WAAROM NOEM JULLE MY HERE, HERE ? En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie? – Lukas 6:46 [Nota: op hierdie dag, 'Jeugdag', plaas ek weer hierdie vorige skrywe van my as boodskap aan ons jeug (en ons almal!), so bietjie aangepas vir vandag.] Bybelstudie By ons gemeente het ons... Continue Reading →
3 Preke oor die 7de gebod en ons heiligmaking
1. Dissipelskap en ons huwelik, ds. Cobus Rossouw (GK Daspoort) Teks: Markus 10:1-12 "Geliefdes by Mark 10:1-12 kan mens dit nie mis nie. Dit gaan hier oor iets wat in kerk en samelewing baie gebeur. Want dit gaan oor egskeiding-en-weer-trou. Die Fariseërs begin daaroor praat in vers 2. En in vers 10-12 praat Jesus... Continue Reading →
Aborsie-moord: Die moderne Molog-afgodsdiens van ons tyd
Nota: Sedert 1 Februarie 1997 is ongeveer 1.2 mijloen babas vermoor in die baarmoeder. As mens wil weet waar ’n land of volk se beskawingspeil is, kyk wat doen hul met hul kinders. Ek het hierdie preek gepreek om hierdie saak aan te spreek, mag die Here ons genadig wees in sy regverdige oordeel, en... Continue Reading →
Preek: Hebr.13:7 – Vertrou nie op mensehelde, maar op Christus, die volmaakte Held
Lees. Hebreërs 11:1-12:2; 13:1-9 Hebr.13:7 Gedenk julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uiteinde van hulle lewenswandel en volg hulle geloof na. Preeknotas: Wat is 'n held ? Wat is ware heldedade ? Wie is die helde van ons dag waarna ons en ons kinders kan opkyk, en hul... Continue Reading →
Preke uit 1 Korinthiërs: “maar God het laat groei” (1 Kor.3 en die Omkeerstrategie)
Lees: 1 Korinthiërs 3 Tema: Pasop hoe jy bou ! "Ek het geplant, Apollos het natgemaak, maar God het laat groei. So is dan hy wat plant of hy wat natmaak, niks nie, maar God wat laat groei." (v.6,7) Hoofpunte: 1. Hoe ons nie moet bou nie, v.1-8 (in die vlees) 2. Hoe ons wel... Continue Reading →
31 Oktober 1517 – 2013
Dit is vandag 496 gelede dat Maarten Luther sy 95 stellings aan die kerkdeur van Wittenberg in Duitsland vasgespyker het, teen die dwalinge en misbruike in die Rooms Katolieke Kerk. Die gebeure wat sou volg het gelei tot wat vandag genoem word, die Protestantse Kerkhervorming van die 16de eeu. Ek plaas hier 'n preek oor... Continue Reading →
Preke uit 1 Korinthiërs: 1 Kor.1:17-31 Die wysheid van God teenoor die wysheid van die wêreld
Lees: 1 Korinthiërs 1:17-31 Tema: Die wysheid van God teenoor die wysheid van die wêreld (preek tydens die doop-geleentheid van my dogter, Christien Lidia Le Cornu, 19 Augustus AD 2012, te GK Carletonville) Die teks van die preek: Geliefdes in ons Here Jesus Christus, Is dit wys, is dit ‘n wyse besluit om vandag nog ons en... Continue Reading →
Preke uit 1 Korinthiërs: 1 Kor.1:10-17 Ware eenheid in Christus teenoor skeuringe
Lees: 1 Korinthiërs 1:10-17 Tema: Die gemeenskap en eenheid met Christus roep die kerk van Christus op om skeuring en verdeeldheid te vermy. Notas by die preek (let wel: nie die volledige gelewerde preek nie, net hoofgedagtes): Inleiding Jesus Christ leer ons in Matt.12:25, dat elke koninkryk wat teen en in homself verdeeld is, nie... Continue Reading →
Preke uit 1 Korinthiërs: 1 Kor.1:1-9 – God is getrou
Lees: Handelinge 18:1-17 en 1 Korinthiërs 1:1-9 Tema: God is getrou (Inleiding, oorsig en agtergrond van die Brief van Paulus aan die gemeente in Korinthe). Notas by die preek (let wel: nie die volledige gelewerde preek nie, net hoofgedagtes): Met ons eerste preek uit 1 Korinthiërs, wil ons inleidend en oorsigtelik na die boek kyk, en... Continue Reading →
VIDA en die hoofbedekking van 1 Korinthiërs 11
Wat is die verskil tussen gereformeerd wees en konserwatief/behoudend wees ? Laasgenoemde wil net 'n bepaalde orde 'behou' en/of anti-iets wees, teen iets wees, maar as jy vra waarvoor staan jy, waarheen is jy oppad, wat glo jy, pro-wat is jy, dan is daar nie veel antwoorde nie, of so iemand is bloot 'teen die... Continue Reading →