Geagte Pro Regno lesers,
Die Pro Regno blog is hierdie maand 6 jaar oud (ons het begin in Januarie 2010), waarvoor ons baie dankbaar is vir die Here se seëning in hierdie tyd:
– 72 artikels/inskrywings is gepubliseer van verskillende skrywers en onderwerpe in 2015 (575 in totaal vanaf 2010).
– daar was ongeveer 37 000 besoeke gewees in 2015 (totaal: 163 000).
– die besigste dag was 13 Oktober 2015, met 1,369 besoeke (aangaande homoseksualisme).
Die skrywes/artikels wat die meeste besoeke ontvang het, was:
GKSA se amptelike standpunt oor homoseksualisme
NG Sinode 2015 kies die weg van die duisternis en die dood
Begrafnispreek: Tannie Anna Malan
Pro Regno het ook verslag gelewer van die pas afgelope BAS 2016 van die GKSA, waar daar ongeveer 1000 besoeke per dag was.
Nogmaals dankie vir elkeen se belangstelling, bydraes en ondersteuning.
Enige donasies ter ondersteuning van die onderhouding en uitbou van die Pro Regno bediening kan hier gedoen word:
Rekening naam: S. Le Cornu
Bankrekening: Absa tjek 01095190673
Takkode: 632005 (Waverley-tak)
Verwysing: Pro Regno
Baie dankie vir diegene wat reeds ondersteuning gegee het, dit word baie waardeer.
Pro Regno groete
Slabbert Le Cornu
Baie geluk met ses geseende jare. Mag die Here vooriut loop vir die volgede aantal jare wat Hy beskik. God’s rykste seen word jou toe gebid.