BAS 2016: Reaksie en hoe nou vorentoe met VIDA ?

BAS 2016:Reaksie en die pad vorentoe met VIDA ? Die buitengewone algemene sinode (BAS) van die GKSA (12-16 Januarie) het besluit om te bly by die besluite van die algemene sinode van 2009 aangaande VIDA. Met 'n kleiner meerderheid as wat verwag is (60-40; sommige meen 55-45) is 'n beswaarskrif verwerp wat teen vroue-diakonesse is.... Continue Reading →

Preek: Lukas 7:18-35 Jesus is die Een !

Jesus is die Een wat moes kom, daarom kan ons standvastig bly Skriflesing: Lukas 7:18-35 Preekteks: "Is U die Een wat sou kom, of moet ons ‘n ander een verwag?" (v.19,20) Die opname van die preek kan hier afgelaai word: Lukas 7 (gaan na 2015-11-08) Hier volg die preeknotas: Geliefdes in Christus, Die omstandighede van... Continue Reading →

Pro Regno – 6 jaar oud !

Geagte Pro Regno lesers, Die Pro Regno blog is hierdie maand 6 jaar oud (ons het begin in Januarie 2010), waarvoor ons baie dankbaar is vir die Here se seëning in hierdie tyd: - 72 artikels/inskrywings is gepubliseer van verskillende skrywers en onderwerpe in 2015 (575 in totaal vanaf 2010). - daar was ongeveer 37 000 besoeke... Continue Reading →

GKSA BAS 2016: 16 Januarie 2016 (dag 5)

GK Wapadrant se verklaring in antwoord op die BAS se besluite: Wapadrant verklaring 'n Terugblik op die BAS 2016 deur Hannes Noëth: GKSA-sinode: 'n Terugblik Beeld artikel oor BAS Sinode 2016: Besluit uit 1618 hou vroue uit kerkampte 12h00: Sinode sluit af met Skriflesing (Joh.17), sang en gebed. Dankie vir almal wat ingeskakel het. Mag hierdie... Continue Reading →

GKSA BAS 2016: 15 Januarie 2016 (dag 4)

19h15: Die heel belangrikste en laaste Kommissie Rapport (K2 - 1 Tim.2) is uitgedeel. Dit moet nou goed bestudeer word en sal more op die tafel wees. Die res van die aand is admin sake. 19h00: Al die beswaargronde van Krugersdorp ivm Prakties slaag nie. 18h55: Kommissie Rapport K6 - Prakties, wat terug verwys is (sien... Continue Reading →

GKSA BAS 2016: 14 Januarie 2016 (dag 3)

21h55: Sinode sluit af met sang en gebed.  Vergader more oggend van 07h30.  Alle afgevaardiges word opgeroep om Rapporte deeglik te bestudeer en voor te berei. My opmerking: weereens bevestig die Sinode dat hul 'duidelike sekere' besluite neem op grond van die hermeneutiek van ons het 'sekerheid van ons onsekerheid.' 21h50: Dus, beswaarskrif 21.7 slaag... Continue Reading →

GKSA BAS 2016: 13 Januarie 2016 (dag 2)

17h30: Sodra kommissie lyste beskikbaar is, sal ek dit deurgee. Daar word verdaag vir ete, en daarna sal kommissies voortgaan met hul werksaamhede, dink nie daar sal verder vergader word nie, eers weer môre. Daar is die volgende kommissies aangewys: 1.Tematiese en sinchronosasie 2. Beswaargronde: 1 Tim.2 3. Beswaargronde: 1 Kor.14 4. Beswaargronde: Openbaringhistories 5.... Continue Reading →

GKSA BAS 2016: 12 Januarie 2016 (dag 1)

21h15: En na 2 ure se bespreking word die taalkwessie verwys na kommissie om weer sinode te adviseer (môre). Sinode verdaag tot môre-oggend 08h00. Ek sal later, of môre-oggend nog 'n woord of twee skryf oor die dag se verrigtinge. 20h30: die bespreking gaan voort ..... sonder dat dit 'n agendapunt was ... 19h30: Daar... Continue Reading →

KERKGESKIEDENIS VIR KINDERS: HOOFSTUK 12 & 13

KERKGESKIEDENIS VIR KINDERS  Hoofstuk 12 & 13 Sien inleiding tot die reeks hier: Kerkgeskiedenis vir kinders Bron waaruit aangehaal word: B. Spoelstra, Beknopte Kerkgeskiedenis vir Katkisasie Hoofstuk XII DIE KAAPSE KERK IN DIE TYD VAN DIE KOMPANJIE Die volksplanting aan die Kaap, 1652. Dit is bekend dat die eerste Nederlandse koloniste na die Kaap gestuur is... Continue Reading →

KERKGESKIEDENIS VIR KINDERS: HOOFSTUK 1&2

KERKGESKIEDENIS VIR KINDERS  Hoofstuk 1 & 2 In aansluiting by die vorige skrywe oor die Kerkgeskiedenis-kamp, plaas ek 'n paar hoofstukke oor die kerkgeskiedenis hier op my blog, in die komende weke tot en met die gemeentekamp plaasgevind het (5-7 Februarie 2016). Die hoofstukke kom uit prof Bouke Spoelstra se boekie geskryf spesifiek vir kinders... Continue Reading →

Blog at WordPress.com.

Up ↑