Posted by: proregno | January 13, 2015

GKSA sinode 2015: 13 Januarie 2015 (dag 7)

20150107_123532_resized


21h10: die sinode verdaag tot môre-oggend 08h00, DV.

Na aanleiding van die saak wat tans op die tafel is, of Lied 353 ernstige dwalinge bevat, sien die verhouding tussen Gesange en dwaling vanuit ons kerkgeskiedenis,

BYLAAG 1: Die Gesange as draer van die valse leer tydens die kerkstryd in die 19de eeu[1] – prof. GCP van den Vyver (aangehaal uit “Waarom sing die Gereformeerde Kerk alleen die Psalms?”)

Die weglating van die Dordtse Leerreëls, wat in hoofsaak handel oor die Uitverkiesingsleerstuk, beskou ons as doelbewus.  … Geen wonder dat die algemene versoenings­leer van menige Gesang nie as dwaling onderken en bestry is nie. In lyn hiermee is die leerstuk van die uitverkiesing deur sommige op die kansel van die Kaapse Kerk openlik verwerp en deur ander geheel en al ver­swyg. Die wat dit openlik verwerp het, die openlik liberaalgesinde predikante, het ook openlik daarvoor uitgekom. So verklaar ds.JJ Kotze dat hy en ander ‘de leer der verwerping en verkiesing in art.16 der Nederlandse Geloofsbelijdenis en in art.6,7,10 en 15 van hoofdstuk 1 der Dordrechtsche Geloofsregelen in haar geheel niet kunnen aanne­men.” In 1863 doen ds. Kotze ‘n beroep op die meer behoudende leraars om te sê ‘of zij allen de streng Calvinistische opvatting der prae­destinatie-leer, gelijk die door onze Kerk wordt beleden… zijn toege­daan.”  Was daar iets vanwaar? Ons kan onmoontlik volledig hierop ingaan, maar volstaan met enkele gegewens.

Die Gereformeerdes het later hier­omtrent in hulle openbare verklaring getuig:

‘En over het geheel ontbrak ons bij die meest geachte regtzinnigen ook nog de duidelijkheid van hunne regtzinnigheid. Onze onkunde liet ons veel in het donker, maar ons harte voelde, en bij inzage van de Dordtsche Leerregels en dergelijke schriften verstonden wij, dat ook hunne leerwijze meer smaakte naar het Remonstrantsche dan naar het Gereformeerde.’ ‘n Direkte getuienis het ons in die persoon van Gert Steenekamp wat soos volg verklaar aangaande ‘n onderhoud met ds. Taylor van Cradock: “Ik sprak eens met hem over de Uitverkiezing. Hij antwoordde mij: Gij kunt uw eigen zaligheid uitwerken volgens Filip.2:12 ‘werkt uws zelfs zaligheid met vreze en beven.’ Ja antwoordde ik, maar hoe gemaakt met ‘t volgend vers: ‘Het is God, die in u werkt beide het willen en het werken, naar zijn welbe­hagen.’ Het antwoord dat ik daarop kreeg was:  ‘Daarom kan ik met julle Doppers niet klaar komen.’

… Ds. Huet spreek ook van ‘een sluimerend zich onbewuste gevoel van gemis aan Calvinis­tische prediking’[2] by die ‘Doppers’ en soortgelyk is die getuienis van ds. Frans Lion Cachet[3] wat verskeie gemeentes in die Ned. Geref. Kerk bedien het:

‘Verkiezing en verwerping, de twee stukken die bij zovele orthodoxen in Holland op den voorgrond staan, staan in de kerk van Z. Afrika (en terecht) [4] niet op den voorgrond.”

Dat o.a. ds. A. Murray opening gelaat het vir ‘n Christus pro omnibus, blyk uit sy eie verklaring. Na aanleiding van sodanige beskuldiging het hy geantwoord: ‘De Dordtse vaders echter hebben zich wel gewacht om ergens te zeggen dat Hij alleen voor de uit­verkorenen is gestorven, veel minder dat Hij niet voor allen is gestor­ven.’ Ds. Murray beweer dan verder dat die Leerreëls opsetlik so op­gestel is ‘om ruimte te laten voor het gevoelen dergenen, die uitdruk­kelijk predikten dat Christus voor allen gestorven was, en dat God wel en zeer ernstig de zaligheid van allen wil.’ Die Dordtse Sinode het dus, volgens Murray, aan die prediking Christus pro omnibus ‘eene plaats toegeken in de Gereformeerde Kerk naast die, dat Christus dood in meer byzondere zin de uitverkorenen gold.’

Dat die roeping tot alle volkere uitgaan, en moet uitgaan, dit is korrek, maar die genade in Christus word tog alleenlik bevestig aan die harte van ‘de uitverkorenen.’  Murray het na ons oortuiging hiermee ‘n growwe kettery onder die vaandel van die Dordtse Leerreëls laat vaar. Oor die algemeen kom Du Toit, t.o.v. die Skotse predikante tot die konklusie: ‘De predestinasie is wel deur die Skotte aanvaar, maar is gewoonlik verswyg van die kansel’ en dan voeg hy daarby dat die Skotte wel ‘Calviniste’ was. Om te beweer dat iemand ‘Calvinis’ is maar dat hy tog die uit­verkiesing op die kansel verswyg, is natuurlik ‘n contradictio in terminis, en is nie in lyn met Calvyn wat die predestinasie die cor ecclesiae genoem het nie. Verswyging beteken eenvoudig versaking, en in sy diepste wese tersydesteliing van die hart van die gereformeerde belydenis.[5]

Die Liberalisme het nie net in die prediking van die uitgesproke liberaliste in die Kaapse Kerk tot uiting gekom nie, maar in die vorm van belydenisver­saking en verwerping, ook in die prediking van sogenaamde regsinnige predikante.[6]

[1] Hierdie gedeelte word woordeliks oorgeneem uit GCP van den Vyver, Dirk Postma 1918-1990 (Potchefstroom: Pro Rege, 1958), p.284-286, beklemto-nings en opmerkings in die voetnotas is deur die redakteur bygevoegSien p.14 hierbo vir die doel van hierdie bylaag.

[2] Ds. Huet beskryf noem dat die Kaapse kerke ‘dikwijls verkeerdelijk Arminianisme werd gepredikt’, en dat die Doppers se ‘angstige verkleefdheid aan de oude Calvinistische leer’ ‘n middel is tot bewaring van ‘de Gereformeerde kerkleer’ wat anders op baie plekke verlore sou gegaan het.’, ibid., p.305

[3] Hy moet nie verwar word met Jan-Lion Cachet van die Gereformeerde Kerke nie.

[4] Baie belangrik is dit om ‘tereg’ kennis te neem van dr. van der Vyver se voetnota (528), by hierdie woorde van Cachet: “Cachet dwaal met sy ‘en terecht’.”

[5] Soms word daar ook tussen Dordtse outentieke Calvinisme en Arminianisme ‘n middeweg geskep deur voor te hou dat die verbondsleer die hart van die gereformeerde belydenis is.  Indien daarmee bedoel word dat ons soewereine genadige God se predestinasie/uitverkiesing die basis en fondament is van die verbond in die geskiedenis, dan is dit aanvaarbaar, maar sodra uitverkiesing en verbond so geskei of ‘onderskei’ word dat dit daarop neerkom dat die mens se handelinge soewerein raak in die kwessie van wie aan die verbond behoort, al dan nie, dan is dit verwerplik, want dan is ons weer op die glibberige pad van die ‘growwe ketterye’ van die Arminianisme.

[6] Ibid., p.284-286, beklemtonings bygevoeg – red.


21h00: beide beswaarskrif broeders vermeld dat nie een van hulle in kennis gestel is om kommissie te kom sien oor hierdie belangrike saak nie.

– sinode besluit saak word terugverwys na kommissie, om beswaardes aan te hoor.


20h45: ds. Peet Coetzee maak sterk pleitdooi teen lied 353 en dat dit ‘n wesentlike saak is. Hy vra dat eksegese van prof. Jordaan van Joh.1:12,13 op die groot skerm in sinodesaal gewys word. Hy roep sinode nou op tot bybelstudie in hierdie sitting en gaan voort op bybelstudie te lei.

Konklusie van Bybelstudie: “die frase ‘word nou sy eiendom’ berus nie op ‘n geldige eksegese van Joh.1:9-13 nie.”


20h40: dss. Gert Erasmus kwadraat (pa en seun) gee sterk getuienis ten gunste van die beswaarskrif. Ons ‘word’ kinders van God (Joh.1:12), deur Hom wat Verlosser ‘is’ en ‘deur’ sy menswording en werke ons verlos.  Baie belangrike onderskeid om te handhaaf.


20h35: gaan oor die frase ‘Verlosser word‘ wat gesing word wat oop is vir baie misverstand. Soos  die beswaarskrif dit stel (beklemtonings bygevoeg),

“Die Dordtse Leerreëls stel baie duidelik dat die mens uitverkies is voor die grondlegging van die aarde (1.7 met verwysing van Efesiërs 1) en dat Christus voor die skepping reeds bestem is as Verlosser (1.7 bely duidelik God het Christus ook van ewigheid af tot Middelaar en Hoof van al die uitverkorenes en tot Fondament van die saligheid gestel. So het Hy ook besluit om die uitverkorenes aan Christus te gee om hulle salig te maak. Christus was dus Middelaar en Verlosser voor die mens geskep is. Daarom weerspreek hierdie lied Skrif en Belydenis.”

Dus, Christus ‘is’ van altyd af ons Verlosser, ‘word’ dit nie. Hy word wel mens, deur vlees aan te neem, maar Hy is ons Verlosser en Middelaar van altyd af.


2oh30: kommissie meen die beswaargronde slaag nie, en beveel aan dat die beswaarskrif in sy geheel nie slaag nie.

Bespreking volg.


20h25: Ds. Peet Coetzee en dr. Hennie van Wyk se besware is dat lied 353 remonstrants is en die leer van die twee nature van Christus aantas.


20h20: Op tafel, die saak wat hier onder reeds genoem is,

22.3: Beswaarskrif: Ds PA Coetzee en dr HF van Wyk teen ‘n besluit van Sinode 2012 – Lied 353


20h15: Op tafel, A 18.3, bl.109

18.3: Rapport 3 – Deputate Historiese Sake – Burgersdorpse Kultuurhistoriese Museum

– goedgekeur


20h05: Op tafel, AA.22, bl.398

22.1: Aanvullende Rapport 1 – Deputate Liturgiese Sake – Subgroep Afrikaanse Liedere – Keuring van Psalms, Skrifberymings, Belydenisliedere en ander Geestelike Liedere

– goedgekeur


20h00: Ds. Cassie Aucamp aan die woord, AA, bl.335

16.1: Aanvullende Rapport Deputate Ekumenisiteit – Owerheid

– goedgekeur en aanvaar.


19h45: aangaande die kontradiksie tussen verlede Woensdag se besluit (vir pro-VIDA NGK) en Vrydag se besluit (VIDA saak is wesentlike saak wat ‘n spesiale sinode verg), sien hier wat ek reeds geskryf het oor die deformasie in die CRCNA (wat min of meer die NGK ekwivalent is van die VSA):  GKSA en CRCNA


19h30: weer gesprek oor appél prosedure om dit nog beter te maak.


19h20: brief aan sinode Soutpansberg verwys na kommissie vir verwerking van regte bewoording.


19h15: sien ds. Dirk Dykstra se belangrike opmerking hier (heel) onder, ons moet bid vir wysheid en (behalwe ons gebede saam en gesprekke met ons gemeentes en kerkrade) ook met mekaar gesels oor – wat vra die HERE van ons midde hierdie tye (nie wat ons oorhaastig reaksionêr dalk graag wil doen nie).


19h00: sinode bespreek nou ‘n brief wat aan Sinode Soutpansberg gestuur gaan word in antwoord op die pad vorentoe rakende ekumeniese kontak (A3, p.50-52),

16.2: Rapport 1 – Deputate Ekumenisiteit Binnelands – Oorkoepelend


17h25: sinode breek vir ete tot 18h45.


17h15: Appélsaak van Hennie Momberg slaag nie.


17h00: Kennisgewing op Gerefkerke eposlys,

“Goeie Dinsdagmiddag!

Ons het gister berig dat die sinode vandag sou oordeel oor liedere wat deur die betrokke Deputate  aan die sinode voorgelê is vir gebruik in die kerke.

Een nuwe Skrifberyming en 33 nuwe Skrifgetroue liedere is aanbeveel.

Die Skrifberyming en 32 van die voorgestelde Skrifgetroue liedere is goedgekeur en word nou aan die vryheid van die plaaslike kerke oorgelaat vir gebruik in die erediens.

Daar is ook besluit dat voorleggings van liedere vir beoordeling deur die Deputate moet geskied met motivering aan die hand van die ooreengekome beginselriglyne.

Daar is groot dank uitgespreek vir die werk van die Deputate.”


16h45: appélsaak van br. JH en sr. M Kruger slaag teen GK Linden.

Volgende is appélsaak van Hennie Momberg.


16h20: na teetyd gaan bespreking van appélsaak (JH en M Kruger) teen GK Linden voort, nog geen besluit of appélsaak slaag of nie.


15h25: A22.1 in sy geheel aanvaar met die nodige wysings soos besluit deur hierdie sinode.

Die appél prosedure is weer op tafel.

Appél saak by streeksinode Randvaal is nou op die tafel.


15h20: Punt 2.4 op bl.221 is nou in bespreking.

So, as ek reg verstaan, bestaan die liedereskat van die GKSA nou uit,

– 150 Totius Psalms

– 150 Cloete Psalms

– 60 Skrifberymings

– 63 nuwe Skrifberymings/Skrifgetroue liedere/Belydenisliedere

= 423 liedere.

‘n Lekker dik Sangboek.


15h15: Uit die geskiedenis,

“Maar diegene wat die waarheid liefhet en die geskiedenis ken, sal met my saamstem, dat daar waar die Reformasie die suiwerste deurgebreek het, die gesange volkome afgeskaf is.” – ds. Hendrik De Cock (vader van de Afskeiding van 1834 in Nederland)

Ja, die geskiedenis het meer om te bewys. Haar onwraakbare getuienis is dat geen kerk streng gereformeerd gebly het, wat die gesange gebruik het nie. Daar was steeds ‘n wisselwerking. Die losheid in de leer roep om die gesange, en die gesange roep om die losheid van die leer.” – Totius en Cachet


15h10: Ds. Christo Swanepoel roep ook almal op om die Psalms opnuut te waardeer, soos die vroeë kerk (Handelinge) Psalms gesing het. Hy meen ons moet nie tevrede wees met al die mickey mouse liedere wat nou goedgekeur word nie en heeltyd so herhaal word nie … ‘n stelling wat aanstoot veroorsaak vir sommiges in die vergadering, en daarom moes ds. Swanepoel terugtrek.


15h00: paar afgevaardiges, o.a. dss Louis Aucamp en Pieter Le Roux spreek hul groot kommer uit dat die klomp Gesange die Psalms verdring en meer gaan verdring.  Ds. Le Roux wat groot geword het in die NGK, bevestig dat dit die praktyk was en is in die NGK, Psalms gaan verlore. Hy doen ‘n groot pleitdooi dat die Psalms kosbaar vir ons sal bly, en dat met elke Gesang wat gekies word, dit een Psalm minder is.


14h45: beswaar teen Lied 453, daar is nou besinning daaroor.  Meerderheid stem die Liedboek lied 453 in ons ‘Psalmboek’ in, laasgenoemde naam moet seker na dese verander word na “Sangboek/Liedboek van die GKSA” ?


14h40: Die mossiespan het een rondte gewen, Lied 447 is uitgestem. Die voorsitter verseker die vergadering dit is nie kritiek teenoor daardie kerke wat in hul Liedboek wel hierdie lied sing nie. Hy is ook dankbaar vir die deeglike voorbereiding wat gedoen is in die beoordeling van hierdie liedere.


14h35: beswaar teen Lied 447, maar hierdie verkiesing is meer kop-aan-kop, dit kan ‘n fotobeslissing wees.


14h30: beswaar teen Lied 434, maar ook met meerderheid ingestem.


14h30: beswaar teen Lied 387, maar ook met meerderheid ingestem.


14h30: beswaar teen Lied 245, maar ook met meerderheid ingestem.


14h25: Met meerderheid word Lied 207 wel aanvaar.

Eie opmerking: dit lyk my heelwat mense wat Gesange met vorige sinode ingestem het … het nou heelwat probleme  met sekere liedere wat nou voorgestel word vir goedkeuring … dit laat mens wonder, die beste en veiligste beswaarskrif teen ‘n Gesang bly:

Dit is nie ‘n Psalm nie.


14h15: Besig met A 22.1 – 22.1: Aanvullende Rapport 1 – Deputate Liturgiese Sake – Subgroep Afrikaanse Liedere – Keuring van Psalms, Skrifberymings, Belydenisliedere en ander Geestelike Liedere

Daar is nou beswaar teen Lied 207:1 op bl.180, A.


12h15: breek vir ete. Die appél prosedure is nog op die tafel.


11h50: nog steeds bespreking oor appél prosedure, dus hoe appélsake hanteer moet word.


11h45: Lees solank die volgende beswaarskrif van ds. Peet Coetzee en dr. Hennie van Wyk teen Lied 353, wat hul meen ernstige remonstrantse dwalinge bevat, asook die leer van die 2 nature van Christus aantas. Die rapport daaroor deur kommissie beswaarskrifte 2 – liturgie, volg later vandag:

22.3: Beswaarskrif: Ds PA Coetzee en dr HF van Wyk teen ‘n besluit van Sinode 2012 – Lied 353


11h30: die appél deputate lewer nou verslag oor die prosedure wat gevolg moet word by appélsake, soos besluit tydens sinode 2012.

Sien bl.9 vir appélprosedure op bl.9 van Agenda.

11.1: Rapport: Studiedeputate KO, art 31 – Appèlprosedure


11h20: die voorsitter bedank al die werk wat Admin Buro doen. Van al die rapporte kennis geneem, met dank.


11h15: Stille nag – sinode verwerp beswaar


11h00: heelwat afgevaardiges wys daarop dat heelwat gemeentes swaar kry en of nie die agterstallige ramings kan betaal nie, of nie die verhoging in ramings nie.


10h45: bespreking gaan voort oor ramings. Daar is vrae waarom word agterstallige ramings nie afgeskryf word nie, en of ‘n studie al gedoen is waarom gemeentes nie ramings betaal nie.


10h30: bespreking volg, onder andere oproepe dat ons moet ‘vermeerder’ en groei.

Teetyd tot 10h45.


10h00: vanaf 2013 na 2014 is daar 2000 lidmate minder in die GKSA. Die rapporteur noem dat ons ramings moet sien nie as ramingsplig nie maar ramingsvreugde om ons dienswerk te verrig.


10h15: ramings vir 2014: R558 per belydende lidmaat vir die jaar; ramings vir 2015: R609 per belydende lidmaat vir die jaar. Dus R1.68 per dag.


10h15: Rapporteur noem – ramings is nie vloek op kerke nie, maar sodat ons ons dienswerk kan doen. Sien die skrywe van die Admin Buro “aan alle kerke en lidmate”, 11 September 2014, waarin ramings en ander sake verduidelik word.


10h10: ramings is hoofsaaklik vir emeriti en teologiese opleiding.


10h00: die ramings is nou op die tafel, in camera. R13 684 000 agterstallige ramings, dit word nie afgeskryf nie.


09h45: AA 13.8, bl.306 oor finansies op die tafel,

13.8: Rapport 8 – Bestuur van die Administratiewe Buro aan die lede van die Administratiewe Buro – Finansies


09h30: hier word besluite ook deurgegee op die GKSA se facebook blad: https://www.facebook.com/GKSA.RCSA.

A24.2 goedgekeur, kuratore sal die saak verder hanteer.


09h20: A 24.2 oor afstandsleer is op die tafel,

24.2: Rapport 2 – Kuratore Teologiese Skool Potchefstroom – Oop afstandsleer vir Kandidaatstudente vir wie dit nie moontlik is om na Potchefstroom te kom nie

Daar volg vrae en bespreking.


08h40: Op tafel,

13.2: Rapport 2 – Bestuur van die Administratiewe Buro aan die lede van die Administratiewe Buro – Administrasie

Daar is vrae oor die probleem van agterstallige ramings.

Dit gaan later bespreek word, as state uitgedeel word.

Daar is R14 000 000 agterstallige ramings, en ds. Willem Vogel stel ernstig voor dat dat hierdie wesentlike saak ook verwys word na spesiale sinode, want baie werk kan nie gedoen word nie weens hierdie agterstallige ramings.

Dit sal alles later bespreek word.


08h35: Ds. Cassie Aucamp het gisteraand die volgende mededeling gestuur op die Gerefkerke eposlys:

“Goeienaand almal!

Dit lyk asof daar by die meeste afgevaardigdes by die sinode eenstemmigheid is oor wat in ons kerke gesing mag word.

Twee beswaarskrifte teen sinode 2012 se besluit dat art 69 van die Kerkorde gewysig word is sonder veel redenasie en met oorweldigende meerderheid afgewys. Die wysiging van 2012 hou in datt “Skrifgetroue liedere”  by “Skrifberyminge” gevoeg word as liedere wat “in die vryheid van kerke gelaat word”

Die 2012-besluit stel duidelik dat hierdie liedere gekeur moet word aan die hand van beginselriglyne waaroor daardie sinode ooreengekom het. Ongeveer 30 sodanige liedere word deur die betrokke Deputate vir goedkeuring aan die Sinode voorgehou. Volgens die program sal die sinode more-oggend oor hierdie liedere besluit.”


08h25: Die volgende sake dien vandag:

– Administratiewe Buro sake (13.2 A – 13. A; 13.7AA – 13.10 AA)

– Rapporte oor appélsake, wat ook insluit rapport oor appélprosedure, (13.10 AA, bl.313).

– Rapport 1 – deputate liturgiese sake – supgroep afrikaanse liedere – keuring van Psalms, Skrifberymings, Belydenisliedere en ander Geestelike liedere (22.1 A, bl.171).


08h15: Opening het plaasgevind, ds. Theuns de Klerk het gelees uit Joh.17, en Ef.3-beryming word gesing as gebed.


06h45: sinode gaan vanoggend voort vanaf 08h00.  Hier is ‘n woord oordenking wat ek graag met julle deel:

AFFLICTION

(Thomas Watson)

There is more malignity in a drop of sin, than in a sea of affliction; for sin is the cause of affliction, and the cause is greater than the effect. The sword of God’s justice lies quiet in the scabbard–until sin draws it out!

Affliction is good for us: “It is good for me that I have been afflicted!” Psalm 119:71. When God lays men upon their backs, then they look up to Him. God’s smiting His people with the rod of affliction, is like the musician’s striking upon the violin, which makes it put forth melodious sound. How much good comes to the saints by affliction! Like fragrant spices, when they are pounded, they send forth their sweetest smell. Affliction is a bitter root, but it bears sweet fruit!

Affliction causes repentance. “In his distress Manasseh sought the favor of the LORD his God and humbled himself greatly before the God of his fathers!” 2 Chronicles 33:12

The viper, being stricken, casts up its poison. Just so, God’s rod of affliction striking us, we spit away the poison of sin!

Affliction betters our grace. Gold is purest, and juniper sweetest–in the fire.

Affliction prevents damnation! “When we are judged by the Lord, we are being disciplined so that we will not be condemned with the world!” – 1 Corinthians 11:32

 


Responses

  1. Agterstallige ramings: Gaan “Die Adminburo” op die bates van die kerke wat agterstallig is beslag lê?

    Die vraag is hoekom daar soveel agterstallig is? Miskien is dit tyd vir “Die Sinode” om te begin om die begroting aan te pas na die dalende lidmaattal asook die werklikhede van die ekonomiese toestande.

    Ongelukkig is die predikante – 50% van die Sinode stemkrag – nie juis aan die ekonomiese werklikhede blootgestel nie. Dit is te betwyfel of die begroting hoegenaamd aangepas sal word. Immers, dink net daaraan as ‘n paar professor poste afgeskaf moet word.

  2. Ek skat dat Slabbert die “Related” skakels kies en dat die een oor CRCNA moontlik op grond van my opmerkings van gister, geplaas is. Die artikel/kommentaar van Rev. Clayton Spronk bevestig ook maar net dat aanvaarding van VIDA op die ou end tot “net VIDA is die enigste interpretasie en almal moet dit aanvaar” lei. Dit was ook so in die Willow Creek gemeente.

  3. Het julle al daaraan gedink dat as ‘n gemeente wil onttrek van die GKSA vanwee die dwaalleer wat al ingekruip het, maar hulle is agterstallig op ramings, gaan die GKSA ‘n hofsaak maak en die ramings van hulle eis. Agterstallige ramings gaan dus ook in die pad staan van gemeentes wat nie verder kan saamloop nie. Daan Malan

    • Ek wonder of dit in ‘n hof sal staan en wat gebeur met ‘n gemeente wat agterstallige ramingskuld het wat ontbind?
      Ek vermoed dat die volgende van toepassing is: 2 Kor. 9:5 “Ek het dit dus noodsaaklik geag om die broeders te versoek om vooruit te gaan na julle toe en julle vroeër aangekondigde dankoffer vooraf in orde te bring, sodat dit gereed kan wees as ‘n dankoffer en nie as iets wat afgepers is nie.
      7 Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het ‘n blymoedige gewer lief.”
      Die Rabbi’s in die sinodesaal kan maar sê: “dat ons ramings moet sien nie as ramingsplig nie maar ramingsvreugde” maar daar is by baie lankal nie meer ‘n vreugde in die betaal van ramings nie dit word m.i. eerder as ‘n las ervaar.

    • Die hof sal die saak waarskynlik beoordeel op grond van die kontraktuele ooreenkoms tussen die gemeente en die Admin Buro. As die Admin Buro hom probeer beroep op die mistieke “Gemene Akoord” gaan die regter waarskynlik uitbars van die lag.

  4. Die gebeure en besluite van GKSA Sinode 2015 herrinner aan Jesus se woorde in Matt. 23:37 “Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig dié wat na jou gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak net soos ‘n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie! 38 Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat! 39 Want Ek sê vir julle: Julle sal My van nou af sekerlik nie sien nie totdat julle sal sê: Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!”
    Laat ons dan op Sy waarskuwing ag gee in Matt. 24:45 “Wie is dan die getroue en verstandige dienskneg vir wie sy heer oor sy diensvolk aangestel het om hulle hul voedsel op tyd te gee? 46 Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, op hierdie manier besig sal vind. 47 Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel. 48 Maar as daardie slegte dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom — 49 en hy sy medediensknegte begin slaan en saam met die dronkaards begin eet en drink, 50 dan sal die heer van dié dienskneg kom op ‘n dag dat hy dit nie verwag nie en op ‘n uur dat hy dit nie weet nie; 51 en sal hom pynig en hom ‘n deelgenoot van die geveinsdes maak. Daar sal geween wees en gekners van die tande.”

  5. Gaan ons nou na elke sinode ‘n dikker en dikker sangboek moet aanskaf? Arme orrelisse/stes wat elke keer ‘n nuwe duur koraalboek moet koop.

  6. Die volgorde van verval lyk vir my as volg:

    1) Weeklikse Christelike Sabbat en die twee Sakramente wat Christus ingestel het is onvoldoende, ons het ook selfgemaakte feesdae nodig om die heilsgeskiedenis in te skerp (want ons preek nie meer sistematies deur die Woord nie (predikante te lui, en kerkgangers raak te gou verveeld), en daarom kan dit gebeur dat die groot heilsgebeure andersins afgeskeep word);

    2) Die 150 Psalms is onvoldoende vir die jaarlikse feesdae, daarom het ons ander gewyde liedere nodig, maar omdat ons darem ”Gereformeerd” is, moet sulke liedere alleen Skrifberymings wees (diegene wat alleen by die Psalms hou, wil/mag dan nie die Skrifberymings veroordeel nie, want ons sing immers uit die Woord, ten spyte daarvan dat alleen die 150 Psalms ‘n volledige gesangboek in die Bybel konstateer);

    3) Wanneer ons preek en bid gebruik ons nie net woord vir woord uit die Woord nie, of berymd Skrifgedeeltes nie, en daarom hoef ons eintlik nie gewyde liedere / gesange te beperk tot Skrifberymings nie, Paulus skryf tog immers in Gal & Ef van Psalms, Gesange en Geestelike Liedere (ons wil eerder nie daarvan hoor dat hierdie terme na die titels van die 150 Psalms alleen verwys nie). As ons net Psalms gesing het (en inderdaad ander Skrifberymings veroordeel het), sou ons nog kon argumenteer dat elke element van Aanbidding in sy eie baan funksioneer, en terwyl daar ‘n volledige gesangboek in die Bybel gegee word, word daar nie ‘n gebede-boek of preekbundel gegee nie;

    4) Nou dat enige duuntjie ook gewyde lied / egte gesang kan wees, en die Gesangboek van die Bybel agterwee” gelaat word (want die mense hart verkies sy eie uitvindsels), waarom ook nie ander gedeeltes wat ons nie meer pas nie, soos verbod op VIDA & HIDA agterwee” laat nie, en eintlik is daardie Vierde Gebod ook lankal nie meer geldig nie (en weet ons eintlik niks meer van die Tweede Gebod nie), die “kerk” moet immers ”relevant” wees;

    5) Uiteindelik wil lidmate eintlik nie meer na die Erediens nie, want ek kan alles wat ek in die Erediens vind ook in die we^reld daarbuite kry, in hierdie “relevante kerk”. So word dit ‘n lee” ”kerk”, en ja, hartseer genoeg, ‘n dooie “kerk”.

    Josef du Toit
    Brussel, Belgie”

  7. Hoekom word die Gesange of Liedboek so in paaiemente met elke Sinode bietjie bietjie ingevoer? Aanvaar die Liedboek en kry klaar. Kan nie elke Sondag met klomp boeke Kerk toe gaan nie.
    Doppers raak baie verkramp, dis hoekom lidmate maar padvat na ander Kerke. Die syfers spreek vanself.

  8. Nog ‘n verkwisting van ramings:
    “2.6 Dat ‘n finale hersiene uitgawe van die 1976-Psalmboek (“Swart Psalmboek”) uitgegee word waarin al die “Totius-berymings”, die Messiaan
    se weergawe van Psalm 110 wat deur Sinode 2012 goedgekeur is en alle Skrifberymings (Belydenisliedere ingesluit)wat tot Sinode 2015 goedgekeur is, opgeneem sal word.”
    Gemeentes wat van die “Swart Psalmboek” gebruik maak sing oor die algemeen nie die nuwe liedere nie.
    “2.7 Dat ‘n finale hersiene uitgawe van die 2003-Psalmboek (“Groen Psalmboek”) uitgegee word waarin alle goedgekeurde berymings van die Psalms (die “Totius-berymings”, die “Cloete-omdigtings” en die Messiaanse weergawe vanPsalm 110 wat deur Sinode 2012 goedgekeur is), alle Skrifberymings (Belydenis liedere ingesluit) wat tot Sinode 2015 goedgekeur is en alle Skrifgetroue liedere wat nie in die Liedboek van die Kerk voorkom nie, opgeneem sal word.”
    Vir gemeentes wat van die “Groen Psalmboek” gebruik maak is dit meestal voldoende as die liedjies op die score board vertoon word tydens hul byeenkomste, dis vir hul net ‘n las om die dik boek te moet saamdra en hulle het waarskynlik nerens anders ‘n nut vir die boek nie.

  9. Dag Broeders
    Ons sien die deformasie en dit ontstel ons beslis.
    Maar die vraag in my gemoed is: hoe gaan ons nou binne die onguns van die tyd optree? Die deformasie staak nie ons roeping nie…dit bring dit dalk meer na vore.
    Gaan ons die deformerende broeders vaarwel roep? 1Pet.2:17 se: julle moet die broederskap liefhe. Dit is so, Lot het die deformerende pad gekies na Sodom en Gomorra waar hy met die “gays” geeindig het. Tog praat die Here van die regverdige Lot in 2Pet.2:7.
    Wat sal ons nou maak binne die deformasie? Word ons nie dalk meer beproef as wat ons besef nie…om op die Here se Woord op te tree en nie reaksioner nie?
    Dit is ‘n vraag wat my kommer: wat se die Here moet ons nou maak?
    Groetnis

  10. Goeie dag ds. Dirk en ander,
    Ek het nadat die besluit “GEREFORMEERDE KERKE AANVAAR MEMORANDUM VAN EKUMENIESE VERHOUDING MET NG KERK” bekend geword het, hierdie saak in oënskou geneem en die vraag wat telkens weer na vore gekom het was: Wat het wesenlik verander in die afgelope 3 jaar vanaf die vorige sinode waar hierdie Memorandum afgekeur is?
    Volgens my kennis is daar nie ’n wesenlike verskil tussen die memorandum wat by die sinode van 2012 afgekeur is en die memorandum wat by die huidige sinode goedgekeur is nie. Daar het m.i. ook niks wesenlik verander wat motiveer waarom die memorandum by die huidige sinode goedgekeur is nie. Kerkregtelik begryp ek ook nie hoe hierdie saak op hierdie wyse weer ter tafel gekom het nie vgl. KO Art 31 & 46. Waarskynlik kan die besluit van die sinode van 2012 dat die saak terugverwys is na die deputate as skuiwergat gebruik word. Ten spyte hiervan glo en bely ons die voorsienigheid van God die Vader (HK Son. 9 & 10), dit is dan ook my verklaring en ons troos i.v.m. hierdie besluit.
    Op ’n praktiese noot, indien die volgende sou kon plaasvind sal die besluit i.v.m. die memorandum vir my ’n sinvolle uitkoms hê:
    Beide partye in die saak oor VIDA en wat daarmee saamhang kom ooreen dat:
    1. Na jare se studies, beswaarskrifte, gesprekke ens. die partye om welke rede ook al mekaar nie oortuig kry t.o.v. hierdie saak nie.
    2. In die lig van die aanvaarding van die memorandum en die feit dat die NGK reeds jare VIDA het, lidmate, gemeentes en predikante die geleentheid gegee word om oor te gaan na die NGK sonder dat predikante te nagekom word t.o.v. hul pensioen ens.
    3. Die Admin. Buro word geprivatiseer om sodoende kundiges aldaar die geleentheid te bied om dienste te lewer oor kerkverbandgrense heen. In hierdie proses word die elektroniesemedium optimaal benut en weggedoen met duur gedruktemedium wat ook ’n groot ekologiese voordeel meebring.

    Hierdie is in ’n neutedop ’n moontlike oplossing om die spanning te ontlont en die geleentheid skep om die memorandum prakties te maak. Gemeentes word sodoende in staat gestel om te fokus op hul Missionêre roeping en koninkryk gerig besig te wees.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s

Categories

%d bloggers like this: