anders’ skielik sê na duisende jare … of dit word nou skielik ‘onduidelik’ ?

2.  Die vraag is nie wat God in sy soewereine almag kan, wil en sal doen nie, dit is ‘n gegewe dat Hy doen wat Hom behaag (Ps.115:3; 136:5). As dit Hom behaag, laat Hy donkies profeteer en leer: Num.22:28 ! Die vraag is egter: wat het Hy aan ons ge-openbaar deur die hele Skrif, openbaringshistories gelees (sien die opmerking hierbo), wie Hom moet dien in die besondere dienste, veral nou dat die kanon afgesluit is:

 Deut.29:29   29 Die verborge dinge is vir die HERE onse God; maar die geopenbaarde dinge is vir ons en ons kinders tot in ewigheid, om te doen al die woorde van hierdie wet.

1 Tim.3:15  15 Maar as ek vertoef, dan kan jy weet hoe iemand hom moet gedra in die huis van God, wat die gemeente is van die lewende God, ‘n pilaar en grondslag van die waarheid. (lees 1 Tim.2:11-15; 3:1-12 in hierdie vers se lig.)

So ja, God kan roep wie Hy wil vanuit sy verborge wil, maar vir ons – noudat die kanon afgesluit is en ons sy Woord het, mag ons nooit in stryd met die ge-openbaarde waarheid roep nie, anders kom dit neer op eiewillige erediens wat God nie beveel het nie, en kan daar nooit sekerheid wees oor iemand se roeping nie (sien NGB artikel 31, “Daarom moet elkeen terdeë daarteen waak om hom met onbehoorlike middele in te dring. Hy moet wag totdat hy deur God geroep word, sodat hy van sy roeping oortuig kan wees en sekerheid kan hê dat dit van God kom.”).

Prof Paul de Bruyn skryf (Die Kerkblad, 13 Julie 1966, bl.5): “Eiewillige godsdiens beteken volgens ons Kate­gismus dat ons God op ‘n ander manier vereer as wat Hy in sy Woord beveel (Antwoord 96). Eiewillige godsdiens word by ons gevind wan­neer ons God dien soos óns wil en nie soos Hý wil nie.”

Dus, as ons enige persoon roep los of in stryd met sy Woord, dan is dit ‘n oortreding van die tweede gebod.

Ja, ons is in Christus vry, waarlik vry om God te dien en te vereer deur sy Gees volgens sy Woord. Ons is egter nie vry om ons eie erediens en eie ampsdiens/kerkregering uit te dink om Hom daardeur te probeer vereer nie.

Sien die volgende voorbeelde in die Skrif waar God – hoe goed dit ookal bedoel word deur mense – nie enige vorm van aanbidding/erediens aanvaar het nie, omdat dit nie deur sy Woord beveel is nie, bv.:

  • Nadab en Abihu se goedbedoelde maar eiewillige vreemde vuur (Lev.10:1-3).
  • Ussa se goedbedoelde maar eiewillige aanraking van die ark van God (2 Sam.6:1-7).
  • Saul se goedbedoelde maar eiewillige ‘behoefte’-offer in Samuel se plek, hy het hom vergryp aan die profeet/priesteramp (1 Sam.13:8-13), asook sy ongehoorsaamheid om meer te wil doen as die bevele van God, wat beskryf word as “… wederstrewigheid is ’n sonde van waarsêery, en eiesinnigheid is afgodery en beeldediens” (1 Sam.15:22-24)
  • Jerobeam wat eiewillig “tempels van die hoogtes gebou en priesters aangestel uit al die dele van die volk wat nie uit die seuns van Levi was nie.” (1 Kon.12:31)
  • In die Nuwe Testament die Fariseërs wat die Here volgens hul eie goeie bedoelings probeer vereer het, en nie volgens God se bevele alleen nie (Matt.15:1-9).

3. Ds. Kurpershoek meen die Here het nie ‘duidelik’ gesê vroue mag nie in die besondere dienste dien nie.  Die hermeneutiese verskil gaan egter oor hoe, die wyse waartoe ons tot duidelikheid kom oor hierdie saak, en dit vind plaas deur die verskillende relevante tekste te bestudeer in hul onderlinge samehang sodat die Godsopenbaring oor hierdie bepaalde onderwerp na vore kan kom.  Die feit dat daar nie ‘spesifieke eksplisiete tekste’ is wat presies sê “vroue mag nie ampsdraers word nie’ (alhoewel 1 Tim.2:11,12 baie eksplisiet duidelik is), beteken egter nie dat die Skrif nou ‘onduidelik’ is oor hierdie onderwerp nie, inteendeel.

