BAS 2016: Reaksie en hoe nou vorentoe met VIDA ?

gksa-logo

BAS 2016:Reaksie en die pad vorentoe met VIDA ?

Die buitengewone algemene sinode (BAS) van die GKSA (12-16 Januarie) het besluit om te bly by die besluite van die algemene sinode van 2009 aangaande VIDA.

Met ‘n kleiner meerderheid as wat verwag is (60-40; sommige meen 55-45) is ‘n beswaarskrif verwerp wat teen vroue-diakonesse is. Dit beteken 2009 se besluit bly, nl. dat gemeentes die vryheid het om te besluit om vroue as diakens te verkies al dan nie.

Met groot meerderheid (70-30) is 6 beswaarskrifte verwerp wat ten gunste was van vroue predikante en ouderlinge. Dit beteken 2009 se besluit bly, nl. dat vroue nie verkies mag word as predikante en ouderlinge nie.

Meer inligting en my verslag van die daaglikse gebeure by BAS 2016 kan hier gelees word: GKSA BAS 2016.

Ek plaas graag ook hier ‘n paar reaksies op die BAS 2016, voordat ek ‘n paar eie opmerkings maak oor die pad vorentoe:

1. Beeld artikel oor BAS Sinode 2016: Besluit uit 1618 hou vroue uit kerkampte

2. ‘n Terugblik op die BAS 2016 deur Hannes Noëth: GKSA-sinode: ‘n Terugblik

3. GK Wapadrant se verklaring in antwoord op die BAS se besluite: Wapadrant verklaring

4. Een brieweskrywer in die Carletonville Herald (2016-01-28):

Vrou in die Amp van die GKSA
Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika bly maar net nog ‘n instansie wat diskrimineer op vele terreine in die samelewing. Die vrou is maar net een van hulle. Hulle sal nooit aanpas by die tye nie. Die vrou in die amp word in die Dopper kerk al bespreek van 1988 af. Waar het mens enige leiers gesien, wat langer as 28 jaar kan neem om ‘n duidelike sinvolle besluit tot vereniging van mense te neem? ‘n Besluit wat dwarsoor die wêreld reeds deur en deur bewys is dat vroue in ampte nie die einde van die wêreld is nie.
Eenogige Doppers gebruik hul inkleurboek (bybel) om alles te regverdig, sodat sekere magsjagse manne (Predikante en Kerkrade) voort kan gaan om op mense se swakhede en goedhede te teer, om hul eie werk of posisie in hul groep te verseker en te behou. Hul sluit hul oë vir die subtiele pyne wat hul by lidmate en ander mense veroorsaak. Pyne wat mense of families uitmekaar skeur of selfs lewens kos. Uiteindelik maak hul subtiliteite hul niks anders as ISIS wat nie doekies omdraai daaroor nie.
Dankie tog dat Doppers se getalle al minder word, sodat ons planeet eendag van die vergryphede en leed wat godsdiens veroorsaak bevry kan wees. Hul huiwer nie om liefdevolle families met hul Kerkreëls en Dogma uitmekaar te skeur nie. Die voorbeeld wat hul wil voorgee van hul eie Jesus kom nêrens navore met hul sywaartse en ontduikende manier van besluitneming nie. Selfs hul eie Jesus het nie uitstel gegee aan besluite nie. Hy was ferm en op die man af. Hul gebruik enige denkbare manier om aanhoudend skeiding te veroorsaak tussen mense met hul oeroue reëls.
Die Gereformeerde Kerke in SA bly uiteindelik niks anders as ‘n klomp irrelevante uitgediende dinosaurusse, wat slegs ‘n sekere lot van die mensdom wil bevoordeel. Geen wonder die wêreld lag vir hulle nie.Hulle doen die mensdom geen guns om te bly verdeling veroorsaak tussen mense nie. Mag hulle einde vinnig kom, en hul lidmate besef dat hul eintlik net oor hul eie insecurities moet kom om die wêreld vierkant in die oë te kan kyk, sonder ‘n swaard van skuldgevoelens wat heeltyd oor hulle gehou word nie. – Ivan D. Faught

5.  Ds. Simon Jooste se laaste skrywe oor die BAS (Reformation Translation Facebook):

2016 RCSA Extraordinary Synod on Women in Office (Final update)
After 30 odd years of wrestling with the matter, RCSA Extraordinary (General) Synod 2016 takes the solid majority and decisive decision not to open up the office of elder and minister to women. (Not a single petition of protest passed.)

