21h55: Sinode sluit af met sang en gebed. Vergader more oggend van 07h30. Alle afgevaardiges word opgeroep om Rapporte deeglik te bestudeer en voor te berei.
My opmerking: weereens bevestig die Sinode dat hul ‘duidelike sekere’ besluite neem op grond van die hermeneutiek van ons het ‘sekerheid van ons onsekerheid.’
21h50: Dus, beswaarskrif 21.7 slaag in sy geheel nie, en die GKSA het nog steeds VIDA vir die diakenamp.
Moeilik om te bepaal, maar dit lyk my die stemverdeling was so 60-40.
21h48: Sinode besluit dat beswaargrond 4 nie geslaag het nie.
21h45: Sinode besluit dat beswaargrond 3 nie geslaag het nie.
21h40: Sinode besluit dat beswaargrond 2 nie geslaag het nie.
21h30: Sinode besluit dat beswaargrond 1 nie geslaag het nie.
21h20: Almal gespreek wat spreekbeurt aangevra het. Daar gaan nou oorgegaan word tot besluitneming. Die rapporteur gaan net kortliks reageer.
21h00: Bespreking gaan nog voort.
20h40: Sien die volgende goeie artikel van dr. George Knight,
Kan vroue tot die amp van diaken verkies word ?
Een aanhaling:
Hoe sal ons antwoord op ons titelvraag ?
Dit is my uitgemaakte oortuiging dat Handelinge 6 en 1 Timoteus 3 die vraag moet beslis, beide vir die kerk en vir die individuele Christene vandag, en dat Romeine 16:1-2, reg verstaan moet word binne die groter raamwerk wat deur hierde tekste uitgelê word. Die twaalf vra vir manne om verkies te word as eerste diakens in Handelinge 6:3 (wat so verstaan word volgens hul taakbeskrywinge). Paulus het later wanneer hy die einde van sy briewe bereik met sy woorde aan Timoteus in hoofstuk 3 van 1 Timoteus, dit duidelik uiteengesit dat diakens manne moet wees (1 Tim.3:8,12).
Binne hierdie duidelike raamwerk van Paulus het hy bemoedigend geskryf oor Fébé, sy vriend(in) en dienares van die kerk, sodat die Romeinse Christene haar sal help, soos sy baie ander gehelp het. Die vraag wat in die titel gevra is moet geantwoord word met die inligting wat in die Woord van God gegee word. Daarom moet ons aanhou om mans te verkies as diakens, soos die twaalf en Paulus ons geleer het om te doen. En, ons moet die woorde van Paulus in 1 Tim.3:11 in ag neem, om die vroue van diakens te bemoedig en te gebruik in die arbeid waartoe Hy hul mans geroep het om na te kom.
20h30: Die Kommissie beweer in sy Rapport dat Hand.6 nie gesien kan word as die instelling van ‘n nuwe amp of diens nie, en daarom nie relevant is om vroue uit die diaken amp te weer nie.
Verskeie afgevaardiges bevraagteken sterk hierdie siening. Ds. Christiaan Jooste vra of hierdie standpunt van die Kommissie wel deur ons sinodes aanvaar is, en indien wel, beteken dit dat ons Bevestigingsformulier verander moet word (wat duidelik daardie eksegese handhaaf dat Hand.6 ‘n begronding is van die diaken diens/amp.)
20h00: Ongeveer 15 afgevaardiges vra ‘n spreekbeurt aan.
19h40: Ds. Paul Modise is besig om die Rapport van K7 voor te hou.
19h35: Voorsitter besig om orde te reël van stel van Kommissie se Rapport, asook bespreking deur afgevaardiges.
19h30: In wese het sinode 2009 besluit dat daar sekerheid is oor die onsekerheid of vroue as diakens mag dien, en daarom word dit aan die vryheid van die kerke oorgelaat.
Beswaarskrif 21.7 bepleit dat jy nie ‘n wesentlike saak soos kerkregering, en wie in die ampte/dienste mag dien begrond op onsekerheid nie.
Die Skrif wys dat roeping tot die ampte begrond is op die sekerheid dat ek deur die Here geroep word (deur sy Gees en Woord) om in die ampte (dus ook as diaken te dien)
NGB Artikel 31: Die ampsdraers van die kerk
Ons glo dat die bedienaars van die Woord van God, die ouderlinge en die diakens tot hulle ampte verkies moet word deur middel van `n wettige verkiesing deur die kerk, onder aanroeping van die Naam van God en in goeie orde, soos die Woord van God leer. Daarom moet elkeen terdeë daarteen waak om hom met onbehoorlike middele in te dring. Hy meet wag totdat hy deur God geroep word, sodat hy van sy roeping oortuig kan wees en sekerheid kan hê dat dit van God kom.