Om ‘n ander voorbeeld te gebruik: die leer van die Drie-eenheid is nie op ‘spesifieke eksplisiete tekste’ alleen gebaseer nie, ons vind nie die spesifieke woord ‘Drie-eenheid’ in die Woord nie, maar op grond van ‘n openbaringshistoriese ondersoek van die geheel van die Skrif in sy onderlinge samehang is die leer van die Drie-eenheid baie duidelik en seker.

In die NGB artikels 8 en 9 word daar ook vir ons belangrike hermeneutiese sleutels ten opsigte van openbaringshistoriese ondersoek geopenbaar in ons verklaring van die Skrif, as bevestiging daarvan:

Ons weet dit alles sowel uit die getuienisse van die Heilige Skrif as uit hulle werkinge, veral uit werkinge wat ons in onsself voel. Die getuienisse van die Heilige Skrif wat ons leer om in hierdie heilige Drie-eenheid te glo, staan op baie plekke in die Ou Testament, en dit is nie nodig om hulle almal op te noem nie.

Hier word bely dat daar wel ‘spesifieke tekste’ is (“staan op baie plekke”), én dat dit deur die geheel van die Skrif afgelei word (“uit die getuienisse van die Heilige Skrif”). Dus beide aspekte is genoegsaam, relevant en noodsaaklik vir openbaringshistoriese verklaring van die Skrif oor ‘n bepaalde saak of onderwerp.

Weliswaar sê Hy nie hoeveel Persone daar is nie, maar wat vir ons in die Ou Testament enigsins duister is, is in die Nuwe Testament baie duidelik.

Hierdie belydenis getuig ook van die voortgaande openbaring van God aangaande die ‘Drie-eenheid’.  Ons moet dus ook ‘n tema in sy voortgaande openbaring bestudeer. Daarom moet latere duidelike gedeeltes die onduideliker gedeeltes verklaar.  Dieselfde moet gedoen word met die vrou in die amp (bv. Rom.16:1,2 moet verklaar word in die lig van die Pastorale Briewe, en nie andersom nie):

Ons word op al hierdie plekke (NT-slc) baie duidelik geleer dat daar drie Persone in een, enige Goddelike Wese is.

Hier word die claritas van die Skrif bely (‘baie duidelik’) aangaande hierdie saak, ongeag die feit dat nie een ‘spesifieke teks’ bestaan wat die woord ‘Drie-eenheid’ gebruik nie.[1]

Daardeur word gewys dat ‘n openbaringshistoriese ondersoek oor ‘n tema geldig is en dat die ‘afleidings’ van uit die geheel van relevante tekste, in hul onderlinge samehang, genoegsaam is om sekerheid oor ‘n bepaalde saak te verkry.

‘n Mens kan dieselfde sê oor wesentlike sake soos:

a. die verbondsdoop van ons kinders, waar ons nêrens in die NT ‘n eksplisiete teks het wat sê ‘babatjies moet gedoop word nie’, en tog bely ons van harte met sekerheid die inhoud van v/a 74 HK asook NGB art.34, o.a.

“Ons glo en bely … Deur die doop word ons in die kerk van God opgeneem en van alle ongelowiges en vreemde godsdienste afgesonder om heeltemal sy eiendom te wees en sy merkteken en vaandel te dra. Dit dien vir ons tot ‘n getuienis dat Hy ewig ons God en genadige Vader sal wees. Daarom het Hy ons beveel om almal wat sy eiendom is, net met gewone water in die Naam van die Vader en die Seun en die heilige Gees te doop (Mat 28:19). …

Daarom verwerp ons die dwaling van die Wederdopers, wat nie tevrede is met die een doop wat hulle een maal ontvang het nie en wat bowendien ook nog die doop van die gelowiges se kindertjies veroordeel. Ons glo daarenteen dat ons hulle behoort te doop en met die teken van die verbond te beseël, net soos die kindertjies in Israel kragtens dieselfde beloftes besny is as wat aan ons kinders gemaak is. En, waarlik, Christus het sy bloed nie minder vir die reiniging van die gelowiges se kindertjies as vir die volwassenes vergiet nie.

Daarom behoort hulle die teken en die sakrament te ontvang van wat Christus vir hulle gedoen het, soos die Here in die wet beveel het om hulle kort na die geboorte deel te laat hê aan die sakrament van die lyding en sterwe van Christus deur vir hulle ‘n lam te offer, wat ‘n sakramentele heenwysing na Jesus was. Buitendien doen die doop aan ons kindertjies dieselfde as wat die besnydenis aan die Joodse volk gedoen het; dit is die rede waarom die heilige Paulus die doop die besnydenis deur Christus noem (Col 2:11).”

“Vraag 74: Moet die jong kinders ook gedoop word?

Antwoord: Ja, aangesien hulle net soos die volwassenes in die verbond van God en sy gemeente ingesluit is (a). Ook aan hulle word nie minder as aan die volwassenes deur die bloed van Christus die verlossing van die sondes (b) en die Heilige Gees wat die geloof werk (c), beloof nie. Daarom moet hulle ook deur die doop as teken van die verbond in die Christelike kerk ingelyf en van die kinders van die ongelowiges onderskei word (d). So is dit in die Ou Verbond deur die besnydenis gedoen (e) in die plek waarvan die nuwe Verbond die doop ingestel is (f).”

Vanuit verskeie NT Skrifgedeeltes wat sê dat gesinne gedoop is en dit kinders insluit (Hand.2:39; 16:15; 16:31; 1 Kor.1:16, ens., maar nie eksplisiet sê met spesifieke woorde (duidelike?), lei ons met sekerheid af (Westminster Konfessie 1.8) dat kinders deel is van die verbond wat die verbondsteken moet ontvang, en daarom dat die kinderdoop vir ons ‘n belydenis-saak is wat die wesentlike eenheid van ons kerke en kerkverbande raak.   As aan die standpunt van ds. Kurpershoek toegegee gaan word met die spesiale sinode in Julie 2015, word die hermeneutiese deur oopgemaak vir twee standpunte oor die doop om ook in ons kerke in te kom, en beweeg ons weg van gereformeerde kerke wees.

b. En dan is daar ook die kwessie van vroue wat nagmaal vier, nêrens is daar ‘n eksplisiete (duidelike?) vers wat vermeld dat vroue nagmaal gevier het nie, en tog veronderstel ons dit met sekerheid vanuit die Skrif volgens ons belydenis in NGB artikel 35 dat dit alle gelowige vroue insluit op grond van Skrifgedeeltes soos Hand.2:42; 2:46; 20:7; 1 Kor.10 en 11, ens.

Dit is dan ook so in die geval met die openbaringshistoriese studie wat gedoen is aangaande die vrou in die amp, reeds in 1988.  Deur al die ‘afleidings’ kan daar met sekerheid gesê word dat die vrou nie in die besondere ampte toegelaat kan word volgens die Skrif nie.

Om dit alles te bevestig, is met sinode 2015 is juis die volgende belangrike punte van die gereformeerde hermeneutiek aanvaar, soos gereformeerde kerke deur die eeue dit nog altyd aanvaar, spesifiek hier oor die kwessie hoe ons ‘wesentlike sake’ bepaal,

Wesentlike sake

6.1.3.2.1 Sake wat direk uit die Skrif kom en met Skrifberoep gestaaf kan word en/of

6.1.3.2.2 sake wat op grond van direkte Skrifbeginsels uit die Skrif afgelei kan word en/of

6.1.3.2.3 gebruike wat op voorbeeld van die apostels in die Skrif gegrond is.

Dus, die verskil tussen die verteenwoordigende standpunte van dr. Meijer en ds. Kurpershoek is nie bloot ‘n klemverskil nie, maar ‘n saak van Skrifgesag, Skrifbeskouing en Skrifomgang, wat ook baie wesentlike leerstukke van ons Christelike geloof raak.

Mag die spesiale sinode bly by die Skrif alleen, soos saamgevat in ons belydenisskrifte.

Mag die ‘omie’ afgevaardiges waarlik regspraak beoefen in die lig van “daar staan geskrywe”, en nie in die lig van ‘ons weet mos’ valslik sogenaamde kennis nie (1 Tim.6:20,21).

En, mag ons as kerke van Christus ons ‘omies’ gedenk wat ons voorgegaan het, waar hul Christus gevolg het en gebewe het vir sy Woord (Jes.66:2),

“Gedenk julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uiteinde van hulle lewenswandel en volg hulle geloof na. Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid. Moenie rondgeslinger word deur allerhande en vreemde leringe nie; want dit is goed dat die hart versterk word deur genade, nie deur voedsel nie, waarvan die wat daarin gewandel het, geen voordeel gehad het nie.” – Hebr.13:7-9

________________________________

[1] Ironies genoeg, sal dit nie vreemd wees as dieselfde  persone wat geen ‘duidelike/spesifieke’ teks kry teen VIDA nie, heel moontlik baie seker sal wees dat bv ‘menseregte’ wel ‘duidelik’ in die Skrif te vinde is … so dit lyk as die een saak ‘onduidelik’ word, word ander sake skielik ‘duideliker’ … soos die tyd aanstap ?


Responses

  1. Landman se verwysing na “Omies” is kwetsend en uiters seksisties.

    O… Ekskuus. Ek het vergeet vrouens kan nie seksisties wees nie!

  2. Nog a probleem met dr Meijer se artikel, is dat hy nie duidelik maak waarvoor die vrou wel geroep word nie. Hy se telkens sy het n ander roeping en sy moet die man ondersteun. Dit is jammer dat hy nie uitkom by die grootste roeping wat n vrou kan kry nie, nl moederskap.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Categories

%d bloggers like this: