17h30: Sodra kommissie lyste beskikbaar is, sal ek dit deurgee. Daar word verdaag vir ete, en daarna sal kommissies voortgaan met hul werksaamhede, dink nie daar sal verder vergader word nie, eers weer môre.
Daar is die volgende kommissies aangewys:
1.Tematiese en sinchronosasie
2. Beswaargronde: 1 Tim.2
3. Beswaargronde: 1 Kor.14
4. Beswaargronde: Openbaringhistories
5. Kerkregtelik
6. Praktiese uitvoerbaarheid
7. Beswaarskrif: Vroue as diaken
17h15: Nuwe kommissies word voorgelees, sal later die detail gee.
17h00: Sien die volgende artikel in RD oor taalkwessie:
Taalkwestie zet verhoudingen in synode GKSA op scherp
16h40: Nog nie terugvoer oor nuwe kommissies nie. So, daar was kommissies reeds voorgestel vir goedkeuring, en hul kon al aan die werk gewees het aan beswaarskrifte.
Nog ‘n uur en ‘n half daarmee heen. Net twee en ‘n half dae oor.
15h20: Daar word nou gewag vir samestelling van nuwe kommissies.
15h15: Taalbeleid besluit van BAS 2016,
TAALBELEID VAN DIE VERGADERING / LANGUAGE POLICY OF THE MEETING
Die volgende besluit is geneem rakende die taalbeleid van die res van die verloop van die vergadering. The following has been decided regarding the language policy for the rest of the meeting:
Die moderamen sal beide Afrikaans en Engels gebruik om agendasake aan die orde te stel. Afgevaardigdes behoort hulle beste te doen om effektief te kommunikeer tot voordeel van almal. Afgevaardigdes mag hulle moedertaal vrylik gebruik en direkte interpretasie behoort dan bekom te word. Dit gaan nie oor wat die beste is vir enige groep nie (wit of swart) maar wat goed is vir die agenda van die Koninkryk.
—
The moderamen will use both Afrikaans and English to introduce agenda points. Delegates should do their best to effectively communicate to the benefit of all. Delegates are free to use their mother tongues and direct interpretation should be sought. It is not about seeking what is best for any group (black or white) but what is good for the Kingdom agenda.
sien: https://af-za.facebook.com/GKSA.RCSA
15h00: Al die VIDA beswaarskrifte word verwys na onderskeie kommissies wat tema/verse indeling moet doen en dan hanteer (dit is nou na die regstellende aksie plaasgevind het). Hulle moet dan met rapporte kom waaroor sinode kan besin, bespreek en besluit neem.
14h40: Die sinode besluit dat die samestelling van die kommissies nie verteenwoordigend genoeg is van al die ‘diverse gawes’ (lees bevolkingsgroepe) van die sinode nie, daarom word dit terugverwys na ‘n ad hoc kommissie om dit weer ‘reg’ saam te stel.
14h35: Lyk my die VIDA beswaarskrifte werkswyse gaan as volg werk: die werkswyse kommissie sal die bepaalde temas en teksgedeeltes vasstel, daarna sal elke beswaarskrif kommissie met daardie raamwerk elkeen sy betrokke BS hanteer en met hul rapporte kom vir die vergadering om te bespreek en oor te besluit, volgens die bepaalde temas, teksgedeeltes, ens.
14h30: Die afgevaardigde verwys na Heyneke Meyer wat dieselfde fout gemaak het deur nie die Bokke span verteenwoordigend genoeg gekies het nie, ons moet uit sulke foute leer as ons deputate aanwys.
14h25: Nou is daar ‘n afgevaardige wat kla oor dat al die voorsitters en skribas van betrokke VIDA kommissies (x7) almal net ‘wit’ is. Die moderamen en kommissies is nie ‘verteenwoordigend’ genoeg nie.
14h20: Dit word goedgekeur dat VIDA beswaarskrifte almal behandel gaan word volgens temas en teksgedeeltes, en nie elkeen afsonderlik punt-vir-punt nie.
14h15: So wat in die praktyk oor die taalkwessie nou plaasgevind het, is dat daar nou hoofsaaklik in Engels gepraat word, met so bietjie Afrikaans tussendeur, as ‘n afgevaardigde in Afrikaans wil praat. Die voorsitter probeer sy bes om altwee tale te praat.
14h00: Na ‘n dag en ‘n half is ons uiteindelik by die VIDA beswaarskrifte. Daar word nou besin oor hoe die beswaarskrifte 21.2 en verder hanteer gaan word.
13h50: Besluit oor taalkwessie – die Rapport van ad-hoc kommissie oor taalkwessie van die tafel af, elkeen kan in eie taal praat maar almal moet die ander een in ag neem en in Engels probeer praat.
Ek sal kyk of ek later die spesifieke bewoording kan kry en hier praat.
In die praktyk kom dit lyk my daarop neer dat beide Afrikaans en Engels gepraat moet word, maar bietjie meer in Engels.
13h30: Bespreking gaan voort oor taalkwessie, oorweging van verskillende voorstelle.
12h00: Intensiewe bespreking, nog nie klaar nie, sal na middagete voortgaan (13h30).
Op hierdie stadium lyk die taalkwessie se oplossing as volg, terwyl alle groepe hul beroep op die Skrif en om mekaar in ag te neem ….:
11h00: Gaan in camera om taalkwessie weer te bespreek. Soos ek dit egter verstaan, was die taalkwessie nie deel van Agenda nie, so dit is ‘n saak wat die beswaardes via die kerklike weg op die tafel moes plaas, nie politieke en media druk nie ?
10h30: Die doel van BS 11.3 word deur sinode aanvaar, maar 11.1 en 11.3 se beswaargronde word verwys na deputate om dit te hanteer om te dien by Algemene Sinode 2018.
Dus, daar kan verder gegaan word met BAS 2016 om VIDA beswaarskrifte te hanteer.
10h50: Bespreking van 09h30 se voorstel aan die gang.
10h30: Sien die volgende artikel oor die taalkwessie, soos verwoord deur die Beeld:
‘Wit heerskappy’ is probleem, hoor GKSA se sinode
09h50: Teetyd tot 10h20, dan besluitneming oor BS 11.3
09h40: Sien die artikel van die Reformatorisch Dagblad oor dag 1 van BAS 2016:
Buitengewone synode GKSA over vrouw in ambt geopend
09h30: ‘n Kommissie is besig om ‘n voorstel te formuleer oor BS 11.3 waaroor sinode dan kan besluit, voor teetyd 10h00.
Dinge loop vinniger vandag.
09h20: Kennis geneem van versoek van 11.2 (verskoning: 11.2 is nie beswaarskrif soos ek verkeerdelik vroeër vermeld het nie, dit is slegs ‘n versoek).
BS 11.3 (streeksinode Randvaal) is nou op die tafel.
09h15: Daar is gestem of BS (beswaarskrif) 11.1 punt vir punt (beswaargrond vir beswaargrond) hanteer moet word en oor besluit word, en of dit slaag volgens voorstel soos gestel by 09h00. Laasgenoemde het geslaag, sal later presiese bewoording later deurgee.
09h00: Daar is ‘n voorstel dat beswaarskrif 11.1 nie inhoudelik slaag (beswaarsgrond vir beswaargrond) nie, maar wel wat die doel betref, nl. dat VIDA beswaarskrifte deur BAS 2016 behandel sal word.
Verdere bespreking volg oor voorstel.
08h50: Ds. Kobus de Kock (GK Oranjerivier) noem dat hy dankbaar is dat daar by die beswaardes van die beswaarskrifte (11.1-3) ‘n groot oplewing en herlewing is ten gunste van die KO … want as die broeders oor al die sake in die verlede (bv. kelkies) en nou VIDA, so passievol was vir die KO, dan het ons nie nou hier gesit en worstel nie !
08h15: Beswaarskrif 11.1 (sien dag 1: 17h25) word verder bespreek.
08h00: Opening vind plaas deur ds. Abel Modise, adjunk-skriba.
07h00: Welkom by dag 2 van BAS 2016. Die Agenda is hier beskikbaar. Sal dagprogram deurgee sodra ek dit ontvang het.
Hier is my indrukke van Dag 1, en let wel: dit is net my indrukke en bepeinsing, toets dit gerus met ander se weergawes, en volg asb. die kerklike weg as u ‘n saak wil maak! 😉
Laat ek begin deur met u te deel, wat my besorgdheid was toe ek laasjaar die Agenda gekry het (sien veral die deel wat ek beklemtoon het):
“Die BAS gaan plaasvind, DV 12 – 16 Januarie 2016, dus vir 4/5 dae.
As ek so na die A2016 en AA2016 kyk, lyk dit vir my die ‘stryd’ kan op 2 vlakke wees,
- die kerkregtelike stryd oor WIE die saak (VIDA beswaarskrifte) moet hanteer, en
- die inhoudelike saak, vir of teen VIDA.
1 Wat die kerkregtelike stryd oor wie die saak (VIDA) moet hanteer, is die saak as volg teenoor mekaar opgestel:
a) die SS 2015 broeders ten gunste van ‘n ‘spesiale sinode vir Julie 2015’), wat toe nie plaasgevind het nie, teenoor
b) die BAS 2016 broeders, dat die saak (VIDA) tydens die BAS 2016 behandel moet word.
Die SS broers het kerkregtelik ‘n tree teruggegee teenoor die BAS broers, aangesien 3 streeksinodes beswaarskrifte aanvaar het teen die SS 2015, wat op die BAS Agenda behandel moet word.
Maar ek vermoed dat die SS broeders op die BAS 2016 sinode die saak weer terug wil draai dat ‘n toekomstige SS wel sal plaasvind?
2 Wat die inhoudelike saak betref, vir of teen VIDA:
Dit lyk my die SS broers is meestal anti-VIDA, en die BAS broers meestal pro-VIDA.
Maar, nie in alle gevalle nie, ekself is bv. saam met die SS broeders teen VIDA (o.g.v. die Skrif), maar saam met die BAS broers dat die VIDA saak nou behandel en afgehandel sal word deur die BAS 2016 vergadering, en nie ‘n toekomstige SS vergadering wat tot in lengte van dae kan aanhou nie.
Dit kan egter wees, dat soveel tyd (weereens) ‘vermors’ gaan word in die kerkregtelike stryd (punt 1 hierbo), dat daar – sou die BAS standpunt wel wen – daar nie veel tyd oor gaan wees om by die inhoud van die saak (die beswaarskrifte, punt 2) uit te kom nie.
En, dan, beteken dit net nog ekstra vergaderings (hetsy nog ‘n SS of BAS vergadering), en nog uitgawes, en nog frustrasie …..”
En ongelukkig is hierdie besorgdheid van verlede jaar, versterk deur dag 1 se verrigtinge. Daar is heelwat tyd afgestaan aan sake wat vinniger afgehandel kon word. Voorstelle wat onnodig lank bespreek is, en dan kom ons weer terug na wat klaar in elkgeval besluit is?
Dan is die taalkwessie weer op die tafel geplaas, sonder dat dit kerkordelik op die tafel gekom het, deel was van die Agenda, en daaraan is ook baie tyd aan spandeer, en vandag gaan dit voort.
Aan die einde van dag 1 het ons dus van die 10 beswaarskrifte van die Sinode se Agenda, slegs begin met die eerste beswaarskrif (11.1), en as daar nog vandag weer tyd afgestaan moet word aan die taalkwessie, dan raak die tyd weer minder.
Die Rapport Programmering se voorstel in hul eerste rapport, was dat die kommissies wat die VIDA beswaarskrifte hanteer, gisteraand al aan die werk moes spring, en teen Woensdag aand al kom met hul rapporte en aanbevelings.
U kan sien ons is eintlik nog ver daarvandaan, want die eerste 3 beswaarskrifte moet nog eers behandel en oor besluit word, dan moet daar besin word oor die werkswyse van die 7 VIDA beswaarskrifte, dan moet kommissies aan die werk spring, rapporte opstel, dit moet uitgedeel word, bestudeer word deur afgevaardiges, dan moet dit in die vergadering bespreek word, en dan besluitneming … van heelwaarskynlik elke beswaarskrif.
(Laasjaar in Maart 2015 het my klassis Wesrand twee dae gevat om slegs 2 beswaarskrifte deeglik te behandel en oor te besluit …)
Nee, ek is nie pessimisties nie, maar bloot realisties, en ek sal baie bly wees as deur goeie ordevoorstelle en reëlings die sinode werklik by die inhoud van die beswaarskrifte uitkom en goeie besluite neem, so gou moontlik.
Eintlik moet daar net twee besluite geneem word, so wat van hierdie Ordevoorstel om die Sinode spoedig en effektief af te handel:
1. Beswaarskrifte 11.1-3 = net Ja of Nee dat BAS 2016 die VIDA beswaarskrifte hanteer of nie, en dan, indien ‘Ja’:
2. VIDA beswaarskrifte = Ja of Nee dat susters in die besondere dienste VOLGENS DIE SKRIF mag dien of nie.
Dus net twee rondtes van besluitneming, en dan is die Sinode klaar.
Al die nodige dokumentasie is reeds uitgedeel en bestudeer (ook die afgelope 3 dekades al), sny die kommissies se werk uit en vervang dit met 2/3 deeglike rondtes van spreekgeleentheid in die hele vergadering, waarna biddend gestem word, en berus word by die antwoord deur die toepassing van die 3de kenmerk van ware kerk wees (NGB art.29).
Dan kan ons huistoe gaan en die Evangelie verkondig, ook dat God ‘n God van orde is, en dat die mense se ‘kerkorde’ planne nie in die pad van die roeping van sy Kerk moet staan van sinode op sinode op sinode nie (Matt.28:16-20).
Ja, ek bedoel dit, dit is so eenvoudig soos dit.
Hierdie aanhaling moet ons opnuut laat dink oor of ons hantering van ‘kerkorde en kerkreg’ nog die Evangelie, die kerke van Christus dien:
Bruce Waltke skryf: “the further the church is removed from Jesus and his charismatic apostles, the more complex its institutions become.” (An OT theology, bl 591).
Om punt 2 hierbo anders te stel,
Een sentrale lyn loop deur al die pro-VIDA beswaarskrifte, en dit is, dit het ‘nou’ onduidelik geword volgens die Skrif of vroue mag of nie mag dien in die besondere dienste nie … en daarom moet dit aan die vryheid van die kerke oorgelaat word.
Daarteenoor, is daar een beswaarskrif teen-VIDA op BAS 2016 se Agenda, en hierdie beswaarskrif stel dit baie duidelik dat ons nie ‘n besluit mag neem op grond van die selferkende onsekerheid van VIDA nie (dit sou kontra NGB art.31 wees = geen sekerheid oor roeping nie). Ons is wel van harte oortuig volgens die Skrif (was/is dit nie die bedoeling van die frase in 2009 se besluit, ‘volgens die Rapport’, nie?) dat dit baie duidelik is dat manne alleen wel geroep kan word tot die besondere ampte, en daarom bly ons by daardie besluit, daardie apostoliese opdrag en oorlewering (1 Kor.11, 14; 1Tim.2,3; Tit.1), saam met die kerk van ons Here Jesus Christus deur die eeue.
In 1935 skryf Totius nog in ‘n artikel waarin juis tekste soos o.a. 1 Kor.11 en 14 asook 1 Tim.2 vermeld word, dat:
“Ons glo nie dat enige Gereformeerde vrou teen die duidelike uitsprake van die Woord van God in verset wil kom nie. Selfs deur die feministiese praktyke van ons dae sal sy haar nie uit haar koers laat dryf nie.” (Versamelde Werke, deel 3, 1977: 197; kursief bygevoeg).
Mag ons kerke bly by die duidelike uitsprake van die Woord van God en haar nie uit haar koers laat dryf nie (Ef.4:11-16; 2 Tim.3:15-4:5)..
11h00: Gaan in camera om taalkwessie weer te bespreek.
Jy bedoel seker: ‘om “wit opperheerskappy” te bespreek.’ Volgens Mashau self is dit nie die taal Afrikaans wat die probleem is nie (Aldus Beeld).
Dankie vir die moeite.
Reblogged this on Boeren in Bergen and commented:
Typisch Zuid-Afrika: de ‘taalkwessie’ is belangrijker dan de VIDA [vrouw in die amp]. Met dank aan broer Slabbbert le Cornu.
Wat gaan in ons kerke aan? Dit voel my amper asof die Geref Kerk sinode net so deurmekaar is as die NGK AS met sy aaklige gaybesluit! Gaan die sinode nou oor VIDA of oor ‘n wit-swart konflik
Die besluit tov vroue in die amp van diaken is baie hartseer.Dit wys net weer dat die gesag van God se Woord en sy opdragte nie meer geeërbiedig word nie.