19h15: Die heel belangrikste en laaste Kommissie Rapport (K2 – 1 Tim.2) is uitgedeel. Dit moet nou goed bestudeer word en sal more op die tafel wees.
Die res van die aand is admin sake.
19h00: Al die beswaargronde van Krugersdorp ivm Prakties slaag nie.
18h55: Kommissie Rapport K6 – Prakties, wat terug verwys is (sien 11h15), is weer op die tafel.
18h50: Beswaargrond 5 van Krugersdorp slaag nie.
Dus al die besware in verband met Openbaringshistoriese aspekte ten gunste van vroue as predikante/ouderlinge het nie geslaag nie.
18h30: Bespreking gaan voort van Krugersdorp se BS 2 beswaargrond 5, p.331
17h30: Ete tot 18h30, dan gaan bespreking voort.
17h00: Beswaargrond 2 (p.348) van BFN-Suid slaag ook nie.
Krugersdorp se beswaarsgronde uit hul 2 beswaarskrifte (21.2 & 21.5) is nou op die tafel.
16h45: Rapport minderheid bevind dat beswaardes ‘bewys dat God Homself sou weerspreek nie. Die kontinue lyn van die bevestiging in ‘n amp lê in die dienste van die priesters, Leviete en konings, maar nie in die van die rigters en die profete nie.
Die meerderheidsrapport bevind dat beswaargrond slaag.
Die aanbeveling van die minderheid word aanvaar, dus BFN-Suid se beswaargrond 1 (p.347,348), slaag nie.
16h30: BFN-Suid redeneer dat Sinode 2009 se besluit en voorafgaande beredenering intergreer nie die onveranderlike getrouheid van God deur vroue in die OT te gebruik as regeerder en woordverkondiger en nie in die NT nie.
Daar is ‘n minderheid en meerderheid standpunt in die Openbaringshistoriese Rapport.
16h10: Bloemfontein-Suid se beswaarskrif (21.3) is eerste op die tafel.
16h00: Kommissie Openbarings histories (K4) se Rapport word nou gestel deur die rapporteur.
15h30: Dit beteken dat nie een beswaargrond en/of beswaarskrif ten gunste van vroue as predikante en/of ouderlinge, vanuit ‘n kerkregtelike aspekte oogpunt (K5) geslaag het nie.
Kommissie Kerkregtelike aspekte aangaanda VIDA beswaarskrifte is afgehandel.
Sinode verdaag vir koffie/tee tot 16h00.
15h30: Die Sinode besluit dat die beswaarskrif van GK Potchefstroom- Die Bult (21.3) betreffende kerkregtelike aspekte, laaste deel van Rapport (K5), in sy geheel nie slaag nie.
14h45: Die saak vermeld by 14h40 is ook vir my van groot belang. Na sinode 2009 het ek ‘n VIDA Kategismus geskryf waar ek by die konklusie van Die Bult se beswaar op hierdie punt ook uitgekom het (terwyl ek nie met hul motief en doel daarmee saamstem nie).
Die rede daarvoor was oor die spesifieke bewoording van die twee besluite in 2009, naamlik dat by diakens word daar gepraat van ‘volgens die Skrif’, maar by predikante/ouderlinge ‘volgens die Rapport’. Ek verstaan nou nog nie die keuse (of verandering) van bewoording nie, en een afgevaardigde het ook nou net daaroor ‘n vraag gevra ?
Ongeag wat die rede vir die bewoording was, aanvaar ek die kommissie se inhoudelike beoordeling en motief van sinode 2009 se besluit, dat ‘volgens die Rapport’ beteken = volgens ‘die Skrifgetuienis (soos vervat in die Rapport’).
Dit bring my weer by die vraag, hoekom dan die verskillende bewoording by sinode 2009 ?
Sien die volgende bronne oor die saak, om die beswaardes se redenasie te verstaan (sonder om hul VIDA standpunt te aanvaar):
Beswaarskrif GK Die Bult 21.3 vermeld by hul beredering 3.4-6 as volg:
3.4 Die Sinode het voorts ‘n Advieskommissie aangewys “om in die lig van die bespreking en die voorstelle op die tafel die Sinode te adviseer oor die verdere hantering van die saak van die vrou in die diens van ouderling en predikant” (Acta:666). Hierdie Kommissie se aanbeveling (p667, 4.2) aan die Sinode word goedgekeur, naamlik dat die bewoording van die keusemoontlikhede wat in die Deputaterapport voorgestel is, verander word deur die woorde “in gehoorsaamheid aan die Skrif” weg te laat sodat bloot by wyse van stemming gekies moes word ten gunste van of teen die oortuiging dat vroue in die besondere dienste mag dien.
3.5 Deur die goedkeuring van die aanbeveling van die Advieskommissie het die Sinode gekies om nie ‘n duidelike uitspraak op grond van die Skrif, dit wil sê “in gehoorsaamheid aan die Skrif” oor die saak te lewer nie, maar om te besluit op grond van die “oortuiging” van die Sinode.
3.6 Die gekose werkswyse dui daarop dat die Sinode, ten spyte van, of miskien juis weens die beskikbaarheid van die resultate van uitvoerige voorafgaande studie, nie duidelike bindende Skrifgronde gevind het waarop ‘n besluit oor die saak “in gehoorsaamheid aan die Skrif” geneem kon word nie.
Nou is ‘n baie belangrike vraag om te vra die volgende: hoe het die sinode in 2009 uitgekom by die verandering van die woordeskat ?
Dr. Jac Howell het in sy repliek genoem dat by sinode 2009 was die hele Rapport tot die einde se doel en bedoeling: ‘volgens die Skrif’, en dat die latere toegewing van ‘volgens die Rapport’ (sien Handelinge 2009: 655) lyk my vir hom, nou misbruik word om iets anders te beteken, asof die ampskwessie, in die besonder of vroue as predikante/ouderlinge dien ‘n middelmatige saak is wat aan die vryheid van die kerke oorgelaat moet word of dat die sinode nie op grond van die Skrif ‘n besluit geneem het in 2009 nie. Hy meen die sinode het ‘n duidelike besluit geneem volgens die Skrif.
Dit lyk vir my die verandering van die woorde by sinode 2009, blyk ‘n laaste poging te gewees het van VIDA voorstaanders, om die VIDA saak nog op die tafel van die sinode te hou, sou die sinode nie kies vir hul standpunt nie ?
Ja, dit sou beter gewees het as sinode 2009 by 10.15.1b se bewoording gebly het,
“Dat, in gehoorsaamheid aan die Skrif, vroue nie in die besondere dienste van predikante en ouderling mag dien nie.” (Acta 2009, p.664)
Maar hul het nie, en dit kan misverstand veroorsaak het, soos blyk die afgelope paar jare.
Die bedoeling was dus, soos die Rapport Kerkregtelike Aspekte dit gestel het, dat ‘volgens die Rapport’ beteken volgens die Skrifgegewens van die Rapport (K5 – 8.2.2.1).
14h40: Die Bult beweer dat Sinode 2009 se besluit (teen vroue predikante en ouderlinge) ‘n gewetensbindende besluit is ‘slegs volgens die oortuiging van ‘n meerderheid, sonder afdoende Skrifgronde daaroor te vinde is.’ (K5 – 8.1.1)
Kommissie se beoordeling oor hierdie punt (my beklemtoning – slc):
“Die sinode het per implikasie ‘n duidelike besluit geneem. Deur sy besluit het hy vir die Skrifgetuienis (soos vervat in die Rapport) volgens die een standpunt gekies.” (K5 – 8.2.2.1)
14h35: K5 rapport, gaan voort met bespreking van beswaarskrif van GK Potchefstroom- Die Bult (21.3) betreffende kerkregtelike aspekte, laaste deel van Rapport (K5).
14h32: Sinode besluit met groot meerderheid dat Klassis Oostelike Pta se beswaarskrif slaag in sy geheel nie.
14h30: K5 rapport gaan voort met bespreking van beswaarskrif van Klassis Oostelike Pretoria (21.8) betreffende kerkregtelike aspekte.
14h25: Sinode besluit met groot meerderheid dat Beswaargronde 1 – 4 (van Krugersdorp, 21.5) nie slaag nie = die beswaarskrif in sy geheel slaag nie.
14h15: Regstelling – K5 rapport gaan voort met bespreking van beswaarskrif van Krugersdorp (21.5) betreffende kerkregtelike aspekte. Dit wat ek vermeld het in 14h10 behels die eerste deel van rapport, oor Klerksdorp se besware aangaande kerkregtelike aspekte, 21.4
14h10: Sinode besluit met groot meerderheid dat Beswaargronde 1-4 (van Klerksdorp, 21.4) nie slaag nie = die beswaarskrif in sy geheel slaag nie.
14h05: Die rapporteur (dr. Jac Howell) vermeld daar kan nie so iets wees dat meer as een ‘interpretasie’ reg is nie. Daar is slegs een regte ‘interpretasie’ maar ons sukkel baiemaal weens die sonde om dit te vind.
14h00: Na bespreking kry rapporteur kans om ‘n paar opmerkings te maak.
13h45: Bespreking van K5 gaan voort.
12h00: Middagete, tot 13h30. Dan gaan bespreking voort.
11h45: Bespreking van Kommissie Rapport Kerkregtelike aspekte gaan nou plaasvind.
11h30: Baie belangrike Rapport, ‘n paar kerkregtelike beginsels word genoem wat alles in ag geneem moet word, 15 punte.
Daar word nou oorgegaan deur rapporteur na die kerkregtelike beswaarsgronde van verskeie beswaarskrifte (21.4, p.354 Klerksdorp; 21.5, p.359 Krugersdorp; 21.8, p.371 Klassis Oostelike Pretoria; 21.3, p.396 Die Bult)
11h23: Kommissie K5 – Kerkregtelike aspekte van beswaarskrifte. Die rapporteur stel die Kommissie se Rapport.
11h15: Sinode besluit om Kommissie Rapport K6 terug verwys na Kommissie met versoek vir verdere inligting.
11h05: GK Krugersdorp skryf in hul beswaarskrif (21.5; p.361),
5.1 Die besluit om vroue wel tot die amp van diaken en nie tot die amp van predikant en ouderling toe te laat nie, kom neer op ‘n onderskeid tussen die ampte op grond van geslag – iets wat nie deur die Skrif beveel word nie.
Hier is my eie antwoord daarop, en die implikasie daarvan vir die Gay Agenda in die kerk:
“Paulus wys daarop dat ‘geslag’ wel ‘n bepalende rol speel in die oorweging van die besondere dienste, wanneer hy hom in 1 Tim.2:11-15 beroep op die skeppingsordening van Gen.1 en 2 om te bepaal ‘wie’ in die ampte mag dien en wie nie. Dieselfde wat die huwelik betref, hy beroep hom op die skeppingsordening van Gen.2:24 in Ef.5: 31 om die huwelik tussen man en vrou te begrond. Sien ook 1 Kor.11:3 en 14:34. …
“Geslag (die skeppingsordening van ‘man en vrou het Hy hulle geskape’, Gen.1:27) is bepalend vir die inrigting van beide huwelik, gesin en gemeente, en het ook implikasies vir die hele lewe (sien “Politieke + kerklike stemreg = VIDA, hier: http://bit.ly/zwnwyY). Die Skrif leer dat man en vrou gelyk in waarde en wese is, geskape na sy beeld (Gen.1:26), gelyk verlos word in Christus (Gal.3:28), maar dit hef nie die onderskeid op wat God daar gestel het nie: ‘man en vrou het Hy hulle geskape’ (Gen.1:27). …
“As VIDA apologete die ampte kwessie losmaak van Gen 1 en 2 (die skeppingsordening), d.w.s. dit bepaal nie meer ons kerkregering nie; dan is daar geen rede waarom die homo apologete ook die huwelik, gesin en die res van die lewe kan losmaak van Gen 1-2, die skeppingsordening nie. Dit is wat Paulus ons op wys wat gebeur as die Skepper en sy skeppingsorde losgelaat word, Rom.1:18-32.
As die GKSA God se duidelike bevel dat die vrou nie oor die man mag regeer of leer nie, verwerp, wat verhoed die GKSA om later nie ook die duidelike bevel – dat ‘n man nie by ‘n man mag lê soos by ‘n vrou nie (Lev.18:22; Rom.1:27; 1 Kor.6:10; 1 Tim.1:10) – ook gaan verwerp ?
Alles staan en val by of ‘geslag’ (God se skeppingsorde vir die mens, man en vrou) en die huwelik nog steeds in Christus se koms en herstellende reddende werk vir die kosmos ‘baie goed’ (Gen.1:31) is of nie, en of Christus dit deur sy koms opgehef het (d.w.s. genade vernietig die natuur). VIDA en homo-apologete se ‘ja’ (tye het sogenaamd verander, ons het verder ‘ge-evolueer’?); die ware gelowige en ware kerk van Christus bely ‘nee’, en deur God se genade in Christus handhaaf ons die skeppingsorde, heilig dit in sy diens, tot lof van sy Naam in beide gesin en gemeente en gemeenskap.”
Sien volledige artikel hier: VIDA en homoseksualisme se dwaling dat ‘geslag maak nie saak’ volgens die Skrif nie.
11h00: Daar vind nou bespreking plaas.
10h50: My eie opmerking – een aspek van die beswaar wat GK Krugersdorp maak is reg, nl. dat al die besondere ampte is gelyk, maar die probleem is dat hul daarom meen dat vroue daarom ook ouderlinge/ds kan wees (want, ons het mos vroue diakens?).
Die Skrif leer dat alle ampte is gelyk en dat alleen geskikte broeders daarin kan dien.
So, ek stem saam met die inhoud van die beswaar op hierdie punt, maar nie die doel van die Beswaarskrif nie, naamlik VIDA.
Hoe nou gemaak ?
10h45: Rapporteur stel kommissie se Rapport. Kommissie se aanbevelings is dat gronde van beswaar slaag nie.
10h30: Hierdie kommissie lewer verslag oor beswaargrond 4 – teenstrydige kerklike praktyk en eksegese volgens GK Krugersdorp se beswaarskrif, 21.5 (bl.361)
10h30: Kommissie K6 nou op tafel – Praktiese uitvoerbaarheid
10h00: Teetyd tot 10h30.
09h45: Sinode besluit met groot meerderheid dat Beswaargronde 3,7,8,10 (van Krugersdorp, 21.2) nie slaag nie. Beswaarsgrond 9 het met klein meerderheid nie geslaag nie.
09h20: Heelwat bespreking vind nog plaas, veral oor Kommissie se aanbeveling dat beswaargrond 9 slaag.
08h55: Beswaargrond 3,7,8,9,10 (van Krugersdorp, 21.2) word nou gestel en bespreek. Kommissie bevind dat beswaargronde 3,7,8,10 slaag nie, beswaargrond 9 wel (maar is nie genoegsaam om beswaargronde in geheel te laat slaag nie). Die sinode moet nou daaroor besluit.
08h50: Sinode besluit met groot meerderheid dat Beswaargrond 4 (van Bloemfontein-Suid, 21.3) slaag nie
08h40: Beswaarsgrond 4 (van Bloemfontein-Suid) word nou bespreek.
08h30: Sinode besluit met groot meerderheid dat Beswaargrond 3 (van Bloemfontein-Suid, 21.3) slaag nie, nadat slegs prof. Mashua ten gunste van beswaargrond gespreek het.
08h15: Kommissie 3 – beswaargronde oor 1 Kor.14 is nou op die tafel, rapporteur stel die Rapport.
08h10: Nuusberig oor taalkwessie in RD,
GKSA-synode voert Engels in als tweede vergadertaal
08h00: Hier is gisteraand se besluit oor diakens:
BESLUIT OOR DIE BESWAARSKRIF RAKENDE VROUE IN DIE DIENS VAN DIE DIAKEN:
Die beswaarskrif slaag nie.
(Dit was ‘n beswaarskrif teen die besluit van Sinode 2003 om vroue toe te laat tot die diens van diaken. Die implikasie is dat vroue dus steeds as diakens beroep en bevestig kan word)
—-
DECISION ON THE GRAVAMEN REGARDING WOMEN IN OFFICE OF DEACON:
The Gravamen is not upheld (Does not succeed)
(This was a gravamen against the decision of Synod 2003 to allow women in the office of deacon. The implication of this decision is that woman can still be called and ordained as deacons)
07h30: Welkom by dag 4. Na die opening lewer die Ordekommissie verslag, en afkondigings.
“om te bepaal ‘wie’ in die ampte mag dien en wie nie.”
dalk liewer: om te bepaal ‘wie’ in die ampte MOET dien en wie nie.
NGB Art. 31 “Hy moet wag totdat hy deur God geroep word”
Het iemand wat deur God geroep word ‘n keuse of het iemand die reg om geroep te word? As die woord “mag” gebruik word skep dit die indruk dat iemand die reg het om geroep te word.
Vergelyk voorbeelde uit die Skrif – Moses, Samuel, Paulus ens.
Sou God dan nou in stryd met Sy openbaring in Sy Woord vroue roep om in die ampte te dien? Indien GKSA BAS 2016 so besluit het die skrywer van Ps. 77 dalk ‘n punt beet 11 “Toe het ek gesê: Dit is my grootste bekommernis dat die regterhand van die Allerhoogste verander!”
Reblogged this on Boeren in Bergen and commented:
Grondige aanpak in 7 commissies. Maar zal dat iedereen in de GKSA overtuigen? Vandaag de uitkomst.