21h15: En na 2 ure se bespreking word die taalkwessie verwys na kommissie om weer sinode te adviseer (môre).
Sinode verdaag tot môre-oggend 08h00. Ek sal later, of môre-oggend nog ‘n woord of twee skryf oor die dag se verrigtinge.
20h30: die bespreking gaan voort ….. sonder dat dit ‘n agendapunt was …
19h30: Daar is nou ‘n lang bespreking oor die voertaal van die Sinode …..
19h10: Terug by bespreking van beswaarskrif 11.1
18h45: Daar is na ete ‘n ordevoorstel op die tafel deur ds. Kurpershoek – dat die sinode onmiddelik aanvaar dat spesiale sinode van tafel is (volgens beswaarskrifte 11.1-3) en oorgegaan word tot die behandeling van die VIDA beswaarskrifte (21.2 – 9).
Daar is nou bespreking daaroor, en daar word teen die ordevoorstel gestem. Daar moet gebly word by die Agenda, al die beswaarskrifte moet hanteer word deur hierdie vergadering.
17h30: Verdaag vir ete, daarna sal daar bespreking, toeligting en besluitneming wees oor beswaarskrif 11.1
17h25: Beswaarskrif 11.1 word nou gestel deur GK Bult afgevaardigde.
17h20: Ordevoorstel word aanvaar – daar moet eers besluit word oor 11.1-3 (teen spesiale sinode en ten gunste van BAS wat VIDA beswaarskrifte moet hanteer), en eers daarna sal dan besluit word oor die werkswyse met VIDA beswaarskrifte (sien 17h00), sou 11.1-3 slaag.
Hopelik sal daar vanaand nog besluit word oor 11.1-3.
17h00: Nou ‘n lang bespreking oor hoe VIDA beswaarskrifte hanteer moet word: moet dit saam gegroepeer word onder bepaalte tekste en/of temas, of moet elkeen afsonderlik hanteer word ?
16h50: Daar word besluit, indien 11.1-3 beswaarskrifte slaag, daar as volg gehandel sal word:
“Die Sinode behandel in die tydsuur wat tans tot beskikking is (tot Sa, 16 Jan) die Beswaarskrifte [oor VIDA] en handel dit af (KO, art.30).”
16h40: Baie belangrike besluitneming nou, wat op die volgende neerkom:
- beswaarskrifte 11.1-3 moet behandel en oor besluit word.
Indien sinode hierdie beswaarskrifte (teen spesiale sinode besluite van sinode 2015) aanvaar, gaan die sinode voort om 7 VIDA beswaarskrifte te hanteer.
Indien beswaarskrifte nie slaag nie, dan is sinode verby … en is ons terug by spesiale sinode iewers in die toekoms ?
16h20: Ons is nou by Agenda art.10 Programmering
16h15: ‘n Appèl is ook ontvang maar onontvanklik verklaar, dit word verwys na algemene sinode 2018.
16h00: Daar word besluit dat slegs beswaarskrifte hanteer gaan word wat reeds deel is van Agenda, sien 14h20 se opmerkings, dus nie 5 beswaarskrifte van GK Noordrand en Beskrywingspunt van streeksinode Randvaal nie.
14h30: Sinode verdaag tot 16h00, weens administratiewe reëlings wat in plek moet kom voordat sinode kan voortgaan.
14h20: Volgende op die Agenda, is Rapport: ontvanklikheid van beswaarskrifte, dit wat reeds in die Agenda vervat is (x3 beswaarskrifte teen ‘spesiale sinode’ en x7 oor VIDA) asook 5 beswaarskrifte van die GK Noordrand.
14h10: Verwelkoming van binne- en buitelandse afgevaardiges van ander kerke vind plaas.
14h00: Daar is ‘n bespreking van die Rapport van die Moderamen na aanleiding van ‘n afgevaardigde wat gesê het hy voel ‘vreemd’ omdat die sinode in Afrikaans plaasvind (ongeag dat daar tolke is). Die saak word na ‘n kommissie verwys om die Sinode te adviseer.
11h55: Openlike Verklaring word voorgehou deur die voorsitter. Daar word verdaag vir ete, sinode gaan voort om 13h30.
11h45: Skribas – dr Deon Lartsz (GK Edenvale) en ds. Abel Modise (GK Ratanda).
11h30: Ds Cassie Aucamp (GK Bergsig) is verkies as onder-voorsitter.
11h15: Ds. Hendrik de Beer (GK Magol) is as voorsitter verkies, nou word gestem vir onder-voorsitter.
10h45: 1.1 – 4 afgehandel. Besig met verkiesing van Moderamen(1.5).
10h00: Opening deur ds. Fanie Coetzee (GK Die Bult) uit Ps.130.
09h00: Welkom by my blog waar ek verslag gaan lewer van die BAS 2016 (Buitengewone Algemene Sinode van die GKSA): 12 – 16 Januarie, DV.
‘n Paar reëlings:
1. Die Agenda is hier beskikbaar: Sinode 2016
U moet die nommer verwysings volg in die Agenda, waarna ek sal verwys, asb, asook die bladsy verwysings soos deurgegee op die Agenda (die bladsy nommers volg nie almal presies op mekaar nie).
2. As u enige vrae/opmerkings wil deurstuur, kan u dit hier onder doen by die ‘leave a reply’ – ‘comments’ afdeling. As u my persoonlik wil kontak, doen dit by proregno@gmail.com, maar moet nie daarheen skrywes stuur wat u hier onder by die ‘comments’ afdeling direk kon geplaas het om vir almal te lees nie.
3. Daar is ook ‘n BAS 20156 whatsapp groep waarheen ek kort boodskappe/ kennisgewings uitstuur, maar nie alles wat ek hier gaan plaas nie. As u dit wil ontvang moet u net u ‘business card’ vir my stuur na 082 770 2669.
BAS 2016 begin amptelik om 10h00.
Hier is die inhoudsopgawe van die Agenda: Inhoudsopgawe 2016 Agenda
Die Sinode moet twee stelle beswaarskrifte hanteer.
Eerstens 11.1-3 beswaarskrifte (teen die spesiale sinode besluit van 2015 en vir BAS 2016 om VIDA beswaarskrifte te hanteer), en eers as dit slaag, kan oorgegaan word, tweedens, tot die behandeling van beswaarskrifte 21.3,5,7-9 en 21.2 en 3.
Sien 2.4 (‘werkswyse) van die Rapport Programmering in hierdie verband waaroor Sinode moet besluit.
Bly om weer so deeglik om hoogte te kan kom van sinode-gebeure. Met groot dankbaarheid aan ds Slabbert! Groete, Josef
Ja, baie dankie vir die “running commentary”…
Reblogged this on Boeren in Bergen and commented:
Ook al ben ik in Nederland, ik blijf m’n gereformeerde broers en zussen in Zuid-Afrika volgen. Via Slabbert le Cornu kijk ik mee naar de BAS van de GKSA.
Aan die einde van die eerste dag is daar dus nog nie ‘n enkele agendapunt bespreek nie. Alle tyd is in beslag geneem deur administratiewe sake en sake wat nie op die agenda was nie.