GKSA sinode 2015: 14 Januarie 2015 (dag 8)

Rustenburg Seringboom


Prof. Jorrie Jordaan (TSP) se eksegese van Johannes 1:9-13, soos deur ds. Peet Coetzee (GK Potchefstroom) belig tydens bespreking van hul beswaarskrif teen Lied 353, wat ook gehelp het dat hierdie lied nie meer deel is van die GKSA se liedere nie (sien 13h30 hier onder):

“Johannes 1:9-13

Veral verse 12-13 is hier ter sake.

12 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; 13 wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ’n man nie, maar uit God gebore is.

Hierdie verse is in ’n besondere volgorde gerangskik, wat nie as ’n tydvolgorde opgeneem behoort te word nie. M.a.w. dit sou foutief wees om, in navolging van die sinsorde van die vers af te lei:

Eers: Mense neem Christus aan

Dan: Word kinders van God

Dan: Glo

Daarna: wedergeboorte.

So ’n verstaan van Joh 1:12-13 lees foutiewelik ’n chronologiese volgorde in die gedagtelyn in, in plaas van ’n heilsordelike lyn.

Boonop hou so ’n afleiding nie rekening met Johannes se skryfstyl nie. Johannes rangskik sy gedagtes in spiraalvorm, sodat hy telkens na ’n gedagte stel, daarop uitbrei, en dan weer na die eerste gedagte terugkeer, maar dan op ’n dieper vlak.

In hierdie verse blyk dit dan die volgende:

  • Die uitkoms/eindpunt van gebeure word in die hoofsin gestel:

v.12b: Hy het aan hulle die mag (eksousia, d.i. die wetlike bevoegdheid) gegee om sy kinders te word.

  • Aan wie het Hy die mag gegee? Wat gaan die mag gee vooraf?

Die antwoord op hierdie vraag omarm die hoofsin:

v.12 a: Aan soveel as wat Hom aanvaar het … v.12c: wat in sy Naam glo (d.w.s. aan sovele as wat Hom in  die geloof as Here en Saligmaker aanvaar het).

  • Wie aanvaar Hom in geloof? M.a.w. hoe kom hulle daarby uit om te glo?

Die antwoord op hierdie vraag word (verbonde aan die “sovele as …”-sin van vers 12 as ’n generiese kwalifikasie aan die einde in ’n betreklike bysin bygevoeg:

v.13: Hulle wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ’n man nie, maar uit God gebore is.

Vers 13 neem ons na die oorsprong, die allereerste begin van God se heilsweg met die mens: Hierdie eerste beweging kom nie van die mens self nie (“nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ’n man nie”).Dit kom van God af (“maar uit God gebore”).

Dit is belangrik om daarop te let dat die woorde van vers 13 “die mag (eksousia, d.i. die wetlike bevoegdheid) gegee om sy kinders te word”, nie met “sy kinders, sy eiendom te word”verwar moet word nie, maar dat dit daarop dui dat hulle wat reeds by die uitverkiesing sy eiendom geword en deur wedergeboorte sy kinders geword het, eers by die aanneming in die geloof die bevoegdhede wat aan kindskap verbonde is, ontvang (vgl. Bouma, p.63).

Hulle word dus nie sy eiendom, sy kinders op grond van hulle geloof nie, maar op grond van hulle geloof ontvang hulle die wetlike bevoegdheid om die weldade van kindskap (Bouma: “die kindsgoedere wat testamentêr aan hulle toegesê is”) op te neem.

Daarom: Die frase “word nou sy eiendom” berus nie op ’n geldige eksegese van Joh 1:9-13 nie.”

————————–

slc nota: sien die volgende artikel van myself en ds. Cobus Rossouw oor dieselfde soort probleem by die Direkte Vertaling (ook die Nuwe Vertaling) raaksien in hul vertaling van frase ‘deur/uit die geloof’ as ‘omdat/op grond van die geloof”:

Deur/uit die geloof vs op grond van die geloof ?

““Dis na my beskeie mening ‘n hartseer vertaling (direkte vertaling van Gal.3:7,11 – slc) wat baie maklik die weg kan open tot die dwaling van Arminianisme. Dis waar dat die frase εκ πίστεως as ‘op grond van geloof’ vertaal kan word (vgl. DB Wallace,Greek Grammar Beyond Basics, Zondervan, 1996, bl.371). Wat egter baie belangrik is, is dat Paulus in vers 11 met die baie belangrike Hab 2:4 werk – ο δίκαιος εκ πίστεως ζήσεται (“die regverdige sal uit die geloof lewe”). As gevolg van die naby konteks sou ek sê dat εκ πίστεως (uit die geloof) van 3:8 en 11 dieselfde betekenis moet hê – trouens dit sien ons ook in die vertaling.” – Cobus Rossouw

Ons word nie gered deur die waarde van ons geloof nie, maar deur die geloof as middel en instrument (HK So.23 v/a 61; sien ook NGB art.22)

DL, VD 1:3,

Die Sinode verwerp die dwaling van hulle wat leer:

Die welbehae en voorneme van God, waarvan die Skrif in die leer van die uitverkiesing melding maak, bestaan nie daarin dat God sekere, bepaalde mense bo ander uitverkies het nie. Dit bestaan daarin dat God uit alle moontlike voorwaardes – soos byvoorbeeld die werke van die wet – of uit die orde van alle dinge, die wesenlik onverdienstelike daad van die geloof en die onvolmaakte gehoorsaamheid daarvan tot ‘n voorwaarde vir die saligheid uitverkies het. Dit sou Hy dan genadiglik wou reken as ‘n volkome gehoorsaamheid en dit waardig ag om met die ewige lewe te beloon.

Die Sinode leer: Hierdie skadelike dwaling maak die welbehae van God en die verdienste van Christus kragteloos. Terselfdertyd word die mense deur nuttelose vrae van die waarheid van die genadige regverdigmaking en van die eenvoud van die Skrif weggelei. Daarmee word hierdie uitspraak van die apostel as onwaar bestempel: God het ons geroep met ‘n heilige roeping, nie volgens ons werke nie, maar volgns sy eie voorneme en genade wat ons van ewigheid af in Christus Jesus geskenk is (2 Tim. 1:9).

2 Tim. 1:9 wat ons gered en geroep het met ‘n heilige roeping, nie volgens ons werke nie, maar volgens sy eie voorneme en genade wat ons van ewigheid af in Christus Jesus geskenk is.


14h30: ek teken ook af. Wees welkom om hier onder by die comments/reply afdeling verder te gesels in die toekoms. Ek sal antwoord waar ek kan. Dankie vir almal se belangstelling, ook hulle wat dit vir my moontlik gemaak het om verslag te kan lewer, ek waardit baie.

Mag die Here ons nou stille wysheid en krag gee vir die pad vorentoe.

Groete uit Potchefstroom.


14h10: Voorsitter lees uit Efesiërs 1:15-23, en wys ons daarop dat ons ons rykdom in Christus sal raaksien (v.18). Hy doen ‘n beroep dat ons ons geestesoë oopmaak sodat ons ons roeping kan volbring. Laat ons vashou aan ons Vader wat ons kom opsoek het en ons elke dag versorg. Ons moet ook verander deur die Gees (v.20), ook ons kerke, tot sy eer.

Die voorsitter sluit af met gebed, waarna ons sing Psalm 43:3.


14h00: einde van sinode, bedankings begin.


13h55: Op tafel,

13.8: Rapport 8 – Bestuur van die Administratiewe Buro aan die lede van die Administratiewe Buro – Finansies

Verpligte en vrywillige kollektes.

Voorstel vir nuwe vrywillige kollekte: vir sentrum vir kerklike bediening (omkeerstrategie).  Dit word verwys na Admin Buro.


13h45: Op tafel,

13.7: Rapport 7 – Bestuur van die Administratiewe Buro aan die lede van die Administratiewe Buro – Ouditkomitee

– goedkeuring


13h40: as iemand vrae het oor besluite, gaan kyk hier na Agenda en vrae spesifiek met verwysing na spesifieke punt op Agenda, dan sal ek kyk of ek kan vasstel wat die besluit oor daardie saak is:

http://www.cjbf.co.za/sinode15/


13h30: Op tafel,

22.3: Beswaarskrif: Ds PA Coetzee en dr HF van Wyk teen ‘n besluit van Sinode 2012 – Lied 353

Beswaarskrif slaag in sy geheel. Lied 353 is dus uit.


12hoo: ete tot 13h15.


11h30: finansiële kommissie oor SS. Sinode 2015 kos R1.6 miljoen. Die beraamde SS kostes gaan R280 000 wees.

– goedgekeur


11h25: Op tafel, AA 27.2, deputate omkeerstrategie, bl.462-466.

Gaan oor toerusting van ouderlinge en hulp aan kerke met die uitdra van van die evangelie.

– goedgekeur


11h15: A 20.9 se beswaarskrif – kuratore gaan riglyne opstel hoe om KO art.8 te hanteer vir gemeentes.


10h50: Dr. Hennie van Wyk se skrywe op Gerefkerke eposlys,

“Vriende
Die Spesiale sinode word opgeroep om in Julie 2015 te vergader.
Die sinode is bewus dat dit finansiële implikasies het. Die sinode is oortuig dat dit ‘n offer is wat ons moet maak sodat uiteindelik die saak oor die vrou in die besondere dienste duidelik kan bestudeer en aan die kerke leiding kan gee.
Die onderskeie streeksinodes vaardig elk vier ouderlinge en vier predikante af. Die sinode kan lank vergader, en sal dit moontlik in verskillende sessies doen.
Die roepende Kerkraad is die Gereformeerde Kerk Potchefstroom.
Groete”

10h45: teetyd tot 11h00.

teetyd


10h40: KO artikel 8,

“Iemand wat nie gestudeer het nie, sal nie tot die diens van die Woord toegelaat word nie, tensy daar sekerheid is van sy buitengewone gawes, godsaligheid, ootmoedigheid en ingetoënheid, goeie verstand en onderskeidingsvermoë sowel as gawes van welsprekendheid. As so iemand hom aanmeld, moet die klassis, as die partikuliere sinode dit goedvind, hom eksamineer en na gustige bevinding hom vir ‘n tyd
lank private preekproewe laat lewer, om dan met hom te handel soos die klassis stigtelik oordeel.”


10h30: op die tafel,

20.9: Beswaarskrif GK Pinetown teen die besluit van Sinode 2012 rakende die prosedure vir Kerkorde, artikel 8 aansoeke


10h25: brief aanvaar.


10h00: brief van sinode GKSA aan sinode Soutpansberg is weer op tafel.

Bespreking volg.


09h50: op die tafel,

19.4: Rapport 3 – Deputate Christelike Onderwys – Verwikkelinge in die Onderwys

– aanvaar


09h45: Die navorsingsleerstoel, AA 24.10 – pentakostalisme is terug verwys na kuratore.


09h30: Die wêreld se roepstem:

Beeld sê: Gun vroue plek op preekstoel


09h20: Ds. Fanie Coetzee versoek dat GK Die Bult nie die roepende en korresponderende kerkraad sal wees nie. GK Potchefstroom word aangewys in samewerking met Admin Buro se fasiliteite.


09h20: sinode besluit dat SS gaan plaasvind in Julie 2015, DV.


09h15: bespreking oor datum vir SS, Jul/Aug 2015 of Jan 2016, daar is argumente vir beide datums.


09h00: voorsitter en skriba wys daarop dat algemene sinode nie hier ‘van bo af’ namens klassisse en streeksinodes afgevaardiges na SS kan kies nie.


08h50: meeste sprekers pleit vir vroeër SS.


08h40: rapport stel voor –

– alle VIDA beswaarskrifte verwys na SS,

– klassisse en streeksinodes van 2015 vaardig af om dan in Januarie 2016 te vergader

– 4 predikante en 4 ouderlinge per streeksinode.

Bespreking volg.


08h35: op tafel, afvaardiging na spesiale sinode (SS).


08h35: op tafel nog vandag,

– beswaarskrif teen Lied 353 (van ds. Peet Coetzee en dr. Hennie van Wyk)

– rapport kerkgroei

– afvaardiging na spesiale sinode

– rapport vertrouenskommissie

– kommissie jeug en onderwys

– brief aan sinode Soutpansberg


08h30: rapport aanvaar.


08h25: rapport beveel aan dat proffies aftree op 65, soos dit tans is.


08h15: sinode het geopen vir die laaste dag se vergadering. Op die tafel A 24.5,

24.5: Rapport Studiedeputate: Aftree-ouderdom van Teologiese professore

10 thoughts on “GKSA sinode 2015: 14 Januarie 2015 (dag 8)

Add yours

  1. Afgevaardigdes na SS kan nie sommer nou gekies word nie, die Afrikanerbond / Broederbond het darem bietjie tyd nodig om te organiseer! Daan Malan

  2. Aanvaarding van die rapport Deputate Christelike Onderwys impliseer dat deputate eintlik alleen met AROS gaan skakel. Van GKSA se kant af lyk dit nie of daar veel steun vir tuisonderwys is nie.

  3. Volgens Beeld: Laat die w^ereld vir die kerk voorskryf: “kerke sal net relevant bly as hul tredhou met die tydsgees”.

    Laat ons deeglik kennisneem wat dit is wat die VIDA debat eintlik dryf!!

  4. Die ‘hier van bo af’ laat dit mos nou vir my klink of meerdere vergaderings nou verander het in hoër vergaderings (met hoër gesag).

    1. Hallo Gerhard, die voorsitter het die opmerking gemaak dat dit juis nie so moet wees nie, maar ja, in die praktyk gaan dit ongelukkig baie keer so.

  5. Highlights from the version of events as posted at https://www.facebook.com/GKSA.RCSA
    1. How wonderful are Rivier Tours
    2. How to get non-Psalms approved
    3. What the Admin Buro does
    4. How to be more “Missional”
    5. Where to get funds for education and training
    6. How to Reform schools
    7. How to be more sensitive to and involved with the deaf community
    8. The situation with Christianity in the Netherlands
    9. The resurgence of the reformed theology in the United States
    10. Mukanyo Theological College is acknowledged by the GKSA but just not their training

    Seems more like a Continuing Professional Development (CPD) event, and that might be perfectly fine if only the assembly had not been called a Synod.

    “A synod /ˈsɪnəd/ historically is a council of a church, usually convened to decide an issue of doctrine, administration or application.”
    http://en.wikipedia.org/wiki/Synod

    No wonder we need a “Special Synod” to “to decide an issue of doctrine, administration or application.”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: