GK Wapadrant se verklaring in antwoord op die BAS se besluite: Wapadrant verklaring
‘n Terugblik op die BAS 2016 deur Hannes Noëth: GKSA-sinode: ‘n Terugblik
Beeld artikel oor BAS Sinode 2016: Besluit uit 1618 hou vroue uit kerkampte
12h00: Sinode sluit af met Skriflesing (Joh.17), sang en gebed.
Dankie vir almal wat ingeskakel het.
Mag hierdie besluite gerespekteer word in ons kerkverband, en op ‘n kerkordelike weg aangespreek word indien daarmee verskil word.
11h30: Hier is dus die drie belangrikste besluite (die eerste een is eintlik ‘n ordereëling), in volgorde:
- BAS het tweetalig plaasgevind, maar (as ek reg verstaan) elke kerklike vergadering besluit opnuut oor sy voertaal en moet voorsiening maak om mekaar te verstaan.
- Die beswaarskrif teen vroue-diakonesse het met klein meerderheid (60-40) nie geslaag nie, dus sinode 2009 se besluit geld nog: vroue diakens mag verkies word.
- Die ses beswaarskrifte ten gunste van vroue predikante en ouderlinge het met groot meerderheid (oor die algemeen) nie geslaag nie.
Die HERE regeer, mag daar nog verdere reformasie wees sodat by die volgende sinode, DV, die diaken-besluit reggestel mag word in lyn met Skrif, belydenis en kerkorde.
11h25: Daar moet nog ‘n Kommissie rapport dien, dit is K1: Tematiese en sinchronisasie, wat ‘n samevatting is van die behandeling van al die beswaarskrifte asook sekere andere sake.
11h20: Hierdie beswaargrond asook beswaarskrif in sy geheel slaag nie.
11h15: Beswaargrond 4 van Krugersdorp se 2de beswaarskrif (21.8) is nou op die tafel. Dit handel ook oor die ‘elke plek’ in 1 Tim.2:8.
Rapport wys daarop dat die ‘elke plek’ wys op ‘die samekomste’ waar gelowiges saamgekom het om te aanbid, vandag waar ons ‘erediens’ en/of ‘kerk hou’
11h15: Beswaarskrif Bloemfontein-Suid se beswaargronde (21.3) word behandel en slaag nie.
11h10: Beswaargrond 4 en 6 slaag nie.
10h45: Beswaarsgrond 4 en 6 van Krugersdorp is nou op die tafel. Bespreking volg.
10h40: Beide beswaargronde van Krugersdorp soos verteenwoordig deur die minderheidsrapport slaag nie, met meerderheidstem. Dus die meerderheidsrapport se aanbeveling slaag, nl. dat Krugersdorp se 2 beswaargronde slaag nie.
10h30: Sien die artikel in Beeld, Vroue in ampte: Beswaar help nie
10h15: Na 24 afgevaardiges gepraat het oor beswaargrond 1 en 2, gaan die rapporteurs nou daarop antwoord.
08h55: Hierdie deel is eksegeties baie tegnies, maar baie belangrik. Ek sal probeer om later hierdie twee rapporte op my blog te plaas.
My verstaan van die saak is (beswaargronde 1 en 2), om dit baie eenvoudig te probeer stel:
Minderheidsrapport ten gunste daarvan dat die frase in 1 Tim.2:12 op 2 negatiewe aktiwiteite wys wat albei deur Paulus verbied word op ‘alle plekke’, nie net ‘die erediens’ soos sinode 2009/meerderheidsrapport dit stel nie.
Ek vermoed die motief/doel van minderheidsrapport/beswaardes met hierdie standpunt is om te beweer dat 1 Tim.2:12 is die produk van Paulus se kultuur en tye waar die vroue nie orals kan leer en regeer nie, en dit sou dan beteken dat ons dit nie meer so vandag kan sien of toepas nie, en daarom moet ons hierdie woorde anders verstaan (sosio-histories?) sodat vroue orals kan regeer en leer, ook in die kerk, vandag.
Die meerderheidsrapport se standpunt is dat 1 Tim.2:12 gesien word in ‘n erediens/gemeente konteks (bv.1 Tim.2:8; 3:15). Die ‘alle plekke’ van 1 Tim.2:8 word nie ontken nie, maar die spesifieke konteks is die gemeente/erediens soos hele pastorale briewe aandui.
Daar vind nou goeie bespreking, met oop Bybels, in die lyn van Hand.17:11 !
My eie indrukke volg later.
08h45: Wat in beswaargrond 1 op die spel is, is die frase in 1 Tim.2:12,
“Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou.”
In beswaargrond 2 is die vraag op die spel: staan 1 Tim.2 in die konteks van ‘die erediens’ of nie, beswaargrond 2 beweer laasgenoemde, terwyl sinode 2009 eksegese aanvaar het wat eersgenoemde aanvaar.
08h30: Rapporteur hou minderheidsrapport voor wat sê Krugersdorp se beswaarsgronde slaag (21.2)
08h00: Welkom by dag 5, Kommissie Rapport K2 – 1 Tim.2 beswaarsgronde is op die tafel vanoggend.
Baie dankbaar oor die uitkoms. Dankie vir die “beriggewing”.
Reblogged this on Boeren in Bergen and commented:
Wel diakonessen, geen vrouwelijke ouderlingen of predikanten. In kerkelijke, formele besluiten is dat waarover de broers in ZA een besluit hebben genomen. Dankie Slabbert le Cornu dat jy ons na Potch saamgeneem het. Ons bid vir die GKSA.
Baie dankie en saam bly dat die Bybel se gesag erken word!