Verder, wat die bedienaars van die Woord betref: hulle het, op watter plek hulle ook al mag wees, een en dieselfde mag en gesag omdat hulle almal dienaars van Jesus Christus is – die enigste algemene Opsiener en die enigste Hoof van die kerk. Verder sê ons, met die oog daarop dat die heilige bevel van God nie verkrag of geminag sal word nie, dat elkeen vir die bedienaars van die Woord en die ouderlinge van die kerk besondere agting moet hê ter wille van die werk wat hulle doen, en sover moontlik sonder murmurering, twis of tweedrag in vrede met hulle moet saamleef.
Hand. 6:3-4; 1 Tim. 4:13; Hand. 1:23; 13:2; 1 Tim. 5:22; 1 Kor. 12:28; Rom. 12:8; 1 Tim. 4:14; Matt. 18:26; 1 Kor. 3:8; Rom. 12:7-8; 2 Kor. 5:19; Hand. 26:18; Jes. 61:1; Ef. 1:22; Kol. 1:28; 1 Tess. 5:12-13; Heb. 13:7,17.
17h30: BELANGRIK – K7:K8 (Kommissie 7 genommer K8) is nou uitgedeel en dus beskikbaar, dit is 5 bladsye lank. K7 behandel die enigste beswaarskrif op die Agenda wat konsekwent teen VIDA is:
Hierdie Rapport gaan na aandete (19h30) behandel word.
17h00: Let wel, die kommissies se rapporte moet nou eers beskikbaar gestel word, dan bestudeer word deur afgevaardiges en dan volg die bespreking en besluitneming. Rapporte gaan beskikbaar wees 21h00 en 23h00.
16h45: Van nou af gaan ek na die Kommissies verwys as K1, K2, K3, ens., sonder om al die name weer te noem, hier is dit weer:
K1.Tematiese en sinchronosasie
K2. Beswaargronde: 1 Tim.2
K3. Beswaargronde: 1 Kor.14
K4. Beswaargronde: Openbaringhistories
K5. Kerkregtelik
K6. Praktiese uitvoerbaarheid
K7. Beswaarskrif: Vroue as diaken
bv. K1:K13 beteken dit is Kommissie 1 se rapport wat genoem word K13
17h15: Nuwe kommissies word voorgelees, sal later die detail gee.
17h00: Sien die volgende artikel in RD oor taalkwessie:
Taalkwestie zet verhoudingen in synode GKSA op scherp
16h40: Nog nie terugvoer oor nuwe kommissies nie. So, daar was kommissies reeds voorgestel vir goedkeuring, en hul kon al aan die werk gewees het aan beswaarskrifte.
Nog ‘n uur en ‘n half daarmee heen. Net twee en ‘n half dae oor.
15h20: Daar word nou gewag vir samestelling van nuwe kommissies.
15h15: Taalbeleid besluit van BAS 2016,
16hoo: Sinode gaan voort, paar admin sake en afkondigings vind plaas.
11h15: Daar moet ook genoem word dat prof. Derrick Mashua die woorde ‘white supremacy’ wat hy op dag 1 gebruik het, gister terug getrek het, ek sien nie dat dit iewers in die media vermeld word nie ?
11h00: Hier is die naamlyste van die nuwe kommissies wat gister aangewys is sodat dit meer ons kerke se ‘gawes’ (lees: politiek) verteenwoordig:
09h30: Twee berigte oor kruitvat situasies in ons land,
Leierskorps is soos Meyer se Bokke
09h00: Môre, welkom by dag 3, waar die rede vir die BAS uiteindelik op die tafel is, naamlik die behandeling van VIDA beswaarskrifte (BS).
Na die opening, verdaag sinode weer om met die kommissie werk voort te gaan, almal word uitgenooi om bydraes te gaan lewer by onderskeie kommissies.
Die sinode kom weer bymekaar om 16h00.
Kan ons enige vertroue in die sinode hê?
Reblogged this on Boeren in Bergen and commented:
Goed om te lezen dat Derrick Mashau zijn beschuldiging van ‘white supremacy’ heeft teruggenomen.
Weereens baie dankie broer Slabbert.
Ek verstaan werklik nie die siening van een van die kommissies dat Hand. 6 nie gesien kan word as die instelling van die diaken amp nie. Inderdaad is dit so dat die bevestigingsformulier dan verander moet word as Hand. 6 nie as die instelling van die diaken amp gesien moet word nie, watter ander Skrifgronde is daar vir die diakenamp. As daar nie ander Skrifgronde is nie en Hand. 6 is dit ook nie dan is daar nie iets soos die diaken amp nie. Dan het ons onsself vir die hele bestaan van die GKSA om die bos gelei om te dink dat daar iets soos die diaken amp in die kerk is. Hiermee saam moet mens vra vir hoelank al het die lede van die bepaalde kommissie al hierdie siening. Dit kom nie net in een dag nie. En dan moet mens vra of die predikante en die ouderlinge wat hierdie siening het en deur jare gesien het hoe diakens bevestig is, werklik met hulself en hul gemeentes eerlik was.