By doing so, the RCSA joins the ranks of a number of Presbyterian and Reformed denominations and federations worldwide that share the same conviction. The result is that existing international fraternal bonds will be confirmed and some hopefully strengthened – especially with the Orthodox Presbyterian Church (N America) and the United Reformed Church North America (both of which had delegates present this past week).

This previous week of 60 plus hours of deliberation is testimony to the fact that God continues to work through the good order and assemblies of his church by his Spirit to preserve his Word and its witness to the gospel of Christ.

I personally am more convinced than ever of confessional Reformed doctrine and practice being most faithful to the testimony of Scripture. I saw it worked out in sweat and tears this past week. Indeed, no greater men of granite character and conviction reside outside the ranks of the Reformed tradition.

To God be the glory for his extraordinary work through the ordinary workings of his church this past week.

Thank you for your prayers.


6. My eie skrywe oor BAS 2016 aan oorsese gelowiges:

Dear (overseas) reformed brothers,

We rejoice in the Lord, He is faithful and just, and His mercy endureth forever.
Many of us thought that this would be the synod that will finally allow for women in the offices of elder and pastor, but by His grace alone, it did not happen.
Yes, there are many other concerns (like the decision to upheld women deacons, with a small majority; and that our synod approve church relations with the liberal Dutch Reformed Church of SA in 2015), but we rejoice for this very important victory in our Lord, that He did not gave our denomination over to a view of Scripture that leads to even more liberal views and beliefs (like the gay agenda).
Our denomination’s history were closely connected to the 19th century reformation of other reformed denominations in other countries in the mid-1800’s, like the GKN (Netherlands), Church of Scotland and CRCNA.  As you know, all of these denominations went liberal, have women in office, and also approve or accommodate the gay agenda. The same with the two other reformed Afrikaans denominations in my country, the Dutch Reformed Church of SA and the Hervormde Kerk of Africa.
That is why we are so thankful, because only by God’s grace, He did not let it happen to us.  May that make as even more humble and thankful in the Lord. May this be the beginning or continuance of even further reformation and a return to our Lord’s ways in reformed doctrine, worship and church government.
It is also my prayer that those few congregations in our denomination that did elect women as elders (against our synod’s explicit decisions of 2009), will humbly repent and return to the biblical and reformed view of church government, that the peace and unity may be restored in our denomination for the sake of the Gospel and His churches in our beloved (but very secular) country.
[Here is my own article on the GKSA in SA, but dated (it was published in 2004: GKSA)]

Greetings in Christ

Slabbert Le Cornu


Verdere opmerkings:

Die besluite is nou duidelik geneem, die vraag is nou, gaan al die gemeentes dit respekteer of nie.

En, indien nie, wat gaan die ander gemeentes en kerklike vergaderings doen ?

Myns insiens is die 3de kenmerk van die ware kerkwees nou op die spel: die toepassing van die tug.

Dit lyk asof daar al reeds een gemeente is wat ‘martelaar’ wil speel oor hierdie besluite (sien nr.3 hierbo). Dit is baie jammer, eintlik tragies dat die gemeente kies vir hierdie eiewillige liefdelose weg.

Dr Jan Visser in sy Kerkorde in Praktyk skryf (by art.31, KO; beklemtonings bygevoeg):

Die besluite van alle kerklike vergaderings, wat wettig met meerderheid van stemme geneem is, is vas en bindend. Dit beteken dat alle kerke en lidmate binne die gebied van die vergadering wat die besluit geneem het, hulle daaraan moet hou en daaraan uitvoering moet gee. Om eensydig en eiewillig sulke besluite te ignoreer en te maak asof dit geen regskrag het nie, is onordelik en onaanvaarbaar. In wese is dit nie gereformeerd nie, maar independentisties. Dit kom prakties neer op verbreking van kerkverband.”

Dit is in wese wat Wapadrant gemeente nou doen, dit is jammer.

Die regte kerkordelike weg om te volg, is die weg van art.31 KO, skryf dr. Visser verder:

Indien iemand nie in die meerderheidsbeslissing kan berus nie, mag hy nie eiewillig die besluit “tersyde stel” en maak asof so ‘n besluit nie bestaan nie. Hy moet hom aan die genome besluit hou omdat dit vas en bindend is (kyk verder by hierdie artikel), en kennis gee van beswaar of appèl.

Maar, aangesien die saak reeds vir 30 jaar deurgetrap is, en daar nie eintlik iets nuuts daaroor op die tafel geplaas kan word van ‘n volgende sinode oor vroue as predikante/ouderlinge nie (sien art.46, KO), moet elke gelowige en gemeente konformeer aan die besluite.

As Wapadrant (en ander gemeentes wat soos hul oortuig is), nie meer die kerklike weg kan bewandel nie (vanweë art. 31 en 46, in lig van BAS se besluite), én hul kan nie konformeer aan ‘n Skriftuurlike bindende leer besluit en orde vir al die kerke nie (1Kor. 11:33-40; 1Tim.2:11-15), dan is die liefdevolle, eerbare en eerlike weg om uit die kerkverband te tree, en nié ander gelowiges/kerke se gewetens te gaan bind met jou eiewilligheid deur deel te neem aan die kerkregering saam kerke met wie jy nie dieselfde kerkregering deel nie.

Sien NGB artikel 32.

Dr. GPL van der Linde se skrywe by art.31 KO, in sy werk oor die Kerkorde is ook van toepassing, vir beide gemeentes wat eiewillig voortgaan, asook gemeentes in kerklike vergaderings wat hierdie eiewilligheid moet hanteer:

“Indien enigiemand of ‘n vergadering weier om hom aan die beslissing van ‘n kerklike vergadering te onderwerp, bly daar net een van drie weë oop:

– Of die vergadering wat die besluit geneem het, moet in geval van ‘n minder gewigtige saak, die ongehoorsaamheid verdra op voorwaarde dat daar nie beroering in die kerk of kerke ontstaan nie.

– òf die tug moet toegepas word op die weieragtiges, na lankmoedige vermaning.

– Of die weieragtiges moet die kerk verlaat of as dit ‘n kerk is, uit die kerkverband tree (kyk dr. A. le R. du Plooy 1982, Kerkverband, Proefskrif PU vir CHO).”

Sinode 2016 het besluit VIDA is ‘n wesentlike saak, dus ‘n ‘gewigtige saak’, en dit herbevestig met BAS 2016.

Hopelik sal gemeentes in meerdere vergaderings nou die kerkordelike liefdevolle weg volg en hierdie eiewillige gemeentes nie sittingsreg en stemreg gee totdat hul weer in lyn is met wat ons as kerke saam besluit het aangaande leer, diens en kerkregering.

Wat die toekoms van ons kerkverband betref, hoop ek dat die baie belangrike besluit vir die gereformeerde Skrifbeskouing onderliggend aan BAS 2016 se besluite, die weg wys vir verdere reformasie.

Ja, die afgelope 2 sinodes het 4 besluite geneem wat mekaar weerspreek:
Goeie besluite: VIDA is ‘n wesentlike saak (2015) en die verwerping van 6 pro-vida beswaarskrifte (2016).
Slegte besluite: NGK ooreenkoms (2015) en verwerping van die beswaarskrif teen vroue diakonesse (2016).

Hopelik sal by die volgende sinode die slegte besluite omgekeer word deur die hopelike verdere reformasie wat die goeie besluite bring.

Die kies teen 6 VIDA beswaarskrifte, is ook ‘n finale kies vir die Gereformeerde (Openbaringshistoriese) Skrifbeskouing teen die ongereformeerde sosio-historiese skrifbeskouing. Dit bied hopelik ‘n platform vir verdere reformasie van bovermelde en nog ander sake.

Dankie Here vir hierdie reformasie, mag ons kerke nou opnuut fokus op ons roeping om die Evangelie uit te dra (Matt.28:18-20) en gehoorsaam te wees in ons leer, diens en kerkregering tot eer van die Here, soos ons dit ook bely in die drie kenmerke van ware kerkwees (NGB art.29).

Die volgende artikel (en reeks) is ‘n moet lees vir wat die bybels-gereformeerde gelowige te wagte kan wees in ‘n (post)modernistiese wêreld (en kerklike atmosfeer) wat nie meer die Here en sy gebod vrees nie.

Ons tydsgees is al meer die Herodusse en die Pilatusse wat teen die ware kerk gaan opstaan (Hand.4:27) weens ons ‘diskriminasie’ teen ‘vroueregte’ (en/of gayregte), aangesien die GKSA met sy BAS besluit het, ja gewys het dat ons nie die konings van hierdie wêreld se ‘toorn … vrees’ nie, maar die Here meer vrees, want ons wil volhou saam met die kerk van alle eeue, saam met Moses, ‘soos een wat die Onsienlike sien’ (Hebr.11:27), ons Koning en Verlosser, Jesus Christus:

HOW SHOULD WE DEFEND

“As people continue to spurn the knowledge of God that is continually given to them, and as God continues to display his wrath on such people, they will reach a point where they will not only indulge in their sins, but they will “give approval to those who practice them.” (Rom.1:32) In other words, the perverse and perpetual practice of sin becomes a source of cultural celebration. That celebration, in the United States (including, of course, the “honor” bestowed on Bruce Jenner for his “courage,”) and elsewhere, was birthed in earnest in 2015.”

2 thoughts on “BAS 2016: Reaksie en hoe nou vorentoe met VIDA ?

Add yours

  1. Ek weet ek begeef my nou in kokende water. Maar, somtyds is dit nodig om jou nek uit te steek en te wys op die dubbelsinnigheid en dubbelstandaarde van die mens. Skrywers van boeke word beoordeel of die inhoudelike inpas by die beoordeelaar se persoonlike verwagtinge en kultuur, sonder om die doel van die geskrif enigsins in berekening te bring. Ander skrywers word weer opgehemel oor hul kennis en insig wat in hul werke uitstraal, maar as jy ‘n werk noem wat teen die leser se persoonlike kultuur indruis, dan word dit stil.
    Een van laasgenoemde skrywers is die bekende Herman Bavinck. Werke van Bavinck wat in gereformeerde kringe steeds hoog in aansien is, is:
    De katholiciteit van Christendom en kerk, 1888
    De algemeene genade, 1894
    Gereformeerde Dogmatiek I, 1895
    Gereformeerde Dogmatiek II, 1897
    Gereformeerde Dogmatiek III, 1898
    Gereformeerde Dogmatiek IV, 1901.
    De Wereldoverwinnende kracht des Geloofs. Leerrede, 1901.
    De Zekerheid des Geloofs, 1901, 3de druk 1918.
    Roeping en Wedergeboorte, 1903
    Christelijke Wetenschap, 1904.

    Bavinck se verstaan van die Skrif in bogaande werke word na al die jare in gereformeerde kringe steeds hoog aangeskryf. Maar, as jy sy werk De vrouw in de hedendaagsche maatschappij, 1918 sou noem, word jy met erge teensinnigheid begroet.

    Bavinck skryf: “Terwijl de Grieken met hunne verheerlijking van het intellect minachtend op de vrouw neerzagen en in haar slechts die deugden waardeerden, welke haar voor den man begeerlijk maakten, stelde het Christendom aan man en vrouw dezelfde zedelijke eischen van geloof en bekeering, van reinheid en matigheid, en schonk hun dezelfde weldaden des heils. Zij zijn beiden burgers van hetzelfde koninkrijk Gods, leden van hetzelfde lichaam van Christus. Onder de leden der gemeente—zoo schreef Paulus daarom aan de Galatiërs, 3 : 28—bestaat er geen Jood of Griek, geen dienstbare of vrije, geen man of vrouw, want al te zamen zijn zij één (als het ware één persoon, één mensch) in Christus Jezus, en dus leden van het ééne lichaam, waarvan Christus het Hoofd is. In het natuurlijke bestaat er onder hen allerlei verschil van afkomst, stand, geslacht; maar in het geestelijke valt dat verschil weg, zijn rijke en arme, geleerde en ongeleerde, vrije en dienstknecht, man en vrouw gelijk; niemand heeft in de gemeente, op grond van dat verschil, een voorrecht boven den ander; de Griek staat niet bij den Jood, de dienstknecht niet bij den vrije, de vrouw niet bij den man ten achter; vrouwen en mannen zijn erfgenamen van dezelfde genade des levens, 1 Petr. 3 : 7.
    En: “Maar deze geestelijke gelijkheid heft de natuurlijke ongelijkheid tusschen man en vrouw niet op, evenmin als die tusschen Jood en Griek, vrije en dienstknecht, rijke en arme enz. Velen hebben hierin eene onverzoenbare tegenstelling gezien, uit de geestelijke gelijkheid tot de natuurlijke gelijkheid besloten en in naam der eenheid in Christus gemeenschap van goederen en van vrouwen, afschaffing van alle gezag en dienstbaarheid geeischt. En zeker ligt hierin een moeilijk probleem, dat in de verschillende tijden ook eene verschillende oplossing vraagt; het is het probleem van natuur en genade, van schepping en herschepping, van algemeene en bijzondere openbaring, van Christendom en cultuur.”

    Hierdie teenstelling is in die GKSA steeds onversoenbaar, en stel ons ons gelyk aan die Griekse sieninge van destyds.

    1. Hallo Jan, ek verstaan nie al die praatjies oor kokende water en wat dit met Bavinck en VIDA te doen het nie, verduidelik asb. verder. Dankie

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: